Downloaded from hlayiso.com
JUNIE EKSAMEN
GRAAD 12
2024
WISKUNDIGE GELETTERDHEID
(VRAESTEL 1)
TYD: 2 uur
PUNTE: 100
11 bladsye + ʼn addendum van 6 bladsye
Blaai om asseblief
Skip to contentAll 2024 papers 

%20Preparatory%202017%20Question%20Paper_hlayiso.com_--11d028b9-4280-4bd2-bf13-aaf3c412ade3/v1-7d01bb76199b3362da1d/card.webp)
%202015%20Preparatory%20Examination%20Question%20Paper_hlayiso.com_--f7c020f8-b359-4c5f-b0a6-9c6dc19d3778/v1-88ad7c83485df6c87a8e/card.webp)


View all





Mathematical Literacy Grade 12 P1 Gauteng June 2024 QP (Afr)
Grade 12 Mathematical Literacy Paper 1 question paper from the Gauteng June Exam 2024 (Afrikaans), 20 pages. Read online or download the free PDF.
Mathematical Literacy · Grade 12 · Gauteng June Exam · 2024 · Afrikaans. Question paper, 20 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Mathematical Literacy
- Grade
- Grade 12
- Language
- Afrikaans
- Document type
- Question paper
- Year
- 2024
- Exam period
- Gauteng June Exam
- Paper
- 1
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 20
- File size
- 3.5 MB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 20
This exam
Gauteng June Exam 2024
Questions in this paper
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
WISKUNDIGE GELETTERDHEID
2
(VRAESTEL 1) GR12 0624
INSTRUKSIES EN INLIGTING
1. Hierdie vraestel bestaan uit VIER vrae. Beantwoord AL die vrae.
2. Gebruik die BYLAES in die ADDENDUM soos volg:
Gebruik BYLAE A vir VRAAG 2.2.1, 2.2.2 en 2.2.3
Gebruik BYLAE B vir VRAAG 2.2.4
Gebruik BYLAE C vir VRAAG 3.1
Gebruik BYLAE D vir VRAAG 3.2
Gebruik BYLAE E vir VRAAG 3.3
3. Nommer jou antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie vraestel gebruik is.
4. ʼn Goedgekeurde sakrekenaar (nie-programmeerbaar en nie-grafies) mag gebruik word, tensy
anders aangedui.
5. Toon ALLE berekeninge duidelik aan.
6. Rond ALLE finale antwoorde korrek af volgens die gegewe konteks, tensy anders vermeld.
7. Dui eenhede van meting aan, waar van toepassing.
8. Kaarte en diagramme is NIE noodwendig volgens skaal geteken NIE, tensy anders aangedui.
9. Begin ELKE vraag op ʼn NUWE bladsy.
10. Skryf netjies en leesbaar.
Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
WISKUNDIGE GELETTERDHEID
3
(VRAESTEL 1) GR12 0624
VRAAG 1
1.1 Sosiale media is ʼn kollektiewe term vir webwerwe en toepassings (Apps) wat fokus op
kommunikasie, gemeenskapsgebaseerde insette, interaksie, inhoudsdeling en samewerking.
Mense gebruik sosiale media om in kontak te bly en interaksie met vriende, familie en
verskeie gemeenskappe te hê.
Persentasie Persone wat Daagliks Sosiale Media gebruik
80%
60%
40%
20%
0%
YouTube Twitter Instagram SnapChat TikTok Facebook
[Bron: Statistiek Suid-Afrika]
Gebruik die bostaande grafiek om die vrae wat volg te beantwoord.
1.1.1 Identifiseer die tipe grafiek wat hierbo aangedui is. (2)
1.1.2 Noem die sosiale media-platform wat die minste gewild is. (2)
1.1.3 Bepaal die persentasie Instagram-gebruikers. (2)
1.1.4 Daar is daagliks 10 miljoen gebruikers op sosiale media-platforms. Bereken
hoeveel gebruikers daar daagliks op TikTok is. (2)
Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
WISKUNDIGE GELETTERDHEID
4
(VRAESTEL 1) GR12 0624
1.2 Wanneer jy ʼn motor koop, is die algemeen aanvaarde reël dat ʼn persoon nie meer as 20%
van jou totale inkomste op motorpaaiemente moet spandeer nie.
[Bron: www.autotrader.co.za]
Mnr. Clain is op soek na sy droommotor, ʼn Golf GTI 2023 model.
Mnr. Clain verdien ʼn maandelikse bruto salaris van R68 000.
Die prys van die motor is as volg bereken:
Verkoopprys R834 900
Deposito R0
Inruilwaarde R0
Oorblywende-/Ballonbetaling 0%
Maandelikse Terugbetaling R16 760
Totale Rente A
Totale Geraamde Terugbetaling R1 206 711
Terugbetalingsperiode (Maande) 72
Geraamde Rentekoers 13%
LET WEL: Mnr. Clain wil nie sy huidige motor inruil nie.
Gebruik die bostaande inligting om die vrae wat volg te beantwoord.
1.2.1 Skryf die waarde van die totale geraamde terugbetaling in woorde neer. (2)
1.2.2 Kies die korrekte definisie wat die volgende term beskryf. Skryf slegs die letter
(A–D) as ʼn antwoord.
Die korrekte definisie vir rentekoers is …
A die geld wat op ʼn leningsbedrag betaal word.
B die koste wat jy betaal om geld te leen.
C die bedrag wat jy terugbetaal, dus die oorspronklike leningsbedrag plus ʼn
sekere persentasie van die leningsbedrag as rente.
D die totale bedrag in rand wat jy vir ʼn lening terugbetaal. (2)
Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
WISKUNDIGE GELETTERDHEID
5
(VRAESTEL 1) GR12 0624
1.2.3 Bereken 20% van mnr. Clain se bruto maandelikse salaris. (2)
1.2.4 Wat is die oorspronklike verkoopprys van die motor sonder rente? (2)
1.2.5 Bepaal die waarde van A, die totale bedrag van rente betaalbaar op die GTI Golf. (2)
1.2.6 Skryf die terugbetalingstydperk in jare neer. (2)
[20]
VRAAG 2
2.1 Mnr. Randy Ford het van die VSA na Suid-Afrika verhuis en is as Departementshoof vir
Wiskundige Geletterdheid en Wiskunde by Hoërskool Zoonodle in Johannesburg aangestel.
Hieronder is ʼn uittreksel van sy salarisstrokie.
Salarisstrokie
Hoërskool Zoonodle
Pearson Pointstraat 21023
Gatelaan
Johannesburg
Aanstellingsdatum : 2022-06-23 Werknemer Naam : Randy Ford
Betaalperiode : Augustus 2023 Aanstelling : Departementshoof
Werksdae : 26 Departement : Wiskunde
Inkomstes Bedrag Afrekkings Bedrag
Basiese salaris 39 380,75 Belasting RSA LBS 8 496,32
Huistoelaag 1 691,38 Care4 Mediesefonds 1 701,00
Werknemer 1 701
Lidmaat fooi 4 027
Huislening 15 250,00
Bruto Inkomste 41 072,13 Totale Aftrekkings A
Netto Salaris B
Gebruik die bostaande salarisstrokie en beantwoord die vrae wat volg.
2.1.1 Verduidelik die betekenis van LBS soos gesien in konteks van die salarisstrokie
hierbo. (2)
2.1.2 Toon met behulp van berekeninge hoe die bruto inkomste van R41 072,13 bepaal
is. (2)
Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
WISKUNDIGE GELETTERDHEID
6
(VRAESTEL 1) GR12 0624
2.1.3 Bereken die waarde van A, mnr. Ford se Totale Aftrekkings. (2)
2.1.4 Mnr. Ford het sy vrou ingelig dat hy 'n netto salaris van R15 625,81 sal hê.
Verifieer met berekeninge of mnr. Ford korrek is. Skryf ʼn formule neer vir
die berekening van die netto salaris wat jou met jou berekeninge sal help. (3)
2.1.5 Bereken watter persentasie die werknemer vir mediese fonds sal betaal. Rond jou
antwoord tot die naaste persentasie af. (3)
2.2 Een van die hoofbronne van inkomste vir die regering is persoonlike inkomstebelasting.
Mnr. Ford doen ekstra werk na-ure, wat nie noodwendig op sy salarisadvies aangetoon is
nie, en hy dien sy inkomstebelastingopgawe deur SAID e-filing in. BYLAE A toon ʼn
uittreksel van mnr. Ford se e-filing berekeninge.
2.2.1 Bepaal die totale inkomste bedrag waarvolgens SAID vir mnr. Ford kan aanslaan,
nadat alle toelaes en addisionele vergoedings in ag geneem is. Gebruik BYLAE A
om die vraag te antwoord. (2)
2.2.2 Gebruik BYLAE A en identifiseer mnr. Ford se belasbare inkomste na die
assesseringsberekening. (2)
2.2.3 Die e-filing berekeninge op BYLAE A toon ʼn waarde van R4 163,70 as die
BEREKENDE resultaat. Toon deur berekeninge hoe hierdie bedrag bepaal is en
verduidelik of hierdie bedrag aan SAID betaal moet word, of dit aan mnr. Ford
betaal moet word. (6)
2.2.4 Volgens die assessering wat op e-filing gedoen is, dui dit daarop dat mnr. Ford
R149 996,92 op sy belasbare inkomste, voor korting, moet betaal. Maak gebruik
van die belastingtabel vir 2023 op BYLAE B en verifieer of hierdie bedrag korrek
bereken is. (3)
2.3 Mnr. Ford is ʼn huiseienaar en ontvang ʼn maandelikse waterrekening.
Die Stad van Ekurhuleni sal maandeliks ʼn basiese afvalwaterdiens gratis voorsien. Die
volgende tariewe sal geld.
Tarief R/kl Tarief R/kl
Tariewe Opsomming
2022/23 2023/24
Aantal residensiële eenhede × (0 – 6 kℓ/maand) R16,18 R18,12
Aantal residensiële eenhede × (7 – 15 kℓ/maand) R26,66 R29,86
Aantal residensiële eenhede × (16 – 30 kℓ/maand) R32,66 R36,58
Aantal residensiële eenhede × (31 – 45 kℓ/maand) R40,64 R45,52
Aantal residensiële eenhede × (46 kℓ of meer/maand) R50,11 R56,12
Alle tariewe sluit 15% BTW in.
[Bron: Tariewe, Stad van Ekurhuleni]
2.3.1 Bepaal die tarief in R/kℓ vir 15 kℓ water verbruik per maand in 2023/2024. (2)
Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
JUNIE EKSAMEN
GRAAD 12
2024
WISKUNDIGE GELETTERDHEID
(VRAESTEL 1)
ADDENDUM
6 bladsye
Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
WISKUNDIGE GELETTERDHEID 2
(VRAESTEL 1) ADDENDUM GR12 0624
BYLAE A
VRAAG 2.2.1, 2.2.2 en 2.2.3
TABEL 1:
INKOMSTEBELASTING
BEREKENDE BELASTING
RESULTAAT
Besonderhede
Verwysingsnommer: 835041121578
Jaar van aanslag: 2023
Datum: 20231020
Bedrag Beoordeel
Kode Bron Kode Beskrywing Rand
3601 INKOMSTE – BELASBAAR 433 064,00
3605 JAARLIKSE PAAIEMENT – BELASBAAR 36 176,00
3713 ANDER TOELAE – BELASBAAR 127 198,00
3817 PENSIOENFONDSBYDRAE – DC 70 199,00
3702 TERUGBETALENDE REISTOELAE – BELASTING 33 245,00
3810 MEDIESE FONDS FOOIE-BYVOORDEEL 19 838,00
TOTAAL 719 720,00
Aftrekkings
Kode Bron Kode Beskrywing Rand
4014 REISUITGAWES – VASTE KOSTE 33 245,00
4029 PENSIOENFONDS BYDRAE 102 678,00
TOTAAL 135 923,00
Belasbare inkomste 583 797,00
Graderingspersentasie (%) 0,00
Graderingsbedrag 583 797,00
Belasbare inkomste – Onderdanig aan pensioenfonds lompsom voordeel
belastingkoerse 0,00
Belasbare inkomste – Onderdanig aan pensioenfonds lompsom onttrekking
van voordeel belastingkoerse 0,00
Belastingberekening
Normale belasting op belasbare inkomste 149 996,92
Kortings 16 425,00
Addisionele belasting 0,00
Subtotaal 133 571,92
Werknemersbelasting en belastingkrediete 129 408,22
Berekende uitslag 4 163,70
[Bron: IRP5 www.sars.gov.za]
Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
WISKUNDIGE GELETTERDHEID 3
(VRAESTEL 1) ADDENDUM GR12 0624
BYLAE B
VRAAG 2.2.4
TABEL 2: 2022/2023 BELASTINGJAAR (1 Maart 2022 – 28 Februarie 2023)
JAARLIKSE BELASBARE
TARIEWE VAN BELASTING (R)
INKOMSTE (R)
A 1 – 226 000 18% van belasbare inkomste
B 226 001 – 353 100 40 680 + 26% van belasbare inkomste meer as 226 000
C 353 101 – 488 700 73 726 + 31% van belasbare inkomste meer as 353 101
D 488 701 – 641 400 115 762 + 36% van belasbare inkomste meer as 488 700
E 641 401 – 817 600 170 734 + 39% van belasbare inkomste meer as 641 400
F 817 601 – 1 731 600 239 452 + 41% van belasbare inkomste meer as 817 600
G 1 731 601 en meer 614 192 + 45% van belasbare inkomste meer as 1 731 600
BELASTING JAAR
BELASTING KORTINGS
2022/23 2021/22 2020/21
Primêre R16 425 R15 714 R14 958
Sekondêre (65 jaar en ouer) R9 000 R8 613 R8 199
Tersiêre (75 jaar en ouer) R2 997 R2 871 R2 736
[Bron: Aangepas vanuit www.sars.gov.za]
Blaai om asseblief
WISKUNDIGE GELETTERDHEID 4
(VRAESTEL 1) ADDENDUM GR12 0624
BYLAE C
VRAAG 3.1
LENGTE VAN DIE GEMIDDELDE SUID-AFRIKAANSE MAN IN VERGELYKING
MET DIE LENGTE VAN DIE SPELERS IN DIE SPRINGBOKSPAN
Springbok beginspan vir Rugby Wêreldbeker R G Snyman (2,06 m)
Jean Kleyn (2,03 m)
Jesse Kriel (1,86 m) Eben Etzebeth (2,03 m)
Gemiddelde Suid- Grant Williams (1,74 m)
Faf de Klerk (1,72 m) Willie le Roux (1,86 m) Slot
Afrikaanse man
1,68 m Cheslin Kolbe (1,70 cm) Senter & Vleuel
Vleuel & Skrumskakel
Downloaded from hlayiso.com
Die gemiddelde lengte van die Springbokspan in 2023 is 1,86 m.
[Bron: Rugby Mag.co.za]
Blaai om asseblief
WISKUNDIGE GELETTERDHEID 5
(VRAESTEL 1) ADDENDUM GR12 0624
BYLAE D
VRAAG 3.2
VERGELYKING VAN DIE GEWIG VAN DIE NIEU-SEELANDSE EN SUID-AFRIKAANSE RUGBYSPELERS
Nieu-Seeland
Suid-Afrika
Downloaded from hlayiso.com
[Bron: Outlier Africa]
Blaai om asseblief
WISKUNDIGE GELETTERDHEID 6
(VRAESTEL 1) ADDENDUM GR12 0624
BYLAE E
VRAAG 3.3
Salaris verskil tussen wêreldberoemde sokkerspelers teenoor wêreldberoemde rugbyspelers.
Cristiano Ronaldo Neymar Junior JAARLIKSE SALARISSE VAN WÊRELD
€35 000 000 PER JAAR €37 000 000 PER JAAR BEROEMDE RUGBYSPELERS (IN MILJOENE)
Bedrag verdien in miljoen
Naam van speler Nasionaliteit
rand per jaar
Dan Carter NS R20,13
Matt Giteau AUS R20,13
Siya Kolisi SA R35,00
Faf de Klerk SA R21,00
Cheslin Kolbe SA R22,00
[Bron: Outlier Africa]
Huidige wisselkoers:
1 Euro = 20,05 Suid-Afrikaanse Rand
1 (VS) Dollar = 18,36 Suid-Afrikaanse Rand
Downloaded from hlayiso.com
[Bron: www.x-rates.com]
EINDE
Downloaded from hlayiso.com
Downloaded from hlayiso.com
Downloaded from hlayiso.com
WISKUNDIGE GELETTERDHEID
7
(VRAESTEL 1) GR12 0624
2.3.2 Bereken die persentasie verhoging vir watertariewe vanaf 2022/2023 tot 2023/2024,
as ʼn huishouding ongeveer 30 kℓ water per maand
verbruik. Jy mag kan die volgende formule gebruik:
𝑻𝒂𝒓𝒊𝒆𝒇 𝟐𝟎𝟐𝟒 𝑻𝒂𝒓𝒊𝒆𝒇 𝟐𝟎𝟐𝟑
Persentasie verhoging = 𝑻𝒂𝒓𝒊𝒆𝒇 𝟐𝟎𝟐𝟑
× 100% (3)
2.3.3 Mnr. Ford het ʼn stelling in 2023 gemaak dat hy na die persentasie verhoging soos
aangedui, R300 meer sal betaal vir 35 kℓ waterverbruik in 2024. Verifieer sy
stelling deur alle berekeninge te toon. (6)
[36]
VRAAG 3
3.1 Met sy vierde Rugby Wêreldbekeroorwinning, staan Suid-Afrika bo-aan die ranglys.
Toewyding tot die saak. Vertroue om ʼn taak te verrig. Vertroue in die sisteem. Dit is die Suid-
Afrikaanse manier. Dit het Suid-Afrika die 2023 Mans Rugby Wêreldbeker laat wen.
[Bron: www.sarugbymag.co.za]
BYLAE C toon die lengte van die gemiddelde Suid-Afrikaanse man en die rugbyspelers
met hul posisies in die span asook hul onderskeie lengtes.
Gebruik BYLAE C en beantwoord die vrae wat volg.
3.1.1 Bepaal die omvang van die lengtes van die rugbyspelers soos aangetoon in die stel
data. (3)
3.1.2 Die gemiddelde lengte van ʼn Suid-Afrikaanse rugbyspeler is 1,86 m. Maak
gebruik van die volgende formule en bepaal die totale lengte, in meters, van die
15 rugbyspelers in die Springbokspan.
Gemiddeld = totale lengte
totale aantal spelers in die span (4)
Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
WISKUNDIGE GELETTERDHEID
8
(VRAESTEL 1) GR12 0624
3.2 Rugby is waarskynlik een van die mees liggaamstipe-inklusiewe sportsoorte. Anders as
langafstandhardloop of liggaamsbou, ongeag die liggaamsbou wat jy het, sal daar altyd plek
vir jou op ʼn rugbyveld wees.
BYLAE D toon twee mond-en-snordiagramme aan wat die gewig van die Nieu-Seelandse
en Suid-Afrikaanse rugbyspanne vergelyk.
Gebruik die mond-en-snordiagramme in BYLAE D om die vrae wat volg te beantwoord.
3.2.1 Die 5-punt opsomming vir Nieu-Seeland is as volg:
K3 Maks K1 Min K2
113 kg 140 kg A 70 kg 100 kg
As die interkwartielomvang gelyk is aan 25 kg, bepaal die waarde van
A = Kwartiel 1. (4)
3.2.2 Watter EEN van die volgende terme beskryf die data uitgebeeld in die mond-en-
snordiagramme die beste:
Diskrete data OF Kontinue data
Gee ʼn rede vir jou antwoord. (3)
3.2.3 Die mond-en-snordiagramme vergelyk die gewig tussen die Nieu-Seelandse en
Suid-Afrikaanse rugbyspelers.
Watter term word gebruik om ʼn waarde wat baie ver van die ander waardes is,
te definieer. (2)
3.3 Volgens internasionale statistieke is daar ʼn groot verskil tussen salarisse wat aan sokker- en
rugbyspelers betaal word.
BYLAE E gee inligting oor die salarisse wat aan beroemde rugby- en sokkerspelers in
verskillende geldeenhede betaal is.
Maak gebruik van die inligting in BYLAE E om die vrae wat volg te beantwoord.
3.3.1 Neymar Junior en Cristiano Ronaldo is twee van die beroemdste sokkerspelers in
die wêreld.
Herlei Cristiano Ronaldo se jaarlikse salaris na rand. (2)
3.3.2 Bepaal die mediaan jaarlikse salaris, in miljoene, van die 5 wêreldberoemde
rugbyspelers wat verskaf is. (3)
Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
WISKUNDIGE GELETTERDHEID
9
(VRAESTEL 1) GR12 0624
3.3.3 Skryf die jaarlikse salaris van Ronaldo neer tot die jaarlikse salaris van Siya Kolisi
in verhoudingsvorm en vereenvoudig dit tot ... : 1
Vervolgens, verduidelik die betekenis van die berekende verhouding. (3)
[24]
VRAAG 4
4.1 Pienkkrag: Die Barbie-film breek alle rekords met verkope van hul handelsware.
Die Barbie-film het hierdie jaar die loketverkope in hul openingsnaweek met
$125 miljoen in kaartjieverkope verbreek. Die film het ʼn $145 miljoen begroting gehad wat
deur Warner Bros. en Mattel ondersteun is.
Selfs voor die film uitgereik is, is van hul handelsware reeds uitverkoop, byvoorbeeld
Barbiebekers teen $19,99 en Barbiekomberse in ʼn sakkie teen $22,99. Hierdie handelsware
is tans uit voorraad en agterstallig op bestelling tot Junie 2024 maar verkoop tans op eBay
teen $77 en $125 onderskeidelik.
Barbiebekers @ $77 op eBay Barbiekombers in ʼn sakkie @ $125 op eBay
4.1.1 (a) Skryf ʼn formule vir wins in die gegewe konteks. (2)
(b) Bepaal die bedrag wins, in rand wat deur eBay gebruikers gemaak is met die
verkoop van die Barbiekombers in ʼn sakkie vir $125 per kombers.
LET WEL: Die huidige wisselkoers is $1 = R18,36. (2)
4.1.2 Verifieer met berekeninge, dat indien die Barbie-film ʼn inkomste van $125 miljoen
wêreldwyd gedurende die openingsnaweek van die fliek maak en die winsgrens
teen 60% bepaal is, dat die uitgawes vir die openingsnaweek op $50 miljoen
bereken is.
Jy mag die volgende formule gebruik:
𝑰𝒏𝒌𝒐𝒎𝒔𝒕𝒆 𝑼𝒊𝒕𝒈𝒂𝒘𝒆
Winsgrens = 𝑰𝒏𝒌𝒐𝒎𝒔𝒕𝒆
× 𝟏𝟎𝟎% (5)
Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
WISKUNDIGE GELETTERDHEID
10
(VRAESTEL 1) GR12 0624
4.2 Die onderstaande grafiek toon die ouderdomsgroepe wat die Barbie-film gaan kyk het.
Barbie-film Kykers in Suid-Afrika
Generasie X (40+)
10%
Millenniërs (30 - 39)
15%
Zilennials (23 - 29)
28%
Generasie Z (13 - 22)
47%
0% 10% 20% 30% 40% 50% 60% 70% 80% 90% 100%
Persentasie mense per ouderdomsgroep wat die Barbie-film gaan kyk het
[Bron: www.people.com]
Gebruik die bostaande grafiek om die vrae wat volg te beantwoord.
4.2.1 Die Gen Z-bevolking in Suid-Afrika word geskat op 'n totaal van 21 000 000
mense. Van hierdie groep het 47% na die Barbie-film gaan kyk teen ʼn geskatte
prys van R75 per kaartjie vir ʼn gewone 2D-fliek.
Bereken die totale bruto-inkomste wat uit die Gen Z bevolking in Suid-Afrika
gemaak is. (4)
4.2.2 Wat is die waarskynlikheid dat ʼn 2-jarige na die teater sal gaan om die gewilde
Barbie-film te kyk? (2)
Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
WISKUNDIGE GELETTERDHEID
11
(VRAESTEL 1) GR12 0624
4.3 By die fliek het jy ʼn keuse om roomys te koop voordat jy die Barbie-film kyk.
Hieronder is ʼn boomdiagram wat die verskillende roomys geure en versierings illustreer
met moontlike uitkomste.
KIES 'N BOLAAG
KIES ROOMYS UITKOMSTES
VERSIERING
Neute Vanilla;
Neute
Vanielja
Sprinkels B
Neute Aarbei; Neute
Gaan winkel Aarbei
binne
Sprinkels Aarbei; Sprinkels
Neute Sjokolade; Neute
Sjokolade
Sprinkels Sjokolade; Sprinkels
Gebruik die bostaande boomdiagram om die vrae wat volg te beantwoord.
4.3.1 Skryf die moontlike uitkomste vir B. (2)
4.3.2 Skryf die waarskynlikheid neer, as ʼn desimale breuk, dat jy sjokolade roomys met
neute sal kies. Rond jou antwoord tot twee desimale syfers af. (3)
[20]
TOTAAL: 100
EINDE
Downloaded from hlayiso.com
Study this subject
Recommended for this subject

Question paper
Mathematical Literacy Grade 12 P1 Eastern Cape June 2023 QP

Question paper
Mathematical Literacy Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2019 QP
%20Preparatory%202017%20Question%20Paper_hlayiso.com_--11d028b9-4280-4bd2-bf13-aaf3c412ade3/v1-7d01bb76199b3362da1d/card.webp)
Question paper
Mathematical Literacy Grade 12 P1 Gauteng Mock 2017 QP (Afr)
%202015%20Preparatory%20Examination%20Question%20Paper_hlayiso.com_--f7c020f8-b359-4c5f-b0a6-9c6dc19d3778/v1-88ad7c83485df6c87a8e/card.webp)
Question paper
Mathematical Literacy Grade 12 P1 Gauteng Mock 2015 QP (Afr)

Memorandum
Mathematical Literacy Grade 12 P1 2025 Memo (Afr)

Addendum
Mathematical Literacy Grade 12 P1 2021 Addendum (Afr)
More from Grade 12 Mathematical Literacy

Addendum
Mathematical Literacy Grade 12 P2 2025 Addendum (Afr)

Memorandum
Mathematical Literacy Grade 12 P1 Free State Mock 2025 Memo

Addendum
Mathematical Literacy Grade 12 P1 KZN Mock 2025 Addendum

Memorandum
Mathematical Literacy Grade 12 P1 Limpopo Mock 2025 Memo

Errata
Mathematical Literacy Grade 12 P2 2024 Errata

Addendum