Skip to content

Physical Sciences Grade 10 P2 Gauteng November 2023 QP (Afr)

Question paperPhysical SciencesGrade 10202312 pages

Grade 10 Physical Sciences Paper 2 question paper from the Gauteng November Exam 2023 (Afrikaans), 12 pages. Read online or download the free PDF.

Free to read online, no sign-up needed

Answer online

Loading document…

Loading document…

Questions in this paper

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com PROVINSIALE EKSAMEN NOVEMBER 2023 GRAAD 10 FISIESE WETENSKAPPE: CHEMIE VRAESTEL 2 TYD: 2 uur PUNTE: 100 10 bladsye + 2 gegewensblaaie b.o.
Downloaded from hlayiso.com FISIESE WETENSKAPPE: CHEMIE 2 (VRAESTEL 2) GRAAD 10 INSTRUKSIES EN INLIGTING 1. Skryf jou naam in die toepaslike ruimte op die ANTWOORDBOEK neer. 2. Hierdie vraestel bestaan uit SEWE vrae. Beantwoord AL die vrae. 3. Begin ELKE vraag op ʼn NUWE bladsy in die ANTWOORDBOEK. 4. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie vraestel gebruik word. 5. Skryf netjies en leesbaar. 6. Jy mag ʼn nie-programmeerbare sakrekenaar gebruik. 7. Jy mag toepaslike wiskundige instrumente gebruik. 8. Jy word aangeraai om die aangehegte GEGEWENSBLAAIE te gebruik. 9. Toon ALLE formules en substitusies in ALLE berekeninge 10. Rond jou FINALE numeriese antwoorde af tot ʼn minimum van TWEE desimale plekke. b.o.
Downloaded from hlayiso.com FISIESE WETENSKAPPE: CHEMIE 3 (VRAESTEL 2) GRAAD 10 VRAAG 1: MEERVOUDIGEKEUSE-VRAE Vier opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee. Elke vraag het slegs EEN korrekte antwoord. Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A – D) langs die vraagnommers (1.1 tot 1.9) in die ANTWOORDBOEK neer, bv. 1.10 D. 1.1 Watter van die volgende vaste stowwe bestaan uit ʼn kristalstruktuur van positiewe ione en ʼn “see” van gedelokaliseerde elektrone? A Ys B Jodium C Diamant D Kalium (2) 1.2 Die chemiese eienskap van ʼn element word bepaal deur die getal en rangskikking van die element se ... A atome. B protone. C elektrone. D ione. (2) 1.3 ʼn Atoom X vorm ʼn ioon X+. Die atoom X en die ioon X+ het dieselfde ... A aantal elektrone. B atoomradius. C ionisasie energie. D aantal protone. (2) 1.4 Metaal M vorm ʼn nitraat met die formule MNO3. Watter van die volgende formules van verbinding M is NIE korrek NIE? A M2SO4 B MCℓ C M(OH)2 D M2CO3 (2) 1.5 Watter van die volgende elektronkonfigurasies verteenwoordig ʼn alkali- metaal ioon? A 1s2 B 1s2 2s2 C 1s2 2s2 2p5 D 1s2 2s2 2p6 3s1 (2) b.o.
Downloaded from hlayiso.com FISIESE WETENSKAPPE: CHEMIE 4 (VRAESTEL 2) GRAAD 10 1.6 Watter van die volgende vergelykings verteenwoordig ʼn chemiese verandering? A H2O(s) → H2O(ℓ) B 2H2O(ℓ) → 2H2(g) + O2(g) C NaCℓ(s) → Na+(aq) + Cℓ-(aq) D CO2(s) → CO2(g) (2) 1.7 Die persentasie water in MgSO4∙7H2O is: A 51,22 B 48,78 C 21 D 7 (2) 1.8 Elkeen van die volgende bestaan uit ongeveer een mol deeltjie BEHALWE: A 6 x 1023 helium atome B 1 g waterstof molekules C 12 g koolstof atome D 22,4 dm3 ammoniak by STD (2) 1.9 2,7 g natriumhidroksied word gevoeg by 250 cm3 gedistilleerde water. Watter van die volgende is die KORREKTE konsentrasie van die oplossing in mol.dm -3? A 0,15 B 0,5 C 0,27 D 2,5 (2) [18] b.o.
Downloaded from hlayiso.com FISIESE WETENSKAPPE: CHEMIE 5 (VRAESTEL 2) GRAAD 10 VRAAG 2 (Begin op ʼn nuwe bladsy.) Gebruik die tabel van stowwe hieronder om die volgende vrae te beantwoord. Br2 C CuSO4∙xH2O H3O+ H2O NH3 OH- Ni Brons S Si KMnO4 2.1 Skryf neer watter stof die volgende verteenwoordig: 2.1.1 ʼn Anioon (1) 2.1.2 ʼn Metalloïed (1) 2.1.3 ʼn Magnetiese stof (1) 2.1.4 ʼn Nie-metaal wat ʼn geleier van elektrisiteit is (1) 2.1.5 ʼn Allooi (1) 2.1.6 ʼn Diatomiese molekule (1) 2.2 Vergelyk die eerste ionisasie energie van C en Si. (1) 2.3 Teken die Aufbau diagram van S. (3) 2.4 Die eksperimentele opstelling hieronder word gebruik om 10 g gehidrateerde blou koper(II) sulfaat kristalle, CuSO4∙XH2O te droog om 6,4 g anhidriese sout te vorm. 10 g kopersulfaat kristalle 6,4 g anhidriese CuSO4 2.4.1 Definieer die term anhidries. (2) 2.4.2 Bepaal die aantal mol, X, van kristallisasiewater. (4) [16] b.o.
Downloaded from hlayiso.com FISIESE WETENSKAPPE: CHEMIE 6 (VRAESTEL 2) GRAAD 10 VRAAG 3 (Begin op ʼn nuwe bladsy.) Gr 10-leerders het ʼn eksperiment uitgevoer om die effek van die toename in temperatuur op etanol oor ʼn tydperk by standaarddruk, te X ondersoek. Waterblad Etanol Hitte Die grafiek hieronder is geteken met behulp van die resultate wat verkry is. Verhittingskurwe van etanol Temperatuur (°C) Tyd(s) 3.1 Definieer die term smeltpunt. (2) 3.2 Skryf die waarde van standaarddruk neer. (1) 3.3 Gee die naam van apparaat X. (1) 3.4 In watter fase is etanol by 0 °C? (1) 3.5 Verduidelik, met behulp van die kinetiese molekulêre teorie, wat by die gedeelte gemerk D gebeur. (3) 3.6 Sal water of etanol eerste by standaarddruk kook? Verduidelik die antwoord. (3) [11] b.o.
Downloaded from hlayiso.com FISIESE WETENSKAPPE: CHEMIE 7 (VRAESTEL 2) GRAAD 10 , VRAAG 4 (Begin op ʼn nuwe bladsy.) Stronsium is veral bekend vir die helder rooi wat dit uit sy soute in vuurwerke en fakkels produseer. Stronsium is ʼn element op die Periodieke Tabel in periode 5 groep 2. Die vier isotope van stronsium het isotopiese massagetalle van 84, 86, 87 en 88 en relatiewe voorkoms van 0,56%, 9,86%, 7% en 82,58% respektiewelik. 4.1 Definieer die term isotope. (2) 4.2 Skryf die simbool van stronsium neer. (1) 4.3 Hoeveel valenselektrone besit stronsium? (1) 4.4 Vergelyk die atoomradius van stronsium en magnesium. (2) 4.5 Bereken die relatiewe atoommassa van stronsium. (3) [9] b.o.
Downloaded from hlayiso.com FISIESE WETENSKAPPE: CHEMIE 8 (VRAESTEL 2) GRAAD 10 VRAAG 5 (Begin op ʼn nuwe bladsy.) ʼn Onbekende organiese verbinding het ʼn formule van CxHyOz. Die molêre massa van die verbinding is 88 g∙mol-1. 5.1 Definieer die term empiriese formule. (2) 5.2 ʼn 2 g monster van hierdie verbinding bevat 1,09 g koolstof en 0,18 g waterstof. Bereken die: 5.2.1 Massa suurstof in hierdie monster (1) 5.2.2 Empiriese formule van hierdie verbinding (6) 5.3 Bepaal die molekulêre formule van hierdie verbinding. (3) [12] b.o.
Downloaded from hlayiso.com FISIESE WETENSKAPPE: CHEMIE 9 (VRAESTEL 2) GRAAD 10 VRAAG 6 (Begin op ʼn nuwe bladsy.) In die reaksie hieronder is 3 g Na2CO3 met ʼn soutsuuroplossing gereageer en ʼn opbruising word waargeneem. Na2CO3 + HCℓ → NaCℓ + CO2 + H2O 6.1 Herskryf en balanseer die chemiese vergelyking. (2) 6.2 Skryf die NAAM en FORMULE neer, van die stof wat die opbruising veroorsaak het. (2) 6.3 Van die chemiese vergelyking skryf die FORMULES van TWEE verbindings neer, wat: 6.3.1 Kovalent gebind is (2) 6.3.2 Ionies gebind is (2) 6.4 Teken Lewis-punt diagramme vir: 6.4.1 CO2 (2) 6.4.2 H2O (2) 6.5 Bereken die molêre massa van Na2CO3. (2) 6.6 Bereken die aantal mol van die 3 g Na2CO3 wat gebruik is. (3) 6.7 Bepaal die aantal suurstofatome teenwoordig in die 3 g Na2CO3 wat gebruik word. (4) [21] b.o.
Downloaded from hlayiso.com VRAAG 7 (Begin op ʼn nuwe bladsy.) In die reaksie hieronder, reageer magnesiumlint met ʼn oormaat soutsuur volgens die volgende gebalanseerde chemiese vergelyking. Sodra die reaksie voltooi is, bly die suier van die gasspuit in die posisie soos in die diagram hieronder getoon. Mg(s) + 2HCℓ(aq) → MgCℓ2(s) + H2(g) Gasspuit Suier Verdunde soutsuur Magnesium 7.1 Definieer een mol van ʼn stof. (2) 7.2 Skryf die volume H2-gas wat in die gasspuit opgevang is, neer. (2) 7.3 Skryf EEN fisiese waarneming neer wat aandui dat daar ʼn reaksie plaasvind. (1) 7.4 Bereken die aantal mol waterstofgas wat by STD vorm. (4) 7.5 Bepaal die massa van die magnesiumlint wat gebruik is. (4) [13] TOTAAL: 100 EINDE
Downloaded from hlayiso.com TABLE 1: PHYSICAL CONSTANTS/TABEL 1: FISIESE KONSTANTES NAME/NAAM SYMBOL/SIMBOOL VALUE/WAARDE Standard pressure p 1,013 x 105 Pa Standaarddruk Molar gas volume at STP Vm 22,4 dm3∙mol-1 Molêre gasvolume by STD Standard temperature Standaardtemperatuur T 273 K Charge on electron e -1,6 x 10-19 C Lading op elektron Avogadro's constant NA 6,02 x 1023 mol-1 Avogadro se konstante TABLE 2: FORMULAE/TABEL 2: FORMULES m N n= n= M NA n m V c= OR c = n= V MV Vm
Downloaded from hlayiso.com 1 2 3 4 5 6 7 8 9 10 11 12 13 14 15 16 17 18 (I) (II) (III) (IV) (V) (VI) (VII) (VIII)

Study this subject

More from Grade 10 Physical Sciences

View all