Downloaded from hlayiso.com
GAUTENGSE DEPARTEMENT VAN ONDERWYS
PROVINSIALE EKSAMEN
NOVEMBER 2021
GRAAD 11
REKENINGKUNDE
(VRAESTEL 2)
TYD: 2 uur
PUNTE: 150
11 bladsye + 1 formuleblad en ʼn antwoordboek van 10 bladsye
b.o.
Skip to contentAll 2021 papers %20NOV%20Answer%20Book_hlayiso.com_--4ab14b2d-5f00-4754-8d2c-cb651412e59b/v1-f99bea2e1979162a49db/card.webp)
%20NOV%20Answer%20Book_hlayiso.com_--1673ee8b-c6f9-4fb7-b1a4-a3d15ce4945f/v1-d495b82c99d9b0cd3bc5/card.webp)
%20NOV%20Possible%20Answers_hlayiso.com_--befdaccd-3076-4717-8512-3fb2893e0a0d/v1-270b1aea98c0aeec2dc4/card.webp)
%20NOV%20Possible%20Answers_hlayiso.com_--9e515382-95cd-45cc-8bff-a40fed69f07a/v1-8f305cc44e85c0dc7609/card.webp)
%202020%20Exemplars%20Answer%20%20Book_hlayiso.com_--beefd0ec-65a9-40ba-8a4f-bcbbc4b55e73/v1-deba459ad27c2575a0e7/card.webp)
%20November%202019%20Question%20Paper_hlayiso.com_--f4aaccee-11fc-4428-9e02-2a752dd91053/v1-eaa6fa54a9158a1b1ee6/card.webp)
View all





Accounting Grade 11 P2 Gauteng November 2021 QP (Afr)
Grade 11 Accounting Paper 2 question paper from the Gauteng November 2021 (Afrikaans), 12 pages. Read online or download the free PDF.
Accounting · Grade 11 · Gauteng November · 2021. Question paper, 12 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Accounting
- Grade
- Grade 11
- Document type
- Question paper
- Year
- 2021
- Exam period
- Gauteng November
- Paper
- 2
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 12
- File size
- 865.0 KB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 12
This exam
Questions in this paper
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
REKENINGKUNDE 2
(Vraestel 2) GRAAD 11
INSTRUKSIES EN INLIGTING
1. Beantwoord AL die vrae.
2. ʼn Spesiale ANTWOORDBOEK word voorsien waarin ALLE vrae beantwoord moet
word.
3. ʼn FORMULEBLAD vir die finansiële aanwysers word voorsien aan die agterkant
van die vraestel. Jy kan dit gebruik indien nodig.
4. Wys ALLE bewerkings om deelpunte te verdien.
5. Jy mag ʼn nie-programeerbare sakrekenaar gebruik.
6. Jy mag ʼn donker potlood of blou/swart ink gebruik om die vrae te beantwoord.
7. Waar van toepassing, moet alle berekenings tot EEN desimaalpunt gegee word.
8. Skryf netjies en leesbaar.
9. Gebruik die inligting in die tabel hieronder as ʼn riglyn wanneer die vraestel
beantwoord word. Probeer om NIE daarvan af te wyk NIE.
VRAAG ONDERWERP PUNTE TYD IN MINUTE
1 Versoenings 40 32 minute
2 Koste Rekeningkunde 40 32 minute
3 BTW en Voorraadstelsels 30 24 minute
4 Kontantbegrotings en Geprojekteerde 40 32 minute
Inkomstestaat
TOTAAL 150 120 minute
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
REKENINGKUNDE 3
VRAESTEL 2 GRAAD 11
VRAAG 1: VERSOENINGS (40 punte; 32 minute)
1.1 BANKVERSOENING
GEVRA:
Bestudeer die inligting uit die rekeningkundige rekords van Sahara Handelaars
en voltooi die volgende instruksies.
1.1.1 Voltooi die Bankrekening in die Algemene Grootboek deur die nodige
inskrywings direk in die Bankrekening te maak
NOTA: FOLIOS WORD NIE VEREIS NIE (16)
1.1.2 Stel die Bankversoeningstaat op 30 November 2021 op. (8)
1.1.3 Verduidelik kortliks wat die doel is om bankversoening te doen. (2)
1.1.4 Noem TWEE interne beheermaatreëls wat ʼn onderneming kan
implementeer om die kontant in die onderneming te beheer. (2)
INLIGTING:
Die boekhouer van Sahara Handelaars het die Bankstaat wat van FNB
gedurende November 2021 ontvang is, met die Bankversoeningstaat van Oktober
2021 en die Kontantjoernale vir November 2021 vergelyk, en het die volgende
verskille gevind:
i. Die Bankrekening in die Algemene Grootboek het ʼn ongunstige voorlopige
saldo van R9 228 getoon, terwyl die Bankstaat ʼn ongunstige saldo van
R16 768 op 30 November 2021.toon.
ii. ʼn Deposito van R2 190 ontvang op 25 November vir verkope was in die
Kontantontvangstejoernaal aangeteken as R2 910.
iii. ʼn Debiteur, T. Rhino, het R1 000 oor met EFO direk in die Bankrekening
van Sahara Handelaars betaal ter vereffening van sy rekening van
R1 100.
iv. Die jaarlikse versekeringspremie van die eienaar se persoonlike voertuig
was met ʼn debietorder betaal, R1 440.
v. Bankkoste van R80 en rente gehef op die debietsaldo, R60 verskyn slegs
op die Bankstaat.
vi. ʼn EFO vir R5 820 wat betaal is vir die aankoop van handelsvoorraad
verskyn as R5 280 in die betrokke joernaal. Na ʼn ondersoek is daar
vasgestel dat die boekhouer die bedrag verkeerd aangeteken het.
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
REKENINGKUNDE 4
VRAESTEL 2 GRAAD 11
vii. ʼn Deposito van R4 190 gemaak deur S. Cheetah vir die kantoor spasie wat
deur hulle van Sahara Handelaars gehuur word, is op die Bankstaat as
R4 290 aangeteken. Die bedrag is korrek aangeteken in die KOJ.
viii. Die Bank het Sahara Handelaars se rekening verkeerdelik gedebiteer met
rente van R7 000 in plaas van R700.
ix. Die volgende inligting in die November 2021 Kontantjoernale verskyn nie
op die Bankstaat vir November 2021 nie:
• Uitstaande deposito, R6 000
• EFO 333 vir R6 500 vir die betaling van ʼn krediteur, WW Winkels.
1.2 KREDITEUREVERSOENING
ʼn Rekeningstaat ontvang van ʼn krediteur, Green Apple Kie. op 31 Oktober 2021,
dui aan dat Fresh Fruit Mart hulle R14 530 skuld. Volgens die
Krediteuregrootboek van Fresh Fruit Mart, die bedrag verskuldig aan Green
Apple Kie. is R13 789.
GEVRA:
1.2.1 Gebruik die tabel wat in jou ANTWOORDBOEK voorsien is, om die
verskille tussen die Krediteurestaat en die Krediteuregrootboek van die
besigheid te VERSOEN. (8)
1.2.2 ʼn Interne ouditeur van Fresh Fruit Mart het ontdek dat goedere ter
waarde van R6 500 wat by PK Stores bestel is, nie by die besigheid
afgelewer is nie. ʼn Ondersoek het aan die lig gebring dat die persoon
wat in beheer van die bestellings en ontvangs van die goedere is, dit vir
sy persoonlike gebruik bestel het.
a. Watter stappe moet deur die bestuur teen hierdie persoon geneem
word? Verskaf TWEE punte. (2)
b. Verskaf TWEE interne beheermaatreëls wat toegepas moet word
om te voorkom dat dit weer gebeur. (2)
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
REKENINGKUNDE 5
VRAESTEL 2 GRAAD 11
INLIGTING:
Na ʼn ondersoek het die volgende aan die lig gekom:
a. ʼn EFO wat aan Green Apple Kie. gemaak is, is nie betyds ontvang om ʼn
afslag toe te laat nie. Fresh Fruit Mart het aangeneem dat hulle die afslag
van R450 sal ontvang, en het dit so in die boeke aangeteken.
b. Goedere met ʼn waarde van R980, teruggestuur aan Green Apple Kie. was
in die Krediteurestaat aangeteken as R890.
c. ʼn Faktuur wat ontvang is vir goedere aangekoop vanaf Green Apples Kie. vir
R700, was verkeerdelik in die Krediteuregrootboek van Fresh Fruit Mart as ʼn
debietnota aangeteken.
d. Die Krediteurestaat wat ontvang is toon rente op die agterstallige rekening
van R251. Daar is geen inskrywing in die Krediteuregrootboek van Fresh
Fruit Mart vir die transaksie gemaak nie.
e. Die volgende transaksies het plaasgevind nadat die Krediteurestaat reeds
gedruk is, en per e-pos aan Fresh Fruit Mart gestuur is:
• ʼn Faktuur vir R3 400 vir goedere gekoop op 29 Oktober 2021
• ʼn EFO vir R1 950, gemaak as gedeeltelike betaling van die rekening op
30 Oktober 2021
[40]
VRAAG 2: KOSTE REKENINGKUNDE (40 punte; 32 minute)
2.1 PURPLE GIRLS FACE MASK VERVAARDIGERS
GEVRA:
Gebruik die inligting geneem uit die rekeningkundige rekords van Purple Girls Face
Mask Vervaardigers, ʼn onderneming wat herbruikbare geparfumeerde
gesigsmaskers vervaardig om:
2.1.1 Die grondstowwe uitgereik vir produksie 2021 te bereken (6)
2.1.2 Die volgende rekeninge in die Algemene Grootboek voor te berei
a. Fabrieksbokoste (14)
b. Goedere in bewerking voorraad (9)
NOTA: FOLIOS WORD NIE VEREIS NIE.
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
REKENINGKUNDE 6
VRAESTEL 2 GRAAD 11
INLIGTING:
A. Die volgende saldos verskyn in die boeke van Purple Girls Face Mask Vervaardigers:
30 September 01 Oktober
2021 2020
Direkte/Grondstofvoorraad 25 000 53 000
Goedere in bewerking voorraad 76 000 38 000
Indirekte materiaal voorraad 5 500 5 200
B. Transaksies vir die jaar:
Grondstofvoorraad aangekoop gedurende die jaar 720 000
Vraggeld op aankope van Grondstofvoorraad 15 400
Fabrieksonderhoud betaal 68 400
Advertensie betaal 23 500
Fabriekshuur betaal 46 700
Water en elektrisiteit betaal 78 400
Indirekte materiaal aangekoop 49 000
Diverse uitgawes betaal 12 300
Fabrieksvoorman se salaris 85 850
Kantoor assistent se salaris vir die jaar 136 750
C. Addisionele Inligting:
1. Die totale direkte arbeidskoste vir die jaar bedra R847 650.
2. Ingesluit in die bedrag van die grondstofvoorraad is goedere wat nie bestel is nie
en daarom is dit teruggestuur aan die verskaffer, R5 000.
3. Water en elektrisiteit en huur word verdeel tussen die drie departemente volgens
die vloerspasie wat elkeen beslaan:
• Fabriek 400 vierkante meter
• Kantoor 380 vierkante meter
• Verkoopsafdeling 220 vierkante meter
4. Waardevermindering vir die jaar:
• Kantoortoerusting, R12 500
• Fabrieksmasjinerie, R22 800
5. Diverse uitgawes moet in die verhouding 3 : 2 : 1 verdeel word tussen die fabriek,
kantoor en verkoopsafdeling, onderskeidelik.
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
REKENINGKUNDE 7
VRAESTEL 2 GRAAD 11
2.2 HANDSAN VERVAARDIGERS
Handsan Vervaardigers vervaardig handreinigers en ander hand skoonmaak
produkte. Die onderneming is vroeg in 2020 geopen nadat die behoefte na
hierdie produkte al hoe meer algemeen geword het. Die onderstaande inligting is
geneem uit die rekords vir die finansiële jaar geëindig 28 Februarie 2021.
GEVRA:
2.2.1 Bereken die gelykbreekpunt vir die finansiële jaar geëindig 28 Februarie
2021. (5)
2.2.2 Lewer kommentaar of die onderneming tevrede moet wees met die
gelykbreekpunt. Haal relevante syfers in jou kommentaar aan. (4)
2.2.3 Die direktemateriaalkoste word goed beheer. Noem EEN moontlike rede
vir die verlaging van die direktemateriaalkoste in 2021. (2)
INLIGTING:
Eenheidskoste Eenheidskoste
2021 2020
Vastekoste 50,00 47,00
Fabrieksbokoste 36,00 34,00
Administrasiekoste 14,00 13,00
Veranderlikekoste 132,00 126,00
Direkte arbeidskoste 56,00 51,00
Direkte materiaalkoste 30, 00 50,00
Verkoops- en verspreidingskoste 46,00 25,00
Aantal eenhede geproduseer en verkoop 24 960 23 600
Verkoopsprys per eenheid R184 R220
Gelykbreekpunt per eenheid. ?? 11 800
[40]
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
REKENINGKUNDE 8
VRAESTEL 2 GRAAD 11
VRAAG 3: BTW EN VOORRAADSTELSELS (30 punte; 24 minute)
3.1 BTW
GEVRA:
3.1.1 Bereken die bedrae gemerk A – E in die tabel hieronder. (5)
3.1.2 Verduidelik die verskil tussen Belastingvermyding en Betastingontduiking. (4)
3.1.3 Gee TWEE voorbeelde van nul-koers items en TWEE voorbeelde van
BTW-vrygestelde items. (4)
INLIGTING:
Jy word voorsien van ʼn uittreksel uit die boeke van Sweetpea Winkels, ʼn
geregistreerde BTW onderneming. Goedere is onderhewig aan ʼn BTW koers van
15%.
BTW Uitgesluit BTW Ingesluit BTW
(R) (R) (R)
R320 000 A B
R2 300 C R345
D E R822
3.2 VOORRAADSTELSELS:
H&H Gifting is ʼn klein onderneming wat besit word deur Henry Harold. Henry
lewer die spesiaal handuitgesoekte geskenke deur-tot-deur af. Tydens die
COVID-19 pandemie, het Henry se besigheid gefloreer, aangesien sy besigheid
volledig aanlyn is. Henry gebruik die Periodieke Voorraadstelsel. Die finansiële
jaar eindig op 31 Desember 2020.
GEVRA:
3.2.1 Bereken die aankoopprys wat na die Handelsrekening oorgedra sal word. (5)
3.2.2 Bereken die verkoopsyfer wat na die Handelsrekening oorgedra sal word. (4)
3.2.3 Bereken die Koste van Verkope. (4)
3.2.4 Bereken die gemiddlede koers van voorraadomset vir 2020. (4)
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
REKENINGKUNDE 9
VRAESTEL 2 GRAAD 11
INLIGTING:
A. Uittreksel uit die Voor-aansuiwerings Proefbalans op 31 Desember 2020:
Debiet Krediet
Balansstaat rekeninge afdeling
Handelsvoorraad (1 Januarie 2020) 65 200
Nominale-rekeninge afdeling
Verkope 295 000
Aankope 250 000
Vraggeld op aankope 12 560
Debiteureafslag 15 700
B. Geen inskrywings is vir die volgende transaksies gemaak nie:
i. Goedere met ʼn kosprys van R2 500 is teruggestuur aan die verskaffers
voor die voorraadopname plaasgevind het.
ii. Die eienaar Henry Harold het goedere met ʼn kosprys van R11 250 vir
persoonlike gebruik geneem.
iii. ʼn Faktuur van R3 250 vir voorraad wat op krediet by Floral Handelaars
gekoop is.
iv. ʼn Debiteur stuur goedere wat aan hom verkoop is terug met ʼn verkoopprys
van R12 000. Die kosprys van die goedere is R8 000. Die goedere is
teruggeplaas in die voorraad voor die voorraadopname plaasgevind het.
v. Die besigheid gebruik ʼn winspersentasie van 40% op kosprys.
vi. Die fisiese voorraadtelling wat op 31 Desember 2020 gedoen is, toon aan
dat die voorraad byderhand R96 250 is.
[30]
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
REKENINGKUNDE 10
VRAESTEL 2 GRAAD 11
VRAAG 4: KONTANTBEGROTINGS EN GEPROJEKTEERDE INKOMSTESTAAT
(40 punte; 32 minute)
4.1 KONSEPTE
Sê of die volgende stellings Waar of Onwaar is. Skryf slegs Waar of Onwaar
langs die vraagnommer (4.1.1 – 4.1.5) in die ANTWOORDBOEK.
4.1.1 Voorsiening vir oninbare skuld aansuiwering is ʼn item wat in die
Kontantbegroting sal voorkom maar nie in die Geprojekteerde
Inkomstestaat nie. (1)
4.1.2 Waardevermindering is ʼn toegerekende uitgawe en sal daarom nie in
die Kontantbegroting verskyn nie.. (1)
4.1.3 Die hoofdoel vir die opstel van ʼn Kontantbegroting is om toekomstige
inkomste en uitgawes te projekteer. (1)
4.1.4 Betaling aan krediteure is ʼn uitgawe en sal daarom in die
Geprojekteerde Inkomstestaat verskyn. (1)
4.1.5 Wat die Kontantbegroting en die Geprojekteerde Inkomstestaat
soortgelyk maak, is dat albei syfers vir die toekoms projekteer. (1)
4.2 KONTANTBEGROTING
Die onderstaande inligting hou verband met Tripod Winkels.
GEVRA:
4.2.1 Voltooi die Debiteure Invorderingskedule vir Junie en Julie 2021. (14)
4.2.2 Voltooi die Kontantbegroting vir Junie en Julie 2021.
NOTA: Sommige inligting is reeds ingevul op die antwoordboek. (21)
INLIGTING:
A. Verwagte invorderings van debiteure:
• 40% van debiteure betaal hulle rekeninge gedurende die maand
waarin die transaksie plaasvind om in aanmerking te kom vir die
4% korting vir vinnige betaling.
• 30% betaal hulle rekeninge in die maand wat volg op die transaksie
maand.
• 23% betaal hulle rekeninge in die tweede maand na die maand
waarin die transaksie plaasvind.
• 7% word afgeskryf as oninbaar gedurende die derde maand.
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
B. Opsomming van transaksies:
Besonderhede April Mei Junie Julie
(werklik) (werklik) (begroot) (begroot)
Totale verkope 90 000 82 000 100 000 110 000
Krediet aankope 70 000 80 000 65 000 85 000
Huurinkomste 16 600 16 600 17 000 ?
Salarisse 75 000 75 000 75 000 ?
75% van die totale verkope is op krediet
Koste van verkope is 60% van die totale verkope
Kredietaankope is 40% van die totale aankope
C. Krediteure word betaal in die maand wat volg op die maand van aankope.
D. Die huurooreenkoms maak voorsiening vir ʼn jaarlikse verhoging van 12%
met ingang van 1 Julie 2021.
E. Die volgende onttrekkings word maandeliks deur die eienaar gedoen:
• Kontant om vir sy huis se tuindienste te betaal, R7 500
• Handelsvoorraad om as verjaardag geskenke te gebruik, R2 800
F. ʼn Gebruikte voertuig is in Junie vir R132 900 verkoop aan die eienaar se
beste vriend. Die verlies by verkoop van die bate is R3 000. Die EFO sal
eers in Julie 2021 gemaak word.
G. ʼn Lening, teen rente van 11.5% p.j. word op 1 Julie 2021 uitgeneem.
• Die lening word terugbetaal in 36 gelyke maandelikse paaiemente wat
op 30 Julie 2021 begin.
• Rente op lening is ook betaalbaar aan die einde van elke maand
vanaf 30 Julie 2021. Rente word nie gekapitaliseer nie.
(Toon alle berekeninge tussen hakies)
H. Advertensies word bereken op 1% van die totale verkope van die vorige
maand.
I. Alle werknemers sal ʼn salaris verhoging van 4% aan die einde van Julie
2021 ontvang.
J. Die bankrekening het ʼn gunstige saldo van R140 530 op 31 Mei 2021
getoon.
[40]
TOTAAL: 150
EINDE
Downloaded from hlayiso.com
REKENINGKUNDE 12
VRAESTEL 2 GRAAD 11
FORMULEBLAD
Bruto wins 100 Bruto wins 100 Netto wins 100
Verkope 1 Koste van Verkope 1 Verkope 1
Bedryfsuitgawes 100 Bedryfswins 100
Verkope 1 Verkope 1
Totale verdienste deur vennoot 100 netto wins 100
Gemiddelde vennotebelang 1 Gemiddelde eienaarsbelang 1
Bedryfsbates : bedryfslaste (Bedryfsbates- voorraad) : bedryfslaste
Gemiddelde debiteure 365 12 Gemiddelde krediteure 365 12
of of
kredietverkope 1 1 Kredietaankope of koste van verkope 1 1
Gemiddelde voorraad 365 12 Koste van verkope
of
Koste van verkope 1 1 Gemiddelde voorraad
Nie Bedryfslaste : Vennotebelang Totale bates : Totale laste
Study this subject
Recommended for this subject
%20NOV%20Answer%20Book_hlayiso.com_--4ab14b2d-5f00-4754-8d2c-cb651412e59b/v1-f99bea2e1979162a49db/card.webp)
Addendum
Accounting Grade 11 P2 Gauteng November 2021 Addendum (Eng)
%20NOV%20Answer%20Book_hlayiso.com_--1673ee8b-c6f9-4fb7-b1a4-a3d15ce4945f/v1-d495b82c99d9b0cd3bc5/card.webp)
Addendum
Accounting Grade 11 P2 Gauteng November 2021 Addendum (Afr)
%20NOV%20Possible%20Answers_hlayiso.com_--befdaccd-3076-4717-8512-3fb2893e0a0d/v1-270b1aea98c0aeec2dc4/card.webp)
Memorandum
Accounting Grade 11 P2 Gauteng November 2021 Memo (English)
%20NOV%20Possible%20Answers_hlayiso.com_--9e515382-95cd-45cc-8bff-a40fed69f07a/v1-8f305cc44e85c0dc7609/card.webp)
Memorandum
Accounting Grade 11 P2 Gauteng November 2021 Memo (Afr)
%202020%20Exemplars%20Answer%20%20Book_hlayiso.com_--beefd0ec-65a9-40ba-8a4f-bcbbc4b55e73/v1-deba459ad27c2575a0e7/card.webp)
Question paper
Accounting Grade 11 P2 Gauteng November 2020 QP (Afr)
%20November%202019%20Question%20Paper_hlayiso.com_--f4aaccee-11fc-4428-9e02-2a752dd91053/v1-eaa6fa54a9158a1b1ee6/card.webp)
Question paper
Accounting Grade 11 P2 Gauteng November 2019 QP (Afr)
More from Grade 11 Accounting

Study guide
GR11 Accounting Practice exam November Paper 1

Addendum
Accounting Grade 11 P1 Eastern Cape November 2025 Addendum

Memorandum
Accounting Grade 11 P2 Eastern Cape November 2025 Memo (Eng)

Memorandum
Accounting Grade 11 P2 Eastern Cape November 2025 Memo (Afr)

Question paper and memo
Accounting Grade 11 Limpopo March Test 2025 Paper & Memo

Memorandum