Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE
SENIOR SERTIFIKAAT
GRAAD 12
SEPTEMBER 2017
ONTWERP V1 (TEORIE)
NASIENRIGLYN
PUNTE: 100
Hierdie nasienriglyn bestaan uit 39 bladsye.
Skip to contentAll 2017 papers 





View all





Design Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2017 Memo (Afrikaans)
Grade 12 Design Paper 1 memorandum from the Eastern Cape Mock Exam 2017 (Afrikaans), 39 pages. Read online or download the free PDF.
Design · Grade 12 · Eastern Cape Mock Exam · 2017. Memorandum, 39 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Design
- Grade
- Grade 12
- Document type
- Memorandum
- Year
- 2017
- Exam period
- Eastern Cape Mock Exam
- Paper
- 1
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 39
- File size
- 825.9 KB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 39
This exam
Eastern Cape Mock Exam 2017
Questions in this paper
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
2 ONTWERP V1 (EC/SEPTEMBER 2017)
AFDELING A: ONTWERPLITERATUUR
Verstaan ontwerpteorie en gebruik ontwerpterminologie korrek.
Die erkenning van die kenmerke van elke beweging in al vier kategorieë van
ontwerp.
Verstaan en interpreteer tekens, simbole, stereotipering, partydigheid en
vooroordeel in ʼn ontwerp.
VRAAG 1: ‘ONGESIENDE’ ONTWERPE OM VISUELE GELETTERDHEID TE
TOETS
1.1 1.1.1 (Ken 2 punte toe)
Die produk gesien in FIGUUR A is gepas vir die toeriste mark omdat
die nasionale blom van Suid-Afrika, die Protea, gesien kan word op
die armband. Oorsese besoekers sal met graagte ʼn produk koop wat
ʼn nasionale simbool van die land uitbeeld wat hulle besoek.
Enige vrou in Suid-Afrika wat nasionale trots voel en waardering vir
die flora van ons land het, sal trots wees om so ʼn pragtige
modebykomstigheid te dra, soos gesien in FIGUUR A. FIGUUR A
vertoon die Proteablom, Suid-Afrika se nasionale blom. (2)
1.1.2 (Ken 8 punte toe)
Vorm (element):
Die beeld in FIGUUR A maak gebruik van ʼn plat, gestileerde,
organiese vorm van ʼn Proteablom. Die verskillende grotes van die
blomme en blare bring ʼn verskeidenheid aan die ontwerp.
Die beeld van die Protea is plat en 2-dimensioneel. Die beeld van die
protea is gegraveer op perspeks in die vorm van ʼn 3-dimensionele
armband met die doel om rondom die arm van die draer te
beweeg.
Balans (beginsel):
Balans verwys na die visuele gewig van die ontwerp. Die armband in
FIGUUR A wys asimmetriese balans en daar is kontras in die grootte
van die gegraveerde Proteablom. Die een kant van die armband
vertoon die groot Proteablom teenoor die ander kant van die armband
wat die blare en blom vertoon. Eenheid en harmonie word gevorm
met die verskeidenheid en die visuele gebalanseerde beelde van die
blom en blomblare.
Beweging/ritme (beginsel):
Ritme word deur die herhaling en die sagte vloei van die Proteablom
en -blare in die ontwerp geskep.
Geïmpliseerde beweging word in die beeld vasgevang. ʼn Ritmiese
beweging word geskep deur die Proteablom en blare wat almal
deurlopend en harmonieus in dieselfde rigting wys.
Ritme word geskep deur die herhaling van die soortgelyke beelde bv.
die Proteablom en -blare wat die vorm aan die armband gee. Die
beelde en hul beweging lok belangstelling en verskeidenheid in die
ontwerp.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2017) ONTWERP V1 3
Fokuspunt/klem (beginsel):
Die fokus/klem van die armband is die Proteablom en blare. ʼn Sterk
treffende kontras word geskep tussen die goue lineêre beeld van die
Protea teenoor die deursigtige perspeks van die armband.
Die fokus/klem kan ook sterk gesien word in kontoerlyne van die
armband wat deur Proteablare die buitenste rand van armband
beklemtoon. Die kontoerlyne skep ook ʼn treffende kontras met die
baie plat perspeksmateriaal wat gebruik word om die armband te
skep.
Die fokus/klem op die armband is die Proteablom. Dit is groter en
meer dominant en van die blomme en blare het ook ʼn heel ander vorm
en verskillende blare as die res van die ontwerp. Die effek wat geskep
word is verrassend, deur die byvoeging van iets anders.
Gee krediet aan enige redelike antwoord. (8)
[10]
V1.1 KOGNITIEWE
GEWIG % VRAE PUNTE
VLAK VAARDIGHEID
Laer Waarneming / Deel van 1.1.1
30% 1+1
orde Begrip Deel van 1.1.2
Middel-
Toepassing 40% Deel van 1.1.2 5
orde
Analise
Hoër Sintese Deel van 1.1.1
30% 1+2
orde Evaluering / Deel van 1.1.2
Aftrekking
OF
1.2 1.2.1 (Ken 8 punte toe)
Toon/Toonwaarde:
ʼn Toonwaarde/Tonale waarde is wanneer ʼn ligter of donkerder
weergawe van dieselfde kleur gebruik word. Die wit kleur wat in
FIGUUR B gesien word oorheers die ontwerp van die lamp. Die lamp
word tot lewe gebring met ʼn wye verskeidenheid van toonwaardes
van wit as die lamp verlig word. Hierdie monochromatiese reeks van
skakerings van wit skep ʼn sagte, gesofistikeerde harmonie.
Eenheid en verskeidenheid:
Eenheid word deur die herhaling van blomagtige vorms bereik.
Hierdie blomagtige vorms is baie na aan ʼn lotusblom. Die vorms gaan
oop en toe en varieer in grotes. Groter blare word by die basis van die
lamp gesien en afname in grootte nader aan die bokant. Dit skep ʼn
gevoel van verskeidenheid en harmonie omdat al die dele van die
ontwerp saamwerk.
Tekstuur:
Die lamp het ʼn tasbare gladde tekstuur want dit is gemaak van
perspeks of plastiek. Hierdie gladde oppervlak bring ʼn gevoel van
gesofistikeerdheid en rustigheid aan die ontwerp.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
4 ONTWERP V1 (EC/SEPTEMBER 2017)
Patroon:
Patroon ontstaan wanneer vorms herhaal word. In FIGUUR B is
duidelike bande van organiseerde blomagtige vorms herhaal om die
algehele vorm van ʼn lotusblom te skep. Die herhaling van hierdie
bande van blomagtige vorms rondom die lamp, gee die ontwerp ʼn
vorm van eenheid.
Harmonie en ʼn suksesvolle geheel word gevorm deur die herhaling
van dieselfde georganiseerde blomagtige vorms wat orals om die
lamp gesien word.
Die patroon van die lamp is saamgestel uit verskillende dele en vorms
wat herhaal word. Die patroon neem die vorm van blare en ʼn blom
aan. ʼn Konvensionele statiese voorwerp in ʼn speelse, tasbare
ervaring wat die blaar- en blomvoorwerpe werklik laat in volle blomtyd
voorkom.
Gee krediet aan enige ander geldige antwoord. (8)
1.2.2 (Ken 2 punte toe)
Bio-mimicrici (Bio-nabootsing) beteken om ‘na te boots’ en om te leer
van natuurlike vorms om menslike probleme op te los, asook om meer
volhoubare ontwerpe te skep. Bio-nabootsing word duidelik in
FIGUUR B gesien. Die lamp is saamgestel uit blomagtige vorms wat
oop en toe maak. ʼn Beligtingstoestel is sentraal in die ontwerp, om
die lig wat deur die blomagtige-vorms gevorm word meer te
illumineer. Dit boots die oop en toemaak van ʼn blom in volle vloei
na.
Gee krediet aan enige ander geldige antwoord. (2)
[10]
V1.2 KOGNITIEWE
GEWIG % VRAE PUNTE
VLAK VAARDIGHEID
Laer Waarneming / Deel van 1.2.1
30% 2+1
orde Begrip Deel van 1.2.2
Middel- Deel van 1.2.1
Toepassing 40% 4+1
orde Deel van 1.2.2
Analise
Hoër Sintese
30% Deel van 1.2.1 2
orde Evaluering /
Aftrekking
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2017) ONTWERP V1 5
VRAAG 2: KOMMUNIKASIE DEUR MIDDEL VAN ONTWERP
2.1 2.1.1 (Ken 1 punt toe)
BOODSKAP DEUR MIDDEL VAN PLAKKAAT
Die boodskap wat oorgedra word deur die plakkaat is die sosiale kwessie
wat verband hou met die gevaar van kuberboelie (cyber bulling). Die
kwessie kan selfs lei tot slagoffers wat selfmoord pleeg. Die plakkaat met
die boodskap raak beide kuberboelie sowel as sosiale boelie. Die
slagoffer kan aanlyn in verbinding tree met opgeleide aanlynberaders
wat hul kan help.
Gee krediet aan enige ander geldige antwoord. (1)
2.1.2 (Ken 4 punte toe)
Simbolies toon die sentraal geplaaste silhoeët van die oop hand dat
die persoon/slagoffer van kuberboelie, blootgestel, kwesbaar en
swak voel.
Die uitleg toon ʼn sentraal geplaaste silhoeët op ʼn swart agtergrond,
wat simboliseer dat die slagoffer identiteitloos is, dat hierdie slegs nog
ʼn ongeïdentifiseerde persoon is wie ly onder hierdie tipe
molestering, en emosioneel leeg voel. Hierdie eenvoudige
gestileerde beeld is donker (bold) en dramaties wat aantoon dat die
slagoffer geïsoleer is, omring met donkerte en blykbaar in ʼn leë swart
vakuum.
Al die vetgedrukte swart teks, wat kleiner word hoe verder weg dit
van die slagoffer beweeg, val letterlik uit die slagoffer se arm. Dit kan
verwys na die slagoffer wat miskien oorgewig is, want woorde soos
‘vettie’, ‘varkvetgat’, ‘verloorder’ en ‘pizza gesig’ Dit beklemtoon die
boodskap van boelies wat daarna streef om die slagoffer te
vermeerder totdat hy heeltemal vereensaam en verdwyn met die
wrede woorde. Hierdie teks van wrede kommentaar is ook te sien
in vet rooi gedrukte letters. Dit simboliseer gevaar, vrees en bloed.
Die rooi teks oor die pols van die slagoffer simboliseer dat die
persoon sy of haar pols sny en bloei in ʼn poging om die emosionele
pyn te laat verdwyn of selfmoord te pleeg.
Eenvoudige wit en rooi ‘sand-serif’ lettertipe word gebruik teen ʼn
swart agtergrond om ʼn kragtige slagspreuk oor te dra. Die slagspreek
is in die regterhoek van die plakkaat. Die slagspreek lui: ‘Stokke en
klippe kan my bene breek, maar woorde kan my nie doodmaak nie’.
Die duidelike en eenvoudige ‘sand-serif’ tekstipe verander na ʼn
dramatiese rooi kleur. Dit bied raad en leiding vir jong mense wat
geaffekteer word deur beide kuberboelie sowel as gewone
alledaagse boelie. Slagoffers kan aanlyn verbind word en met
opgeleide beraders praat.
Gee krediet aan enige ander geldige antwoord. (4)
2.1.3 (Ken 2 punte toe)
DIE GESTALT-BEGINSEL VAN FIGUUR EN GROND kan toegepas
word as die skadubeeld van die hand as die figuur (voorwerp), terwyl die
omliggende gebied as die (agtergrond) geskou kan word.
Gee krediet aan enige ander geldige antwoord. (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
6 ONTWERP V1 (EC/SEPTEMBER 2017)
2.2 2.2.1 (Ken 1 punt toe)
Stereotipering is ʼn vaste indruk van ʼn groep mense of individuele met
sekere eienskappe, of die vervulling van voorgeskrewe rolle. Dit is die
moontlike stereotipering wat in FIGUUR B toegepas word. Desmond
Tutu word geïdealiseer as ʼn vreedsame en godsdienstige ikoon,
sonder om in ag te neem dat hy soos elke ander mense ook ingebore
menslike foute het.
Gee krediet aan enige ander geldige antwoord. (1)
2.2.2 (Ken 2 punte toe)
Desmond Tutu dra ʼn ketting met ʼn kruis, ʼn simbool van die Christelike
geloof wat hy volg.
ʼn Wit duif word gesien op Desmond Tutu se skouer. Dit is ʼn
stereotipiese simbool en demonstreer die boodskap van vrede en
reinheid in die ontwerp.
In die boonste hoeke van die plakkaat is engele wat hulle ramshorings
blaas. Dit is ʼn Christelike simbool en ondersteun die persoonlike
Christelike eienskap van Desmond Tutu wat die idee van goedheid
en suiwerheid deur sy geestelike leiding aan mense wil
kommunikeer.
Desmond Tutu se hande word gesien in ʼn simboliese gebaar wat toon
dat hy van nature gee en hy ʼn houding van bediening teenoor die
mense uitstraal wat hy lei.
Die hele voorstelling blyk om Christendom voor te stel. Die pragtige
kronkelende plantagtige ontwerp in die agtergrond lyk soos gotiese
loodglas vensters, in ʼn tipiese boogstyl, soos gesien in katedrale.
Gotiese styl teks word gebruik om die naam van Desmond Tutu te
skryf.
Die teenwoordigheid van die oog van God wat als sien en weet, word
aan die bokant van die plakkaat gesien. Dit word beskou as ʼn simbool
van beskerming, genesing en leiding van God se krag.
Gee krediet aan enige ander geldige antwoord. (2)
[10]
V2 KOGNITIEWE
GEWIG % VRAE PUNTE
VLAK VAARDIGHEID
2.1.1
Laer Waarneming /
30% Deel van 2.1.2 1+1+1
orde Herroep / Begrip
Deel van 2.1.3
Deel van 2.1.2
Middel-
Toepassing 40% Deel van 2.1.3 2+1+1
orde
Deel van 2.2.2
2.2.1
Hoër Evaluering /
30% Deel van 2.1.3 1+1+1
orde Aftrekking
Deel van 2.2.2
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2017) ONTWERP V1 7
VRAAG 3
Beantwoord ÓF VRAAG 3.1 ÓF VRAAG 3.2.
3.1 (Ken 10 punte toe)
Die nasienriglyn is puntsgewys geskryf om merkwerk te vergemaklik.
Kandidate moet ʼn enkele opstel skryf. Nie puntsgewys nie. Dit wys hul
vaardigheid om te evalueer en te vergelyk deur die toepassing van feitlike
inligting.
MATERIALS:
Die Xhosa-bruid se halssnoer in FIGUUR A is oorwegend van glaskrale gemaak
in ʼn verskeidenheid van kleure. Die halssnoer is gemaak met draad en sluit in ʼn
paar ‘mother of pearl’ knopies in. Die Indiese bruid se halssnoer in FIGUUR B
is baie oordoen en oordadig in vergelyking met die Xhosa-kralewerk halssnoer
met halfedelstene soos korale en pêrels geset in goud. Goud word beskou as ʼn
noodsaaklike ritueel metaal as dit by troues kom in Indië. Die monetêre waarde
van die Indiese bruid se halssnoer is baie hoër as die Xhosa-bruid se halssnoer
as gevolg van die hoë waarde van die materiale wat gebruik word – maar dit
beteken geensins dat die waarde van die Xhosa-bruid se halssnoer
minderwaardig is met betrekking tot die Indiese halssnoer nie. Altwee halssnoere
is baie ryk in hul simboliek asook waarde vir die troue-seremonies.
VORM EN PATROON:
In FIGUUR A word die tradisionele diamantpatroon kraagstylversiering gesien
wat die bruid se nek omring en saggies op haar bors en skouers val. Daar word
ʼn lang, smal wit kraleband met diamant vorms wat ingeweef is om die bruid se
nek gesien. Die krale het tossels wat vertikaal aan die voorkant van die bruid se
bors gesien word. Die vorms wat in die Xhosabruid se halssnoer gesien word,
is almal geometries, met ʼn zig-zag-formasie. Die kralewerk in die kraag skep
diamantvorms. In FIGUUR B is die juweelhalssnoer saamgestel uit drie rye
halfedelstene wat in goud geset is.
In die Indiese bruid se halssnoer word ‘paisley’ vorms in drie rye om haar nek
gesien, met ʼn reghoekige gedeelte aan die voorkant. ʼn Groot ‘paisley’-vormige
steen met kleiner ‘paisley’ steentjies wat daaruit hang omring deur ʼn pêrel
rand. Beide FIGUUR A en FIGUUR B toon simmetriese ontwerpe, maar die
gebruik van ruimte en patrone van die Xhosa-halssnoer is meer minimalisties as
die Indiese halssnoer. In beide ontwerpe word krale of halfedelgesteentes
gesien wat herhaal word wat pragtige patrone vorm.
EENHEID:
Eenheid word geskep in beide FIGUUR A en FIGUUR B met elemente in die
ontwerp wat georganiseerd is. Die gebruik van spesifieke kleure, die eweredige
verspreiding van kleure, materiaal keuses, vorm, tekstuur en lyn.
In FIGUUR A, bevat die kraag van die Xhosa-halssnoer en die lang band
diamantvorms. Almal bestaan uit dieselfde kleure en albei afdelings van die
halssnoer word gemaak van glaskrale wat die hele ontwerp verenig. Die
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
8 ONTWERP V1 (EC/SEPTEMBER 2017)
oorvleueling van die twee afdelings verenig ook die twee in een ontwerp.
Eenheid en harmonie word geskep deur die organisasie van al hierdie
elemente. In FIGUUR B is die hele halssnoer van goud gemaak en met
‘paisley’-patrone en pêrels versier wat eweredig versprei word deur die ontwerp.
Dit vorm ʼn gebalanseerde verenigde geheel.
ESTETIESE VOORKOMS:
Beide die Xhosa-bruid halssnoer in FIGUUR A en die Indiese bruid halssnoer in
FIGUUR B kommunikeer die kralewerk die bruid se sosiale status en rykdom.
Albei kulture gebruik spesifieke kleure in hul tradisionele huwelikseremonie
omdat dit die tradisie is. Xhosa-kralewerk word ook dikwels in die
toerismemark aangevra en baie oorsese besoekers koop krale-items as
aandenkings van hul Suid-Afrikaanse ervaring omdat kralewerk uniek aan Suid-
Afrika is. Die fyn afgewerkte Indiese halssnoere is dikwels baie waardevol met
die goue en semi-edelgesteentes en dalk selfs diamante. Die vrou sal die
halssnoer van die huwelikseremonie dra as sy of haar man nog lewe as ʼn teken
van hul liefde en toewyding aan mekaar. Die Xhosa-bruid se halssnoer word
meer vereenvoudig met sy geometriese patroonvorming in vergelyking met die
uitgebreide, ryk versierde Indiese halssnoer, maar elke ontwerp verteenwoordig
sy eie waardevolle kultuur deur die tradisionele huwelikseremonie.
PRODUKSIE TEGNIEK:
FIGUUR A stel ʼn Xhosa-bruid halssnoer voor, gemaak van krale. Hierdie
halssnoer is gemaak deur vroue. Hulle kralewerk is ʼn manier om te
kommunikeer sonder woorde. Dit word gedoen deur middel van patrone,
verskillende style en kleure. Elke ontwerp is ontwerp vir ʼn spesifieke groep,
daarom is die trou halssnoer se simboliese betekenis so spesiaal vir die
geleentheid, aangesien die boodskap in dekoratiewe geometriese ontwerp
geweef word. Hulle kralewerk is ʼn manier om te kommunikeer sonder
woorde. Dit word gedoen deur middel van patrone, verskillende style en kleure.
Elke ontwerp is ontwerp vir ʼn spesifieke groep, daarom is die trou halssnoer se
simboliese betekenis so spesiaal vir die geleentheid, aangesien die boodskap
in dekoratiewe geometriese ontwerp geweef word. Hierdie bruidshalssnoere
word op grootskaal geproduseer, tensy ʼn unieke handgemaakte halssnoer deur
ʼn juwelier verlang word.
Gee krediet aan enige ander geldige antwoord. [10]
V3.1 KOGNITIEWE
GEWIG % VRAE PUNTE
VLAK VAARDIGHEID
Kennis /
Laer
Herroep 30% Deel van 3.1 3
orde
Begrip
Middel- Toepassing van
40% Deel van 3.1 4
orde elemente
Analise
Hoër
Sintese 30% Deel van 3.1 3
orde
Evaluering
OF
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2017) ONTWERP V1 9
3.2 (Ken 10 punte toe)
Die nasienriglyn is puntsgewys geskryf om merkwerk te vergemaklik.
Kandidate moet ʼn enkele opstel skryf. Nie puntsgewys nie. Dit wys hul
vaardigheid om te evalueer en te vergelyk deur die toepassing van feitlike
inligting.
In hierdie vraag word daar verwag van die kandidaat om die figure
vergelyk en sal gepenaliseer word indien twee afsonderlike opstelle, of
inligting wat in ʼn tabelvorm geskryf word. (Maksimum 3 uit 10).
Hierdie vergelykende opstel vergelyk die SA Perm Gebou in FIGUUR C
met die Pantheon Tempel. ʼn Romeinse gebou. Die kandidaat mag enige
ander geskikte voorbeeld vir die vergelykende opstel gebruik.
KONTEKS:
Die Romeinse Pantheon is ʼn voorbeeld van ʼn Romeinse tempel, terwyl die
SA Perm Gebou ʼn hedendaagse openbare/sekulêre gebou is wat invloede
en kenmerke van antieke Romeinse argitektuur toon.
DOEL/FUNKSIE:
Die doel van die Pantheon is nie vir seker bekend nie, maar die naam,
voorportaal en versiering dui daarop dat dit ʼn tempel van een of ander soort
was. Die Pantheon was waarskynlik ontwerp as ʼn plek waar die keisers
openbare verskynsels in ʼn omgewing kon maak, wat die kykers dieselfde
status as die ander Romeinse gode gegee het. Die doel van die SA Perm
gebou was die vestiging van bankbeleggings en die uitvoer van finansiële
transaksies.
UITLEG/PLAN:
Van buite gesien vertoon die Pantheon en die SA Perm Gebou altwee as ʼn
soliede, geslote versameling van meetkundige vorms.
Die Pantheon is een soliede, sirkelvormige betonkopel, met ʼn sentrale
opening (ʼn ‘ocultus’ van 8,3 m in deursnee) na bo. Hierdie ‘oculus’ laat
natuurlik lig in die sirkelvorm vloei. Alhoewel die SA Perm Gebou nie
sirkelvormig is, maar reghoekig, is daar ʼn groot sentrale deel aan die kant van
gebou wat natuurlike lig van buite af laat inskyn.
Albei geboue het binneruimtes wat gevul word met natuurlike lig as gevolg
van die gewelfde vorms en die lig wat van die ligbron oorloop.
Die Pantheon se voorkant bestaan uit ʼn groot stoep met vertikale graniet
Korintiese kolomme onder ʼn traigulêre voetstuk, wat amper as ʼn afsonderlike
deel voorkom. Die ingang en voorkant uit stewige betonkolomme het wat
bestaan uit ʼn onder en boog en ʼn dakstruktuur wat mens herinner aan ʼn
Griekse voetstuk.
Die groot interne afdelings maak voorsiening vir groot byeenkomste van
mense en die SA Perm Gebou bied toegang vir ʼn beheerde hoeveelheid
mense om hul finansiële vereistes te betree.
Die interieurs van beide die Pantheon en die SA Perm Gebou word omring
deur kolomme. Marmer Korintiese kolomme word aan weerskante van
geplaas wat goddelikheidsbeelde in die Pantheon bevat. Die SA Perm
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
10 ONTWERP V1 (EC/SEPTEMBER 2017)
Gebou se gegote betonkolomme is slank met gewone hoofletters en vorm
kolonnades binne die groot ingang.
MATERIALE EN PRODUKSIE TEGNIEKE:
Die Pantheon, gemaak van Romeinse beton wat bekend staan as mortel, is
in marmer beklee. Die Pantheon, gemaak van Romeinse beton wat bekend
staan as mortel, is in marmer beklee. Die koepel is bedek om sy gewig te
verminder; die basis is 6,4 m dik en 1,2 m dik aan die bokant. Die onderkant
van die koepel is gemaak van beton. Ligter materiaal is aan die bokant
gebruik met poreuse puimsteen. Die afwaartse gewig van die koepels word
gedra deur 8-vat kelders en die 6,4 m dik muur.
Die SA Perm Gebou is gebou uit rooi baksteen en versterkte beton, staal en
glas. Moderne masjinerie en tegnologie is gebruik vir die konstruksie van
hierdie hedendaagse gebou. Om rede die gebou met aansienlike bedrae
geld werk, sal dit ʼn geïntegreerde boubeheerstelsel met effektiewe en
sentrale bedryfsprogramme moet insluit, insluitende toesig, alarmstelsels,
elektriese stelsels, ens.
VERHOUDING TOT DIE TERREIN:
Die Pantheon domineer die terrein waarop dit gebou is, met strate aan albei
kante van die gebou. Die SA Perm Gebou is in die hoofstraat van
Grahamstad, genaamd ‘High Street’.
Gee krediet aan enige geldige inligting. [10]
V3.2 KOGNITIEWE
GEWIG % VRAE PUNTE
VLAK VAARDIGHEID
Laer
Kennis, Begrip 30% Deel van 3.2 3
orde
Middel-
Toepassing 40% Deel van 3.2 4
orde
Analise
Hoër
Sintese 30% Deel van 3.2 3
orde
Evaluering
TOTAAL AFDELING A: 30
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2017) ONTWERP V1 11
AFDELING B: ONTWERPGESKIEDENIS
Geskiedenis van Ontwerp: Insluitende Grieks, Romeinse, Goties, Barok,
Rococo, Neoklassieke, Victoriaans, Kuns en Kunsvlyt, Art Nouveau,
Bauhaus, Art Deco, Skandinawiese Ontwerp, De Stijl, Modernisme, Populêre
kultuur, Pop/Nuwe Ouderdom en Postmodernisme.
ʼn Oorsig van argitektuur, waarin klassieke voorbeelde vergelyk word met
hedendaagse werke.
Visuele Analise (onsigbare voorbeelde van ontwerp): basiese terminologie
wat ontwerp en eienskappe beskryf en ondersteun, om met selfvertroue
gebruik te word.
VRAAG 4 (30 punte)
4.1 (Ken 20 punte toe in totaal)
LEERDERS MOET TWEE UIT ʼn MOONLIKE NEGE
KUNSBEWEGINGS/STYLE/TYDPERKE KIES.
NEEM KENNIS:
Vir elk van die style of bewegings moet die kandidate die eienskappe van die
beweging beklemtoon wat die karaktereienskap van daardie spesifieke
beweging beklemtoon deur te verwys na die aanhaling.
Die stoel soos gesien in FIGUUR A is bloot om die kandidaat te help om die
eienskappe van die beweging/style te herroep. Hulle kan verwys na enige
argitektuurstruktuur of produk van die gekose beweging of styl.
‘Die ontwerper se ware doel is om die dinge wat ons omring, nie net in terme
van funksie, voorkoms, koste en materiale, maar ook in terme van aspirasie en
begeerte – soos in ʼn droom van hoe goed die lewe kan verbeter.’
Terence Conran
BAUHAUS
Die tydperk/styl in konteks: (Ken 1 punt toe)
Die Bauhaustydperk is gestig in ʼn tyd toe die Duitsers van emosionele
ekspressionisme na nuwe objektiwiteit oorbeweeg het.
Hulle het probeer om oplossings te vind vir die probleme wat die werkersklas
ondervind het gedurende die depressiejare van die Eerste Wêreldoorlog in
Duitsland. Hulle het tegnologie gebruik om behoorlike behuising en
ontwikkelinge van hoë gehalte ontwerpe te skep. Om hul lewenstyl te
verbeter moes hulle funksionele, tog aangename produkte skep.
Gee krediet aan enige ander geldige antwoord. (1)
Doelwitte: (Ken 1 punt toe)
Om gesonde behuising te voorsien vir ʼn groeiende bevolking onder moeilike
ekonomiese toestande.
Om voordeel te trek uit nuwe tegnologie.
Om ʼn deurbraak te bereik vir rasionele en funksionele vorms in ontwerp
(rasionalisme en funksionalisme).
Om produkte vir die massas bekostigbaar te maak deur middel van koste-sny
in die industriële produksie.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
12 ONTWERP V1 (EC/SEPTEMBER 2017)
Hul hoofdoel was om die materiale wêreld weer uit te beeld en die eenheid
van al die kunste te weerspieël.
Die Bauhausskool het daarop gemik om hul studente op te lei om ontwerpe
te skep wat die masjienleeftyd weerspieël, sodat die ontwerpe suiwer,
eenvoudig en funksioneel is.
Hulle doel was om alle kunste en handwerk as ʼn funksionele geheel te laat
werk.
Gee krediet aan enige ander geldige antwoord. (1)
Invloede: (Ken 2 punte toe)
Bauhaus-styl is beïnvloed deur die eenvoudige, onaangeraakte meubels van
die Kuns- en Kunsvlytbeweging.
Die Kubistiese beweging het geglo om voorwerpe te verminder na hul mees
basiese vorms (die kubus, silinder, ‘sphere’).
Die De Stijl-beweging se onpersoonlike, abstrakte werke was vierkantige en
reghoekige blokke met primêre kleure wat geskei word deur horisontale en
vertikale lyne van wit en swart. Die gladde oppervlaktes lyk of dit deur ʼn
masjien geskep is en op ʼn wiskundige manier baseer is.
Die Amerikaanse argitek Louis Sullivan met sy aanhaling: ‘Vorm Volg
Funksie’. Dit beteken voorwerpe voldoen aan die beginsels van suiwerheid
en vorms was sonder versierings.
Gee krediet aan enige ander geldige antwoord. (2)
Karaktereienskappe: (Ken 5 punte toe)
Aanvanklik was die fokus op handproduksie. Goedere is van natuurlike
materiale gemaak. Nou het die fokus geskuif na die inkorporering van
tegnologie en industriële prosesse om moderne ontwerp te skep.
Die Bauhaustydperk kan dus eerder as ekspressief en dekoratief gesien
word. Hulle moedig ontwerp aan vir massaproduksie.
Ontwerp was modern, eenvoudig, universeel en funksioneel. Produksie en
vervaardiging was gefokus op kwaliteit.
Bauhaus het weg beweeg van versiering en was ten gunste van eenvoud,
funksie en elegansie.
Hulle het reëlmatigheid in plaas van simmetrie gebruik.
Suiwerheid van vorm.
Hulle het by die gesegdes gehou: ‘Waarheid van die Materiaal’ en ‘Vorm volg
funksie’.
Hulle het nuwe materiale en tegnologie gebruik soos bv. versterkte sement.
Hulle het van geometriese vorms gebruik gemaak.
Lyne was hoofsaaklik reguit en vorms geometries.
Kleure was gewoonlik natuurlik en hulle het die kleur van die staal, hout en
sement behou, of natuurlike primêre kleure gebruik.
Oppervlaktes was glad, koud en onpersoonlik.
Hulle het verskillende materiale en tegnieke in eenvoudige praktiese projekte
toegepas.
Die konserwatiewe vorms van meubels is gedematerialiseerd bv. meubels
moes in hul basiese en noodsaaklike vorm wees. Geen versiering.
Hulle het voorafgemaakte meubels vervaardig.
Hulle het klem geplaas op die fisiese proporsies van die materiale.
Stoele was eenvoudig en onversierd, ligte staal rame was gebruik vir die oop
gestruktureerde stoele, wat kon vervaardig word in massas.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2017) ONTWERP V1 13
Argitekte het van baie verskillende elemente gebruik gemaak: staal-raam
konstruksies, ʼn glas mure, versterkte sement, oop plan konstruksies en mure
wat kon beweeg na verlang van ontwerper, onversierde mure, alle onnodige
voorwerpe is versteek in ʼn sentrale kern van die gebou, versterkte beton,
kubusagtige strukture, voorafvervaardigde eenhede, masjien gemaakte
komponente, suiwerheid en vorm.
Gee krediet aan enige ander geldige antwoord. (5)
Ontwerper en ʼn ontwerp: (Ken 1 punt toe)
Cantilever’ Stoel – deur Mies van der Rohe
‘Tubular’ Stoel – deur Mies van der Rohe
Die Barcelona Stoel – deur Mies van der Rohe
‘Zig-Zag’ Stoel – deur Gerrit Rietveld
‘Wassily’ Stoel – deur Marcel Breuer
‘Tac’ Teepot – deur Walter Gropius
‘Cradle’ – deur Peter Keler
‘Tea-extract’ pot 1924 – deur Marianne Brandt
Dak Lamp – deur Marianne Brandt (1)
(20)
EN/OF
GOTIES
Die tydperk/styl in konteks: (Ken 1 punt toe)
Na die val van die Romeinse Ryk, was Europa in ʼn toestand van verwarring
en dit was gedurende die tydperk dat siektes, oorlog, geweld en hongersnood
geheers het.
Die gevoel van vrees wat ontwikkel het, bygelowige oortuigings het ontwikkel
by mense en die Christinkerk het gegroei soos die Romeinse keisers vervang
is.
Die argitektoniese styl van die kerk het na ʼn Gotiese styl beweeg, met
kenmerke en ontwerpmotiewe wat ʼn meer geestelike of mistieke atmosfeer
uitbeeld.
Gee krediet aan enige ander geldige antwoord. (1)
Doelwitte: (Ken 1 punt toe)
Die kerk moes ʼn baie hoë toring hê sodat dit die sentrale fokuspunt kon wees
om vir God die eer te gee.
Gee krediet aan enige ander geldige antwoord. (1)
Invloede: (Ken 2 punte toe)
Die toestand van verwarring en vrees wat ervaar is deur die mense het hulle
nader aan die kerk gelei. Hulle het vasgehou aan hul sterk geloofstelsels. Dit
het dus gelei tot die bou van groot kerke en katedrale.
Die ryk eiendomeienaars, aristokrate, adel en die Kerk
In argitektuur is die Romeinse ‘basilica’-plan aangeneem in die drie Gotiese
kerke.
Gee krediet aan enige ander geldige antwoord. (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
14 ONTWERP V1 (EC/SEPTEMBER 2017)
Karaktereienskappe: (Ken 5 punte toe)
Argitektuur:
Die toestand van verwarring en vrees wat ervaar is deur die mense het hulle
nader aan die kerk gelei. Hulle het vasgehou aan hul sterk geloofstelsels. Dit
het dus gelei tot die bou van groot kerke en katedrale.
Op ʼn praktiese manier is die geboue ontwerp om meer ruimte te verskaf en
minder bou materiaal te gebruik.
Hoofelemente van Gotiese argitektuur sluit in: gespitste boë met steunboë;
geriffelde kelders; en loodglasvensters.
Geboë punte was hoog in vergelyking met die afgeronde boë van die
Romeinse era.
Die vlieënde steunboogkolomme het die gewig van die opwaartse stygende
dak tot op die grond gedra. Dit het die groot vensterruimtes in die mure
toegelaat. (met ander woorde, die mure moes nie die enigste steun vir die
dak wees nie).
Die katedraal was ook ʼn kunsmuseum – gebruik om kunsgeskiedenis van die
wêreld vir die Christindom te leer.
Die katedraal was die heiligdom van die beroemdes wat gesterf het. Hulle
grafte was hulle trots en is versier.
Meubels:
Groot en swaar, donker hout meubels (Eikehoud, Okkerneut en Rooshout)
Die puntige boogvorms met ingewikkelde uitsny werk, kan gesien word op die
meubels.
Gotiese tekstiele bv. gordyne, het met kleure gespog soos pers, ‘ruby’ rooi,
swart, mosterd, gras groen en goud.
Tekstielontwerpe het geometriese en dramatiese patrone vertoon.
Gotiese meubels was formeel en nie ontwerp vir gemak nie.
Beligte manuskripte:
Dit is geïllustreerde handgemaakte boeke of manuskripte wat met
goudblaarversiering bedek is. Die goue blare sal lig uit die bladsy weerspieël
wat dit die indruk gee van ʼn goue skynsel.
Hierdie manuskripte was meestal godsdiensdig en is in kloosters
geproduseer. Versiering het verskeie voorletters, rame en miniatuur
illustrasies ingesluit.
Loodglas-vensters:
Hierdie vensters het die hele kerk ophelder en ʼn wonderlike helder atmosfeer
geskep in die Gotiese kerk.
Hulle het ʼn stories vertel, wat dikwels Bybelse tonele uitbeeld.
Gee krediet aan enige ander geldige antwoord. (5)
Ontwerper en ʼn ontwerp: (Ken 1 punt toe)
Argitektuur: ‘Notre Dame’ Katedraal in Parys (1163-1250)
Argitektuur: ‘Salisbury’ Katedraal in Brittanje (1220-1270)
Argitektuur: ‘Chartres’ Katedraal in Franse (1140-1220)
Tapeserië: ‘Lady with the Unicorn’ in ‘Chateau Pierre d’Aubusson (1)
(20)
EN/OF
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2017) ONTWERP V1 15
ART NOUVEAU
Die tydperk/styl in konteks: (Ken 1 punt toe)
Hulle was teen die massa-vervaardigde artikels van die Kuns- en
Kunsvlytbeweging van die 19de eeu.
Hulle het pragtige vervaardigde voorwerpe geskep, maar ongelukkig kon
hulle nie teen die tyd aanpas aangesien produkte moeilik was om in massas
te produseer. Dit was net te duur.
Gee krediet aan enige ander geldige antwoord. (1)
Doelwitte: (Ken 1 punt toe)
Dit het uit die Kuns- en Kunsvlytbeweging gegroei (Dit kan gesien word in die
ooreenstemming van sommige produkte):
Om noue bande tussen die kunstenaars en ambagsmanne in die ontwerp van
produkte te vestig.
Om die tradisie van die gebruik van vaardige vakmanne te laat herleef.
Hulle het egter nie die idee van fabriekgemaakte goedere verwerp nie, maar
wou die kwaliteit van handgemaakte produkte behou. Hulle het dus
handgemaakte produkte vervaardig maar van moderne materiaal bv. metaal
en staal (ysterwerk)
Gee krediet aan enige ander geldige antwoord. (1)
Invloede: (Ken 2 punte toe)
Natuur: In hul verwysing na die natuurlike wêreld soos poue, lelies en
rankplante.
Japanese houtsneewerk: met eenvoudige, vloeiende dekoratiewe lyne.
gestileerde vorms, lynpatrone, dekoratiewe patrone, plat en gekleurde
vorms.
Alphonse Mucha: hulle was beïnvloed deur sy kunswerke van vroue
Gustav Klimt: was beïnvloed deur Klimt se gebruik van dekoratiewe
patrone.
Keltiese Kuns: met hul elegante, krullende lyne en ontwerpe, en die
dekoratiewe vlegsels wat gemaak word met linte.
Viking ontwerpe: met hulle fyn lyne en spirale, uitbundige ornamente en
romantiese idees.
Simbolies: (ʼn kunsbeweging van die tydperk): plat areas van kleur, organiese
krullende buitelyne, en sensasionele ontwerpe wat die vrou se kurwes
geklemtoon asook die natuur se organiese lyne.
Die Kuns- en Kunsvlytbeweging: met hul natuurlike vloeiende vorms.
Laat Gotiese styl: met sy flambojante lyne en loodglaswerk.
Franse Rococo Kunsperiode: met hul delikate lyne en vorms sowel as
speelse lig en atmosfeer het dit Art Nouveau beïnvloed.
Gee krediet aan enige ander geldige antwoord. (2)
Karaktereienskappe: (Ken 5 punte toe)
Onderwerp: diere, voëls, plante. hoogs gestileerde rose (Rennie Mackintosh),
sonneblomme, lelies en poue, asook sensasionele vroulike figure.
Produkte: tekstiele, keramiekwerk, metaalwerk, glasware, juweliersware,
meubels en argitektuur.
Materiale: eksotiese materiale, e.g. ‘mother of pearl, ‘lapis lazuli’, ivoor,
gekleurde glas en metaal, klei, juweliersware asook meubels en yster. Hulle
het gebruik gemaak van sy, fluweel en borduurwerk op tekstiele. Hulle het
ook gebruik gemaak van gelakte hout, versier met ander materiale vir meubel
stukke. Mosaïek en loodglas was ook populêr.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
16 ONTWERP V1 (EC/SEPTEMBER 2017)
Ontwerpe en produkte was versierd en dekoratief.
Elemente van Ontwerp:
Lyn: Die gebruik van sweepslag(‘serpentine’/’whiplash’)-lyne om gestileerde
en eenvoudige lyne te skep.
Vorm en fatsoen: Die vloeiende kurwes en vorms wat gebruik is reflekteer die
sweepslaglyne.
Kleur: vir binnehuisversierings was die kleure subtiel en sag, bv. skakerings
van pienk, groen en geel.
In Alphoso Muncha se plakkate is gebruik gemaak van dowwe kleure met
kronkelende lyne.
Beginsels van Ontwerp:
Balans: oorwegend asimmetries
Kontras: groot en klein vorms. Koue kleure teenoor warm kleure.
Beweging: die herhaling van sweepslaglyne skep ʼn gevoel van beweging.
Gee krediet aan enige ander geldige antwoord. (5)
Ontwerper en ʼn ontwerp: (Ken 1 punt toe)
Juweliersware: ‘Dragonfly’ borsspeld deur Rene Lalique
Art Nouveau borsspeld deur Winifred Green
Lampe: ‘Lotus Tale’ Lamp deur Louis Comfort Tiffany
Metaalwerk: ‘Cornet dragon’ Hek deur Antoni Gaudi
Binneversiering: Trap in die ‘Van Eetvelde’ huis in Brussels deur Victor
Horta
Meubels: ‘Cabinet Vitrine’ deur Gustave Gustave Serrurier-Bovy
Plakkaat: Pen plakkaat deur Alphonso Mucha
‘Job’-plakkaat deur Alphonso Mucha (1)
(20)
EN/OF
KUNS- EN KUNSVLYTBEWEGING
Die tydperk/styl in konteks: (Ken 1 punt toe)
Veelvoudige verdieping geboue, fabrieke, brûe en spoorweë wat tot die einde
van die 19de eeu begin verskyn het in stedelike gebiede het gou
agteruitgegaan en ontaard in krotbuurte.
Fabrieke was ernstige gesondheidsrisiko’s. Dit was die begin van die
sosialistiese tydperk en die beskerming van regte vir vakmanne.
Hierdie beweging was ʼn terugslag teen die kragte van industrialisasie in
Brittanje.
Gee krediet aan enige ander geldige antwoord. (1)
Doelwitte: (Ken 1 punt toe)
Om die produksie van handgemaakte kwaliteit goedere aan te moedig wat
visueel en esteties waardig is, in teenstelling met lae gehalte goedere.
Om die lewenskwaliteit van die ontwerpers en vakmanne te verhoog
Om die waarde en betrokkenheid van die vaardige vakman en ontwerper te
herstel.
Om die ontwerp van eenvoudiger, minder dekoratiewe produkte aan te
moedig.
Om produkte te skep van natuurlike materiale (bv. hout en steen). Dit was om
die natuurlike skoonheid van die materiaal beter te laat vertoon.
Om die sosiale orde, stabiliteit en goeie Christelike waardes terug te bring.
Gee krediet aan enige ander geldige antwoord. (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2017) ONTWERP V1 17
Invloede: (Ken 2 punte toe)
Die Middeleeuse Gotiese styl, was ʼn tydperk wat verband hou met orde,
stabiliteit en goeie Christelike waardes. Dit was in die ontwerpe
verteenwoordig deur die gebruik van die punt boog, sowel as die ‘quatrefoil’-
en ‘trefoil’ motiewe. Die ontwerper sluit ook mitologiese temas soos drake
in.
Die rustieke Engelse kothuis styl – eenvoudige argitektuur styl met
handgemaakte meubels – hulle het gebruik gemaak van plaaslike materiale
wat in hul natuurlike toestand (steen en hout) gebly het, bv. stoele van
gesnyde hout en geweefde sitplekke. Vloerplanke is natuurlik gelaat asook
dakplanke om die natuurlike skoonheid van die materiale te wys. Dit staan
bekend as ‘waarheid van die materiale’.
Die tydperk is beïnvloed deur die alledaagse lewe van die natuur bv. diere en
blom motiewe.
Gee krediet aan enige ander geldige antwoord. (2)
Karaktereienskappe: (Ken 5 punte toe)
Die Kuns- en Kunsvlytbeweging herleef ʼn belangstelling in handwerk soos
borduurwerk, snywerk, blokdruk en loodglaswerk.
Onderwerpe soos diere, plante, voëls en Middeleeuse motiewe (bv. die ‘
‘trefoil’ en ‘quatrefoil’).
Produkte: Tekstiele, meubels, keramiekwerk, handgemaakte leerboeke,
metaalwerk en argitektuur.
Materiale: Natuurlike materiale soos hout en klip. Hulle het meer gebruik
gemaak van plaaslike materiale. Hulle het yster as ʼn standaard komponent
in geboue gebruik, sowel as glas en staal.
Versiering: Is gebruik om die basiese ontwerp te verbeter en nie net ter wille
van die versiering alleen nie. Versierings is tot die minimum beperk. Hulle
het die natuurlike waarde van die materiale in huishoudelike ontwerpe behou.
(bv. houtmeubels was nie vernis nie.) Hulle het verskillende bou elemente
gemeng, bv. torings, gespitste boë en loodglas vensters.
Gebruik van Elemente en Beginsels:
Vorms: was eenvoudig sonder enige ekstra versierings. Tekstiele en
keramiek ontwerpe was meer organies as gevolg van die sterk inspirasie van
blomme en plante.
Kleur: Hulle het gebruik gemaak van effe kleure in skakerings van blou, geel,
rooi asook neutrale aardse kleure.
Balans: Algemene simmetriese balans is gebruik as gevolg van die
Middeleeuse gotiese invloed van stabiliteit en orde.
Eenheid: Eenheid word bereik deur die herhaling van organiese lyne in ʼn
onderwerp.
Gee krediet aan enige ander geldige antwoord. (5)
Ontwerper en ʼn ontwerp: (Ken 1 punt toe)
Tekstiel (tapesërie): ‘The Strawberry Thieves’ deur William Morris
Meubels: ‘Morris’ Armstoel deur William Morris
Argitektuur: ‘The Red House’ deur Phillip Webb (1)
(20)
EN/OF
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
18 ONTWERP V1 (EC/SEPTEMBER 2017)
SKANDINAWIESE
Die tydperk/styl in konteks: (Ken 1 punt toe)
Skandinawiese ontwerp het ontwikkel gedurende die 1950’s in Denemarke,
Noorweë, Swede en Finland.
Na die Tweede Wêreldoorlog was die koste van materiaal baie laag. Die
metodes vir massaproduksie het die konsep geskep om pragtige en
funksionele alledaagse voorwerpe te skep wat deur almal moontlik gemaak
kon word.
Gee krediet aan enige ander geldige antwoord. (1)
Doelwitte: (Ken 1 punt toe)
Om pragtige, visuele en funksionele alledaagse produkte te skep wat deur
almal bekostig kan word.
Om eenvoudige, elegante ontwerpe te skep sonder om die kwaliteit te
verminder of die skoonheid te verloor. Sulke produkte versag die woonplek
sonder om dit te oorheers.
Gee krediet aan enige ander geldige antwoord. (1)
Invloede: (Ken 2 punte toe)
Die Modernistiese- en Bauhausbewegings met hul artistieke innovasie sowel
as tegnologiese en sosiale vooruitgaan.
Die evolusie van moderne meubelontwerpe as kuns-, tegnologie- en
argitektoniese teorieë is gekombineer en bevorder.
Sosiale demokrasie wat ontwikkel het gedurende die 1950’s het hierdie
beweging begin.
Masjinerie, nuwe tegnologie en nuwe materiale wat beskikbaar was na die
2de Wêreld Oorlog het hulle ook beïnvloed.
Die surrealistiese beweging het hulle soms geïnspireer.
Lang winters met net ʼn paar ure van sonskyn het Skandinawiese ontwerpers
geïnspireer om helder, ligte en praktiese eenvoudige ontwerpe te skep.
Gee krediet aan enige ander geldige antwoord. (2)
Karaktereienskappe: (Ken 5 punte toe)
Kleur: Ligte kleur hout; ontwerpe is gedruk in helder en opbeurende kleure.
Patrone: Eenvoudig en artistieke gedrukte ontwerpe; gestileerde blom
motiewe is baie gebruik. Sowel as kolle en strepe.
Vorm/Spasie: sagte rond hoeke ; eenvoudige organiese vorms;
biomorfiese vorms word gekombineer met ingewikkelde geometriese
vorms. Meubels was eenvoudig in vorm met gladde teksture. Hulle het
baie aandag gegee aan vakmanskap en gemaklikheid.
Lyn: Meubels het reguit lyne sowel as organiese lyne gehad. In klere modes
vir vrouens is die eenvoudige A-lyn romp en rokke gesien
Nuwe materiale: veselglas, rubber, plastiek, ‘vinyl’ en ‘plywood’.
Vormgedrukte hou, geanodiseerde of geëmaljeerde aluminium of geperste
staal.
Hulle het moderne materiale soos plastiek gebruik om eenvoudige
stapelstoele te skep.
Aandag aan detail en afwerking word beklemtoon.
Gee krediet aan enige ander geldige antwoord. (5)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2017) ONTWERP V1 19
Ontwerper en ʼn ontwerp: (Ken 1 punt toe)
3-D Produk: Arne Jacobsen –‘ Egg Chair’ of die ‘The Ant Chair’
2-D Produk: Maija Isola – Marimekko tekstiel ontwerp
Argitektuur: Aalvar Aalto – ‘Helsinki’ Kulturele Sentrum
Kommunikasie: Anders Beckman – Sweedse Lugdiens plakkaat (1)
(20)
EN/OF
BAROK
Die tydperk/styl in konteks: (Ken 1 punt toe)
Die populariteit en sukses van die Barokperiode was beïnvloed deur die
Katolieke Kerk as gevolg van die Protestante Reformasie wat geglo het dat
gelowige onderwerpe direk en emosioneel moet kommunikeer.
Die Barok-era word dikwels beskou as ʼn tydperk van artistieke styl wat
oordrewe beweging en duidelike, maklike geïnterpreteerde detail gebruik. Dit
word gesien in die tydperk se drama, uitbundigheid en grootheid in
beeldhoukuns, skilderkuns, argitektuur, literatuur, dans, teater en musiek.
Hierdie styl het ongeveer begin gedurende 1600 in Rome en versprei na die
res van Europa.
Gee krediet aan enige ander geldige antwoord. (1)
Doelwitte: (Ken 1 punt toe)
Eienskappe was bedoel om te beïndruk om krag sowel as beheer te wys.
Die doel van Barokargitektuur was om die argitektoniese elemente op die
visuele estetiese wyse toe te pas om ʼn gevoel van grootheid en dramatiese
effekte te skep.
Gee krediet aan enige ander geldige antwoord. (1)
Invloede: (Ken 2 punte toe)
Barokontwerp is sterk beïnvloed deur die ‘Counter’ Reformasie. Dit verwys
na die tydperk in die geskiedenis toe die Katolieke Kerk besin het oor
kerkpraktyke en beginsels om positiewe veranderinge begin implementeer
is.
Die kerk gebruik Barokkuns en -ontwerp om uit te ryk na die mense en ʼn
herlewing van geloof te bevorder.
Barokontwerp doen ʼn beroep op die ryk en aristokrasie wat gelok word na die
drama en vermoë om te beïndruk.
Barokontwerp het van die Middeleeuse en Renaissance-styl geleen.
Gee krediet aan enige ander geldige antwoord. (2)
Karaktereienskappe: (Ken 5 punte toe)
Barokgeboue is kolossaal met dramatiese afmetings, vertoon massiewe
trappe. Kolomme en ingewikkelde, dramatiese versierings.
Beide geboue en meubels wys engele, cupids en heiliges as beeldhouwerke,
figure, muurbekleedsel en fonteine.
Klem is geplaas op ovaal vorms; vloeiende en geboë oppervlaktes asook ‘c’
en ‘s’ skulpmotiewe.
Barokstyl was bekend as die ‘Swaar Styl’
ʼn Verskeidenheid van geronde en krom vorms is gebruik.
Ontwerpers maak gebruik van blink materiaal soos marmer, vergulding en
brons.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
20 ONTWERP V1 (EC/SEPTEMBER 2017)
Daar is dramatiese kombinasies van argitektuur, beeldhouwerk, silwer, kant,
ryk tapisserieë en luukse afwerkings gebruik.
Die meubelontwerpe is indrukwekkend en is die werk van beeldhouers en nie
skrynwerkers.
Die gebruik van goud, edelmetale, spieëls en marmer oorheers.
Voorbeelde van die Baroktydperk het dinamiese komposisies, ʼn gevoel van
drama en teater. Sterk kontrasterende kleur en die wisselwerking tussen
skaduwees. Sterk klem is geplaas op drama en beweging.
Baie van die ontwerpe gedurende die tydperk verwys na godsdienstige
konteks, ʼn skuif weg van die suiwer Renaissance-fokus op logika en rede.
Emosionele en dramatiese temas word gebruik.
Interieurs was opgehelder met rykdom en goud, silwer, sy, ryk tapisserieë en
luukse meubels.
Pompige fasades met gewels.
Gee krediet aan enige ander geldige antwoord. (5)
Ontwerper en ʼn ontwerp: (Ken 1 punt toe)
‘Ceiling Fresco’ : ‘Triumph of the Name of Jesus’ deur G. Battista Gaulli
(Rome) (1672–85)
Interieur: ‘Hall of Mirrors’ in Versailles deur Hardouin Mansart en Le Brun
(1678)
Argitektuur: ‘Colonnade of St Peter’s’ deur GIanlorenzo Bernini (Rome)
(c. 1656)
Produkte: Baldacchino(Altar) in ‘St Peters’ deur Bernini, (Rome),
(1624–1633)
Grafiese kuns: ‘The Elderly Fool’ en ‘His Cat’ deur Alexander Voetll,
(17de eeu) (1)
(20)
EN/OF
RENAISSANCE
Die tydperk/styl in konteks: (Ken 1 punt toe)
Dit was die begin van objektiewe wetenskaplike eksperimentering, navorsing
en rasionele denke.
Groot denkers, kunstenaars en ontwerpers soos Michelangelo, Leonardo da
Vinci en Raphael het visuele uitdrukking gegee aan die idees van die
Renaissance.
Hulle het innoverende denke aangemoedig, en ʼn paar voorbeelde is die
volgende:
1455 – Die drukpers met bewegende metaaltipe, deur Johannes Gutenberg
wat die begin van die gedrukte inligting was en beskikbaar geraak het vir
almal wat kon lees.
1606 – Die teleskoop uitgevind deur Galileo Galilei. Dit is die begin van
objektiewe eksperimentering soos ons dit ken vandag.
1629 – Die stoomturbine deur Giovanni Brance.
1714 – Die kwiktermometer deur Gabriel Fahrenheit.
Gee krediet aan enige ander geldige antwoord. (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2017) ONTWERP V1 21
Doelwitte: (Ken 1 punt toe)
Redenasie, bevraagteken en die voorstelling van die menslike figuur as ʼn
individu was belangrik.
Humanisme is die Renaissance filosofie wat beweer dat elke persoon die reg
het om te dink, redeneer, bevraagteken en te besluit oor hul eie oortuiging.
Die woord Renaissance beteken die herlewing/wedergeboorte van iets. In die
14de en 16de eeue het dit spesifiek verwys na die terugkeer van die klassieke
ideale in kuns en argitektuur asook ʼn terugkeer na rede, denke en objektiewe
eksperimentering in wetenskap.
Gee krediet aan enige ander geldige antwoord. (1)
Invloede: (Ken 2 punte toe)
Die Renaissance was ʼn herlewing van die Romeinse tradisies van ontwerp
en argitektuur.
Produkontwerpe bevat dikwels versiering geïnspireerd deur Michelangelo en
Raphael.
Mitologiese en Bybelse figure word dikwels geïnkorporeer.
Kunstenaars van die vroeër Renaissance tydperk het die natuurlike wêreld as
ʼn verwysing vir hul kuns en kunsoorwegings gebruik en is dikwels deur
waarneming en sistematiese ondersoek genader.
Die rasionele benadering wat deur hierdie kunstenaars gesien word, verskil
baie van die suiwer geloof-geïnspireerde artefakte en ontwerpe kan die
Middeleeuse en Gotiese tydperke insluit.
Daar was gefokus op direkte waarneming en die akkurate weerspieëling van
die natuur.
Daar was baie gefokus op idealisme en perfeksie.
Gee krediet aan enige ander geldige antwoord. (2)
Karaktereienskappe: (Ken 5 punte toe)
Ontwerp gedurende die tydperk word gekenmerk deur naturalisme; die
organisasie van die ruimte; die gebruik van perspektief; ʼn herlewing van
die klassieke ideale en motiewe.
Renaissance argitektuur beklemtoon harmonie en balans. Dit is bereik deur
simmetrie, wiskundige meetkunde, skaal en proporsie in die Griekse
tradisie. Argitektuur van die tyd sluit kolomme, halfkoepels en halfsirkel
boë in.
Visuele estetiese voorkoms was belangrik vir die Renaissance kunstenaars,
ontwerpers en argitekte. Harmonie en balans was beklemtoon. Simmetrie,
wiskundige meetkunde, skaal en proporsie volgens die Griekse tradisie is
gebruik. Gedurende die tydperk is kolomme en koepels in argitektuur
gebruik.
Gebou ontwerpe is dikwels vierkantig of reghoekig met die klem op simmetrie.
Fasades was oor die algemeen simmetries rondom ʼn vertikale as
gerangskik.
Meubelontwerp is getrou aan die doel van die hout, en was dikwels versier
met mitologiese of Bybelse figure. Okkerneuthout was ʼn algemene hout
van kaste.
Houtkiste en beddens was van die vernaamste meubelstukke tydens die
Renaissance tydperk.
Meubelontwerpe sluit inlê panele van hout in, asook gedetailleerde beelde
van tonele uit die natuur en die alledaagse lewe.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
22 ONTWERP V1 (EC/SEPTEMBER 2017)
Beddens wat van tou en hout gemaak is, was ook baie gewild.
Die Renaissance tydperk is ook bekend vir sy baie fyn tapisserie.
Gee krediet aan enige ander geldige antwoord. (5)
Ontwerper en ʼn ontwerp: (Ken 1 punt toe)
Juwele: ‘Pendant’ deur Hans Holbein (c. 1532–1543).
Argitektuur: ‘St Peter’s Cathedral’ deur Michelangelo, (Rome), (1546–
1564)
Gravering:‘The temptation’ deur St. Anthony deur Schongauer,(c. 480–
1490)
Produkte: ‘Canopied ceremonial bridal bed’ deur Pieter Kolding, (c. 1640–
1650)
Houtsnee werk: ‘Four horsemen’ deur ‘Apocalypse by Albrecht Durer van
1498
Argitektuur: ‘Dome of Florence Cathedral’ deur Filippo Brunelleschi,
(1420) (1)
(20)
EN/OF
ART DECO
Die tydperk/styl in konteks: (Ken 1 punt toe)
Art Deco het sensasionele, sorgvrye moderne leefstyle en gewaagde nuwe
ontwerpe behels.
Hulle was gefassineerd deur spoed, tegnologie en antieke kultuur.
Hulle het probeer ontsnap van hulle alledaagse leefstyl deur ʼn onwerklike
omgewing te skep.
Gee krediet aan enige ander geldige antwoord. (1)
Doelwitte: (Ken 1 punt toe)
Om die eise van die masjien era en die gebruik van nuwe materiale vir
massaproduksie te vervul.
Om ʼn nuwe styl vir ʼn nuwe era te skep.
Om goeie gehalte, praktiese, massa-vervaardigde produkte van innoverende,
industriële materiale te skep.
Gee krediet aan enige ander geldige antwoord. (1)
Invloede: (Ken 2 punte toe)
Vroeë 20ste eeuse skilderye en bewegings, met spesifieke verwysing na: -
- Kubisme (abstraksie, distorsie en vereenvoudiging) wat lei tot die gebruik
van reguit lyne, die zig-zag en laag op laag geometriese vorms.
- Konstruktivisme met sy abstrakte vorms en die gebruik van nie –
tradisionele materiale (bv. perspeks) en die industriële metodes van
sweiswerk.
poed en tegnologie – die ontwikkeling van die masjien; die motor en vliegtuig
en die studie van aërodinamika.
Afrika-kuns en die Amerikaanse jazz-kultuur.
Egiptiese motiewe (die lotusknop en die papirus)
Aztec- en ander Indiaanmotiewe (die aztec ‘ziggurat’ trap-vorm)
Die oppervlak effekte en tegnieke van oosterse kuns (lae oosterse lak bv.
‘Shellac’), en die gebruik van pêrels, skilpaddop, slangvel en haaivel.
Die Russiese ballet met hul gebruik van briljante kleure en patrone in die
kostuumontwerpe.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2017) ONTWERP V1 23
Die wêreldwye beweging, Modernisme, met die klem op nie-
verteenwoordigende motiewe, skoon lyne en suiwer geometriese vorms (later
bekend as die Art Deco-beweging).
Gee krediet aan enige ander geldige antwoord. (2)
Karaktereienskappe: (Ken 5 punte toe)
Temas: Egiptiese motiewe, enige iets populêr en gewild was en die Jazz
Era
Motiewe: Sonstrale, zig-zags
Kuns en beeldhouwerk van Afrika met hul vreemde verwringings en
ingewikkelde oppervlakke.
Vliegtuie, treine, karre – ʼn obsessie met reis en spoed.
Die profiel van mode en die vroulike figuur.
Vorm: Die klem was op plat, 2-D ontwerpe.
Vorms/Spasie: Gestileerd en dekoratief.
Kleur: Eenkleurig, sterk, eksotiese kleure met geen tonale modellering van
kleur.
Sterk klem is geplaas op lyn – bv.. Meetkundige waaiermotiewe,
sonopkomstrale.
Tekstuur: Ryk, met groot aandag aan die spel van ʼn verskeidenheid
oppervlaktekstiele, teksture wat kontrasteer met gladde en glinsterende areas
van metaalglans.
Art Deco-meubels is vaartbelyn in hul ontwerp. Dit het ʼn moderne en slanke
voorkoms, maar is gemaklik.
Hulle het eksotiese houtsoorte gebruik, bv. Kubaanse Mahonie, Ebbehout en
Olyfhout. Hout was dikwels vernis.
Hulle het gebruik gemaak van inlegpatrone van verskillende hout in die maak
van meubels.
Art Deco het simmetriese balans in hul ontwerpe gebruik.
Dit is ʼn eklektiese styl en het van vorige style geleen.
Art Deco kombineer dikwels sirkel- en hoekige vorms in hul meubels.
Juwele: ʼn Groot verskeidenheid juweliersware is geproduseer deur kosbare
en halfedelstene te gebruik.
Gee krediet aan enige ander geldige antwoord. (5)
Ontwerper en ʼn ontwerp: (Ken 1 punt toe)
Argitektuur: Die ‘Chrysler Building’ – deur William van Alen
Plakkaat: ‘Fast Forward’ deur Cassandre
Plakkaat: ‘Normandie’ deur Cassandre
Meubels: ‘Art Deco Club’ stoel – deur Donald Deskey
Tekstiele: ‘Dalmations’ – deur Violetta Janes
Teestel: Oggend tee stel – deur Clarice Cliff
Teestel: Art Deco-silver teestel met ivoor handvatsel – deur Edward Vines (1)
Gee krediet aan enige geldige en ondersteunde antwoord (2 x 10) (20)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
24 ONTWERP V1 (EC/SEPTEMBER 2017)
V4.1 KOGNITIEWE
GEWIG % VRAE PUNTE
VLAK VAARDIGHEID
Waarneming /
Laer Herroep /
30% Deel van 4.1 6
orde Verduidelik
Begrip
Middel-
Toepassing 40% Deel van 4.1 8
orde
Analise
Hoër Sintese
30% Deel van 4.1 6
orde Evaluering /
Regverdig
4.2 4.2.1 (Ken 2 punte toe)
FIGURE B verteenwoordig De Stijl
FIGURE C verteenwoordig Dekonstruktivisme (2)
4.2.2 (Ken 8 punte toe)
Kandidate moet in paragrawe skryf en nie tabelvorm nie. Die
nasienriglyn is puntsgewys geskryf om merkwerk te vergemaklik.
Kandidate moet in ʼn enkele opstel skryf, sonder die gebruik van
kolpunte. Dit wys hul vaardigheid om te evalueer en te vergelyk
deur die toepassing van feitlike inligting.
BALANS:
In FIGUUR B word slegs twee van die primêre kleure, blou en geel
gebruik om in minimale areas van die swart gedeelte op die wit grond
te blokkeer, wat tipies van De Stijl is. Die groter hoeveelheid wit,
visueel ligter ruimte balanseer die kleiner, visueel swaarder areas van
swart en primêre kleure. Die Stijl-ontwerpers het geglo in balans,
harmonie, orde, logika en suiwerheid. Die De Stijl-geïnspireerde
rok wys nie gelyke spasies en ruimte van patrone nie, aangesien die
kleure kan lei tot ʼn vervelige ontwerp, maar eerder is die verdeling
van die kleurblokke minder gelyk en lei tot ʼn harmoniese balans en
verhoudings tussen die verskillende blok patrone.
In FIGUUR C word visuele spanning geskep tussen die
gefragmenteerde en ongebalanseerde vorms van die kledingstuk.
Die aard van dekonstruksie is nie om ‘af te breek nie’, maar eerder
om die spanning en verhouding tussen verskillende kragte te toon.
Ons glo gewoonlik dat klere gestruktureerd en elegant om ons
liggame moet lyk. Nie gefragmenteer en onstabiel wat ʼn gevoel van
onsekerheid, ongemak of angs skep nie. Hierdie Dekonstruksie
kledingstuk toon tipies ʼn deel van die kledingstuk wat onafgehandeld
is en die tradisionele struktuur en produksie metode van ʼn mode-item
geïgnoreer word. Wat die kledingstuk onder die baadjie betref, wat
onder die knie van die model hang, lyk dit na wanbalans, aangesien
meer van die model se lyf blootgestel word as wat ʼn lang kledingstuk
gewoonlik sou wys. Hierdie gefragmenteerde kledingstuk, behalwe
vir sy lang snit, is gemik om ʼn visuele styl te skep wat die onsigbare
verhoudings tussen opponerende elemente verteenwoordig. Die
kyker word gelei om ʼn gevoel van spontaniteit en verrassing te
ervaar.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2017) ONTWERP V1 25
VERHOUDING/SKAAL:
In FIGUUR B kan proporsionele verhouding gesien word waar die
groter wit verhouding van die kledingstuk vergelyk word met die
kleiner areas teenoor die swart en primêre kleure. In die styl maak
hulle gebruik van suiwer geometriese vorms. Ontwerpe is abstrak
en minimalisties. Die blokvormige patroonontwerp van die
kledingstuk is groot en oorheersend in verhouding tot die kort mini-
rok, wat ʼn dramatiese, sterk en opvallende voorkoms skep. Die
proporsie van die wit kant materiaal is groter in vergelyking met die
breë swart en primêre kleure wat in die blokpatroon.
In FIGUUR C bestaan die oorbaadjie/jas uit meer stof as die
ondertuniek wat gefragmenteer is en meer lospassend hang tot onder
die knie van die model.
Die verhouding tussen hierdie twee materiale van die uitrustings
vertoon tipiese eienskappe van dekonstruktivisme waar daar dikwels
van teenstrydige idees of verhoudings gebruik maak. Hierdie
dekonstruktivistiese kenmerk wat daarop gemik is om ʼn visuele styl
te skep wat die onsigbare verhouding tussen opponerende elemente
verteenwoordig. Dit veroorsaak ʼn gevoel van onsekerheid,
ongemak, skok en ontwrigting.
BEWEGING:
In FIGUUR B word die basiese geometriese vorms gekombineer met
abstrakte en eenvoudig vorm, ʼn tipiese kenmerk van De Stijl, maar is
tog ook treffend om die kyker se oog te laat spring van een blokkie
kleur na die volgende met die gebruik van sterk, kontrasterende
kleure. Die skepping het ʼn visuele kragtige effek.
ʼn Kenmerk van Dekonstruksie wat hier in FIGUUR C se onderklere
vertoon word, is verplaaste, verwronge vorms wat herhaal word. Dit
skep die illusie van ritme. Die teorie van Dekonstruksie word
gekenmerk deur idees van fragmentasie en het gewoonlik die
kenmerk van iets wat uitmekaar wil val. In Dekonstruksie lyk dit of
die spasie en ruimte ʼn gevoel van beweging en dinamika skep met ʼn
diagonale fokus. Dit gee ʼn gevoel van visuele chaos.
FOKUS/KLEM/DOMINANSIE:
In FIGUUR B val die klem/fokus op die swart blokkies-ontwerp van
die rok wat bestaan uit vertikale en horisontale lyne met ʼn blou en
geel agtergrond. Hierdie suiwer geometriese vorms is ʼn tipiese
onderwerp van die De Stijl-beweging. Die kleure is eenkleurig in
tonale waarde en kontrasteer teen die sagte wit kant agtergrond.
Hierdie minimalistiese kleurpallet is tipes van die De Stijl-era: Suiwer
primêre kleure met wit en swart. Die sterk kontras van kleur en
tekstuur skep ʼn algehele fokus op die blokpatroon, hoewel daar nie
een sentrale fokus punt is, word die klem geplaas op die
vereenvoudiging van ontwerperselemente.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
26 ONTWERP V1 (EC/SEPTEMBER 2017)
Aangesien in FIGUUR C die gefragmenteerde oop gedeelte van die
kledingstuk die fokuspunt is, word die kyker se oog dadelik na die
gedeelte getrek in kontras met die ligte kleur van die model se
liggaam wat deur die oop gedeeltes van die swart ten toon gestel
word. Dit lei tot die element van verrassing of skok, aangesien dit
die oop dele beklemtoon en onverwags is.
Gee krediet aan enige ander geldige en ondersteunde feite. (8)
[10]
V4.2 KOGNITIEWE
GEWIG % VRAE PUNTE
VLAK VAARDIGHEID
Laer Herroeping Deel van 4.2.1
30% 2+1
orde Begrip Deel van 4.2.2
Middel-
Toepassing 40% Deel van 4.2.2 4
orde
Analise
Hoër
Sintese 30% Deel van 4.2.2 3
orde
Evaluering
TOTAAL AFDELING B: 30
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2017) ONTWERP V1 27
AFDELING C: ONTWERP IN ʼn SOSIOKULTURELE/OMGEWINGSFAKTOR EN
VOLHOUBARE KONTEKS
Reflekteer krities oor hoe ontwerp die fisiese en sosiale omgewing vorm. kies
DRIE bekroonde kontemporêre internasionale ontwerpers wie se werk die
omgewingsverantwoordelikheid demonstreer.
Wys begrip vir die maniere waarop ontwerp gebruik kan word om sosiale,
kulturele, omgewings- en estetiese kwessies te versterk of uit te daag.
Bestudeer DRIE twee- en/of driedimensionele Suid-Afrikaanse en
Afrikahandwerk, wie se werk sosiale verantwoordelikheid demonstreer.
Demonstreer maniere waarop ontwerp gebruik kan word om die samelewing
te bevoordeel.
VRAAG 5 (20 punte)
Beantwoord ÓF VRAAG 5.1 ÓF VRAAG 5.2.
5.1 5.1.1 (Ken 2 punte toe)
Sosiale verantwoordelike ontwerp is ontwerp wat die ontwerper se rol en
verantwoordelikheid op ʼn sosiale vlak na vore bring ; en deur die
gebruik van die ontwerpproses die verantwoordelikheid op ʼn sosiale vlak
in ag neem.
Gee krediet aan enige ander geldige antwoord. (2)
(Ken 4 punte toe)
Die Bamboes-huise gesien in FIGUUR A is volhoubaar as hulle
gebou is van bamboes wat sonder omgewingsfaktore agteruitgaan.
Bamboes regenereer natuurlik, self met nuwe lote, en met gereelde
oeste van volwasse hout. Bamboes regenereer voortdurend met
nuwe lote, selfs met gereelde oordrag van volwasse hout, waardeur
die bamboes volhoubaar vir die aarde word en om die mense te
bevoordeel.
Die bamboes is plaaslik en goedkoop om te oes en is dus ʼn
bekostigbare alternatiewe boumateriaal vir die meerderheid van die
armer samelewings in Suidoos-Asië. Bamboeshuise is maklik om
aanmekaar te sit op enige terrein en is goedkoop.
Bamboes kan gebruik word vir boudoeleindes sonder die gebruik van
gevaarlike giftige chemikalieë wat die natuur en die mens benadeel.
Bamboes kom van die natuur en word teruggee aan die natuur in ʼn
natuurlike siklus wat dit ʼn veilige woning maak.
Bamboes is ʼn natuurlike antibakteriese plant, daarvoor kan dit
gebruik wors as boumateriaal wat verseker dat dit nie siektes sal
dra.
Die huise wat in FIGUUR A gesien word, is ontwerp om geweldige
oorstromings wat in suidelike Asië voorkom, te weerstaan. Bamboes
is waterbestand dus ʼn geskikte materiaal vir die bou van hierdie
huise.
Die sterkte, buigsaamheid en ligte gewig van bamboes maak dit ook
ʼn geskikte materiaal vir die bou van huise wat oorstromings moet kan
weerstaan. Veiligheid is van allergrootste belang vir die mense in
hierdie ernstige vloedgebiede.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
28 ONTWERP V1 (EC/SEPTEMBER 2017)
Die gebruik van bamboes vir die bou van hierdie huise en ook die
hergebruik van oliedromme, maak dit ʼn ontwerp met ʼn lae
koolstofvoetspoor. Geen groot masjinerie word gebruik vir die
konstruksie van hierdie huise nie, wat lei tot relatief lae
energieverbruik en amper geen besoedeling. Hierdie konstruksie stel
ook die huise in staat om veilig te dryf tydens die
oorstromingseisoen.
Die argitekte het die gemaklikheidsfaktor van die inwoners oorweeg.
Met die warm, vogtige klimaat van Suidoos-Asië het die dakontwerp
driehoekige uitkykpunte wat in alle rigtings oopmaak. Dit skep
natuurlik kruisbome en skaduwee. Die inwoners word beskerm
indien onstuimige weer kom deur die dakstukke te sluit.
Inwoners kan hul eie plante plant in die vertikale bamboesplanters
wat aan albei kante buite die mure is ingerig is.
Reënwater-besproeiingsisteme is in plek wat die vertikale
bamboesplanters besproei.
Gee krediet aan enige geldige en redelike antwoord. (4)
5.1.2 (Gee ʼn totaal van 14 punt vir een opstel oor TWEE ontwerpers.)
Kandidate moet kies tussen ʼn Suid-Afrikaanse ontwerper/ontwerpers-
groep EN ʼn internasionale ontwerper/ontwerpersgroep. Die
groep/groepe moet besorg wees om veranderinge in enige sosiale
kwessies te bring. Sosiale onreg, rassisme en marginalisasie.
Neem kennis: ʼn Leerder mag enige voorbeeld van die LTSM soos
voorgeskryf in die LPG (d.w.s. die Woolworths Boek
‘Leef met daaglikse ontwerp’ of ‘Kunsvlyt in kuns in
SA’ deur E. Coetzee)
VOORBEELD VAN ʼn PLAASLIKE ONTWERPER/ONTWERGROEP
STREETWIRES (Ontwerp groep)
HULLE DOEL IS OM:
Die probleme van werkloosheid en probleme in Suid-Afrika aan te
spreek.
Om ʼn betekenisvolle langtermyn werksgeleenthede in Suid-Afrika te
skep
Om die lewensgehalte te verbeter deur die voorsiening van werkplek,
permanente indiensneming, ʼn sin vir ʼn doel in die lewe en toegang
tot vaardigheidsopleiding en persoonlike ontwikkeling.
SOSIALE VERANTWOORDELIKHEID:
Die maatskappy is van mening dat die grootste hindernis in ons land
werkloosheid is:
- Dit is die hoof-oorsaak van talle maatskaplike probleme soos
armoede.
- Dit belemmer gemeenskapsgroei en -ontwikkeling.
- Hulle is van mening: as die verbetering van die lewe van Suid-
Afrikaners deur ʼn werkplek, permanente indiensneming, ʼn sin vir
doel en toegang tot vaardigheidsopleiding en persoonlike
ontwikkeling, Suid-Afrika ʼn beter plek vir almal sal wees.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2017) ONTWERP V1 29
Streetwiresopleiding en -ontwikkeling is ʼn nie-winsgewende
maatskappy. Hulle hoofdoel is om spesifieke gemeenskappe op te
hef deur vaardigheidsopleiding te verskag, individuele kunstenaars te
ontwikkel en uitreikingsinisiatiewe en weeshuise, skole en arm
gemeenskappe te skep.
Die besigheid fokus op die vervaardiging van straatdraadkuns, ʼn
unieke Suid-Afrikaanse produk. Die mees waarskynlike oorsprong
van hierdie kunsvorm het sy oorsprong in die landelike gebiede van
Maputuland en Zimbabwe, waar arm kudde-seuns hul eie speelgoed
geskep het van ou draadhangers, blikkies en alles wat hulle kon
vind. Nuwe draadkunsontwerpe word geskep deur ʼn
ontwerperspan en sodra ontwerp goedgekeur is, word ʼn prototipe
ontwerp gemaak en oorgedra aan die draadkunstenaars wat as ʼn
span werk om die produk te produseer. Die Kaapstadse ateljee
werk as ʼn besigheid gebaseer op kwaliteitkontrole, om hoë
standaarde te handhaaf en te verseker die spanleier die ontwerp
presies soos die prototipe lyk. Die produkte moet ʼn deurlopende
gehaltebeheerproduksielyn slaag voor dit vrygestel mag word.
Produkte wat ontwerp word, is beide dekoratief en funksioneel soos
kralewerkpromosie-items en geskenke (bv. sleutelringe, logo
sleutelringe, sakekaarthouers ens.). Werkende radio’s, verskillende
modelle van motors in draad- of kraledraadwerk, diere, voëls en
menslike beeldhouwerk. Die tegniek van draadkuns oorheers,
insluitend materiale soos krale, blikkies en bottel doppies.
REEKSE:
Die vorms en fatsoen van die produkte is hoogs gestileerd en baie
vereenvoudig. ʼn Element van eienaardigheid en humor kom voor.
Helder kleure en eenvoudige, kronkelende buitelyne oorheers. Dit
kan gesien word in voorbeelde soos: die kralewerk draad borsbeelde
van Madiba/Hoopoo voël/Ooievaar/Skape en Nguni-beeste.
Streetwires het vyf produk reekse geproduseer, naamlik:
- ‘Streetwires Custom’: Unieke produkreekse vir geleenthede en
korporatiewe handelsmerke;
- ‘Streetwires Generies’: kleinhandelstrokies wat die grootste
persentasie van hul inkomste verseker;
- Streetwires Versameling’: Teiken die hoë-end-ontwerp en
dekormark;
- ‘Die Handtekening Reeks’: Bevorder die name van die
maatskappy se beste kunstenaars (bv. Meesterdraad kunstenaar
Elias Kahari en die ontwerper Michaela Howse) wat hulle produkte
in deftige winkels verkoop;
- ‘Die Fyn Kuns Versameling’: een man uitstallings waar
versamelings onder hulle eie name vertoon word.
VORMING/IMPAK OP DIE SAMELEWING:
Die reeks hierbo dra almal by tot die ekonomie van Suid-Afrika op
hulle eie unieke manier wat hulle spesifieke teikenmark is. Dit skep
dinamiese maniere waarop die land se produkte bevorder kan word
na oorsese markte. Die bevordering van die handewerk en
vaardighede van hierdie land en uiteindelik die verskaffers van meer
werksgeleenthede vir die plaaslike gemeenskap.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
30 ONTWERP V1 (EC/SEPTEMBER 2017)
VOORBEELD VAN SY WERK:: ‘TROTS SUID-AFRIKAANSE LOGO :
‘TROFEE’
Die Trots Suid-Afrikaanse-veldtog is ʼn Suid-Afrikaanse plaaslike
‘bemarkingsveldtog’ en -logo.
In die Streetwirestrofee skepping word die agterkant van ʼn hand
vertoon, op ʼn klein voetstuk. Die hand hou ʼn ‘Trots Suid-Afrikaanse
logo’ vas.
Die regmerkie in die logo is die universele ʼn simbool om kwaliteit en
goedkeuring aan te dui.
Die kleure vertoon die Suid-Afrikaanse vlag. Die blok in die logo wys
weereens die kwaliteit en goedkeuring van die endossement.
Die organiese vorm van die hand is in teenstelling teenoor die
geometriese vorms van die logo.
VOORBEELD VAN ʼn INTERNASIONALE ONTWERPER
BJ KRIVANEK (Ontwerper)
SY DOELWITTE IS:
Voeg publieke en poëtiese dimensies aan die oorvloed van
kommersiële boodskappe in ʼn moderne stedelike landskap.
Krivanek integreer teks in ʼn geboude omgewing.
SOSIALE VERANTWOORDELIKHEID:
Ontwerp monumente wat verskillende groepe vier wat deur die
samelewing geïgnoreer of opsy gestoot is.
Hy gee ʼn stem aan die ‘beleerde en gestigmatiseerde stedelike
gemeenskappe’ as ʼn manier om na hulle uit te reik en waarde te
gee.
INVLOEDE OP SY WERK:
Hy kry sy inhoud vir sy projek deur die geskiedenis van die area waar
hy werk te bestudeer deur uit te reik na die gemeenskap.
Hy laat die tradisie van die inskripsie op klassieke publieke geboue
herleef wat vir honderde jare teks op gehad het om instruksies te gee
en te herdenk. Die goed geplaaste klassieke inskripsies was
gewoonlik in hoofletters gedoen en geskryf deur mense wat in
leierskapposisies was of dominante sosiale groepe.
METODES:
Hy kombineer beeldhou, argitektuur en ontwerp en maak
omgewingstellasies wat die onsigbare buitestaander herdenk eerder
as bekende mense.
Krivanek maak gebruik van verskynsels soos lig, refleksie,
skaduwees en projeksies in sy werke.
Materiale soos glas, aluminium, vlekvrye staal en sement word
geïnkorporeer.
Krivanek se teks is vrygewig gespasieer en baie versigtig rangskik in
lyne om die egte waarde van die boodskap te behou.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2017) ONTWERP V1 31
Lettertipes hou by die omliggende argitektoniese strukture se style
om die geskiedenis en die karakter van die area te reflekteer en om
daardie area ʼn stem te gee.
Sy temas gee nie instruksies nie; in plaas daarvan reflekteer dit
kontemporêre sosiale kwessies en sy boodskap gaan teen die
amptelike hedendaagse siening.
Hy werk met ʼn span medewerkers.
VORMING VAN DIE SAMELEWING:
Hy versterk mense se gevoel oor die area waar hulle woon.
Hy vermeerder mense se kennis oor die geskiedenis van ʼn plek en
die gebeure wat daar plaasgevind het deur enkele woorde.
Hy laat mense krities dink oor hulself en situasies in ʼn positiewe
wyse.
Die argitektoniese werke vertoon altyd ʼn emosionele en sensitiewe
verband met die fisiese mens.
Die werke moedig dikwels innerlike gevoelens en terug blik van die
kyker aan.
Sy omgewingskomponente meng beeldhouwerk, argitektuur en
ontwerp om die onsigbare buitestaander te gedenk eerder as
prominente figure te sien.
VOORBEELD VAN ʼn ONTWERP: :‘THE 9/11 MEMORIAL, LAX AIRPORT’
DOEL:
Om die tragedie van die terroriste-aanval op die Verenigde State van
Amerika te herdenk. Drie van die vier gekaapte vlugte was oppad na
LAX.
Om die gemeenskap se kollektiewe verlies te reflekteer en die hoop
wat uit die nasie se nasionale identiteit ontstaan het.
METODES:
Besoekers aan die gedenkteken betree ook ʼn verhoudingsdrempel
wat graveer is met die woorde: ‘Dogter, Buurman, Burger’. et al om
die ingeboude, versterkte fontein te benader.
Aan die rand kan besoekers die drywende, reflekterende bord
beweeg om die wisselwerking tussen nasionale persepsies te
aktiveer. Gegraveer: ‘United We Stand’. ‘Sea to Shining Sea, Home
of the Brave’. et al. Teenoor kern-Amerikaanse regte en ideale –
Gegraveer: ‘Privacy, Habeas Corpus, Assembly’, et al. wat die
nasionale dialoog wat deur die aanvalle veroorsaak word, voorstel.
Aangeteken op die drywende spieël bord, wat snags opwaarts
weerspieël word, is die persoonlike eienskappe van die slagoffers –
Gegraveer: ‘Beloved, Equal, Strong, Honest’, et al – bewyse van die
diverse Amerikaanse burgerskap en die eienskappe wat hul
nasionale identiteit vorm. Soos ʼn boodskap in die nag simboliseer
hierdie konstellasie die oorblywende ‘afterlife’ van die slagoffers.
Op die bord in verskillende tale is algemene Amerikaanse frases
soos: ‘American Dream’, wat wêreldwyd bekend is geskryf.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
32 ONTWERP V1 (EC/SEPTEMBER 2017)
Die gesegmenteerde plate van die bak wys ook die verdeling van
hierdie frases wat die verbreking van die Amerikaanse ideologie as
gevolg van die gebeurtenis verteenwoordig.
Die gedenksteen is gebou bo-op ʼn bestaande fontein – die plate
beweeg voortdurend weens die beweging van die water waarop die
bak dryf.
Gee krediet aan enige relevante voorbeelde en inligting. (14)
[20]
V5.1 KOGNITIEWE
GEWIG % VRAE PUNTE
VLAK VAARDIGHEID
Laer Waarneming / Deel van
30% 5
orde Recall, Begrip 5.1.2
Deel van
Middel- 5.1.1
Toepassing 40% 4+5
orde Deel van
5.1.2
Deel van
Analise
Hoër 5.1.1
Sintese 30% 2+4
orde Deel van
Evaluering
5.1.2
OF
5.2 5.2.1 (Ken 2 punte toe)
FIGUUR B word as ontwerp geskou.
In die ontwerp, streef die ontwerper om iets te verbeter of iets nuut te
maak wat die kwaliteit van ons lewens kan verbeter. ʼn Ontwerper kyk na
nuwe metodes of die herontdek van ou metodes om iets nuut en
innoverend te maak.
Handewerk kan gedefinieer word as die maak van individuele items. Die
maak van ʼn reeks nuttige en/of dekoratiewe voorwerpe wat hoofsaaklik
met die hand geskep is. Hierdie spesifieke materiaal en vaardigheid is as
goeie afwerking gesien.
Die ontwerp ‘The Crochet Lamp’ in FIGUUR B is vervaardig uit die ou
vaardigheid van hekel. Meer as net een van die lampe is waarskynlik
vervaardig en die hekel tegniek is op ʼn kontemporêre manier gebruik
om hierdie produk as ontwerp te kategoriseer.
Gee krediet aan enige geldige en redelike antwoord. (2)
5.2.2 (Ken 8 punte toe)
Kandidate moet kies tussen EEN van die tradisionele kunsvlyt:
isiZulu mandjiewerk, isiZulu pottebakkery, isiZulu kralewerk of
IsiXhosa-kralewerk.
VOOBEELD: isiZULU KRALEWERK
OORSPRONG EN TRADISIONELE GESKIEDENIS:
Port Natal (nou Durban) was een van die eerste gebiede waar handel
tussen die Noord AbaNguni (amaZulu) en die Britte rondom 1824
plaasgevind het.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2017) ONTWERP V1 33
Meeste van die handel is gedoen met die amaZulus wat buite die
koninkryk van die amaZulu gewoon het. Beide Shaka en Dingaan het
die handel van krale binne die koninkryk beheer en bepaal.
Dingaan het besonders baie van rooi klare gehou asook wit en
donkerblou.
IsiZulu-kralewerk is met hul sosiale organisasies, tegnieke en
gespesialiseerde vakmanskap, godsdienstige geloof, opvoedkundige
doelwitte en kommunikasie geïntegreer.
Die kunsvlyt vorm ʼn ingewikkelde kommunikasiestelsel wat heeltemal
toegewy is aan die uitdrukkings van idees, gevoelens en feite wat
verband hou met gedrag en verhoudings tussen die geslagte.
FUNKSIES EN SOSIALE ROL:
Krale-voorwerpe vorm ʼn belangrike deel van tradisionele Afrika-
rokke. Dit word gedra vir spesiale geleenthede, soos troues,
feeste en om van die geestelike krag, status of stadiums van die
lewe van ʼn persoon te vertel.
MATERIALE EN METODES:
In Afrika word sade, neute, skulpe, bene, kloue, tande, hout, metaal,
klip en goud gebruik om krale te maak.
Glaskrale uit die Ooste, wat ongeveer in die 2de eeu AD na Suider-
Afrika gebring is deur Indiese en Arabiese handelaars, is gebruik.
Kralewerk is as ʼn sosiale en ontspannings aktiwiteit gesien in
groepsverband.
Kralewerk is geweef deur die vrouens vir hulself en hul families.
Kralewerk is ʼn manier om sonder woorde te kommunikeer. Dit
word gedoen deur middel van patrone, style en kleure.
Boodskappe word geweef in dekoratiewe meetkundige ontwerpe,
met besondere simboliek.
Dit kan gesien word deur die kleur simbole en patrone. Die
betekenis word beïnvloed deur die kombinasie of rangskikking van
sekere kleure.
BESKRYWING VAN EEN VOORBEELD: IsiZulu-liefdesbrief
Dit bestaan ʼn klein kralewerkband met ʼn flap wat om die nek gedra
word. Die flap bevat ʼn geometriese ontwerp wat bestaan uit ʼn
driehoeke ontwerp in verskillende kombinasies wat verband hou met
manlike/vroulike verhoudings.
Die kralewerk ‘liefdesbrief’ is deur die vrou gebruik om met hul mans
te kommunikeer. Die interpretering is amper soos om die Zoeloe-
taal te verstaan. Die kode is egter baie eenvoudig. Dit gebruik die
basiese meetkundige figuur van die driehoek en gewoonlik ʼn
maksimum van sewe kleure. Die drie hoeke verteenwoordig
vader, moeder en kind. Sosiale konvensies beïnvloed dikwels die
kombinasies of reëlings wat die betekenis van kleure en die
meetkundige figure bepaal. Wit verteenwoordig die geestelike
liefde, suiwerheid en maagdelikheid. Rooi is veral ʼn belangriker
kleur en Zoeloe-meisies sluit dit in die kralewerk-liefdesbriewe wat
hulle na hul kêrels stuur.
Gee krediet aan enige geldige en redelike antwoord. (8)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
34 ONTWERP V1 (EC/SEPTEMBER 2017)
5.2.3 (Ken 10 punte toe)
LADUMA NGXOKOLO – Breiwerk ontwerper, Port Elisabeth
Laduma Ngxokolo bekende breiwerk ontwerper wat al vele
toekennings gekry het. Laduma Ngxokolo word beïnvloed word deur
tradisionele isiXhosa-kralewerk.
Ngxokolo se doelwit is om breiwerk te ontwikkel wat die identiteit van
die amaXhosa-‘amakrwalas’ weerspieël nadat hulle die besnydenis
skool bygewoon het waar hulle geïnisieer is tot volwassenheid.
Hy beoog om klein swart gemeenskapsboere te ondersteun deur
plaaslike merino wol en sybokhaar te gebruik.
Deur plaaslike sybokhaar in sy produkte te gebruik, beoog hy om
indirek by te dra tot die markaandeel van die plaaslike inwoners.
Hy beoog om gebreide truie te produseer, wat nuwerwets en
aantreklik vir die ‘amakrwalas’ is, maar wat nog steeds as deel van
die isiXhosa-kultuur geïdentifiseer word.
Hy beoog om geleenthede te skep vir indiensneming en
besigheidsondernemings in die sybokhaar-, wolbedryf- en
breibesighede.
Om sy reekse na ander lande uit te voer.
Hy beoog om goeie gehalte, outentieke Suid-Afrikaanse ontwerpe te
skep. Hy gee sorgvuldige aandag aan patroon en kleur.
INVLOEDE:
Ngxokolo was grootliks deur sy ma beïnvloed, met haar kunsvlyt en
kralewerk.
Elke jaar woon honderde amaXhosa-seuns wat agtien tot drie-en-
dertig is, die manlikheidsinisiasie-ritueel by, by die besnydenisskool.
Die ou klere van die ingewydes, bekend as ‘amakrwalas’, word
weggegee as ʼn teken van die einde van hul puberteit. Hulle ouers is
verplig om by rituele te hou en hulle koop hoëgehalte meetkundige
breiwerk wat uit die weste ingevoer word. Nadat hy die isiXhosa-
inisiasie self ervaar het, het Ngxokolo gevoel dat daar geen gebreide
handelsmerke was wat ʼn estetiese ooreenkoms met isiXhosa-tradisie
gehad het nie en daarom self besluit het om ʼn verskeidenheid
gebreide kledingstukke spesifiek vir ‘ amakrwala’ te ontwikkel.
Kralewerk vorm so ʼn belangrike deel van die isiXhosa-kultuur asook
Ngxokolo se kultuur as ʼn jong isiXhosa-man. Ngxokolo het kralewerk
as inspirasiebron verken, wat maklik in patrone kan vertaal word vir
sy unieke breiwerk.
Kleure speel ook ʼn belangrike rol in die isiXhosa-kultuur. Ngxokolo
kies die kleure vir sy breiwerk noukeurig om die isiXhosa-kultuur te
verteenwoordig.
KARAKTEREIENSKAPPE:
Hy maak gebruik van plaaslike merino wol en sybokhaar vir sy
breiwerk.
isiXhosa-kralewerk is een van die belangrikste praktyke van die
isiXhosa-kultuur en bestaan hoofsaaklik uit meetkundige motiewe
soos die pyl, byl, diamant en die zigzag-patroon. Hierdie ontwerpe
kan almal maklik in breiwerkpatrone vertaal word.
Die breiwerk met die geometriese patrone, weerspieël die
amaXhosa-tradisionele identiteit.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2017) ONTWERP V1 35
Ngxokolo skep kleurmonsters sodat die wol en sybokhaar gekleur
kan word in die korrekte kleurspesifikasies.
Ngxokolo het sy handelnaam ‘MaXhosa by Ladume’ genoem omdat
hy die verstommende skoonheid van die Xhosa-mense wou wys en
dit op ʼn moderne manier wou weergee, veral op die huidige jeug wat
baie beïnvloedbaar is deur internasionale tendense.
Van al die briljante ontwerpers in Suid-Afrika is sy werk gekies as deel
van die versameling top Suid-Afrikaanse ontwerpe om die uitstalling
in Helsinki tydens die Wêreldontwerp vieringe in 2012.
Breiwerkstyle van truie, ‘waterfall cardigans’ en v-nek truie, ‘shawl
collar necks’, ‘pull-over’s’ & ‘crew-neck’ truie word geproduseer.
Geïnspireerd deur sy oorlede ma, wat ʼn groot patriot van die Xhosa-
erfenis was, het Ngxokolo sy versameling van 2013 ‘ My Erfenis My
Erfgenaam.’ Die klere word gemaak met behulp van tradisionele
materiale en met moderne masjinerie in ʼn fabriek in Kaapstad.
In kontemporêre dekor, werk Ngxokolo ook saam met binnenshuise
versierders. Met sy breiwerk op ʼn stoel wat soos ʼn Afrika-pot lyk.
Onlangs het Ngxokolo uitgebrei en vervaardig nou matte met patrone
asook kussings en komberse.
Hy het sy handelsnaam uitgebrei en het nou ʼn vroue-reeks begin
genaamd ‘Buyele’mbo‘.
Gee krediet aan enige feitlike en redelike antwoord. (10)
[20]
V5.2 KOGNITIEWE
GEWIG % VRAE PUNTE
VLAK VAARDIGHEID
Laer Waarneming / Deel van 5.2.2
30% 3+3
orde Herroep / Begrip Deel van 5.2.3
Deel van 5.2.1
Middel-
Toepassing 40% Deel van 5.2.2 1+3+4
orde
Deel van 5.2.3
Analise Deel van 5.2.1
Hoër
Sintese 30% Deel van 5.2.2 1+2+3
orde
Evaluering Deel van 5.2.3
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
36 ONTWERP V1 (EC/SEPTEMBER 2017)
VRAAG 6 (Ken 20 punte toe in totaal)
6.1 (Ken 6 punte toe)
Die ontwerp in FIGUUR A word as ʼn goeie voorbeeld van sosiale en ook
volhoubare omgewings ontwerp gesien, vir die volgende redes:
Dit is gemaak van 100%volhoubare inkopie-sakke. Ons stortingsterreine is
oorvol met nie-bioafbreekbare afval, sodat hierdie eko-vriendelike skooltasse,
wat van vooraf gebruik word, ʼn unieke oplossing bied in die bestryding van
omgewingsprobleme.
Die ‘Rekatha Repurpose’ skoolsak maatskappy, wat tans 20 mense in diens
neem, beoog om die produksie uit te brei. Op hierdie manier is
werksgeleenthede beskikbaar vir die plaaslike gemeenskap, wat dus sosiale
probleme aanspreek.
Die skooltasse is gemaak met ʼn ingeboude sonpaneel aan die buitekant van
die sak. Die sonpaneel laai energie gedurende die dag op, sodat in die nag
aan ʼn sonkruiklamp geheg kan word, wat hul opvoedkundige behoeftes vir
verlengde studietyd ondersteun.
Hierdie sonkrag lamp kan ook deur lede van die gesin gebruik word,
aangesien elektrisiteit nie in hul huise beskikbaar is nie, of die koste van
elektrisiteit te hoog is. So word kinders van lae inkomste families gehelp.
Die skooltasse word geskep met toegevoegde retro-reflektiewe materiaal om
die sigbaarheid van die kinders te verhoog wat na die skool en huis tussen
motors moet deurbeweeg. Dit is baie belangrik in ons land waar soveel
kinders as voetgangers op die paaie doodgery word.
Die skooltasse behoort die skoolkinders vir ʼn lang tydperk te hou aangesien
dit sterk en duursaam is.
Die skooltasse is gemaak van 100% plastiek; dit is waterdig en die inhoud sal
nie beskadig word nie. Dit is ʼn voordeel vir soveel kinders wat moet loop
wanneer dit reën.
Die skooltasse is nuwerwets en laat hulle waardig voel om ʼn goeie
ontwerpsak te besit.
Lae-inkomste, minderbevoorregte, agtergeblewe skole in Suid-Afrika waar
leerlinge lang afstande skool toe loop, en nie die basiese skoolvoorrade het
nie kan voordeel trek uit die ‘Rethaka Repurpose’-skooltas.
Die betrokkenheid van die gemeenskap in ʼn produk soos die, skep Ubuntu,
wat positiewe verandering vir mense in lae-inkomste gemeenskappe bied.
Gee krediet aan enige ander geldige antwoord. (6)
6.2 (Ken ʼn totaal van 14 punte vir een opstel oor TWEE ontwerpers)
Kandidate moet ʼn Suid-Afrikaanse ontwerper/ontwerpers agentskap EN ʼn
Internasionale ontwerper/ontwerpers agentskap kies.
Hul werk moet omgewing- en/of volhoubare kwessies aanspreek.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2017) ONTWERP V1 37
VOORBEELDE VAN ʼn PLAASLIKE ONTWERPER/ONTWERPERS
AGENTSKAP:
HEATH NASH
HOE DIE ONTWERPER/ONTWERP AGENTSKAP OMGEWING EN/OF
OMGEWING VOLHOUBARE BEKOMMERNISSE AANSPREEK:
Nash gebruik draad rame en ou plastiek bottels. Hy het die idee van die
hergebruik van weggooigoed opwindend gevind. Deur gebruik te maak van
sy vaardighede as ʼn draadkunstenaar het hy ʼn reeks bruikbare ontwerpe
gemaak van plastiek en afvalprodukte. Heath het hom verbind met die
plaaslike omgewingsorganisasie – ‘Voetspore’. Die werkers in hierdie groep is
opgelei om die bottels te versamel en te was en hierdeur die omgewing skoon
te hou. Nash het ook ʼn nuwe maatskappy begin genaamd ‘Poise’. Hulle sny
en vou plastiekblomme uit die gewaste optel bottels. ‘Poise’ versamel en
sorteer verskillende gekleurde bottels. Hy het nou ʼn volhoubare bron van die
meeste kleure.
Hy bied ook werk aan minderbevoorregte mense. Hulle versamel bottels vir
hom van rommelhope vir hom.
Die plastiek word gesny met die hand dus word geen energie gebruik en geen
besoedeling word deur die proses veroorsaak nie. Die afsnitte word weer na
herwinners terugbesorg vir verdere herwinning.
DIE TITEL EN ʼn KORT BESKRYWING VAN EEN ONTWERP MET
SPESIFIEKE VERWYSING NA DIE MANIER HOE DIT
OMGEWINGSKWESSIES AANSPREEK:
‘FLOWERBALL’-LAMPSKERM:
Die lampskerm is funksioneel, omdat dit ʼn kamer oplig. Dit het ook estetiese
waardes aangesien dit ʼn aangename visuele ervaring bied vir enige interieur
waar dit hang.
Dit spreek die huidige omgewingskwessies aan omdat dit die herwinning van
afvalplastiek gebruik om die lampskerm te produseer.
Die lampskerm is oorheersend wit en gee ʼn stil, suiwer surrealistiese kwaliteit
aan die lamp. Die skaduwee is gemaak van soortgelyke blaar- en
biomordiese blomblaarvorms wat uit plastiek gesny is. Sommige van die
plastiek word gekleur om soos blomme te lyk. Sommige blomme het ronde
driehoekige blare wat in teenstelling met die verlengde blomblare vertoon. Dit
skep verskeidenheid en belangstelling in die oppervlak patroon. ʼn Kalmte
word veroorsaak deur die eenvoudige vorms en aaneenlopende wit kleur. Dit
wit kleur word tot lewe gebring deur die beweging van die skerp punte en
verskillende hoeke en die blomblaar vorms.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
38 ONTWERP V1 (EC/SEPTEMBER 2017)
VOORBEELD VAN ʼn INTERNASIONALE ONTWERPER/ONTWERPGROEP
JULIE BARGMANN
HOE DIE ONTWERPER/ONTWERP AGENTSKAP OMGEWING EN/OF
VOLHOUBARE BEKOMMERNISSE AANSPREEK:
Julie Bargmann word internasionaal erken as ʼn ontwerper wat besoedelde en
industriële terreine in die VSA herwin wat erg aangetas is deur myne en die
neerstorting van rommel. ʼn Belangrike fokus is die behandeling van ‘AMD’
(suurmyndreinering) wat in strome en riviere spoel, en sodoende die
suurvlakke verhoog en lewensvorming versmoor. Sy verken die kreatiewe
potensiaal van hierdie gedegradeerde landskappe en verander hulle in
regeneretiewe landskappe.
Bargmann pas haar navorsing toe op haar klein ontwerp praktyk genaamd
D.I.R.T. (Design Investigations Reclaiming Terrain/Dump it Right There). Sy
ondersoek die uitwerking van huidige en industriële bedrywighede en stedelike
prosesse op ekologiese stelsels en gemeenskappe en die verwantskap
daarvan met opkomende tegnologieë. Bargmann stel spanne van argitekte,
kunstenaars, ingenieurs, argeoloë en wetenskaplikes in diens om haar te help
om die volgende landelike lewe, soos sluipmure en verlate steenkoolmyne te
ondersoek.
Bargmann leer ‘critical site-seeing’ wat daarop gemik is om die veelvuldige
geskiedenis van ʼn terrein te verken ten einde al die prosesse te verstaan wat
tot die agteruitgang daarvan gelei het en om ʼn plan vir ʼn herlewing te beraam
met die hulp van die gemeenskap en ekonomie. Sy poog om nie net die
landskap te laat herleef nie, maar ook om nie te vergeet. Om ʼn herinnering te
gee aan wat op die terreine gebeur het. Sy wil weg beweeg van die algemene
praktyk van die verlede se elemente van die terrein om dit onder groen heuwels
of ontspanningsvelde soos gholfbane weg te steek. In haar eie woorde: ‘Its
like putting lipstick on a pig’. Sy beoog om nie net die landskap te laat herleef
nie, maar ook nie te vergeet nie. Om ʼn herinnering agter te laat wat op die
terreine gebeur het.
DIE TITEL EN ʼn KORT BESKRYWING VAN EEN ONTWERP MET
SPESIFIEKE VERWYSING NA DIE MANIER WAAROP DIT
OMGEWINGSKWESSIES AANSPREEK:
‘TESTING THE WATERS’:
Bargmann het die terrein van ʼn voormalige steenkoolmyn in Vintondale,
Pennsylvania omskep in ʼn 45 hektaar park vir suurmyndreinering en vir die
gemeenskap. Bargmann het die uitleg van die park ontwerp deur die
bestaande vorm van die landmassa in die vorm van ʼn passiewe ‘AMD’ -
(suurmyndreinering) – behandelingstelsel te maak. Dit is soos ʼn reuse
ekologiese wasmasjien. Sy het die publiek uitgenooi om die skoonmaak proses
te sien.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2017) ONTWERP V1 39
Eerstens gaan die suurmyndreinering besoedelde water deur ʼn reeks retensie
bakke. Soos die besoedelde water oor die behandelingstuin verby vloei,
verander die kleur van suuroranje tot ertjiegroen en dan uiteindelik tot alkaliese
blougroen. Elkeen van hierdie kleure verandering is ʼn simboliese en ʼn fisiese
verandering. Die skoonmaakproses word simbolies in die ‘Litmus Garden’
gewys. Die seisoenale kleure van die bas, blare en vrugte van die
wisselende rye inheemse bome en struike verteenwoordig visueel die
behandelings volgorde, van diep rooi en oranje na koeler kleure van groen en
blou. Die vloedvlakke van die terrein word gerekonstrueer in ʼn nuwe moeras
en vlei waar water terug na die plaaslike rivier in ʼn gesuiwerde toestand
vloei.
Gee krediet aan enige geldige en redelike antwoord. (14)
[20]
V6.1+6.2 KOGNITIEWE
GEWIG % VRAE PUNTE
VLAK VAARDIGHEID
Deel van 6.1
Laer orde Kennis / Begrip 30% 6
Deel van 6.2
Deel van 6.1
Middel-orde Toepassing 40% 8
Deel van 6.2
Analise
Deel van 6.1
Hoër orde Sintese 30% 6
Deel van 6.2
Evaluering
TOTAAL AFDELING C: 40
GROOTTOTAAL: 100
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Study this subject
Recommended for this subject

Memorandum
Design Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2017 Memo (English)

Question paper
Design Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2017 QP (Eng)

Question paper
Design Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2017 QP (Afr)

Memorandum
Design Grade 12 Paper 1 NSC November 2017 Memo (English)

Memorandum
Design Grade 12 Paper 1 NSC November 2017 Memo (Afrikaans)

Memorandum
Design Grade 12 P1 NSC Supplementary 2017 Memo (Afrikaans)
More from Grade 12 Design

Annual teaching plan
Gr 12 Des ATP 2023 24

Question paper
Design Grade 12 P1 NSC June 2025 Question Paper (Afrikaans)

Question paper
Design Grade 12 P1 NSC November 2025 Question Paper (Eng)

Question paper
Design Grade 12 P1 NSC November 2025 Question Paper (Afr)

Question paper
Design Grade 12 P1 November 2024 NSC Question Paper (Eng)

Question paper