Skip to content
Question paper

Economic And Management Sciences Grade 9 P2 2023 QP (Afr)

Grade 9 Economic And Management Sciences Paper 2 question paper from the Gauteng November Exam 2023 (Afrikaans), 8 pages. Read online or get the free PDF download, memo linked when available.

Subject: Economic And Management SciencesGrade 920238 pages
Download

Loading document…

Loading document…

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com PROVINSIALE EKSAMEN NOVEMBER 2023 GRAAD 9 EKONOMIESE EN BESTUURSWETENSKAPPE: DIE EKONOMIE EN ENTREPRENEURSKAP VRAESTEL 2 TYD: 1 uur PUNTE: 80 8 bladsye en ʼn 7-bladsye antwoordboek b.o.
Downloaded from hlayiso.com EKONOMIESE EN BESTUURSWETENSKAPPE 1 (VRAESTEL 2) GRAAD 9 INSTRUKSIES EN INLIGTING 1. Hierdie vraestel bestaan uit Afdelings A, B en C en is gebaseer op die voorgeskrewe inhoudsraamwerk in die KABV-wysigingsdokument en JOP. AFDELING A: ALLE ONDERWERPE VRAAG 1.1: Pasitems (5) VRAAG 1.2: Kies die korrekte woord (5) VRAAG 1.3: Meervoudigekeuse-vrae (5) [15] AFDELING B: DIE EKONOMIE VRAAG 2: Vakbonde (22) [22] AFDELING C: ENTREPRENEURSKAP VRAAG 3: Funksies van ʼn besigheid (22) VRAAG 4: Besigheidsplan (21) [43] 2. AL die vrae is verpligtend. 3. Beantwoord AL die vrae in die ANTWOORDBOEK wat verskaf is. 4. Skryf netjies en leesbaar. b.o.
Downloaded from hlayiso.com EKONOMIESE EN BESTUURSWETENSKAPPE 2 (VRAESTEL 2) GRAAD 9 AFDELING A: ALLE ONDERWERPE VRAAG 1 1.1 PASITEMS Kies ʼn term in KOLOM B wat ooreenstem met ʼn beskrywing in KOLOM A. Skryf slegs die letter (A – G) langs die vraagnommers (1.1.1 tot 1.1.5) in jou ANTWOORDBOEK bv. 1.1.6 H. KOLOM A KOLOM B 1.1.1 Die grootste federasie van vakbonde in A Slagspreuk Suid-Afrika B Begeerte 1.1.2 Hierdie dokument gee ʼn uiteensetting van al die feite, prosesse en prosedures van die besigheid C Besigheidsplan 1.1.3 ʼn Persoon met ʼn goeie idee wat produksiefaktore D COSATU kombineer om goedere en dienste te produseer E Entrepreneur 1.1.4 ʼn Kort, treffende en onvergeetlike frase wat in advertensies gebruik word F Logo 1.1.5 Die begeerte na goedere en dienste wat nie G Behoefte benodig word om te oorleef nie (5 x 1) [5] 1.2 KIES DIE KORREKTE WOORD Kies die korrekte woord/e tussen hakies vir elk van die volgende stellings. Skryf slegs die korrekte woord(e) langs die vraagnommers in jou ANTWOORDBOEK neer bv. 1.2.1. BEHOEFTE. 1.2.1 Die (missie/visie) verduidelik wat die onderneming beoog om op medium- of langtermyn te bereik. (1) 1.2.2 ʼn Simbool of ontwerp wat die besigheidsproduk of -diens identifiseer is die (embleem (logo)/leuse). (1) 1.2.3 A (posbeskrywing/salarisstrokie) is belangrik vir werknemers, want hulle moet weet wat hulle werk behels, wat van hulle verwag word asook hoe hulle, hulle pligte moet uitvoer. (1) 1.2.4 Die (bemarkingsfunksie/openbare betrekkinge funksies) is gemoeid met die eksterne en interne beeld van die onderneming. (1) 1.2.5 (Algemene bestuursfunksie/Risikobestuursfunksie) is die topvlakbestuursfunksie gemoeid met die algehele bestuur van die besigheid. (1) [5] b.o.
Downloaded from hlayiso.com EKONOMIESE EN BESTUURSWETENSKAPPE 3 (VRAESTEL 2) GRAAD 9 1.3 MEERVOUDIGEKEUSE-VRAE Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae verskaf. Kies die korrekte antwoord en skryf slegs die letter (A – D) langs die vraagnommers (1.3.1 tot 1.3.5) in die ANTWOORDBOEK wat voorsien is, neer. 1.3.1 Vakbonde is daarvoor verantwoordelik om ... A ontwrigtende werkplekke tot stand te bring. B redelike eise aan werknemers te stel. C te verseker dat nywerheidsoptrede wettig is. D werkers te dwing om by ʼn vakbond aan te sluit. (1) 1.3.2 Volhoubaarheid is wanneer … A die fokus daarop is om in die behoeftes van die hede te voorsien sonder om die vermoë van toekomstige geslagte om in hul eie behoeftes te voorsien, in te boet. B die lewensvatbaarheid van ʼn besigheid gemeet word aan sy langtermyn-oorlewing en sy vermoë om winste oor ʼn tydperk te handhaaf. C ʼn organisasie ʼn metode gebruik om hul omgewing te ontleed deur beide interne sterk- en swakpunte, sowel as eksterne geleenthede en bedreigings te identifiseer. D Geeneen van die bogenoemde nie. (1) 1.3.3 Die produksiekoste wat nie verander wanneer die aantal goedere verander nie, bv. huur word ʼn ... genoem. A veranderlike koste B vaste koste C lewensvatbaarheidskoste D AL die bogenoemde. (1) 1.3.4 Watter van die volgende sinne beskryf ʼn bedreiging vir Lindiwe in haar Nail Beauty-besigheid die beste? A Gedurende wintermaande is daar geen aanvraag vir pedikure nie omdat dames toe skoene en stewels dra. B Lindiwe kan meer kliënte lok deur strooibiljette aan potensiële kliënte te versprei. C Lindiwe beplan om ʼn gekwalifiseerde naeltegnikus aan te stel. D Lindiwe moet ʼn lening by die bank aangaan. (1) 1.3.5 Watter vakbond verteenwoordig munisipale werkers? A SAMWU B SADTU C NUM D NUE (1) [5] TOTAAL AFDELING A: 15 b.o.
Downloaded from hlayiso.com EKONOMIESE EN BESTUURSWETENSKAPPE 4 (VRAESTEL 2) GRAAD 9 AFDELING B: DIE EKONOMIE VRAAG 2: VAKBONDE [Bron: https://www.coe.int/en/web/compass/globalisation] 2.1 Definieer die term ‘vakbond’. (2) 2.2 Tabuleer die verskille tussen ʼn ‘sloerstaking’ (go-slow) en ʼn plakkaatbetoging (picketing). (4) 2.3 Bespreek DRIE funksies van ʼn vakbond. (6) 2.4 Lees die volgende stelling voordat die vrae beantwoord word. Die meeste vakbonde is onafhanklik van die werkgewer. Alhoewel, vakbonde probeer tog om hegte werksverhoudinge met werkgewers te vestig. 2.4.1 Verduidelik TWEE voordele van vakbonde vir werkgewers of werknemers. (4) 2.4.2 Verduidelik TWEE nadele van vakbonde vir besighede of werkgewers. (4) 2.5 Voltooi die volgende sinne deur die ontbrekende woord/e in te vul. 2.5.1 ... is ʼn unie wat onderwysers verteenwoordig. (1) 2.5.2 Die Nasionale Unie van Mynwerkers staan ook bekend as ... (1) [22] TOTAAL AFDELING B: 22 b.o.
Downloaded from hlayiso.com EKONOMIESE EN BESTUURSWETENSKAPPE 5 (VRAESTEL 2) GRAAD 9 AFDELING C: ENTREPRENEURSKAP VRAAG 3: FUNKSIES VAN ’N BESIGHEID Lees die volgende scenario en beantwoord die vrae wat volg. NTULI SKOONHEIDSMAATSKAPPY Die Ntuli Skoonheidsmaatskappy spesialiseer in ʼn gewilde reeks skoonheidsprodukte wat na kleinhandelwinkels in al die groot dorpe in Suid-Afrika versprei word. Hierdie vooruitstrewende besigheid doen gereeld marknavorsing om tred te hou met veranderende modes, verbruikersvoorkeure en smaak. Dit kyk ook na wat die kompetisie doen en wat die verbruikersmark van Ntuli Skoonheidsmaatskappy dink. Simphiwe Ntuli, die eienaar, is trots op haar groeiende besigheid en ondersteunende direksie. Die bestuurspan is entoesiasties en bekwaam – nuwe voorstelle vir ʼn personeelkantien en gimnasiumgeriewe deur Isiah, die HR-bestuurder, is goed ontvang. Opgegradeerde rekenaartegnologie het toegang tot inligting verbeter. Boonop het die aankope departement ʼn nuwe verskaffer van rou materiale geïdentifiseer wat bekostigbare kwaliteitprodukte bied en Ntuli Skoonheidsmaatskappy se produk mededingend sal hou. Die kontantvloei is gesond, en konsultasie maatskappy het maniere voorgestel om enige besigheidsrisiko's te verminder. [Bron: Aangepas uit Linked] 3.1 Verduidelik die volgende besigheidsfunksies en verskaf ʼn voorbeeld uit die scenario vir elkeen. Voltooi die tabel op jou antwoordblad. Funksie Verduideliking Voorbeeld Menslike Hulpbronfunksie Finansiële Funksie (4) 3.2 Lys en verduidelik die DRIE vlakke van bestuur. (6) 3.3 Wat aanvanklik deur Henri Fayol as vyf elemente geïdentifiseer is, word nou as vier algemeen aanvaarde take van bestuur beskou wat die nodige vaardighede insluit. Bespreek die VIER bestuurstake wat deur Ntuli Skoonheidsmaatskappy se bestuur uitgevoer moet word. (8) b.o.
Downloaded from hlayiso.com EKONOMIESE EN BESTUURSWETENSKAPPE 6 (VRAESTEL 2) GRAAD 9 3.4 Noem TWEE arbeidswette wat Simphiwe in gedagte moet hou en moet nakom, om te verseker dat die besigheid wetlik aanspreeklik gehou kan word. (2) 3.5 In jou opinie, dink jy dat skakelwerk ʼn belangrike rol in ʼn besigheid speel? (2) [22] VRAAG 4: BESIGHEIDSPLAN Lees die volgende gevallestudie en beantwoord die vrae wat volg. Plaaslike Meisies Begin Afleweringsdiens Te midde van die landwye inperking, verskaf ʼn groep entrepreneuriale tienermeisies van Nkangala ʼn diens aan hul gemeenskap deur ʼn aflewering teen ʼn koste van R60, vir noodsaaklike items en wegneemetes aan te bied. Die diens, genaamd SIMS Deliveries, word bedryf deur nege meisies van die Nkangala-omgewing wat met hul fietse ry om aflewerings in hul gemeenskap te doen. Aflewerings kos ʼn vaste fooi van R60. Die bestuurders wissel tussen 16 en 19 jaar oud. Die jongste spanlid, die 12-jarige Thando, kyk elke dag na die fietse om seker te maak dat hulle reg werk en elke dag reg is vir die pad. “Ons visie vir SIM-Deliveries is dat dit ʼn betroubare alternatief bied vir die manier waarop inkopies tans gedoen word of die manier waarop die uitruil van geld en goedere tussen verkopers en kliënte in informele nedersettings plaasvind. Terwyl dit ook ʼn impak op die lewens van jong meisies in ons informele nedersettings het,” verduidelik hulle op hul Facebook-blad. “Ons wil jou uitnooi om deel te wees van ʼn visie wat poog om die gemeenskap vorentoe te neem en ʼn visie wat jong lewens wil verbeter deur die versoek vir ʼn aflewering en jou R60 te laat tel.” Alhoewel R60 dalk nie na veel lyk nie, help elke bietjie. Aflewerings kan op verskeie maniere plaasvind. Kliënte kan die meisies kontak op die nommers hieronder, ʼn bestelling plaas by ʼn spesifieke winkel of net die eienaar vra om die aflewering aan te vra of bloot die meisies op straat te stop en te vra dat ʼn aflewering gedoen word. As jy ʼn aflewering wil hê, kan jy 013 312 8804 skakel. [Bron: Aangepas uit Facebook: SIMS Deliveries] 4.1 Watter geleentheid is deur die meisies in die gevallestudie hierbo geïdentifiseer? (2) 4.2 Die meisies het nog nie ʼn sakeplan nie. 4.2.1 Wat is die visie van SIMS Deliveries? (2) 4.2.2 Noem VIER aspekte wat op die sakeplan se voorblad ingesluit moet word. (4) b.o.
Downloaded from hlayiso.com 4.3 (a) Dui aan waarvoor die akroniem "SSGB" staan deur die korrekte woord in elk van die blokkies op die ANTWOORDBOEK aan te dui. (4) (b) Uit die gevallestudie, voltooi ʼn SSGB-analise vir SIMS Deliveries. Sluit EEN aspek in elke blokkie in die ANTWOORDBOEK in. (4) 4.4 Die sakeplan sal verskillende komponente insluit. Klassifiseer elk van die volgende stellings uit die gevallestudie om die meisies te help om seker te maak dat die korrekte inligting by die betrokke komponent van die besigheidsplan ingesluit is. Nr. Stelling Ingesluit by hierdie sakeplan- komponent bv. Bied ʼn afleweringsdiens van Beskrywing van diens/produk noodsaaklike goedere aan A Hulle het plakkate op hul Facebook- blad B Inligting oor die geld wat nodig is om die besigheid uit te brei C Vertel moontlike beleggers baie oor die besigheid D Watter masjinerie en toerusting is nodig om die goedere/diens te verskaf (4) 4.5 Voltooi die volgende sin: Die bemarkingsmengsel spreek die prys, produk, ... en promosie aan. (1) [21] TOTAAL AFDELING C : 43 TOTAAL: 80 EINDE

Matching paper and memo

The question paper, memo or addendum that belongs with this document.

Study this subject

Revise the topics in this paper, then practise them question by question.

More papers and memos for this grade and subject.

More from Grade 9 Economic And Management Sciences

View all