Skip to content
Question paper

Design Grade 12 Paper 1 Eastern Cape Mock 2017 Question Paper

Grade 12 Design Paper 1 question paper from the Eastern Cape Mock Exam 2017, 20 pages. Read online or get the free PDF download, memo linked when available.

Subject: DesignGrade 12201720 pages
Download

Loading document…

Loading document…

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 SEPTEMBER 2017 ONTWERP V1 (TEORIE) PUNTE: 100 TYD: 3 uur *DSGNA* Hierdie vraestel bestaan uit 19 bladsye. Hierdie vraestel moet in kleur gedruk word.
Downloaded from hlayiso.com 2 ONTWERP V1 (EC/SEPTEMBER 2017) INSTRUKSIES EN INLIGTING 1. Hierdie vraestel bestaan uit SES vrae. Beantwoord al die vrae. 2. Daar is keuses binne sommige vrae in die vraestel. Lees die verskillende opsies aandagtig deur. 3. Hierdie vraestel bestaan uit DRIE afdelings: AFDELING A: ONTWERPGELETTERDHEID VRAE 1–3 [30 punte] AFDELING B: ONTWERPGESKIEDENIS VRAAG 4 [30 punte] AFDELING C: ONTWERP IN ʼn SOSIOKULTURELE/ OMGEWINGSFAKTORE EN VOLHOUBARE KONTEKS VRAE 5–6 [40 punte] 4. Lees die vereistes van die vrae aandagtig deur. 5. Antwoorde moet in volledige sinne beantwoord word. Lyste van feite word nie toegelaat nie. 6. Gebruik die puntetoekenning vir elke vraag om jou tyd per vraag te beplan, asook die aantal feite wat per afdeling vereis word. 7. Moet nie dieselfde feite en voorbeelde in verskillende vrae nie herhaal. 8. Skryf netjies en leesbaar. WOORDELYS Gebruik die volgende woordelys om seker te maak jy verstaan hoe om ʼn spesifieke vraag te benader: Ontleed: ʼn Gedetailleerde en logiese bespreking van die formele elemente en beginsels Vergelyk: Wys verskille en ooreenkomste in ʼn geordende wyse binne dieselfde argument Bespreek: Bied jou standpunt en gee redes vir jou stellings (motiveer). Verduidelik: Verduidelik en gee redes vir jou stellings (motiveer). Interpreteer: Gee ʼn ingeligte mening, ondersteun met voorbeelde. Meld: Sê direk wat jy dink – gee jou mening sowel as ʼn verduideliking. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/SEPTEMBER 2017) ONTWERP V1 3 HIERDIE BLADSY IS BLANKO Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 4 ONTWERP V1 (EC/SEPTEMBER 2017) AFDELING A: ONTWERPLITERATUUR VRAAG 1: ‘ONGESIENDE’ ONTWERPE OM VISUELE GELETTERDHEID TE TOETS Beantwoord ÓF VRAAG 1.1 ÓF VRAAG 1.2. 1.1 FIGUUR A: Gegraveerde Perspex/Lucite-armband ontwerp deur Phillipa Green, ‘Olive Green Cat’, Kaapstad 1.1.1 Bespreek ʼn moontlike teikenmark vir die produk gesien in FIGUUR A? Gee redes vir jou antwoord. (2) 1.1.2 Analiseer en bespreek die gebruik van die volgende elemente en beginsels van ontwerp in FIGUUR A hierbo:  Fatsoen en Vorm  Balans  Beweging/Ritme  Fokuspunt/Klem (8) [10] OF Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/SEPTEMBER 2017) ONTWERP V1 5 1.2 FIGUUR B: ‘Bloom’-lamp ontwerp deur Patrick Jouin, iD-ontwerpe, Parys 1.2.1 Bestudeer die bogenoemde beelde in FIGUUR B. Analiseer en bespreek die volgende:  Toonwaarde  Eenheid en verskeidenheid  Tekstuur  Patroon (8) 1.2.2 Bespreek die gebruik van bio-nabootsing in die ontwerp van FIGUUR B. (2) [10] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 6 ONTWERP V1 (EC/SEPTEMBER 2017) VRAAG 2: KOMMUNIKASIE DEUR MIDDEL VAN ONTWERP 2.1 FIGUUR A: Anti-kuberteistenaar-plakkaat, ontwerp deur ‘CyberMentors’, Verenigde Koninkryk 2.1.1 Wat is die boodskap wat deur die plakkaat in FIGUUR A voorgestel word? (1) 2.1.2 Verduidelik hoe die ontwerper gebruik maak van simboliek, beelde, uitleg en teks om die boodskap in FIGUUR A hierbo effektief oor te dra. (4) 2.1.3 Identifiseer en verduidelik die Gestalt-beginsel wat in die bogenoemde plakkaatontwerp voorgestel word. (2) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/SEPTEMBER 2017) ONTWERP V1 7 2.2 FIGUUR B: Desmond Tutu poster ontwerp deur Simon Berndt, ‘One Horse Town’-ateljee, Kaapstad 2.2.1 Bespreek die moontlike stereotipering wat in die plakkaat in FIGUUR B toegepas kan word. (1) 2.2.2 Identifiseer TWEE simbole wat geïdentifiseer kan word in FIGUUR B en verduidelik hoe die simbole stereotipering ondersteun. (2) [10] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 8 ONTWERP V1 (EC/SEPTEMBER 2017) VRAAG 3 Beantwoord ÓF VRAAG 3.1 ÓF VRAAG 3.2. 3.1 Verwys na FIGUUR A en FIGUUR B en beantwoord die volgende vrae wat volg. FIGUUR A: isiXhosa-bruid FIGUUR B: Indiese bruid halssnoer, halssnoer, Suid-Afrika Indië Die halssnoerontwerpe in FIGUUR A en FIGUUR B hierbo verwys na voorbeelde van bruid halssnoere wat by tradisionele troues gedra word. VERGELYK die twee ontwerpe deur hul ooreenkomste en verskille te bespreek deur na die volgende aspekte te verwys:  Materiale  Vorm en Patroon  Eenheid  Estetiese trefkrag  Produksie tegnieke (Moet nie tabelle gebruik om opskrifte te staaf nie. Skryf in paragrawe.) [10] OF Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/SEPTEMBER 2017) ONTWERP V1 9 3.2 FIGUUR C: Die SA Perm-gebou (Bouvereniging/bank) in ‘High Street’, Grahamstad, 1987, Erasmus Rushmere en Reid-argitekte Skryf ʼn VERGELYKENDE OPSTEL (van ten minste EEN volle bladsy) waarin jy een klassieke gebou wat jy bestudeer het vergelyk met die hedendaagse gebou gesien in FIGUUR C hierbo. Andersins kan jy enige Klassieke gebou (wat jy bestudeer het) met enige kontemporêre gebou vergelyk. Sluit die volgende inligting in jou bespreking in:  Konteks  Doel/Funksie  Uitleg/Plan  Materiale en produksietegnieke  Betrekking tot die terrein (Moet nie tabelle gebruik nie. Skryf in paragrawe.) [10] TOTAAL AFDELING A: 30 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 10 ONTWERP V1 (EC/SEPTEMBER 2017) AFDELING B: ONTWERPGESKIEDENIS VRAAG 4 4.1 Bauhaus Goties Art Nouveau Kuns en kunsvlytbeweging Skandinawies Barok Renaissance Art Deco Antiek Romeins FIGUUR A Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/SEPTEMBER 2017) ONTWERP V1 11 “Die ontwerper se ware doel is om die dinge wat ons omring, nie net in terme van funksie, voorkoms, koste en materiale, maar ook in terme van aspirasie en begeerte – soos in ʼn droom van hoe goed die lewe kan verbeter.” Terence Conran Met verwysing na die bogenoemde aanhaling, skryf TWEE AFSONDERLIKE OPSTELLE oor TWEE van die ontwerpbewegings, style of tydperke wat in FIGUUR A hierbo voorkom. Vir elke beweging sluit die volgende inligting in jou bespreking ter ondersteuning, styl of tydperk:  Die oorsprong en evolusie van die beweging, styl of tydperk  Doelwitte  Invloede  Kenmerke van die beweging, styl of tydperk  Die naam van een ontwerper wat verband hou met die beweging, styl of tydperk en die titel, met ʼn kort beskrywing van een van sy/haar ontwerpe (20) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 12 ONTWERP V1 (EC/SEPTEMBER 2017) 4.2 Bestudeer die beelde in FIGUUR B en FIGUUR C hieronder noukeurig en beantwoord dan die vrae wat volg. FIGUUR B FIGUUR C 4.2.1 Identifiseer die ontwerpbeweging/-style wat FIGUUR B en FIGUUR C verteenwoordig. (2) 4.2.2 Skryf ʼn VERGELYKENDE OPSTEL waarin jy FIGUUR B met FIGUUR C vergelyk en jou begrip van die ooreenkomste en verskille tussen die twee bewegings/style met die volgende riglyne bespreek:  Balans  Proporsie/Skaal  Beweging  Fokus/Klem/Oorheersing Ondersteun jou antwoord met feitlike inligting van elke ontwerpbeweging/-styl. (8) [10] TOTAAL AFDELING B: 30 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/SEPTEMBER 2017) ONTWERP V1 13 HIERDIE BLADSY IS BLANKO Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 14 ONTWERP V1 (EC/SEPTEMBER 2017) AFDELING C: ONTWERP IN ʼn SOSIOKULTURELE/OMGEWINGSFAKTOR EN VOLHOUBARE KONTEKS VRAAG 5 Beantwoord ÓF VRAAG 5.1 ÓF VRAAG 5.2. 5.1 Bestudeer die beeld in FIGUUR A noukeurig, asook die meegaande inligting en aanhaling. Beantwoord dan die vrae wat volg. FIGUUR A: Bamboeshuise ontwerp deur H&P-argitekte in Viëtnam Hierdie bekostigbare huise is van volhoubare lokale bamboes gemaak. Rampspoedige vloede deur stygende en dalende inkomende water is algemeen in Suidoos-Asië. Dus word die grasdakhuise gebou op platvorms gemaak van hergebruikte olie-dromme en word in plek gehou op ankers, en die huise kan tydens die vloedseisoen dryf. Op die dak is driehoekige uitgesnyde openinge in alle rigtings, wat die natuurlike kruiswind en skaduwee skep. Horisontale deure aan weerskante van die huis kan ook oopmaak, wat klein patios, sonskerms en skadu skep. Wanneer onstuimige weer kom; kan al die deure toegemaak word, en sodoende die inwoners beskerm. Hierdie bamboeshuise het pale wat in suspensie langs die mure is, wat gebruik word vir vertikale tuine waarin kos geplant word wat deur reënwater besproei word. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/SEPTEMBER 2017) ONTWERP V1 15 “Ontwerp is ʼn houding en ʼn betrokke oplossing vir menslike probleme met ʼn veranderende omgewingaktiwiteit.” H.K. Vyas 5.1.1 Met verwysing na die beeld in FIGUUR A en die aanhaling deur H.K. Vyas, gee die volgende inligting:  ʼn Verduideliking van die term ‘sosiale verantwoordelike’-ontwerp (2)  Evalueer die ontwerp in FIGUUR A om te toon of dit as ‘sosiaal verantwoordelik’ oorweeg kan word (4) 5.1.2 Bespreek die werk van EEN kontemporêre Suid-Afrikaanse ontwerper/ ontwerpgroep en EEN internasionale ontwerper/ontwerpgroep wie se werk sosiale-kulturele kwessies op een of ander manier aanspreek. In ʼn opstel van ten minste EEN vol bladsy, sluit die volgende in:  Die naam van die ontwerper of ontwerpgroep, en dui aan of hul Suid-Afrikaans of Internasionaal is  Die styl van die werk wat die ontwerper/ontwerpergroep produseer  ʼn Verduideliking van die sosiale-kulturele kwessie(s) wat hulle aanspreek  Die naam en ʼn kort bespreking van een werk deur elke ontwerper/ontwerpgroep  Die sosiale impak wat hul ontwerpe op die samelewing kan maak Jy mag NIE na enige ontwerper(s) wat jy voorheen bespreek of verwys het in hierdie vraestel verwys NIE. (14) [20] OF Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 16 ONTWERP V1 (EC/SEPTEMBER 2017) 5.2 FIGUUR B: Die Gehekelde lamp is deel van die Persoonlike Uitgawe- versameling van die Nederlandse ontwerper, Marcel Wanders 5.2.1 Dink jy die produk ontwerp in FIGUUR B hierbo word geklassifiseer as ontwerp of ʼn kunsvlyt, of altwee? Gee redes vir jou antwoord. (2) 5.2.2 Bespreek enige EEN inheemse kunsvlyt wat jy bestudeer het. In jou bespreking, verwys na die volgende:  Die naam van die inheemse gemeenskap wat dit geproduseer het, die oorsprong en tradisionele geskiedenis  Funksies en sosiale rol  Materiale en metodes  ʼn Beskrywing van EEN voorbeeld (8) 5.2.3 Bespreek die werk van EEN kontemporêre Suid-Afrikaanse- of Afrika- ontwerper wat tradisionele metodes en/of materiale in hul ontwerpe inkorporeer en sodoende sosiale en/of omgewingskwessies aanspreek. In opstelvorm, skryf EEN vol bladsy en sluit die volgende in:  Doelwitte en invloede  Karaktereienskappe en ʼn gedetailleerde beskrywing van hoe die tradisionele tegnieke/metodes en of materiaal(e) in moderne of kontemporêre ontwerpe toegepas word. Verwys na spesifieke voorbeelde.  Bespreek die algemene sosio-kulturele bydraes van die ontwerper/ontwerpergroep. Jy mag NIE na enige ontwerper(s) wat jy voorheen bespreek of verwys het in hierdie vraestel verwys NIE. (10) [20] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/SEPTEMBER 2017) ONTWERP V1 17 HIERDIE BLADSY IS BLANKO Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 18 ONTWERP V1 (EC/SEPTEMBER 2017) VRAAG 6 Bestudeer die beelde in FIGUUR A hieronder aandagtig, asook die meegaande inligting op die volgende bladsy. Beantwoord dan die vrae wat volg. FIGUUR A: ‘Rethaka’ Herbruikbare Skoolsak ontwerp deur die eko-sosiale entrepreneur, Thato Kgathlanye, Johannesburg, Suid-Afrika Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/SEPTEMBER 2017) ONTWERP V1 19 ʼn “Rethanka” herwinbare skooltas met ʼn ingeboude sonpaneel wat gedurende die dag gelaai word. Die sonkrag voorsien dat dit in die aand as ʼn lamp kan gebruik word. Hierdie skooltasse is gemaak van 100% herwinbare plastiek inkopiesakke. Hulle word vervaardig met ekstra reflektiewe materiaal om die sigbaarheid van die kinders wat skool toe loop of terug huistoe as dit nog donker is, te verhoog. Die skooltasse is sterk, duursaam en waterdig aangesien die plastieksakke teen ʼn hoë temperatuur saamgesmelt is. “Rethatha” herbruikbare skoolsakke het 20 mense tans in diens en beplan om hul produksieproses uit te brei en kinderreënjasse te vervaardig wat van 100% herwinbare inkopiesakke gemaak sal word. 6.1 Die ontwerp in FIGUUR A kan as ʼn goeie voorbeeld van sosiale sowel as ʼn volhoubare omgewingsontwerp beskou word. Verduidelik maniere waarop omgewingsvraagstukke en die gemeenskap voordeel uit hierdie ontwerp kan trek. (6) 6.2 Bespreek die werk van enige EEN kontemporêre Suid-Afrikaanse en EEN kontemporêre internasionale ontwerper/ontwerpmaatskappy of ateljee wat jy bestudeer het in ʼn opstel wat handel oor omgewings- en/of volhoubare probleme (minstens 1½ bladsy). Sluit die volgende inligting in:  Die naam van die ontwerper/ontwerp agentskap of ateljee  Hoe die ontwerper/ontwerpagentskap of ateljee-omgewing en/of volhoubare bekommernisse in sy/haar/hul ontwerpproses aanspreek  Die titel en ʼn kort beskrywing van ʼn groot ontwerp/ontwerpprojek wat deur hierdie ontwerper/groep onderneem is Jy mag NIE na enige ontwerper(s) wat jy voorheen bespreek of verwys het in hierdie vraestel verwys NIE. (14) [20] TOTAAL AFDELING C: 40 GROOTTOTAAL: 100 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com

Study this subject

Revise the topics in this paper, then practise them question by question.

More papers and memos for this grade and subject.

More from Grade 12 Design

View all