Downloaded from hlayiso.com
PROVINSIALE EKSAMEN
JUNIE 2023
GRAAD 10
FISIESE WETENSKAPPE
(FISIKA)
VRAESTEL 1
TYD: 2 uur
PUNTE: 100
9 bladsye + 1 datavel
b.o.
Skip to contentAll 2024 papers %20Possible%20Answers_hlayiso.com_--8c3d3a8b-1e71-4409-995e-21f3a813df5b/v1-b60b1ebd825fefd642b2/card.webp)
%20November%202022%20Question%20Paper_hlayiso.com_--ba98b1a9-c6ac-4e3c-90f8-1db72f96a634/v1-679ee98484806878e02f/card.webp)


%20June%202019%20Question%20Paper_hlayiso.com_--8d4753ac-a821-4d2f-9567-47a8b60aa5b0/v1-53ba37623177a647f5fb/card.webp)
%20June%202018%20Question%20Paper_hlayiso.com_--54c2a4f2-34fa-4d05-af7e-0bb97d0bf91c/v1-5af4147b1f7a4bbf83cd/card.webp)
View all





Physical Sciences Grade 10 P1 Gauteng June 2024 QP (Afr)
Grade 10 Physical Sciences Paper 1 question paper from the Gauteng June Exam 2024 (Afrikaans), 10 pages. Read online or download the free PDF.
Physical Sciences · Grade 10 · Gauteng June Exam · 2024 · Afrikaans. Question paper, 10 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Physical Sciences
- Grade
- Grade 10
- Language
- Afrikaans
- Document type
- Question paper
- Year
- 2024
- Exam period
- Gauteng June Exam
- Paper
- 1
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 10
- File size
- 253.9 KB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 10
This exam
Gauteng June Exam 2024
- Paper 1Question paper
- Paper 2Question paper · EngMemo · EngMemo · Afr
Questions in this paper
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
FISIESE WETENSKAPPE (FISIKA) 2
(VRAESTEL 1)
INSTRUSIES EN INLIGTING
1. Skryf jou naam in die toepaslike spasie op die ANTWOORDBOEK.
2. Hierdie vraestel bestaan uit 9 vrae. Beantwoord AL die vrae.
3. Begin ELKE vraag op ʼn NUWE bladsy in die ANTWOORDBOEK.
4. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
vraestel gebruik word.
5. Jy mag ʼn nie-programmeerbare sakrekenaar gebruik.
6. Jy mag gepaste wiskundige instrumente gebruik.
7. Gebruik die DATAVEL wat aangeheg is.
8. Toon ALLE formules en substitusies in ALLE berekeninge.
9. Rond jou FINALE numeriese antwoorde tot ʼn minimum van TWEE desimale
plekke af.
10. Skryf netjies en leesbaar.
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
FISIESE WETENSKAPPE (FISIKA) 3
(VRAESTEL 1) GRAAD 10
AFDELING A: MEERVOUDIGEKEUSE-VRAE
VRAAG 1
Vier opsies word as moontlike antwoorde vir die volgende vrae verskaf. Elke vraag het
net EEN korrekte antwoord. Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A – D) langs die
vraagnommer (1.1 tot 1.8) in die ANTWOORDBOEK neer. bv. 1.9 E.
1.1 Konstruktiewe interferensie vind plaas wanneer ...
A die golflengtes van die gekombineerde pulse kleiner is as die individuele
amplitudes.
B die amplitudes van die gekombineerde pulse kleiner is as die individuele
amplitudes.
C die gekombineerde amplitudes van twee pulse in fase met mekaar is.
D die amplitudes van die gekombineerde pulse is groter as die individuele
amplitudes. (2)
1.2 ʼn Longitudinale golf is ʼn golf waar die deeltjies in die medium …
A op die voortplantingsrigting van die golf beweeg.
B parallel met die voortplantingsrigting van die golf beweeg.
C diagonaal na die voortplantingsrigting van die golf beweeg.
D langs die voortplantingsrigting van die golf beweeg. (2)
1.3 Die amplitude en frekwensie van ʼn klankgolf NEEM albei AF. Hoe beïnvloed
hierdie veranderinge die hardheid en die toonhoogte van die klank?
Hardheid Toonhoogte
A Verhoog Verhoog
B Verhoog Onveranderd
C Afgeneem Verlaag
D Afgeneem Verhoog (2)
1.4 Die frekwensie van ʼn elektromagnetiese golf met ʼn golflengte van 2,1 x10-6 m
is …
A 1,43 x 1014 Hz.
B 1,43 x 1012 Hz.
C 2,6 x 1014 Hz.
D 50 x 1012 Hz. (2)
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
FISIESE WETENSKAPPE (FISIKA) 4
(VRAESTEL 1) GRAAD 10
1.5 John wil die weerstand van ʼn elektriese stroombaan verminder en het die
volgende opsies:
(i) Verhoog die lengte van die nichroomgeleier
(ii) Verhoog die dikte van die nichroomgeleier
(iii) Gebruik ʼn kopergeleier in plaas van ʼn nichroomgeleier
Watter kombinasie van sy opsies sal die weerstand van die stroombaan die
beste verminder?
A (i), (ii) en (iii)
B (i) en (ii)
C (i) en (iii)
D (ii) en (iii) (2)
1.6 Die maksimum werk verrig per eenheidlading deur ʼn battery is die …
A emf.
B stroomsterkte.
C weerstand.
D terminale potensiaalverskil. (2)
1.7 ʼn Positief gelaaide staaf word naby die volgende voorwerpe gebring:
(i) Klein ongelaaide stukkies papier
(ii) ʼn Dun stroompie water
(iii) ʼn Positief gelaaide ballon
(iv) ʼn Negatief gelaaide lap
Watter van hierdie voorwerpe sal nie deur die staaf aangetrek word nie?
A (i), (ii) en (iii)
B (i) en (ii)
C (ii) en (iii)
D (iii) (2)
1.8 ʼn Rubberballon kry ʼn negatiewe lading wanneer dit teen ʼn konyn se pels gevryf
word.
Watter van die stellings hieronder verduidelik die beste hoekom dit gebeur?
A Negatiewe ladings word van die konyn se pels na die rubberballon oorgedra.
B Positiewe ladings word van die rubberballon na die konyn se pels oorgedra.
C Negatiewe ladings word van die rubberballon na die konyn se pels oorgedra.
D Positiewe ladings word van die konyn se pels na die rubberballon oorgedra. (2)
[16]
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
FISIESE WETENSKAPPE (FISIKA) 5
(VRAESTEL 1) GRAAD 10
AFDELING B: ELEKTROSTATIKA EN ELEKTRISIITEIT
VRAAG 2 (Begin op ʼn nuwe bladsy.)
ʼn Klein metaalsfeer A wat ʼn lading van – 4nC dra, word op ʼn geïsoleerde staander
geplaas.
2.1 Is elektrone bygevoeg of verwyder uit sfeer A? (1)
2.2 Hoe vergelyk die aantal protone met die aantal elektrone in sfeer A? Skryf slegs
MINDER AS, GROTER AS of GELYK AAN neer. Gee ʼn rede vir jou antwoord. (3)
2.3 1013 elektrone word nou by sfeer A bygevoeg.
Bereken die nuwe lading op sfeer A. (4)
[8]
VRAAG 3 (Begin op ʼn nuwe bladsy.)
Twee identiese metaalsfere B en C wat op geïsoleerde staanders geplaas word, dra
ladings van +4 x 10-6 C en -6 x 10-6 C onderskeidelik soos in die diagram hieronder
getoon.
Die sfere word toegelaat om aan mekaar te raak.
Na aanraking word die sfere dan geskei en teruggebring na hul oorspronklike posisies
soos in die diagram hieronder getoon.
3.1 Stel die beginsel van behoud van lading. (2)
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
FISIESE WETENSKAPPE (FISIKA) 6
(VRAESTEL 1) GRAAD 10
3.2 Verduidelik wat gebeur het toe die sfere aan mekaar geraak het. Verduidelik
hoekom hierdie reaksie plaasgevind het nadat hulle aan mekaar geraak het. (3)
3.3 Bereken die aantal elektrone wat tussen die twee sfere oorgedra word tydens
kontak. (4)
[9]
VRAAG 4 (Begin op ʼn nuwe bladsy.)
Die graad 10-leerders wil die verband tussen stroomsterkte en potensiaalverskil
ondersoek. Hulle onderwyser gee vir hulle die volgende apparate:
voltmeter
ammeter
verbindingsdrade
5 selle
Die tabel hieronder toon die resultate wat tydens die ondersoek verkry is:
Voltmeter (V) Ammeter (A)
1,5 0,7
3,0 1,4
4,5 2,0
6,0 2,7
7,5 3,4
4.1 Skryf ʼn moontlike ondersoekvraag neer. (2)
4.2 Noem die afhanklike veranderlike vir hierdie ondersoek. (2)
4.3 Wat is die kontrole veranderlike? (1)
4.4 Teken ʼn grafiek van die potensiaalverskil teenoor die stroomverskil. Plotteer die
punte en verbind hulle met ʼn reguit lyn wat die beste pas. (7)
4.5 Uit die grafiek wat geteken is, lei ʼn verband af tussen die stroomverskil en die
potensiaalverskil in ʼn stroombaan. (2)
[14]
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
FISIESE WETENSKAPPE (FISIKA) 7
(VRAESTEL 1) GRAAD 10
VRAAG 5 (Begin op ʼn nuwe bladsy.)
Die stroombaan hieronder toon twee gloeilampe van 4Ω en 5Ω onderskeidelik, gekoppel
in PARALLEL aan ʼn 4,5 V battery.
5.1 Bereken die effektiewe weerstand van die stroombaan. (2)
5.2 Bereken die totale stroom van die stroombaan. (3)
5.3 Bereken die hoeveelheid lading wat deur die ammeter A2 gaan in 10 s. (3)
5.4 Nog ʼn weerstand word in serie gekoppel langs ammeter A1. Hoe sal dit die totale
stroomsterkte van die stroombaan beïnvloed? Skryf slegs NEEM AF, NEEM
TOE, VERHOOG of BLY DIESELFDE. Gee ʼn rede vir jou antwoord. (3)
[11]
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
FISIESE WETENSKAPPE (FISIKA) 8
(VRAESTEL 1) GRAAD 10
AFDELING C: GOLWE, KLANK EN LIG
VRAAG 6 (Begin op ʼn nuwe bladsy.)
6.1 Twee of meer pulse kan op dieselfde tyd op dieselfde plek deur dieselfde
medium beweeg. Wanneer hulle dit doen, hulle interaksie met mekaar om ʼn
ander steurnis op daardie stadium te vorm. Die resulterende puls word verkry
deur die beginsel van superposisie te gebruik.
Noem die beginsel van superposisie van pulse. (2)
6.2 Destruktiewe interferensie vind plaas wanneer twee pulse ontmoet en ʼn kleiner
amplitude versteuring tot gevolg het. Die amplitude van die resulterende puls
is die som van die amplitudes van die twee aanvanklike pulse, maar die een
amplitude sal ʼn negatiewe getal wees.
Gebruik die teorie van destruktiewe interferensie om TWEE pulse van
verskillende amplitudes wat uit verskillende rigtings ontmoet, te teken om
hierdie teorie te demonstreer (3)
6.3 ʼn Puls beweeg 37,5 cm in 1,25 s deur ʼn swaar tou. Bereken die pulsspoed
in (ms-1). (4)
[9]
VRAAG 7 (Begin op ʼn nuwe bladsy.)
ʼn Transversale golf beweeg langs ʼn tou af. ʼn Punt op die medium wat die golf dra,
word waargeneem. ʼn Grafiek van verplasing teenoor tyd van die punt word hieronder
getoon. Die vertikale afstand tussen ʼn kruin en ʼn trog is 3,2 cm.
Verplasing (cm)
Tyd(s)
7.1 Definieer ʼn transversale golf. (2)
7.2 Hoeveel volgolwe is daar tussen t = 0 s en t = 0,21 s? (2)
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
FISIESE WETENSKAPPE (FISIKA) 9
(VRAESTEL 1) GRAAD 10
7.3 Uit die inligting wat gegee word, skryf die amplitude van die golf neer. (2)
7.4 Bereken die periode van die golf. (2)
7.5 Indien die golflengte van die golf 0,4 m is, bereken die spoed van die golf. (4)
[12]
VRAAG 8 (Begin op ʼn nuwe bladsy.)
8.1 Graad 10-leerders het die verband tussen die frekwensie en golflengte van
verskillende tipes EM-straling bestudeer.
8.1.1 Definieer term elektromagnetiese uitstraling. (2)
8.1.2 Rangskik die volgende tipes EM-straling in volgorde van toenemende
golflengte:
infrarooi; X-strale; ultraviolet; sigbare lig; gammastrale. (5)
8.1.3 Ultravioletstraling is gevaarlik en kan velkanker veroorsaak. Verduidelik
hoe hierdie bestraling kanker veroorsaak wanneer jou vel oorbelig is. (2)
8.2 Gee EEN gebruik vir elk van die volgende tipes EM-straling:
8.2.1 X-strale (1)
8.2.2 Mikrogolwe (1)
8.3 Bereken die golflengte van ʼn radiogolf met ʼn frekwensie van 2,1 × 108 Hz. (4)
[15]
VRAAG 9 (Begin op ʼn nuwe bladsy.)
Die deeltjie-aard van lig kan gedemonstreer word deur die interaksie van fotone met
materie. Een manier waarop lig met materie in wisselwerking tree, is via die foto-
elektriese effek.
9.1 Definieer ʼn foton (2)
9.2 Die infrarooi straal wat deur ʼn projektor-afstandbeheer uitgestraal word, het ʼn
golflengte van 1,3 μm. Bereken die energie van ʼn foton van hierdie infrarooi
straling. (4)
[6]
TOTAAL: 100
EINDE
Downloaded from hlayiso.com
FISIESE WETENSKAPPE (FISIKA) 10
(VRAESTEL 1) GRAAD 10
FISIESE WETENSKAPPE GRAAD 10
VRAESTEL 1 (FISIKA)
TABEL 1: FISIESE KONSTANTES
Versnelling a.g.v. gravitasie g 9,8 ms–2
Planck se konstante h 6,63 x 10 – 34 Js
8
Spoed van lig in ʼn vakuum c 3,0 10 ms–1
Lading on electron e –1, 6x 10 C
-19
TABEL 2: FORMULE
ELEKTROSTATIKA
Q Q Q2
n Q 1
e 2
ELEKTRISITEIT
I
Q R S r1 r 2 r3 .. .
Δt
V 1 1 1 1
R .. .
I RP R1 R2 R3
GOLWE KLANK EN LIG
v=f T=
1
f
c
E = hf of E = h
Study this subject
Recommended for this subject
%20Possible%20Answers_hlayiso.com_--8c3d3a8b-1e71-4409-995e-21f3a813df5b/v1-b60b1ebd825fefd642b2/card.webp)
Memorandum
Physical Sciences Grade 10 P1 Gauteng June 2023 Memo (Afr)
%20November%202022%20Question%20Paper_hlayiso.com_--ba98b1a9-c6ac-4e3c-90f8-1db72f96a634/v1-679ee98484806878e02f/card.webp)
Question paper
Physical Sciences Grade 10 P1 Gauteng November 2022 QP (Afr)

Question paper
Physical Sciences Grade 10 P1 Eastern Cape November 2020 QP

Question paper
Physical Sciences Grade 10 P1 Eastern Cape November 2019 QP
%20June%202019%20Question%20Paper_hlayiso.com_--8d4753ac-a821-4d2f-9567-47a8b60aa5b0/v1-53ba37623177a647f5fb/card.webp)
Question paper
Physical Sciences Grade 10 P1 Gauteng June 2019 QP (Afr)
%20June%202018%20Question%20Paper_hlayiso.com_--54c2a4f2-34fa-4d05-af7e-0bb97d0bf91c/v1-5af4147b1f7a4bbf83cd/card.webp)
Question paper
Physical Sciences Grade 10 P1 Gauteng June 2018 QP (Afr)
More from Grade 10 Physical Sciences

Annual teaching plan
Gr 10 Phys Sci ATP 2023 24

Question paper and memo
Physical Sciences Grade 10 Eastern Cape June 2025 QP & Memo

Question paper and memo
Physical Sciences Grade 10 Free State June 2025 Paper & Memo

Question paper and memo
Physical Sciences Grade 10 P1 KZN November 2025 Paper & Memo

Question paper and memo
Physical Sciences Grade 10 Limpopo March Test 2025 QP & Memo

Question paper and memo