You're offline
Skip to content
Question paper

Gr 12 Geography (Afrikaans) June 2024 Question Paper_hlayiso.com_.pdf

Subject: GeographyGrade 12202420 pages
Download

Loading document…

Loading document…

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com JUNIE EKSAMEN GRAAD 12 2024 GEOGRAFIE TYD: 3 uur PUNTE: 150 20 bladsye Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com GEOGRAFIE 2 GR12 0624 INSTRUKSIES EN INLIGTING 1. Hierdie vraestel bestaan uit TWEE AFDELINGS. AFDELING A VRAAG 1: KLIMAAT EN WEER (40) VRAAG 2: GEOMORFOLOGIE (40) VRAAG 3: NEDERSETTINGSGEOGRAFIE (40) AFDELING B: VRAAG 4: GEOGRAFIESE VAARDIGHEDE EN TEGNIEKE (30) 2. Beantwoord al VIER vrae. 3. ALLE diagramme is in die VRAESTEL ingesluit. 4. Laat ʼn reël oop tussen onderafdelings van vrae wat jy beantwoord. 5. Begin ELKE vraag bo-aan ʼn NUWE bladsy. 6. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie vraestel gebruik word. 7. MOENIE in die kantlyn van die ANTWOORDBOEK skryf NIE. 8. Teken volledig benoemde diagramme wanneer dit vereis word. 9. Beantwoord in VOLSINNE, behalwe wanneer jy moet noem, identifiseer of ʼn lys moet maak. 10. Die meeteenhede MOET in jou finale antwoord aangedui word, bv. 1 020 hPa, 14 °C en 45 m. 11. Jy mag ʼn nie-programmeerbare sakrekenaar gebruik. 12. Jy kan ʼn vergrootglas gebruik. 13. Skryf netjies en leesbaar. SPESIFIEKE INSTRUKSIES EN INLIGTING VIR AFDELING B 14. ʼn 1 : 50 000 Topografiese kaart 2430 DB Bourke's Luck en ʼn 1 : 10 000 ortofotokaart 2430 DB 6 word verskaf. 15. Die area wat in ROOI op die topografiese kaart afgebaken is, stel die gebied voor wat deur die ortofotokaart gedek word. 16. Punte sal vir stappe in berekeninge toegeken word. 17. Jy moet die topografiese en die ortofotokaart aan die einde van hierdie eksamensessie by die toesighouer inhandig. Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com GEOGRAFIE 3 GR12 0624 AFDELING A: KLIMAAT EN WEER, GEOMORFOLOGIE EN NEDERSETTINGSGEOGRAFIE VRAAG 1: KLIMAAT EN WEER 1.1 Verwys na die skets van ʼn vallei hieronder. Voltooi die stellings in KOLOM A deur die korrekte beskrywing in KOLOM B te kies. Skryf slegs X of Y langs die vraagnommers (1.1.1 en 1.1.2) in die ANTWOORDBOEK neer. Koue lug A Mis Vallei [Bron: Aangepas vanuit: quizlet.com] KOLOM A KOLOM B 1.1.1 Die temperatuur van wind A wat deur X Koud die pyltjie aangedui word, is ... Y Warm 1.1.2 Die proses wat deur wind A aangedui X Katabaties word, is ... Y Anabaties (2 x 1) (2) Verwys na die stelling hieronder en beantwoord die vrae wat volg. Navorsers het bevind dat Suid-Afrika se stede die gevaar loop om warmer te word te midde van koeler omliggende landelike gebiede. [Bron: Aangepas vanuit The Green Guardian, July 2021] 1.1.3 Identifiseer die klimaatskonsep waarna daar in die bogenoemde stelling verwys word. (1 x 1) (1) Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com GEOGRAFIE 4 GR12 0624 Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op VRAAG 1.1.4 en 1.1.5 voorsien. Kies die antwoord en skryf die letter (A – D) langs die vraagnommers in die ANTWOORDBOEK. 1.1.4 Die volgende is moontlike oorsake waarom stede warmer word as die omliggende landelike gebiede. Kies die korrekte opsie uit dié wat verskaf is. (i) Geboue (glas en sement) (ii) Teerpaaie (iii) Daktuine (iv) Golfbane A (i) en (iv) B (ii) en (iii) C (i) en (ii) D (iii) en (iv) (1 x 1) (1) 1.1.5 Een maatreël wat geïmplementeer kan word om temperature in stede te verlaag, is: A Om meer bome (groen gebiede) in stede te plant B Om meer lugversorgingseenhede te gebruik C Om die aantal motorvoertuie in stede te verhoog D Om meer geboue met kunsmatige oppervlaktes te bou (1 x 1) (1) Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com GEOGRAFIE 5 GR12 0624 1.2 Verwys na die skets hieronder wat die posisie van die inversielaag oor Suid-Afrika uitbeeld, en beantwoord die vrae wat volg. Lees die volgende stellings en kies die toepaslike woord(e) tussen hakies wat dit WAAR sal maak. Skryf slegs die vraagnommers (1.2.1 en 1.2.2) en die antwoord in jou ANTWOORDBOEK neer. Inversielaag B Eskarpment A Seevlak [Bron: https://www.monyetlaproject.co.za/wp-content/uploads/2021/04/ LXL_Gr12Geography_03_ Subtropical-Anticyclones-Associated-Weather- Conditions_20Feb2014-1.pdf] 1.2.1 Die seisoen wat in die skets hierbo uitgebeeld word, is (somer/winter). (1 x 1) (1) 1.2.2 Die lug by A is (droog/vogtig). (1 x 1) (1) Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com GEOGRAFIE 6 GR12 0624 Verwys na die skets hieronder wat ʼn weerverskynsel in Suid-Afrika uitbeeld en beantwoord die vrae wat volg. [Bron: mycourse.co.za] Lees die volgende stellings en kies die toepaslike woord(e) tussen hakies wat die stellings WAAR sal maak. Skryf slegs die vraagnommers (1.2.3 en 1.2.4) en die antwoord in jou ANTWOORDBOEK neer. 1.2.3 Die weerverskynsel wat in die skets hierbo uitgebeeld word, is ʼn (lyn donderstorm/kuslaagdruk). (1) 1.2.4 Die proses wat by lyn S – T plaasvind is (opheffing van warm lug deur koue lug/opheffing van koue lug deur warm lug). (1) Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op VRAAG 1.2.5 voorsien. Kies die antwoord en skryf die letter (A – D) langs die vraagnommer (1.2.5) in die ANTWOORDBOEK. 1.2.5 Die lug by P … (i) is koud en droog. (ii) is warm en vogtig. (iii) divergeer. (iv) konvergeer. A (i) en (iii) B (ii) en (iv) C (ii) en (iii) D (i) en (iv) (1 x 1) (1) Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com GEOGRAFIE 7 GR12 0624 1.3 Verwys na die deursnit van ʼn okklusiefront wat hieronder uitgebeeld word en beantwoord die vrae wat volg. WARM LUG Okkulsie front Front beweeg in hierdie rigting [Bron: Skybrary] 1.3.1 Identifiseer die tipe okklusie wat in die skets hierbo getoon word. (1 x 1) (1) 1.3.2 Verskaf bewyse uit die skets hierbo om jou antwoord op VRAAG 1.3.1 te ondersteun. (1 x 2) (2) 1.3.3 Identifiseer areas (sektore) A en B onderskeidelik. (2 x 1) (2) 1.3.4 Bespreek hoe die tipe okklusiefront wat in die skets hierbo getoon word, gevorm word. (3 x 2) (6) 1.3.5 Verduidelik die weer wat verband hou met die okklusiefront wat in die skets hierbo getoon word. (2 x 2) (4) Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com GEOGRAFIE 8 GR12 0624 1.4 Verwys na die infografika hieronder oor Bergwinde in Suid-Afrika, en beantwoord die vrae wat volg. Binnelandse hoog Kus laagdruk Middelbreedte sikloon Berg wind [Bron: https://www.istockphoto.com/vector/digital-asset- management-by-the-factories-gm687889636-126587633] DURBAN TREF 41 ºC NAMATE BERGWINDE DEUR DIE STAD BEWEEG Temperature het vandag in Durban gestyg toe Bergwinde die kwik tot 43°C in sommige dele van die stad opgestoot het. Die Suid-Afrikaanse Weerdiens (SAWD) het gesê sekere dele van KwaZulu-Natal sal uiters warm toestande ervaar, wat hoë vlakke van ongemak sal veroorsaak. Die SAWD het gesê dat, hoewel hierdie temperature gewoonlik met hittegolwe geassosieer word, is vandag se hitte die gevolg van bergwinde met “hoë ongemak-waardes wat wissel van 35 – 45 grade Celsius”. Die styging in die temperatuur tydens Bergwinde kan verbysterend wees. [Bron: https://www-iol-co-za.webpkgcache.com/doc/-/s/www.iol.co.za/news/environment/watch- durban-hits-41c-as-berg-winds-sweep-through-city-02107112-3375-481c-a29e-6df7628999e8] 1.4.1 Wat is ʼn Bergwind? (1 x 2) (2) 1.4.2 In watter seisoen kom Bergwinde gewoonlik voor? (1 x 1) (1) 1.4.3 Verskaf bewyse uit die infografika om jou antwoord op VRAAG 1.4.2 te ondersteun. (1 x 2) (2) 1.4.4 Waarom het die Suid-Afrikaanse Weerdiens ʼn waarskuwing vir Bergwinde uitgereik? (1 x 2) (2) 1.4.5 Volgens die artikel, noem EEN impak wat die Bergwinde op mense van Durban sal hê. (1 x 1) (1) 1.4.6 Deur gebruik te maak van ʼn goed benoemde diagram, toon die vorming van Bergwinde in Suid-Afrika aan. Jou diagram moet ʼn deursnee-aansig wees wat die volgende aandui: (i) Die gemiddelde temperatuur van lug oor die binneland (ii) Die gemiddelde temperatuur van lug langs die kus (iii) Die algemene beweging van lug (3 x 1) (3) Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com GEOGRAFIE 9 GR12 0624 1.4.7 Verduidelik hoe Bergwinde ʼn negatiewe impak op die natuurlike omgewing het. (2 x 2) (4) [40] VRAAG 2: GEOMORFOLOGIE 2.1 Verskeie opsies word as moontlike antwoorde vir die volgende vrae gegee. Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A – D) langs die vraagnommers (2.1.1 tot 2.1.5) in die ANTWOORDBOEK neer, bv. 2.1.6 A. Verwys na die skets hieronder om VRAAG 2.1.1 tot 2.1.5 te beantwoord. [Bron: https://www.google.com/search?q=drainage+basin&sca_esv &tb] 2.1.1 Dreineringsdigtheid by A is … as die digtheid by B. A hoër B steiler C laer D dieselfde 2.1.2 Dreineerbekken A het ʼn … gradiënt as B. A geleideliker B steiler C sagter D harder 2.1.3 Die stroomorde by punt X is ... A 2. B 3. C 4. D 5. Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com GEOGRAFIE 10 GR12 0624 2.1.4 Die dreineringsdigtheid van dreineerbekken B verskil van die digtheid van dreineerbekken A as gevolg van die volgende faktore. A Steiler helling, meer plantegroei en hoë porositeit B Geleidelike gradiënt, minder plantegroei en lae porositeit C Steiler helling, minder plantegroei en lae porositeit D Geleidelike gradiënt, meer plantegroei en hoë porositeit 2.1.5 Dreineerbekken A is geleë op ʼn gebied met … en … (i) hoë reënval (ii) geleidelike gradiënt (iii) meer plantegroei (iv) versadigde grond A (i) en (iv) B (ii) en (iii) C (iii) en (iv) D (i) en (ii) (5 x 1) (5) 2.2 Kies die korrekte letter uit KOLOM B (stroompatrone) wat by die beskrywing in KOLOM A pas. Skryf slegs Y of Z langs die vraagnommers (2.2.1 tot 2.2.5) in die ANTWOORDBOEK neer, bv. 2.2.6 Y. KOLOM A KOLOM B 2.2.1 Dreineringspatroon wat met gesteentes van Y Dendrities gelyke weerstand teen erosie geassosieer Z Tralie word 2.2.2 Hierdie patroon word geassosieer met ʼn Y Reghoekig landskap wat van ʼn gletser agtergelaat is. Z Ontwrigte 2.2.3 Die patroon wat verband hou met plooiberge Y Tralie Z Radiaal 2.2.4 Die patroon wat ontwikkel as gevolg van Y Dendrities massiewe stollings Z Radiaal 2.2.5 Strome in hierdie dreineerbekken volg die Y Ontwrigte krake op stollingsgesteentes. Z Reghoekig (5 x 1) (5) Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com GEOGRAFIE 11 GR12 0624 2.3 Verwys na die skets hieronder wat prosesse van stroomroof en rivierverjonging aantoon en beantwoord die vrae wat volg. FIGUUR 2.3 A FIGUUR 2.3 B geroofde stroom X Rivier P Y roofstroom Z Rivier 1 Rivier 2 GepaardeTerrasse [Bron: https://www.google.com/search?q=knickpoint+diagram&tbm =isch&hl=en&chips=q:knickpoint+diagram,online] 2.3.1 Defineer die konsep stroomroof. (1 x 2) (2) 2.3.2 Identifiseer kenmerke X, Y en Z wat verband hou met stroomroof soos aangedui in FIGUUR 2.3 A. (3 x 1) (3) 2.3.3 Noem ʼn klimatologiese faktor en ʼn geomorfologiese faktor wat rivier P in staat kan stel om die proses van verjonging te ondergaan. (2 x 1) (2) 2.3.4 Verskaf bewyse van rivierverjonging in FIGUUR 2.3 B. (1 x 1) (1) 2.3.5 Verduidelik die impak wat rivierverjonging op die gradering van rivier P sal hê. (1 x 2) (2) 2.3.6 Beskryf die veranderinge wat Rivier 1 sal ondergaan as gevolg van die proses van stroomroof. (1 x 2) (2) 2.3.7 Teken ʼn goed benoemde vryhand syaansig van rivier P nadat die proses van rivierverjonging plaasgevind het, en dui die posisie van die knakpunt duidelik aan. (2 + 1) (3) Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com GEOGRAFIE 12 GR12 0624 2.4 Verwys na die uittreksel oor rivierbestuur en beantwoord die vrae wat volg. BESOEDELING IN DIE JUKSKEIRIVIER Besoedeling in die Jukskeirivier is ʼn veelvlakkige generasieprobleem wat deur bevolkingsuitbreiding, onwettige storting, oorweldigde diensverskaffers en onvoldoende infrastruktuur beïnvloed word. Rou riool loop in die rivier in vanaf informele wonings aan sy oewer, riool blokkasies wat lek in die lokasies, en selfs riool lekke uit gekaapte geboue in Marlboro-Suid. Mense sien ook gereeld vragmotors van konstruksieterreine in Sandton wat onwettig rommel op die rivieroewers stort. “Water is ons oudste hulpbron,” sê Paul Maluleke, ʼn vrywilliger by die Alexandra Water Warriors, wat nou ʼn handige toestel wat hulle "die besoedelingstrik" noem, ontplooi om riool en plastiek in die Jukskeirivier vas te vang. “Op Wêreldwaterdag het ons gehelp om ʼn drywende lokval te installeer wat gemaak is van groot waterbottels, met draad wat aan ʼn sterk kabel vasgemaak is en met net bedek is. Dit sal die drywende vullis en bottels vang.” [Bron: Aangepas vanuit https://www.google.com/ search?q=what+is+drainage+basin+management&sca] 2.4.1 Definieer die konsep rivierbestuur. (1 x 2) (2) 2.4.2 Identifiseer ʼn oorsaak van besoedeling vanuit die uittreksel. (1 x 1) (1) 2.4.3 Haal bewyse aan vanuit die uittreksel wat aandui dat daar ʼn poging is tot rivierbestuur deur mense wat naby die Jukskeirivier woon. (1 x 2) (2) 2.4.4 Verduidelik die belangrikheid van rivier- en dreineerbekkenbestuur. (1 x 2) (2) 2.4.5 In ʼn paragraaf van ongeveer AGT reëls, bespreek die uitdagings wat swak rivierbestuur sal hê vir die mense wat langs rivieroewers woon, bv. die Jukskeirivier, en stel volhoubare strategieë voor wat geïmplementeer kan word om riviere en hul dreineringsbekkens te bewaar. (4 x 2) (8) [40] Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com GEOGRAFIE 13 GR12 0624 VRAAG 3: NEDERSETTINGSGEOGRAFIE 3.1 Verwys na die skets hieronder. Verskeie opsies word as moontlike antwoorde vir die volgende vrae gegee. Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A – D) langs die vraagnommers (3.1.1 tot 3.1.5) in die ANTWOORDBOEK neer, bv. 3.1.6 A. B A C SLEUTEL Pad Huise [Bron: https://gpres.weebly.com/settlement-patterns.html] 3.1.1 Die sosiale voordeel van nedersetting B is: (i) Daar is meer interaksie met mense. (ii) Daar is kompetisie vir hulpbronne. (iii) Veiligheid is beter. (iv) Daar is nie genoeg spasie vir almal nie. A (i) en (ii) B (ii) en (iii) C (iii) en (iv) D (i) en (iii) 3.1.2 Die ekonomiese voordeel van nedersetting C is dat ... (i) boerdery kan op ʼn kommersiële skaal gedoen word. (ii) dit baie geïsoleerd is. (iii) plase gemeganiseer kan word om produksie te verhoog. (iv) daar geen sosiale interaksie is nie. A (i) en (ii) B (iii) en (iv) C (i) en (iii) D (iii) en (iv) Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com GEOGRAFIE 14 GR12 0624 3.1.3 Nedersetting A word ... gevorm en beïnvloed deur die ... A lineêr; pad. B reguit, helling. C lank, pad. D kruispad, spoorlyn. 3.1.4 Die fisiese faktor wat die terrein van ʼn nedersetting beïnvloed, is ... A reliëf. B vervoerroetes. C die afstand vanaf die mark. D werksgeleenthede. 3.1.5 Landelike nedersettings word hoofsaaklik geassosieer met … A primêre aktiwiteite. B sekondêre aktiwiteite. C tersiêre aktiwiteite. D kwaternêre aktiwiteite. (5 x 1) (5) Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com GEOGRAFIE 15 GR12 0624 3.2 Kies ʼn term uit KOLOM B wat by die illustrasie in KOLOM A pas. Skryf slegs die letter (Y of Z) langs die vraagnommer (3.2.1 tot 3.2.5) in die ANTWOORDBOEK neer, bv. 3.2.6 Y. KOLOM A KOLOM B 3.2.1 Y Hoë orde goedere Z Lae orde goedere 3.2.2 Y Hoë orde goedere Z Lae orde goedere 3.2.3 Y Hoë orde sentrum Z Lae orde sentrum RAINBOW STREEKSWINKELSENTRUM 3.2.4 Y Hoë orde diens Z Lae orde diens 3.2.5 Y Hoë orde diens Z Lae orde diens (5 x 1) (5) Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com GEOGRAFIE 16 GR12 0624 3.3 Verwys na die infografika oor landelike-stedelike migrasie en beantwoord dan die vrae wat volg. [Bron: https://www.bizcommunity.com/Article//196/701/212155.html] 7 000 Stedelike Bevolking (miljoene) 6 000 5 000 4 000 Landelike 3 000 2 000 1 000 0 1950 1960 1970 1980 1990 2000 2010 2020 2030 2040 2050 [Bron: https://www.open.edu/openlearncreate/ mod/oucontent/view.php?id=79940&printable=1] Ongelukkig het die stadslewe sy eie uitdagings, aangesien nuwe migrante voortdurend instroom en sodoende die werkloosheidssyfers laat groei. Dit lei onvermydelik tot verdere stedelike armoede. Gevolglik wend die werklose arbeidsmag hulle tot informele ekonomiese aktiwiteite om hul voortbestaan te verseker. Die ongeskoolde en onopgeleide nuwe migrante kry dikwels nie werk nie of kry slegs werk met ʼn lae inkomste. Met ʼn lae inkomste is dit moeilik om formele stedelike verblyf te huur. Dit lei dan tot die ontwikkeling van krotbuurtes aan die periferie (buitewyke) van stedelike gebiede. Die misdaadsyfer en ander maatskaplike euwels, soos dwelmhandel, neem ook toe in stedelike gebiede. [Bron: Aangepas uit https://jolgri.org/index.php/jolgri/article/view/56/218] 3.3.1 Definieer die term landelike-stedelike migrasie. (1 x 2) (2) 3.3.2 Met verwysing na die infografika, identifiseer die neiging in die aantal mense wat in stedelike gebiede van 1950 tot 2020 woon. (1 x 1) (1) 3.3.3 Verduidelik die tendens wat in VRAAG 3.3.2 geïdentifiseer is. (1 x 2) (2) Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com GEOGRAFIE 17 GR12 0624 3.3.4 Haal bewyse uit die uittreksel hierbo aan wat daarop dui dat die beweging van mense na stedelike gebiede ekonomies nadelig is. (1 x 2) (2) 3.3.5 Identifiseer, volgens die infografika, EEN sosiale onreg in die stedelike gebiede wat spruit uit die toename in die stedelike bevolking. (1 x 2) (2) 3.3.6 Stel DRIE maatreëls voor wat in landelike gebiede geïmplementeer kan word om die aantal mense wat verhuis te verminder. (3 x 2) (6) 3.4 Verwys na die stedelike probleem voorgestel op die foto en beantwoord die vrae wat volg. [Bron: https://learningenglish.voanews.com/a/is-there-an-answer-for-traffic- congestion-/5323360.html] 3.4.1 Identifiseer die stedelike probleem wat op die foto hierbo uitgebeeld word. (1 x 1) (1) 3.4.2 Met verwysing na die foto hierbo, noem EEN oorsaak van die stedelike probleem genoem in VRAAG 3.4.1. (1 x 2) (2) 3.4.3 In die foto hierbo is ʼn volhoubare oplossing vir dié spesifieke stedelike probleem duidelik. Beskryf die volhoubare oplossing. (1 x 2) (2) 3.4.4 Stel EEN moontlike rede voor waarom die oplossing, genoem in VRAAG 3.4.3, steeds nie gehelp het om die stedelike probleem op te los nie. (1 x 2) (2) 3.4.5 In ʼn paragraaf van ongeveer AGT reëls, bespreek hoe dié stedelike probleem pendelaars negatief beïnvloed. (4 x 2) (8) [40] TOTAAL AFDELING A: 120 Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com GEOGRAFIE 18 GR12 0624 AFDELING B VRAAG 4: GEOGRAFIESE VAARDIGHEDE EN TEGNIEKE ALGEMENE INLIGTING OOR DIE BLYDERIVIERSPOORT/BOURKE'S LUCK Blyderiviers- poort LIGGING: 24º39’10’’S; 30º45’30’’O Die Blyderivierspoort waarna soms verwys word as Motlatse-canyon, is ʼn baie groot kloof wat beskou word as een van die grootstes in die hele wêreld. Dit is geleë in die provinsie van Mpumalanga, in die oostelike deel van Suid-Afrika. Omdat dit 26 km lank is, is dit die derde grootste kloof ter wêreld, en anders as ander klowe, word die Blyderivierspoort oorheers deur subtropiese plantegroei wat dit ʼn baie groen en welige begroeide plek maak. Die geologie en klimaat van hierdie hoë reënvalplato lei tot massas watervalle wat betowerend is om na te kyk, en miskien is die interessantste een die Kadishi-waterval wat met sy 200 meter hoë, die "huilende gesig" van Moeder Natuur verteenwoordig. [Bron: Verwerk uit https://www.alluringworld.com/blyde-river-canyon/] Die volgende Engelse terme en hul Afrikaanse vertalings word op die topografiese kaart gewys. ENGLISH AFRIKAANS Hiking trail Staproete Caravan Park Karavaanpark Diggings Uitgrawings Golf Course Golfbaan Furrow Kanaal Holiday Resort Vakansieoord Viewpoint Uitkykpunt Landing Strip Landingstrook Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com GEOGRAFIE 19 GR12 0624 4.1 KAARTVAARDIGHEDE EN BEREKENINGE 4.1.1 Die roosterverwysing van die blok oos van 2430DB_06 op die ortofotokaart is: A 2430DB_04 B 2430DB_07 C 2430DB_05 D 2430DB_03 (1 x 1) (1) 4.1.2 Die landvorm by F op die topografiese kaart is ʼn … A vallei. B uitloper. C nek. D poort. (1 x 1) (1) 4.1.3 Bepaal die gradiënt van die helling in blok B2 vanaf kolhoogte 1 294 tot kolhoogte 1 084 as die vertikale interval 210 m is en die kaartafstand 1,7 cm is. Formule: VI HA (3 x 1) (3) 4.1.4 Bepaal die magnetiese peiling vanaf H in blok A3, waar die staproete begin, tot by die brug in blokke C4 en D4. Gebruik die totale verandering van 9' wes (2024). (3 x 1) (3) 4.1.5 Hoe help die berekening van magnetiese peiling stappers in hierdie gebied? (1 x 2) (2) 4.2 KAART INTERPRETASIE 4.2.1 Verwys na die nedersettings by I op die ortofotokaart. (a) Gee ʼn moontlike klimatologiese faktor vir die ligging van die nedersettings teen die helling by I. (1 x 1) (1) (b) Gee ʼn rede vir jou antwoord op VRAAG 4.2.1 (a). (1 x 2) (2) 4.2.2 Verwys na die topografiese kaart. (a) Gee bewys van ʼn tydelike basisvlak van erosie vanuit die algemene inligting. (1 x 1) (1) (b) Identifiseer die fluviale landvorm in blokke D4 en E4. (1 x 1) (1) Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com GEOGRAFIE 20 GR12 0624 4.2.3 Verwys na blok B3 op die topografiese kaart. (a) Noem die dreineringspatroon in blok B3. (1 x 1) (1) (b) Gee ʼn rede vir die patroon in blok B3. (1 x 2) (2) 4.2.4 Verwys na die nedersettings by G. Die nedersettingsvorm by G is … as gevolg van ʼn … (i) lineêr (ii) verspreid (iii) rivier (iv) pad A (i) en (ii) B (ii) en (iii) C (i) en (iv) D (ii) en (iv) (1 x 1) (1) 4.2.5 Gee ʼn voordeel van die ligging van die nedersettings by G, op die topografiese kaart. (1 x 2) (2) 4.2.6 Noem EEN lae-orde diens wat in die nedersetting Apara, in blok E1 verskaf word. (1 x 1) (1) 4.3 GEOGRAFIESE INLIGTINGSTELSELS (GIS) 4.3.1 Noem TWEE komponente van GIS wat gebruik is om die ortofotokaart saam te stel. (2 x 1) (2) 4.3.2 Noem EEN datalaag in blok B2 op die ortofotokaart. (1 x 1) (1) Verwys na die topografiese kaart. 4.3.3 (a) Hoe word ruimtelike data in blok D1 voorgestel? (1 x 2) (2) (b) Gee die attribuut data vir die poligoon kenmerk in blok D1. (1 x 1) (1) 4.3.4 Waarom is datamanipulasie voordelig vir ʼn GIS-maatskappy? (1 x 2) (2) TOTAAL AFDELING B: 30 TOTAAL: 150 EINDE

Published documents with matching subject and grade metadata.

Matched using subject, grade, language, document type and exam metadata.

More from Grade 12 Geography

Explore more published documents in this catalogue.

View all