Skip to content
Question paper

Economic And Management Sciences Grade 9 P1 2023 QP (Afr)

Grade 9 Economic And Management Sciences Paper 1 question paper from the Gauteng November Exam 2023 (Afrikaans), 9 pages. Read online or get the free PDF download, memo linked when available.

Subject: Economic And Management SciencesGrade 920239 pages
Download

Loading document…

Loading document…

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com PROVINSIALE EKSAMEN NOVEMBER 2023 GRAAD 9 EKONOMIESE EN BESTUURSWETENSKAPPE: FINANSIËLE GELETTERDHEID VRAESTEL 1 TYD: 1 uur PUNTE: 70 9 bladsye en ʼn 7-bladsye antwoordboek b.o.
Downloaded from hlayiso.com EKONOMIESE EN BESTUURSWETENSKAPPE 2 (VRAESTEL 1) GRAAD 9 INSTRUKSIES EN INLIGTING 1. Hierdie vraestel bestaan uit AFDELINGS A, B en C (Finansiële Geletterdheids- onderwerpe) en is gebaseer op die voorgeskrewe inhoudsraamwerk volgens die KABV dokument en JOP. AFDELING A: KORTVRAE VRAAG 1.1: Meervoudigekeuse-vrae (5) VRAAG 1.2: Pasitems (5) VRAAG 1.3: Kies die regte woord/term (5) [15] AFDELING B: JOERNALE EN REKENINGKUNDE VERGELYKING VRAAG 2: Joernale (20) VRAAG 3: Rekeningkundige vergelykings (10) [30] AFDELING C: GROOTBOEKE EN PROEFBALANS VRAAG 4: Algemene Grootboek (8) VRAAG 5: Krediteuregrootboek (7) VRAAG 6: Proefbalans (10) [25] 2. Al die vrae is verpligtend. 3. Beantwoord al die vrae in die ANTWOORDBOEK wat verskaf word. 4. Skryf netjies en leesbaar. b.o.
Downloaded from hlayiso.com EKONOMIESE EN BESTUURSWETENSKAPPE 3 (VRAESTEL 1) GRAAD 9 AFDELING A: KORTVRAE VRAAG 1 1.1 MEERVOUDIGEKEUSE-VRAE Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae verskaf. Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A – D) langs die vraagnommers (1.1.1 tot 1.1.5) in die ANTWOORDBOEK wat voorsien is, neer. bv. 1.1.6 D. 1.1.1 Krediteurekontrole kan geklassifiseer word as ʼn ... A uitgawe. B bedryfslas. C bedryfsbate. D nie-bedryfslas. (1) 1.1.2 BHS Handelaars verkoop goedere op krediet aan A. Money. A. Money staan bekend as ʼn ... van die besigheid. A betaler B eienaar C debiteur D krediteur (1) 1.1.3 Die ...-rekening het normaalweg ʼn debietbalans. A skryfbehoefte B kapitaal C kommissie-inkomste D krediteurekontrole (1) 1.1.4 Toerusting op krediet aangekoop, verhoog ... A bates. B laste. C beide bates en laste. D eienaarsbelang. (1) 1.1.5 ʼn EFO is geprossesser aan Sumsurance op 25 Oktober 2023. R3 900 was vir die betaling van die onderneming se jaarlikse versekeringspremie en R1 400 vir die eienaar se huisversekering. Watter bedrag sal aangeteken word in die KBJ as versekering? A R5 300 B R3 900 C R1 400 D R9 200 (1) [5] b.o.
Downloaded from hlayiso.com EKONOMIESE EN BESTUURSWETENSKAPPE 4 (VRAESTEL 1) GRAAD 9 1.2 PASITEMS Kies ʼn term in KOLOM B wat ooreenstem met ʼn beskrywing in KOLOM A. Skryf slegs die letter (A – F) langs die vraagnommer (1.2.1 tot 1.2.5) in jou ANTWOORDBOEK neer bv. 1.2.6 G. KOLOM A KOLOM B 1.2.1 ʼn Skuld wat betaalbaar is oor ʼn A Dubbel inskrywing beginsel tydperk van langer as ʼn jaar B Toerusting 1.2.2 Verskaf ʼn opsomming van die bedrag wat aan die onderneming geskuld C Verbandlening word vir goedere wat op krediet verkoop is D Kontantontvangstejoernaal 1.2.3 ʼn Uitgawerekening E Koste van verkope 1.2.4 Vir elke debiet moet daar ʼn gelyke en F Debiteurekontrole ooreenstemmende krediet wees 1.2.5 Verhoog die bankrekening [5] 1.3 KIES DIE KORREKTE WOORD/TERM Kies die korrekte woord of term tussen hakies vir elk van die volgende stellings. Skryf slegs die korrekte woord/term in jou ANTWOORDBOEK neer bv. 1.3.6 bate. 1.3.1 Die geld wat deur die onderneming verdien word uit die verkoop van goedere aan kliënte, word aangeteken as (lopende inkomste/verkope). (1) 1.3.2 Die aantekening van die besonderhede van ʼn spesifieke transaksie op ʼn brondokument is die eerste stap in die (rekeningkundige siklus/ rekeningkundige vergelyking). (1) 1.3.3 Die brondokument vir huur ontvang van ʼn huurder is ʼn (duplikaat kwitansie/kasregisterrol). (1) 1.3.4 EFO is die akroniem vir (Elektroniese Finansiële Oordrag/Elektroniese Fondsoordrag). (1) 1.3.5 (Vaste/Bedryfs)-bates word nie aangekoop met die doel om dit gou weer teen ʼn wins te verkoop nie. (1) [5] TOTAAL AFDELING A: 15 b.o.
Downloaded from hlayiso.com EKONOMIESE EN BESTUURSWETENSKAPPE 5 (VRAESTEL 1) GRAAD 9 AFDELING B: JOERNALE EN REKENINGKUNDIGE VERGELYKING VRAAG 2: JOERNALE D. Disney besit Disney-winkels. Die besigheid word bestuur deur D. Disney en twee werknemers wat elk ʼn loon betaal word. Disney-winkels het voorheen speelgoed slegs vir kontant gekoop en verkoop. ʼn Paar maande gelede het hulle besluit om ook op krediet te koop en verkoop. Die besigheid handhaaf ʼn winsopsalg van 50% op kosprys. GEVRA: 2.1 Gebruik die inligting wat hieronder verskaf is om die transaksies vir Disney- winkels in die volgende joernale vir die maand geëindig September 2023 aan te teken: Moenie die joernale aan die einde van die maand afsluit nie. 2.1.1 Kontantontvangstejoernaal (5) 2.1.2 Kontantbetalingsjoernaal (6) 2.1.3 Debiteurejoernaal (3) 2.1.4 Krediteurejoernaal (4) 2.2 Bespreek EEN rede hoekom die onderneming besluit het om goedere op krediet te begin verkoop. (2) TRANSAKSIES: September 2023 6 Kontantverkope vir die dag beloop R10 500. 8 Lewer goedere af aan M. Mouse, R1 800 soos dit verskyn op faktuurnommer 36. 11 Betaal Pluto R1 010 vir die herstelwerk aan die afleweringsvoertuig. EFO 123 is geprosesseer. 14 Betaal die werkers twee weke se lone. Elke werker verdien R550 per week. 22 Koop die volgende op rekening van D. Duck. (Faktuurnommer 229) Handelsvoorraad, R7 200 Skryfbehoeftes, R360 25 Ontvang R800 van M. Mouse as gedeeltelike betaling van sy rekening. Reik kwitansie nommer 21 uit. b.o.
Downloaded from hlayiso.com EKONOMIESE EN BESTUURSWETENSKAPPE 6 (VRAESTEL 1) GRAAD 9 28 Betaal D. Duck, met ʼn EFO, die helfte van die bedrag verskuldig aan hom vir die aankoop van vroeër die maand [20] VRAAG 3: REKENINGKUNDIGE VERGELYKING Ontleed die volgende transaksies en toon die effek wat elkeen op die rekeningkundige vergelyking het. Nr. Transaksie bv. Betaal lone, R1 000. 3.1 Goedere met ʼn kosprys van R3 000 is op krediet verkoop aan Cinderella. ʼn Winsopslag van 25% is gehandhaaf. 3.2 EFO 40 is verwerk as betaling van R4 700 aan Captain Hook ter vereffening van sy rekening. [10] TOTAAL AFDELING B: 30 b.o.
Downloaded from hlayiso.com EKONOMIESE EN BESTUURSWETENSKAPPE 7 (VRAESTEL 1) GRAAD 9 AFDELING C: GROOTBOEKE EN PROEFBALANS VRAAG 4: ALGEMENE GROOTBOEK Die volgende inligting is geneem uit die boeke van VIVO Handelaars op 31 Augustus 2023. GEVRA: Gebruik die verskafde inligting om die volgende Algemene Grootboekrekeninge te voltooi vir die maand geëindig 31 Augustus 2023. 4.1 Handelsvoorraad (8) Kolomtotale vir die hulpjoernale van VIVO Handelaars op 31 Augustus 2023. Kontantontvangstejoernaal van VIVO Handelaars – Augustus 2023 KOJ1 Bank Verkope Koste van Debiteure- Diverse verkope kontrole Rekeninge 251 600 109 800 73 200 2 800 139 000 Kontantbetalingsjoernaal van VIVO Handelaars – Augustus 2023 KBJ1 Bank Handels- Skryfbehoeftes Lone Diverse voorraad Rekeninge 117 500 ? 1 500 4 000 40 500 Debiteurejoernaal van VIVO Handelaars – Augustus 2023 DJ1 Verkope Koste van Verkope 72 000 48 000 Krediteurekontrole van VIVO Handelaars – Augustus 2023 KJ1 Bank Handels- Skryfbehoeftes Toerusting Diverse voorraad Rekeninge 82 200 51 000 1 200 30 000 [8] b.o.
Downloaded from hlayiso.com EKONOMIESE EN BESTUURSWETENSKAPPE 8 (VRAESTEL 1) GRAAD 9 VRAAG 5: KREDITEUREGROOTBOEK Verwys na die volgende onvolledige krediteuregrootboek en beantwoord die vrae wat volg. Krediteuregrootboek van VW Handelaars vir die maand geëindig Oktober 2023 POLO Winkels KG1 DATUM Besonderhede Fol. Debiet Krediet Balans Okt 2023 1 Balans a/b 1 240 Okt 2023 9 (A) No. 46 DJ 5 360 (B) Okt 2023 13 (A) No. 61 DJ (C) Okt 2023 25 EFO 74 KBJ ? ? (D) 5.1 Verskaf die besonderhede/brondokument gemerk (A). (1) 5.2 Bereken die balans gemerk (B). (1) 5.3 Vir die transaksie gedateer die 13de, het die besigheid goedere ter waarde van R3 900 gekoop en 10%-handelskorting op hierdie aankoop ontvang. Bereken die bedrag gemerk (C). (2) 5.4 Op die 25ste het die besigheid sy rekening ten volle vereffen. Wat is die balans gemerk (D)? (1) 5.5 Die krediteur stuur aan die einde van die maand 'n staat aan die besigheid wat die verskuldigde bedrag weerspieël. Verduidelik waarom dit steeds nodig is dat die onderneming hul eie rekening vir die krediteur in die krediteuregrootboek moet opstel. (2) [7] b.o.
Downloaded from hlayiso.com VRAAG 6: PROEFBALANS Die boekhouer van Gholfwinkels is siek. T. Woods, die eienaar, het jou gevra om hom te help met die opstel van die Proefbalans vir sy besigheid vir die maand September 2023. GEVRA: 6.1 Identifiseer die ontbrekende opskrif gemerk (A) op die antwoordblad. (1) 6.2 Gebruik die inligting wat hieronder verskaf word en stel die Proefbalans op vir die maand geëindig September 2023. Sommige van die inligting is reeds vir jou voltooi. (9) INLIGTING: Water en elektrisiteit 2 920 Telefoon 1 590 Verkope 20 500 Toerusting 15 250 Huurinkomste 2 500 Koste van verkope 16 400 Onttrekkings 8 700 Kapitaal 72 000 (sien nota hieronder) Bank 12 480 Krediteurekontrole 4 890 Handelsvoorraad 15 550 NOTA: Die volgende fout was nie reggestel nie. Die eienaar het sy kapitaal in Maart met R25 000 verhoog. Dit was egter as R52 000 aangeteken. [10] TOTAAL AFDELING C: 25 TOTAAL: 70 EINDE

Matching paper and memo

The question paper, memo or addendum that belongs with this document.

Study this subject

Revise the topics in this paper, then practise them question by question.

More papers and memos for this grade and subject.

More from Grade 9 Economic And Management Sciences

View all