Physical Sciences Grade 10 P1 Gauteng November 2023 QP (Afr)
Grade 10 Physical Sciences Paper 1 question paper from the Gauteng November Exam 2023 (Afrikaans), 12 pages. Read online or get the free PDF download, memo linked when available.
Downloaded from hlayiso.com
FISIESE WETENSKAPPE: FISIKA 2
(VRAESTEL 1) GRAAD 10
INSTRUKSIES EN INLIGTING
1. Skryf jou naam in die toepaslike ruimte op die ANTWOORDBOEK neer.
2. Hierdie vraestel bestaan uit AGT vrae. Beantwoord AL die vrae.
3. Begin ELKE vraag op ʼn NUWE bladsy in die ANTWOORDBOEK.
4. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
vraestel gebruik word.
5. Skryf netjies en leesbaar.
6. Jy mag ʼn nie-programmeerbare sakrekenaar gebruik.
7. Jy mag toepaslike wiskundige instrumente gebruik.
8. Jy word aangeraai om die aangehegte GEGEWENSBLAAIE te gebruik.
9. Toon ALLE formules en substitusies in ALLE berekeninge
10. Rond jou FINALE numeriese antwoorde af tot ʼn minimum van TWEE desimale
plekke.
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
FISIESE WETENSKAPPE: FISIKA 3
(VRAESTEL 1) GRAAD 10
VRAAG 1: MEERVOUDIGEKEUSE-VRAE
Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee. Kies die
korrekte antwoord en skryf slegs die letter (A – D) langs die vraagnommers (1.1 tot 1.7)
in die ANTWOORDBOEK neer, bv. 1.8 E.
1.1 Die maksimum verplasing van ʼn deeltjie van sy rusposisie is die ... .
A periode
B amplitude
C golflengt
D frekwensie (2)
1.2 As die spoed van ʼn golf konstant bly, sal die ... toeneem wanneer die golflengte
afneem.
A frekwensie
B amplitude
C spoed
D periode (2)
1.3 Watter van die volgende sinne beskryf ʼn vektor?
A Die kos in die kosblik bevat 3 300 J.
B Die lading van die vlierpitbal is –145 C.
C Die elektriese veld is 120 N∙C-1 Noord.
D Die houer bevat 250 dm3. (2)
1.4 In die diagram hieronder is die verwysingspunt Mathe se huis en die positiewe
rigting is na regs.
Positiewe rigtig
Skool Lucia Mathe Leen Winkel
250 m 250 m 250 m 250 m
Wat is die posisie van die skool relatief tot Mathe se huis?
A +250 m
B –250 m
C –500 m
D +500 m (2)
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
FISIESE WETENSKAPPE: FISIKA 4
(VRAESTEL 1) GRAAD 10
1.5 ʼn Negatief gelaaide plastiese liniaal word naby klein stukkies papier
gebring maar raak dit nie. As die liniaal en die papier mekaar aantrek, is
die oorspronklike lading(s) van die papier ...
A slegs positief.
B slegs negatief.
C slegs neutraal.
D beide positief en neutraal. (2)
1.6 Die potensiaalverskil tussen twee punte in ʼn elektriese stroombaan is
17 400 V. ʼn Kragbron dra 400 000 J energie oor tydens die beweging van ʼn
sekere hoeveelheid lading tussen die twee punte. Wat is die hoeveelheid
lading wat tussen die twee punte beweeg het?
A 0,044 C
B 22,99 C
C 6,96 x 109 C
D 11,49 C (2)
1.7 ʼn Voorwerp met ʼn massa m, word laat val vanaf die bokant van ʼn gebou en
tref die grond met ʼn kinetiese energie E. ʼn Ander voorwerp met massa 2 m
word VANAF DIESELFDE HOOGTE laat val en tref die grond. Die kinetiese
energie sal gelyk wees aan ...
A 1
E.
4
B 1
E.
2
C E.
D 2E. (2)
[14]
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
FISIESE WETENSKAPPE: FISIKA 5
(VRAESTEL 1) GRAAD 10
VRAAG 2 (Begin op ʼn nuwe bladsy.)
Die diagram hieronder verteenwoordig ʼn transversale golf met ʼn frekwensie van 1,5 Hz
wat van links na regs beweeg.
D
4m
C
A
20 cm rigting
van golf
B
2.1 Definieer ʼn transversale golf. (2)
2.2 Benoem die volgende:
2.2.1 Twee punte in fase (1)
2.2.2 Punt B (1)
2.2.3 Punt D (1)
2.3 Bepaal die:
2.3.1 Amplitude van die golf in meter (3)
2.3.2 Golflengte (2)
2.4 Bereken:
2.4.1 Die periode van die golf (3)
2.4.2 Die spoed van die golf (3)
[16]
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
FISIESE WETENSKAPPE: FISIKA 6
(VRAESTEL 1) GRAAD 10
VRAAG 3 (Begin op ʼn nuwe bladsy.)
Die diagram hieronder toon die golflengtes en frekwensies van verskillende tipes
elektromagnetiese straling. Gebruik die diagram en beantwoord die vrae wat volg.
3.1 Hoe ontstaan ʼn elektromagnetiese golf? (1)
3.2 Benoem DRIE ander tipes elektromagnetiese golwe wat ʼn laer frekwensie het as
ultraviolet lig. Rangskik hierdie frekwensies in TOENEMENDE frekwensie. (3)
3.3 ʼn Foton het ʼn golflengte van 700 nm. Bereken die:
3.3.1 Energie van die foton. (4)
3.3.2 Frekwensie van die foton. (3)
[11]
VRAAG 4 (Begin op ʼn nuwe bladsy.)
ʼn Man oefen ʼn krag van 5 N op ʼn trollie vol gelaai met kratte op ʼn horisontale vlak. Die
trollie ondervind ʼn wrywingskrag van 2 N in die teenoorgestelde rigting.
4.1 Definieer die term resultante vektor. (2)
4.2 Bereken die resultant van die twee horisontale kragte wat op die trollie inwerk. (4)
[6]
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
FISIESE WETENSKAPPE: FISIKA 7
(VRAESTEL 1) GRAAD 10
VRAAG 5 (Begin op ʼn nuwe bladsy.)
5.1 Die snelheid-tyd-grafiek hieronder illustreer die beweging van ʼn voorwerp wat
aanvanklik oos beweeg. By t = 0 s, is die posisie van die voorwerp nul.
Snelheid (m∙s-1)
t(s)
5.1.1 Wat is die snelheid van die voorwerp by t = 0 s? (1)
5.1.2 Beskryf die beweging van die voorwerp tussen interval A – B. (2)
5.1.3 Bereken die versnelling van die voorwerp vir interval B – D. (4)
5.2 ʼn Leerder stap na die winkel om brood te koop. Na 200 m besef die leerder hy het
nie genoeg geld nie en stap terug huis toe. Dit neem hom 4 minute vandat hy
begin loop het tot hy terug is by die huis.
Bereken die volgende.
5.2.1 Bereken die leerder se verplasing. (1)
5.2.2 Onderskei tussen gemiddelde spoed en gemiddelde snelheid. (4)
5.2.3 Bereken die leerder se gemiddelde spoed. (3)
[15]
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
FISIESE WETENSKAPPE: FISIKA 8
(VRAESTEL 1) GRAAD 10
VRAAG 6 (Begin op ʼn nuwe bladsy.)
Twee klein, identiese sfere, A en B word gehang aan lang toutjies soos aangetoon in die
diagram hieronder. Die sfere het onderskeidelike ladings van +5 x 10-9 C en-2 x 10-9 C.
6.1 Stel die Beginsel van Behoud van Lading. (2)
Die twee sfere word in kontak met mekaar gebring en dan weer geskei.
6.2 Watter sfeer, A of B, sal elektrone bykry? Motiveer die antwoord. (2)
6.3 Bereken die:
6.3.1 Netto ladings op die sfere tydens kontak (2)
6.3.2 Lading op elke sfeer nadat die sfere weer geskei is (3)
6.3.3 Aantal elektrone wat oorgedra is tydens kontak (4)
[13]
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
FISIESE WETENSKAPPE: FISIKA 9
(VRAESTEL 1) GRAAD 10
VRAAG 7 (Begin op ʼn nuwe bladsy.)
Die stroombaan hieronder bestaan uit vier selle, elk met ʼn potensiaalverskil van 1,5 V.
Die weerstand van gloeilampe A, B en C is onderskeidelik 3 Ω ,6 Ω en 8 Ω. Gebruik
die stroombaan-diagram om die vrae te beantwoord wat volg:
Met skakelaar S geslote, lees die ammeter 0,6 A.
7.1 Defineer die term emk. (2)
7.2 Gee die emk van die battery. (2)
7.3 As die lesing op voltmeter V3 4,8 V is, bereken die:
7.3.1 Effektiewe weerstand van die stroombaan. (4)
7.3.2 Lesing op voltmeter V2. (3)
7.3.3 Hoeveelheid lading wat in 20 s deur resistor C beweeg. (3)
7.4 Indien gloeilamp B uitbrand, hoe sal die totale stroom beïnvloed word in die
stroombaan?
Skryf neer TOENEEM, AFNEEM of DIESELFDE BLY. Gee ʼn rede vir die
antwoord. (2)
[16]
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
VRAAG 8 (Begin op ʼn nuwe bladsy.)
ʼn Krieketbal met ʼn massa van 180 g beweeg teen 30 m∙s-1.
8.1 Definieer die term kinetiese energie. (2)
8.2 Bereken die kinetiese energie van die bal. (4)
8.3 Bepaal die spoed van die bal indien dit twee keer die kinetiese energie besit as
wat bereken is in VRAAG 8.2 hierbo. (3)
[9]
TOTAAL: 100
EINDE
Downloaded from hlayiso.com
DATA FOR PHYSICAL SCIENCES GRADE 10
PAPER 1 (PHYSICS)
GEGEWENS VIR FISIESE WETENSKAPPE GRAAD 10
VRAESTEL 1 (FISIKA)
TABLE 1: PHYSICAL CONSTANTS/TABEL 1: FISIESE KONSTANTES
NAME/NAAM SYMBOL/SIMBOOL VALUE/WAARDE
Acceleration due to gravity
g 9,8 m·s-2
Swaartekragversnelling
Speed of light in a vacuum
c 3,0 x 108 m·s-1
Spoed van lig in ʼn vakuum
Planck’s constant
h 6,63 x 10-34 J·s
Planck se konstante
Charge on electron
e -1,6 x 10-19 C
Lading op electron
Electron mass
me 9,11 x 10-31 kg
Elektronmassa
TABLE 2: FORMULAE/TABEL 2: FORMULES
MOTION/BEWEGING
v f = v i + a t x = v i t + 21 at 2
v + vi
v f = v i + 2ax
2 2
x = f t
2
WORK, ENERGY AND POWER/ARBEID, ENERGIE EN DRYWING
1 2 1
U = mgh or/of Ep OR/OF EM = K + U K= mv or/of Ek = mv2
2 2
EM = Ek + Ep OR/OF EM = K + U
WAVES, SOUND AND LIGHT/GOLWE, KLANK EN LIG
1
v=f T=
f
c
E = hf or/of E = h
λ
Downloaded from hlayiso.com
ELECTROSTATICS/ELEKTROSTATIKA
Q Q1 + Q 2
n= Q=
e 2
ELECTRIC CIRCUITS/ELEKTRIESE STROOMBANE
1 1 1
Q = I t = + + ...
R p R1 R 2
W
Rs = R1 + R2 + … V=
q
Matching paper and memo
The question paper, memo or addendum that belongs with this document.