Skip to content

Economics Grade 11 P1 Gauteng June 2022 Question Paper (Afr)

Question paperEconomicsGrade 11202214 pages

Grade 11 Economics Paper 1 question paper from the Gauteng June 2022 (Afrikaans), 14 pages. Read online or download the free PDF.

Free to read online, no sign-up needed

Answer online

Loading document…

Loading document…

Questions in this paper

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com PROVINSIALE EKSAMEN JUNIE 2022 GRAAD 11 EKONOMIE (VRAESTEL 1) TYD: 2 uur PUNTE: 150 PROOFREAD DATE ___________ SIGNATURE _________________ 14 bladsye PROOFREAD DATE ___________ SIGNATURE _________________ b.o.
Downloaded from hlayiso.com EKONOMIE 2 (VRAESTEL 1) GRAAD 11 INSTRUKSIES EN INLIGTING 1. Beantwoord VIER vrae soos volg in die ANTWOORDBOEK: AFDELING A: VERPLIGTEND AFDELING B: Beantwoord enige TWEE van die drie vrae. AFDELING C Beantwoord enige EEN van die twee vrae. 2. Beantwoord slegs die vereiste getal vrae. Addisionele antwoorde sal NIE nagesien word NIE. 3. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie vraestel gebruik is. 4. Skryf die vraagnommer boaan elke antwoord. 5. Lees die vrae aandagtig deur. 6. Begin elke vraag op ʼn NUWE bladsy. 7. Laat 2 – 3 reëls tussen onderafdelings van vrae oop. 8. Beantwoord die vrae in volsinne en maak seker dat die formaat, inhoud en konteks van jou antwoorde aan die kognitiewe vereistes van die vrae voldoen. 9. Gebruik slegs swart of blou ink 10. Jy mag ʼn nie-programmeerbare sakrekenaar gebruik. 11. Skryf netjies en leesbaar. b.o.
Downloaded from hlayiso.com EKONOMIE 3 (VRAESTEL 1) GRAAD 11 AFDELING A (VERPLIGTEND) VRAAG 1 30 PUNTE – 20 MINUTE 1.1 MEERVOUDIGEKEUSE-VRAE Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee. Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A – D) langs die vraagnommers (1.1.1 – 1.1.8) in die ANTWOORDBOEK neer, bv. 1.1.9 E. 1.1.1 Die vergoeding of betaling wat gemaak word in ruil vir die gebruik van produksie faktore met ʼn beperkte aanbod, staan bekend as … A ekonomiese huur. B huur. C kommersiële huur. D rente. 1.1.2 In ʼn ekonomie waar inspuitings meer is as lekkasies, sal die … A produksie van goedere en dienste afneem. B nasionale inkomste sal afneem. C nasionale inkomste sal toeneem. D bruto waarde toegevoeg tydens produksie sal toeneem. 1.1.3 In ʼn sentrale-beplande ekonomie is … A besluitneming gesentraliseer. B produksie faktore is in privaat besit. C privaat inisiatief en vryheid van keuse is beperk. D die pryse van goedere en dienste bepaal deur individue. 1.1.4 Die Coronavirus Siekte 2019 was as ʼn pandemie verklaar deur die … A Wêreldhandelsorganisasie. B Wêreldgesondheidsorganisasie. C Staatspresident van Suid-Afrika. D Suid-Afrikaanse Departement van Gesondheid. 1.1.5 Goedere wat beskou word as skadelik vir die gemeenskap staan bekend as … goedere. A meriete B demeriete C kapitaal D publieke b.o.
Downloaded from hlayiso.com EKONOMIE 4 (VRAESTEL 1) GRAAD 11 1.1.6 In Suid-Afrika kan die parlement geklassifiseer word as die … A nasionale tak van die staat. B geregtelike tak van die staat. C wetgewende tak van die staat. D uitvoerende tak van die staat. 1.1.7 Die konsep ‘produksie’ in Ekonomie beteken die (verwys na) ... A voorsiening van dienste of ontasbares. B aktiwiteite wat goedere/dienste, vir die bevrediging van begeertes, verskaf. C aankoop van goedere en dienste. D tersiêre dienste. 1.1.8 Gemarginaliseerde groepe word uitgesluit van die … A samelewing. B politiek. C beskerming. D ekonomie. (8 x 2) (16) b.o.
Downloaded from hlayiso.com EKONOMIE 5 (VRAESTEL 1) GRAAD 11 1.2 PASSENDE ITEMS Kies ʼn beskrywing uit KOLOM B wat by ʼn item in KOLOM A pas. Skryf slegs die letter (A – K) langs die vraagnommers (1.2.1 – 1.2.8) in die ANTWOORDBOEK neer, bv. 1.2.9 L. KOLOM A KOLOM B 1.2.1 Ekonomiese groei A Verbind aan die samelewing en die ekonomie 1.2.2 Sosio-ekonomies B Die vloei van goedere en dienste 1.2.3 Ekonomiese huur C Hulpbronne wat deur die regering geallokeer word 1.2.4 Bruto Binnelandse Besteding (BBB) D Industrieë in die primêre sektor 1.2.5 Reële vloei E Verhouding tussen uitset tot inset 1.2.6 Sentrale beplande F Neem toe teen ʼn koers wat gelyk is aan die ekonomie toename in die arbeidsmag se koers 1.2.7 Armoedelyn G Betaling vir die gebruik van ʼn produksie faktor wat ʼn beperkte aanbod het 1.2.8 Produktiwiteit H Lewensverwagting strek slegs ʼn paar maande I Die minimum bedrag geld nodig om vir basiese behoeftes te betaal J C+I+G K ʼn Toename in die produksie-kapasiteit van die ekonomie oor ʼn spesifieke tydperk (8 x 1) (8) b.o.
Downloaded from hlayiso.com EKONOMIE 6 (VRAESTEL 1) GRAAD 11 1.3 KONSEPTE Gee EEN term vir elk van die volgende beskrywings. Skryf slegs die term langs die vraagnommers (1.3.1 – 1.3.6) in die ANTWOORDBOEK neer. Afkortings, akronieme en voorbeelde sal NIE aanvaar word NIE. 1.3.1 Skaars hulpbronne waarvoor mense bereid is om te betaal 1.3.2 Produksie en pryse word bepaal deur onbeperkte mededinging tussen privaat besighede 1.3.3 Besighede onder staatsbeheer soos die SABC en ESKOM 1.3.4 Wanneer daar ʼn tekort in aanbod is of iets nie beskikbaar is nie 1.3.5 Dié sektor word geken aan aktiwiteite wat straatverkope en handgemaakte produkte insluit 1.3.6 Inkomste wat die staat aan individue of besighede gee vir ʼn spesifieke doel (6 x 1) (6) TOTAAL AFDELING A: 30 b.o.
Downloaded from hlayiso.com EKONOMIE 7 (VRAESTEL 1) GRAAD 11 AFDELING B Beantwoord enige TWEE van die drie vrae in hierdie afdeling in die ANTWOORDBOEK. VRAAG 2: MAKRO-EKONOMIE 40 PUNTE – 30 MINUTE 2.1 Beantwoord die volgende vrae. 2.1.1 Noem enige TWEE vlakke van die regering. (2 x 1) (2) 2.1.2 Hoekom is die publieke sektor belangrik? (1 x 2) (2) 2.2 Bestudeer die tabel hieronder en beantwoord die vrae wat volg. BRUTO WAARDE TOEGEVOEG 2020, KWARTAAL 3 R (Miljoene) Bruto waarde toegevoeg deur die primêre sektor 320 281 Bruto waarde toegevoeg deur die sekondêre sektor 945 944 Bruto waarde toegevoeg deur die tersiêre sektor 2 895 561 Bruto waarde toegevoeg teen basiese pryse 4 161 786 2.2.1 Watter metode is gebruik om Bruto Binnelandse Produksie te bereken in die bostaande tabel? (1) 2.2.2 Watter jaar word vanaf 2020 gebruik as die basis jaar deur die SARB? (1) 2.2.3 Beskryf kortliks die term Bruto Waarde Toegevoeg. (2) 2.2.4 Wat is die impak van ʼn afname in primêre sektor aktiwiteite op produksie? (2) 2.2.5 Bereken die persentasie bydrae van die sekondêre sektor tot die Bruto Waarde Toegevoeg teen basiese pryse. Toon alle berekeninge aan. (4) b.o.
Downloaded from hlayiso.com EKONOMIE 8 (VRAESTEL 1) GRAAD 11 2.3 Bestudeer die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat volg. RAMAPHOSA MOEDIG ENTREPRENEURSKAP AAN ONDER JONG SUID-AFRIKANERS Dineo Bendile JOHANNESBURG – Adjunk-president Cyril Ramaphosa sê dat die regering, die gees van entrepreneurskap onder jong Suid-Afrikaners probeer terug bring. Die adjunkpresident lê klem op, nie net die belangrikheid daarvan om onderrigsgeleenthede aan te gryp nie, maar ook op die aanmoediging van entrepreneurskap. Hy het ook genoem dat die jeug ʼn groot rol in die land se ekonomiese groei speel. Ramaphosa se woordvoerder, Tyrone Seale het gesê dat, “Soos ons hierdie geleenthede skep, doen ons dit holisties.” Ons kyk na hulle as totale burgers en totale sosiale wesens ...” [Geredigeer deur Tamson Wort – News 24] 2.3.1 Identifiseer EEN ander produksie faktor wat nie in die uittreksel genoem word nie. (1) 2.3.2 Voor watter jaar sou hierdie uittreksel geskryf gewees het? (1) 2.3.3 Definieer die term entrepreneur. (2) 2.3.4 Hoekom is onderrigsgeleenthede belangrik vir entrepreneurskap? (2) 2.3.5 Wat is die verskil tussen ʼn suksesvolle entrepreneur en ʼn onsuksesvolle entrepreneur? (2 x 2) (4) 2.4 Onderskei tussen hernubare en nie-hernubare hulpbronne. (8) 2.5 Hoe het die Suid-Afrikaanse regering gereageer op die sosiale en ekonomiese impak van COVID-19? (8) [40] b.o.
Downloaded from hlayiso.com EKONOMIE 9 (VRAESTEL 1) GRAAD 11 VRAAG 3: MAKRO-EKONOMIE 40 PUNTE – 30 MINUTE 3.1 Beantwoord die volgende vrae. 3.1.1 Noem TWEE verskillende ekonomiese stelsels. (2 x 1) (2) 3.1.2 Hoekom is dit onmoontlik vir Suid-Afrika om ʼn ryk land te word? (1 x 2) (2) 3.2 Bestudeer die spotprent hieronder en beantwoord die vrae wat volg. GRATIS FREE GOEDERE STUFF GROOT REGERING GOEDGEKEUR The Die Progressive ProgressieweAgenda Agenda 3.2.1 Identifiseer die ekonomiese stelsel waarna die “GRATIS GOEDERE” hierbo verwys. (1) 3.2.2 Waarvan is die vryemarkstelsel vry in dié suiwerste vorm? (1) 3.2.3 Beskryf kortliks die term ekonomiese stelsel. (2) 3.2.4 Verduidelik die konsep van ʼn onsienbare hand in die ekonomie? (2) 3.2.5 Hoekom word die Suid-Afrikaanse ekonomie beskou as ʼn gemengde ekonomiese stelsel? (2 x 2) (4) b.o.
Downloaded from hlayiso.com EKONOMIE 10 (VRAESTEL 1) GRAAD 11 3.3 Bestudeer die grafiek hieronder en beantwoord die vrae wat volg. Hoe het Suid-Afrika se industrieë presteer in die eerste kwartaal van 2019? REGERING FINANSIES PERSOONLIKE DIENSTE KONSTRUKSIE HANDEL VERVOER ELEKTRISITEIT VERVAARDIGING MYNWESE LANDBOU 3.3.1 Identifiseer die industrie wat die meeste afname getoon het in die grafiek hierbo. (1) 3.3.2 Onder watter ekonomiese sektor word konstruksie geklassifiseer? (1) 3.3.3 Beskryf kortliks die term infrastruktuur. (2) 3.3.4 Hoe sal ʼn toename in beleggingsbesteding die ekonomie beïnvloed? (2) 3.3.5 Onderskei tussen reële belegging en finansiële belegging. (4) 3.4 Verduidelik kortliks die ekonomiese belangrikheid van energie as deel van Suid-Afrika se infrastruktuur. (8) 3.5 Evalueer die regering se betrokkenheid by die verhoging van toegang tot ekonomiese geleenthede. (8) [40] b.o.
Downloaded from hlayiso.com EKONOMIE 11 (VRAESTEL 1) GRAAD 11 VRAAG 4: MAKRO-EKONOMIE 40 PUNTE – 30 MINUTE 4.1 Beantwoord die volgende vrae. 4.1.1 Noem enige TWEE voorbeelde van inspuitings. (2) 4.1.2 Hoekom word intermediêre goedere en dienste uitgesluit wanneer die BBP bereken word? (2) 4.2 Bestudeer die onderstaande diagram en beantwoord die vrae wat volg. Betaling vir die aankope van goedere en dienste Belasting Regeringse aankope Huishoudings Regering Besighede Inkomste Sosiale Belasting oordragte Lone, dividende, rente, wins en huur 4.2.1 Identifiseer EEN inspuiting in die diagram hierbo. (1) 4.2.2 Noem die tipe ekonomie wat in die bostaande diagram verteenwoordig word. (1) 4.2.3 Beskryf kortliks die term sirkulêre vloei. (2) 4.2.4 Wat is die hoofdoel van sosiale oordragte? (2) 4.2.5 Hoekom is die faktormark belangrik in die sirkulêre vloei? (4) b.o.
Downloaded from hlayiso.com EKONOMIE 12 (VRAESTEL 1) GRAAD 11 4.3 Bestudeer die tabel hieronder en beantwoord die vrae wat volg. Finale verbruiksbesteding deur huishoudings (Teen konstante 2010 pryse) (R miljoene) 2012 2013 2014 Duursame goedere: 175 319 191 062 201 145 Meubels, huishoudelike toestelle ens. 28 535 30 157 31 806 Persoonlike vervoer toerusting 104 908 115 950 121 713 Rekenaars en verwante toerusting 7 805 9 055 10 290 Ontspannings en vermaaklikheidsgoedere 24 835 25 972 27 023 Ander duursame goedere 9 236 9 928 10 313 Semi-duursame goedere: 149 519 157 441 162 412 Klere en skoeisel 87 941 92 359 95 430 Huishoudelike tekstiele, breekware ens. 24 265 25 865 26 978 Voertuig bande, onderdele en bykomstighede 15 744 16 287 16 321 Ontspannings en vermaaklikheidsgoedere 11 031 11 710 11 953 Diverse goedere 10 583 11 220 11 730 [Bron: SARB Quarterly Bulletin (Junie 2015)] 4.3.1 Identifiseer EEN ander klassifikasie van finale verbruiksbesteding deur huishoudings wat nie in die bostaande tabel genoem word nie. (1) 4.3.2 Wat is die tendens van die waarde van ‘ander duursame goedere’ vanaf 2012? (1) 4.3.3 Definieer duursame goedere. (2) 4.3.4 Verduidelik wat bedoel word met die term teen konstante pryse in die tabel hierbo? (2) 4.3.5 Hoekom is die finale verbruiksbesteding deur huishoudings belangrik in die ekonomie? (4) 4.4 Verduidelik ten volle, die verskil tussen finale goedere en dienste en intermediêre goedere en dienste. (8) 4.5 Hoe kan die finale verbruiksbesteding deur die regering die lewenstandaard verbeter? (8) [40] TOTAAL AFDELING B: 80 b.o.
Downloaded from hlayiso.com EKONOMIE 13 (VRAESTEL 1) GRAAD 11 AFDELING C Beantwoord EEN van die twee vrae van hierdie afdeling in die ANTWOORDBOEK. PUNTE STRUKTUUR VAN OPSTEL TOEKENNING Inleiding: Die inleiding is ʼn laerorde-antwoord. • ʼn Goeie begin is om die sleutelkonsep wat met die vraag verband hou, Maks. 2 te definieer of te omskryf. • Moet nie enige deel van die vraag by die inleiding insluit nie. • Moet nie enige deel van die inleiding by die liggaam insluit nie. • Vermy dit om in die inleiding te noem wat jy in die liggaam gaan bespreek. Liggaam: Hoofgedeelte: Bespreek in besonderhede/Diepgaande bespreking/ Ondersoek/Bespreek krities/Analiseer/Vergelyk/Evalueer/Onderskei/ Maks. 26 Verduidelik/Teken ʼn grafiek en verduidelik/Gebruik die grafiek gegee en verduidelik/Voltooi die grafiek gegee/Assesseer/Debatteer ʼn Maksimum van 8 punte kan aan opskrifte/voorbeelde toegeken word. Bykomende gedeelte: Bespreek krities/Evalueer/Evalueer krities/ Debatteer/ Lei af/Vergelyk/Onderskei/Interpreteer/Hoe?/Stel voor Maks. 10 ʼn Maksimum van 2 punte kan vir die blote noem van feite toegeken word. Slot: Enige relevante hoërorde-slot behoort die volgende in te sluit: • ʼn Kort samevatting van dit wat bespreek is, sonder die herhaling van enige feite wat reeds genoem is Maks. 2 • Enige opinie of waardeoordeel oor die feite wat bespreek is • Bykomende ondersteunende inligting wat die bespreking/ontleding versterk • ʼn Teenstrydige sienswyse met motivering, indien gevra • Aanbevelings TOTAAL 40 b.o.
Downloaded from hlayiso.com VRAAG 5: MAKRO-EKONOMIE 40 PUNTE – 40 MINUTE • Bespreek die ekonomiese belangrikheid van die volgende produksie faktore vir die vervaardigers van goedere en dienste: − Arbeid − Kapitaal − Natuurlike hulpbronne (26 punte) • Hoe het landverdelingsprogramme (beleide) bygedra tot die akkommodering van ekonomiese gemarginaliseerde groepe? (10 punte) [40] VRAAG 6: MAKRO-EKONOMIE 40 PUNTE – 40 MINUTE “Suid-Afrika is een van vele lande in die wêreld met ʼn gemengde ekonomie.” • Bespreek die eienskappe, voordele en nadele van ʼn land met ʼn gemengde ekonomiese stelsel. (26 punte) • Analiseer die redes hoekom die Suid-Afrikaanse ekonomie meer regerings ingryping benodig. (10 punte) [40] TOTAAL AFDELING C: 40 TOTAAL: 150 EINDE

Study this subject

More from Grade 11 Economics

View all