Downloaded from hlayiso.com
PROVINSIALE EKSAMEN
JUNIE 2024
GRAAD 10
REKENINGKUNDE
TYD: 2½ uur
PUNTE: 200
10 bladsye ingesluit ʼn formuleblad + ʼn antwoordboek van 11 bladsye
b.o.
Skip to contentAll 2024 papers %20June%202024%20Answer%20Book_hlayiso.com_--af03b52b-03b1-41d3-a50d-40f4c4d5755a/v1-72e5752a6c7b41803304/card.webp)
%20June%202023%20Possible%20Answers_hlayiso.com_--51dbb645-1089-4ac1-a5ca-1eacf8d53a3c/v1-358734154f155825fae9/card.webp)
%20June%202016%20Possible%20Answers_hlayiso.com_--5ea2a470-20b9-4f3c-8167-e6b1fd41fc1b/v1-52b74fd8f8beffe3615d/card.webp)
%202020%20Exemplars%20Question%20%20Paper_hlayiso.com_--43c6b624-adc2-4135-a4ab-144be323c754/v1-c743ae789a295a79dae8/card.webp)
%20November%202019%20Question%20Paper_hlayiso.com_--78f8df66-5bf9-4073-b3cb-c76eb99c7d79/v1-8752df336d2a428850e8/card.webp)

View all



%202023%20Possible%20Answers_hlayiso.com_--e4306011-a35e-44fa-8444-0af6bea7b23a/v1-a931508fb6f30106fdd1/card.webp)

Accounting Grade 10 Gauteng June 2024 Question Paper (Afr)
Grade 10 Accounting question paper from the Gauteng June Exam 2024 (Afrikaans), 10 pages. Read online or get the free PDF download, memo linked when available.
Accounting · Grade 10 · Gauteng June Exam · 2024 · Afrikaans. Question paper, 10 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Accounting
- Grade
- Grade 10
- Language
- Afrikaans
- Document type
- Question paper
- Year
- 2024
- Exam period
- Gauteng June Exam
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 10
- File size
- 734.4 KB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 10
This exam
Gauteng June Exam 2024
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
REKENINGKUNDE 2
GRAAD 10
INSTRUKSIES
1. Beantwoord AL die vrae.
2. ʼn Spesiale ANTWOORDBOEK word voorsien waarin al die vrae beantwoord moet word.
3. Toon ALLE berekeninge om deelpunte te verdien.
4. Waar van toepassing moet berekeninge afgerond word tot die naaste rand. Alle ander
berekeninge tot een desimale punt.
5. Lees die instruksies van elke vraag deeglik deur en volg dit noukeurig.
7. Nie-programmeerbare sakrekenaars mag gebruik word.
8. Alle antwoorde moet in swart of blou ink geskryf word.
9. Gebruik die inligting in die tabel as ʼn gids wanneer die vraestel beantwoord word.
Probeer om nie daarvan af te wyk nie.
Vraag Onderwerp Punte Tyd
1 Konsepte en Analise van Transaksies 45 35 minute
2 Algemene Grootboek 50 40 minute
3 Algemene Joernaal 30 20 minute
4 Krediteure rekonsiliasie 35 25 minute
5 Konsepte en salarisse 40 30 minute
Totaal 200 150 minute
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
REKENINGKUNDE 3
GRAAD 10
VRAAG 1: KONSEPTE EN ONTLEDING VAN TRANSAKSIES (45 punte: 35 minute)
1.1 KONSEPTE
Pas die beginsel in Kolom A by die voorbeeld in Kolom B wat dit die beste
beskryf. Skryf slegs die letter (A – E) langs die vraagnommer (1.1.1 – 1.1.4) in
jou ANTWOORDBOEK.
KOLOM A KOLOM B
1.1.1 Vaste deposito A ʼn Klein kontantbedrag wat in ʼn toesluitbare
“geldkassie” gehou word om klein betalings
te maak.
1.1.2 Interne kontroles B ʼn Fasiliteit wat goedgekeur word deur die
bank om fondse te leen. Die fondse geleen
is verskuldig aan die bank.
1.1.3 Kleinkas C Geld wat belê word by ʼn finansiële instelling
vir ʼn spesifieke tydperk.
1.1.4 Oortrokke D Kontant wat in die kasregister gehou word.
bankrekening E Maatreëls wat in plek gesit word om te
verseker dat die besigheid glad verloop. (4)
1.2 ONTLEDING VAN TRANSAKSIES
Ontleed die volgende transaksies volgens die opskrifte voorsien in die
ANTWOORDBOEK. Die besigheid gebruik ʼn winsopslag van 75% op kosprys. (41)
Aanvaar dat die Bank ʼn gunstige saldo het vir al die transaksies.
Voorbeeld: Betaal R10 000 per EFO aan Croxly Handelaars vir die voorraad
aangekoop.
TRANSAKSIES:
1.2.1 Verkoop goedere op krediet, die kosprys was R700.
1.2.2 SQ Bank deponeer R50 000 in die bankrekening volgens die
leningsooreenkoms.
1.2.3 ʼn Debietnota is uitgereik vir beskadigde goedere ter waarde van R2 100,
wat teruggestuur is na die handelaar, Waltons.
1.2.4 Die eienaar betaal R1 800 aan Atlantis klub vir sy dogter se swemlesse.
1.2.5 ʼn Kwitansie is uitgereik aan D. Viljoen vir die vereffening van sy
rekening van R7 200. ʼn Vereffeningskorting van 2,5% is aan hom
toegestaan.
1.2.6 Die Mei bankstaat ontvang van PNB Bank toon die volgende:
• EFO fooie – R170
• Kredietkaartheffings – R80
• Diensfooie – R90
45
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
REKENINGKUNDE 4
GRAAD 10
VRAAG 2: ALGEMENE GROOTBOEK (50 Punte: 40 minute)
DIE SPORTWINKEL
Die Sportwinkel word besit deur Phil Rodri. Die besigheid gebruik ʼn winsopslag
van 60% op kosprys.
GEVRA:
2.1 Voltooi die volgende rekeninge vir die maand, Maart 2024, in die algemene
grootboek van Die Sportwinkel.
2.1.1 Debiteurekontrole (17)
2.1.2 Handelsvoorraad (21)
2.2 Phil Rodri glo dat die debiteure invorderings kan verbeter. Lys DRIE maniere
waarop debiteure aangemoedig kan word om hul rekeninge tydig te vereffen. (6)
2.3 Phil Rodri is bekommerd oor die stadige koers waarteen voorraad verkoop word.
Hy het jou gevra om hom te adviseer oor hoe die besigheid kan verseker dat
voorraad vinniger verkoop word. Bespreek DRIE maatreëls wat hy kan
implementeer. (6)
INLIGTING:
A Saldo’s op 01 Maart 2024;
• Debiteurekontrole R156 000
• Handelsvoorraad R534 000
B Kredietfakture uitgereik aan debiteure vir die maand, Maart 2024, R409 600.
C Handelsvoorraad kontant aangekoop gedurende Maart 2024, R613 000 voor
handelskortings van R13 000 ontvang is.
D Fakture ontvang vanaf verskaffers vir goedere vir Maart 2024, beloop R351 800.
E Sommige debiteure is nie gelukkig met die goedere wat aan hulle gelewer is
nie. 2% van debiteure aan wie op krediet verkoop is gedurende Maart, het hul
voorraad teruggestuur.
F Beskadigde goedere teruggestuur aan verskaffers gedurende Maart beloop
R29 000.
G Die kosprys van kontantverkope in Maart beloop R418 000.
H Gedurende Maartmaand, is besluit om 5% van die beginsaldo van
debiteurekontrole as oninbaar af te skryf.
I Ontvangstes van Debiteure vir Maart, R396 000, na toestaan van 1 % korting.
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
REKENINGKUNDE 5
GRAAD 10
J Rente van R5 200 is gehef op sekere debiteure a.g.v. laat betalings.
K Die eienaar het donasies gemaak ter waarde van R15 000 vir die maand.
R4 000 was kontant en R11 000 was handelsvoorraad.
50
VRAAG 3: ALGEMENE JOERNAAL (30 punte; 20 minute)
Die inligting voorsien is geneem uit die rekeningkundige rekords van Essack
Handelaars op 30 April 2024. Die besigheid gebruik ʼn winsopslag van 100% op
kosprys.
GEVRA:
3.1 Joernaliseer die transaksies hieronder gelys in die algemene joernaal van
Essack Handelaars op 30 April 2024. (30)
NOTA: Voorlopige totale is reeds ingesluit op die ANTWOORDBOEK. Redes
word nie vereis nie.
INLIGTING:
A Die dak van die gebou is herstel vir R32 000. Die bedrag is foutiewelik in die
Grond en Geboue rekening geboekstaaf.
B Die eienaar het ʼn splinternuwe afleweringsvoertuig ter waarde van R500 000
tot die besigheid bygedra.
C F. Patel skuld Essack Handelaars R5 100. Haar insolvente boedel betaal
20 sent uit elke rand. Dit is geboekstaaf. Skryf die oorblywende skuld af.
D Hef rente teen 8% per jaar vir drie maande op die agterstallige rekening van
M. de Villiers. Sy huidige rekening se saldo is R4 000.
E ʼn Kredietnota uitgereik aan ʼn debiteur, H. Lwazi vir R280 is foutiewelik
oorgeboek na die rekening van ʼn krediteur, Mlwazi Groothandelaars.
F ʼn Kredietnota uitgereik aan J. Ndlovu, ʼn debiteur, vir goedere deur hom
teruggestuur, ter waarde van R1 700, is geboekstaaf en as ʼn faktuur na sy
rekening in die debiteure grootboek oorgeboek. Stel die fout reg.
30
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
REKENINGKUNDE 6
GRAAD 10
VRAAG 4: KREDITEURE REKONSILIASIE (35 punte: 25 minute)
CHERNOBYL GROOTHANDELAARS
Die volgende inligting rakende Chernobyl Groothandelaars is verskaf. Die
krediteurekontrolerekening en die Krediteurelys van Sharks Handelaars is
opgestel deur ʼn onervare boekhouer.
GEVRA:
4.1 Rekonsilieer die Krediteurekontrolerekening met die Krediteurelys vir die maand
April 2024. (33)
4.2 Die eienaar is bekommerd oor die verskaffing van goedere deur Buthelezi
Uitvoerders a.g.v. fluktuasies in die wisselkoers. Hy wil ʼn plaaslike verskaffer
gebruik. Lys TWEE oorwegings voor hy van verskaffer verander. (2)
INLIGTING A:
ALGEMENE GROOTBOEK VAN CHERNOBYL GROOTHANDELAARS
KREDITEUREKONTROLE B7
2024 Bank en 2024
April 31 korting KBJ 192 700 April 01 Saldo a/b 225 000
ontvang
Krediteure Krediteure
KAJ 21 000 31 KJ 197 000
kontrole kontrole
Joernaal Joernaal
AJ 1 200 AJ 3 100
Debiete Krediete
Saldo o/b 271 700
425 100 425 100
2024
01 Saldo a/b 271 700
Mei
INLIGTING B:
KREDITEURELYS OP 30 April 2024
Mohamed Verskaffers (11 200)
Khambule Handelaars 86 400
Reddy & Seuns 56 900
Buthelezi Uitvoerders 61 500
Totaal 193 600
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
REKENINGKUNDE 7
GRAAD 10
FOUTE EN WEGLATINGS
i Die beginsaldo is oorstateer met R29 000.
ii Goedere wat teruggestuur is aan Buthelezi Uitvoerders ter waarde van
R7 700 is as korrek geboekstaaf in die hulpjoernaal maar foutiewelik na die
rekening van Mohamed Verskaffers oorgeboek.
iii Dra die debietsaldo in die rekening van Mohamed Verskaffers in die
krediteuregrootboek oor na haar rekening in die debiteuregrootboek.
iv ʼn Kredietfaktuur vir R16 400 uitgereik deur Reddy & Seuns is nie
geboekstaaf nie.
v Die rekenmeester het vergeet om die bedrag verskuldig aan Khambule
Handelaars aan die einde van Maart te betaal. Khambule Handelaars het
rente teen 5% per jaar vir die maand, April, gehef op Chernobyl
Groothandelaars.
vi Handelsvoorraad van R6 200 wat aangekoop is vanaf Buthelezi Uitvoerders
is korrek in die krediteur se rekening geboekstaaf maar is foutiewelik in die
krediteure afslagjoernaal aangeteken.
vii ʼn betaling van R9 500 is gemaak voor die datum betaalbaar aan Buthelezi
Uitvoerders en is korrek geboekstaaf in die hulpjoernaal en so oorgeboek.
Die rekenmeester het egter nie die korting van 2% vir vroegtydige betaling
geboekstaaf nie.
35
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
REKENINGKUNDE 8
GRAAD 10
VRAAG 5: KONSEPTE EN SALARISSE (40 punte: 30 minute)
5.1 KONSEPTE
Dui aan of die volgende stellings waar of onwaar is. Skryf slegs ‘Waar’ of ‘Vals’
langs die nommers (5.1.1 – 5.1.4) in die ANTWOORDBOEK neer. (4)
5.1.1 Netto salaris is die salaris betaal aan werknemers na aftrekkings.
5.1.2 Volgens die Suid-Afrikaanse Arbeidswetgewing, word slegs van
werknemers vereis om WVF te betaal.
5.1.3 LBS moet aan die Departement van Arbeid oorbetaal word.
5.1.4 Die akroniem VOH staan vir Vaardigheidsontwikkelingsheffing.
5.2 SALARISSKAAL
COETZEE SE GROOTHANDELAAR
Me. Warren is onlangs indiens geneem deur Coetzee se Groothandelaars en het
die volgende salarisskaal ontvang
135 000 x 14 640 – 178 920 x 16 920 – 229 680
5.2.1 Bepaal Me. Warren se maandelikse salaris in haar eerste jaar van
indiensneming? (2)
5.2.2 Wat sal haar jaarlikse salaris gedurende die derde jaar van haar
indiensneming wees? (4)
5.2.3 Bereken die persentasie styging in haar maandelikse salaris in haar sesde
jaar van indiensneming. (4)
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
REKENINGKUNDE 9
GRAAD 10
5.3 SALARISJOERNAAL
DAVID SE SUPERMARK
Raymond David besit ʼn medium grootte supermark wat geleë is in ʼn woongebied.
Hy het twee werkers in diens, wat verskillende salarisse verdien.
GEVRA:
5.3.1 Voltooi die salarisjoernaal vir die maand Maart 2024. (22)
5.3.2 Die eienaar het besluit dat hy nie die geld wat ingesamel is vir LBS dié
maand gaan oorbetaal nie omdat hy kontant nodig het en ʼn
dubbelbetaling die volgende maand sou maak.
• Adviseer Mnr. David’s teen die besluit en voorsien EEN gevolg vir die
aksie. (4)
INLIGTING:
Die boekhouer van David’s Supermark het vergeet om enkele besonderhede
van een van sy werknemers, V. Radebe se salaris in die salarisjoernaal vir
Maart 2024 te boekstaaf.
V.Radebe se indiensnemingskontrak sluit die volgende in:
AFTREKKINGS:
– Bruto salaris van R19 000 per maand
– LBS - 18% van bruto salaris
– Mediese fonds van R850 per maand
– Pensioenfonds -8% van bruto salaris
– WVF - 1% van bruto salaris
WERKGEWERSBYDRAES:
– Mediese fonds – R2 vir elke R1 bygedra deur V. Radebe
– Pensioenfonds – ? van bruto salaris
– WVF – 1% van bruto salaris
40
TOTAAL: 200
EINDE
Downloaded from hlayiso.com
REKENINGKUNDE 10
GRAAD 10
GRAAD 10 REKENINGKUNDE FINANSIËLE AANWYSERS FORMULEBLAD
Bruto wins x 100 Netto wins x 100
Bruto wins x 100
Koste van verkope 1 Verkope 1
Verkope 1
Bedryfswins x 100
Bedryfsuitgawes x 100
Verkope 1
Verkope 1
Bedryfsbates : Bedryfslaste (Bedryfsbates – Voorraad): Bedryfslaste
(Handels en ander ontvangbares + Kontant en kontantekwivalente): Bedryfslaste
Netto wins x 100 Totale bates: Totale laste
Eienaarsbelang 1
Study this subject
Recommended for this subject
%20June%202024%20Answer%20Book_hlayiso.com_--af03b52b-03b1-41d3-a50d-40f4c4d5755a/v1-72e5752a6c7b41803304/card.webp)
Addendum
Accounting Grade 10 Gauteng June 2024 Addendum (Afrikaans)
%20June%202023%20Possible%20Answers_hlayiso.com_--51dbb645-1089-4ac1-a5ca-1eacf8d53a3c/v1-358734154f155825fae9/card.webp)
Memorandum
Accounting Grade 10 Gauteng June 2023 Memo (Afrikaans)
%20June%202016%20Possible%20Answers_hlayiso.com_--5ea2a470-20b9-4f3c-8167-e6b1fd41fc1b/v1-52b74fd8f8beffe3615d/card.webp)
Memorandum
Accounting Grade 10 Gauteng June 2016 Memo (Afrikaans)
%202020%20Exemplars%20Question%20%20Paper_hlayiso.com_--43c6b624-adc2-4135-a4ab-144be323c754/v1-c743ae789a295a79dae8/card.webp)
Question paper
Accounting Grade 10 P2 Gauteng November 2020 QP (Afr)
%20November%202019%20Question%20Paper_hlayiso.com_--78f8df66-5bf9-4073-b3cb-c76eb99c7d79/v1-8752df336d2a428850e8/card.webp)
Question paper
Accounting Grade 10 P2 Gauteng November 2019 QP (Afr)

Question paper
Accounting Grade 10 P1 Eastern Cape November 2018 QP (Afr)
More from Grade 10 Accounting

Question paper and memo
Accounting Grade 10 Limpopo March Test 2026 Paper & Memo

Question paper and memo
Accounting Grade 10 Limpopo June 2025 Paper & Memo

Question paper and memo
Accounting Grade 10 Limpopo March Test 2025 Paper & Memo

Question paper and memo
Accounting Grade 10 KZN March Test 2024 Paper & Memo
%202023%20Possible%20Answers_hlayiso.com_--e4306011-a35e-44fa-8444-0af6bea7b23a/v1-a931508fb6f30106fdd1/card.webp)
Memorandum
Accounting Grade 10 P1 Gauteng November 2023 Memo (Afr)

Question paper and memo