Skip to content
Study guide

Gr10 Toerisme OG studyguide LR

Grade 10 Tourism study guide, 105 pages. Read online or get the free PDF download.

Publisher: Via Afrika

Subject: TourismGrade 10105 pages
Download

Loading document…

Loading document…

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Via Afrika Graad 10 Onderwysersgids Ons rol is om leerders te mentor en te vorm, nie Toerisme net vir die teoretiese deel van die vak wat hulle bestudeer nie, maar ook om hulle voor te berei vir die wêreld daar buite. Graad 10 Studiegids — Shanton Lamour, Onderwyser T. Holomisa, E.M.J.C Schaller, D.J. Brown, B. de Klerk, M.J. Ohloff, L.S. Kota, B.P. Nkosi Via Afrika verstaan en waardeer jou bydrae as onderwyser en wil jou graag ondersteun. Jy het die belangrikste taak in die Via Afrika Toerisme onderwys, en ons besef dat jou verantwoordelikhede veel meer as bloot die onderrig van leerinhoude behels. Ons het ons bes gedoen om jou tyd te bespaar en jou lewe te vergemaklik. Ons is trots dat ons jou kan help om hierdie vak suksesvol aan te bied. Hier volg ’n paar kenmerke van hierdie nuwe reeks: 1. Die reeks is volgens die Nasionale Kurrikulum- en Assesseringsbeleidsverklaring (“CAPS”) geskryf. Kyk op bladsy vi-xxvii hoe ons aan die vereistes van CAPS voldoen. 2. ‘n Moontlike werkskedule is ingesluit. Kyk op bladsy vi-xxvii hoeveel tyd dit jou kan bespaar. 3. Elke onderwerp begin met ‘n oorsig van wat onderrig word en die hulpbronne wat jy benodig. Kyk op bladsy 1 hoe dit jou met jou beplanning sal help. 4. Daar is advies oor die voorgestelde pas wat jou sal help om die hele jaar se werk betyds af te handel. Bladsy xxviii-xxix wys jou hoe dit gedoen word. 5. Ons gee by elke onderwerp raad oor hoe om konsepte bekend te stel en hoe om leerders met steierwerk voor te berei en te ondersteun. Kyk op bladsy 2 vir ‘n voorbeeld. 6. Al die antwoorde word gegee; jy bespaar dus tyd omdat jy nie die oefeninge self hoef uit te werk nie. Kyk op bladsy 5, 10 vir ‘n voorbeeld. 7. ‘n CD propvol hulpbronne is ook ingesluit om jou met onderrig en assessering te help. Sien die binnekant van die voorblad. Die bypassende Leerderboek bevat die volledige inhoud wat jou leerders moet bemeester. Dit is in toeganklike taal geskryf wat dit vir leerders maklik maak om te leer. Die opwindende ontwerp en uitleg van die Leerderboek sal leerders se belangstelling aanwakker, hulle inspireer om te leer en die onderrigtaak vir jou aangenaam maak. Ons wil graag hoor hoe dit met jou onderrig gaan. Stuur jou terugvoer per epos aan ons by toerisme@viaafrika.com of besoek ons onderwysersforum by www.viaafrika.com. Language: Afrikaans www.viaafrika.com
P. Bean • M. Kleyn • E.L Llewellyn • T.R. Maliehe • A. Marx Studiegids Via Afrika Toerisme Graad 10 ISBN: 978-1-41546-339-0
Inhoud Kwartaal 1 Toerismesektore................................................................................1 Oorsig................................................................................................................1 Vrae...................................................................................................................21 Kwartaal 2 Kaartwerk en toerbeplanning.......................................................27 Oorsig..............................................................................................................27 Vrae.................................................................................................................. 34 Binnelandse, streeks- en internasionale toerisme................................................ 38 Oorsig............................................................................................................. 38 Vrae...................................................................................................................41 Kwartaal 3 Toeriste-attraksies in Suid-Afrika..................................................... 44 Oorsig............................................................................................................. 44 Vrae.................................................................................................................. 58 Volhoubare en verantwoordelike toerisme........................................................... 62 Oorsig............................................................................................................. 62 Vrae.................................................................................................................. 67 Bemarking......................................................................................................... 71 Oorsig.............................................................................................................. 71 Vrae...................................................................................................................73 Kwartaal 4 Kultuur en erfenis........................................................................... 76 Oorsig............................................................................................................. 76 Vrae...................................................................................................................81 Kommunikasie en kliëntediens........................................................................... 83 Oorsig............................................................................................................. 83 Vrae.................................................................................................................. 88 Voorbeeldeksamenvraestel................................................................................ 90 Voorbeeldantwoordstel...................................................................................... 95 ©Via Afrika » Tourisme ii
Welkom by die Via Afrika Toerisme Graad 10 Studiegids- E-boek. Hierdie E-boek sal jou al die inhoud en vaardighede wat jy nodig het om aan die vereistes van die Nasionale Kurrikulumassesseringsbeleidsverklaring vir Toerisme vir Graad 10 te voldoen, help verstaan en bemeester. Hierdie Studiegids dek die volgende onderwerpe: 1. Toerismesektore 2. Kaartwerk 3. Binnelandse toerisme 4. Toeriste-attraksies 5. Volhoubare en verantwoordelike toerisme 6. Bemarking 7. Kultuur en erfenis 8. Kommunikasie en kliëntediens Hoe om die beste van jou Studiegids gebruik te maak Elke onderwerp word in die volgende opgedeel: ●● ’n Oorsig (grafiese organiseerder) ●● Opsommings ●● Vrae en antwoorde. Daar is ’n voorbeeld van ’n eindeksamenvraestel met modelantwoorde. Die toerismebedryf in Suid-Afrika is die heeltyd aan die verander. Elke dag bring nuwe idees mee. Ons Leerderboek en Studiegids- E-boek sal jou van uitstekende hulbronne voorsien, maar dit is belangrik dat jy jouself op hoogte hou deur nuwe ontwikkelings in toerisme in die media, soos op televisie en in koerante, tydskrifte en op die internet, te volg. Jou vermoë om in ’n span te werk, inligting te soek en sleutelbegrippe te bespreek en te verduidelik sal jou help om jou bevoegdheid vir ’n baie opwindende loopbaan in toerisme te ontwikkel! ©Via Afrika » Tourisme iii
Kwartaal 1 Toerismesektore Oorsig Toerisme- 1 sektore eenheid Inleiding tot eenheid Soorte toeriste eenheid Verskillende eenheid Die Gasvry- 1 toerisme 2 en toerisprofiele 3 maniere van vervoer 4 heidsektor 1 Wat is toerisme? 1 Soorte toeriste 1 Reis per pad 1 Verskillende soorte 2 Tipes bestemmings 2 Hoe om ’n 2 Reis per vliegtuig akkommodasie 3 Hoekom reis toeristeprofiel 3 Reis per trein mense? saam te stel 4 Reis per boot of skip 4 Wat is ’n toeris? 5 Buitengewone maniere van vervoer 6 Maniere van vervoer wat pas by die doel van die reis 7 Voordele en nadele eenheid Die Suid- eenheid Terminologie eenheid Tegnologie in die eenheid Voedsel-en 5 Afrikaanse graderingstelsel 6 en konsepte vir akkommodasie- ondernemings 7 kamer 8 drankinstellings 1 Die 1 Tegnologie vir inligting 1 Soorte instellings Stergraderingstelsel 2 Tegnologie vir gerief 2 Die rol van die TGCSA 3 Tegnologie vir vermaak 3 Voordele van die 4 Tegnologie vir veiligheid graderingstelsel 5 Tegnologie vir 4 Prosedure om te volg omgewingsverant- vir gradering woordelikheid 5 Logo’s wat na 6 Tegnologie vir werk gradering uitgestal mag word eenheid Die attraksie- eenheid Struktuur van die eenheid Struktuur van die eenheid Betalingsme- 9 sektor 10 Suid-Afrikaanse toerismebedryf: die openbare sektor 11 Suid-Afrikaanse toerismebedryf: die privaat sektor 12 todes in Suid- Afrika 1 Wat is attraksies? 1 Nasionale Departement 1 Produkeienaars 1 Internetbetalings 2 Subsektore van attraksies van Toerisme (NDT) 2 Plaaslike gemeens- 2 Betalings by ’n out- 3 Soorte attraksies vir 2 Ander staatsdeparte- kappe omatiese tellermasjien toeriste mente (OTM) 3 NRO’s, GGO’s en pro- 4 Primêre en sekondêre 3 Parastatale instellings fessionele verenigings 3 Snelpunt-masjiene attraksies 4 Agentskappe wat deels 4 Die internasionale 4 Kredietkaarte 5 Attraksies en hul aantrek- deur die regering besit gemeenskap 5 Debietkaarte kingskrag vir spesifieke word tipes toeriste 6 Selfoonbetalings 5 Regeringseenhede 6 Beskikbare aktiwiteite by 7 Tjeks toeriste-attraksies ©Via Afrika » Tourisme 1
Kwartaal 1 1 Inleiding tot toerisme 1.1 Wat is toerisme? Toerisme is die studie van aktiwiteite, dienste en bedrywe wat deel van ’n reiservaring is. Dit bestaan uit verskillende sektore: toeristeprofiele, vervoer, gasvryheid, ondersteuningsdienste en besienswaardighede (trekpleisters). 1.1.1 Die verskil tussen inkomende en uitgaande toerisme ●● Inkomende toeriste reis in een land in vanuit ’n ander land. ●● Uitgaande toeriste reis uit hul tuisland om ’n ander land te besoek. 1.2 Tipes bestemmings ●● Binnelandse toerisme behels mense wat binne hul eie land reis. ●● Streekstoerisme behels mense wat binne ’n spesifieke geografiese gebied reis. ●● Internasionale toerisme behels mense wat buite hul tuisland reis en ’n internasionale grens met doeanebeheer oorsteek. 1.3 Hoekom reis mense? Toeriste het verskillende behoeftes, voorkeure en verwagtinge. Sodra mense hul basiese behoeftes (suurstof, kos, drinkgoed, behuising, hitte, slaap, beskerming, veiligheid, wet en orde, beperkings, familie, toegeneentheid, verhoudings en werk) bevredig het, wil hulle hoërvlakbehoeftes en -begeertes bevredig. Dit sluit prestasies, status, reputasie, persoonlike groei en verwesenliking in. Toerisme kan deels in die bevrediging van hierdie hoërvlakbehoeftes en -begeertes voorsien. 1.4 Wat is ’n toeris? ●● ’n Toeris reis vir langer as ’n dag, maar korter as ’n jaar weg van die huis. ●● ’n Plesierreisiger arriveer en vertrek op dieselfde dag van ’n bestemming. 2 Soorte toeriste en toerisprofiele 2.1 Soorte toeriste Toeriste kan as volg geklassifiseer word: ●● Sake- en professionele toeriste ●● Vryetyds- en vakansietoeriste ●● Besoek vriende en familie (BVF)-toeriste ●● Jeugreisigers (rugsakreisigers en brugjaartoeriste) ●● Avontuurtoeriste ●● Eko-/omgewingstoeriste ●● Kultuurtoeriste ●● Godsdienstoeriste ©Via Afrika » Tourisme 2
Kwartaal 1 ●● Sport- en ontspanningstoeriste ●● Toeriste met spesiale belangstellings ●● Aansporingstoeriste ●● Gesondheidstoeriste. 2.2 Hoe om ’n toeristeprofiel saam te stel ’n Toeristeprofiel is ’n opsomming van dit wat toeriste wil hê en verwag. Dit sluit die volgende inligting in: ●● Naam ●● Nasionaliteit ●● Ouderdom ●● Kontakbesonderhede ●● Beroep ●● Behoeftes en voorkeure (sport, opvoedkundig, ens.) ●● Spesifieke vereistes (akkommodasie, kos, vervoer) ●● Aankoms- en vertrekdatums. 3 Verskillende maniere van vervoer 3.1 Reis per pad 3.1.1 Motors ●● Sedanmotors word vir privaat vervoer gebruik. ●● Viertrekvoertuie (4x4-) word vir wildernisuitstappies gebruik. ●● Motors kan sleepwaentjies en karavane sleep. ●● Gehuurde motors vervoer klein groepe of individue. 3.1.2 Busse/toerbusse ●● Hulle volg vaste tydroosters en vasgestelde roetes. ●● Toergroepe maak van gehuurde busse gebruik. ●● Greyhound en InterCape is voorbeelde van busmaatskappye. ●● Die Baz Bus word deur rugsakreisigers gebruik. ●● Pendelbusse verskaf vervoer na en van lughawens, hawens en terminale. 3.1.3 Taxi’s ●● Taxi’s met meters vra ’n bedrag vir die afstand wat afgelê is. ●● Minibustaxi’shet nie roosters of vasgestelde oplaai- en aflaaaipunte nie. 3.1.4 Motorfietse ●● Motorfietse kan vir selfry-uitstappies gehuur word. 3.2 Reis per vliegtuig 3.2.1 Vliegtuie ©Via Afrika » Tourisme 3
Kwartaal 1 ●● Hulle is vinnig en duur. ●● Hulle vlieg tussen groot sentra. ●● Sakelui en welgestelde toeriste huur kleiner vliegtuie. ●● Helikopters kan van kleiner vliegvelde opstyg. Dit is ’n gewilde manier om besienswaardighede te besigtig. Dit is baie duur. ●● Mikroligte vliegtuie kan slegs een of twee mense vervoer. Hulle is veral onder avontuurtoeriste gesog. 3.3 Reis per trein ●● Spoorwegnetwerke verbind belangrike sentra. ●● Dit is ’n goeie manier om die landskap te besigtig. 3.3.1 Treindienste in Suid-Afrika ●● Shosholoza Meyl volg stad-tot-stad-roetes. ●● Metrorail is ’n pendelaarsdiens. ●● Die Gautrein is ’n treinroete tussen Johannesburg, OR Tambo Internasionale Lughawe en Pretoria. Dit is ’n sneltrein. ●● Die Bloutrein is ’n luukse trein. Dit loop weekliks op die Kaapstad–Pretoria-roete. ●● Rovos Rail is ’n privaatbeheerde luukse diens. Die diens word binne Suid-Afrika en ook na ander lande bedryf. ●● Trems loop op spore wat in die straat gelê word. In Suid-Afrika is hulle deur busse vervang. Daar is wel een in Kimberley wat toeriste na die Groot Gat neem. 3.4 Reis per boot of skip 3.4.1 Luukse passassierskepe ●● Toeriste kan by Suid-Afrikaanse hawens op- en afklim. 3.4.2 Bote ●● Bote is gewild vir hawevaarte, visvanguitstappies en walvisbesigtiging. ●● Seiljagte word vir privaat vaarte gebruik. 3.5 Buitengewone maniere van vervoer ●● Kamele ●● Donkiekarre ●● Warmlugballonne ●● Fietse 3.6 Maniere van vervoer wat pas by die doel van die reis Die keuse van vervoermiddel hang van die volgende af: ●● Beskikbare vervoer ●● Koste ●● Veiligheid ©Via Afrika » Tourisme 4
Kwartaal 1 ●● Betroubaarheid ●● Aanpasbaarheid van die skedule ●● Getal mense ●● Afstand en tyd ●● Persoonlike voorkeure ●● Toeganklikheid ●● Vlak van gemak wat verlang word. 3.7 Voordele en nadele Elke manier van vervoer het voor- en nadele. Vorm Voordele Nadele Gerieflik, vinnig en gemaklik; koste- Lang ritte kan uitputtend wees en tot doeltreffend vir meer as twee passas- bestuurderuitputting en ongelukke lei; iers; aanpasbaar aangesien die bestu- min laaikapasitiet; tolfooie op nasion- urder oor aankoms- en vertrektye en ale paaie; padwerke en verkeersknope Pad: Motor oor stilhouplekke tussen-in kan besluit; kan oponthoude veroorsaak en reistyd jy kan by jou spesifieke bestemming verleng; hoë koste aan motoronderhoud uitkom; gebruik van die voertuig by die en brandstof verbonde. eindbestemming verminder verdere vervoerkoste. Relatief goedkoop; groot laaikapasiteit; Word volgens vaste skedules en roetes ontspannend aangesien passasiers nie bedryf en is dus nie aanpasbaar nie; hoef te bestuur nie; verstelbare sitple- passasiers moet self by aankoms- en kke en lugversorging dra tot gemak by; vertrekpunte sien kom klaar; verkeer- Pad: Bus of toerbus alle groot dorpe en stede is bereikbaar. sknope en padwerke kan tot opon- thoude lei; swak onderhoud van busse en/of onbevoegde of oormoeg bestuur- ders kan ongelukke veroorsaak. Bestuurders wag totdat die voertuig vol Is ingestel op pendelaars en langaf- is voor dit vertrek, dus kom oponthoude stand-reisigers (tussen stede); relatief voor; bestuurders kan geneig wees om goedkoop; roetes sluit gebiede in wat te oorlaai, wat ongemak vir passasiers Pad: Minibustaxi nie deur ander vorme van vervoer gedek veroorsaak en dikwels tot ongelukke lei; word nie en is redelik gereeld hoewel potensiële swak onderhoud verhoog die nie geskeduleer nie, so daar is ’n mate moontlikheid van ongelukke; gereelde van aanpasbaarheid. stakingsoptrede ontwrig die diens verder. ’n Relatief duur vorm van vervoer; nie aanpasbaar nie want roetes en tye is geskeduleer; beperkings op getal en Vinnigste vorm; veilig; betroubaar; gewig van stukke bagasie; lughawens groot laaikapasiteit; kajuitperson- is gewoonlik buite stadsgebiede geleë, eel sien na passasiers om en bedien Lug: Vliegtuig dus moet ’n ander vorm van vervoer verversings; daar is vlugte tussen al gebruik word om daar te kom; beperkte die groot sentra, asook ’n paar kleiner sitplekruimte kan ongemak veroor- dorpe. saak; internasionale passasiers wat oor tydsones vlieg, kan vlugvoosheid ondervind. Relatief bekostigbaar en vinnig; ge- Geskeduleerde roetes en tye beteken woonlik binne dorps- en stadskerns dat spoorvervoer relatief onaanpasbaar Spoor: Trein geleë; energiedoeltreffend; ontspan- is; pendelaartreine is dikwels in spit- nend. stye oorvol, wat tot ongemak kan lei. ©Via Afrika » Tourisme 5
Kwartaal 1 Betroubaar; ontspannend; energie- Tydrowend en dus net geskik vir pas- doeltreffend; veiligste vorm van ver- sasiers wat baie tyd het om te reis; pas- voer; vrygewige bagasietoelaag; relatief sasiers kan seesiek word; die koste van Water: Passasier-skip duur aangesien dit akkommodasie, ’n tweede vorm van vervoer van en na etes en die gebruik van alle geriewe en die aankoms- en/of vertrekpunt moet vermaak insluit. bygetel word. 4 Die gasvryheidsektor Privaat en openbare gasvryheidsektore bied akkommodasie en maaltye aan toeriste. ●● Privaat sektore sluit in: ●● Bed-en-ontbyt-ondernemings (B&B’s) ●● Gastehuise ●● Hotelle ●● Rugsakreisigersherberge ●● Restaurante. ●● Openbare sektore sluit ondernemings in wat deur Nasionale Parke bedryf word. 4.1 Verskillende soorte akkommodasie-ondernemings Die tipe onderneming wat gekies word, word deur die onderstaande beïnvloed: ●● Soort onderneming wat verlang word ●● Gehalte van akkommodasie wat verlang word ●● Ligging wat verlang word ●● Beskikbaarheid van akkommodasie ●● Begroting van toeris. 4.1.1 Formelediens-akkommodasie Benodig: bestuurder, ontvangsklerk, alle maaltye en drinkgoed, kamerdiens, klereversorgingsdiens, wasserydiens, pendeldiens, wekkeroproepe, 24-uur-sekuriteit, privaat en suite-kamers, telefoon, internet, TV, tee- en koffiefasiliteite in die kamer, gimnasium, swembad, geskenk- en spesialiteitswinkel, konferensiegeriewe, parkering. 4.1.2 Gastehuis-akkommodasie Deur eienaar bestuur, gesinsatmosfeer. Benodig: skoonmaak van kamers, gasheer/-vrou of ontvangspersoneel, maaltye soos versoek, wekkeroproepe, wasserydiens, 24-uur- sekuriteit, privaat kamer, telefoon, TV, tee- en koffiefasiliteite, beddegoed, handdoeke, parkering. 4.1.3 Selfsorg-akkommodasie Kos minder. Benodig: ten minste een slaapkamer, leef- en eetarea, badkamer, kook- of kombuisarea, bestuur moet beskikbaar wees, skoonmaakdiens, beddegoed, handdoeke, kookgerei, TV, braai-area. ©Via Afrika » Tourisme 6
Kwartaal 1 4.1.4 Karavaan- en kampeerondernemings Goedkoop. Benodig: opsigter moet beskikbaar wees, elektrisiteit, badkamers, braaigeriewe, vullisverwydering, wassery, winkel, toegang tot telefoon, lopende water by staanplekke, opwasgeriewe, wasgoeddrade, ontspanningsgeriewe soos ’n swembad. 4.1.5 Rugsakreisigers- en (jeug)herberge Vir reisigers met beperkte begrotings. Benodig: enkelkamers of slaapsale, beddegoed, gedeelde leefareas, toeriste-inligtingsbrosjures, ontvangsarea, openbare telefoon, gemeenskaplike badkamers en ontspanningsarea. 4.1.6 Jaghuise/safarigastehuise op wildplase of -reservate In private besit, hoë gehalte van akkommodasie in of naby ’n wildreservaat; dienste en geriewe soortgelyk aan dié van ’n klein, luukse hotel. 5 Die Suid-Afrikaanse graderingstelsel Die Raad vir Toerismegradering van Suid-Afrika (TGCSA) is verantwoordelik vir die gradering en gehalteversekering van akkommodasie-ondernemings. 5.1 Die Stergraderingstelsel Dit evalueer en gradeer ondernemings en ken sterre toe. 5.2 Die rol van die TGCSA Die raad lei assessore op, keur assessore se bevindings en gradering van ondernemings, verskaf graderingsplate, bestuur kliënteterugvoering om standaarde te handhaaf, doen gereelde inspeksie by ondernemings. 5.3 Voordele van die graderingstelsel 5.3.1 Vir toeriste Hulle weet wat hulle kan verwag en kan ’n ingeligte keuse van ondernemings maak. Hulle kan die kliënteterugvoeringstelsel gebruik. 5.3.2 Vir ondernemings Hulle word op die TGCSA-webwef gelys. Hulle kan in die SAT-brosjure adverteer. Gradering is goed vir besigheid. Hulle kan hul stergradering in advertensies gebruik. 5.4 Prosedure om te volg vir gradering Die eienaar moet: ●● die vereistes lees en verstaan ●● ’n assessor van ’n lys kies ●● aansoek doen om gradering ●● ’n afspraak met die assessor maak. ©Via Afrika » Tourisme 7
Kwartaal 1 Die assessor moet: ●● die onderneming besoek ●● die assessering (evaluering) met die eienaar bespreek ●● aanbevelings vergesel van foto’s aan die TGCSA stuur. Die TGCSA keur die assessering goed of af. Eienaars kan appelleer, indien nodig. Gradering is vir een jaar geldig. Die eienaar kan ’n plaat koop waarop die stergradering aangedui word en dit uitstal. Eienaars van ondernemings moet ook: ●● in hul provinsie as ’n onderneming registreer ●● belastingklaring verkry ●● oor ’n identiteitsdokument of werkpermit (indien nie ’n Suid-Afrikaner nie) beskik ●● openbare-aanspreeklikheidsversekering uitneem ●● oor ’n dranklisensie beskik indien nodig ●● aan SEB-vereistes voldoen of oor ’n vrystellingsertifikaat beskik. 5.5 Logo’s wat na gradering uitgestal mag word Die graderingsplaat dui die tipe akkommodasie-onderneming en die sterre toegeken, aan. Daar verskyn ’n nommer, asook ’n verklaring van die TGCSA daarop wat die TGCSA die reg gee om die plaat te verwyder indien die onderneming nie die graderingsvereistes handhaaf nie. 6 Terminologie en konsepte vir akkommodasie- ondernemings Tipes Dubbelkamer Hierdie kamer is geskik vir of groot genoeg vir twee mense. Dit bevat een dubbel- (of groter) bed, of twee enkelbeddens, of twee dubbel- kamers (of groter) beddens. Tweelingkamer Hierdie kamer bevat twee beddens wat twee mense kan akkommod- eer. Dit kan twee enkel- of twee dubbelbeddens wees. Gesinskamer Dit is ’n kamer met een dubbelbed of twee enkelbeddens vir die ouers, en een of meer beddens vir kinders. Suite Dit kan uit aparte kamers of een kamer wat in aparte leef- en slaapgedeeltes verdeel is, bestaan. En suite Dit beskryf ’n slaapkamer wat oor sy eie privaat badkamer beskik. Dakwoonstel Dit is ’n luukse woonstel wat op die boonste verdieping van ’n hotel of woonstelblok aangetref word. Pryse Per persoon Tarief per persoon. Per persoon wat deel Tarief per persoon wat deel. Ten volle inklusief Die prys sluit verblyf, maaltye en enige ander aangebode aktiwiteite in. Enkelbybetaling Dit is ’n ekstra betaling vir enkelverblyf in ’n dubbelkamer. pp Per persoon. pps Per persoon wat deel. pppn Per persoon per nag. pppd Per persoon per dag. ©Via Afrika » Tourisme 8
Kwartaal 1 Tipes Kontinentale ontbyt Hierdie ligte ontbyt bestaan grootliks uit broodrolletjies of gesnyde brood/roosterbrood, met koffie of tee en dikwels ook vrugtesap. maaltye Engelse ontbyt Hierdie is ’n volledige ontbyt wat gewoonlik graankos, vrugte, drink- goed, spek en eiers, asook dikwels wors, tamatie en sampioene, insluit. Buffet Dit is ’n informele manier om ’n maaltyd te bedien. Die gange word mooi vertoon (gewoonlik op lang tafels) en gaste kan hulself help. Kelners dek die borde af. À la carte Tydens hierdie maaltyd word die geregte op ’n spyskaart gelys en geprys en dan afsonderlik bestel. Kamerdiens ’n Diens wat gaste toelaat om kos en drank te bestel wat in die kamer bedien word. 7 Tegnologie in die kamer Ontspanningsgaste wil in hul kamers vermaak word en sakegaste wil sake in hul kamers kan voltrek. 7.1 Tegnologie vir inligting Interaktiewe TV laat gaste toe om: ●● toegang tot inligting oor geriewe en dienste te verkry ●● na spyskaarte te kyk ●● toegang tot interaktiewe kaarte te kry ●● na die nuus, weervoorspelling en beleggings te kyk ●● toegang tot e-pos te kry ●● wekkeroproepe te programmeer ●● huishoudings-, wassery- of onderhoudsdienste te versoek. 7.2 Tegnologie vir gerief ●● Goeie beligting ●● Geskikte temperatuur ●● Klankdigtheid ●● Elektroniese toilette ●● Verhitte handdoekrelings ●● Uitsuigwaaiers in badkamers ●● Sensorbeheerde krane en handdroogtoestelle ●● Afstandbeheerde TV, lugversorger, gordyne ●● Mini-kroeg. 7.3 Tegnologie vir vermaak ’n Interaktiewe TV verskaf die volgende: ●● TV-programgids en -inligting ●● Satelliet- en internasionale kanale ●● Speletjies, musiek, rolprente ●● Internet. ©Via Afrika » Tourisme 9
Kwartaal 1 7.4 Tegnologie vir veiligheid ●● Programmeerbare elektroniese kluis ●● Elektroniese deurslot ●● Elektroniese sleutelkaart ●● ’n Sensorstelsel wat die tyd aanteken wanneer mense die kamer binnekom en verlaat. 7.5 Tegnologie vir omgewingsverantwoordelikheid ●● ’n Elektroniese sleutelkaart wat elektrisiteit bespaar ●● Digitaalbeheerde storte wat verseker dat watertemperatuur konstant bly ●● Stortkoppe wat minder water gebruik ●● Energiebesparende gloeilampe ●● Ligte met besettingsensors. 7.6 Tegnologie vir werk ●● ‘Hotspot’-internettoegang ●● Wi-Fi-netwerke ●● Interaktiewe TV ●● Internasionale multikragpunt/-prop, verlengkoorde en laaiers vir elektroniese toerusting ●● Vinnige internettoegang (HSIT-breëband) ●● Koordlose telefone of telefone met lang koorde. 8 Voedsel- en drankinstellings 8.1 Soorte instellings 8.1.1 Voldiensrestaurante ●● Fynproewerrestaurant: formele spyskaart, wye verskeidenheid geregte, duurder ●● Gesinsrestaurant: informeel, goedkoper. Voorbeelde: Spur, Ocean Basket. 8.1.2 Koffiewinkels ●● Verskaf koffie, koek ●● Kan ontbyt, middagete, ander drinkgoed (sommiges het wyn en bier) verskaf ●● Binne- en buite-areas ●● Gewilde ontmoetingsplekke ●● Gevind in winkelsentrums, hotelle, lughawens, by besienswaardighede. 8.1.3 Drinkplekke/kroeë ●● Informele maaltyddiens met beperkte spyskaart ●● Alkoholiese en nie-alkoholiese drinkgoed ●● Soms lewendige vermaak ●● TV vir sport. ©Via Afrika » Tourisme 10
Kwartaal 1 8.1.4 Roomyswinkels ●● Spesialiteitsondernemings ●● Verkoop draairoomys, sorbet, jogurtroomys, roomys ●● Kom voor in winkelsentrums, op strandfronte en naby vermaaklikheidsareas ●● Vir ontspannings- en gesinstoeriste. 8.1.5 Kitskos en kitsdiens ●● Voedsel is gedeeltelik voorberei en word vinnig bedien ●● Voorbeelde: Nando’s, Wimpy, KFC ●● Wegneemetes ●● Sommige ondernemings het plek om te sit en eet ●● Aantreklik vir beperkte begroting. 8.1.6 Tavernes en sjebiens ●● In townships ●● Tradisionele Afrika-kos ●● Alkoholiese en nie-alkoholiese drinkgoed, asook tuisgebroude bier ●● Ontmoetingsplekke ●● Neem in gewildheid by avontuurlustige toeriste toe ●● Kan plaaslike kultuur beleef ●● Musiek of lewendige vermaak. 8.1.7 Straatkraampies, kiosks en markte ●● Spesifieke tipe kos ●● Kan kulturele tradisies weerspieël ●● Stalletjies kan verskuif word (nie permanent nie) en kan buite wees ●● By feeste en spesiale geleenthede gevind ●● Kos kan op die plek berei word. 9 Die attraksiesektor 9.1 Wat is attraksies? ●● ’n Plek van belang ●● Word vir vermaak, opvoeding, pret besoek ●● Natuurlike of geskepte skoonheid ●● Van kulturele of historiese belang ●● Hoofrede vir toerisme ●● Moet toeganklik wees. 9.2 Subsektore van attraksies Daar is vyf subsektore. ©Via Afrika » Tourisme 11
Kwartaal 1 9.2.1 Dobbel en loterye Casino’s bied dobbelspele (muntoutomate, kaartspele), dobbeltafels, vermaak, restaurante, hotelle, kinderspeelareas, sportaktiwiteite. 9.2.2 Ontspanning Oorde, besigtiging, stap, bergklim, inkopies, rolprente, strand-aktiwiteite, temaparke (Ratanga Junction, uShaka Marine World), walvisbesigtiging, wildritte. 9.2.3 Bewaring Bewaring en beskerming van ons erfenis en omgewing, wildfotografie, plantstudies, piekniek, argeologie. 9.2.4 Sport en ontspanning Toeskouer of deelname aan sport, sportfotografie, oefening. Voorbeelde: Comrades- marathon, Billabong Pro-branderplankry, motorresies, berg-/rotsklim. 9.2.5 Geleenthede en konferensies Vergaderings, aansporing, konferensies, uitstallings (Engels: MICE). Spesiale geleenthede gee die ekonomie ’n hupstoot. Voorbeeld: Grahamstad Nasionale Kunstefees. 9.3 Soorte attraksies vir toeriste 9.3.1 Natuurlike attraksies Geografiese kenmerke (berge), klimaatstoestande (sneeu), diere en plante, pragtige landskappe en uitkykpunte. Voorbeeld: Tafelberg. 9.3.2 Mensgemaakte attraksies Gebou of geskep, oud of modern. Voorbeelde: godsdienstige geboue soos kerke; museums en monumente; parke; historiese stadskerns; dieretuine en akwariums; stadions. 9.4 Primêre en sekondêre attraksies Die belangstellings en behoeftes van toeriste bepaal of die besienswaardigheid primêr of sekondêr is. 9.4.1 Primêr Dit is die hoofrede waarom ’n bestemming besoek word. Dit gee karakter en ontwikkel die beeld van die bestemming. ©Via Afrika » Tourisme 12
Kwartaal 1 9.4.2 Sekondêr Dit is besienswaardighede wat toeriste op pad na of van die primêre besienswaardigheid besoek. Dit verbeter die algehele aantrekkingskrag, verhoog die hoeveelheid geld wat bestee word en verleng die besoektyd. 9.5 Attraksies en hul aantrekkingskrag vir spesifieke tipes toeriste Attraksie Aantrekkingskrag Tipe toeriste wat gelok word Pragtige natuurskoon, Ontspanningstoeriste, avontuurtoer- Kaapstad en Kaapse strande, walvisbesigtiging, iste, toeriste met spesiale belangs- Skiereiland Tafelberg tellngs, rugsakreisigers Bekroonde wyne, pragtige Ontspanningstoeriste, kulturrtoeriste, Die Wynland natuurskoon en historiese opvoedkundige toeriste, toeriste met dorpe spesiale belangstellings Pragtige natuurskoon, flora Ontspanningstoeriste, avontuurtoer- en avontuurgeleenthede Die Tuinroete iste, ekotoeriste, toeriste met spesi- soos brug- of rekspronge en ale belangstellings riviervlotvaarte Saketoeriste, inkopietoeriste, kul- Inkopies, vermaak en town- Johannesburg tuurtoeriste, toeriste met spesiale shiptoere belangstellings Avontuurtoeriste, ekotoeriste, kul- Kruger Nasionale Die Groot Vyf, 4x4-wildritte tuurtoeriste, toeriste met spesiale Park en stapsafari’s belangstellings Strande, die see, brander- Vakansietoeriste, avontuurtoeriste, Durban plankry en uShaka Marine sport- en ontspanningstoeriste World Ekotoeriste, kultuurtoeriste, opvoed- Pragtige natuurskoon en Robbeneiland kundige toeriste, toeriste met spesi- politieke geskiedenis ale belangstellings Township- en kulturele Kultuurtoeriste, toeriste met spesiale Soweto toere, historiese terreine en belangstellings, rugsakreisigers geboue Blyderiviercanyon Natuurskoon en voetslaan- Ekotoeriste, sport- en ontspannings- Natuurreservaat paaie in die natuur toeriste, gesondheidstoeriste Pragtige strande, asem- Ontspanningstoeriste, kultuurtoer- Die Wildekus rowende natuurskoon, iste, ekotoeriste, avontuurtoeriste Xhosa-erfenis 9.6 Beskikbare aktiwiteite by toeriste-attraksies Attraksie Aktiwiteite Plekke met Voetslaanpaaie, kampering, wildbesigtiging, foto- natuurskoon grafie, rotsklim, abseil, riviervlotvaarte, voëlkyk Swem, branderplankry, seilplankry, visvang, Strande skubaduik, vlieërvlieg, skulpe versamel, walvis- besigtiging Inkopies, besigtigingstoere, fotografie, wynproe Toeristeroetes op wynroetes, historiese toere langs historiese roetes Begeleide toere, besigtig uitstallings, besigtig Kulturele kulturele aktiwiteite soos maak van potte of hout- dorpies sneewerk, deelname aan musiek en dans Temaparke Wipwaritte, speletjies, buitelug-pieknieks ©Via Afrika » Tourisme 13
Kwartaal 1 10 Struktuur van die Suid-Afrikaanse toerismebedryf: die openbare sektor ●● NDT: Nasionale Departement van Toerisme ●● Provinsiale departemente en owerhede ●● Bemarkingsorganisasies vir streeksbestemmings ●● DMO’s: Distriks- of munisipale organisasies ●● PTO’s: Plaaslike toerismeorganisasies. 10.1 Nasionale Departement van Toerisme (NDT) ●● Visie: Vir die land om as wêreldleier in toerisme-uitnemendheid erken te word. ●● Missie: Om verantwoordelike en volhoubare toerisme ten bate van alle Suid- Afrikaners te bevorder. ●● Ontwikkel prestasieplanne en -strategieë. 10.1.1 Provinsiale toerismedepartemente ●● In elke provinsie ●● Kan met ander departemente soos bewaring of ekonomie gekombineer word ●● Bevorder toerisme ●● Reguleer toeriste-aktiwiteite ●● Aparte kantore vir elke rol. 10.1.2 Provinsiale toerisme-owerhede ●● Sluit al die beheerkantore wat deur toerismedepartmente beheer word, in ●● Reik permitte aan toeroperateurs en ondernemings uit (jagpermitte, walvisbesigtigingspermitte, ens.). Provinsiale owerhede en kantore vir bewaringspermitte Gauteng: Departement van Landbou- en Omgewingsake http://www.gdard.gpg.gov.za/ KwaZulu-Natal: Departement van Landbou- en Omgewingsake http://agrikultuur.kzntl.gov.za/ Limpopo: Departement van Ekonomiese Ontwikkeling, Omgewingsake en Toerisme http://www.limpopo.gov.za/prov_depts/econ_dev_environ_toerisme.htm Mpumalanga: Departement van Landbou, Bewaring en Omgewingsake Noord-Kaap: Departement van Landbou, Grondhervorming, Bewaring en Omgewingsake http://www.northern-cape.gov.za/departments/ Noordwes: Departement van Landbou, Bewaring en Omgewingsake http://www.nwpg.org.za/Agrikultuur/ ©Via Afrika » Tourisme 14
Kwartaal 1 Oos-Kaap: Departement van Ekonomiese Ontwikkeling en Omgewingsake, Oos-Kaap http://www.dedea.gov.za/ Wes-Kaap: Departement van Omgewingsake en Ontwikkelingsbeplanning http://www.capegateway.gov.za/eng/yourgovernment/gsc/406 10.1.3 Bemarkingsorganisasies vir streeksbestemmings ●● Streke is gebiede in ’n land wat oor ’n spesifieke klimaat, landskap en tipes besienswaardighede beskik. Voorbeeld: Weskus en Namakwaland vir veldblomme in die lente. ●● Openbare en privaat sektore kan saamstaan om ’n streek te bemark. Voorbeeld: die konferensieburo wat Kaapstad en die Wes-Kaap bemark. ●● Die 2010 FIFA-Sokkerwêreldbeker was ’n reuse geleentheid vir bemarking en toerisme. 10.1.4 Distriks- of munisipale organisasies (DMO’s) ●● Kleiner gebiede as streke ●● Organisasie is in ’n sentrale dorp gebaseer ●● Gebied rondom die dorp word die munisipaliteit genoem ●● Distrikskantore in die meeste provinsiale dorpe. 10.1.5 Plaaslike toerismeorganisasies (PTO’s) ●● Die kleinste organisasies ●● Fokus op spesifieke gebiede ●● Bevorder plaaslike besienswaardighede en ondernemings. 10.2 Ander staatsdepartemente Skakel met en werk saam met die NDT. 10.2.1 Departement van Binnelandse Sake (DBS) ●● Reik paspoorte uit ●● Beheer immigrasie ●● Speel ’n rol in nasionale veiligheid ●● Bevorder goeie internasionale verhoudinge. 10.2.2 Departement van Internasionale Verhoudinge en Samewerking (DIVS) ●● Koördineer Suid-Afrika se internasionale verhoudinge en buitelandse beleid ●● Reik visums uit ●● Ontwikkel tans ’n ‘Univisum’ wat mense sal toelaat om al die lande binne die SAOG (Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap) te besoek. ●● Het gehelp met die ontwikkeling van oorgrensparke (wildreservate wat oor grense heen strek). ©Via Afrika » Tourisme 15
Kwartaal 1 10.2 3 Department van Handel en Nywerheid (DHN) ●● Gee vir die regering leiding rakende ekonomiese beleid ●● Werk saam met die Departement van Toerisme ●● Bevorder die ontwikkeling van produkte vir uitvoer en toerisme ●● Ondersteun Suid-Afrikaners om plaaslike sakeondernemings te begin of uit te brei ●● Ondersteun die vestiging van klein, medium en mikro-ondernemings (KMMO’s). 10.2.4 Statistiek SA (StatsSA) ●● Onderneem opnames ●● Publiseer statistiek en verslae oor Suid-Afrika ●● Dit sluit aankoms- en vertrekstatistiek in Suid-Afrika, landsburgers wat in Suid- Afrika reis, vorme van vervoer wat gebruik is, reders vir reis, buitelandse besoekers, bestemmings en akkommodasie wat benut word, in. 10.2.5 Departement van Sport en Ontspanning ●● Rëel internasionale en plaaslike sportbyeenkomste ●● Beplanning behels vergaderings deur komitees, soos die Internasionale Olimpiese Komitee (IOK). 10.2.6 Departement van Vervoer ●● Ontwikkel doelwitte wat toerisme tot voordeel strek ●● Doelwitte sluit mededingende vervoerkoste, verbeterde toegang tot vervoer, verbeterde veiligheid en sekuriteit in ●● Bedryf die Passasierspooragentskap van Suid-Afrika (PRASA). 10.3 Parastatale instellings ●● Word deur die regering besit ●● Word soos ondernemings of maatskappye bedryf ●● Is daarop gemik om wins te maak ●● Voorbeelde: Suid-Afrikaanse Lugdiens (SAL), Transnet, Eskom. 10.4 Agentskappe wat deels deur die regering besit word ●● Word deels deur die regering besit ●● Onder regering en privaatsektor-maatskappye verdeel ●● Soos privaat maatskappye bedryf ●● Die Toerisme-entrepreneursvennootskap (TEV) help om klein ondernemings in die toerismebedryf te ontwikkel. ●● Die NDT verskaf befondsing daarvoor. 10.5 Openbare entiteite ●● Klein staatsdepartement ●● Een spesifieke funksie ©Via Afrika » Tourisme 16
Kwartaal 1 ●● Voorbeelde: SANParke, Suid-Afrikaanse Toerisme, NDB (Nasionale Dobbelraad), SAEHA (Suid-Afrikaanse Erfenishulpbronagentskap), ACSA (Lughawemaatskappy van Suid-Afrika), KKTASSOOO (Kultuur-, kuns-, toerisme-, akkommodasie- en sport- SOOO). 11 Struktuur van die Suid-Afrikaanse toerismebedryf: die privaat sektor 11.1 Produkeienaars ’n Produkeienaar is enige onderneming wat ’n wins uit toerisme maak: ●● Toeroperateurs ●● Reisagente ●● Konferensie-organiseerders ●● Reispublikasies ●● Maatskappye wat reisversekering verskaf ●● Winkels wat aandenkings verkoop ●● Restaurante. 11.2 Plaaslike gemeenskappe ●● Ondernemings wat deur plaaslike gemeenskappe bedryf word ●● Sekere geriewe, soos kampeerterreine, word deur die gemeenskap gebou indien hulle die grond daarvoor besit ●● Ondernemings skep werk Winste word gebruik om geriewe soos paaie, skole en klinieke op te knap. 11.3 NRO’s, GGO’s en professionele verenigings ●● NRO’s - nieregeringsorganisasies ●● GGO’s - gemeenskapgebaseerde organisasies ●● Hulle ondersteun toerismeondernemings ●● Help met opleiding en befondsing ●● Skakel gemeenskappe met toeroperateurs sodat gemeenskappe daarby kan baat ●● Professionele verenigings help entrepreneurs om van die grond af te kom ●● Help om die toerismebedryf en die manier waarop dit bedryf word, te reguleer ●● Is daarop gemik om gehalte van diens te verbeter ●● Verseker dat uitstaande dienslewering gehandhaaf word. 11.3.1 Toerismeorganisasies Vereniging Logo Hooftaak Diens aangebied Verteenwoordig private organisasies betrokke Die amptelike beheerliggaam vir SA Raad vir by reis en toerisme in die privaat sektor betrokke by Toerismebesigheid onderhandelings met die reis en toerisme in Suid-Afrika regering en die openbare sektor ©Via Afrika » Tourisme 17
Kwartaal 1 Gradeer akkommodasie SA Raad op Verseker die gehalte van verblyf- en konferensiegeriewe Toerismegradering en konferensiegeriewe met ’n stergraderings- (TGCSA) telsel Bevorder regverdige en volhou- Het Fair Trade Travel-pa- Fair Trade in Tour- bare toerisme-ontwikkeling in SA kkette na SA beskikbaar ism SA sodat soveel van die geld gege- gemaak in Switserland en (FITSA) nereer deur toerisme as moontlik ander dele van Europa in die plaaslike ekonomie bly Bied ’n waarborg van SA Vereniging Kontroleer die standaard van gehaltediens deur sy lede vir Toeristediens produkte en dienste aangebied aan toeriste wat na SA (SAVTD) aan toeriste deur sy lede kom Onderhandel met die Federated Hospital- Bevorder die ontwikkeling en regering as amptelike ity Association of groei van ’n volhoubare gasvry- verteenwoordiger van die SA (FEDHASA) heidsbedryf in Suid-Afrika privaat sektor in die SA gasvryheidsbedryf Bied ’n waarborg van Reguleer die bedryf van SA gehaltediens deur sy lede Vereniging van SA reisagente wat lede is en verskaf aan reisigers wat reise na Reisagente (ASATA) steun aan agentskappe wat lede en toere in bespreek in is Suid AFrika Handhaaf hoë standaarde deur Lede word bygestaan met SA Vereniging sy lede vir die konferensie- en internasionale bemarking vir die Konferen- geleentheidsbedryf in Suider- deur die vereniging se siebedryf (SAALT) Afrika webwerf Verteenwoordig die meeste Bevorder die SA Vereniging vir van Suider-Afrika se voertuig- vereniging se aktiwiteite die Verhuring van verhuringsmaat skappye in die en deel inligting oor voer- Voertuie (SAVVV) toeristesektor tuie met sy lede Verteenwoordig lede en Om SA wêreldwyd te bemark as SA Konfederasie vir hanteer hulle belange en jeugdiges se voorkeurkeuse as Jeugreise (SAYTE) belangstellings dwars- toeristebestemming deur Suid-Afrika 11.4 Die internasionale gemeenskap 11.4.1 Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap (SAOG) Bevorder volhoubare ekonomiese groei en sosio-ekonomiese ontwikkeling deur die volgende: ●● Samewerking tussen lidlande ●● Handhaaf veiligheid en sekuriteit in die streek ●● Help die streek om mededingend in die wêreldekonomie te wees, ’n veiliger plek te wees om te besoek en om die toerismebedryf te bevorder. ©Via Afrika » Tourisme 18
Kwartaal 1 11.4.2 Verenigde Nasies se Wêreldtoerismeorganisasie (UNWTO) ●● In Madrid, Spanje, gebaseer ●● Skenk wêreldwyd aandag aan kwessies oor toerisme ●● Stel ranglyste op en publiseer statistiek oor toerisme ●● Verteenwoordig openbaresektor-toerismeliggame van die meeste lande ●● Data wat gepubliseer word, vergelyk vloei en groei van wêreldtoerisme ●● Bevorder verantwoordelike toerisme ●● Het ten doel om armoede deur middel van volhoubare toerismeontwikkeling te verminder. 11.4.3 Wêreldreis- en -toerismeraad (WTTC) ●● Lede bestaan uit sakeleiers in toerisme vanoor die hele wêreld ●● Werk om bewustheid van reis en toerisme as een van die wêreld se grootste bedrywe te verhoog. 11.4.4 Wêreldwye Natuurfonds (WWF) ●● In 1961 gestig ●● Is een van die grootste omgewingsorganisasies in die wêreld ●● Daar is meer as 1 300 WWF-bewaringsprojekte in die wêreld ●● Missie: om die agteruitgang van die planeet se natuurlike omgewing te stuit en ’n toekoms te bou waar mense in harmonie met die natuur kan saamleef deur: ●● biologiese diversiteit te bewaar ●● volhoubare gebruik van hernubare natuurlike hulpbronne te verseker ●● die vermindering van besoedeling en verkwistende verbruik te bevorder. 12 Betalingsmetodes in Suid-Afrika ●● Verskillende maniere waarop toeriste betaal ●● Hang van situasie af ●● Aantal metodes hang af van: beskikbare fasiliteite, bedrag betaalbaar, betalingsvereistes van die diensverskaffer, gerief en veiligheid van die metode. 12.1 Internetbetalings ●● Kan bespreek en vooruit betaal ●● Albei verbruikers (persoon wat betaal en persoon wat ontvang) moet oor internetbankrekeninge beskik ●● Rekeninge kan aanlyn geopen word ●● Sekuriteitsvereistes - PIN (persoonlike identifikasienommer) en wagwoord ●● Voordele: Betaler kan bespreking doen en betaal voor vertrek; bespreking is verseker; kan begroot; betaling kan oor tyd versprei word. ●● Nadele: Betaler moet toegang tot internet hê; bank kan tot twee dae neem om geld oor te plaas indien betaler en ontvanger se banke verskil. ©Via Afrika » Tourisme 19
Kwartaal 1 12.2 Betalings by ’n outomatiese tellermasjien (OTM) ●● OTM’e word buite banke, binne winkels, in banksale, winkelsentrums, hotelle en die meeste toerisme-areas gevind ●● Doen die werk van ’n bankteller ●● Kliënte kan geld trek, deponeer, geld tussen rekeninge oorplaas ●● Is relatief veilig ●● Gebruik konfidensiële PIN ●● Masjien sluk kaart in indien die PIN drie maal na mekaar verkeerd ingesleutel word ●● Indien die masjien die kaart insluk of dit gesteel word, moet die bank onmiddellik in kennis gestel word ●● Kan enige tyd banktake verrig – is 24 uur oop. 12.3 Snelpunt-masjiene ●● Deur meeste kleinhandelaars gebruik ●● Kliënt se kaart word deur masjien getrek om betaling te registreer ●● Kliënt sleutel PIN in ●● Kliënt teken strokie om tot betaling in te stem ●● Meeste masjiene is met kabel aan kasregister verbind ●● Kan draagbaar wees ●● Draagbare masjiene stel die kliënt in staat om die kaart binne sig te hou sodat dit nie gekloon of vir bedrog gebruik kan word nie. 12.4 Kredietkaarte ●● Gewildste betalingsmetode ●● Gebruik om geld te trek ●● Vir direkte betaling gebruik ●● Gebruik om bespreking te bevestig ●● Gebruik om betaling te waarborg ●● Voordele: Redelik veilig en gerieflik; beskik oor elektroniese skyfie vir sekuriteit; kredietlimiet met vereiste maandelikse betalings ●● Nadele: Kleiner ondernemings beskik dikwels nie oor kredietkaartfasiliteite nie; banke eis kommissie op transaksies van diensverskaffers ●● Voorbeelde: Visa, MasterCard, Diner’s Club, American Express. 12.5 Debietkaarte ●● Kan by snelpunte gebruik word ●● Kan by OTM’e gebruik word ●● Geen vertraging om geld uit betaler se rekening te kry nie ●● Indien daar nie genoeg fondse beskikbaar is nie, sal die betaling nie deur die bank bekragtig word nie (dit registreer op die snelpunt-masjien) ●● Baie veilige betalingsmetode ●● Geld word onmiddellik elektronies uit die rekening oorgedra (EFT). ©Via Afrika » Tourisme 20
Kwartaal 1 12.6 Selfoonbetalings ●● Word op dieselfde manier as ’n internetbetaling gedoen ●● Kan van enige plek waar daar selfoonontvangs is, gedoen word. 12.7 Tjeks 12.7.1 Persoonlike tjeks ●● Kliënte met ’n tjekrekening ontvang ’n tjekboek van die bank ●● Kan gebruik word om betalings te doen ●● Tjeks moet deur die rekeninghouer geteken word om geldig te wees ●● Gebruik in die plek van kontant ●● Sommige ondernemings aanvaar nie tjeks nie aangesien daar onvoldoende fondse in die rekening kan wees en die tjek dan onverrekenbaar is. 12.7.2 Bankgewaarborgde tjek ●● Betaling van tjek word deur die bank gewaarborg ●● Bank vra ’n fooi hiervoor ●● ’n Bankgewaarborgde tjek is veiliger ●● Die persoon wat die tjek wil hê, betaal die bank die bedrag waarvoor die tjek uitgemaak moet word, of in kontant of uit hul bankrekening. Die tjek word dan uitgereik. Vrae Vraag 1: Meervoudige keuse Kies die korrekte antwoord. Skryf net die letter van die antwoord wat jy kies neer. 1.1 Inkomende toerisme behels: A toeriste wat in ’n land in reis vanuit ’n ander land B toeriste wat uit hul tuisland na ’n ander land reis C mense wat binne hul tuisland reis D ’n uitstappie. (2) 1.2 Watter kategorie beskryf NIE ’n tipe toeris nie? A ontspannings- en vakansietoeris B saketoeris C avontuurtoeris D fietstoeris. (2) 1.3 Shosholoza Meyl is ’n vorm van: A spoorvervoer B lugvervoer C watervervoer D padvervoer. (2) ©Via Afrika » Tourisme 21
Kwartaal 1 1.4 Karavaan- en kampeerondernemings moet beskik oor: A kamerdiens B braai-areas C pendeldiens D privaat en en suite-kamers. (2) 1.5 Die tipe onderneming wat ’n toeris kies word beïnvloed deur: A begroting B kleur van die mure C hoe doeltreffend die vervoer is D opwasgeriewe by ’n luukse lodge. (2) 1.6 Robbeneiland lok toeriste wat belangstel in: A kultuur en opvoeding B speletjies C ontspanning D sport. (2) 1.7 Provinsiale toerisme-owerhede: A reik permitte aan toeroperateurs uit B publiseer statistiek C reik paspoorte en visums uit D word soos privaatsektor-ondernemings bedryf. (2) 1.8 Indien jy die internet gebruik om te betaal, kan jy: A bespreek en vooruit betaal B ’n OTM gebruik C ’n tjek gebruik D ’n snelpunt-masjien gebruik. (2) (16) Vraag 2: Waar/Onwaar Dui aan of die onderstaande stellings Waar of Onwaar is. Indien die stelling Onwaar is, moet jy die korrekte stelling neerskryf. 2.1 Wanneer mense binne hul tuisland reis, word dit binnelandse toerisme genoem. (2) 2.2 Wanneer mense binne ’n spesifieke geografiese gebied reis, word dit internasion- ale toerisme genoem. (2) 2.3 ’n Toeristeprofiel bevat inligting oor ’n toeris. (2) 2.4 Akkommodasie is deel van ’n toeristeprofiel. (2) 2.5 ’n Warmlugballon is ’n buitengewone vorm van vervoer. (2) 2.6 Toeriste kan per luukse plesierboot vanaf Kaapstad na Pretoria reis. (2) 2.7 ’n Toeris met ’n baie beperkte begroting, soos ’n rugsakreisiger, sal ’n helikopter huur. (2) 2.8 ’n Toeris wat daarvan hou om in gemak te reis, sal op ’n kameel reis. (2) ©Via Afrika » Tourisme 22
Kwartaal 1 2.9 Om per motor te reis, is ’n aanpasbare vorm van vervoer. (2) 2.10 Selfsorg-akkommodasie bied kookgeriewe. (2) 2.11 Gastehuisondernemings verskaf linne en handdoeke. (2) 2.12 Jeug- en rugsakreisigerherberge beskik oor gedeelde leefareas. (2) 2.13 Die TGCSA is verantwoordelik vir die gradering en gehalteversekering van ondernemings. (2) 2.14 Die graderingsplaat dui die tipe akkommodasie en die aantal sterre aan. (2) 2.15 ’n En suite-kamer beskik nie oor ’n badkamer nie. (2) 2.16 Gaste kan hulself by ’n buffet help. (2) 2.17 Attraksies is interessante plekke. (2) 2.18 Jy kan kulturele aktiwiteite in ’n temapark beleef. (2) 2.19 Parastatale instellngs word deur die regering besit. (2) 2.20 Parastatale instellings word soos privaat ondernemings bedryf. (2) 2.21 SANParke is ’n voorbeeld van ’n openbare entiteit. (2) 2.22 DMO’s en PTO’s is deel van die NDT. (2) 2.23 Plaaslike toerismeorganisasies is nie deel van die openbare sektor nie. (2) 2.24 ’n Winkel met aandenkings is ’n produkeienaar. (2) 2.25 UNWTO hanteer toerismekwessies wêreldwyd. (2) 2.26 Die WWF is die kleinste omgewingsorganisasie in die wêreld. (2) 2.27 Internetbetalings vereis ’n PIN en ’n wagwoord. (2) 2.28 Kaarte kan deur snelpunt-masjiene getrek word. (2) 2.29 American Express is ’n tipe kredietkaart. (2) 2.30 Tjeks is ’n vorm van kontant. (2) (60) Vraag 3: Kort antwoorde 3.1 Noem drie nadele van bus- en toerbusvervoer. (3) 3.2 Noen vier voordele van spoorvervoer. (4) 3.3. Noem vier tipes tegnologie wat in kamers gevind word. (4) 3.4 Noem drie tipes voedsel-en-drankondernemings. (3) 3.5 Wat is die verskil tussen ʼn primêre en sekondêre besienswaardigheid? (2) 3.6 Lys drie funksies van die DHN. (3) 3.7 Watter drie doelwitte van die Departement van Vervoer is tot voordeel van toer- isme? (3) 3.8 Noem twee voorbeelde van produkeienaars. (2) 3.9 Hoe trek gemeenskappe voordeel uit NRO’s en GGO’s? (4) 3.10 Wat is die missie van die WWF? (2) 3.11 Wat is die nadele van ’n kredietkaart? (2) 3.12 Waarvoor kan ’n debietkaart gebruik word? (2) (34) [110] ©Via Afrika » Tourisme 23
Kwartaal 1 Antwoorde Vraag 1: Meervoudige keuse 1.1 A  1.2 D  1.3 A  1.4 B  1.5 A  1.6 A  1.7 A  1.8 A  Vraag 2: Waar/Onwaar 2.1 Waar  2.2 Onwaar. Dit is streekstoerisme.  2.3 Waar  2.4 Waar  2.5 Waar  2.6 Onwaar. Toeriste kan per pad of spoor reis.  2.7 Onwaar. ’n Rugsakreisiger met ’n beperkte begroting kan nie ’n helikopter beko- stig nie.  2.8 Onwaar. Kamele is nie ’n gerieflike vervoermiddel nie.  2.9 Waar  2.10 Waar  2.11 Waar  2.12 Waar  2.13 Waar  2.14 Waar  2.15 Onwaar. ’n En suite-kamer het ’n badkamer.  2.16 Waar  2.17 Waar  2.18 Onwaar. Jy kan by ’n kulturele dorpie aan kulturele aktiwiteite deelneem.  2.19 Waar  2.20 Onwaar. Parastatale instellings word soos privaat ondernemings bedryf.  2.21 Waar  2.22 Waar  2.23 Onwaar. DMO’s is deel van die openbare sektor.  2.24 Waar  2.25 Waar  ©Via Afrika » Tourisme 24
Kwartaal 1 2.26 Onwaar. Die WWF is die grootste omgewingsorganisasie ter wêreld.  2.27 Waar  2.28 Waar  2.29 Waar  2.30 Waar  Vraag 3: Kort antwoorde 3.1 Nadele van busvervoer: (enige drie) ●● Hul skedules en roetes is nie aanpasbaar nie.  ●● Passasiers moet self by die aankoms- en vertrekpunte kom.  ●● Verkeersknope en padwerke kan tot oponthoude lei.  ●● Dit kan onveilig wees.  3.2 Voordele van spoorvervoer: (enige vier) ●● Goedkoop  ●● Vinnig  ●● Stasies is sentraal geleë  ●● Energiedoeltreffend  ●● Ontspannend.  3.3 Tegnologie in kamers: (enige vier) ●● Inligting  ●● Gemak  ●● Veiligheid v ●● Vermaak  ●● Omgewingsverantwoordelik  ●● Werk.  3.4 Voedselondernmeings: (enige drie) ●● Voldiens-restaurante  ●● Koffiewinkels  ●● Wynhuise/kroeë  ●● Roomyswinkels  ●● Kitskos en kitsdiens  ●● Tavernes en sjebiens  ●● Straatkraampies, kiosks en markte.  3.5 Primêre en sekondêre besienswaardighede: ●● Primêre besienswaardighede is die hoofrede waarom ’n bestemming besoek word.  ●● Sekondêre besienswaardighede is dít wat toeriste op pad na en van die primêre besienswaardigheid te siene kry.  3.6 Funksies van die DHN: (enige drie) ●● Gee vir die regering riglyne oor die ontwikkeling van ekonomiese beleide  ●● Werk saam met die Departement van Toerisme  ●● Bevorder die ontwikkeling van produkte  ©Via Afrika » Tourisme 25
Kwartaal 1 ●● Help Suid-Afrikaners om plaaslike sakeondernemings te begin of uit te brei  ●● Ondersteun die vestiging van klein, medium en mikro-ondernemings.  3.7 Doelwitte van die Departement van Vervoer: ●● Mededingende vervoerkoste  ●● Verbeterde toegang tot vervoer  ●● Verbeterde veiligheid en sekuriteit.  3.8 Produkeienaars: (enige twee) ●● Toeroperateurs  ●● Reisagente  ●● Konferensie-organiseerders  ●● Reispublikasies  ●● Maatskappye wat reisversekering verskaf  ●● Winkels wat aandenkings verkoop  ●● Restaurante.  3.9 NRO’s en GGO’s: ●● Skakel gemeenskappe met toeroperateurs  ●● Ondersteun toerismeondernemings  ●● Help met opleiding  ●● Help met befondsing.  3.10 Die missie van die WWF is om die agteruitgang van die planeet se natuurlike omgewing te stuit en ’n toekoms te bou waar mense in harmonie met die natuur kan saamleef.  3.11 Nadele van kredietkaarte: ●● Kleiner ondernemings beskik dikwels nie oor kredietkaartfasiliteite nie.  ●● Banke vra diensverskaffers kommissie op transaksies.  3.12 Debietkaarte: ●● Snelpunt-masjiene  ●● OTM’e.  ©Via Afrika » Tourisme 26
Kwartaal 2 Kaartwerk en toerbeplanning Oorsig tema Kaartwerk 1 en toerbe- planning eenheid Kaarttermi- eenheid Toeristekaarte eenheid Kaart van eenheid Werêldkaart eenheid Afstandsaa- 1 2 3 4 5 nologie en Suid-Afrika nwysers en kaartsimbole afstandstabelle 1 Kaartsimbole 1 Soorte kaarte en 1 Die provinsies en 1 Afstandsaanwysers 2 Skaal hul gebruike in hul hoofstede op kaarte toerisme 2 SAOG-buurlande 2 Afstandstabelle 3 Afstandsaanwysers 2 Elektroniese kaarte 3 Belangrike Suid- 3 Reistyd 4 Rigting 3 Ander inligtingkom- Afrikaanse kaart- 5 Terminologie wat munikasietegnolo- kenmerke verband hou met gie (IKT) in toerisme tydsones 1 Kaartterminologie en kaartsimbole 1.1 Kaartsimbole ●● Simbole help om inligting te interpreteer. ●● Simbole word in die sleutel op ’n kaart aangedui. ●● Voorbeelde: Seefrontligging Groen omgewing Parkering beskikbaar Lugversorging in kamers Sentrale verhitting in kamers Telefone in kamers Radio’s in kamers Televisie in kamers Satelliet-TV in kamers Minikroeg in kamers ©Via Afrika » Tourisme 27
Kwartaal 2 Kamerdiens Restaurant Kroegdiens Hysbak Buitelugswembad Buitelugswembad (verhit) Binnenshuise swembad Tennis (verhit) Muurbal Minigholf Fiksheidskamer Sauna Watersport by of naby aan ak- Jacuzzi kommodasie Lewende orkes/musiek Konferensiekamer Baba-oppasser Dokter beskikbaar beskikbaar Droogskoonmaak- en/of Haarsalon wasgoeddiens Geriewe vir gestremdes 1.2 Skaal ●● Skaal verteenwoordig die verhouding van die afstand op die kaart tot die werklike afstand op die grond. ●● Verhoudingskaal 1:50 000 beteken 1 cm op die kaart = 50 000 cm = 0,5 km ●● Skaal word gebruik om die afstand tussen twee punte te bereken. ●● Dit is belangrik vir die beplanning van ’n toer of reisplan. 1.3 Afstandsaanwysers ●● Hulle dui die afstand op die roetes tussen dorpe aan. 1.4 Rigting ●● Kompasrigtings dui die posisie van een plek in verhouding tot ’n ander aan ●● Daar is sestien kompaspunte. ●● Die vier hoofpunte is Noord, Suid, Oos en Wes. 1.5 Terminologie wat verband hou met tydsones Reisagente moet tydsverskille in ag neem wanneer hulle reistye vir toeriste uitwerk wat lande in ander tydsones gaan besoek. ©Via Afrika » Tourisme 28
Kwartaal 2 1.5.1 Lengtegraad en breedtegraad ●● Lengtelyne of meridiane kom in 15°-tussenposes voor. ●● Die 0°-lengtelyn word die Greenwich-meridiaan genoem. (Dit loop deur Greenwich, Londen in die Verenigde Koninkryk.) ●● Dit verdeel die Aarde in twee halfronde: oos en wes. ●● Lengtelyne loop van die Noordpool na Suidpool. ●● Hulle verdeel die wêreld in 24 tydsones. ●● Suid-Afrika lê in die tydsone 30° oos van die Greenwich-meridiaan. ●● New York lê sowat 75° wes van die Greenwich-meridiaan. ●● Breedtegraadlyne loop parallel met die Ewenaar. ●● Die ewenaar is die 0°-breedtelyn. ●● Die ewenaar verdeel die Aarde in die Noordelike Halfrond en die Suidelike Halfrond. 1.5.2 Ruitverwysings ●● Dit word gebruik om ’n plek of kenmerk op ’n kaart op te spoor. ●● ’n Ruit is ’n koördineerstelsel. ●● Dit bestaan uit vertikale en horisontale lyne op ’n kaart. ●● Die mees algemene stelsel wat gebruik word, is die genommerde vierkantige ruit. ●● Dit word dikwels op toeristekaarte gebruik. ●● ’n Ander metode is punte waar lengtelyne en breedtelyne kruis en dit word koördinate genoem. 1.5.3 Universele Tydkoördinate (UTK) ●● Elke 15° van lengtegraadstelsel = 1 uur tyd. ●● Dit neem die Aarde 24 uur om van wes na oos deur 360° te wentel. ●● 360° gedeel deur 24 uur = 15°. ●● Die tydsone van ’n land word bereken in verhouding tot die UTK (voorheen GMT). ●● UTK word gebaseer op die plaaslike standaardtyd van die 0°-meridiaan (Greenwich- meridiaan). ●● Middernag is 00:00 UTK en middag is 12:00 UTK. ●● Lande oos van 0° se tye is later as UTK. ●● Kaapstad is twee uur voor Londen omdat dit sowat 30° O (2 ×15° = 30°) is. Kaapstad is UTK +2. As dit dus 12:00 in Londen is, is dit 14:00 in Kaapstad. ●● Lande wes van 0° se tye is vroeër as UTK. ●● Indien New York dus 75° W (5 × 15° = 75°) is, is dit UTK –5, wat 5 uur vroeër as Londen is. As dit 12:00 in Londen is, is dit dus 07:00 in New York. ●● Die tydsone van ’n land word deur die lengtegraad wat min of meer deur die middel van die land loop, bepaal. ●● Suid-Afrikaanse Standaardtyd (SAST) word by die 30° O-lengtegraad bepaal. 1.5.4 Internasionale Datumlyn (IDL) ●● Die IDL is ’n denkbeeldige lyn op die 180°-lengtegraad. ©Via Afrika » Tourisme 29
Kwartaal 2 ●● Indien jy die IDL in ’n oostelike rigting oorsteek, wen jy ’n dag – jy beweeg ’n dag vorentoe. ●● As jy die IDL in ’n westelike rigting oorsteek, verloor jy ’n dag – jy gaan ’n dag terug. 2 Toeristekaarte 2.1 Soorte kaarte en hul gebruike in toerisme 2.1.1 Algemene verwysingskaarte ●● Dek ’n gebied soos ’n kontinent, land of streek ●● Sluit kaarte oor ’n spesifieke tema, byvoorbeeld bevolking of plantegroei, in ●● Verskaf inligting oor ’n gebied - paaie, spoorlyne, riviere, berge, dorpe, damme. 2.1.2 Padkaarte ●● Dui paaie aan wat dorpe en stede verbind ●● Dui afstande tussen dorpe aan ●● Nuttig om reistyd tussen bestemmings uit te werk. 2.1.3 Straatkaarte ●● Gee besonderhede van dorpe en stede se straatplanne ●● Toon besienswaardighede soos museums of parke en winkelsentrums aan. 2.1.4 Politieke kaarte ●● Toon die ligging en grense van lande, state of provinsies aan. 2.1.5 Fisiese kaarte ●● Dui natuurlike en mensgemaakte fisiese kenmerke van ’n gebied aan ●● Kan klimaatstreke, berge, riviere, plantegroeistreke en damme aandui ●● Gebruik verskillende kleure: blou = water; groen en geel = laagliggend; oranje en bruin = hoogliggend. 2.1.6 Spesialiskaarte ●● Dui spesifieke, gespesialiseerde inligting soos klimaat of ligging van lughawens en spoorlyne aan ●● Kan ook geologie, plantegroei en reënval aandui. 2.1.7 Kaarte met toeriste-inligting ●● Toon spesifieke inligting oor ’n gebied ●● Toon kenmerke soos nasionale parke, wêrelderfenisterreine. akkommodasie- ondernemings, restaurante, winkels, natuurlike, kulturele en geskepte besienswaardighede ●● Voorbeeld: Die kaart van die Suid-Afrikaanse Nasionale Parke toon die ligging van alle nasionale parke ©Via Afrika » Tourisme 30
Kwartaal 2 ●● Fokus op spesifieke besienswaardighede in ’n gebied ●● Voorbeeld: die kaart van die Kgalagadi-oorgrenspark gee gedetailleerde inligting oor die uitleg van die park en sy geriewe. 2.2 Elektroniese kaarte ●● Is op rekenaars en selfone beskikbaar ●● Is kopieë van kaarte of interaktiewe kaarte wat ’n mens kan navigeer. 2.2.1 Globale posisioneringstelsel (GPS) ●● Dit ontvang data van satelliete en gebruik die data om kaarte te genereer wat lengtegrade, breedtegrade en hoogte bo seespieël aandui. ●● GPS-eenhede kan aan die middel van ’n motor se voorruit gemonteer word. ●● ’n Bestemming word as ’n adres of as koördinate ingesleutel. ●● Koördinate kan in grade, minute en sekondes of in desimale formaat gegee word. ●● Spesifieke bestemmingsname kan ook ingesleutel word. ●● Gevorderde GPS’e kan ook aanwysings ‘sê’. ●● Sommige selfone beskik ook oor ’n GPS. 2.2.2 Google Earth ●● Is ’n internet-instrument ●● Kan na 3D-satellietprente van enige plek op Aarde kyk ●● Google Street View: ●● ’n Toepassing van Google Earth ●● Straatvlak-beelde ●● Word gebruik om virtuele staptogte te onderneem, bakens te ondersoek en winkels te vind ●● Verskaf inligting oor straatname en hul rigting relatief tot waar jy jouself bevind ●● Kan roteer om verskillende aansigte te wys ●● Toeriste kan ’n voorskou van ’n bestemming kry en plekke vergelyk voordat ’n besluit geneem word ●● Google Street Maps: ●● ’n Toepassing van Google Earth ●● Bied straatkaarte en roetebeplanners ●● Word gebruik om ’n spesifieke bestemming te vind. 2.3 Ander inligtingskommunikasietegnologie (IKT) in toerisme ●● Sluit kommunikasietoestelle soos radio, TV, selfone en satellietstelsels in ●● Die internet: ●● verskaf die jongste inligting ●● is ’n medium waardeur diensverskaffers produkte en dienste bevorder en verkoop ●● kan deur toeriste gebruik word om vakansies beplan. ©Via Afrika » Tourisme 31
Kwartaal 2 ●● Interaktiewe kaarte: ●● Kan op reisverwante webwerwe gevind word ●● Voorbeeld: www.saexplorer.co.za ●● Indien ’n mens op ’n provinsie, dan ’n dorp en dan ’n besienswaardigheid kliek, kan ’n mens spesifieke inligting bekom. 3 Kaart van Suid-Afrika 3.1 Die provinsies en hul hoofstede ●● Limpopo – Polokwane ●● Noordwes – Mafikeng (Mahikeng) ●● Gauteng – Johannesburg ●● Mpumalanga – Nelspruit (Mbombela) ●● Noord-Kaap – Kimberley ●● Wes-Kaap – Kaapstad ●● Oos-Kaap – Bisho ●● Vrystaat – Bloemfontein ●● KwaZulu-Natal - Pietermaritzburg 3.2 SAOG-buurlande Namibië, Botswana, Zimbabwe, Lesotho, Mosambiek en Swaziland 3.3 Belangrike Suid-Afrikaanse kaartkenmerke Lughawens en hawens is poorte tot die provinsies. ●● Lughawens - Internasionaal: OR Tambo Internasionaal, Kaapstad Internasionaal, Koning Shaka Internasionaal. Binnelands: Bloemfontein, Oos-Londen, George, Kimberley, Port Elizabeth, Pilanesberg, Upington, Lanseria ●● Hawens - Durban, Richardsbaai, Port Elizabeth (Algoabaai), Ngqura (nuwe hawe by Coega), Kaapstad, Mosselbaai, Simonstad, Port Nolloth, Houtbaai, Saldanha, Knysna, ens. ●● Nasionale hoofpaaie - N1, N2, N3, N4, N5, N6, N7, ens. ●● Belangrike spoorlyne ●● Belangrike berge: Drakensberge, Magaliesberge, Tafelberg, Waterberge, Soutpansberge, Pilanesberg, ens. ●● Belangrike riviere en damme: Gariep- (Oranje-)rivier, Limpoporivier, Breederivier, Tugelarivier, Vaalrivier, Gariepdam, Vaaldam, Hartebeespoortdam, ens. ●● Wêrelderfenisterreine (agt): Mapungubwe Kulturele Landskap, Robbeneiland, iSimangaliso- (Groter St. Lucia-) vleilandpark, Vredefort-koepel, Kaapse Blommeryk, Wieg van die Mensdom, uKhahlamba Drakensberg Park, Richtersveld Kulturele en Botaniese Landskap ●● Nasionale Parke: Addo-olifant, Agulhas, Augrabieswaterval, Bontebok, Kamdeboo, Tuinroete (Knysna, Tsitsikamma- en Wildernes-seksie), Golden Gate-Hoogland, ©Via Afrika » Tourisme 32
Kwartaal 2 Karoo, Kruger, Marakele, Mokala, Bergkwagga, Namakwa, Tafelberg, Tankwa Karoo, Weskus ●● Oorgrensparke: Ai-Ai/Richtersveld, Kgalagadi, Groot Limpopo ●● Oorgrensbewaringsgebiede: Limpopo-Shashe, Maloti-Drakensberg ●● Oseane: Atlantiese Oseaan, Indiese Oseaan 4 Wêreldkaart Daar is sewe kontinente: Afrika, Antarktika, Asië, Australasië, Europa, Noord-Amerika, Suid-Amerika. Daar is ’n paar belangrike eilande wat bykans so groot soos die kontinente is, byvoorbeeld Groenland en Madagaskar. Daar is drie oseane: Indiese, Atlantiese en Stille Oseaan Daar is ses toerismestreke: ●● Verre Ooste, Midde-Ooste, Suidoos-Asië en Stille Oseaan ●● Rusland ●● Verenigde Koninkryk ●● Wes-Europa, Oos-Europa, Sentraal-Europa, Noord-Europa ●● Amerikas: Suid-Amerika en Noord-Amerika ●● Australasië: Australië, Nieu-Seeland, Nieu Guinee en eilande in die Stille Oseaan 5 Afstandsaanwysers en afstandstabelle ●● Word gebruik om afstande tussen bestemmings te bereken ●● Help toeriste om uit te werk hoe ver hulle per dag kan reis; hoe lank dit sal neem om ’n bepaalde afstand te ry en hoeveel tyd daar by ’n bestemming of besienswaardigheid bestee kan word. 5.1 Afstandsaanwysers op kaarte ●● Rooi of swart nommers word op paaie op kaarte aangedui. ●● Syfers dui afstande tussen dorpe aan. 5.2 Afstandstabelle ●● Word in atlasse en brosjures gevind ●● Word gebruik om selfry-toere en -roetes te beplan ●● Word gebruik om afstande tussen stede en dorpe te bereken ●● Staan in rye en kolomme in tabelvorm. 5.3 Reistyd ●● Reistyd word bereken deur ’n gemiddelde spoed van 100 km per uur te gebruik. ●● Die afstand wat afgelê moet word, word deur die spoed gedeel om die reistyd te bereken. ©Via Afrika » Tourisme 33
Kwartaal 2 ●● Voorbeeld: 581 km ÷ 100 km/uur = 5,81 uur ●● Reistyd hang ook af van die aantal kere wat daar stilgehou word, die wettige spoedperk, die toestand van paaie en die weersomstandighede. Vrae Vraag 1: Meervoudige keuse Kies die korrekte antwoord. Skryf net die letter van die antwoord wat jy kies neer. 1.1 Skaal verteenwoordig: A die verhouding van die afstand op die kaart tot die werklike afstand op die grond B vier belangrike punte C tydsverskille D ’n genommerde vierkantige ruit. (2) 1.2 GPS staan vir: A Globale Pleksisteem B Globale Posisioneringsisteem C Globale Posisiesisteem D Globale Posisioneringstelsel. (2) (4) Vraag 2: Waar/Onwaar Dui aan of die onderstaande stellings Waar of Onwaar is. Indien die stelling Onwaar is, moet jy die korrekte stelling neerskryf. 2.1 Lengtegrade verdeel die wêreld in 24 tydsones. (2) 2.2 Lengtegrade kom in 15°-tussenposes voor. (2) 2.3 UTK is op die plaaslike standaardtyd van die 0º- Greenwich-meridiaan gebaseer. (2) 2.4 Indien jy in ’n oostelike rigting oor die IDL reis, gaan jy ’n dag terug. (2) 2.5 Suid-Afrika het net vier hawens. (2) 2.6 Suid-Afrika het nege tydsones. (2) 2.7 Daar is vier oseane rondom Suid-Afrika. (2) 2.8 Afstandaanwysers word as syfers op kaarte aangedui. (2) 2.9 ’n Toeris kan ’n afstandstabel gebruik om ’n roete te beplan. (2) 2.10 Reistyd hang slegs van die weer af. (2) (20) Vraag 3: Kort antwoorde 3.1 Gee twee voorbeelde van kaartsimbole. (2) 3.2 Wat toon politieke kaarte? (2) ©Via Afrika » Tourisme 34
Kwartaal 2 3.3 Watter kaart moet ’n toeris gebruik om spesifieke inligting oor ’n gebied te be- kom? (2) 3.4 Noem twee tipes elektroniese kaarte. (2) 3.5 Hoekom is die internet vir toeriste belangrik? (3) 3.6 Noem Suid-Afrika se nege provinsies en hul hoofstede. (18) 3.7 Wat is die naam van Johannesburg se internasionale lughawe? (1) 3.8 Noem twee van Suid-Afrika se wêrelderfenisterreine. (2) 3.9 Wat is toerisme-‘poorte’ tot die provinsies? (2) 3.10 Noem die sewe kontinente. (7) (41) [65] ©Via Afrika » Tourisme 35
Kwartaal 2 Antwoorde Vraag 1: Meervoudige keuse 1.1 A  1.2 D  Vraag 2: Waar/Onwaar 2.1 Waar  2.2 Waar  2.3 Waar  2.4 Onwaar. Indien jy in ’n oostelike rigting reis, gaan jy vorentoe en wen jy ’n dag.  2.5 Onwaar. Daar is baie meer hawens.  2.6 Onwaar. Daar is net een tydsone.  2.7 Onwaar. Daar is slegs twee oseane rondom Suid-Afrika.  2.8 Waar  2.9 Waar  2.10 Onwaar. Reistyd hang af van hoeveel keer ’n mens stil hou, wat die wettige spoedperk is, weersomstandighede, toestand van paaie.  Vraag 3: Kort antwoorde 3.1 Kaartsimbole: (enige twee uit die tabel met kaartsimbole in die Leerderboek)  3.2 Ligging en grense van lande, state of provinsies  3.3 ’n Spesialiskaart  3.4 Elektroniese kaarte (enige twee) ●● GPS  ●● Google Earth  ●● Google Street View  ●● Google Street Maps  3.5 Internet ●● Verskaf die jongste inligting  ●● ’n Toeris kan vakansies beplan  ●● Diensverskaffers bevorder en verkoop produkte en dienste  3.6 Provinsies en hoofstede: ●● Limpopo – Polokwane  ●● Noordwes – Mafikeng (Mahikeng)  ●● Gauteng – Johannesburg ü ●● Mpumalanga – Nelspruit (Mbombela)  ●● Noord-Kaap – Kimberley  ●● Wes-Kaap – Kaapstad  ©Via Afrika » Tourisme 36
Kwartaal 2 ●● Oos-Kaap – Bisho  ●● Vrystaat – Bloemfontein  ●● KwaZulu-Natal - Pietermaritzburg  3.7 OR Tambo Internasionale Lughawe  3.8 Wêrelderfenisterreine (enige twee) ●● Mapungubwe Kulturele Landskap  ●● Robbeneiland  ●● iSimangaliso- (Groter St. Lucia-) vleilandpark  ●● Vredefort-koepel  ●● Kaapse Blommeryk  ●● Wieg van die Mensdom  ●● uKhahlamba Drakensberg-park  ●● Richtersveld Kulturele en Botaniese Landskap  3.9 Hawens en lughawens  3.10 Kontinente: ●● Afrika  ●● Antarktika  ●● Asië  ●● Australasië  ●● Europa  ●● Noord-Amerika  ●● Suid-Amerika  ©Via Afrika » Tourisme 37
Kwartaal 2 Binnelandse, streeks- en internasionale toerisme Oorsig tema Binnelandse, 2 streeks- en in- ternasionale toerisme eenheid Binnelandse eenheid Statistiek van 1 toerisme 2 binnelandse toerisme 1 Wat is binnelandse 1 Begrippe toerisme? 2 Interpreteer 2 Voordele van statistiek binnelandse toerisme vir Suid- Afrika 3 Bevordering van binnelandse toerisme in Suid- Afrika 1 Wat is binnelandse toerisme? ●● Binnelandse toerisme behels toeriste wat binne hul eie land reis. ●● Binnelandse toerisme het in die laaste twintig jaar gegroei - meer Suid-Afrikaners reis. ●● Dit is vir die ekonomie waardevol en verhoog werksgeleenthede en inkomste. ●● Negatiewe invloede op binnelandse toerisme is werkloosheid, hoë rente- en inflasiekoerse, minder besteebare inkomste, hoë lewenskoste, en die feit dat die konsep van toerisme vir sommige Suid-Afrikaanse kulture nuut is. 1.1 Voordele van binnelandse toerisme vir Suid-Afrika 1.1.1 Ekonomie ●● Geld in plaaslike gebiede bestee ●● Inkomste word gebruik vir onderhoud van geriewe, dienste en infrastruktuur. 1.1.2 Mense ●● Arbeidintensief en skep dus werk ●● Vereis ’n verskeidenheid van vaardighede ©Via Afrika » Tourisme 38
Kwartaal 2 ●● Skep en verskaf werk ●● Skep geleenthede vir klein ondernemings in plaaslike gemeenskappe ●● Ondersteun plaaslike ondernemings ●● Mense leer meer oor hul land en kultuur. 1.1.3 Omgewing ●● Skep bewustheid van natuurlike en kulturele omgewing ●● Skep bewustheid van bewaring ●● Inkomste help om vir bewaring te betaal ●● Skep ’n bewustheid van monitering van besoedeling. 1.2 Bevordering van binnelandse toerisme in Suid-Afrika Toerisme kan deur middel van die onderstaande groei: ●● Die aanmoediging van toerisme in alle dele van Suid-Afrika ●● Bemarking ●● Bevordering van kort uitstappies en groepsreise ●● Verbeterde bemarking ●● Moedig langer verblyftydperke aan ●● Ontwikkel ’n vakansiereis-kultuur ●● Verskaf meer besienswaardighede en bemark hulle beter ●● Afslag en spesiale aanbiedinge. 1.2.1 ‘Sho’t Left’-veldtog ●● Veldtog om binnelandse toerisme te bevorder ●● Ontstaan in taxitaal en beteken ‘ek wil om die draai afklim’. ●● Aangepas om kort uitstappie of vinnige wegglipkans te beteken ●● Vertoon Suid-Afrika as ’n genotvolle, bekostigbare bestemming ●● Op die jeug gemik ●● Gekenmerk deur vermaak, avontuur en naglewe ●● Werk saam met Vereniging van Suid-Afrikaanse Reisagentskappe (ASATA) ●● Webwerf: http://www4.southafrica.net/shotleft/ ●● Reisigers kan vakansies op die webwerf bespreek ●● Die Sho’t Left-entrepreneursprogram bied aan voorheen benadeelde Suid-Afrikaners die geleentheid om as reisagente wat binnelandse vakansiepakette verkoop, opgelei te word. 2 Statistiek van binnelandse toerisme 2.1 Begrippe ●● Statistiek - numeriese data uit navorsing verkry ●● Statistiek SA en SAT versamel toerismeverwante data ●● Stel tabelle en grafieke op om bevindings te illustreer ©Via Afrika » Tourisme 39
Kwartaal 2 ●● Intraprovinsiale reise is reis binne ’n provinsie - ongeveer 60% van toeriste ●● Interprovinsiale reise (reis van een provinsie na ’n ander) - ongeveer 40% van toeriste ●● Gauteng en Noordwes het die meeste interprovinsiale toeriste. 2.2 Interpreteer statistiek ●● Verslae word saamgestel sodra data versamel is. ●● Help om reispatrone te identifiseer. 2.2.1 Statistiek toon ●● Doel van reis: Hoofredes vir binnelandse reise is: ●● Besoek familie en vriende ●● Vakansie ●● Sake ●● Godsdienstige geleenthede ●● Medies. ●● Seisoenaal: ●● Toeriste reis sekere tye van die jaar meer ●● Meestal gedurende skoolvakansies. ●● Mees besoekte provinsies: ●● Grootste bronne - Gauteng en KwaZulu-Natal ●● Vernaamste bestemmings - KwaZulu-Natal en Oos-Kaap. ●● Lengte van verblyf in elke provinsie - 2009-statistiek wys: ●● Gemiddelde binnelandse reis = 4,5 nagte ●● Gemiddelde sakebesoek = 7 nagte ●● Gemiddelde vakansie = 5 nagte ●● Tabel dui die gemiddelde getal nagte per reis aan wat binnelandse toeriste gedurende 2009 in elke provinsie deurgebring het. Gemiddelde getal Provinsie nagte per reis Oos-Kaap 4,5 Vrystaat 4 Gauteng 3,6 KwaZulu-Natal 4,3 Limpopo 5,2 Mpumalanga 4,4 Noord-Kaap 5 Noordwes 3,5 Wes-Kaap 4,6 Gemiddelde besteding per toeris - R730 per reis in 2009 ©Via Afrika » Tourisme 40
Kwartaal 2 ●● Aktiwiteite soos sosiale aktiwiteite, inkopies, naglewe, natuurverwant is die gewildste. Vrae Vraag 1: Meervoudige keuse Kies die korrekte antwoord. Skryf net die letter van die antwoord wat jy kies neer. 1.1 Binnelandse toerisme is: A toerisme deur mense wat na ’n ander dorp gaan om daar te woon. B nie vir die ekonomie waardevol nie. C toerisme deur mense wat binne hul eie land reis. D toerisme deur mense wat na ’n ander land reis. (2) (2) Vraag 2: Waar/Onwaar Dui aan of die onderstaande stellings Waar of Onwaar is. Indien die stelling Onwaar is, moet jy die korrekte stelling neerskryf. 2.1 Intraprovinsiale reis is reis binne ’n provinsie. (2) 2.2 Statistiek help om reispatrone te identifiseer. (2) 2.3 Ontspanningsaktiwiteite is die gewildste onder toeriste. (2) 2.4 Die gemiddelde sakereis duur 4,5 nagte. (2) 2.5 Werkloosheid het ’n positiewe invloed op binnelandse toerisme. (2) (10) Vraag 3: Kort antwoorde 3.1 Noem twee voordele van binnelandse toerisme. (2) 3.2 Noem drie maniere om die groei van toerisme te bevorder. (3) 3.3 Noem drie feite oor die ‘Sho’t Left’-veldtog. (3) (8) [20] ©Via Afrika » Tourisme 41
Kwartaal 2 Antwoorde Vraag 1: Meervoudige keuse 1.1 C  Vraag 2: Waar/Onwaar 2.1 Waar  2.2 Waar  2.3 Waar  2.4 Onwaar. Die gemiddelde sakereis duur 7 nagte.  2.5 Onwaar. Werkloosheid het ’n negatiewe effek op binnelandse toerisme.  Vraag 3: Kort antwoorde 3.1 Voordele van binnelandse toerisme: (enige twee) ●● Toerisme is arbeidsintensief ü ●● Vereis ’n verskeidenheid van vaardighede  ●● Skep en verskaf werk  ●● Skep geleenthede vir klein ondernemings in plaaslike gemeenskappe  ●● Ondersteun plaaslike ondernemings  ●● Mense leer meer oor hul land en kultuur.  3.2 Toerisme kan deur die volgende groei: (enige drie) ●● Die aanmoediging van toerisme in alle dele van Suid-Afrika  ●● Bemarking  ●● Bevordering van kort uitstappies en groepsreise  ●● Verbeterde bemarking  ●● Moedig langer verblyftydperke aan  ●● Ontwikkel ’n vakansiereis-kultuur ü ●● Verskaf meer besienswaardighede en bemark hulle beter  ●● Afslag en spesiale aanbiedinge.  3.3 ‘Sho’t Left’-veldtog: (enige drie) ●● Veldtog om binnelandse toerisme te bevorder  ●● Ontstaan in taxitaal en beteken ‘ek wil om die draai afklim’  ●● Aangepas om kort uitstappie of vinnige wegglipkans te beteken  ●● Vertoon Suid-Afrika as ’n genotvolle, bekostigbare bestemming  ●● Op die jeug gemik  ●● Gekenmerk deur vermaak, avontuur en naglewe  ●● Werk saam met ASATA  ●● Webwerf: http://www4.southafrica.net/shotleft/  ●● Reisigers kan vakansies op die webwerf bespreek.  ©Via Afrika » Tourisme 42
Kwartaal 2 ●● Die Sho’t Left-entrepreneursprogram bied aan voorheen benadeelde Suid-Afrikaners die geleentheid om as reisagente wat binnelandse vakansiepakette verkoop, opgelei te word.  ©Via Afrika » Tourisme 43
Kwartaal 3 Toeriste-attraksies in Suid-Afrika Oorsig tema Toeriste-at- 1 traksies in Suid-Afrika eenheid Oos-Kaap, Vrys- eenheid KwaZulu-Natal en eenheid Mpumalanga, 1 2 3 taat en Gauteng Limpopo Noord-Kaap en Noordwes 1 Oos-Kaap 1 KwaZulu-Natal 1 Mpumalanga 2 Vrystaat (KZN) 2 Noord-Kaap 3 Gauteng 2 Limpopo 3 Noordwes eenheid Wes-Kaap eenheid Suid-Afrikaanse eenheid Suid-Afrikaanse 4 5 6 fauna en flora as Nasionale Parke toeriste-attraksie (SANParke) 1 Wes-Kaap 1 Konsepte 1 Suid-Afrikaanse 2 Luukse privaat Nasionale Parke wildtuine 2 Oorgrensparke 3 Botaniese tuine (OGP’s) 3 Oorgrens- bewaringsgebiede (OGBG’s) ©Via Afrika » Tourisme 44
Kwartaal 3 1 Oos-Kaap, Vrystaat en Gauteng 1.1 Oos-Kaap ●● 800 km kuslyn ●● Malariavrye wildtuine. 1.1.1 Vernaamste besienswaardighede ●● Addo-olifant Nasionale Park ●● Addo- Mariene Reservaat ●● Aktiwiteite in Addo: wildritte, voetslaanpaaie, perdry, voëlkyk, 4x4-roetes ●● Nasionale Kunstefees in Grahamstad: grootste kunstefees in die land, vind in Junie/ Julie plaas ●● Opvoerings en aktiwiteite by fees: dans, drama, musiek, kunsuitstallings, lesings, opera, markte, uitstappies, staptoere ●● Groot Visrivier: Visrivier-kanomarathon in September/Oktober ●● Bloukransbrug: 216 m hoog; oor die Bloukransrivier in die Tsitsikamma-streek van die Tuinroete, op die grens van Oos- en Wes-Kaap; hoogste brug in Afrika; derde hoogste in die wêreld; grootste betonbrug met ’n enkelspan ter wêreld; hoogste rekspringbrug ter wêreld. ©Via Afrika » Tourisme 45
Kwartaal 3 1.2 Vrystaat ●● Die Vrystaat is ’n landelike provinsie met landbou, goudvelde en dorpe wat ver uitmekaar is. 1.2.1 Vernaamste besienswaardighede ●● Vredefort-koepel: naby Parys; twee miljard jaar gelede geskep deur ’n meteoriet so groot soos Tafelberg; oudste en grootste meteorietimpakterrein ter wêreld; oorspronklike krater 380 km breed en 16–18 km diep; wêrelderfenisterrein ●● Aktiwiteite in die gebied: riviervlotvaarte, abseil, perdry, bergfietsry, voetslaanpaaie, besoeke aan terreine uit die Anglo-Boereoorlog, witblitsstokery ●● Brandwag-rots in Golden Gate-Hoogland Nasionale Park ●● Golden Gate-Hoogland Nasionale Park: sandsteenkranse is goudkleurig; wild en die skaars baardaasvoël kom daar voor ●● Aktiwiteite in park: wildbesigtiging, wildritte, perdry, omgewingsopvoedingskursusse, rolbal, tennis, tafeltennis, snoeker. ©Via Afrika » Tourisme 46
Kwartaal 3 1.3 Gauteng ●● Gauteng is die kommersiële en nywerheidsentrum in die land. 1.3.1 Vernaamste besienswaardighede ●● Wieg van die Mensdom: Wêrelderfenisterrein, fossiel-hominiedterreine by Sterkfontein, Swartkrans, Kromdraai ●● Belangrike vondse: ‘Mev. Ples’, die eerste hominiedskedel wat ontdek is – ongeveer 2,8 miljoen jaar oud; ‘Little Foot’ – 4-miljoen-jaar-oue aapmensskelet ●● Aktiwiteite in die gebied: besoek wetenskaplike uitstalsentrum, toere na Sterkfonteingrotte ●● Apartheidmuseum: in Gold Reef City; in 2001 geopen; geskiedenis van apartheid van 1948 tot 1994; 22 uitstalgebiede wat rolprente, foto’s en artefakte insluit; ’n simbool van hoop ●● Gold Reef City: ’n ou goudmyn wat in ’n temapark omskep is ●● Aktiwiteite by Gold Reef City: pretpark met Golden Loop-tuimeltrein, hotelle, restaurante, inkopies, casino, museums, wetenskapmuseum vir kinders, 3D-rolprentteater, tradisionele Afrika-musiek en -danse, toer van die diepste goudmyn en kan sien hoe goudstawe gegiet word ●● Erfenis van Soweto: etes en vermaak by sjebiens. ©Via Afrika » Tourisme 47
Kwartaal 3 2 KwaZulu-Natal en Limpopo 2.1 KwaZulu-Natal (KZN) Suid-Afrika se gewildste toeristebestemming bied: ●● Die warm Indiese Oseaan ●● Zoeloe-koninkryk met kultuurerfenisaktiwiteite ●● Wildreservate ●● Slagvelde ●● Bergreekse. 2.1.1 Vernaamste besienswaardighede ●● iSimangaliso- (Groter St. Lucia-) vleilandpark: Suid-Afrika se eerste wêrelderfenisterrein; grootste riviermondingstelsel in Afrika; subtropiese woude, koraalriwwe, kusduine, moerasse, papirus- en rietvleilande, mere ●● Aktiwiteite in iSimangaliso: visvang, snorkel, duik, swem, voetslaanpaaie, voëlkyk, wildbesigtiging, perdry ●● uKhahlamba Drakensberg-park: Suid-Afrika se hoogste bergreeks; ongelooflike natuurskoon; grotte; rotsskuilings; grootste groep rotstekeninge in Afrika; wêrelderfenisterrein ©Via Afrika » Tourisme 48
Kwartaal 3 ●● Aktiwiteite in park: rotsklim, voetslaanpaaie, 4x4-roetes, perdryroetes, safari’s, wildbesigtiging, forel- en kunsvlieghengel, vlotvaarte, rotskunsbesigtiging ●● Goue Myl/Marine Parade: strek die lengte van die strandfrontgebied in die stad, sluit uShaka Marine World, pretparke, die Sun Coast Casino en Entertainment World in ●● Ander aktiwiteite langs die Goue Myl: inkopies, swem, branderplankry, stap langs die strand ●● uShaka Marine World: drie hoofafdelings – Sea World (akwarium), Wet ’n Wild (avontuur-waterpark), Village Walk (winkelsentrum) ●● Comrades-marathon: wêreld se grootste en oudste ultramarathon; 90 km ver; tussen Pietermaritzburg en Durban; rigting van wedloop ruil elke jaar om; lok plaaslike en internasionale sporttoeriste ●● Die sardientjieloop: Mei/Junie/Julie; miljoene sardientjies swem langs KwaZulu- Natal se kuslyn langs op soek na warmer waters; lok ander spesies soos witmalgasse, walvisse, haaie en dolfyne. Die migrasie lok toeriste met spesiale belangstellings en ekotoeriste. 2.2 Limpopo ●● Gewilde ekotoerismebestemming ●● Ryke historiese en kultuurerfenis met baie argeologiese skatte ●● Bekend as die provinsie van mites en legendes: Koningin Modjadji, die Reënkoningin, het in die Lobedu-distrik gewoon. Daar is nie op die oomblik ’n koningin nie; haar opvolger is nog nie benoem nie. ©Via Afrika » Tourisme 49
Kwartaal 3 2.2.1 Vernaamste besienswaardighede ●● Oorblyfsels uit Steen- en Ystertydperk by Makapansgatvallei ●● Mapungubwe Kulturele Landskap: handelsentrum vir goud en ivoor tot omtrent 1300 AE; handel met China, Indië en Egipte; grootste koninkryk in Suid-Afrika tot en met die 14de eeu; Ystertydperk-beskawing; wêrelderfenisterrein ●● Modjadji Broodboomreservaat: naby Tzaneen; grootste en oudste broodboomspesies op Aarde ●● Aktiwiteite in reservaat: voetslaanpaaie, voëlkyk, wildbesigtiging ●● Kruger Nasionale Park: grootste wildtuin in Suid-Afrika; meer soogdierspesies as enige ander wildtuin in Afrika; meer as 500 voëlspesies; verskeie privaat wildtuine en safarigastehuise (lodges) in die park ●● Aktiwiteiteite in wildtuin: wildbesigtiging, wildritte, voëlkyk, voetslaanpaaie, kampering ●● Afrika-ivoorroete: 3,6 miljoen hektaar nasionale parke, natuurreservate en wildplase; roete van 2 000 km; ekotoerismebestemming; vyf kultuurkampe in dorpies ●● Aktiwiteite langs die roete: Groot Vyf-wildbesigtiging, 4x4-roetes, abseil, voëlkyk, perdry- en voetslaanpaaie; tradisionele danse, musiek, stories en plaaslike kos in tradisionele dorpies. 3 Mpumalanga, Noord-Kaap, Noordwes 3.1 Mpumalanga ©Via Afrika » Tourisme 50
Kwartaal 3 3.1.1 Besienswaardighede ●● Panoramaroete: kultuurerfenisse en skouspelagtige natuurskoon ●● Pelgrimsrus: was ’n goudveld in die laat 1800’s; dorp is nou ’n nasionale monument ●● Aktiwiteite in gebied: voetslaan, forelhengel, bergfietsry, goudwas ●● Bourke’s Luck-kolkgate: ronde formasies deur watererosie gevorm ●● Aktiwiteite in gebied: voetslaan, pieknieks, museumbesoeke, inkopies by padstalletjies ●● Blyderiviercanyon: derde grootste in die wêreld – beslaan 25 000 ha; verskeidenheid wild; natuurwonder ●● Aktiwiteite in gebied: warmlugballonvaarte, wildritte, voetslaan, perdry, bergfietsry, abseil, riviervlotvaarte, bootvaarte ●● God’s Window: panoramiese uitsig oor die Laeveld; kyk af op die inheemse reënwoude, rotsformasies, klowe, watervalle; voetslaanpaaie; uitkykpunte. 3.2 Noord-Kaap 3.2.1 Besienswaardighede ●● Die Groot Gat en Mynmuseum: 48 gerestoureerde geboue wat wys hoe Kimberley gedurende die diamantstormloop gelyk het; eerste diamant wat in die gebied gevind is, ‘Eureka’ (21,25 karaat), kan hier gesien word; Groot Gat is die oorblyfsels van ’n ou myn uit die laat 1800’s; grootste mensgemaakte gat ter wêreld – 16 km breed, 215 m diep ●● Aktiwiteite: myntoer, uitstalsentrum, uitkykplatform ©Via Afrika » Tourisme 51
Kwartaal 3 ●● Witsand Natuurreservaat: bekend as die ‘brullende sandduine’ weens geluid van sandkorrels wat teen mekaar skuur in warm, winderige weer; verskeidenheid van wild ●● Aktiwiteite: nagritte om ystervarke, strandjutwolwe, uile, silwerjakkalse te sien; wildritte bedags; 4x4-roetes; voetslaan; fietspaaie; duinry ●● Namakwalandse blommeryk: beste tyd - Augustus–September; 3 500 plantspesies; selfry- of georganiseerde besigtigingstoere; fotografie ●● Suid-Afrikanse Groot Teleskoop (SALT), Sutherland: grootste teleskoop in die Suidelike Halfrond; kan sterre en sterrestelsels wat ’n miljard keer te klein is om met die blote oog waar te neem, sien ●● Aktiwiteite: toer van teleskoop, sterrekyk snags. 3.3 Noordwes 3.3.1 Besienswaardighede ●● Sun City en Lost City: die ‘Las Vegas’ van Suid-Afrika genoem; een van die wêreld se grootste vermaaklikheidsentrums; luukse Lost City-hotel ●● Aktiwiteite: casino, gholfbaan (jaarlikse Nedbank Gholftoernooi), opvoerings by die Superbowl (musiekkonserte, skoonheidswedstryde), Valley of the Waves – golfpoel, watervalle, waterglybaan ●● Lesedi Cultural Village: beteken ‘lig’ in Sesotho; in die Wieg van die Mensdom; vyf tradisionele dorpies wat die Pedi-, Zoeloe-, Xhosa-, Sotho- en Ndebele-kulture verteenwoordig ©Via Afrika » Tourisme 52
Kwartaal 3 ●● Aktiwiteite: oornagverblyf by gesinne in die dorpies; begeleide toere wat tradisionele danse, sang, stories, tradisionele Afrika-kos en Lesedi-bier genaamd ‘Mambasap’ insluit ●● Pilanesberg-wildtuin: Groot Vyf en ander wildsoorte; 350 voëlspesies; groot witrenosterbevolking ●● Aktiwiteite: wildbesigtigingsritte, pieknieks, voëlkykplekke, omgewingsopleidingsentrum, verblyf ●● Aardklop Nasionale Kunstefees: vyfdag-fees in September/Oktober in Potchefstroom ●● Aktiwiteite: teater, musiek, kunsuitstallings, sirkusvertonings, gedigvoorlesings, kuriostalletjies 4 Wes-Kaap 4.1 Wes-Kaap ●● Tweede gewildste bestemming, bekend vir sy biodiversiteit en ekotoerismebesienswaardighede. ●● Die Kaapse Blommeryk: een van die rykste plantgebiede in die wêreld, wêrelderfenisterrein. 4.1.1 Besienswaardighede ●● Tafelberg: wêreldbekende baken; ryk aan fauna en flora – spookpadda en 200 plantspesies word slegs hier aangetref ●● Aktiwiteite: kabelspoor – kabelkarretjies het vensters wat ’n 360°-uitsig bied; voetslaan, abseil, voëlkyk ●● Victoria en Alfred (V&A) Waterfront: omring deur kommersiële hawe, wêreldklas- hotelle, Twee Oseane-akwarium ●● Aktiwiteite: inkopies, restaurante, helikopterritte, bootvaarte, museums, galerye, rolprentteaters, gratis lewendige vermaak in die amfiteater ©Via Afrika » Tourisme 53
Kwartaal 3 ●● Robbeneiland: berug vir tronk vir politieke gevangenes, veral Nelson Mandela; wêrelderfenisterrein; verskeidenheid plant- en dierelewe ●● Historiese plekke: Kramat − bedevaartplek vir Moslem-pelgrims, melaatse begraafplaas, Robert Sobukwe se huis ●● Tuinroete: skilderagtige strook van Mosselbaai tot by Stormsrivier, wat deur kusdorpies, die bekende Tsitsikammawoud en historiese en kulturele besienswaardighede loop ●● Aktiwiteite: walvis- en dolfynkyk, voetslaan, wildsafari’s ●● Kaapse wynroetes: van die skilderagtigste roetes in die wêreld; wyntoerisme is een van die bedrywe wat die vinnigste groei; vier hoofstreke – Breederiviervallei, Klein Karoo, westelike kusgebied, Olifantsrivier ●● Aktiwiteite: wynproe, fietsry of stap deur wingerde, restaurante, plaasverblyf ●● Kangogrotte en volstruisplase: Kangogrotte naby Oudtshoorn, druipsteenformasies ●● Aktiwiteite: begeleide toere, volstruisry, volstruiswedrenne ●● Pick ’n Pay Cape Argus-fietstoer: jaarlikse 109 km-fietstoer in Kaapstad in Maart; skilderagtige roete; grootste tydhou-fietsren in die wêreld; niewinsgewende geleentheid – al die geld gaan aan liefdadigheid ●● Klein Karoo Nasionale Kunstefees: het as Afrikaanse fees in Oudtshoorn begin om Afrikaanse kultuur te bevorder en bewaar; een van die gewildste kultuurgeleenthede; het gegroei en uitgebrei om musiekproduksies en -uitvoerings, lesings, kunsuitstallings en handgemaakte artikels in te sluit. 5 Suid-Afrikaanse fauna en flora as toeriste-attraksie 5.1 Konsepte Vier hoofkategorieë: ●● Natuurlike omgewing - alle natuurlike dinge soos plante, diere, insekte, voëls en ander lewende dinge wat op ’n plek voorkom ●● Mensgemaakte omgewing - alles wat deur die mens gebou of verander is, dinge wat nie natuurlik daar voorkom nie, soos paaie, huise en damme ●● Fisiese omgewing - sluit elemente soos rotse en grond, die weer, en waterbronne in ’n gebied in ●● Kulturele omgewing - al die erfenisgebiede, tradisies, gelowe en kunsvorme van die mense wat in ’n gebied woon. ©Via Afrika » Tourisme 54
Kwartaal 3 Natuurlike omgewing Mensgemaakte omgewing Fisiese omgewing Kulturele omgewing Al die natuurlike Alles wat gebou is Sluit elemente Al die dinge soos plante, of verander is deur in soos rotse en erfenisgebiede, diere, insekte, voëls die mens, die dinge grond, die weer en tradisies, gelowe en en ander lewende wat nie natuurlik waterbronne in ’n kunsvorme van die dinge wat op ’n plek daar voorkom nie, gebied. mense wat in die voorkom. byvoorbeeld paaie, gebied woon. huise en damme. 5.2 Luukse privaat wildtuine 5.2.1 Shamwari ●● In die Oos-Kaap, minder as vier uur van Port Elizabeth ●● Sewe luukse safarigastehuise, elk met eie gids ●● Born Free Big Cat-reservaat sien om na beseerde leeus en leeuwesies ●● Groot Vyf-wildlewe (leeu, renoster, buffel, olifant, luiperd) ●● Bied veldgidsopleiding en vrywilligerprogramme vir mense wat saam met die wildbewaarders wil werk ●● Huweliks- en konferensiegeriewe, ontvlugtingsoord. 5.2.2 Madikwe ●● In Noordwes ●● Verskeie rietdak-safarigastehuise ●● Eie landingstrook ●● Huweliks- en konferensiegeriewe ●● Groot Vyf ●● Voetslaanpaaie en voëlkyk. 5.2.3 Phinda ●● Noorde van KwaZulu-Natal ●● Sewe verskillende habitatte ●● Groot Vyf en 400 voëlspesies ●● Ses ekosafarigastehuise, elk met eie swembad ●● Wildbesigtigingsritte, begeleide voetslaan, kano-uitstappies op die Mzinenerivier. ©Via Afrika » Tourisme 55
Kwartaal 3 5.2.4 Sabi Sabi ●● Suidelike deel van die Kruger Nasionale Park ●● Groot Vyf ●● Twee boskampe; twee safarigastehuise ●● Konferensie-, huweliks- en spafasiliteite ●● Fotografiekursusse, tema-etes, toere na plaaslike Shangaan-gemeenskappe ●● Die Elefun-sentrum bied kuns-, handwerk- en junior-wildbewaarderprogramme vir kinders aan. ●● 5.3 Botaniese tuine ●● Plante word vir tentoonstelling en navorsing gekweek. ●● Die Suid-Afrikaanse Nasionale Biodiversiteitsinstituut (SANBI) beheer die botaniese tuine in Suid-Afrika. ●● Alle tuine bied bewaring- en omgewingsopleidingsprogramme aan. 5.3.1 Kirstenbosch Nasionale Botaniese Tuin ●● Suidoostelike hange van Tafelberg, Wes-Kaap ●● Inheemse en bedreigde plantspesies ●● Inligtingsentrum, restaurante, kuriowinkel ●● Rolstoelvriendelik ●● Kunsuitstallings, handwerkmarkte, buitelug-musiekkonserte. 5.3.2 Walter Sisulu Nasionale Botaniese Tuin ●● Roodepoort, Gauteng ●● Verskeidenheid habitatte ●● Savanne- en grasveldspesies en klein soogdierspesies ●● Piekniekplekke en voëlskuiling ●● Inligtingsentrum, restaurant- en funksiegeriewe. 5.3.3 Vrystaatse Nasionale Botaniese Tuin ●● Buite Bloemfontein, Vrystaat ●● Grasveld- en woudplante, voëls en klein soogdiere ●● Oeroue, gefossileerde boom ●● Opleidingsentrum, funksiegeriewe, begeleide toere. 6 Suid-Afrikaanse Nasionale Parke (SANParke) ●● Wilde diere in natuurlike habitat ●● Lok ekotoeriste, toeriste met spesiale belangstellings en ontspanningstoeriste ●● Bevorder die beskerming van die omgewing. ©Via Afrika » Tourisme 56
Kwartaal 3 6.1 Suid-Afrikaanse Nasionale Parke ●● (Meer inligting oor Parke onder provinsiale besienswaardighede) ●● Kruger Nasionale Park: grootste wildtuin in Suid-Afrika – 2 miljoen hektaar; in Mpumalanga en Limpopo ●● Meer as 140 soogdierspesies, Groot Vyf, meer as 300 boomspesies, 500 voëlspesies (insluitend bedreigde bromvoël) ●● Addo-olifant Nasionale Park: derde grootste park in Suid-Afrika ●● Sluit die Voël- en St. Croix-eilandgroep in (mariene bewaringsgebied) ●● Wêreld se grootste broeikolonie van witmalgasse en tweede grootste vir die bedreigde Afrika-pikkewyn ●● Augrabieswaterval Nasionale Park: 55 000 ha, op die oewers van die Gariep- (Oranje-) rivier ●● Waterval is 56 m hoog; genoem ‘Plek van die Groot Geraas’ (Khoi-naam) ●● Verskeidenheid vetplante, wild en voëls; skaars diersoorte – Kaapse platakkedis, klipspringer, witkruisarend, visarend, kokerbome ●● Bontebok Nasionale Park: deel van Kaapse Blommeryk, ’n wêrelderfenisterrein ●● Bewaring van bedreigde fynbos, renosterveld langs die kus en bontebokke (bevolking nou meer as 3 000), ook ander wild en voëls ●● Golden Gate-Hoogland Nasionale Park: ’n ‘aasvoëlrestaurant’ waar aasvoëls gevoer word – skaars baardaasvoël en kalkoenibis ●● Voëlskuiling, voetslaanroete, ’n bietjie wild ●● Tuinroete Nasionale Park: sluit Wildernis en Tsitsikamma Nasionale Parke en Knysna-meergebied in ●● Inheemse woude, fynbos, watervoëls in die vleilande en bedreigde Knysna- seeperdjie ●● Bergkwagga Nasionale Park: gevestig om die Kaapse bergkwagga van uitwissing te red – nou 300 in park; ander soogdiere, waaronder jagluiperds en swartrenosters ●● Namakwa Nasionale Park: unieke flora, bekend vir sy plate madeliefies en veldblomme in die lente; meer as 3 500 plantspesies – 1 000 is endemies (plekgebonde – word slegs in hierdie gebied gevind); ook klipspringers en kokerbome ●● Tafelberg Nasionale Park: 25 000 ha, deel van die Kaapse Blommeryk, wêrelderfenisterrein; endemiese spesies – spookpadda, bergnooientjie (’n skoenlapper), silwerbome, fynbos, sommige soogdiere, voëls; goeie uitkykpunte vir walvisse ●● Weskus Nasionale Park: beroemd vir vleilandgebied wat migrerende waadvoëls beskerm, ook broeiplek vir witmalgasse, swarttobies en flaminke. 6.2 Oorgrensparke (OGP’s) 6.2.1 Ai-Ais/Richtersveld-oorgrenspark ●● Die Richtersveld, Ai-Ais en Visriviercanyon is in 2003 saamgevoeg. ●● SANParke en plaaslike Namas bestuur die gebied. ©Via Afrika » Tourisme 57
Kwartaal 3 ●● Parke bewaar: kultuurerfenis en tradisionele leefstyl van die Nama, klipdassie, jakkalsvoël, Hartmann se bergkwagga en die halfmensplant. Daar is ook reptiele, soogdiere, voëls, vetplant- en ander plantspesies. 6.2.2 Kgalagadi-oorgrenspark ●● Kalahari-gemsbokpark in Suid-Afrika en die Gemsbok Nasionale Park in Botswana het in 2000 saamgesmelt. ●● Afrika se eerste oorgrenspark ●● 38 000 km², deur albei lande bestuur ●● Ongewone diere word beskerm: swartmaanhaarleeus, versamelvoëls (’n wewerspesie wat reuse neste in bome bou), die kleinste valkie in Afrika ●● Ander wild soos roofdiere kom voor. 6.2.3 Groot Limpopo-oorgrenspark ●● Voorgestelde park sal Suid-Afrika, Mosambiek en Zimbabwe met mekaar skakel. ●● Bedreigde spesies sluit in: wildehonde en swart- en witrenosters ●● Skaars wildsbokke: bastergemsbok, swartwitpense en basterhartbeeste ●● 49 visspesies sluit skaars akwariumvisse in: spikkelkuilvissies, notho-kuilvissies, longvisse 6.3 Oorgrensbewaringsgebiede (OGBG’s) 6.3.1 Limpopo/Shashe ●● Voorgestelde gebied oorvurk Suid-Afrika, Botswana, Zimbabwe (sluit Mapungubwe Nasionale Park in) ●● Plante sluit kremetartbome en lalapalms in ●● Wild- en voëlspesies 6.3.2 Maloti/Drakensberg ●● In Lesotho en Suid-Afrika geleë ●● 119 bedreigde plant- en dierspesies: Drakensbergbroodboom, orgideë, baard- en kransaasvoëls ●● San-rotskuns, 4 000 jaar oud Vrae Vraag 1: Meervoudige keuse Kies die korrekte antwoord. Skryf net die letter van die antwoord wat jy kies neer. 1.1 Die Bloukransbrug is in die: A Vrystaat B Wes-Kaap ©Via Afrika » Tourisme 58
Kwartaal 3 C Oos-Kaap D Gauteng. (2) 1 1.2 Die Vredefort-koepel is: A die impakterrein van ’n reuse meteoriet B ’n berg C gevorm deur goudkleurige sandsteenformasies D die Wieg van die Mensdom. (2) (4) Vraag 2: Waar/Onwaar Dui aan of die onderstaande stellings Waar of Onwaar is. Indien die stelling Onwaar is, moet jy die korrekte stelling neerskryf. 2.1 Addo-olifant Nasionale Park is in die Oos-Kaap. (2) 2.2 Die Sterkfonteingrotte is in Gauteng. (2) 2.3 Gold Reef City is ’n temapark. (2) 2.4 Die Goue Myl is in Gauteng. (2) 2.5 Die Modjadji Broodboomreservaat is ’n wêrelderfenisterrein. (2) (10) Vraag 3: Kort antwoorde 3.1 Gee drie feite oor die uKhahlamba Drakensberg-park. (3) 3.2 Noem vier belangrike besienswaardighede in Limpopo. (4) 3.3 Wat is die naam van die ou goudmyndorpie in Mpumalanga wat nou ’n nasion- ale monument is? (2) 3.4 Verduidelik waar die naam ‘God’s Window’ vandaan kom. (2) 3.5 Noem drie besienswaardighede in die Noord-Kaap en gee ’n aktiwiteit vir elkeen. (6) 3.6 Waar is die Pilanesberg-wildtuin? (1) 3.7 Sê waar die Kaapse Blommeryk gelëe is en gee twee feite hieroor. (3) 3.8 Noem vyf van die belangrikste besienswaardighede in die Wes-Kaap. (5) 3.9 Noem twee luukse privaat wildtuine en sê waar hulle geleë is. (4) 3.10 Wat is die trekpleister vir toeriste in botaniese tuine? (3) 3.11 Waarvoor staan SANParke? (1) 3.12 Waarvoor is die Namakwa Nasionale Park bekend? (2) 3.13 Verduidelik wat oorgrensparke is, noem een en sê waar dit gelëe is. (4) 3.14 Noem twee oorgrensbewaringsgebiede. (2) (42) [56] ©Via Afrika » Tourisme 59
Kwartaal 3 Antwoorde Vraag 1: Meervoudige keuse 1.1 C  1.2 A  Vraag 2: Waar/Onwaar 2.1 Waar  2.2 Waar  2.3 Waar  2.4 Onwaar. Die Goue Myl is in Durban  2.5 Onwaar. Die Modjadji Broodbroomreservaat is nie ’n wêrelderfenisterrein nie.  Vraag 3: Kort antwoorde 3.1 uKhahlamba Drakensberg-park: (enige drie) ●● Suid-Afrika se hoogste bergreeks  ●● Skouspelagtige natuurskoon  ●● Grotte, rotsskuilings  ●● Grootste groep rotskuns in Afrika v ●● Wêrelderfenisterrein.  3.2 Limpopo: (enige vier) ●● Oorblyfsels uit Steen- en Ystertydperk  ●● Mapungubwe Kulturele Landskap  ●● Modjadji Broodboomreservaat  ●● Kruger Nasionale Park  ●● Afrika-ivoorroete.  3.3 Pelgrimsrus  3.4 Bied ’n panoramiese uitsig oor die Laeveld en ’n mens kan op inheemse reën- woude afkyk.  3.5 Noord-Kaap: (enige drie besienswaardighede en aktiwiteite) ●● Die Groot Gat en Mynmuseum  ●● Aktiwiteite: myntoer, uitstalsentrum, uitkykplatform  ●● Witsand Natuurreservaat  ●● Aktiwiteite: nagritte om na ystervarke, strandjutwolwe, uile, silwerjakkalse te kyk; dagwildritte, 4x4-roetes, voetslaanroetes, duinry  ●● Namakwalandse blommeryk  ●● Aktiwiteite: selfry, georganiseerde toere, fotografie  ●● Suid-Afrikaanse Groot Teleskoop (SALT), Sutherland  ●● Aktiwiteite: toer van teleskoop, sterrekyk snags  3.6 Noordwes  ©Via Afrika » Tourisme 60
Kwartaal 3 3.7 Wes-Kaap: Dit beskik oor die rykste plantgebied in die wêreld en is ’n Wêrelder- fenisterrein.  3.8 Wes-Kaap: (enige vyf) ●● Tafelberg  ●● V & A Waterfront  ●● Robbeneiland  ●● Tuinroete  ●● Kaapse Wynroetes  ●● Kangogrotte en volstruisplase  ●● Pick ’n Pay Cape Argus-fietstoer  ●● Klein Karoo Nasionale Kunstefees  3.9 Luukse wildtuine: (enige twee) ●● Shamwari - Oos-Kaap  ●● Madikwe - Noordwes  ●● Phinda - KwaZulu-Natal  ●● Sabi Sabi - Kruger Nasionale Park  3.10 Botaniese tuine: ●● Wetenskaplike navorsing  ●● Opvoedkundig  ●● Skoonheid  3.11 Suid-Afrikaanse Nasionale Parke  3.12 Daar is plate madeliefies en veldblomme in die lente.  3.13 Oorgrenspark: (2 punte vir definisie, 1 vir naam, 1 vir korrekte ligging) Oorgrensparke is parke wat saamgevoeg/-gesmelt word oor grense van verskillende lande heen.  ●● Ai-Ais/Richtersveld-oorgrenspark - Noord-Kaap  ●● Kgalagadi-oorgrenspark - Noord-Kaap  ●● Groot Limpopo-oorgrenspark - Limpopo  3.14 Oorgrensbewaringsgebiede ●● Limpopo/Shashe  ●● Maloti/Drakensberg  ©Via Afrika » Tourisme 61
Kwartaal 3 Volhoubare en verantwoordelike toerisme Oorsig tema Volhoubare en 2 verantwoorde- like toerisme eenheid Volhoubare eenheid Verantwoordelike eenheid Aardverwarming 1 toerisme 2 toerisme 3 en die toeris- mebedryf 1 Die noodsaaklikheid 11 Wat is 1 Konsepte van volhoubare verantwoordelike 2 Oorsake van praktyke in toeristegedrag aardverwarming toeristeondernemings teenoor die 3 Uitwerking van omgewing? klimaatsverandering op 2 Reëls vir die toerismebedryf toeristegedrag in die 4 Hoe kan die natuur akkommodasiesektor hul koolsuurgas- 3 Goeie uitset verminder deur omgewingspraktyke groentoerismepraktyke? 4 Die voordele 5 Hoe toeriste hul van goeie koolstofvoetspoor kan omgewingspraktyke verklein vir die toerismebedryf 1 Volhoubare toerisme ●● Volhoubare toerisme is daarop gemik om die hulpbronne vir toekomstige generasies te beskerm en te bewaar. ●● Dit het te make met die welstand van die omgewing, mense en die ekonomie. ●● Alle toerisme-aandeelhouers het ’n verantwoordelikheid om hulpbronne te beskerm. 1.1 Die noodsaaklikheid van volhoubare praktyke in toerismeondernemings ●● Regering en toerismeondernemings moet beleid en praktyke in plek hê wat aandeelhouers tot voordeel strek. ●● Die bestuur van toerisme behoort die negatiewe impak van toerisme te verminder en die positiewe impak te verhoog. ●● Dit verseker volhoubare toerisme. 1.2 Die drie pilare van volhoubare toerisme ●● Daar is drie kategorieë van impak: omgewing (planeet), maatskaplik (mense), ekonomies (wins). ©Via Afrika » Tourisme 62
Kwartaal 3 1.2.1 Omgewingsimpak (planeet) Toerisme = meer mense = verhoogde gebruik van hulpbronne = impak op omgewing. Positiewe impak Negatiewe impak • Bewaring: ondersteun deur inkomste uit toer- • Lugbesoedeling: uitlaatgasse van motors, iste gegenereer vliegtuie en busse • Biodiversiteit: gesonde omgewings lok diere en • Geraasbesoedeling: vliegtuie, voertuie, harde plantegroei musiek • Verbetering van mensgemaakte omgewing: • Visuele besoedeling: lelike geboue fasiliteite en SSG- (sentrale sakegebied-) • Vaste afval en rommelstrooiery: goedere se projekte verpakking • Omgewingsbestuurstelsels: beskerming van • Vloeibare afval: chemikalieë in afvalwater en natuur (omgewing) riool • Drie belangrike begrippe: verminder, herge- • Agteruitgang van fauna en flora: gronderosie, bruik en herwin. verwydering van plante, interaksie met diere (voer van bobbejane) • Druk op hulpbronne: byvoorbeeld, gebruik van water • Verlies aan natuurlike habitat: konstruksie (bouwerk) op onontwikkelde grond • Oorlading: verkeersknope: verkeer, oorvol strande, winkelsentrums • Vandalisme: beskadiging van besienswaar- dighede – verwydering van voorwerpe of graffiti. 1.2.2 Maatskaplike impak (mense) Toeriste = interaksie = impak op gemeenskappe. Toerismeondernemings moet saam met gemeenskappe werk om te beplan en besluite te neem. Positiewe impak Negatiewe impak • Bewustheid van tradisies, kulture, kunsvorms • Meer misdaad en geweld • Skep begrip van kulture • Kulturele veranderinge: neem toeriste se klere- drag en gedrag aan • Gemeenskappe blootgestel aan nuwe idees, belangstellings en waardes • Inkomste uit toerisme gegenereer gaan nie na die gemeenskap terug nie • Kultuurerfenis word bewaar • Spanning tussen toeriste en plaaslike gemeen- • Inkomste uit toerisme gegenereer word gebruik skap: ding mee om hulpbronne, gedragsmis- vir instandhouding van terreine en museums verstande, plaaslike gemeenskap kry nie toe- • Kultuurtrots word bevorder gang tot belangrike kultuurterreine nie, geen • Ondernemings bevorder opleiding en gemeen- respek vir privaatheid, heilige terreine word skapsontwikkeling. betree, uitbuiting van kulturele seremonies • Negatiewe gedrag: geen respek, dronkenskap. ©Via Afrika » Tourisme 63
Kwartaal 3 1.2.3 Ekonomiese impak (wins) Positiewe impak Negatiewe impak • Toerisme is ’n inkomsteskepper. Toeriste bes- • Inflasie: Pryse van goedere en dienste styg tee geld in die gemeenskap. omdat daar meer vraag is. • Toerisme skep werk. Toerisme-ondernemings • Lekkasie: Die eienaars van toerismeonderne- het personeel nodig. mings kan die wins uit die streek/gebied neem. • Toerisme beïnvloed die betalingsbalans. Toer- Indien goedere en dienste ingevoer word, lei iste bring geld in die land of streek in. dit ook daartoe dat geld uit die gebied uitvloei. • Toerisme genereer beleggings. Sowel die • Eksterne koste: Byvoorbeeld elektrisiteitsvoor- privaat sektor as die openbare sektor belê siening en afvalverwydering is bykomende geld in die ontwikkeling en bevordering van koste wat as gevolg van toerisme styg. toerisme. • Oorafhanklikheid van toerisme: Lande, streke of gemeenskappe steun te swaar op toerisme. Indien toerisme afneem, het die ekonomie geen ander bedrywe waarop dit vir inkomste kan steun nie. Toerismeondernemings kan die negatiewe impak as volg verminder: ●● Neem plaaslike mense in diens. ●● Koop by plaaslike verskaffers. ●● Ondersteun plaaslike entrepreneurs. ●● Sluit plaaslike inhoud by produkte in. ●● Bevorder plaaslike kuns en handwerk. 2 Verantwoordelike toerisme 2.1 Wat is verantwoordelike toeristegedrag teenoor die omgewing? ●● Toeriste is aandeelhouers in die toerismebedryf - belangrike rol. ●● Hulle kan die negatiewe impak op die omgewing beperk deur die gevolge van reis in ag te neem en produkte en dienste te kies wat volhoubare toerisme bevorder. 2.2 Reëls vir toeristegedrag in die natuur ●● ‘Laat niks behalwe voetspore agter nie.’ ●● Neem rommel saam. ●● Moet niks verwyder nie (blomme, skulpe, plantjies, ens.). ●● Moet geen lewende wese seer- of doodmaak nie. 2.3 Goeie omgewingspraktyke 2.3.1 Rommelbeheer ●● Plaas asblikke by toeristeterreine en besienswaardighede. Die blikke moet duidelik sigbaar wees. ●● Voorsien aparte blikke vir herwinning. ●● Herwinningsmaatskappy kom haal. ©Via Afrika » Tourisme 64
Kwartaal 3 2.3.2 Energiebesparing ●● Skakel alle elektriese toestelle af wanneer dit nie gebruik word nie. ●● Gebruik openbare vervoer, stap of ry fiets. ●● Skakel voertuigenjins af wanneer daar vir lang tye stilgestaan word. 2.3.3 Waterbesparing ●● Stort eerder as om te bad. ●● Hergebruik handdoeke - moenie nie elke dag skones nie. ●● Gebruik hervulbare waterhouers. ●● Gebruik kraanwater eerder as gebottelde water indien moontlik. ●● Draai krane behoorlik toe. 2.3.4 Bewaring van ander skaars hulpbronne ●● Moenie produkte van bedreigde spesies koop nie. ●● Moenie restaurante wat bedreigde spesies op die spyskaart bedien, ondersteun nie. ●● Ondersteun ondernemings wat bewaring ondersteun. 2.4 Die voordele van goeie omgewingspraktyke vir die toerismebedryf ●● Dit verseker dat besienswaardighede bewaar word. ●● Dit beperk die impak van menslike aktiwiteite op die natuur en op mensgemaakte omgewings. 3 Aardverwarming en die toerismebedryf 3.1 Konsepte 3.1.1 Aardverwarming ●● Gemiddelde temperature op Aarde is besig om te styg. ●● Dit word deur verhoogde besoedeling veroorsaak. ●● Kweekhuisgasse: Koolstofdioksied (CO2) versamel in die atmosfeer en vang die hitte vas. ●● Bronne van gasse is onder meer uitlaatgasse, steenkoolkragstasies, houtvure, olie- of gasverwarmers. ●● Poolys en gletsers smelt, wat lei tot ’n styging in die seevlak en oorstromings in kusgebiede. ●● Klimaatsverandering lei tot byvoorbeeld swaarder reënval, meer sneeu, storms, hittegolwe en droogte. ●● Onstabiele weer beïnvloed reisplanne: Vliegtuie kan nie opstyg nie; paaie word as gevolg van sneeuval of oorstromings gesluit. ●● Weer by bestemming is nie wat verwag is nie. ©Via Afrika » Tourisme 65
Kwartaal 3 3.1.2 Koolstofvoetspoor Koolstofvoetspoor = hoeveelheid ton CO2 jaarliks vrygestel (gemiddelde Suid-Afrikaanse huishouding stel 12,81 ton per jaar vry). 3.1.3 Groen toerismepraktyke Dit is aksies wat die omgewingsimpak van toerismeondernemings verminder. 3.2 Oorsake van aardverwarming ●● Gasse wat in die lug vrygestel word, vorm ’n laag soos ’n kombers en vang dan hitte vas. ●● Die hitte kan nie in die atmosfeer ontsnap nie. ●● Die Aarde se temperatuur styg. ●● Ontbossing: Plante absorbeer CO2 en stel suurstof vry. ●● Minder plante = minder suurstof = meer CO2. ●● Bome bestaan uit 50% koolsuurgas. ●● Wanneer bome verbrand word, word CO2 vrygestel. ●● Ontbossing: 25% van menslike CO2 -vrystelling kom in die VSA, die wêreld se grootste besoedelaar, voor. 3.3 Uitwerking van klimaatsverandering op die toerismebedryf ●● Sommige kusbestemmings sal oorstroom. ●● Seisoene word beïnvloed. Voorbeeld: Indien minder reën in die winter in Namakwaland val, sal daar minder blomme in die lente wees, en dus sal minder toeriste na die gebied gelok word. ●● Nuwe motors is nou aan ’n uitlaatgasbelasting onderworpe. ●● Bykomende lughawebelasting word nou omgewingsbelasting genoem. ●● Diere en plante word geraak: Hulle kan bedreigde spesies word en dit sal dus nasionale parke raak. 3.4 Hoe kan die akkommodasiesektor hul koolsuurgas-uitset verminder deur groentoerismepraktyke? Bespaar elektrisiteit: In Suid-Afrika word die meeste elektrisiteit deur die verbranding van steenkool opgewek. Dit laat reuse hoeveelhede koolsuurgas vry in die atmosfeer. Deur elektrisiteit te bespaar, kan instellings help om die uitlatings te verminder. Hulle kan elektrisiteit bespaar deur: • energiedoeltreffende gloeilampe met ’n lang lewe te gebruik • elektriese toerusting, soos lugversorgers, net te gebruik as dit regtig nodig is en deur seker te maak hulle skakel apparate af wat nie gebruik word nie • te verseker dat alle elektriese apparate in goeie werkende toestand is (byvoorbeeld, dat die deure van yskaste en oonde behoorlik sluit sodat energie nie vermors word of verlore gaan nie) • doeltreffende elektriese apparate te koop • alternatiewe bronne van energie te gebruik waar moontlik, byvoorbeeld sonpanele of sonwaterver- warmers • gaste en personeel aan te moedig om warm water spaarsaam te gebruik. ©Via Afrika » Tourisme 66
Kwartaal 3 Verminder, hergebruik en hersirkuleer: As ons minder produkte gebruik,waar moontlike produkte herge- bruik en dit hersirkuleer, sal fabrieke minder produkte hoef te vervaardig. Dit sal daartoe lei dat minder koolsuurgas in die atmosfeer vrygelaat word. Verblyfplekke kan help deur • minder elektrisiteit te verbruik • items te hergebruik waar moontlik, eerder as om hulle weg te gooi, byvoorbeeld voedsel- en drank- houers • items wat weggegooi word te sorteer in verskillende rommelhouers (byvoorbeeld glas, papier, plast- iek) sodat dit bymekaar gemaak kan word vir hersirkulering. 3.5 Hoe toeriste hul koolstofvoetspoor kan verklein Vakansiebeplanning Keuse van vervoer By die verblyfplek • Neem minder, maar langer vakansies. • Reis per trein of ander • Gebruik so min elek- • Hou nader aan die huis openbare vervoer waar trisiteit as moontlik vakansie. moontlik. (skakel af wat jy nie • Gebruik toerismedi- • Bespreek direkte nodig het nie). ensverskaffers wat vlugte en vermy oor- • Gebruik warm water verbind is tot verklein- stappery. spaarsamig. ing van hulle koolst- • Gebruik openbare • Gebruik die wasgoed- ofvoetspoor. vervoer by jou bestem- diens so min as • Steun die plant van ming indien moontlik. moontlik. bome en bewaring- sprojekte. Vrae Vraag 1: Meervoudige keuse Kies die korrekte antwoord. Skryf net die letter van die antwoord wat jy kies neer. 1.1 Reëls vir toeristegedrag in die omgewing: A Laat rommel rondlê. B ‘Laat niks behalwe voetspore agter nie.’ C Pluk blomme. D Beskadig plante en maak diere seer. (2) (2) Vraag 2: Waar/Onwaar Dui aan of die onderstaande stellings Waar of Onwaar is. Indien die stelling Onwaar is, moet jy die korrekte stelling neerskryf. 2.1 Spaar water deur te bad. (2) 2.2 Toeriste moet produkte wat van bedreigde spesies gemaak is, koop. (2) 2.3 Aardverwarming word deur ’n styging in besoedeling veroorsaak. (2) 2.4 Koolstofvoetspoor = hoeveelheid ton CO2 wat vrygestel word. (2) 2.5 Groen toerismepraktyke is aksies wat die omgewingsimpak van .... van toerisme- ondernemings verhoog. 2) 2.6 Die plant van bome veroorsaak aardverwarming. (2) ©Via Afrika » Tourisme 67
Kwartaal 3 2.7 Die uitlaatgasbelasting is ’n gevolg van klimaatsverandering. (2) (14) Vraag 3: Kort antwoorde 3.1 Wat is die doelwit van volhoubare toerisme? (2) 3.2 Wat is die drie pilare van volhoubare toerisme? (6) 3.3 Noem vyf negatiewe omgewingsimpakte van toerisme. (5) 3.4 Noem vier positiewe maatskaplike impakte van toerisme. (4) 3.5 Hoe kan toerismeondernemings die negatiewe impak van toerisme verminder? (4) 3.6 Noem drie maniere waarop akkommodasie-ondernemings hul koolstofvoetspoor kan verklein. (3) (24) [40] ©Via Afrika » Tourisme 68
Kwartaal 3 Antwoorde Vraag 1: Meervoudige keuse 1.1 B  Vraag 2: Waar/Onwaar 2.1 Onwaar. Spaar water deur te stort.  2.2 Onwaar. Moenie produkte wat van bedreigde spesies gemaak is, koop nie.  2.3 Waar  2.4 Waar  2.5 Onwaar. Dis aksies wat die omgewingsimpak van toerismeondernemings ver- minder.  2.6 Onwaar. Om bome af te kap dra by tot aardverwarming.  2.7 Waar  Vraag 3: Kort antwoorde 3.1 Om hulpbronne vir toekomstige generasies te beskerm en te bewaar  3.2 Drie pilare: ●● Omgewing (planeet)  ●● Maatskaplik (mense) v ●● Ekonomies (wins)  3.3 Negatiewe impak: (enige vyf) ●● Lugbesoedeling  ●● Geraasbesoedeling  ●● Visuele besoedeling  ●● Vaste afval en rommel  ●● Vloeibare afval  ●● Agteruitgang van fauna en flora  ●● Druk op hulpbronne  ●● Verlies aan natuurlike habitat  ●● Opeenhoping  ●● Vandalisme.  3.4 Positiewe maatskaplike impak: (enige vier) ●● Bewustheid van tradisies, kulture en kunsvorms  ●● Skep begrip van kulture  ●● Gemeenskappe neem nuwe idees, belangstellings en waardes in  ●● Kultuurerfenis word bewaar  ●● Toeriste genereer inkomste wat vir onderhoud van terreine en museums gebruik word  ●● Kultuurtrots word bevorder  ●● Ondernemings bevorder opleiding en gemeenskapsontwikkeling.  ©Via Afrika » Tourisme 69
Kwartaal 3 3.5 Toerismeondernemings kan negatiewe impak verminder deur: (enige vier) ●● Plaaslike werkers in diens te neem  ●● By plaaslike verskaffers aan te koop  ●● Plaaslike entrepreneurs te ondersteun  ●● Plaaslike inhoud by produkte in te sluit  ●● Plaaslike kuns en handwerk te bevorder.  3.6 Verklein koolstofvoetspoor: (enige drie) ●● Gebruik energiebesparende gloeilampe.  ●● Gebruik elektriese toestelle slegs wanneer noodsaaklik.  ●● Maak seker alle toerusting is in ’n goeie werkende toestand.  ●● Koop doeltreffende toerusting.  ●● Gebruik alternatiewe bronne van elektrisiteit soos sonpanele of sonverwarmde waterstelsels.  ●● Verminder, hergebruik, herwin.  ©Via Afrika » Tourisme 70
Kwartaal 3 Bemarking Oorsig tema Bemarking 3 eenheid Bemarking van 1 toerismeproduk- te, –dienste en –terreine 1 Konsepte 2 Die doel van die bemarking van toerismeprodukte en –dienste en –terreine 3 Marknavorsing 1 Bemarking van toerismeprodukte, -dienste en -terreine 1.1 Konsepte ●● Bemarking is dít wat ondernemings doen om hul dienste en produkte in die hande van die teikenmark te plaas. ●● Om dit te kan doen, moet die behoeftes en begeertes van die kliënte geïdentifiseer word. ●● Produkte is vakansiepakette, akkommodasie, bootreise, vlugte en toere. ●● Dienste is besprekings. ●● Toerismeprodukte, -dienste en -bestemmings ding met besigheid mee. ●● Markaandeel is daardie deel van die mark wat deur ’n onderneming of produk beheer word. Voorbeeld: Van Julie tot September 2010 het 48% van internasionale toeriste Gauteng besoek. Dus het Gauteng die grootste markaandeel van inkomende toerisme gehad. ●● Inligting oor markaandeel is nuttig wanneer besigheid van mededingers vergelyk word. ●● Mededingende voordeel beteken on kliënte iets unieks of spesiaals te bied. Voorbeeld: die Green Cab-taximaatskappy verskaf omgewingsvriendelike vervoer. ●● Die teikenmark bestaan uit marksegmente. ●● Kernmarkte is die marksegmente wat die meeste besigheid verskaf. ●● Nismarkte is vir groepe met spesiale belangstellings. ©Via Afrika » Tourisme 71
Kwartaal 3 1.2 Die doel van die bemarking van toeristeprodukte en -dienste Bemarkingsoogmerke: ●● Om die behoeftes van die teikenmark te identifiseer ●● Om produkte en dienste te ontwikkel wat in hierdie behoeftes voorsien ●● Om bekostigbare en mededingende pryse te stel ●● Om te oorweeg watter kanale gebruik sal word om die produk te koop: internet, tydskrifte, reisagente ●● Om die teikenmark oor produkte en dienste in te lig ●● Om te verseker dat verskaffers die produkte en dienste ondersteun ●● Om ’n mededingende voordeel te bepaal ●● Ondernemingsbegrotings bepaal teikenmarkte. Voorbeeld: ’n Onderneming wat avontuuraktiwiteite aanbied sal ’n marksegment met ’n jonger ouderdom teiken. 1.3 Marknavorsing Marknavorsing is die inwin van inligting om goeie bemarkingsbesluite te neem. 1.3.1 Die marknavorsingsproses Die potensiële kliënt: Kompetisie: Hoe groot is die potensiële mark? Wat is hul begeertes en behoeftes? Wat is hulle gewillig om vir die produk of diens te Watter produkte of dienste bied hulle? betaal? Wat is hul pryse? Wat is die beste manier om hulle te bereik? Wat is hul markaandeel? (bv. TV, radio of internet) Wat is die beste manier om die produk of diens by hulle te kry? Die breër teikenmark (algehele mark): Finansiering: Wat sal die bemarkingsaktiwiteite kos? (bv. ad- Watter marksegmente is daar in die algehele mark? vertensies) Wat is die grootte van die verskillende markseg- Is daar enige steunorganisasies wat bykomende mente? fondse vir Wat is die toeriste-ondernemings se markaandeel? bemarking kan voorsien? (bv. Suid-Afrikaanse Toer- isme of inisiatiefprogram) ©Via Afrika » Tourisme 72
Kwartaal 3 ●● Daar is vyf elemente (In Engels die vyf P’s genoem) wat die grondslag van ʼn onderneming se bemarkingspogings vorm. ●● Dit word die bemarkingsamestelling genoem: produk, promosie, prys, plek, mense (people). Element Beskrywing Voorbeeld Dit is die diens of produk wat die toeriste- Produk toere, akkommodasie, vervoer onderneming bied. die prys van ’n toer, hotelkamer of vlug- Prys Dit is die koste van die produk of diens. kaartjie toeriste kan toeristeprodukte deur ’n Dit verwys na hoe die produk of diens die Plek reisagentskap, die internet of direk van die teikenmark sal bereik. maatskappy koop Dit is die kommunikasie oor produkte en be- advertensies, promosies, borgskappe, Promosie trekkinge. openbare dienste aan potensiële kliënte Dit behels die verskaffing van goeie kliëntedi- verseker dat personeel goed opgelei is om Mense ens. die diens by ’n hotel te verskaf 1.3.2 Hulpbronne benodig vir marknavorsing ●● Uitkontraktering: Bemarkingsnavorsingsmaatskappye word genader om die navorsing te doen. ●● Interne navorsing: Onderneming onderneem eie navorsing. ●● Koöperatiewe navorsing: Ondernemings doen gesamentlike navorsing. Hulle bespaar geld aangesien koste gedeel word. 1.3.3 Bestuur van marknavorsing ●● Navorsingsplan: tydraamwerk met teikendatums en implementeringsdatums ●● Moet voltooi word voordat die inligting verouder. Vrae Vraag 1: Meervoudige keuse Kies die korrekte antwoord. Skryf net die letter van die antwoord wat jy kies neer. 1.1 Kernmarkte is: A Groepe met spesiale belangstellings B Marksegmente wat die meeste besigheid oplewer C Om kliënte iets unieks of spesiaals te bied D Dienste. (2) (2) Vraag 2: Waar/Onwaar Dui aan of die onderstaande stellings Waar of Onwaar is. Indien die stelling Onwaar is, moet jy die korrekte stelling neerskryf. 2.1 Uitkontraktering is wanneer ’n onderneming sy eie navorsing onderneem. (2) ©Via Afrika » Tourisme 73
Kwartaal 3 2.2 ’n Navorsingsplan kan enige tyd voltooi word. (2) (4) Vraag 3: Kort antwoorde 3.1 Wat is die doel met die bemarking van toerismeprodukte en -dienste? (3) 3.2 Wat is die vyf elemente van die bemarkingsamestelling? (5) (8) [14] ©Via Afrika » Tourisme 74
Kwartaal 3 Antwoorde Vraag 1: Meervoudige keuse 1.1 B  Vraag 2: Waar/Onwaar 2.1 Onwaar. Uitkontraktering beteken dat bemarkingsnavorsingsmaatskappye inge- bring word om die navorsing te doen.  2.2 Onwaar. ’n Navorsingsplan moet voltooi word voordat die inligting verouder.  Vraag 3: Kort antwoorde 3.1 Doel van bemarking: (enige 3) ●● Om die behoeftes van die teikenmark te identifiseer  ●● Om produkte en dienste te ontwikkel wat in hierdie behoeftes voorsien  ●● Om bekostigbare en mededingende pryse te stel  ●● Om te oorweeg watter kanale gebruik sal word om die produk te koop: internet, tydskrifte, reisagente  ●● Om die teikenmark oor produkte en dienste in te lig  ●● Om te verseker dat verskaffers die produkte en dienste ondersteun v ●● Om ’n mededingende voordeel te bepaal.  3.2 Produk,  promosie,  prys, plek,  mense (people)  ©Via Afrika » Tourisme 75
Kwartaal 4 Kultuur en erfenis Oorsig Tema Kultuur en 1 erfenis eenheid Kultuur en eenheid Erfenisterreine 1 erfenis 2 1 Wat is kultuur? 1 Kriteria vir die aanwys 2 Elemente van van ’n erfenisterrein kultuur 2 Soorte erfenisterreine 3 Wat is erfenis? 3 Kategorieë van 4 Belang en erfenisterreine waarde van 4 Die erfenisgedenkplaat erfenisbewaring 5 Voorbeelde van plaaslike erfenisterreine 1 Kultuur en erfenis ●● Kultuur vorm die grondslag van ’n land se nasionale identiteit. ●● Dinge wat uit ons verlede oorleef het, vorm deel van ons erfenis. Voorbeelde: argeologiese terreine, mondelinge tradisies. ●● Kultuur en erfenis word as toerismeprodukte bevorder. 1.1 Wat is kultuur? ●● Kultuur bestaan uit die waardes, houdings, gelowe en praktyke van ’n spesifieke groep mense. ●● Dit sluit lewende en nie-lewende dinge wat van vorige geslagte geërf is, in. ●● Lewende kultuur is ontasbare kultuur wat deur mense oorgedra word (huistaal, tradisies). ●● Nie-lewende kultuur is tasbare kultuur, fisiese dinge wat deur die gemeenskap bewaar word. 1.1.1 Algemene menings oor kultuur ●● Dit word op simbole, verbaal of nieverbaal, byvoorbeeld taal en trouringe, gebaseer. ●● Dit word aangeleer en deur generasies oorgedra, byvoorbeeld lobola – bruidskat. ●● Dit word gedeel en bestaan uit praktyke wat deur die gemeenskap gedeel word, byvoorbeeld kombuistee. ©Via Afrika » Tourisme 76
Kwartaal 4 ●● Dit is dinamies en kan verander. Lobola is byvoorbeeld voorheen met beeste betaal en word vandag met geld betaal. 1.1.2 Kulturele diversiteit ●● Diversiteit:Verwys na verskillende kulture binne ’n streek - die ‘Reënboognasie’ ●● Immigrantesetlaars het verskillende kulture saamgebring ●● Blangrikste invloede uit Afrika, Europa en Asië ●● Suid-Afrika het vier hoofbevolkingsgroepe en 11 amptelike tale ●● Kuns- en handwerkvorms: kralewerk, pottebakkery, breiwerk ●● Musiek- en dansvorme: kwaito, Afro-fusion ●● Kookkuns: frikkadelle, koeksisters, umvubo ●● Feeste: Indiese Diwali, Mangaung Africa-fees, Kaapstadse Jazzfees. 1.2 Elemente van kultuur ●● Literatuur en storievertellings: poësie, voordrag, novelles ●● Argitektuur en binneontwerp: Kaaps-Hollandse rietdakhuise en gewelhuise, landelike rietdak-modderhutte ●● Kuns en handwerk: die kreatiewe gees van ’n kultuur – San-rotstekeninge en -skilderye, kuns in galerye ●● Kookkuns: beïnvloed deur Afrika-, Europese en Asiatiese kulture – Xhosa umngqusho (stampmielies en bone), Kaaps-Maleise bobotie (geurige maalvleis met eierbolaag), Suid-Afrikaanse braaivleis (vleis oor kole gebraai) ●● Musiek en dans: rubbersteweldans, Indlamu, volkspele, kwêla, koormusiek (Soweto Gospel Choir). 1.3 Wat is erfenis? ●● Erfenis word van families en die samelewing oorgeërf en aan ons nageslagte oorgedra. ●● Erfenishulpbronne is tasbaar of ontasbaar. ●● Voorbeelde: voorwerpe (meubels), strukture (geboue), items met spesiale betekenis (skaars plante). ●● Die Wet op Nasionale Erfenishulpbronne (WNE) is ’n wet wat ons erfenis beskerm. ●● Ons erfenis is ’n ‘nasionale bate’ – behoort aan Suid-Afrika as ’n land. Enigiets wat deel is van die eiendom mag nie sonder spesiale toestemming verwyder word nie (dit sluit voorouergrafte, historiese nedersettings en geboue, kuns- en militêre voorwerpe, argeologiese oorblyfsels, fossiele en meteoriete in). 1.4 Belang en waarde van erfenisbewaring ●● Sosiale waarde: Erfenisgebiede word vir opvoeding, vermaak en waardering van skoonheid besoek. Moedig gemeenskapseienaarskap aan en bou eenheid. ●● Ekonomiese waarde: Erfenisgebiede verskaf werk en genereer inkomste. ●● Omgewingswaarde: Wette beskerm die omgewing van die erfenisgebiede. ©Via Afrika » Tourisme 77
Kwartaal 4 ●● Waarde vir land: Erfenisdag 24 September – die land vier sy erfenis en kulturele diversiteit. 2 Erfenisterreine ●● ’n Erfenisterrein is ’n plek wat as gevolg van sy waarde vir erfenis beskerm word. ●● Unesco (Verenigde Nasies se Opvoedkundige, Wetenskaplike en Kulturele Organisasie) moedig die identifisering van kulturele en erfenisterreine oral in die wêreld aan. ●● Die Wet op Nasionale Erfenishulpbronne is die wet wat Suid-Afrika se erfenis identifiseer, beskerm en bestuur. 2.1 Kriteria vir die aanwys van ’n erfenisterrein SAHRA (Suid-Afrikaanse Erfenishulpbronagentskap) het sekere kriteria opgestel om die waarde van ’n terrein te bepaal: ●● Dit is vir die gemeenskap of plaaslike geskiedenispatroon van belang, byvoorbeeld ’n ou gemeenskapsaal. ●● Dit bevat skaars of bedreigde kenmerke van die natuurlike of kultuurerfenis; ons nasionale blom, die koningsprotea, is byvoorbeeld ’n beskermde plantspesie. ●● Dit verskaf belangrike inligting wat ons sal help om ons natuurlike of kultuurerfenis te verstaan. Byvoorbeeld, grotte is natuurlike kenmerke wat deur die San as plekke van veiligheid gebruik is, en die rotskuns in die grotte gee vir ons inligting oor die lewe en kultuur van die San. ●● Dit dui op grootse kreatiewe of tegniese prestasie van ’n spesifieke tydperk, byvoorbeeld die argitektuur van die Uniegeboue in Pretoria. ●● Dit het om sosiale, kulturele of spirituele redes ’n sterk of spesiale verbintenis met ’n spesifieke gemeenskap of kultuurgroep. Die Voortrekkermonument is byvoorbeeld opgerig om die Groot Trek te huldig en het dus ’n spesiale betekenis vir die Afrikaanse kultuur. ●● Dit het ’n sterk of spesiale verbintenis met die lewe of werk van ’n persoon, groep of organisasie wat vir die plaaslike gebied histories belangrik is, byvoorbeeld die Nelson Mandela-museum in Mthatha in die Oos-Kaap. ●● Dit hou verband met die geskiedenis van slawerny in die plaaslike gebied, byvoorbeeld die graf van Sarah Baartman in Hankey in die Oos-Kaap. Sarah het as slaaf in Kaapstad gewerk en is later verkoop en as rariteit by uitstallings in Europa ten toon gestel. ●● Dit beskik oor ’n skoonheid wat vir die gemeenskap of kultuurgroep van waarde is, byvoorbeeld die Kaapse Blommeryk in die Wes-Kaap, wat bekend is vir sy ryk en diverse plantlewe. 2.2 Soorte erfenisterreine Daar is drie soorte erfenisterreine: kultureel, natuurlik en gemengde kulturele en natuurlike gebiede. ©Via Afrika » Tourisme 78
Kwartaal 4 2.2.1 Kultureel ●● Bevat elemente van geskiedenis, godsdiens, kuns, argitektuur, argeologie of leefwyse van ’n kultuurgroep (argeologie, monumente, dorpies, grafte) ●● Lewende erfenis: vertel stories. 2.2.2 Natuurlik ●● Van waarde weens natuurlike skoonheid, wetenskaplike of opvoedkundige betekenis ●● Woude, kusgebiede, vleilande, watervalle, grotte, berge (Vredefort-koepel, Sterkfonteingrotte, Hole in the Wall in die Oos-Kaap). 2.2.3 Gemengde kulturele en natuurlike erfenisterreine ●● Natuurlike plekke wat ook van kulturele belang is, byvoorbeeld Drakensberge. 2.3 Kategorieë van erfenisterreine ●● Na gelang van hul belangrikheid vir die wêreld gekategoriseer ●● Vier kategorieë: wêreld, nasionaal, provinsiaal, plaaslik. Kategorisering van erfenisgebiede Wêrelderfenisterreine is terreine wat vir • iSimangaliso- (Groter St. Lucia-) vleilandpark (1999) die hele wêreld van belang is. Daar is • Robbeneiland (1999) agt wêrelderfenisterreine in Suid-Afrika. • Wieg van die Mensdom (1999) • uKhahlamba Drakensberg-park (2000) • Mapungubwe Kulturele Landskap (2003) • Kaapse Blommeryk (2004) • Vredefort-koepel (2005) • Richtersveld Kulturele en Botaniese Landskap (2007). Nasionale erfenisterreine is vir al die • Hector Pietersen-gedenkteken in Soweto, Gauteng mense van die land van belang. Hierdie • Taung-erfenisterrein, Noordwes terreine is gewoonlik ’n bron van nasion- • Sarah Baartman se graf in Hankey, Oos-Kaap ale trots. Hulle is Graad 1-erfenister- • Makapansgatvallei in Mokopane, Limpopo. reine. Provinsiale erfenisterreine is van spesi- • Hole in the Wall, Oos-Kaap ale belang vir mense wat in die provinsie • Modjadji Broodboomreservaat, Limpopo woon. Hulle is Graad 2-erfenisterreine. • Voortrekkermonument, Gauteng Hulle word deur provinsiale regerings • Pelgrimsrus, Mpumalanga bestuur. • Tafelberg, Wes-Kaap • Pilanesberg-wildtuin, Noordwes • Slagvelde in KwaZulu-Natal. Plaaslike erfenisterreine is van spesiale • Ou geboue van kulturele belang belang vir plaaslike inwoners. Die • Tradisionele hutte plaaslike gemeenskap moet oor die • Bome wat van kulturele belang is belangrikheid van die terrein ooreenkom • ’n Graf van iemand wat vir die plaaslike gebied belangrik voordat dit tot erfenisterrein verklaar was kan word. Dit is Graad 3-erfenisterreine. • Rotskuns ouer as 100 jaar Plaaslike owerhede en munisipaliteite is • Kenmerke, strukture en oorblyfsels ouer as verantwoordelik vir die identifisering en 75 jaar wat met militêre geskiedenis verband hou. bestuur van hierdie terreine. ©Via Afrika » Tourisme 79
Kwartaal 4 2.4 Die erfenisgedenkplaat ’n Gedenkplaat is ’n plaat van metaal, klip of hout wat teen ’n muur vasgesit word. ’n Erfenisgedenkplaat is ’n siergedenkplaat wat ter herdenking aan die opening van ’n nasionale erfenisterrein aan die terrein gegee word. Erfenisgedenkplate word gewoonlik tydens die inwyding van die erfenisterrein onthul. Hulle bevat gewoonlik ’n boodskap ter herinnering aan die geleentheid. Byvoorbeeld: Die Nelson Mandela-museum in Mthatha beskik oor ’n gedenkplaat ter herinnering aan Nelson Mandela, na wie die museum vernoem is. SAHRA ken gedenkplate aan erfenisterreine toe. 2.5 Voorbeelde van plaaslike erfenisterreine 2.5.1 Die Groot Kremetart in Sunland ●● Ligging: die plaas Sunland, Modjadji-kloof, Limpopo ●● Soort: natuurlik ●● Kategorie: plaaslik ●● Die Groot Kremetartboom se radiokoolstofdatering dui daarop dat die boom 6 000 jaar oud is. Dit maak die boom ouer as die piramides van Giza. ●● Die boom is die wydste van sy soort in die wêreld. ●● Die boom dra pragtige bloeisels in die lente. ●● Die boom huisves ’n verskeidenheid voëllewe, waaronder twee uile. ●● Plaaslike inwoners en besoekers word deur die kroeg in die boom bekoor: Die Van Heerden-gesin het die plaas Sunland, waar die boom staan, in 1993 gekoop. Hulle het die boom se stam uitgehol en ’n kroeg van spoordwarslêers in die holte gebou. Hierdie kroeg en wynkelder het plek vir ongeveer 60 mense. Die kroeg is vandag wêreldberoemd. 2.5.2 Die Nelson Mandela-museum ●● Soort: kultureel ●● Kategorie: plaaslik ●● Ligging: drie verskillende terreine in die Oos-Kaap ●● Die Bhunga-gebou in Mthatha, wat geskenke uitstal wat Nelson Mandela van oor die hele wêreld ontvang het (Mandela is Suid-Afrika se eerste demokraties verkose president.) ●● Mvezo, die dorpie waar Nelson Mandela in 1918 gebore is ●● Qunu, die dorpie waar Nelson Mandela as ’n seuntjie gewoon het. ●● Dit is ’n lewende museum. ●● Besoekers kan in die museum in die voetspore van die wêreldbekende Nobelprys- wenner Nelson Rolihlahla Mandela volg. ●● Dit inspireer mense. ●● Dit vertoon Mandela se liefde vir kinders en sy familie. ●● Dit wys Mandela se respek vir tradisie. ●● Daar is uitstallings van gedenkwaardighede, familiefoto’s, skilderye en kosbare geskenke wat Mandela uit baie lande ontvang het. ©Via Afrika » Tourisme 80
Kwartaal 4 Vrae Vraag 1: Meervoudige keuse Kies die korrekte antwoord. Skryf net die letter van die antwoord wat jy kies neer. 1.1 SAHRA is: A ’n kategorie van erfenisterreine. B ’n organisasie wat ons erfenis beskerm C ’n gedenkplaat D ’n monument. (2) (2) Vraag 2: Waar/Onwaar Dui aan of die onderstaande stellings Waar of Onwaar is. Indien die stelling Onwaar is, moet jy die korrekte stelling neerskryf. 2.1 Robbeneiland is ’n wêrelderfenisterrein. (2) 2.2 Nasionale erfenisgebiede is Graad 3-terreine. (2) 2.3 Die slagvelde in KwaZulu-Natal is wêrelderfenisterreine. (2) 2.4 ’n Erfenisgedenkplaat bevat nooit ’n boodskap nie. (2) 2.5 Die dorpie Qunu is ’n lewende museum. (2) (10) Vraag 3: Kort antwoorde 3.1 Verduidelik wat die belangrikste invloede van kulturele diversiteit is en gee drie voorbeelde. (6) 3.2 Noem vier elemente van kultuur. (4) 3.3 Wat is die definisie van erfenis? (3) 3.4 Wat is die drie waardes van erfenisbewaring? (3) 3.5 Noem vier kriteria vir die keuse van ’n erfenisterrein. (4) (20) [32] ©Via Afrika » Tourisme 81
Kwartaal 4 Antwoorde Vraag 1: Veelkeuse 1.1 B  Vraag 2: Waar/Onwaar 2.1 Waar  2.2 Onwaar. Nasionale erfenisterreine is Graad 1-terreine.  2.3 Onwaar. Die slagvelde is provinsiale erfenisterreine.  2.4 Onwaar. ’n Erfenisgedenkplaat bevat gewoonlik ’n boodskap.  2.5 Waar  Vraag 3: Kort antwoorde 3.1 Belangrikste invloede: (enige drie) ●● Afrika-, Europese, Asiatiese invloede  ●● In Suid-Afrika: vier hoofbevolkingsgroepe, 11 amptelike tale  ●● Kuns- en handwerkvorme: kralewerk, pottebakkery, breiwerk  ●● Musiek- en dansvorme: kwaito, Afro-fusion  ●● Kookkuns: frikkadelle, koeksisters, umvubo  ●● Feeste: Indiese Diwali, Mangaung Africa-fees, Kaapstadse Jazzfees  3.2 Elemente van kultuur: (enige vier) ●● Letterkunde en storievertelling  ●● Argitektuur en binneontwerp  ●● Kuns en handwerk  ●● Kookkuns  ●● Musiek en dans  3.3 Erfenis bestaan uit dinge wat uit ons verlede oorleef het en vorm die grondslag van ’n land se identiteit.  3.4 Sosiaal, ekonomies ü en omgewing  3.5 Kriteria vir erfenisterreine: (enige vier) ●● Skaars of bedreigde kenmerke  ●● Belangrike inligting om ons erfenis te verstaan  ●● Kreatiewe of tegniese prestasies uit ’n spesifieke tydperk  ●● Spesiale verbintenis met ’n bepaalde gemeenskap of kultuurgroep  ●● Spesiale verbintenis met die lewe of werk van ’n persoon, groep of organisasie  ●● Geskiedenis van slawerny  ●● Estetiese waarde  ©Via Afrika » Tourisme 82
Kwartaal 4 Kommunikasie en kliëntediens Oorsig tema Kommu- 1 nikasie en kliëntediens eenheid Kommunikasi- eenheid Verbale en eenheid Voortreflike 1 2 3 etegnologie geskrewe diens kommunikasie 1 Landlyne en selfone 1 Geskrewe 1 Wat is voortreflike 2 Faksmasjiene kommunikasie diens? 3 Fotostaatmasjiene 2 Verbale 2 Die belang en kommunikasie waarde van 4 Drukkers gehaltediens 3 Toerismepadtekens 5 Rekenaars en inligtingstekens 3 Voordele van voortreflike dienslewering 4 Gevolge van swak dienslewering 5 Aanbevelings vir die verbetering van swak dienslewering 1 Kommunikasietegnologie ●● Die toerismebedryf is ’n hoëtegnologiebedryf. ●● Kommunikasietegnologie word gebruik om reise te beplan, besprekings te doen. ●● Toerusting: rekenaars, drukkers, faksmasjiene, kopieerders, telefone. 1.1 Landlyne en selfone ●● Landlynkommunikasie word in ’n kantoor gebruik; is aan ’n telefoonlyn gekoppel ●● ’n Skakelbord konnekteer ’n groep telefone; oproepe word via ’n ontvangspersoon na ’n uitbreiding herlei ●● Selfone word ook mobiele telefone genoem. ●● Kan enige tyd vanaf enige plek skakel ●● Kan kort, geskrewe boodskappe (SMS’e) stuur ●● Goed om mens aan iets te herinner, besprekings te bevestig of spesiale aanbiedinge te ondersteun ●● Onmiddellik, maklik, wêreldwyd ●● Nadele: Netwerke kan faal, dit kan duur wees, nie altyd beskikbaar nie, slegte kommunikasievaardighede = slegte diensbeeld, ontvanger is dalk nie beskikbaar nie. ©Via Afrika » Tourisme 83
Kwartaal 4 1.2 Faksmasjiene ●● Vinnige transmissie of kommunikasie op papier, van een masjien na enige ander plek in die wêreld ●● Gebruik ’n telefoonlyn ●● ’n Faksdekbrief of voorblad gee besonderhede van sender en ontvanger; is die eerste bladsy van die dokument ●● Onmiddellik; masjiene kan ook druk, skandeer, fotostateer; wêreldwye kommunikasie ●● Nadele: Kan nie sonder elektrisiteit funksioneer nie, albei partye moet ’n masjien hê, vereis bykomende telefoonlyn, duur om te herstel, fotostate nie altyd goeie gehalte nie. 1.3 Fotostaatmasjiene ●● Word gebruik om eksakte kopieë van dokumente te maak ●● Voorbeeld: Reisplan van toer word op ’n rekenaar opgestel, gedruk en dan vir toeriste gefotostateer ●● Eenvoudig om te gebruik ●● Maak vinnig baie fotostate ●● Nadele: Duur om te koop en te onderhou, chemikalieë is duur, misbruik (onnodige kopieë word gemaak), neem baie kantoorspasie op. 1.4 Drukkers ●● ’n Elektroniese toestel wat aan ’n rekenaar gekoppel is ●● Aanvaar inligting van die rekenaar en dra dit na papier oor ●● Kan in swart en in kleur druk ●● Verskil in grootte, spoed en koste ●● Stoor inligting; kleurafdrukke; lig; klein ●● Nadele: Mors papier op onnodige drukwerk, ink is duur, kan tydrowend wees omdat ink moet droog word. 1.5 Rekenaars Hooffunksie in die toerismebedryf: ●● Stoor inligting, maak besprekings, genereer korrespondensie ●● Rekenaars word deur middel van ’n netwerk met mekaar geskakel ●● Netwerkgebruikers deel inligting ●● Internet is ’n netwerk; inligting kan oor die hele wêreld versprei word ●● Gebruik vir bemarking; om inligting oor besienswaardighede, bestemmings, produkte en dienste van toerismeondernemings te verskaf ●● Toeriste kan ’n hele reis op die internet reël ●● Internet verskaf inligting, bespaar tyd, skep dokumente, bespaar op kantoorspasie ●● Nadele: Benodig elektrisiteit, opgradering van sagteware is duur, virusse is gevaarlik, duur. ©Via Afrika » Tourisme 84
Kwartaal 4 1.5.1 E-pos (elektroniese pos) ●● ’n Gerekenariseerde posstelsel ●● Stuur binne sekondes van een rekenaar na enige ander plek in die wêreld ●● Kan dokumente aanheg, boodskappe stuur; vinnig, eenvoudig om te gebruik, goedkoop, privaat ●● Nadele: Moet toegang tot internet hê, het adresse nodig, virusse kan oorgedra word. 1.5.2 Videokonferensies ●● Langafstandkommunikasie ●● Benodig: rekenaar, webkamera, mikrofoon, internetverbinding ●● Gebruikers kan intyds sien en hoor ●● Voorbeelde: Skype, videofone ●● Telekonferensies: Kan mekaar net hoor, maar nie sien nie ●● Mense op verskillende plekke kan op mekaar reageer, visuele materiaal word gedeel, besnoei op reiskoste ●● Nadele: duur, onpersoonlik, benodig tegniese vaardigheid, tydsverskille. 2 Verbale en geskrewe kommunikasie Die kommunikasieproses: ●● Sender: die toergids of besprekingsagent ●● Kodering: verbaal of nieverbaal ●● Boodskap: betekenis van woorde ●● Analise van kode: begrip van die boodskap en taal ●● Ontvanger: toeriste of toeriste se agente ●● Terugvoering: respons. 2.1 Geskrewe kommunikasie ●● Toeriste benodig dikwels geskrewe inligting. ●● Vorme van kommunikasie: e-pos, SMS’e, sosiale netwerke (soos Facebook), fakse, memo’s, opnames, vraelyste. ●● Kommunikasie moet professioneel wees en e-posse moet korrekte ‘netetiket’ gebruik. 2.2 Verbale kommunikasie Verbale kommunikasie is op sy doeltreffendste wanneer inligting oorgedra word, duidelike boodskappe gegee word en misverstande uit die weg geruim word. ©Via Afrika » Tourisme 85
Kwartaal 4 Tipes kommunikasie • Dit is kommunikasie tussen twee mense. • Kommunikasie is direk wanneer die sender en ontvanger oogkontak maak. Interpersoonlike kommunikasie • Terugvoering vind onmiddellik plaas. • Kommunikasie is indirek wanneer ’n reisagent met die toeris oor die telefoon praat. • Dit is kommunikasie tussen mense wat saamwerk, byvoor- beeld ’n daaglikse vergadering wat ’n hotelbestuurder met sy Kommunikasie in klein groepe of haar personeel het. • Kommunikasie is direk omdat die sender en ontvangers oog- kontak maak en terugvoering onmiddellik ontvang word. • Hierdie tipe kommunikasie vind in openbare plekke plaas. • ’n Aankondiging oor ’n vlug se vertraging in ’n lughawe se vertreksaal is ’n voorbeeld van indirekte kommunikasie. Daar is geen manier waarop daar interaksie kan plaasvind of Openbare kommunikasie geantwoord kan word nie. • ’n Lugwaardin wat passasiers vra wat hulle gedurende ’n vlug wil drink, is ’n voorbeeld van direkte kommunikasie. Interak- sie vind plaas. • Dit behels die stuur van boodskappe aan ’n groot gehoor. ’n Voorbeeld hiervan is ’n TV-reisprogram oor ’n vakan- siebestemming. Massakommunikasie • Kommunikasie is indirek omdat die persoon wat na die program kyk, nie onmiddellik op die persoon wat die pro- gram aanbied, kan reageer nie. Enige terugvoering wat kan voorkom, is vertraag. 2.2.2 Van aangesig tot aangesig ●● Gesproke woord, stemtoon, liggaamstaal. 2.2.3 Telefoniese kommunikasie: landlyne en selfone Maak en ontvang van oproepe: ●● Flink: Beantwoord ’n oproep binne 5–10 sekondes (3 luie). ●● Beleefd: Moet nooit onbeskof wees nie. ●● Voorbereiding: Weet wat jy gaan sê. ●● Professionalisme: Ken jou werk. 2.3 Toerismepadtekens en inligtingstekens ●● Nieverbale kommunikasie ●● Toerismepadtekens bevat wit woorde en prente op ’n bruin agtergrond. 3 Voortreflike diens 3.1 Wat is voortreflike diens? ●● Die vermoë van ’n onderneming om in die behoeftes en begeertes van kliënte te kan voorsien ●● Kliënte te help met die koopproses ©Via Afrika » Tourisme 86
Kwartaal 4 ●● Kliënte tevrede te hou of te stel ●● Op ’n bedagsame, doeltreffende en gepaste wyse met kliënte te werk. 3.2 Die belang en waarde van gehaltediens ●● Goeie diens lok kliënte, wat winste verhoog en uiteindelik tot ’n salarisverhogings kan lei ●● Verbeter die beeld en mededingendheid van ondernemings ●● Lei tot goeie verhouding tussen kliënt en onderneming ●● Ontasbaar: beleefdheid, produkkennis, belangstelling ●● Sluit diensverskaffer in: ontvangspersoneel is deel van diens ●● Skommeling in diens: goed/sleg ●● Kan nie gestoor word nie. 3.3 Voordele van voortreflike dienslewering ●● Tevrede kliënte, hoër winste, laer bemarkingskoste, mededingende voordeel, tevrede werknemers ●● Vinnige resultate, maklik om te gebruik, persoonlike aandag ●● Toeriste sal waarskynlik terugkeer en ander mense daarvan vertel ●● Styging in getal toeriste ●● Meer geld word bestee, wat die BBP (bruto binnelandse produk) sal verhoog ●● Skep meer werksgeleenthede. 3.4 Gevolge van swak dienslewering ●● Verlies aan kliënte ●● Minder wins ●● Bemarkingskoste neem toe omdat meer geadverteer moet word ●● Geld moet aan personeelopleiding bestee word ●● Swak maatskappybeeld ●● Ongelukkige werknemers soek ander werksgeleenthede ●● Lei tot hoë personeelomset. 3.5 Aanbevelings vir die verbetering van swak dienslewering ●● Entoesiastiese, vriendelike werknemers ●● Kliëntediensopleiding ●● Goeie besluite deur werknemers geneem = selfvertroue = tevrede bestuur ●● Kliënteterugvoering ●● Moedig toekomstige verkope deur middel van geskenkbewyse aan. ©Via Afrika » Tourisme 87
Kwartaal 4 Vrae Vraag 1: Meervoudige keuse Kies die korrekte antwoord. Skryf net die letter van die antwoord wat jy kies neer. 1.1 Fakse en memo’s is: A Vorme van verbale kommunikasie B Vorme van geskrewe kommunikasie C Kommunikasie van aangesig tot aangesig D Interpersoonlike kommunikasie. (2) (2) Vraag 2: Waar/Onwaar Dui aan of die onderstaande stellings Waar of Onwaar is. Indien die stelling Onwaar is, moet jy die korrekte stelling neerskryf. 2.1 Goeie dienslewering gee die onderneming ’n mededingende voordeel. (2) Swak dienslewering verhoog winste. 2.2 (2) Ongelukkige werknemers verbeter dienslewering. 2.3 (2) SMS’e is ’n vorm van geskrewe kommunikasie. 2.4 (2) Toerismepadtekens en -inligtingstekens bevat bruin woorde op ’n wit agter- 2.5 grond. (2) (10) Vraag 3: Kort antwoorde 3.1 Noem vier tipes verbale kommunikasie en gee ’n voorbeeld van elk. (8) 3.2 Noem die vier belangrikste kenmerke van telefoniese kommunikasie. (4) 3.3 Gee drie voorbeelde van kommunikasietegnologie en noem ’n voordeel van elk. (6) 3.4 Hoekom is dit belangrik om voortreflike diens te lewer? (4) (22) [34] ©Via Afrika » Tourisme 88
Kwartaal 4 Antwoorde Vraag 1: Meervoudige keuse 1.1 B  Vraag 3: Waar/Onwaar 2.1 Waar  2.2 Onwaar. Slegte dienslewering lei tot ’n daling in wins.  2.3 Onwaar. Gelukkige, entoesiastiese werknemers verbeter dienslewering.  2.4 Waar  2.5 Onwaar. Wit woorde op ’n bruin agtergrond.  Vraag 3: Kort antwoorde 3.1 Verbale kommunikasie: (enige vier) ●● Telefonies - landlyn  ●● Aangesig tot aangesig - gesproke woord tussen mense  ●● Interpersoonlik - kommunikasie tussen twee mense  ●● Klein groep - daaglikse vergadering  ●● Openbare kommunikasie - lughawe-aankondigings.  3.2 Flink,  beleefd,  voorbereid  en professioneel  3.3 Kommunikasietegnologie: (enige drie) ●● Landlyne en selfone - onmiddellik, maklik, wêreldwyd  ●● Faksmasjiene - onmiddellik; wêreldwye kommunikasie; kan druk, skandeer, faks en fotokopieer  ●● Fotokopieermasjiene - maak baie kopieë in ’n kort tydjie  ●● Drukkers - lig en gebruik min kantoorspasie; maak kleurafdrukke  ●● E-pos - kan dokumente aanheg, boodskappe stuur, vinnig, goedkoop, eenvoudig om te gebruik en privaat  ●● Video- en telekonferensies - mense op verskillende plekke kan met mekaar skakel; visuele materiaal word gedeel; verminder reiskoste.  3.4 Goeie diens: (enige twee) ●● Goeie diens lok kliënte, wat tot verhoogde wins lei  ●● Verbeter beeld en mededingendheid van onderneming  ●● Lei tot goeie verhoudinge tussen kliënte en onderneming.  ©Via Afrika » Tourisme 89
Vraestel 1 Voorbeeldeksamenvraestel Tyd: 3 uur Punte: 200 Instruksies en inligting 1 Hierdie vraestel bestaan uit ses afdelings (A–F). 2 Al die vrae is verpligtend. 3 Lees die vrae en instruksies mooi deur. 4 Maak seker dat jou werk netjies en leesbaar is. AFDELING A Vraag 1: Meervoudigekeusevrae Kies die korrekte antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommer op jou antwoordstel neer. 1.1 Uitgaande toerisme is: A Toeriste wat in ’n land in reis vanuit ’n ander land B Toeriste wat uit hul tuisland na ’n ander land reis C Mense wat binne hul eie land reis D ’n Uitstappie. (1) 1.2 Selfsorgondernemings moet beskik oor: A Kamerdiens B Kookareas C Pendeldiens D Gedeelde badkamers. (1) 1.3 Kulturele dorpies lok toeriste wat belangstel in: A Kultuur en opvoeding B Speletjies C Ontspanning D Sport. (1) 1.4 ’n Ruitverwysing: A Is die verhouding tussen die afstand op die kaart tot die werklike afstand op die grond B Dui die vier belangrikste punte aan C Dui tydsverskille aan D Is die posisie op ’n genommerde vierkantige ruitverwysing. (1) 1.5 Binnelandse toerisme: A Behels mense wat na ’n ander dorp verhuis om daar te woon B Is nie vir die ekonomie van waarde nie C Behels toeriste wat binne hul eie land reis D Behels toeriste wat na ’n ander land reis. (1) 1.6 Die Vredefort-koepel is: A In die Vrystaat en Gauteng B In die Wes-Kaap en die Vrystaat C In die Oos-Kaap en die Wes-Kaap D In Gauteng en Noordwes. (1) 1.7 Die drie pilare van volhoubare toerisme is: A Besoedeling, mense, wins ©Via Afrika » Tourisme 90
Vraestel 1 Voorbeeldeksamenvraestel B Planeet, mense, wins C Druk op hulpbronne, planeet, wins D Verpakking, mense, planeet. (1) 1.8 Nismarkte is: A Groepe met spesiale belangstellings B Marksegmente wat die meeste besigheid oplewer C Markste wat aan kliënte iets unieks en spesiaals bied D Dienste. (1) 1.9 ’n Graad 1-erfenisterrein is: A Een van die kategorieë vir ’n erfenisterrein B ’n Wet wat ons erfenis beskerm C ’n Gedenkplaat D ’n Monument. (1) 1.10 E-pos is: A Vorme van verbale kommunikasie B Vorme van geskrewe kommunikasie C Kommunikasie van aangesig tot aangesig D Interpersoonlike kommunikasie. (1) (10) Vraag 2: Ontbrekende woorde Voltooi die onderstaande sinne deur die ontbrekende woord(e) langs die nommer van die vraag op jou vraestel in te vul. 2.1 Lug-, pad- spoor- en ....-vervoer is die vier vernaamste vorme van vervoer. (1) 2.2 Die stergraderingstelsel ... ondernemings. (1) 2.3 Sakegaste verwag om met behulp van ...-tegnologie sake in hul kamers te kan doen. (1) 2.4 Natuurskoonterreine is ... besienswaardighede. (1) 2.5 ’n Parastatale instelling is ’n onderneming in ... (1) (5) Vraag 3: Waar/Onwaar vrae Dui aan of die onderstaande stellings Waar of Onwaar is. Indien die stelling Onwaar is, moet jy die korrekte stelling neerskryf. 3.1 Lengtelyne kom in 15°-tussenposes voor. (1) 3.2 Daar is vier hoofstreke in Europa. (1) 3.3 Die Wieg van die Mensdom is in Gauteng. (1) 3.4 Markaandeel is daardie deel van die mark wat deur ’n mededingende onderneming of produk beheer word. (1) 3.5 Nie-lewende kultuur is ontasbaar. (1) (5) Vraag 4: Bypassende terme Pas die onderstaande terme uit die lys by die korrekte beskrywing. Lengtegraad, Fisiese kaarte, GPS, Wêrelderfenisterreine, Poorte ©Via Afrika » Tourisme 91
Vraestel 1 Voorbeeldeksamenvraestel 4.1 Ontvang data van satelliete. (1) 4.2 Mapungubwe Kulturele Landskap, Robbeneiland, Kaapse Blommeryk. (1) 4.3 Denkbeeldige lyne wat parallel aan die ewenaar loop. (1) 4.4 Hawens en lughawens. (1) 4.5 Toon natuurlike en mensgemaakte fisiese kenmerke van ’n gebied. (1) (5) Vraag 5: Bypassende liggings Pas die onderstaande provinsies in die lys by die korrekte besienswaardigheid. Oos-Kaap, Wes-Kaap, Limpopo, Mpumalanga, Noord-Kaap 5.1 God’s Window (1) 5.2 Groot Visrivier (1) 5.3 SALT (1) 5.4 Kangogrotte (1) 5.5 Afrika-ivoorroete (1) (5) [30] AFDELING B Vraag 6: Kortantwoordvrae 6.1 Noem die tipe toerisme wat op elk van die volgende betrekking het: 6.1.1 John, van Durban, reis as uitruilstudent na New York. (1) 6.1.2 Die Jones-gesin uit Durban reis vir die naweek na Kimberley. (1) 6.1.3 ’n Japannese toergroep kom vir ’n tweewekelange toer in Suid-Afrika aan. (1) 6.1.4 Die President van Suid-Afrika reis na Zambië en Tanzanië. (1) 6.1.5 Aimee uit Suid-Afrika kuier by haar ouma in Zimbabwe. (1) 6.2 Noem vyf tipes toeriste. (5) 6.3 Lys vyf punte wat ’n toeris moet oorweeg voor daar oor ’n vorm van vervoer vir ’n vierdag-uitstap- pie na die Addo-olifant Nasionale Park besluit word. (5) 6.4 Die dienste en geriewe wat akkommodasie-ondernemings bied, is ’n belangrike aspek om te verseker dat gaste gelukkig is. Noem vyf geriewe wat ’n internasionale ontspanningstoeris by ’n safarigastehuis sal verwag. (5) 6.5 Lys die voordele van gradering vir akkommodasie-ondernemings en toeriste. (5) 6.6 ‘Groenhotelle’ is dié met ’n sterk omgewingsverantwoordelikheidsprogram. Stel gepaste tegnolo- gie vir die kamer vir so ’n program voor en verduidelik die doel daarvan. (5) 6.7 Noem twee besienswaardighede in Durban en sê wat hul aantrekkingskrag is en watter tipe toer- iste hulle sal lok. (5) 6.8 Op watter maniere help staatsdepartemente soos die Departement van Ekonomiese Ontwikkeling en die Departement van Handel en Nywerheid die toerismebedryf om te groei? (3) 6.9 Waarvoor staan UNWTO en wat is die doelstelling daarvan? (2) (40) ©Via Afrika » Tourisme 92
Vraestel 1 Voorbeeldeksamenvraestel Vraag 7: Scenario-gebaseerde vrae Lees deur elk van die onderstaande scenario’s en stel voor watter tipe kaart, of kaarte, vir elk gepas sal wees. Gee ’n rede vir jou keuse. 7.1 ’n Toeris beplan ’n selfry-toer om ’n aantal nasionale parke in Suid-Afrika te besoek en wil graag die roete beplan. (5) 7.2 ’n Groep toeriste wil uitvind watter besienswaardighede binne loopafstand van hul verblyf is. (5) 7.3 ’n Toeris is van plan om ’n spesifieke besienswaardigheid te besoek en wil graag weet watter akti- witeite vir kinders beskikbaar is. (5) 7.4 ’n Toeris wil graag die vernaamste stede in Suid-Afrika besoek en wil graag na elkeen vlieg. (5) 7.5 ’n Toeris besoek ’n bestemming vir die eerste keer en wil graag weet hoe die omgewing rondom die akkommodasie en die besienswaardighede werklik lyk. (5) (25) Vraag 8: Kortantwoordvrae Noem die provinsie en die besienswaardigheid waarin elk van die onderstaande toeriste in Limpopo en KwaZulu-Natal sal belangstel. 8.1 ’n Avontuurtoeris wat in rotskuns belangstel (2) 8.2 ’n Argeoloog wat in Suid-Afrika se oudste dorp belangstel (2) 8.3 ’n Internasionale toeris wat die eerste wêrelderfenisterrein in Suid-Afrika wil besoek (2) 8.4 ’n Ekotoeris wat die grootste wildtuin in Suid-Afrika wil beleef (2) 8.5 ’n Sporttoeris wat haar uithouvermoë in ’n langafstandwedloop wil toets (2) 8.6 ’n Student wat die oudste en grootste broodboomspesie in die wêreld wil sien (2) 8.7 ’n Ekotoeris wat ’n roete wil volg wat berge, nasionale parke en natuurreservate aan die kus insluit (2) 8.8 ’n Toeris wat die jaarlikse migrasie van seediere wil beleef (2) 8.9 ’n Toeris wat ’n akwariumkompleks wil besoek (2) 8.10 ’n Antropoloog wat in mites en legendes belangstel (2) 8.11 In watter provinsie en by watter besienswaardighede sal toeriste die Groot Vyf kan besigtig? (5) 8.12 Verduidelik die betekenis van die onderstaande: 8.12.1 Ekotoeriste (5) 8.12.2 Oorgrensbewaringsgebied (5) 8.12.3 Die Groot Vyf (5) 8.12.4 Fauna en flora (5) 8.12.5 Biodiversiteit (5) 8.13 Wat is ’n oorgrenspark en watter vier ander Afrika-lande het oorgrensparke saam met Suid-Afrika gevorm? (5) (35) Vraag 9: Brongebaseerde vrae Lees die volgende paragraaf en beantwoord die vrae wat volg. ©Via Afrika » Tourisme 93
Vraestel 1 Voorbeeldeksamenvraestel ’n Safarigastehuis neem werknemers van aangrensende dorpies in diens en lei hulle op. Die onderne- ming belê ook in plaaslike gemeenskapsprojekte sodat die finansiële voordele van hul toerismebedry- wighede deur die gemeenskappe gedeel kan word. Een van die gemeenskapontwikkelingsprojekte is die Omgewingsopvoedingsentrum. Dit is ’n projek wat deur die gemeenskap bestuur en deur die wildreservaat ondersteun word. Die sentrum dien as ’n multifunksionele omgewingsopvoedingsen- trum wat plaaslike kennis, kultuur en landelike toerisme in die omgewing bevorder. Plaaslike omgew- ingsbewaringspraktyke word ook deur middel van opleidingsessies aangemoedig. 9.1 Wat doen die safarigastehuis om die ekonomiese, maatskaplike en omgewingsimpak van toerisme aan te spreek? (3) 9.2 Op watter maniere ondersteun die safarigastehuis die bevordering van ’n plaaslike toerismekul- tuur? (2) 9.3 Verduidelik die term ‘volhoubare toerisme’. (4) 9.4 Noem drie goeie omgewingspraktyke en sê hoe hulle tot voordeel van die toerismebedryf strek. (6) 9.5 Stel vyf maniere voor waarop akkommodasie-ondernemings hul koolstofvoetspoor kan verklein. (5) 9.6 Stel vyf maniere voor hoe toeriste hul koolstofvoetspoor kan verklein. (5) (25) Vraag 10: Kortantwoordvrae Gee die toerismebemarkingsterm vir elk van die onderstaande beskrywings. 10.1 Bied toeriste iets unieks en spesiaals (2) 10.2 Die vyf elemente wat die grondslag van ’n onderneming se bemarkingspogings vorm (2) 10.3 Groepe met spesiale belangstellings (2) 10.4 Alles wat die onderneming doen om hul produkte en dienste in die hande van die teikenmark te plaas (2) 10.5 ’n Tydraamwerk met teikendatums en implementeringsdatums (2) 10.6 Wat is die verskil tussen kultuur en erfenis? (6) 10.7 Wat is kulturele diversiteit? Gee twee voorbeelde van invloede op kultuur. (4) 10.8 Noem die drie waardes van erfenisbewaring. (4) 10.9 Noem die vier kategorieë vir erfenisterreine. Gee ’n voorbeeld van elke en sê in watter provinsie dit is. (12) (35) [160] AFDELING C Vraag 11: Kortopstelvraag Bespreek die noodsaaklikheid en waarde van goeie dienslewering en die voordele daarvan vir Suid-Afrika en die toerismebedryf. (10) [10] ©Via Afrika » Tourisme 94
Vraestel 1 Voorbeeldantwoordstel Tyd: 3 uur Punte: 200 AFDELING A Vraag 1: Meervoudigekeusevrae 1.1 B 1.2 B 1.3 A 1.4 D 1.5 C 1.6 A 1.7 B 1.8 A 1.9 A 1.10 B (10) Vraag 2: Ontbrekende woorde 2.1 Water  2.2 Evalueer of gradeer  2.3 Tegnologie in kamers  2.4 Natuurlike  2.5 Staatsbesit  (5) Vraag 3: Waar/Onwaar vrae 3.1 Onwaar. Lengtelyne kom in 15°-tussenposes voor.  3.2 Waar  3.3 Waar  3.4 Waar  3.5 Onwaar. Nie-lewende kultuur is tasbaar.  (5) Vraag 4: Bypassende terme 4.1 GPS  4.2 Wêrelderfenisterreine  4.3 Breedtegraad  ©Via Afrika » Tourisme 95
Vraestel 1 Voorbeeldantwoordstel 4.4 Poorte  4.5 Fisiese kaarte  (5) Vraag 5: Bypassende liggings 5.1 Mpumalanga  5.2 Oos-Kaap  5.3 Noord-Kaap  5.4 Wes-Kaap  5.5 Limpopo  (5) [30] AFDELING B Vraag 6: Kortantwoordvrae 6.1.1 Internasionaal  6.1.2 Binnelands  6.1.3 Internasionaal  6.1.4 Streek  6.1.5 Streek  6.2 Tipes toeriste: (enige vyf) • Sake- en professionele toeriste  • Ontspannings- en vakansietoeriste  • Besoek vriende en familie (BVF)-toeriste  • Jeugreisigers: rugsakreisigers en brugjaarreisigers  • Avontuurtoeriste  • Eko-/omgewingstoeriste  • Kultuurtoeriste  • Godsdienstoeriste  • Sport- en ontspanningstoeriste  • Toeriste met spesiale belangstellings  • Gesondheidstoeriste  6.3 Die keuse van vervoer hang af van: (enige vyf) • Die vervoer wat beskikbaar is  • Koste  • Veiligheid  • Betroubaarheid  • Die aanpasbaarheid van die skedule  • Getal mense  ©Via Afrika » Tourisme 96
Vraestel 1 Voorbeeldantwoordstel • Afstand en tyd  • Persoonlike voorkeure  • Toeganklikheid  • Vlak van gemak wat vereis word  6.4 Geriewe: (enige vyf) Bestuurder, ontvangspersoneel, alle maaltye en drinkgoed, kamerdiens, klereversorgingsdiens, wasgoeddiens, heen-en-weer-diens, wekkeroproep, 24-uur-sekuriteit, privaat en en suite-kamers, telefoon, internet, TV, fasiliteite om tee en koffie te maak, gimnasium, swembad, geskenk- en aandenkingswinkel, konferensiekamer, parkering, wildritte of voetslaan met ’n gids.  6.5 Voordele van gradering vir toeriste: • Hulle weet wat om te verwag en kan ingeligte besluite oor die keuse van onderneming maak.  • Hulle kan die kliënteterugvoeringstelsel gebruik.  Voordele van gradering vir ondernemings: • Hulle word op die TGCSA-webwerf gelys. Hulle kan in die SAT-brosjure adverteer.  • Hulle kan die graderingsterre in bemarking gebruik.  6.6 Tegnologie in kamers: • ’n Elektroniese kaartsleutel wat elektrisiteit bespaar  • Digitaal-beheerde storte wat verseker dat watertemperatuur konstant bly  • Ekovloei-stortkoppe wat verseker dat minder water verbuik word v • Energiebesparende ligte  • Sensorligte wat besetting aandui.  6.7 Twee besienswaardighede in Durban: • strande, die see, branderplankry en uShaka Marine World  • ontspanning, avontuur, sport, ontspanning  6.8 Staatsdepartemente: (enige drie) • Werk met die Departement van Toerisme.  • Bevorder ontwikkeling van produkte vir uitvoer en toerisme.  • Ondersteun Suid-Afrikaners om plaaslike toerismeondernemings te begin en uit te brei.  • Ondersteun die vestiging van klein, medium en mikro-ondernemings.  6.9 United Nations World Tourism Organisation (Verenigde Nasies se Wêreldtoerisme-organisasie).  Dit is daarop gemik om armoede deur middel van volhoubare toerisme-ontwikkeling te vermin- der.  (40) Vraag 7: Scenario-gebaseerde vrae 7.1 ’n Algemene verwysingskaart en ’n padkaart wat die hele land en al sy paaie aantoon ••••• 7.2 ’n Straatkaart of ’n toeriste-inligtingskaart wat straatplanne en besienswaardighede aantoon  7.3 ’n Besienswaardighedekaart vir toeriste of ’n interaktiewe kaart wat gedetailleerde besonderhede oor geriewe gee  7.4 ’n Spesialiskaart wat die ligging van lughawens aandui  ©Via Afrika » Tourisme 97
Vraestel 1 Voorbeeldantwoordstel 7.5 Google Street View, wat gebruik word om dinge te sien soos dit op daardie oomblik voorkom  (25) Vraag 8: Kortantwoordvrae 8.1 KwaZulu-Natal, uKhahlamba Drakensberg-park  8.2 Limpopo, Mapungubwe  8.3 KwaZulu-Natal, iSimangaliso- (Groter St. Lucia-) vleilandpark  8.4 Limpopo, Kruger Nasionale Park  8.5 KwaZulu-Natal, Comrades-marathon  8.6 Limpopo, Modjadji Broodboomreservaat  8.7 KwaZulu-Natal, uKhahlamba Drakensberg-park, iSimangaliso- (Groter St. Lucia-) vleilandpark  8.8 KwaZulu-Natal, die sardientjieloop  8.9 KwaZulu-Natal, uShaka Marine World  8.10 Limpopo, Lobedu-distrik  8.11 Groot Vyf: • Oos-Kaap, Shamwari  • Noordwes, Madikwe-reservaat  • Noordwes, Pilanesberg-wildtuin  • KwaZulu-Natal, Phinda-reservaat  • Limpopo, Kruger Nasionale Park  8.12.1 Toeriste wat in die natuur en omgewingsbewaring belangstel  8.12.2 ’n Gebied wat oor internasionale grense en binne twee of meer lande met bedreigde en beskermde spesies strek  8.12.3 Grootwild wat opwindend is om te sien of baie selde gesien word: leeu, renoster, luiperd, buffel, olifant  8.12.4 Diere en plante  8.12.5 Die verskeidenheid en rykdom van verskillende spesies in ’n gebied  8.13 ’n Wildtuin wat oor internasionale grense in twee of meer lande strek.  Namibië,  Botswana,  Mosambiek,  Zimbabwe  (35) Vraag 9: Brongebaseerde vrae 9.1 Die safarigastehuis neem werknemers van nabygeleë dorpies in diens en lei hulle op;  die gaste- huis belê in gemeenskapsprojekte;  daar word opleidingsessies oor omgewingsbewaringsprak- tyke gehou.  9.2 Die safarigastehuis ondersteun die plaaslike Omgewingsopvoedingsentrum, wat ’n gemeenskap- sprojek is.  Die sentrum bevorder plaaslike kennis, kultuur en plaaslike toerisme.  9.3 Volhoubare toerisme: (enige twee) • DIe bewaring en beskerming van hulpbronne vir toekomstige generasies  ©Via Afrika » Tourisme 98
Vraestel 1 Voorbeeldantwoordstel • Die welstand van die omgewing, die mense en die ekonomie  • Alle toerismeondernemings het ’n verantwoordelikheid om ons hulpbronne te beskerm.  9.4 Goeie omgewingspraktyke: (enige drie) • Rommelbeheer  • Energiebesparing  • Waterbesparing  • Bewaring van ander skaars hulpbronne.  • Voordele: besienswaardighede word bewaar en die impak van menslike aktiwiteite op die omgewing word beperk.  9.5 Ondernemings verklein koolstofvoetspoor: (enige vyf) • Bespaar elektrisiteit.  • Gebruik energiebesparende gloeilampe.  • Gebruik elektriese toestelle slegs wanneer nodig.  • Maak seker alle elektriese toestelle is in goeie werkende toestand.  • Koop doeltreffende toerusting.  • Gebruik alternatiewe bronne van elektrisiteit soos sonpanele en sonverwarmde warmwa- tersilinder.  • Verminder, hergebruik, herwin.  9.6 Toeriste verklein koolstofvoetspoor: (enige vyf) • Neem minder en langer vakansies.  • Neem vakansies wat nader aan die huis is.  • Gebruik diensverskaffers in die toerismebedryf wat daartoe verbind is om hul koolst- ofvoetspoor te verklein.  • Ondersteun boomplant- en bewaringsprojekte.  • Reis waar moontlik per trein of openbare vervoer.  • Bespreek direkte vlugte en vermy dit om oor te stap indien moontlik; gebruik openbare vervoer by die bestemming.  • Verbruik so min as moontlik elektrisiteit; skakel toestelle af indien dit nie gebruik word nie.  • Gebruik warm water spaarsamig.  • Gebruik wasgoeddienste spaarsamig.  (25) Vraag 10: Kortantwoordvrae 10.1 Mededingende voordeel  10.2 Bemarkingsamestelling  10.3 Nismarkte  10.4 Bemarking  10.5 Navorsingsplan  10.6 Dinge wat uit ons verlede oorleef het, vorm deel van ons erfenis.  Kultuur is die waardes, ©Via Afrika » Tourisme 99
Vraestel 1 Voorbeeldantwoordstel houdings, gelowe en praktyke van ’n spesifieke groep mense.  10.7 Kulturele diversiteit: (enige vier) • Kulturele diversiteit verwys na verskillende kulture binne ’n streek: die ‘Reënboognasie’  • Immigrantesetlaars het verskillende kulture met hulle saamgebring  • Belangrikste invloede: Afrika, Europees, Asiaties  • In Suid-Afrika: vier hoofbevolkingsgroepe, 11 amptelike tale  • Kuns en handwerk: letterkunde, kralewerk, pottebakkery, breiwerk  • Musiek- en dansvorme: kwaito, Afro-fusion  • Kookkuns: frikkadelle, koeksisters, umvubo  • Feeste: Indiese Diwali, Mangaung Afrika-fees, Kaapstadse Jazzfees.  10.8 Maatskaplik, ekonomies en omgewing  10.9 Vier kategorieë: wêreld, nasionaal, provinsiaal, plaaslik  Voorbeelde: (enigeen uit elke kategorie, met korrekte provinsie)  Wêrelderfenisterreine is terreine wat vir • iSimangaliso- (Groter St. Lucia-) vleilandpark (1999) die hele wêreld van belang is. Daar is agt • Robbeneiland (1999) wêrelderfenisterreine in Suid-Afrika. • Wieg van die Mensdom (1999) • uKhahlamba Drakensberg-park (2000) • Mapungubwe Kulturele Landskap (2003) • Kaapse Blommeryk (2004) • Vredefort-koepel (2005) • Richtersveld Kulturele en Botaniese Landskap (2007). Nasionale erfenisterreine is vir al die mense van • Hector Pietersen-gedenkteken in Soweto, Gauteng die land van belang. Hierdie terreine is gewoonlik • Taung-erfenisterrein, Noordwes ’n bron van nasionale trots. Hulle is Graad • Sarah Baartman se graf in Hankey, Oos-Kaap 1-erfenisterreine. • Makapansgatvallei in Mokopane, Limpopo. Provinsiale erfenisterreine is van spesiale belang • Hole in the Wall, Oos-Kaap vir mense wat in die provinsie • Modjadji Broodboomreservaat, Limpopo woon. Hulle is Graad 2-erfenisterreine. Hulle word • Voortrekkermonument, Gauteng deur provinsiale regerings bestuur. • Pelgrimsrus, Mpumalanga • Tafelberg, Wes-Kaap • Pilanesberg-wildtuin, Noordwes • Slagvelde in KwaZulu-Natal. Plaaslike erfenisterreine is van spesiale belang • Ou geboue van kulturele belang vir plaaslike inwoners. Die plaaslike gemeenskap • Tradisionele hutte moet oor die belangrikheid van die terrein • Bome wat van kulturele belang is ooreenkom voordat dit tot erfenisterrein verklaar • ’n Graf van iemand wat vir die plaaslike gebied kan word. Dit is Graad 3-erfenisterreine. Plaaslike belangrik was owerhede en munisipaliteite is verantwoordelik • Rotskuns ouer as 100 jaar vir die identifisering en bestuur van hierdie • Kenmerke, strukture en oorblyfsels ouer as terreine. 75 jaar wat met militêre geskiedenis verband hou. (35) [160] ©Via Afrika » Tourisme 100
Vraestel 1 Voorbeeldantwoordstel AFDELING C Vraag 11: Kortopstelvraag • Waarde verbonde aan goeie dienslewering: (Punte-diskresie − enige tien) • Goeie diens lok kliënte, wat wins verhoog en tot salarisverhogings kan lei.  • Goeie diens verbeter die beeld en mededingendheid van ondernemings.  • Goeie diens het goeie verhoudinge tussen kliënt en onderneming tot gevolg.  • Voordele vir ondernemings sluit in: tevrede kliënte, meer wins, laer bemarkingskoste, mededingende voordeel, tevrede werknemers.  • Voordele vir toeriste sluit in: vinnige resultate, dienste wat maklik is om te gebruik en nie te veel tyd neem nie, persoonlike aandag.  • Voordele vir Suid-Afrikaanse ekonomie en BBP-groei is dat toeriste waarskynlik sal terug- keer en ander mense vertel.  • Daar is ’n toename in toeriste.  • Meer geld word bestee, wat die BBP (bruto binnelandse produk) sal verhoog.  • Skep meer werksgeleenthede.  • Neem entoesiastiese en vriendelike mense in diens want hulle sal beter diens lewer.  • Bied deurlopend kliëntediensopleiding aan.  • Laat werknemers self besluite neem. Dit lei tot selfvertroue en tevrede bestuur.  • Ruim plek vir kliënte-terugvoering in en reageer daarop.  (10) [10] Totaal: 200 ©Via Afrika » Tourisme 101

Study this subject

Notes, quizzes and topic questions for Grade 10 Tourism.

More papers and memos for this grade and subject.