Skip to content

Geography Grade 12 P2 NSC June 2023 Question Paper (Afr)

Question paperGeographyGrade 12202319 pages

Grade 12 Geography Paper 2 question paper from the NSC June Exam 2023 (Afrikaans), 19 pages. Read online or download the free PDF.

Free to read online, no sign-up needed

Answer online

Loading document…

Loading document…

Questions in this paper

Document textSearch extracted text and jump to a page.
SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN/ NASIONALE SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN GEOGRAFIE V2 2023 PUNTE: 150 TYD: 3 uur Hierdie vraestel bestaan uit 19 bladsye. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Geografie/V2 2 DBE/2023 SS/NSS INSTRUKSIES EN INLIGTING 1. Hierdie vraestel bestaan uit TWEE afdelings. AFDELING A VRAAG 1: LANDELIKE EN STEDELIKE NEDERSETTINGS (60) VRAAG 2: EKONOMIESE GEOGRAFIE VAN SUID-AFRIKA (60) AFDELING B VRAAG 3: GEOGRAFIESE VAARDIGHEDE EN TEGNIEKE (30) 2. Beantwoord AL DRIE vrae. 3. Alle diagramme is by die vraestel ingesluit. 4. Laat 'n reël oop tussen onderafdelings van vrae wat jy beantwoord. 5. Begin ELKE vraag boaan 'n NUWE bladsy. 6. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie vraestel gebruik is. 7. MOENIE in die kantlyne van die ANTWOORDEBOEK skryf NIE. 8. Teken volledig benoemde diagramme wanneer dit vereis word. 9. Antwoord in VOLSINNE, behalwe waar jy gevra word om te noem, identifiseer of 'n lys moet maak. 10. Die maateenhede MOET in jou finale antwoord aangedui word, bv. 1 020 hPa, 14 °C en 45 m. 11. Jy mag 'n nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik. 12. Jy mag 'n vergrootglas gebruik. 13. Skryf netjies en leesbaar. SPESIFIEKE INSTRUKSIES EN INLIGTING VIR AFDELING B 14 'n 1 : 50 000 topografiese kaart 2726DC ODENDAALSRUS en die 1 : 10 000 ortofotokaart 2726 DC 14 ODENDAALSRUS word voorsien. 15. Die gebied wat met ROOI/SWART op die topografiese kaart afgebaken is, stel die gebied voor wat deur die ortofotokaart gedek word. 16. Punte sal vir stappe in berekeninge toegeken word. 17. Jy moet die topografiese kaart en die ortofotokaart aan die einde van hierdie eksamensessie by die toesighouer inlewer. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Geografie/V2 3 DBE/2023 SS/NSS AFDELING A: LANDELIKE EN STEDELIKE NEDERSETTINGS EN DIE EKONOMIESE GEOGRAFIE VAN SUID-AFRIKA VRAAG 1: LANDELIKE EN STEDELIKE NEDERSETTINGS 1.1 Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee. Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommers (1.1.1 tot 1.1.8) in die ANTWOORDEBOEK neer, bv. 1.1.9 D. 1.1.1 Die landelike nedersettingspatroon wat hieronder getoon word, is … [Bron: thehumaninprint.com] A sirkelvormig. B gekern. C verspreid. D lineêr. 1.1.2 Kern- landelike nedersettings word met … geassosieer. A ekstensiewe boerdery B gefragmenteerde land C monokultuur D die gebruik van groot masjinerie 1.1.3 Die ligging van 'n nedersetting is die … A standplaas waarop die nedersetting geleë is. B presiese stuk grond waarop die nedersetting geleë is. C ligging daarvan in verhouding met menslike en fisiese verskynsels. D hoeveelheid geld wat deur die nedersetting voortgebring word. 1.1.4 'n Ekonomiese faktor wat die ligging van 'n landelike nedersetting beïnvloed, is … A vrugbare grond. B mikroklimaat. C geleidelike grond. D plaaslike markte. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Geografie/V2 4 DBE/2023 SS/NSS 1.1.5 … is 'n sosiale faktor wat landelike nedersettingspatrone beïnvloed. A Veiligheid B Reënval C Markte D Topografie 1.1.6 Die nedersetting hieronder kan as 'n … is, beskryf word. Plaas- opstalle [Bron: https://www.google.com/search?q=wet+point+settlement] A natpuntnedersetting wat gekern B droëpuntnedersetting wat gekern C natpuntnedersetting wat verspreid D droëpuntnedersetting wat verspreid 1.1.7 Die … vorm van die nedersetting hieronder is deur die see beïnvloed. [Aangepas uit www.google.com/search?q=rural+settlement+shapes] A sirkel- B ster- C halfsirkel- D lineêre Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Geografie/V2 5 DBE/2023 SS/NSS 1.1.8 Fisiese faktore wat die vorm van die nedersetting hieronder beïnvloed: [Bron: www.google.com/search?q=rural+settlement+shapes] (i) Smal vallei (ii) Standhoudende rivier (iii) Grondvrugbaarheid (iv) Geleidelike grond A (i) en (ii) B (i) en (iv) C (ii) en (iii) D (iii) en (iv) (8 x 1) (8) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Geografie/V2 6 DBE/2023 SS/NSS 1.2 Verwys na die skets hieronder oor die klassifikasie van nedersettings. Kies die korrekte term(e) uit dié wat tussen hakies gegee word. Skryf slegs die term(e) langs die vraagnommers (1.2.1 tot 1.2.7) in die ANTWOORDEBOEK neer, bv. 1.2.8 nedersetting. [Bron: Eksaminator se eie skets] 1.2.1 Nedersettings word volgens (funksie/bevolking) geklassifiseer. 1.2.2 'n (Metropolis/Konurbasie) word gevorm deur 'n stad met onafhanklike dorpe. 1.2.3 'n (Klein dorpie/Dorp) is die kleinste stedelike nedersetting. 1.2.4 'n (Gehuggie/Klein dorpie) het 'n mengsel van beide landelike en stedelike funksies. 1.2.5 Die reikwydte van 'n (dorp/stad) sal groter wees. 1.2.6 Die (konurbasie/metropolis) het meer funksies en is groter. 1.2.7 Soos die grootte van 'n nedersetting toeneem, sal die aantal van dié tipe nedersetting (toeneem/afneem). (7 x 1) (7) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Geografie/V2 7 DBE/2023 SS/NSS 1.3 Verwys na die skets hieronder oor landelik-stedelike migrasie. LANDELIK-STEDELIKE MIGRASIE [Aangepas uit file:///vector-farm-field-sketch-engraving-drawing/stockistockcitysketch] 1.3.1 Definieer die konsep landelik-stedelike migrasie. (1 x 2) (2) 1.3.2 Identifiseer EEN sosiale stootfaktor in A wat landelik-stedelike migrasie veroorsaak. (1 x 1) (1) 1.3.3 Noem TWEE basiese dienste wat meer toeganklik in stedelike gebiede as in landelike gebiede is. (2 x 1) (2) 1.3.4 Hoe kan landelik-stedelike migrasie uitdagings vir die voorsiening van behuising in B skep? (2 x 2) (4) 1.3.5 Stel DRIE ingrypingstrategieë voor wat geïmplementeer kan word om landelik-stedelike migrasie te verminder. (3 x 2) (6) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Geografie/V2 8 DBE/2023 SS/NSS 1.4 Verwys na die skets en die foto hieronder wat 'n gedeelte van gebied A in die landelik-stedelike oorgangsone toon. LANDELIK-STEDELIKE OORGANGSONE B A C SLEUTEL: B Nywerheid C Klein plase [Aangepas uit https://www.google.com/search?q=rural+urban+fringe+geography] 1.4.1 Waar is die landelik-stedelike oorgangsone geleë? (1 x 1) (1) 1.4.2 Noem TWEE ekonomiese aktiwiteite in die foto wat in die landelik- stedelike oorgangsone gevind word. (2 x 1) (2) 1.4.3 Hoe word die ekonomiese aktiwiteit by B bevoordeel deur in die landelik-stedelike oorgangsone geleë te wees? (2 x 2) (4) 1.4.4 Watter positiewe impak het aktiwiteit B op die plaaslike gemeenskap? (2 x 2) (4) 1.4.5 Hoe het die onlangse stedelike uitbreiding van groot stede die landelik-stedelike oorgangsone verander? (2 x 2) (4) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Geografie/V2 9 DBE/2023 SS/NSS 1.5 Verwys na die foto en uittreksel hieronder oor informele nedersettings. INFORMELE NEDERSETTINGS IN SUID-AFRIKA Dit blyk uit regeringsverslae dat, tussen 2002 en 2021, informele nedersettings in Suid-Afrika van 300 na 2 180 toegeneem het. Die vlakke van armoede in informele nedersettings is sigbaar in die klein ruimtes, oorbevolking en oorvleuelende strukture – toestande wat 'n omgewing skep wat die vinnige verspreiding van siektes bevorder. Die menslike-nedersettingsektor se doel was om teen 2018 behuising met basiese dienste aan 400 000 huishoudings in informele nedersettings te verskaf. Volgens regeringsverslae en -verklarings is die teikens nie bereik nie. [Aangepas uit https://mg.co.za/analysis/2020-06-25-policy-exists-but-shacklands] 1.5.1 Identifiseer EEN kenmerk van informele nedersettings wat in die foto sigbaar is. (1 x 1) (1) 1.5.2 Noem TWEE negatiewe sosiale gevolge van informele nedersettings in die uittreksel. (2 x 1) (2) 1.5.3 Gee TWEE ekonomiese redes vir die vinnige toename in informele nedersettings. (2 x 2) (4) 1.5.4 In 'n paragraaf van ongeveer AGT reëls, verduidelik waarom die regering daarin misluk om gemeenskappe wat in informele nedersettings woon, by te staan. (4 x 2) (8) [60] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Geografie/V2 10 DBE/2023 SS/NSS VRAAG 2: EKONOMIESE GEOGRAFIE VAN SUID-AFRIKA 2.1 Die vrae hieronder is op nywerhede gebaseer. Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee. Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommers (2.1.1 tot 2.1.8) in die ANTWOORDEBOEK neer, bv. 2.1.9 D. 2.1.1 Vervaardiging is 'n voorbeeld van 'n aktiwiteit in die … ekonomiese sektor. A primêre B sekondêre C tersiêre D kwaternêre 2.1.2 Ligte nywerhede word oor die algemeen … gevestig. A naby aan die SSK B weg van residensiële gebiede C naby grondstowwe D naby grootmaatvervoer 2.1.3 'n Yster-en-staal-aanleg is 'n voorbeeld van 'n … nywerheid. A ongebonde B vragverbrekings- C grondstof-georiënteerde D markgeoriënteerde 2.1.4 Die skets hieronder illustreer 'n … nywerheid. [Bron: https://www.google.co.za/search?q=types+of+industries] A alomteenwoordige B brug- C mark- D ongebonde 2.1.5 'n Bakkery is 'n voorbeeld van 'n … nywerheid. A vragverbrekings- B grondstof-georiënteerde C markgeoriënteerde D ongebonde Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Geografie/V2 11 DBE/2023 SS/NSS 2.1.6 Die illustrasie hieronder is 'n voorbeeld van 'n … nywerheid. Wi-Fi Wi-Fi [Bron: https://www.bing.com/images/search?view=detailV2&ccid=Kq] A grondstof-georiënteerde B brug- C markgeoriënteerde D alomteenwoordige 2.1.7 'n Olieraffinadery is 'n voorbeeld van 'n … nywerheid. A ongebonde B swaar C alomteenwoordige D ligte 2.1.8 Swaar nywerhede word deur ... gekenmerk. (i) hoë vlakke van lugbesoedeling (ii) hulle ligging op klein stukke grond (iii) hulle ligging naby grootmaatvervoer (iv) lae vlakke van geraasbesoedeling A (i) en (ii) B (i) en (iv) C (ii) en (iii) D (i) en (iii) (8 x 1) (8) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Geografie/V2 12 DBE/2023 SS/NSS 2.2 Kies die term/konsep uit KOLOM B wat by die stelling in KOLOM A pas. Skryf slegs Y of Z langs die vraagnommers (2.2.1 tot 2.2.7) in die ANTWOORDEBOEK neer, bv. 2.2.8 Y. KOLOM A KOLOM B 2.2.1 'n Wisseling van goedere en Y internasionale handel dienste tussen lande Z handelsooreenkoms 2.2.2 Ongunstige handelsbalans Y verhoog werkverskaffing Z verhoog werkloosheid 2.2.3 Goedere wat in 'n land Y uitvoere ingebring word Z invoere 2.2.4 Voordeel van internasionale Y toegang tot buitelandse valuta handel Z afname in beleggings 2.2.5 Aktiwiteite van die tersiêre Y vervoer en handel sektor Z konstruksie en navorsing 2.2.6 'n Doeltreffende openbare Y verhoog ekonomiese koste vervoerstelsel Z verhoog produksie 2.2.7 Verskil in waarde tussen 'n Y handelsbalans land se invoere en uitvoere Z betalingsbalans (7 x 1) (7) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Geografie/V2 13 DBE/2023 SS/NSS 2.3 Verwys na die infografika hieronder oor suikerrietboerdery. SUIKERRIETBOERDERY Alhoewel die fisiese faktore aan die ooskus van Suid-Afrika bevorderlik is vir suikerrietboerdery, het die produksie afgeneem. Binne twee dekades het die land se jaarlikse suikerproduksie met bykans 25% gekrimp. Die aantal suikerrietboere het met 60% gedaal. Baie Suid-Afrikaanse dorpe en landelike dorpies sal in duie stort aangesien hulle óf gedeeltelik óf ten volle van suikerrietboerdery afhanklik is. Die aanvraag na suiker in die Suider-Afrikaanse Doeane-unie het van 1,65 miljoen ton na 1,25 miljoen ton per jaar afgeneem, wat Suid-Afrika dwing om sy uitvoere na die wêreldmark te verhoog. [Aangepas uit farmersweekly.co.za] [Aangepas uit farmersweekly.co.za] [Aangepas uit dr. Thomas Funke, SA Cane Growers' Association] 2.3.1 Wat is die persentasie afname in die aantal suikerrietboere in die laaste twee dekades? (1 x 1) (1) 2.3.2 Identifiseer die TWEE provinsies op die kaart waar met suikerriet geboer word. (2 x 1) (2) 2.3.3 Noem TWEE fisiese faktore wat suikerrietboerdery in dié provinsies (antwoord op VRAAG 2.3.2) bevorder. (2 x 1) (2) 2.3.4 Waarom is suikerrietboerdery belangrik vir die klein dorpe en landelike dorpies van Suid-Afrika? (2 x 2) (4) 2.3.5 Verduidelik DRIE ekonomiese faktore wat 'n negatiewe impak op suikerproduksie in Suid-Afrika het. (3 x 2) (6) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Geografie/V2 14 DBE/2023 SS/NSS 2.4 Verwys na die kaart en uittreksel hieronder oor die Maputo-korridor Ruimtelikeontwikkelingsinisiatief (ROI). MAPUTO-KORRIDOR RUIMTELIKEONTWIKKELINGSINISIATIEF Middelburg Komatipoort Middelburg Padafstand: Spoorafstand: Johannesburg na Maputo: 581 km Johannesburg na Maputo: 590 km Die Maputo-korridor is in 1996 as 'n Ruimtelikeontwikkelingsinisiatief (ROI) bekendgestel omdat die regerings van Suid-Afrika en Mosambiek aanvanklik hulle ekonomieë wou herbou en handels- en beleggingsbande wou herstel. Beide regerings het saamgestem oor die enorme potensiële voordele van die rehabilitasie van die sleutelelemente van dié lewensbelangrike vervoerkorridor, wat die Maputo-hawe met Suid-Afrika se lewendigste ekonomiese kern, die stad van Johannesburg, verbind. Hierdie Ruimtelikeontwikkelingsinisiatief was die metode wat gekies is om beleggings in die potensiaal van die Maputo-korridor te maksimaliseer en om die doel van volhoubare ekonomiese en sosiale ontwikkeling al langs die korridor en sy omliggende omgewings te verwesenlik. [Aangepas uit bus-ex.com/https://www.bing.com/images/search?view=detailV2&ccid] 2.4.1 Watter land word deur die Maputo-korridor Ruimtelikeontwikkelingsinisiatief aan Suid-Afrika verbind? (1 x 1) (1) 2.4.2 Wat was die oorspronklike doel van die bekendstelling van die Maputo-korridor Ruimtelikeontwikkelingsinisiatief, soos in die uittreksel vervat? (1 x 1) (1) 2.4.3 Noem die kernnywerheidstreek wat die meeste uit die Maputo- korridor Ruimtelikeontwikkelingsinisiatief voordeel sal trek. (1 x 1) (1) 2.4.4 Hoe sal die Maputo-korridor Ruimtelikeontwikkelingsinisiatief besigheidsgeleenthede vir onderontwikkelde gemeenskappe langs die korridor skep? (2 x 2) (4) 2.4.5 In 'n paragraaf van ongeveer AGT reëls, verduidelik hoe die opgradering van verskillende tipes infrastruktuur 'n positiewe impak op handel vir die kernnywerheidstreek (antwoord op VRAAG 2.4.3) het. (4 x 2) (8) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Geografie/V2 15 DBE/2023 SS/NSS 2.5 Verwys na die spotprent en uittreksel hieronder oor informele handel. TER VERDEDIGING VAN SUID-AFRIKA SE INFORMELE EKONOMIE 'n Skadu-ekonomie*? Het jy Nee, ek kan 'n permit? dit nie Party noem die informele sektor die bekostig nie! skadu-ekonomie. Hulle kla ook oor die gebrek aan belastings wat deur die informele sektor betaal word. Baie van die verkopers dryf handel sonder permitte en word gereeld onderwerp aan klopjagte deur die stad se wetstoepassers, waartydens daar op hulle goedere beslag gelê word en hulle boetes kry. Die bewering dat amptelike indiensnemingsdata die informele sektor onderskat, is gebaseer op die aanname dat daar verkeerdelik na baie mense wat in die informele sektor aktief is, as werkloos verwys word. Die oorgrote meerderheid informele werkers (73%) verdien baie minder as die inkomstebelastingdrempel van R79 000 per jaar, wat deur die Suid- Afrikaanse Inkomstebelastingdiens bepaal word. Verder betaal baie informele-sektor-werkers, veral dié in kleinhandel, BTW op hulle aankope. *Skadu-ekonomie: Die bydrae daarvan is nie bekend nie. [Bron: news.uct.ac.za/ https://www.google.com/search?q=informal+trading+cartoon] 2.5.1 Gee 'n ander naam vir die informele sektor uit die uittreksel. (1 x 1) (1) 2.5.2 Waarom het die handelaar in die spotprent nie 'n permit nie? (1 x 1) (1) 2.5.3 Haal EEN gevolg uit die uittreksel aan vir die handelaar wat nie 'n permit het nie. (1 x 1) (1) 2.5.4 Waarom word daar verkeerdelik na mense in die informele sektor as werkloos verwys? (1 x 2) (2) 2.5.5 Hoe trek die ekonomie voordeel uit die informele sektor? (2 x 2) (4) 2.5.6 Stel DRIE aansporings voor wat die regering kan verskaf om die informele sektor te reguleer. (3 x 2) (6) [60] TOTAAL AFDELING A: 120 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Geografie/V2 16 DBE/2023 SS/NSS AFDELING B VRAAG 3: GEOGRAFIESE VAARDIGHEDE EN TEGNIEKE AGTERGRONDINLIGTING OOR ODENDAALSRUS Koördinate: 27°52'S; 26°41'O Odendaalsrus is die oudste goudmynboudorpie in die Goudveld van die Vrystaat in Suid-Afrika. Die dorpie was eens op 'n tyd slegs 'n verskeidenheid plase met 'n sentrale kerk. Toe goudafsettings egter in 1946 gevind is, het Odendaalsrus sy plek op die kaart verdien, wat 'n aantal setlaars gelok het wat deel van die goudstormloop wou wees. Dit is waar die rykste goudrif ter wêreld ontdek is. [Aangepas uit https://www.google.com/search?q=odendaalsrus] Die volgende Engelse terme en hulle Afrikaanse vertalings word op die topografiese kaart getoon: ENGLISH AFRIKAANS River Rivier Bridge Brug Furrow Voor Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Geografie/V2 17 DBE/2023 SS/NSS 3.1 KAARTVAARDIGHEDE EN BEREKENINGE Verwys na die topografiese kaart. 3.1.1 Wanneer 'n oppervlakte op die kaart bereken word, word die skaal gebruik om die … A gebied op die topografiese kaart te verteenwoordig. B oppervlakte in werklikheid te bereken. C gebied op die ortofotokaart te verteenwoordig. D hoogte van die gebied in werklikheid te bereken. (1 x 1) (1) 3.1.2 Bereken die oppervlakte wat in rooi/swart op die topografiese kaart in km² afgebaken is. Gebruik die volgende inligting: Lengte gemeet (kaartafstand) = 3,7 cm Formule: Oppervlakte = Lengte (L) x Breedte (B) (4 x 1) (4) 3.1.3 Die ware peiling vanaf trigonometriese baken 286 (F) in blok B4 na punthoogte 1 357 (G) in blok C5 is (161°/342°). (1 x 1) (1) 3.1.4 Bereken die magnetiese deklinasie van Odendaalsrus vir 2023. Gebruik die inligting en stappe wat hieronder gegee word. Verskil in jare: 3 jaar Gemiddelde jaarlikse verandering: 10' weswaarts Totale verandering: Magnetiese deklinasie vir 2023: (3 x 1) (3) 3.1.5 Gebruik die antwoorde op VRAAG 3.1.3 en 3.1.4 en bereken die magnetiese peiling vir 2023. Formule: Magnetiese peiling = Ware peiling + Magnetiese deklinasie (1 x 1) (1) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Geografie/V2 18 DBE/2023 SS/NSS 3.2 KAARTINTERPRETASIE Verwys na die Phakisa-motorrenbaan (H) in blok B3 en C3 op die topografiese kaart. 3.2.1 (a) In watter grondgebruiksone is die renbaan geleë? (1 x 1) (1) (b) Hoe verminder die ligging van die renbaan moontlike omgewingsongeregtighede teenoor die inwoners van Odendaalsrus? (1 x 2) (2) Verwys na die topografiese kaart en die ortofotokaart. 3.2.2 (a) Die hoof- primêre aktiwiteit by 6 op die ortofotokaart is (mynbou/steengroefuitgrawing). (1 x 1) (1) (b) Gee bewyse uit die topografiese kaart om jou antwoord op VRAAG 3.2.2(a) te staaf. (1 x 2) (2) (c) Identifiseer die vervoerinfrastruktuur wat die hoof- primêre aktiwiteit by 6 op die ortofotokaart ondersteun. (1 x 1) (1) Verwys na die topografiese kaart. 3.2.3 (a) Identifiseer hoofstraatpatroon I in blok A1 en A2. (1 x 1) (1) (b) Waarom word die straatpatroon, in VRAAG 3.2.3(a) geïdentifiseer, met verkeersopeenhoping geassosieer? (1 x 2) (2) (c) Hoe het die topografie die uitleg van die straatpatroon, in VRAAG 3.2.3(a) geïdentifiseer, beïnvloed? (1 x 2) (2) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Geografie/V2 19 DBE/2023 SS/NSS 3.3 GEOGRAFIESE INLIGTINGSTELSELS (GIS) Verwysingsinligting X en Y is uittreksels uit die Odendaalsrus topografiese kaart wat verskillende tipes data aandui. 3.3.1 (a) Die ligging van J is (ruimtelike/attribute) data. (1 x 1) (1) (b) Gee die ruimtelike data van J in grade en minute. (2 x 1) (2) (c) Hoe help verwysingsinligting X om die attribute data van die pad in uittreksel Y te identifiseer? (1 x 2) (2) 3.3.2 (Ruimtelike resolusie/Afstandwaarneming) word gebruik om inligting van 'n afstand in te samel. (1 x 1) (1) 3.3.3 Wat is die voordeel daarvan om inligting vir die aktiwiteit by 6 op die ortofotokaart van 'n afstand in te samel? (1 x 2) (2) TOTAAL AFDELING B: 30 GROOTTOTAAL: 150 Kopiereg voorbehou

Study this subject

More from Grade 12 Geography

View all