Downloaded from hlayiso.com
GAUTENGSE DEPARTEMENT VAN ONDERWYS
PROVINSIALE EKSAMEN
JUNIE 2017
GRAAD 11
REKENINGKUNDE
Tyd in
Vraag Onderwerp Punte
minute
1 Bankversoening 50 30
2 Krediteureversoening 20 12
3 Bateverkope 50 30
4 Finansiële state 90 54
5 Vennootskappe: Kapitaal en privaatrekeninge 50 30
6 Ontleding en vertolking van finansiële state 40 24
Totaal 300 180
TYD: 3 uur
PUNTE: 300
15 bladsye
b.o.
Skip to contentAll 2017 papers %20June%202016%20%20Question%20Paper_hlayiso.com_--fbbd5ffb-5728-4b05-b1dd-24b25c5eb58d/v1-67f8647a13ef4a65e9ae/card.webp)
%20June%202018%20Possible%20Answers_hlayiso.com_--9df1ea61-69fc-44d0-ae99-55747a39390f/v1-09f9261e5be48d30bb90/card.webp)
%20June%202016%20%20Possible%20Answer_hlayiso.com_--89316d18-f700-4910-a490-4c101ea30e1f/v1-c17291df76f64883c2e2/card.webp)


%202020%20Exemplars%20Answer%20%20Book_hlayiso.com_--beefd0ec-65a9-40ba-8a4f-bcbbc4b55e73/v1-deba459ad27c2575a0e7/card.webp)
View all





Accounting Grade 11 Gauteng June 2017 Question Paper (Afr)
Grade 11 Accounting question paper from the Gauteng June 2017 (Afrikaans), 15 pages. Read online or get the free PDF download, memo linked when available.
Accounting · Grade 11 · Gauteng June · 2017 · Afrikaans. Question paper, 15 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Accounting
- Grade
- Grade 11
- Language
- Afrikaans
- Document type
- Question paper
- Year
- 2017
- Exam period
- Gauteng June
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 15
- File size
- 969.2 KB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 15
This exam
Gauteng June 2017
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
REKENINGKUNDE 2
GRAAD 11
GAUTENGSE DEPARTEMENT VAN ONDERWYS
PROVINSIALE EKSAMEN
REKENINGKUNDE
TYD: 3 uur
PUNTE: 300
INSTRUKSIES EN INLIGTING
Lees die volgende instruksies sorgvuldig deur en volg dit noukeurig.
1. Beantwoord ALLE vrae.
2. Wys ALLE bewerkings sodat deelpunte toegeken kan word.
3. Lees die instruksies vir elke vraag sorgvuldig deur en volg dit presies.
4. Nie-programmeerbare sakrekenaars mag gebruik word.
5. Alle antwoorde moet in blou of swart ink geskryf word.
Gebruik die inligting in die tabel hieronder as ʼn gids wanneer jy die vraestel
beantwoord. Probeer om NIE hiervan af te wyk NIE.
Tyd in
Vraag Onderwerp Punte
minute
1 Bankversoening 50 30
2 Krediteureversoening 20 12
3 Bateverkope 50 30
4 Finansiële state 90 54
5 Vennootskappe: Kapitaal en privaatrekeninge 50 30
6 Ontleding en vertolking van finansiële state 40 24
Totaal 300 180
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
REKENINGKUNDE 3
GRAAD 11
VRAAG 1 (50 Punte; 30 Minute)
KONSEPTE, BANKVERSOENING EN VERTOLKING
KONSEPTE (5)
1.1 Gee EEN term uit die onderstaande lys vir die volgende beskrywings. Skryf
slegs die term teenoor die antwoordnommer (1.1.1 – 1.1.5) in jou
ANTWOORDBOEK neer.
uitstaande deposito; gedishonoreerde tjek; stop betaling; debietorder;
oortrokke bank; uitstaande tjek; bateregister; vooruitgedateerde tjek
register.
1.1.1 Die fasiliteit waardeur ʼn besigheid meer geld kan gebruik as wat in
hul lopende bankrekening is (1)
1.1.2 ʼn Item wat aangedui word as ʼn ‘onbetaalde / geweierde tjek’ op jou
bankstaat word beskou as ʼn … . (1)
1.1.3 Toestemming wat aan ʼn derde-party verleen word om outomatiese
maandelikse betalings te ontvang, direk vanuit die besigheid se
lopende bankrekening (1)
1.1.4 Alle vooruitgedateerde tjeks ontvang moet in ʼn … aangeteken
word en op ʼn veilige plek gebêre word. (1)
1.1.5 Die trekker van die tjek het die opsie om te vra dat ʼn tjek gemerk
word as ... indien ʼn tjek verlore geraak het. (1)
BANKVERSOENING
Die inligting is geneem uit die boeke van Mercby Handelaars op
30 September 2017.
1.2 Voltooi die tabel wat verskaf word in die ANTWOORDBOEK sodat die regte
totale van die Kontantontvangstejoernaal en Kontantbetalingsjoernaal
bereken kan word vir September 2017. LET WEL: Daar word van jou
verwag om die besonderhede van diverse rekeninge sowel as die bedrae
te gee. (19)
1.3 Doen die Bankrekening in die Algemene Grootboek op 30 September 2017. (7)
1.4 Doen die Bankversoeningstaat op 30 September 2017. (7)
1.5 A. Alli is die eienaar van Mercby Handelaars. ʼn Nuwe boekhouer, Tommy,
is nou aangestel nadat die vorige boekhouer Borry onlangs spoorloos
verdwyn het.
Verduidelik kortliks aan Tommy hoekom dit belangrik is dat hy aan die
einde van elke maand bankversoening doen. Verskaf DRIE redes. (6)
1.6 Gee DRIE voordele van internet-bankdienste. (3)
1.7 Verduidelik wat die term “witboordjie misdaad” beteken en gee EEN
voorbeeld daarvan. (3)
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
REKENINGKUNDE 4
GRAAD 11
INLIGTING:
1. Die volgende items verskyn op die Bankversoeningstaat op
31 Augustus 2017:
Ongunstige saldo volgens Bankstaat 2 860
Uitstaande deposito 2 000
Uitstaande tjeks:
Nr. 015 (1 Maart 2017) 150
Nr. 100 500
Nr. 117 1 320
Nr. 118 640
Kredietregstelling van foute 1 460
Saldo volgens Bankrekening ?
2. Voordat die Bankstaat vir September 2017 ontvang is, het die volgende
voorlopige totale in die kontantjoernale verskyn:
• KOJ R49 926
• KBJ R49 800
3. Die volgende items kom in die Bankstaat vir September 2017 voor maar
nie in die kontantjoernale nie:
• ʼn Deposito van R2 000 is ontvang van ʼn huurder, M. Shiba op
31 Augustus 2017.
• Op 20 September 2017, word ʼn nuwe tjek nr. 121 vir R300, uitgereik
om tjek nr. 015 te vervang. Die tjek is uitgereik aan Tradeco, vir
handelsvoorraad aangekoop.
• Mercby Handelaars het tjek nr. 118 verkeerd aangeteken as R640 in
plaas vanaf R460. Dit is uitgereik aan Sunny Adverteerders vir ʼn
advertensie in die plaaslike koerant. Die fout moet reggestel word.
• Tjek nr. 100 is al vir geruime tyd uitstaande. Dit was uitgereik ten
gunste van Best Skryfbehoeftehandelaars. Die tjek moet
gekanselleer word aangesien Best skryfbehoeftehandelaars nie meer
bestaan nie.
• ʼn Stop order ten gunste van CTI Versekeraars vir versekering R1 520
• Rente op die gunstige Bank saldo, R400
• Bankkoste van R786
• Die fout wat deur die bank gemaak was is reggestel, R1 460.
• ʼn Direkte deposito gemaak deur I. May (ʼn debiteur), R4 100 om sy
rekening van R4 150 te vereffen.
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
REKENINGKUNDE 5
GRAAD 11
4. Die volgende items verskyn in die kontantjoernale maar nie op die
Bankstaat vir September nie:
• Tjek nr. 112 vir R800 (gedateer vir 5 Oktober 2017)
• Tjek nr. 113 vir R400 (gedateer 15 November 2017) vir ʼn deposito op
rekenaartoerusting gekoop van Nkuli Skryfbehoeftes
• ʼn Deposito van R2 500 gemaak op 30 September 2017
• Bereken die Bankstaatsaldo op 30 September 2017. 50
VRAAG 2 (20 punte; 12 minute)
KONSEPTE EN KREDITEUREKONTROLE
PASITEMS
Kies ʼn beskrywing uit KOLOM B wat pas by die konsep in KOLOM A. Skryf slegs
die letter (A – E) langs die vraagnommer in die ANTWOORDBOEK. (5)
2.1 KOLOM A KOLOM B
2.1.1 Oorspronklike A Opsomming van wat elke krediteur skuld
faktuur
2.1.2 Krediteurelys B Dokument wat op die Krediteurestaat sal
verskyn as erkenning dat foutiewe
goedere terugontvang is deur verskaffer
2.1.3 Debietnota C Bewys dat die betaling ontvang is
2.1.4 Kredietnota D Dokument wat deur die besigheid gestuur
word aan die verskaffer wanneer goedere
teruggestuur word of ʼn afslag gevra word
2.1.5 Kwitansie E Dokument waarop alle kredietaankope
aangeteken word
BEKI HANDELAARS
ʼn Rekeningstaat wat ontvang word van AB Verskaffers op 25 September 2017
toon aan dat BEKI Handelaars hulle R51 163 skuld. Die krediteuregrootboek van
BEKI Handelaars toon ʼn uitstaande saldo van R57 312.
GEVRA:
2.2 Bereken die korrekte saldo van AB Verskaffers in die Krediteuregrootboek
van BEKI Handelaars. (8)
2.3 Voltooi die Krediteureversoeningstaat op 30 September 2017. (7)
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
REKENINGKUNDE 6
GRAAD 11
INLIGTING:
A. KREDITEUREGROOTBOEK VAN BEKI HANDELAARS
AB VERSKAFFERS (KG 7)
Datum Besonderhede Fol Debiet Krediet Saldo
2017 1 Rekening 44 290
Sept gelewer
3 Faktuur nr. 223 10 808 55 098
5 Debietnota nr. 96 618 54 480
12 Tjek Nr.181 21 108 33 372
Korting 3 532 29 840
15 Faktuur nr. 105 6 929 36 769
23 Faktuur nr. 229 7 188 43 597
24 Faktuur nr. 284 8 829 52 786
(Na handels-
korting)
30 Faktuur nr. 302 4 526 57 312
B. Rekeningstaat ontvang van AB Verskaffers
AB VERSKAFFERS
REKENINGSTAAT
18 SNAKEWEG Tel: 032 705 0961
MLALAZI Faks: 011 4125431
1511 25 September 2017
REKENING VAN: Beki Handelaars REKENING NR. ABC 543
Datum Besonderhede Debiet Krediet Saldo
2017 1 Saldo 44 290
SEPT
3 Faktuur nr. 223 10 296 54 586
5 Kredietnota nr. 109 618 55 204
12 Kwitansie nr. 5140 21 108 34 096
23 Faktuur nr. 228 7 188 41 284
24 Faktuur nr. 284 9 810 51 094
25 Rente op agterstallige 69 51 163
rekening
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
REKENINGKUNDE 7
GRAAD 11
ADDISIONELE INLIGTING:
Met die vergelyking van die rekeningstaat ontvang vanaf AB Verskaffers
en die rekening in die Krediteuregrootboek is die volgende opgemerk:
(a) Faktuur nr. 223 op 3 September 2017 was reg aangeteken in die
rekeningstaat van AB Verskaffers.
(b) AB Verskaffers het ʼn fout gemaak met die optekening van die
terugsending van goedere op 5 September 2017.
(c) BEKI Handelaars kwalifiseer vir ʼn korting vir die vroeë betaling van
hulle rekening op 12 September 2017. AB Verskaffers het R2 532 as
korting toegelaat. Hulle belowe om dit op hulle volgende
rekeningstaat aan te toon.
(d) Faktuur nr. 105 vir R6 929 was foutiewelik aangeteken in die
Krediteure-grootboek van AB Verskaffers. Hierdie aankope is
gemaak vanaf ABA Verskaffers.
(e) ʼn Handelskorting van 10% is afgetrek op Faktuur nr. 284.
AB Verskaffers het dit nie in aanmerking geneem nie. AB Verskaffers
sal die fout volgende maand regstel.
(f) Faktuur nr. 302 verskyn nie op die rekeningstaat wat ontvang is van
AB Verskaffers nie, aangesien die transaksie plaasgevind het nadat
die staat gedruk is.
(g) AB Verskaffers het die rente van R69 korrek gehef op die
20
agterstallige rekening.
VRAAG 3 (50 Punte: 30 Minute)
BATEVERKOPE
3.1 Gee die korrekte woord(e) om die volgende stellings te voltooi. Skryf
slegs die woord(e) langs die vraagnommer (3.1.1 – 3.1.4) in die
antwoordboek. (4)
3.1.1 Volgens die … konsep word alle bates aangeteken teen hulle
oorspronklike kosprys.
3.1.2 Besonderhede van elke individuele vaste bate word aangeteken
op ʼn … .
3.1.3 Kosprys van ʼn bate – opgehoopte waardevermindering = … .
3.1.4 Die totale waarde wat ʼn bate verloor as gevolg van gebruik en
slytasie word … genoem
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
REKENINGKUNDE 8
GRAAD 11
3.2 Die volgende inligting is geneem uit die rekeningkundige rekords van Pay
Day Handelaars. Die finansiële jaar eindig op 28 Februarie.
GEVRA:
3.2.1 Wys die berekening van Opgehoopte waardevermindering
gemerk (a) tot (d) op die tabel wat in die ANTWOORDBOEK
verskaf word. (13)
3.2.2 Verwys na inligting C en voltooi die Bateregister vir item 2. (3)
3.2.3 Doen die Bateverkoperekening vir die voertuig wat op
28 Februarie 2017 verkoop is. (8)
3.2.4 Doen die nota vir Vaste bates tot die Balansstaat op
28 Februarie 2017. (22)
INLIGTING:
Lys van saldo’s op 28 Februarie 2017
A.
Grond en Geboue 6 789 720
Voertuie 810 000
Toerusting 210 000
Opgehoopte waardevermindering op voertuie 387 600
Opgehoopte waardevermindering op toerusting 77 000
B. Grond en geboue
• ʼn Gebou is aangekoop gedurende die finansiële jaar vir R2 000 000.
Dit is behoorlik geboekstaaf.
• Grond en geboue ter waarde van R980 000 is verkoop op die laaste
dag van die finansiële jaar. Hierdie transaksie is nog nie geboekstaaf
nie.
C. Toerusting
• Die volgende inligting verskyn in die bateregister in verband met
toerusting:
Datum gekoop Kosprys
ITEM 1 1 Maart 2010 R70 000
ITEM 2 1 Junie 2013 R60 000
ITEM 3 1 Maart 2015 R35 000
ITEM 4 1 Augustus 2016 R45 000
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
REKENINGKUNDE 9
GRAAD 11
• Alle toerusting word gedepresieer teen 10% p.j. op die kosprys.
• Item 4 is aangekoop gedurende die finansiële jaar. Die transaksie is
behoorlik geboekstaaf in die besigheid se boeke.
• Item 2 is verkoop op 1 September 2016. Die transaksie is nie
geboekstaaf nie.
D. Voertuie
• ʼn Nuwe voertuig met ʼn kosprys van R330 000 is op 1 Januarie 2017
aangekoop en per tjek betaal. Hierdie transaksie is nog nie
geboekstaaf nie.
• Op 28 Februarie 2017 is ʼn voertuig met ʼn kosprys van R200 000
verkoop vir kontant, R72 000. Die besigheid het ʼn verlies van R9 920
gely op die verkoop van die voertuig. Hierdie inskrywing moet nog
gemaak word. Die voertuig is gekoop op 1 Maart 2013.
• Waardevermindering op voertuie word bereken op 20% p.j. op die
verminderde saldo-metode.
VRAAG 4 (90 Punte: 54 Minute)
FINANSIËLE STATE
4.1 Pas die konsep in KOLOM A met die beskrywings in KOLOM B. Skryf
SLEGS die regte letter (A – H) in jou ANTWOORDBOEK.
KOLOM A KOLOM B
4.1.1 Inkomstestaat A Ontleed die finansiële posisie van die
onderneming
4.1.2 AARP B Oorblywende waarde van ʼn bate nadat dit
ten volle afgeskryf is
4.1.3 Waardevermindering C Finansieringskoste
4.1.4 Wesenlikheids- D Met die klassifikasies van ʼn transaksie,
beginsel moet die erns of impak op die wins in ag
geneem word.
4.1.5 Balansstaat E Hierdie beginsel maak dit moontlik om die
resultate van verskillende besighede te
vergelyk.
4.1.6 Paringsbeginsel F Toon die winsgewendheid van die besigheid
4.1.7 Rente G Toegerekende uitgawes
4.1.8 Reswaarde H Inkomste verdien en uitgawes aangegaan
moet in dieselfde finansiële jaar getoon
word.
(8)
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
REKENINGKUNDE 10
GRAAD 11
4.2 Die volgende inligting het betrekking op Big Blue Winkels. Die finansiële
jaar eindig op 28 Februarie 2017. Die besigheid gebruik die deurlopende
voorraadstelsel.
GEVRA:
4.2.1 Voltooi die Inkomstestaat vir die jaar geëindig 28 Februarie 2017. (48)
4.2.2 Voltooi die volgende Notas tot die Balansstaat.
• Handels- en ander ontvangbares (9)
• Handels- en ander betaalbares (25)
INLIGTING:
Balansstaatrekeninge Debiet Krediet
Vaste deposito: Investec Bank 460 000
Debiteurekontrole 63 190
Voorsiening vir oninbare skuld 3 450
Handelsvoorraad 697 400
Bank 7 800
Krediteurekontrole 197 000
Krediteure vir salarisse 48 000
Pensioenfonds 6 500
SAID:LBS 12 000
WVF 1 500
Verbandlening: Nedbank 652 000
Nominale rekeninge-afdeling
Verkope 4 220 700
Koste van verkope 1 100 720
Debiteure-afslag 12 500
Salarisse en lone 288 090
Oninbare skuld 2 790
Huur uitgawe 63 360
Advertensie 292 330
Water en elektrisiteit 72 000
Verpakkingsmateriaal 16 070
Bankkoste 1 675
Rente op lopende rekening 847
Rente op vaste deposito 13 000
Versekering 18 300
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
REKENINGKUNDE 11
GRAAD 11
Aansuiwerings en addisionele inligting:
1. Op 28 Desember 2016, het T Chance, ʼn debiteur beskadigde goedere
teruggestuur. Die verkoopsprys was R850 en die winspersentasie was 25%
op kosprys. Die goedere is onmiddellik teruggestuur aan ons verskaffer, wat
ʼn kredietnota uitreik. Geen inskrywing is nog in die boeke gedoen nie.
2. Handelsvoorraad voorhande volgens ʼn fisiese voorraadopname op
28 Februarie 2017, is R698 900.
3. Verpakkingsmateriaal ten bedrae van R15 700 is gedurende die jaar
gebruik.
4. Die insolvente boedel van E Pain betaal 40 sent in die rand en betaal R360
direk in die besigheid se lopende bankrekening in op 5 Desember 2016.
Dit is aangeteken in die boeke, die res moet as oninbaar afgeskryf word, en
die voorsiening vir oninbare skuld moet aangesuiwer word tot R3 090.
5. ʼn Debiteur met ʼn kredietsaldo van R11 700 moet oorgedra word na die
Krediteuregrootboek.
6. Een van die werknemers was per ongeluk uit die salarisjoernaal vir
Februarie 2017 uitgelaat Die besonderhede van sy salarisstrokie is as volg:
Netto Salari R18 375
LBS aftrekking R4 500
Pensioenfonds aftrekking R1 875
WVF aftrekking R250
Die besigheid se bydrae was soos volg:
• Pensioenfonds: 10,5% van Bruto Salaris
• WVF: Rand-tot-rand basis
Let wel: Alle bydraes word gedebiteer teen die salarisse en lone
rekening.
7. Huuruitgawe is verhoog met 10% op 1 Februarie 2017. Die huur vir Maart
2017 is reeds betaal.
8. Die totale waardevermindering vir die finansiële jaar bedrae R83 200.
9. Die water en elektrisiteit vir Februarie 2017 moet nog betaal word, R11 000.
10. Die bankstaat van FNB wys die volgende:
• Rente op oortrekking, R315.
• Bankkoste, R670.
• EFO vanaf S. Sibanoyoni wat voorheen afgeskryf is as oninbaar,
R3 600.
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
REKENINGKUNDE 12
GRAAD 11
11. Die leningstaat van Nedbank op 28 Februarie 2017 lyk soos volg:
Saldo op 1 Maart 2016 R665 600
Totale betalings gedurende die jaar R103 200
Saldo op 28 Februarie 2017 R652 000
• Rente vir die jaar moet gekapitaliseer word.
12. Die volgende tjeks uitgereik aan verskaffers is nog nie aangebied vir
betaling op 28 Februarie 2017 nie:
• Nr. 1270 vir R2 580
• Nr. 1280 vir R1 850
VRAAG 5 (50 Punte: 30 Minute)
VENNOOTSKAPPE
Die volgende inligting is geneem uit die rekeningkundige rekords van vennote
S Gous en L Naidoo. Hulle finansiële jaar eindig op 28 Februarie 2017.
Gevra:
5.1 Kapitaal op 28 Februarie 2017 (5)
5.2 Rente op Kapitaal op 28 Februarie 2017 (10)
5.3 Privaatrekeninge op 28 Februarie 2017 (25)
5.4 Doen die Eienaarsbelang en Laste gedeelte van die Balansstaat op
28 Februarie 2017. (10)
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
REKENINGKUNDE 13
GRAAD 11
INLIGTING:
1. Saldo’s op 28 Februarie 2017 die laaste dag van die finansiële jaar:
Kapitaal: Gous (1 Maart 2016) 2 080 000
Kapitaal: Naidoo (1 Maart 2016) 1 920 000
Privaatrekening: Gous (1 Maart 2016) 25 000
Privaatrekening : Naidoo (1 Maart 2016) 112 000(Dt)
Onttrekkings: Gous 875 000
Onttrekkings: Naidoo 910 000
Oortrokke Bank 705 000
Handelskrediteure 120 000
Lening: NEDBANK 900 000
2. ʼn Verbandlening van R1 000 000 is gekry vanaf Nedbank op 1 Maart 2016.
Al die inskrywings vir die terugbetaling van die verbandlening en die rente
vir die huidige finansiële jaar is gedoen. In die volgende finansiële jaar sal
die vennootskap terugbetalings ter waarde van R100 000 op die
verbandlening maak.
3. Gous verhoog sy kapitaalbydrae op 28 Februarie 2017 na R2 880 000.
Geen inskrywing is nog daarvoor gemaak in die besigheid se boeke nie.
Die kapitaal bydrae van Naidoo bly onveranderd.
4. Naidoo stuur handelsware terug wat nie geskik was vir sy persoonlike
gebruik nie kosprys is R5 000 voordat die voorraadopname afgehandel
was. Die goedere teruggebring is nog nie in die boeke opgeteken nie.
5. Die vennootskapsooreenkoms stipuleer die volgende:
• Vennote is geregtig op ʼn maandelikse salaris van R65 000 elk.
• Vennote is geregtig op rente van 8% p.j. op hulle kapitaalsaldo’s op die
1ste dag van die finansiële jaar.
• Op 1 Desember 2016, het die vennote besluit om hulle salarisse te
verhoog na 12% p.j. Met onmiddellike effek
• Gous ontvang ʼn spesiale bonus van 5% van die netto wins.
6. Nadat alle jaar eindaansuiwerings in aanmerking geneem is, is die netto
wins vir die finansiële jaar R2 030 000.
7. Oorblywende winste of verliese moet gedeel word in verhouding tot hulle
kapitaalbydrae aan die einde van die finansiële jaar.
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
REKENINGKUNDE 14
GRAAD 11
VRAAG 6 (40 punte: 24 minute)
ONTLEDING EN VERTOLKING VAN FINANSIËLE STATE
Die inligting verskaf word verkry uit die finansiële state van Mikfia Tutors.
Vennote Mikyl en Fia begin hulle Opleidingsentrum in 2017.
Alle berekeninge in die vraag moet afgerond word tot 2 desimale plekke.
GEVRA:
6.1 Bereken die persentasie opbrengs op gemiddelde eienaarsbelang van die
vennootskap. Lewer kommentaar en gebruik die syfers om jou antwoord te
staaf. (9)
6.2 Bereken die persentasie opbrengs wat deur Mikyl verdien word op haar
gemiddelde eienaarsbelang.
Moet sy tevrede wees? Motiveer jou antwoord. (9)
6.3 Bereken die skuld : eienaarsbelang verhouding vir 2017. (3)
6.4 Was dit ʼn goeie idee om die lening te verhoog? Gebruik finansiële
aanwysers met getalle / persentasies om jou antwoord te staaf. (4)
6.5 Lewer kommentaar oor die likiditeitsposisie van die vennootskap. Haal
DRIE toepaslike finansiële aanwysers (werklike syfers / verhoudings /
persentasies) en hul neigings aan. (9)
6.6 Lewer kommentaar oor die volgende finansiële aanwysers. Let wel die
beoogde winsgrens is 50% op koste van verkope.
• % Bruto wins op koste van verkope (3)
• % Bedryfsuitgawes op verkope (3)
Verskaf in elke geval ʼn rede vir die verbetering of afname in die syfers.
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
REKENINGKUNDE 15
GRAAD 11
INLIGTING:
1. Uittreksel van die Balansstaat
28 Feb 2017 28 Feb 2016
Eienaarsbelang 420 000 234 000
Kapitaal: Mikyl 200 000 160 000
Kapitaal: Fia 200 000 80 000
Privaatrekening: Mikyl 8 000 2 000
Privaatrekening: Fia 12 000 (8 000)
Nie bedryfslaste 360 000 280 000
2. ADDISIONELE INLIGTING:
A. Die netto wins vir die jaar geëindig op 28 Februarie 2017 is R58 000.
B. Vennoot Mikyl verdien ʼn totaal van R37 000 vir die jaar geëindig op
28 Februarie 2017.
C. Die volgende finansiële aanwysers is bereken in 2017:
VERHOUDING 2017 2016
% Opbrengs verdien deur die ? 24%
besigheid op eienaarsbelang
% Opbrengs verdien deur Mikyl ? 26%
% Opbrengs verdien deur Fia 23% 23%
Skuld: Eienaarsbelangverhouding ? 1,2:1
Bedryfskapitaalverhouding 2,29:1 1,6:1
Vuurproefverhouding 1,57:1 0,6:1
Gemiddelde debiteure-invorderings 30 dae 55 dae
periode
% Bedryfsuitgawes op omset 40% 50%
% Bruto wins op koste van verkope 50% 60%
D. Die debiteure-betalingsperiode is 30 dae soos verlang volgens die
kredietbeleid.
E. Krediteure word betaal na 60 dae volgens die krediteurebeleid.
F. Die rentekoers op die lening vanaf Rand Bank is 21% p.j. Rente
betaal gedurende die finansiële jaar beloop R57 600.
G. Geld kan belê word teen ʼn rentekoers van 10% p.j.
40
TOTAAL: 300
EINDE
Study this subject
Recommended for this subject
%20June%202016%20%20Question%20Paper_hlayiso.com_--fbbd5ffb-5728-4b05-b1dd-24b25c5eb58d/v1-67f8647a13ef4a65e9ae/card.webp)
Question paper
Accounting Grade 11 Gauteng June 2016 Question Paper (Afr)
%20June%202018%20Possible%20Answers_hlayiso.com_--9df1ea61-69fc-44d0-ae99-55747a39390f/v1-09f9261e5be48d30bb90/card.webp)
Memorandum
Accounting Grade 11 Gauteng June 2018 Memo (Afrikaans)
%20June%202016%20%20Possible%20Answer_hlayiso.com_--89316d18-f700-4910-a490-4c101ea30e1f/v1-c17291df76f64883c2e2/card.webp)
Memorandum
Accounting Grade 11 Gauteng June 2016 Memo (Afrikaans)

Question paper
Accounting Grade 11 P2 Eastern Cape November 2023 QP (Afr)

Question paper
Accounting Grade 11 P1 Eastern Cape November 2022 QP (Afr)
%202020%20Exemplars%20Answer%20%20Book_hlayiso.com_--beefd0ec-65a9-40ba-8a4f-bcbbc4b55e73/v1-deba459ad27c2575a0e7/card.webp)
Question paper
Accounting Grade 11 P2 Gauteng November 2020 QP (Afr)
More from Grade 11 Accounting

Study guide
GR11 Accounting Practice exam November Paper 1

Addendum
Accounting Grade 11 P1 Eastern Cape November 2025 Addendum

Memorandum
Accounting Grade 11 P2 Eastern Cape November 2025 Memo (Eng)

Memorandum
Accounting Grade 11 P2 Eastern Cape November 2025 Memo (Afr)

Question paper and memo
Accounting Grade 11 Limpopo March Test 2025 Paper & Memo

Memorandum