Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE
SENIOR SERTIFIKAAT
GRAAD 11
NOVEMBER 2015
LANDBOUWETENSKAPPE V1
PUNTE: 150
TYD: 2½ uur
*IAGRSA1*
Hierdie vraestel bestaan uit 13 bladsye.
Skip to contentAll 2015 papers 





View all





Agricultural Sciences Grade 11 P1 2015 QP (Afr)
Grade 11 Agricultural Sciences Paper 1 question paper from the Eastern Cape November 2015 (Afrikaans), 13 pages. Read online or download the free PDF.
Agricultural Sciences · Grade 11 · Eastern Cape November · 2015. Question paper, 13 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Agricultural Sciences
- Grade
- Grade 11
- Document type
- Question paper
- Year
- 2015
- Exam period
- Eastern Cape November
- Paper
- 1
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 13
- File size
- 868.0 KB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 13
This exam
Eastern Cape November 2015
Questions in this paper
- Question 1.1Bio-molecules
- Question 1.2Soil chemistry and organic matter30 marks
- Question 1.3Soil chemistry and organic matter10 marks
- Question 1.4Bio-molecules5 marks
- Question 2.1Organic chemistry in agriculture10 marks
- Question 2.2Bio-molecules6 marks
Show all 18 questions
- Question 2.3Bio-molecules7 marks
- Question 2.4Bio-molecules7 marks
- Question 2.5Bio-molecules5 marks
- Question 3.1Soil physics11 marks
- Question 3.2Soil moisture, air and temperature5 marks
- Question 3.3Soil physics3 marks
- Question 3.4Soil moisture, air and temperature9 marks
- Question 3.5Soil moisture, air and temperature8 marks
- Question 4.1Soil morphology and classification10 marks
- Question 4.2Soil morphology and classification7 marks
- Question 4.3Soil chemistry and organic matter9 marks
- Question 4.4Soil chemistry and organic matter9 marks
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
2 LANDBOUWETENSKAPPE V1 (EC/NOVEMBER 2015)
INSTRUKSIES EN INLIGTING
1. Beantwoord AL die vrae in die ANTWOORDEBOEK.
2. Begin ELKE vraag op ʼn NUWE bladsy.
3. Lees AL die vrae noukeurig en beantwoord slegs dit wat gevra word.
4. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel in hierdie
vraestel gebruik.
5. Nieprogrammeerbare sakrekenaars mag gebruik word.
6. Wys AL jou berekeninge, insluitende die eenhede en formules, waar nodig.
7. Skryf netjies en leesbaar.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2015) LANDBOUWETENSKAPPE V1 3
AFDELING A
VRAAG 1
1.1 Verskeie opsies word as moontlike antwoorde vir die volgende vrae gegee.
Kies die korrekte antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die korrekte
vraagnommer (1.1.1–1.1.10) in jou ANTWOORDEBOEK neer, bv. 1.1.11 A.
1.1.1 Die groepe elemente wat gewoonlik in proteïene voorkom, is ...
A C, P, Ca, O en Mg.
B C, H, O, N en P.
C S, C, N, O en H.
D Mg, K, H, Ca en Zn.
1.1.2 Die stelling hieronder verwys NIE na die volgende groep elemente NIE:
Li Na K Rb Cs Fr
A Hulle is alkali-metale.
B Hulle behoort tot die groep 1A en het een valenselektron.
C Hulle is nie-reaktief.
D Hulle is baie reaktief.
1.1.3 Die struktuur hieronder verteenwoordig die struktuurformule van ʼn
organiese verbinding.
H H
H C C H
H H
(i) Dit is ʼn kleurlose en reuklose gas.
(ii) Dit word vir etileenproduksie gebruik.
(iii) Dit kan beskryf word as ʼn koolwaterstof.
(iv) Dit is ʼn belangrike alkohol in die natuur,
Kies die korrekte kombinasie:
A (i), (iii), en (iv)
B (ii), (iii) en (iv)
C (i), (ii) en (iv)
D (i), (ii) en (iii)
1.1.4 Die tekstuur het ʼn effek op die ...
A groeitempo van plante.
B waterhouvermoë van grond.
C organiese inhoud van grond.
D struktuur van grond.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
4 LANDBOUWETENSKAPPE V1 (EC/NOVEMBER 2015)
1.1.5 Die volgende stelling verwys na massa-digtheid:
A Hoe meer porie-spasie, hoe laer is die massa-digtheid.
B Hoe hoër die organiese materiaal inhoud, hoe hoër die massa-
digtheid.
C Hoe minder die porie-spasie, hoe hoër die massa-digtheid.
D Grond met ʼn hoë kleiinhoud het ʼn verlaagde massa-digtheid.
1.1.6 Die diagram hieronder toon ʼn faktor wat grondtemperatuur beïnvloed.
Sonstrale
B
C A
D
A Sade ontkiem vinniger in grond verteenwoordig deur letter B.
B Sonstrale tref die grond teen ʼn skuinste by letter D.
C Die grond by punt B ontvang ʼn groter aantal sonstrale.
D Wanneer sonstrale grond by punt D tref, sal dit terug reflekteer en
sade vinniger ontkiem.
1.1.7 Die skematiese voorstelling hieronder demonstreer die volgende:
Na + CaSO4 Ca2+ + Na2SO4
A Die verhoging van grond-pH
B Verbetering van grondvrugbaarheid
C Herwinning van brakgrond
D Regstelling van grondsuurheid
1.1.8 Die binominale grondklassifikasiesisteem bevat ’n breë en meer
algemene vlak wat na verwys word as (a) ... en ʼn laer en meer
spesifieke vlak wat na verwys word as (b) ...
(a) (b)
A grondvorm grondfamilie
B grondseries grondvorm
C grondvorm grondhorison
D grondprofiel grondhorison
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2015) LANDBOUWETENSKAPPE V1 5
1.1.9 Die fisiese invloed van organiese materiaal op grond is ...
A dat meer nutriënte beskikbaar is.
B ʼn afname in die swel van kleigrond wanneer dit nat is.
C verhoging van die aantal mikro-organismes.
D die grond word vrugbaar as gevolg van die hoë katioon-
absorpsiekapasiteit.
1.1.10 Die G-horison is ʼn indikasie van ...
A gleying-toestand.
B afwesigheid van organiese materiaal.
C oksidasieproses.
D akkumulasie van ysteroksiede. (10 x 2) (20)
1.2 Bepaal of elk van die volgende beskrywings in KOLOM B verwys na SLEGS A,
SLEGS B, BEIDE A en B of GEEN van die items in KOLOM A. Skryf SLEGS
A, SLEGS B, BEIDE A en B of GEEN langs die vraagnommer
(1.2.1–1.2.5) in die ANTWOORDEBOEK, bv. 1.2.6 slegs B.
KOLOM A KOLOM B
1.2.1 A Atoomgetal Getal protone en neutrone
B Atoommassa
1.2.2 A Koolstof ʼn Element wat aaneenskakeling toelaat
B Waterstof
1.2.3 A Nitrifikasie Reduksie van nitrate onder anaerobiese
B Denitrifikasie toestande
1.2.4 A Higroskopiese Die tipe grondwater wat ʼn dun lagie rondom ʼn
B Adhesie grondpartikel vorm
1.2.5 A Vertiese A Diagnostiese horison met ʼn massa
B Humiese A gesementeerde vlekke
(5 x 2) (10)
1.3 Gee EEN woord/term vir elk van die volgende beskrywings. Skryf slegs die
woord/term langs die vraagnommer (1.3.1–1.3.5) in die ANTWOORDEBOEK.
1.3.1 Die kleinste partikel van ʼn stof wat onafhanklik kan bestaan en nog
steeds die eienskappe van daardie stof behou.
1.3.2 Die omskakeling van onoplosbare anorganiese vorme van ʼn nutriënt
tot oplosbare vorme deur die aksie van bakterieë.
1.3.3 Die punt in grond waar al die porieruimtes totaal deur water gevul is.
1.3.4 Die konsentrasie van nutriënte en sekere chemiese verbindings in
slegs een deel van grond en afwesig in ʼn ander deel.
1.3.5 Die grondstruktuur wat dun peds het wat horisontaal lê. (5 x 2) (10)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
6 LANDBOUWETENSKAPPE V1 (EC/NOVEMBER 2015)
1.4 Verander die onderstreepte woord(e) in elke van die volgende stellings om
hulle WAAR te maak. Skryf slegs die woord(e) langs die vraagnommer (1.4.1–
1.4.5) in die ANTWOORDEBOEK.
1.4.1 Dekstrien is ʼn voorbeeld van ʼn disakkaried.
1.4.2 Isotope is organiese verbindings wat dieselfde molekulêre formule het
maar verskillende rangskikking van atome.
1.4.3 Hidrolise is die oordrag van ʼn aminogroep van een chemiese
verbinding tot ʼn volgende.
1.4.4 ʼn Homogene grondkleur gebeur wanneer daar ʼn mengsel van
grondmateriaal en minerale komponente is.
1.4.5 Katioon-adsorpsie is die somtotaal van die uitruilbare katione in die
grond. (5 x 1) (5)
TOTAAL AFDELING A: 45
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2015) LANDBOUWETENSKAPPE V1 7
AFDELING B
Begin hierdie vraag op ʼn NUWE bladsy.
VRAAG 2: BASIESE LANDBOU-CHEMIE
2.1 Organiese verbindings is baie belangrik in ons daaglikse lewens. Hulle is in die
kos wat ons eet en die klere wat ons dra. Die chemiese eienskappe van
organiese verbindings word deur die funksionele groep bepaal. Die
struktuurformules hieronder is die verbindings wat ʼn rol in ons lewens speel.
A. B.
H H H H H
H C C C H H C C OH
OH OH OH H H
C. D.
H O H H H
H C C OH H C C C H
H H H H
2.1.1 Gee die letter van die verbinding wat by elkeen van die volgende
beskrywings pas:
(a) Gevorm deur die fermentasieproses (1)
(b) Is ook bekend as asynsuur (1)
(c) Word gevorm wanneer die struktuur voorgestel deur B met
struktuur C reageer (1)
(d) Kan gebruik word om landelike huise sonder elektrisiteit te verhit (1)
2.1.2 Verduidelik die impak van die verbinding gemerk D op die omgewing. (2)
2.1.3 Beskryf die voordeel van die gebruik van verbinding gemerk C as ʼn
bron van energie vir motors in plaas van petrol. (2)
2.1.4 Gee die funksionele groep van die verbindings gemerk B en C. (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
8 LANDBOUWETENSKAPPE V1 (EC/NOVEMBER 2015)
2.2 Sout vorm deel van die dieet van diere en mense. Dit is ʼn belangrike deel van
die vloeibare elektroliete van mense en ander lewende organismes.
2.2.1 Gee die chemiese naam en formule vir sout. (1)
2.2.2 Wat is die binding wat bestaan tussen die elemente wat sout vorm. (3)
2.2.3 In die antieke tye was sout ʼn baie waardevolle mineraal in mense se
daaglikse lewens. Bewys hierdie stelling deur DRIE gebruike van sout
in die antieke era te verduidelik. (2)
2.3 Sure en basisse speel ʼn belangrike rol in landbou.
2.3.1 Tabuleer TWEE verskille tussen ʼn suuroplossing en ʼn basis (alkaliese)
oplossing. (4)
2.3.2 As ʼn suuroplossing met ʼn alkaliese oplossing gemeng word, gebeur ʼn
chemiese reaksie. Gee die naam van die reaksie. (1)
2.3.3 Gee TWEE produkte van die chemiese reaksie in VRAAG 2.3.2 hierbo. (2)
2.4 Analiseer die struktuur hieronder en beantwoord die vrae wat daarop gebaseer
is.
R
H O
B N C C A
H H OH
2.4.1 Identifiseer die struktuur hierbo. (1)
2.4.2 Wys die letter (A of B) wat die struktuur in VRAAG 2.4.1 die volgende
gee:
(a) Basiese eienskap (1)
(b) Suureienskap (1)
2.4.3 Twee of meer van die strukture genoem in VRAAG 2.4.1 hierbo kan
saamgevoeg word om ʼn polimeer te vorm. Verskaf die naam van die
reaksie. (1)
2.4.4 Die polimeer gevorm deur die samevoeging van twee of meer van die
strukture hierbo speel ʼn belangrike rol in die liggaam van ʼn dier.
Regverdig die stelling met DRIE redes. (3)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2015) LANDBOUWETENSKAPPE V1 9
2.5 Koolhidrate is organiese molekules wat as energieverskaffers in die voedsel
van diere optree. Sommige koolhidrate is baie groot en kompleks, terwyl ander
eenvoudig is. Verskillende voedselsoorte verskaf verskillende tipes koolhidrate.
Gee ʼn voorbeeld van ʼn monosakkaried of disakkaried of polisakkaried verskaf
deur elkeen van die volgende voedsel- en plantbronne:
2.5.1 Vrugte (1)
2.5.2 Melk (1)
2.5.3 Suikerriet (1)
2.5.4 Hout (1)
2.5.5 Plantsel (1)
[35]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
10 LANDBOUWETENSKAPPE V1 (EC/NOVEMBER 2015)
Begin die vraag op ʼn NUWE bladsy.
VRAAG 3: GRONDWETENSKAP
3.1 Die tabel hieronder wys die fisiese eienskappe van grond op twee graanplase.
Fisiese grond eienskappe Plaas A Plaas B
Struktuur Krummel Blokkig
Grond fraksie (mm) 2,00 – 0,50 Minder as 0,002
Diepte (mm) 950 450
Kleur Lig Grys
3.1.1 Gee die plaas wat heel moontlik maklik met water versadig sal wees. (1)
3.1.2 Gee TWEE redes vir jou antwoord in VRAAG 3.1.1 vanaf die tabel. (2)
3.1.3 Lei af watter plaas heel moontlik ʼn groter graanoes gaan hê. (1)
3.1.4 Regverdig jou antwoord deur TWEE eienskappe vanuit die tabel uit te
lig wat tot ʼn hoër oesopbrengs kan lei. (4)
3.1.5 Gee DRIE voordele van die struktuur in plaas A. (3)
3.2 Poriespasies in grond is belangrik aangesien die grondporieë gevul word met
water en gas wat belangrik is vir plantgroei. Die persentasie van die totale
porie-ruimte word deur verskeie faktore bepaal.
3.2.1 Beskryf die invloed van die volgende faktore op die totale porie-ruimte:
(a) Gronddiepte (1)
(b) Grondbewerking (1)
3.2.2 Noem TWEE ander faktore wat ʼn invloed op totale porie-ruimte kan hê. (2)
3.3 Die kleur van grond kan baie inligting aan die boer of grondwetenskaplike
verskaf, maar dit moet reg geïnterpreteer word.
Gee die kleur van grond wat waarskynlik onder die volgende klimaatstoestande
sal voorkom:
3.3.1 Koue gematigde areas (1)
3.3.2 Humiede areas (1)
3.3.3 Droë toestande (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2015) LANDBOUWETENSKAPPE V1 11
3.4 ʼn Boer het ʼn klein stukkie grond vir gewasproduksie. As gevolg van
verskillende vogtoestande word die grond in twee verdeel, een deel vir
groenteproduksie en die ander vir mielies. Die boer het die land skoon gemaak
ter voorbereiding vir die plantseisoen. Kort na die skoonmaak was daar vir 2
dae swaar reën en die landery was met water versadig.
Voginhoud in beide lande is vir ʼn periode van 10 dae gemeet. Die resultate
word in die tabel hieronder gewys.
DAG 1 2 3 4 5 6 7 8 9 10
Voginhoud van
20 13 9 7 5 4 3 2 1 1
mielieland (%)
Voginhoud van
20 18 16 14 13 12 10 7 6 5
groenteland (%)
3.4.1 Plot ʼn lyngrafiek van die voginhoud van die twee lande teenoor tyd in
dae. (6)
3.4.2 Stel DRIE maniere voor hoe om waterverlies in die mielielandery te
beperk. (3)
3.5 Die volgende diagram illustreer die faktor wat grondtemperatuur beïnvloed.
Grond
3.5.1 Wys die faktor wat temperatuur soos hierbo geïllustreer beïnvloed. (1)
3.5.2 Verduidelik die rede vir elk van die volgende grondtemperature:
(a) Grond gaan warmer wees vir ʼn langer tydperk tydens vogtige en
bewolkte toestand. (2)
(b) Laer temperature in lig, gekleurde grond vergeleke met donker,
kleurige grond. (2)
3.5.3 Gee DRIE invloede van grondtemperatuur op biologiese prosesse wat
in die grond plaasvind. (3)
[35]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
12 LANDBOUWETENSKAPPE V1 (EC/NOVEMBER 2015)
Begin die vraag op ’n NUWE bladsy.
VRAAG 4: GRONDWETENSKAP
4.1 Die horisontale lae van die grond is ʼn resultaat van omgewingsfaktore, veral
klimaatsfaktore en dit het oor vele jare gebeur. Een proses gebeur na die ander
totdat die horisonne sigbaar is.
4.1.1 Herrangskik die volgende prosesse wat die ontwikkeling van
meesterhorisonne oor ʼn periode toon.
Deur die proses van blaarval sal plante blare en takkies grond toe
laat val om die O-horison te vorm
Klein stukkies rots het C-horison gevorm
Verweerde rots ondergaan chemiese verwering om grond te vorm,
wat ʼn medium vorm vir plante om te groei
A-horison word gevorm
Die rots sit uit en krimp in, wat lei tot fisiese verwering
Mikro-organismes verwerk organiese afval na humus deur die
proses van humifikasie (6)
4.1.2 Stel die toestand, wat lei tot die vorming van die E-horison, voor. (1)
4.1.3 As jy gevra word om ʼn toetsprofielgat in ʼn goed ontwikkelde grond te
grawe, voorspel DRIE eienskappe wat blootgestel gaan word om aan
te dui dat jy in die B-horison is. (3)
4.2 Grondklassifikasie is die sistematiese rangskikking van die grond in klasse of
kategorieë gebaseer op die mees belangrike eienskappe en die gee van name
vir die unieke rangskikking of kombinasie van hierdie klasse.
4.2.1 Bepaal die prosedure vir grondklassifikasie in die regte volgorde. (5)
4.2.2 Omskryf TWEE redes waarom grond geklassifiseer word. (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2015) LANDBOUWETENSKAPPE V1 13
4.3 Grondreaksie beïnvloed nie net die nutriëntinhoud van die grond nie, maar ook
die struktuur, dreinering en mikrobiese komposisie van die grond. Al hierdie
aspekte van grond het ʼn direkte impak op gewasproduksie. Die pH van die
grond word deur die relatiewe konsentrasie van geabsorbeerde katione op
grondkolloïdes bepaal.
Die mees algemene katione wat adsorbeer word is:
H+ , Ca+2 , K+ , Al+3 , Mg+2 en Na+
4.3.1 Vanaf die lys hierbo, kies TWEE ione (vir elke geval) wat die
grondreaksies hieronder beïnvloed:
(a) Alkaliniteit (2)
(b) Suurinhoud (2)
(c) Neutraliteit (2)
4.3.2 Wys TWEE negatiewe impakte van grond wat gedomineer word deur
Al+3 op gewasproduksie. (2)
4.3.3 Stel die beheermaatreëls voor, om die probleem, genoem in
VRAAG 4.3.2, te beheer. (1)
4.4 Die skematiese voorstelling hieronder illustreer die herwinning van
koolstofdioksied van die atmosfeer na lewende organismes en weer terug.
4.4.1 Verskaf byskrifte vir die prosesse gemerk 1, 3, 4, 5 en 6. (5)
4.4.2 Noem TWEE belangrike grond mikro-organismes wat ʼn rol gedurende
die proses gemerk 5 speel. (2)
4.4.3 Gee TWEE vereistes vir die organismes in VRAAG 4.4.2 hierbo. (2)
[35]
TOTAAL AFDELING B: 105
GROOTTOTAAL: 150
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Study this subject
Recommended for this subject

Question paper
Agricultural Sciences Grade 11 P1 2015 QP (Eng)

Memorandum
Agricultural Sciences Grade 11 P1 2015 Memo (Afr)

Question paper
Agricultural Sciences Grade 11 P2 2015 QP (Afr)

Question paper
Agricultural Sciences Grade 11 P2 2015 QP (Eng)

Question paper
Agricultural Sciences Grade 11 P1 2022 QP (Afr)

Question paper
Agricultural Sciences Grade 11 P1 2022 QP (Eng)
More from Grade 11 Agricultural Sciences

Annual teaching plan
Gr 11 Agric Sci ATP 2023 24

Memorandum
Agricultural Sciences Grade 11 P1 2025 Memo (Afr)

Memorandum
Agricultural Sciences Grade 11 P1 2024 Memo (Afr)

Memorandum
Agricultural Sciences Grade 11 P2 2024 Memo (Afr)

Memorandum
Agricultural Sciences Grade 11 P1 2023 Memo (Afr)

Memorandum