Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE
SENIOR SERTIFIKAAT
GRAAD 11
NOVEMBER 2015
GEOGRAFIE V1
PUNTE: 225
TYD: 3 uur
*IGEOGA1*
Hierdie vraestel bestaan uit 13 bladsye.
Skip to contentAll 2015 papers 





View all





Geography Grade 11 Eastern Cape November 2015 QP (Afr)
Grade 11 Geography question paper from the Eastern Cape November 2015 (Afrikaans), 16 pages. Read online or download the free PDF.
Geography · Grade 11 · Eastern Cape November · 2015. Question paper, 16 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Geography
- Grade
- Grade 11
- Document type
- Question paper
- Year
- 2015
- Exam period
- Eastern Cape November
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 16
- File size
- 798.3 KB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 16
This exam
Eastern Cape November 2015
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
2 GEOGRAFIE V1 (EC/NOVEMBER 2015)
INSTRUKSIES EN INLIGTING
1. Hierdie vraestel bestaan uit VIER vrae.
2. Beantwoord ENIGE DRIE vrae van 75 punte vir ʼn totaal van 225 punte.
3. Alle diagramme is in die BYLAAG ingesluit.
4. Laat ʼn reël oop tussen die sub-afdelings wat beantwoord word.
5. Begin ELKE vraag op ʼn NUWE bladsy.
6. Nommer die antwoorde volgens die nommeringstelsel wat in hierdie vraestel
gebruik word.
7. Moet nie in die kantlyn van die ANTWOORDEBOEK skryf nie.
8. Indien moontlik, illustreer jou antwoorde met geannoteerde diagramme.
9. Skryf netjies en leesbaar.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2015) GEOGRAFIE V1 3
AFDELING A: DIE ATMOSFEER EN GEOMORFOLOGIE
VRAAG 1
1.1 Kies vanaf die onderstaande lys ʼn gepaste term wat by die gegewe definisies
in 1.1.1–1.1.8 pas. Skryf slegs die vraagnommer (1.1.1–1.1.8) neer, en
langsaan die term van jou keuse:
Straalstroom; Siklonies; Orografies; Intertropiese Konvergensie Sone;
Kontinentale klimaat; Maritieme klimaat; Sonstilstand; Dag-en-Nag-eweninge;
Verwoestyning; Degradeer; Föhn; Moeson
1.1.1 Die situasie wanneer die son direk bokant ʼn tropiese lyn is
1.1.2 ʼn Hoë spoed wind in die tropopouse
1.1.3 ʼn Wind wat deur adiabatiese daling verhit word
1.1.4 ʼn Wind wat van rigting omswaai in somer en winter
1.1.5 Grond wat nie meer so produktief soos voorheen is nie
1.1.6 Tipe klimaat wat deur kusgebiede ervaar word
1.1.7 Tipe reënval wat voorkom wanneer lug afkoel soos dit teen ʼn berg
opstyg
1.1.8 ʼn Front waar tropiese lugmassas noord en suid van die ewenaar
konvergeer (8 x 1) (8)
1.2 Pas die terme/konsepte in KOLOM B by die beskrywings in KOLOM A. Skryf
slegs letter (A–I) van jou keuse teenoor die vraagnommer (1.2.1–1.2.7) neer,
1.2.8 J.
KOLOM A KOLOM B
1.2.1 ʼn Trap helling wat gevorm word wanneer meer A Tektoniese
as een plaat aan die kant van ʼn heuwel opheffing
blootgestel word
1.2.2 Verbinding tussen lae van sedimentêre B Plaatvloei
gesteentes
1.2.3 Steil helling wat hoogliggende gebiede met C Canyon
laagliggende gebiede verbind
1.2.4 Oppervlak erosie wat veroorsaak word deur ʼn D Struktuur-
dun laag lopende water gedurende swaar terrasse
reënval
1.2.5 ʼn Plat, verskynsellose oppervlak E Antikliene
1.2.6 ʼn Steil en ruwe landskap F Pedivlakte
1.2.7 Styging van landmassas weens G Laagvlak
aardkorskragte
H Skiervlakte
I Eskarp
(7 x 1) (7)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
4 GEOGRAFIE V1 (EC/NOVEMBER 2015)
1.3 Verwys na FIGUUR 1.3 wat die wêreld se drukgordels en windpatrone aandui.
1.3.1 Verskaf ʼn gepaste naam wat winde beskryf wat regdeur die jaar oor
groot dele van die aarde se oppervlakte waai. (1 x 1) (1)
1.3.2 FIGUUR 1.3 toon winde wat na links in die suidelike halfrond deflekteer
(afwyk) en na regs in die noordelike halfrond. Noem die krag wat hierdie
defleksie veroorsaak. (1 x 1) (1)
1.3.3 Beskryf kortliks enige DRIE kenmerke van die krag wat jy in
VRAAG 1.3.2 genoem het. (3 x 1) (3)
1.3.4 Verduidelik waarom die ewenaar ʼn area van konvergensie is. (2 x 1) (2)
1.3.5 Patrone van styging en daling, van divergensie en konvergensie, help
ons om ʼn meer akkurate model van lugsirkulasie te beskryf. Regverdig
hierdie beskrywing deur in ʼn paragraaf van 8 reëls te verduidelik hoe die
drie-sel rangskikking hierdie patrone verduidelik. (4 x 2) (8)
1.4 Verwys na die sinoptiese weerkaart in FIGUUR 1.4 en beantwoord die volgende
vrae.
1.4.1 Identifiseer die volgende:
(a) Drukselle by A en B (2 x 1) (2)
(b) Die front by C (1 x 1) (1)
1.4.2 Bereken die isobar-interval op die kaart. (1 x 1) (1)
1.4.3 Watter bewys stel voor dat die windspoed by Kaapstad sterker as die
windspoed by Port Elizabeth is? (1 x 2) (2)
1.4.4 Vind Gough-eiland en Marion-eiland op die kaart. By watter van hierdie
eilande is wind amper geostrofies? (1 x 1) (1)
1.4.5 Verduidelik die rede vir jou antwoord in VRAAG 1.4.4. (1 x 2) (2)
1.4.6 Beskryf enige VIER weerstoestande wat by die Durbanse weerstasie
aangeteken is. (4 x 1) (4)
1.5 FIGUUR 1.5 illustreer ʼn klassifikasie van massabeweging volgens waterinhoud
en -spoed.
1.5.1 Definieer die term massabeweging. (1 x 1) (1)
1.5.2 Verskaf die waterinhoud en spoedreikwydte wat met die volgende
geassosieer word:
(a) Moddervloei (2 x 1) (2)
(b) Rotsstortings (2 x 1) (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2015) GEOGRAFIE V1 5
1.5.3 Verduidelik hoe die verskillende grond die graad en spoed van
massabeweging beïnvloed. (2 x 2) (4)
1.5.4 Evalueer die impak wat massabeweging op die omgewing het. (3 x 2) (6)
1.6 FIGUUR 1.6 illustreer ʼn tipiese Karoo landskap wat in gebiede met horisontale
strata aangetref word:
1.6.1 Identifiseer die plat-bedekte berg by A. (1 x 1) (1)
1.6.2 Beskryf die kaprots van hierdie plat-bedekte berg in VRAAG 1.6.1
genoem. (1 x 2) (2)
1.6.3 Noem hoe C vanaf A en B onderskei word. (1 x 2) (2)
1.6.4 Teken ʼn eenvoudige geannoteerde vryhand dwarsprofiel van plat-
bedekte berg A om die VIER helling-elemente te illustreer. (4 x 1) (4)
1.6.5 Eskarpterugwyking, wat ook bekend staan as terugwaartse erosie, het
ʼn belangrike rol in die ontwikkeling van hierdie plat-bedekte berge
gespeel. In ʼn paragraaf van ongeveer AGT reëls, verduidelik die proses
van eskarpterugwyking. (4 x 2) (8)
[75]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
6 GEOGRAFIE V1 (EC/NOVEMBER 2015)
VRAAG 2
2.1 Verskeie opsies word as moontlike antwoorde vir die volgende vrae verskaf.
Kies die korrekte antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die
vraagnommer (2.1.1–2.1.8) neer.
2.1.1 Hellingmislukking verwys na die …
A beweging van sedimente.
B invloed van swaartekrag op sedimente.
C invloed van swaartekrag op ʼn helling.
D mislukking van die interne struktuur van die grond.
2.1.2 Sedimentêre gesteentes …
A vorm in horisontale lae.
B bestaan hoofsaaklik uit doleriet.
C is altyd weerstandbiedend teen erosie.
D vorm wanneer magma afkoel.
2.1.3 Topografie verwys na …
A horisontaal liggende gesteentes.
B strukture van gesteentes.
C berge, see en depressies.
D die vorm van die landskap.
2.1.4 Canyon landskappe is …
A belangrike toeriste-attraksies.
B geskik vir boerdery.
C perfek vir menslike nedersettings.
D moeilik vir menslike nedersettings, maar ideaal om infrastruktuur
te ontwikkel.
2.1.5 Stapelrotse/Tors …
A het gewoonlik ʼn konvekse vorm, steil laer af en geleidelik hoër
op.
B is sedimentêre gesteentes wat uit lae wat erodeer bestaan.
C ontwikkel in stollingsgesteentes met krake en nate.
D het getande rande en portale.
2.1.6 Heuwelandskappe en basalt plato’s ontwikkel in gebiede waar die
gesteente-lae …
A horisontaal en eenvormig tot erosie is.
B horisontaal en nie eenvormig tot erosie is nie.
C gestratifiseerd en nie eenvormig tot erosie is nie.
D metamorfies en eenvormig tot erosie is.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2015) GEOGRAFIE V1 7
2.1.7 Kragte soos erosie en neerlating, wat bo-op die aardoppervlakte werk,
staan bekend as …
A sametrekkende kragte.
B eksogeniese kragte.
C uitkalwende kragte.
D endogeniese kragte.
2.1.8 Rivier klowe en see kranse is voorbeelde van …
A primêre hellings.
B sekondêre erosie.
C deponering hellings.
D primêre erosie hellings. (8 x 1) (8)
2.2 Verwys na FIGUUR 2.2 wat die verband tussen lugdruk en wind illustreer. Kies
die korrekte term (EEN) tussen hakies om die stellings waar te maak.
2.2.1 Ons meet lugdruk in (hektopascal/grade).
2.2.2 Lyne wat plekke met dieselfde druk verbind staan bekend as
(isoterme/isobare).
2.2.3 Die verskil in druk tussen twee plekke staan bekend as die
(drukgradiëntkrag/drukkrag).
2.2.4 Winde waai altyd vanaf ʼn (2.2.4(a) laag/hoog) na ʼn (2.2.4(b) laag/hoog)
druk.
2.2.5 Die isobarinterval op die kaart is (vier/agt) hektopascal.
2.2.6 Lug wat op die aardoppervlakte daal veroorsaak ʼn hoogdruk, en
vervolgens kom (konvergensie/divergensie) van lug voor. (7 x 1) (7)
2.3 FIGUUR 2.3 illustreer die posisie van die son op twee verskillende plekke in die
suidelike halfrond. Gebruik die skets om die volgende vrae te beantwoord.
2.3.1 Definieer die term insolasie. (1 x 1) (1)
2.3.2 Die hoeveelheid insolasie wat die aardoppervlakte op ʼn gegewe
oomblik binnedring, is afhanklik van die breedtegraad en die spesifieke
seisoen. Lys watter faktor (EEN) word deur FIGUUR 2.3 geïllustreer.
(1 x 1) (1)
2.3.3 Noem hoe die spesifieke faktor (genoem in VRAAG 2.3.2) die verskil in
insolasie op die aardoppervlakte illustreer. (1 x 1) (1)
2.3.4 Noem die hitte-sone van die aarde wat deur die letter X voorgestel
word. (1 x 1) (1)
2.3.5 In FIGUUR 2.3B tref die son die aarde teen ʼn hoek kleiner as 90°.
Verduidelik hoe hierdie toestand bydra tot minder radiasie by punt Y.
(2 x 2) (4)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
8 GEOGRAFIE V1 (EC/NOVEMBER 2015)
2.4 Bestudeer FIGUUR 2.4, wat die frekwensie van droogtes in Suidelike Afrika-
lande oor 50 jaar uitbeeld en beantwoord die volgende vrae.
2.4.1 Interpreteer vanaf die kaart die droogtefrekwensie aan die oostelike
gedeeltes. (1 x 1) (1)
2.4.2 Watter land, volgens die kaart, het die hoogste droogtefrekwensie
binne 50 jaar? (1 x 1) (1)
2.4.3 Hoe kan droogtes deur menslike aktiwiteite veroorsaak word? (2 x 2) (4)
2.4.4 Noem die verwantskap tussen droogtes en aardverwarming. (1 x 2) (2)
2.4.5 Verduidelik hoe dit moontlik is vir lande met ʼn lae jaarlikse reënval om
minder droogtes, in vergelyking met lande met ʼn hoër gemiddelde
reënval, te ervaar. (2 x 2) (4)
2.4.6 In ʼn paragraaf van ongeveer 8 reëls, verskaf ʼn uiteensetting van die
negatiewe impak wat droogtes op die mense van Suidelike Afrika
het. (4 x 2) (8)
2.5 FIGUUR 2.5 illustreer asimmetriese rûe (topografie geassosieer met hellende
gesteentes). Bestudeer die FIGUUR en beantwoord die volgende vrae.
2.5.1 Klassifiseer asimmetriese rûe A, B en C volgens die hoek van hulle
duikhelling. (3 x 1) (3)
2.5.2 Noem die tipe gesteente wat met hellende gesteentelae geassosieer
word. (1 x 1) (1)
2.5.3 Beskryf hoe die tipe gesteente (antwoord in VRAAG 2.5.2)
asimmetriese rûe veroorsaak. (2 x 2) (4)
2.5.4 Beskryf TWEE kenmerke van asimmetriese rug A. (2 x 2) (4)
2.5.5 Die DRIE asimmetriese rûe wat in FIGUUR 2.5 geïllustreer word, het
potensiaal vir menslike aktiwiteite. Verduidelik in ʼn paragraaf van
ongeveer 8 reëls hoe hierdie rûe deur mense benut kan word. (4 x 2) (8)
2.6 Bestudeer FIGUUR 2.6, wat die verskillende stollingsintrusie-verskynsels
uitbeeld en beantwoord die volgende vrae.
2.6.1 Onderskei tussen intrusiewe en ekstrusiewe stollingsgesteentes. (2 x 1) (2)
2.6.2 Identifiseer die stollingsintrusie verskynsels genommer A, B en C.
(3 x 1) (3)
2.6.3 Verskaf EEN landvorm wat kan ontwikkel uit verskynsels A en D
onderskeidelik, wanneer hulle aan die aardoppervlakte ontbloot
word. (2 x 1) (2)
2.6.4 Verduidelik hoe ʼn lopoliet gevorm word. (2 x 2) (4)
2.6.5 Noem EEN Suid-Afrikaanse voorbeeld van ʼn lopoliet. (1 x 1) (1)
[75]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2015) GEOGRAFIE V1 9
AFDELING B: ONTWIKKELINGSGEOGRAFIE, HULPBRONNE EN
VOLHOUBAARHEID
VRAAG 3
3.1 Lees die onderstaande stelling en bepaal of die stelling na een van verwys na:
MOL Mees ontwikkelde lande
SOL Swak ontwikkelde lande
NIL Nuut geïndustrialiseerde lande
Skryf die nommers 3.1.1–3.1.8 onder mekaar neer en kies slegs MOL of SOL
of NIL om langs die vraagnommer te skryf. Byvoorbeeld 3.1.9 MOL
3.1.1 Vinnig groeiende ekonomieë
3.1.2 Hoë vlakke van armoede, swak ekonomieë
3.1.3 Groeiende ekonomieë met ʼn groot informele sektor
3.1.4 Toegang tot dienste is uitstekend
3.1.5 Hierdie lande, volgens die Brandt-verslag is meestal in die noorde
3.1.6 Kolonialisme het groot negatiewe invloed op hierdie lande gehad
3.1.7 Sterk ekonomieë, met hoë vlakke van werksgeleenthede
3.1.8 Hierdie lande baseer hul ontwikkeling op uitvoergerigte produkte (8 x 1) (8)
3.2 Verskaf EEN term tussen hakies om elk van die volgende stelling WAAR te
maak.
3.2.1 Windkrag is (betroubaar/onbetroubaar) dwarsdeur die jaar.
3.2.2 Die (Kiotoprotokol/COP 17) wat in 2002 geteken is, vereis lande om hul
kweekhuisgasse te verminder.
3.2.3 Om gebiede op aarde onaangeraak in hul huidige toestand te hou,
staan bekend as (bewaring/persevering).
3.2.4 Die organiese materiaal in grond staan bekend as (bogrond/humus).
3.2.5 (Ontbossing/Bebossing) is aanplant van bome in gebiede wat
voorheen bebos was, maar gestroop is.
3.2.6 Hidroëlektrisiteit is ʼn (hernubare/nie-hernubare) bron van energie.
3.2.7 Die energie maatskappy (Eskom/Koeberg) produseer 95% van Suid-
Afrika se elektriese energie. (7 x 1) (7)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
10 GEOGRAFIE V1 (EC/NOVEMBER 2015)
3.3 Verwys na die sirkel diagram in FIGUUR 3.3, wat wys hoe ʼn landelike vrou in
Afrika tradisioneel haar tyd spandeer, om die volgende vrae te beantwoord.
3.3.1 Meld wat jy verstaan onder die term “geslagsrolle”. (1 x 1) (1)
3.3.2 Bereken hoeveel persent word aan rus en slaap, volgens die
sirkeldiagram, spandeer. (1 x 1) (1)
3.3.3 Volgens die sirkeldiagram word vroue in Afrika onderwerp aan
spesifieke geslagrolle. Verklaar moontlike redes waarom dit veral op
die Afrika-kontinent die geval is. (2 x 2) (4)
3.3.4 In ʼn paragraaf (ongeveer 8 reëls) stel moontlike maniere voor van hoe
regerings op die Afrika-kontinent ekonomiese deelname deur vroue
kan verbeter, om sodoende hul lewensstandaard te verbeter. (4 x 2) (8)
3.4 Lees deur die gevallestudie in FIGUUR 3.4 oor die Suid-Afrikaanse tekstiel-
industrie en beantwoord die volgende vrae.
3.4.1 Definieer die term globalisering. (1 x 1) (2)
3.4.2 Lys enige TWEE positiewe impakte van globalisering. (2 x 2) (4)
3.4.3 Verskaf redes waarom moes die Suid-Afrikaanse tekstiel-industrie so
baie fabrieke en besighede sluit. (2 x 2) (4)
3.4.4 Evalueer waarom China se klere uitvoere toegeneem het. (2 x 2) (4)
3.5 Lees die koerant artikel Sonkrag verbeter landelike inwoners se lewens
(FIGUUR 3.5) en beantwoord die volgende vrae.
3.5.1 Noem wat verstaan jy onder die term, alternatiewe energie’. (1 x 1) (1)
3.5.2 Stel moontlike redes voor waarom ‘Eskom geen onmiddellike planne
gehad het om die boeredorpie te elektrifiseer nie‘. (1 x 2) (2)
3.5.3 Identifiseer die toestel wat in die boeredorpie gebruik sal word om die
sonkrag in energie oor te skakel. (1 x 1) (1)
3.5.4 Verduidelik hoe elektrisiteit sal help om armoede in die boeredorpie uit
te wis. (2 x 2) (4)
3.5.5 In ʼn paragraaf van ongeveer 8 reëls, verduidelik die voordele wat
sonkrag vir die wêreld inhou. (4 x 2) (8)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2015) GEOGRAFIE V1 11
3.6 Verwys na FIGUUR 3.6, wat ʼn eenvoudige grondprofiel aantoon, en
beantwoord die volgende vrae.
3.6.1 Pas die horisonne genommer 1, 2, 3, 4 en 5 met die volgende
alternatiewe.
R-horison; A-horison; B-horison; O-horison; C-horison (5 x 1) (5)
3.6.2 Gronderosie is die verlies van bo-grond vanaf die grond deur water en
wind. Lei af hoe ontbossing tot gronderosie bygedra het. (1 x 2) (2)
3.6.3 Analiseer hoe reënval tot die proses van uitloging gelei het. (3 x 2) (6)
3.6.4 Staaf waarom braking as ʼn effektiewe bestuurstrategie gebruik kan
word om gronderosie te voorkom en te beheer. (2 x 2) (4)
[75]
VRAAG 4
4.1 Dui aan of die volgende stellings verwys na Hernieubare of Nie-hernieubare
hulpbronne verwys:
4.1.1 Windturbines wat energie deur wind opwek
4.1.2 Spesiale toerusting soos fotovoltaïese panele te gebruik om energie op
te vang
4.1.3 Steenkoollae word gereeld deur groef- of strookmynbou verwyder
4.1.4 Gas is ʼn fossielbrandstof gevorm uit plantmateriaal
4.1.5 Eskom bedryf ʼn aantal hidro-elektriese kragstasies
4.1.6 Papiermeulens gebruik miljoene tonne saagsels en afvalhout om
elektrisiteit op te wek
4.1.7 Etanol as ʼn bio-brandstof word van voedselgewasse gemaak
4.1.8 Geotermiese energie is energie wat opgegaar word vanuit warm
gesteentes onder die aardoppervlakte (8 x 1) (8)
4.2 Kies uit die onderstaande lys ʼn gepaste term wat by die daaropvolgende
beskrywing/definisie in VRAAG 4.1.1–4.1.7 pas. Skryf slegs die term van jou
keuse teenoor die vraagnommer neer.
Proteksionisme; Handelsblok; Handelsooreenkoms; Vrye handel; Kapitalisme;
Handelsbalans; Betalingsbalans; Tarief; Ekonomiese ontwikkeling
4.2.1 Die verhouding tussen die pryse waarteen ʼn land sy uitvoere verkoop
en die pryse wat hulle vir invoere betaal
4.2.2 Die verhouding tussen die waarde van ʼn land se uitvoere en invoere
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
12 GEOGRAFIE V1 (EC/NOVEMBER 2015)
4.2.3 ʼn Finansiële opsomming van alle betalings wat ʼn land aan die res van
die wêreld, binne ʼn jaar, gemaak het
4.2.4 ʼn Groep lande wat ingestem het om met mekaar handel te dryf
4.2.5 Belasting wat deur ʼn regering ingesamel word wanneer goedere ʼn land
binnekom
4.2.6 ʼn Kontrolering wat handel beperk, terughou of ondersteun in belang
van die land se eie ontwikkeling
4.2.7 Om meer vryheid van handel toe te laat (7 x 1) (7)
4.3 FIGUUR 4.3 is ʼn strokiesprent wat ontwikkeling en uitdagings in Afrika uitbeeld.
4.3.1 Lys enige TWEE uitdagings uit die strokiesprent wat Afrika se
ontwikkeling affekteer. (2 x 1) (2)
4.3.2 Interpreteer hoe illustreer die strokiesprenttekenaar die uitdagings wat
Afrika affekteer. (1 x 2) (2)
4.3.3 Ontwikkelingshulp word as ʼn moontlike oplossing tot die uitdagings wat
Afrika in die gesig staar, gesien. Verduidelik wat jy onder die konsep
verstaan. (1 x 2) (2)
4.3.4 Verduidelik waarom Afrika aanhou om hierdie uitdagings te het,
aangesien hulle die ontvangers van ontwikkelingshulp is. (3 x 2) (6)
4.3.5 Die Ebola uitbreek in Wes-Afrika het die lewens van meer as 5 000
mense in 2014 geëis. Skryf ʼn paragraaf (ongeveer 8 reëls) waarin jy
analiseer hoe humanitêre hulp die verspreiding van hierdie siekte kon
verhoed het. (4 x 2) (8)
4.4 Verwys na FIGUUR 4.4 wat die vlakke van ontwikkeling van die BRICS-lande
aantoon.
4.4.1 Waarom word die BRICS-lande geklassifiseer as ekonomies minder
ontwikkelde lande? (1 x 1) (1)
4.4.2 Verduidelik die konsep, BBP (Bruto Binnelandse Produk) per capita.
(1 x 1) (1)
4.4.3 Interpreteer waarom die BBP-groeikoers van Indië en China so hoog
is. (1 x 2) (2)
4.4.4 Stel moontlike redes voor waarom Rusland die hoogste
opvoedingsvlakke onder die BRICS-lande het. (1 x 2) (2)
4.4.5 Benoem die ontwikkelingsmodel wat deur die BRICS-lande gedeel
word. (1 x 1) (1)
4.4.6 Verduidelik hoe pas die BRICS-lande in by hierdie ontwikkelingsmodel
(jou antwoord in VRAAG 4.4.5) op ʼn globale en nasionale skaal. (2 x 2) (4)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2015) GEOGRAFIE V1 13
4.5 Verwys na die koerantuittreksel in FIGUUR 4.5 oor kernkrag.
4.5.1 Wat verstaan jy onder kernenergie. (1 x 1) (1)
4.5.2 Waarom is kernenergie ʼn nie-hernieubare bron van energie. (1 x 1) (1)
4.5.3 Verduidelik waarom Suid-Afrika se nasionale rooster ekstra energie
nodig het. (2 x 2) (4)
4.5.4 In ʼn paragraaf van ongeveer 8 reëls, verduidelik waarom jy dink David
Hallowes meen dat die R1tn kernooreenkoms ʼn ramp is. (4 x 2) (8)
4.6 FIGUUR 4.6 toon hulpbronne wat deur Afrika se mense benodig word.
4.6.1 Wat is hulpbronne? (1 x 1) (1)
4.6.2 Identifiseer enige DRIE natuurlike hulpbronne in FIGUUR 4.6. (3 x 1) (3)
4.6.3 Stel TWEE moontlike oorsake van hulpbronuitbuiting sigbaar op die
diagram. (2 x 2) (4)
4.6.4 Verduidelik hoe hulpbronne vir die toekomstige generasies bewaar kan
word. (3 x 2) (6)
[75]
TOTAAL: 225
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Downloaded from hlayiso.com
Downloaded from hlayiso.com
Study this subject
Recommended for this subject

Question paper
Geography Grade 11 Eastern Cape November 2015 QP (Eng)

Question paper
Geography Grade 11 P2 Eastern Cape November 2015 QP (Eng)

Addendum
Geography Grade 11 Eastern Cape November 2015 Addendum (Afr)

Addendum
Geography Grade 11 Eastern Cape November 2015 Addendum (Eng)

Memorandum
Geography Grade 11 Eastern Cape November 2015 Memo (English)

Memorandum
Geography Grade 11 P2 Eastern Cape November 2015 Memo (Afr)
More from Grade 11 Geography

Memorandum
Geography Grade 11 P1 Eastern Cape November 2025 Memo (Eng)

Memorandum
Geography Grade 11 P2 Eastern Cape November 2025 Memo (Eng)

Question paper and memo
Geography Grade 11 Free State March Test 2025 Paper & Memo

Memorandum
Geography Grade 11 P1 Eastern Cape November 2024 Memo (Afr)

Memorandum
Geography Grade 11 P1 Eastern Cape November 2023 Memo (Eng)

Question paper