Downloaded from hlayiso.com
GAUTENGSE DEPARTEMENT VAN ONDERWYS
PROVINSIALE EKSAMEN
JUNIE 2016
GRAAD 10
FISIESE WETENSKAPPE
(VRAESTEL 2)
TYD: 90 minute
PUNTE: 100
10 bladsye + 1 inligtingsblad
b.o.
Skip to contentAll 2016 papers %20June%202016%20Question%20Papers_hlayiso.com_--66a2c024-0d17-46df-b026-8e8702c685a6/v1-10f4cf04fe14aa56c731/card.webp)
%20June%202016%20Possible%20Answers_hlayiso.com_--bd87dfab-9c38-428e-b164-1caed1d757b5/v1-3012969198c8459c2c09/card.webp)
%20June%202019%20Possible%20Answers_hlayiso.com_--bdfc5a8b-9b3b-483e-a730-d90c972596fa/v1-fe523fb91bd4a03c04e7/card.webp)
%20June%202018%20Possible%20Answer_hlayiso.com_--90de8ad3-d5d4-4736-8702-c5ba535b10d1/v1-72200cc2f43c79effad0/card.webp)
%20June%202019%20Question%20Paper_hlayiso.com_--8d4753ac-a821-4d2f-9567-47a8b60aa5b0/v1-53ba37623177a647f5fb/card.webp)
%20June%202018%20Question%20Paper_hlayiso.com_--54c2a4f2-34fa-4d05-af7e-0bb97d0bf91c/v1-5af4147b1f7a4bbf83cd/card.webp)
View all





Physical Sciences Grade 10 P2 Gauteng June 2016 QP (Afr)
Grade 10 Physical Sciences Paper 2 question paper from the Gauteng June 2016 (Afrikaans), 11 pages. Read online or download the free PDF.
Physical Sciences · Grade 10 · Gauteng June · 2016 · Afrikaans. Question paper, 11 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Physical Sciences
- Grade
- Grade 10
- Language
- Afrikaans
- Document type
- Question paper
- Year
- 2016
- Exam period
- Gauteng June
- Paper
- 2
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 11
- File size
- 461.2 KB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 11
This exam
Gauteng June 2016
Questions in this paper
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
FISIESE WETENSKAPPE 2
(VRAESTEL 2) Graad 10
GAUTENGSE DEPARTEMENT VAN ONDERWYS
PROVINSIALE EKSAMEN
FISIESE WETENSKAPPE
(Vraestel 2)
TYD: 90 minute
PUNTE: 100
INSTRUKSIES EN INLIGTING
1. Skryf jou naam in die toepaslike ruimte op die ANTWOORDBOEK neer.
2. Hierdie vraestel bestaan uit AGT vrae. Beantwoord AL die vrae.
3. Jy mag ʼn nie-programmeerbare sakrekenaar gebruik.
4. Jy mag toepaslike wiskundige instrumente gebruik.
5. Jy word aangeraai om die aangehegte GEGEWENSBLADSY te gebruik.
6. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie vraestel gebruik is.
7. Skryf netjies en leesbaar.
8. Begin elke vraag op ʼn NUWE bladsy in jou ANTWOORDBOEK
9. Laat EEN reël oop tussen twee subvrae, byvoorbeeld tussen Vraag 2.1 en Vraag 2.2.
10. Toon AL die formules en substitusies in ALLE berekeninge.
11. Rond jou FINALE numeriese antwoorde tot ʼn minimum van TWEE desimale plekke af.
12. Gee kort (bondige) motiverings, besprekings, ensovoorts waar nodig.
b.o
Downloaded from hlayiso.com
FISIESE WETENSKAPPE 3
(VRAESTEL 2) Graad 10
AFDELING A
VRAAG 1
MEERVOUDIGE KEUSEVRAE
Vier opsies word verskaf as moontlike antwoorde tot die volgende vrae. Elke vraag het slegs
EEN korrekte antwoord. Skryf slegs die letter (A – D) langs die vraagnommer (1.1 – 1.10) op
die antwoordblad neer.
1.1 Die subatomiese deeltjies wat om die nukleus van ʼn atoom beweeg is ...
A neutrone.
B elektrone.
C nukleone.
D protone. (2)
1.2 Tydens die vorming van ioniese verbindings, word valenselektrone ...
A oorgedra.
B ongelyk gedeel.
C vernietig.
D gelyk gedeel. (2)
1.3 Die wetenskaplike wat ontdek het dat ʼn atoom positiewe en negatiewe deeltjies
bevat is ...
A Rutherford.
B Dalton.
C Bohr.
D Thomson. (2)
1.4 Elemente op die periodieke tabel word rangskik in die volgorde van die ...
A getal nukleone.
B getal neutrone.
C massagetal.
D getal protone. (2)
b.o
Downloaded from hlayiso.com
FISIESE WETENSKAPPE 4
(VRAESTEL 2) Graad 10
1.5 Die elektron struktuur van kan voorgestel word as volg:
A 2s
1s
B 2p
2s
1s
C 2p
2s
1s
D 3s
2p
2s
1s
(2)
b.o
Downloaded from hlayiso.com
FISIESE WETENSKAPPE 5
(VRAESTEL 2) Graad 10
1.6 Wanneer ʼn solied direk in ʼn gas verander, word dit ... genoem.
A sublimasie
B kondensasie
C dissosiasie
D verdamping (2)
1.7 Die korrekte chemiese formule vir ammoniumnitraat, is ...
A NH₄(NO₃)₂
B NH₃NO₃
C NH₄NO₃
D NH₄NO₂ (2)
1.8 Soutsuur reageer met Magnesiummetaal en vorm Magnesiumchloried en
Waterstofgas. Hierdie word voorgestel as ...
A 2HCl (aq) + 2Mg (s) 2MgCl (aq) + H2 (g)
B 2HCl (l) + Mg (s) MgCl2 (s) + H2 (aq)
C 2HCl (aq) + Mg (s) MgCl2 (aq) + H2 (g)
D HCl (l) + Mg (s) MgCl (aq) + H2(g) (2)
1.9 Oorweeg die volgende reaksie vir die voorbereiding van ammoniak.
N2 (g) + 3H2 (g) → 2NH3 (g)
Die wet vir konstante volume verhouding word die beste voorgestel as:
A 3 cm3 N2 (g) + 2 cm3 H2 (g) → 3 cm3 NH3 (g)
B 2 cm3 N2 (g) + 1 cm3 H2 (g) → 3 cm3 NH3 (g)
C 1 cm3 N2 (g) + 3 cm3 H2 (g) → 2 cm3 NH3 (g)
D 2 cm3 N2 (g) + 6 cm3 H2 (g) → 9 cm3 NH3 (g) (2)
1.10 Gedurende ʼn endotermiese reaksie ...
A verhoog die potensiële energie en die kinetiese energie bly konstant.
B verlaag die potensiële energie en die kinetiese energie bly konstant.
C beide die potensiële energie en kinetiese energie verhoog.
D beide die potensiële energie en kinetiese energie verlaag. (2)
[20]
TOTAAL AFDELING A: 20
b.o
Downloaded from hlayiso.com
FISIESE WETENSKAPPE 6
(VRAESTEL 2) Graad 10
AFDELING B
VRAAG 2
ʼn Groep graad 10 leerders meng verskillende stowwe met mekaar om heterogeniese en
homogeniese mengsels met water te maak, onder andere:
A – Olie en water B – Sand en water
C – Gekonsentreerde Oros koeldrank en water D – Sout en water
2.1 Definieer die volgende terme en gee ʼn voorbeeld van elk vanuit die
bogenoemde mengsels:
2.1.1 Heterogeniese mengsel (3)
2.1.2 Homogeniese mengsel
(3)
2.2 Verskaf die skeidingsmetode wat gebruik sal word om die volgende te skei:
2.2.1 B (1)
2.2.2 D (1)
2.3 Verduidelik hoe die leerders ʼn mengsel van ystervylsels en swawelpoeier kan
skei. (2)
[10]
b.o
Downloaded from hlayiso.com
FISIESE WETENSKAPPE 7
(VRAESTEL 2) Graad 10
VRAAG 3
ʼn Ontploffing in ʼn leerder se huis maak die familie een nag
wakker. Tot sy Ma se verbasing, was die oorsaak die leerder se
wetenskap eksperiment binne-in die vrieskas. Gebreekte glas
met ysstukke is al wat oorgebly het van sy eksperiment om te
sien of water regtig in ys verander.
Om die glas van die ysstukke te skei, het sy Ma alles in ʼn pot
gegooi en dit op die stoof gesit. Die leerder het hierdie
geleentheid gebruik om te sien hoe lank die ys sou neem om te
smelt.
Kyk na die volgende grafiek wat opgestel is en beantwoord die vrae:
3.1 Skryf die doelwit van die eksperiment wat die leerder en sy ma uitgevoer het
neer. (2)
Temperatuur (°C)
Tyd (minute)
3.2 Pas die volgende fases / prosesse by die stadiums wat op die grafiek
aangetoon word:
AB BC CD DE EF
3.2.1 verdamping
3.2.2 smelting
3.2.3 solied (3)
3.3 Met verwysing na die verhoging in temperatuur, intermolekulêre kragte,
gemiddelde kinetiese energie tussen molekules, verduidelik wat gebeur
tussen punte:
3.3.1 A en B (3)
3.3.2 E en F (3)
3.4 Gee DRIE kenmerke van enige EEN van die fases (gas, vloeistof of solied). (3)
[14]
b.o
Downloaded from hlayiso.com
FISIESE WETENSKAPPE 8
(VRAESTEL 2) Graad 10
VRAAG 4
4.1 HIERONDER IS ’N LYS STOWWE:
Kopermetaal, keramiek, plastiek, glas, muesli, lug wat ons inasem, water,
NaCl kristalle.
Gebruik die lys om die stowwe met die volgende eienskappe te pas:
4.1.1 ʼn Ioniese verbinding wat ʼn elektriese stroom kan gelei wanneer dit in
water opgelos word. (1)
4.1.2 ʼn Goeie geleier van hitte en elektrisiteit, met ʼn hoë smeltpunt en wat
in ʼn vorm gehamer kan word. (1)
4.1.3 Buig maklik, smelt by ʼn lae temperatuur en kan nie hitte en
elektrisiteit gelei nie. (1)
4.1.4 ʼn Mengsel waar die komponente nie gesien kan word nie. (1)
4.2 Kyk na die volgende diagram en beantwoord die vrae:
4.2.1 Skryf die element neer wat die verbinding opmaak. (1)
4.2.2 Verduidelik waarom hierdie verbinding in die diagram nie elektrisiteit
kan gelei nie. (2)
4.2.3 Watter verbinding wat uit die element wat in Vraag 4.2.1
geïdentifiseer is, kan elektrisiteit gelei? Verduidelik waarom dit
moontlik is. (4)
[11]
b.o
Downloaded from hlayiso.com
FISIESE WETENSKAPPE 9
(VRAESTEL 2) Graad 10
VRAAG 5
Gebruik die volgende Periodieke tabel gemerk met letters A – M om die volgende vrae
te beantwoord.
A
B C D
E F G H I J
K L M
5.1 Skryf die hoeveelheid valenselektrone wat in letter H gevind word. (1)
5.2 Skryf die valensie van letter H neer. (1)
5.3 Twee reëls moet gevolg word om orbitale te vul. Noem en gee hierdie reëls. (6)
5.4 Skryf die naam vir die element wat in Periode 2, Groep 6 gevind word. (1)
5.5 Teken die Aufbau diagram vir die element geïdentifiseer in Vraag 5.4. (3)
5.6 Gee die elektron konfigurasie vir die ioon wat vorm vanuit letter L. (4)
[16]
VRAAG 6
Natuurlike elemente het isotope.
6.1 Gebaseer op die bogenoemde stelling, watter subatomiese deeltjie is
verantwoordelik vir die voorkoms van isotope? (1)
6.2 Bepaal met ʼn geskikte berekening, die relatiewe atoommassa van Neon wat uit
die volgende bestaan:
88,48% Ne-20
0,27% Ne-21
11,25% Ne-22 (3)
[4]
b.o
Downloaded from hlayiso.com
FISIESE WETENSKAPPE 10
(VRAESTEL 2) Graad 10
VRAAG 7
7.1 Skryf die VIER kenmerke neer wat aandui dat ʼn chemiese verandering tydens
ʼn chemiese reaksie plaasgevind het. (4)
7.2 Differensieer tussen ʼn ontbindingsreaksie en ʼn sintese reaksie. (2)
7.3 Identifiseer die reaksies hieronder as fisiese of chemiese verandering:
7.3.1 Ys wat smelt (1)
7.3.2 Spyker wat roes (1)
7.3.3 Brood wat rooster (1)
7.3.4 Glas wat breek (1)
[10]
VRAAG 8
8.1 Teken Lewis diagramme vir die volgende:
8.1.1 CO2 (2)
8.1.2 Na+ (1)
8.1.3 CH4 (1)
8.2 Skryf die korrekte chemiese formule vir die volgende verbindings neer:
8.2.1 Ammoniak (1)
8.2.2 Karbonaat ioon (1)
8.3 Skryf die gebalanseerde vergelyking vir NaHCO3 Na2CO3 + H2O + CO2. (2)
8.4 Skryf ʼn gebalanseerde vergelyking vir:
kalsium hidroksied + swawelsuur → kalsiumsulfaat + water (3)
8.5 Skryf die naam vir die volgende verbindings neer:
8.5.1 FeCl3 (2)
8.5.2 KMnO4 (2)
[15]
TOTAAL AFDELING B: 80
TOTAAL: 100
EINDE
Downloaded from hlayiso.com
FISIESE WETENSKAPPE 11
(VRAESTEL 2) Graad 10
THE PERIODIC TABLE OF ELEMENTS / DIE PERIODIEKE TABEL VAN ELEMENTE
Study this subject
Recommended for this subject
%20June%202016%20Question%20Papers_hlayiso.com_--66a2c024-0d17-46df-b026-8e8702c685a6/v1-10f4cf04fe14aa56c731/card.webp)
Question paper
Physical Sciences Grade 10 P1 Gauteng June 2016 QP (Afr)
%20June%202016%20Possible%20Answers_hlayiso.com_--bd87dfab-9c38-428e-b164-1caed1d757b5/v1-3012969198c8459c2c09/card.webp)
Memorandum
Physical Sciences Grade 10 P1 Gauteng June 2016 Memo (Afr)
%20June%202019%20Possible%20Answers_hlayiso.com_--bdfc5a8b-9b3b-483e-a730-d90c972596fa/v1-fe523fb91bd4a03c04e7/card.webp)
Memorandum
Physical Sciences Grade 10 P2 Gauteng June 2019 Memo (Afr)
%20June%202018%20Possible%20Answer_hlayiso.com_--90de8ad3-d5d4-4736-8702-c5ba535b10d1/v1-72200cc2f43c79effad0/card.webp)
Memorandum
Physical Sciences Grade 10 P2 Gauteng June 2018 Memo (Afr)
%20June%202019%20Question%20Paper_hlayiso.com_--8d4753ac-a821-4d2f-9567-47a8b60aa5b0/v1-53ba37623177a647f5fb/card.webp)
Question paper
Physical Sciences Grade 10 P1 Gauteng June 2019 QP (Afr)
%20June%202018%20Question%20Paper_hlayiso.com_--54c2a4f2-34fa-4d05-af7e-0bb97d0bf91c/v1-5af4147b1f7a4bbf83cd/card.webp)
Question paper
Physical Sciences Grade 10 P1 Gauteng June 2018 QP (Afr)
More from Grade 10 Physical Sciences

Annual teaching plan
Gr 10 Phys Sci ATP 2023 24

Question paper and memo
Physical Sciences Grade 10 Eastern Cape June 2025 QP & Memo

Question paper and memo
Physical Sciences Grade 10 Free State June 2025 Paper & Memo

Question paper and memo
Physical Sciences Grade 10 P1 KZN November 2025 Paper & Memo

Question paper and memo
Physical Sciences Grade 10 Limpopo March Test 2025 QP & Memo

Question paper and memo