Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE
SENIOR SERTIFIKAAT
GRAAD 12
ONTWERP V1
(TEORIE)
FEBRUARIE/MAART 2017
MEMORANDUM
PUNTE: 100
Hierdie memorandum bestaan uit 25 bladsye.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Skip to contentAll 2017 papers 





View all





Design Grade 12 P1 NSC Supplementary 2017 Memo (Afrikaans)
Grade 12 Design Paper 1 memorandum from the NSC Supplementary Exam 2017 (Afrikaans), 25 pages. Read online or download the free PDF.
Design · Grade 12 · NSC Supplementary Exam · 2017. Memorandum, 25 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Design
- Grade
- Grade 12
- Document type
- Memorandum
- Year
- 2017
- Exam period
- NSC Supplementary Exam
- Paper
- 1
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 25
- File size
- 1.1 MB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 25
This exam
NSC Supplementary Exam 2017
Questions in this paper
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
Ontwerp/V1 2 DBE/Feb.–Mrt. 2017
NSS – Memorandum
AFDELING A: ONTWERPGELETTERDHEID
'ONGESIENE' VOORBEELDE
BEANTWOORD ÓF VRAAG 1.1 ÓF VRAAG 1.2.
VRAAG 1 [10 punte]
1.1 (Ken 'n maksimum van twee punte per element en beginsel toe)
• BALANS
Hierdie beelde is op 'n tweesydige simmetriesgebalanseerde wyse
gerangskik om 'n gevoel van orde en kalmte te skep. Die groepering
van die beelde in 'n sirkelvorm rondom 'n groot sentrale motief vertoon
duidelik die straalvormige balans.
• FOKUSPUNT
Die DC ronde hanger aan 'n ketting is die oorheersende fokuspunt
omdat dit reg in die middel geplaas is. Dit is duidelik die grootste
beeld in die illustrasie. Die twee punte van die hart lei ook die oog na
die DC hanger.
• RITME
Die herhaalde beelde, byvoorbeeld hoede, tekkies, selfone en ringe laat
die oog in 'n vertikale, horisontale en sirkelbeweging dwaal. Die
herhaling van baie ronde beelde, byvoorbeeld die ringe en die sentrale
hanger en die blombeeld, dra ook tot die skepping van 'n sirkelagtige
ritme by.
• KONTRAS
Die plein, plat agtergrond kontrasteer sterk met die veelvuldige beelde
waarvan baie fyn detail bevat. Dit skep 'n lewendige, amper
glinsterende oppervlak. Klein motiewe soos die klein blink sterretjies
kontrasteer met groter motiewe soos die hoed en die geldsak wat die
oppervlak ook opkikker. Hierdie glinsterende gevoel kommunikeer
oorvloed en rykdom.
• FATSOEN
Die beelde is almal plat en vereenvoudig om 'n duidelike en skoon
komposisie wat maklik leesbaar is, te skep. Die geldsak, hoed, tekkie
en bottel is organiese vorms wat beweging oordra terwyl die selfoon,
diamant en ander edelgesteentes geometries is en hierdie beweging
stabiliseer.
Gee krediet aan enige ander geldige stellings.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Ontwerp/V1 3 DBE/Feb.–Mrt. 2017
NSS – Memorandum
V.1.1 GEWIGS- PUNTE
VLAK KOGNITIEWE VAARDIGHEDE TOEKENNING VRAE (10)
Onthou, Herroep, Herken 1.1 2
Laer Orde 30%
Verstaan, Verduidelik, Beskryf 1.1 1
Middel Orde Toepas, Implementeer, Organiseer 40% 1.1 4
Analiseer, Interpreteer 1.1 1
Hoër Orde 1.1 1
Reflekteer, Oordeel 30%
Sintetiseer 1.1 1
OF
1.2 [Ken 'n maksimum van 2 punte per ontwerpterm toe vir 'n totaal van
10 punte]
• EKLEKTIES
Die term eklekties beteken om van 'n verskeidenheid ontwerpstyle/-
periodes te leen om 'n nuwe, unieke ontwerp te vorm. Die eenvoudige
reghoekvorm van die bank verwys na die Bauhaus en Modernistiese
ideale van Minimalisme en 'Minder is Meer'. 'n Ander moontlike
verwysing is die Skandinawiese Ontwerp se klem op funksionaliteit,
skoon lyne, ligte materiale en helder kleure en hul gebruik van
volhoubare materiale. Die Postmodernistiese geloof in
omgewingsgoedgesinde ontwerpe is ook sigbaar in hierdie produk se
gebruik van geweefde herwinde plastiek.
• GETROUHEID AAN MATERIALE
In lyn met die filosofie 'getrouheid aan materiale' is die hout van die bank
ongeverf gelaat om die skoonheid van sy natuurlike staat te weerspieël.
Die kleur en grein van die hout is sigbaar gelos wat die bank aan die
natuur koppel.
• MINIMALISME
Die betekenis van die term Minimalisme impliseer 'Minder is Meer', d.i.
die ontwerper het die 'allernodigste' gebruik om 'n skoon en
vaartbelynde vorm te skep.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Ontwerp/V1 4 DBE/Feb.–Mrt. 2017
NSS – Memorandum
• VORM-VOLG-FUNKSIE
Die eenvoudige vorm van die ontwerp beklemtoon sy funksie. Alle
klem is op funksionaliteit geplaas en versiering is ekonomies aangewend
om die eenvoudige geometriese vorm te beklemtoon.
• HERNUWE
Die vesels van die tekstieldeel van die bank word met herwinde
plastieksakke gevorm. Die plastieksakke is hernuwe om 'n nuwe doel,
d.i. van bekleedsel, te verwerf.
Gee krediet aan enige ander geldige stellings.
V.1.2 GEWIGS- PUNTE
VLAK KOGNITIEWE VAARDIGHEDE TOEKENNING VRAE (10)
Onthou, Herroep, Herken 1.2 1
Laer Orde 30%
Verstaan, Verduidelik, Beskryf, 1.2 2
Klassifiseer
Middel Orde Toepas, Implementeer, Organiseer 40% 1.2 4
Analiseer, Interpreteer 1.2 1
Hoër Orde 1.2 1
Reflekteer, Oordeel 30%
Sintetiseer, Regverdig 1.2 1
KOMMUNIKASIE DEUR ONTWERP
VRAAG 2 [10 punte]
2.1 (Ken 8 punte toe)
(Ken 2 punte toe)
• Gebruik van kleur
Hierdie boodskap blyk binne 'n Afrika-konteks te wees as gevolg van die
sub-Sahara agtergrond wat bruin, droog met baie min groenigheid is.
Die gebruik van die kleur swart simboliseer die lot, leegheid en hartseer
van armoede. Die kontras van die swart beeld van die meisie aan die
linkerkant in vergelyking met die helderkleurige figuur van die meisie aan
die regterkant kan moontlik die verskil tussen 'n toekoms met opvoeding
teenoor een sonder opvoeding simboliseer.
(Ken 3 punte toe)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Ontwerp/V1 5 DBE/Feb.–Mrt. 2017
NSS – Memorandum
• Die gebruik van beelde in die plakkaat
Die boodskap van die plakkaat dra die belangrikheid van die opvoeding
van klein meisietjies as net so belangrik as die opvoeding van klein
seuntjies oor. Dit word deur die beeld van die klein meisietjie in die
voorgrond en die beeld van die klein seuntjie in die agtergrond van beide
plakkate gekommunikeer. Manlike kinders word dikwels 'n geleentheid
gebied om 'n opvoeding te kry omdat hulle tradisioneel as die
toekomstige broodwinners gesien word. Die meisiekind word aan die
ander kant as 'n toekomstige moeder en vrou, van baie min belang,
gesien en daar is dus geen behoefte aan opvoeding nie. Die klein
kaalvoetmeisietjie aan die linkerkant dra armoede oor.
(Ken 3 punte toe)
• Die lettertipe in die slagspreuk van die veldtog (Omdat ek 'n meisie
is)
Die 'I' in die slagspreuk is verleng/uitgerek wat kan kommunikeer dat 'n
mens deur die bemagtiging van meisies met opvoeding vir hulle die mag
gee om vir die sterre te reik. Deur drome te bewaarheid en hulle toe te
laat om 'n blink toekoms te hê. Die lettertipe is effens kinderlik om haar
kwesbaarheid te wys. Die grootte en kleur van die woord 'girl' is
uitgelig om die belangrikheid van die opvoeding van meisies te
beklemtoon. Die pienkrooi kleur van die lettertipe stereotipeer ook
teenoor meisies.
(Ken 2 punte toe)
2.2 Hierdie plakkaat in FIGUUR C neem dit as vanselfsprekend dat alle mans
toegang tot opvoeding het en dat alle landelike swart meisies benadeel en
gedoem is om verwagtend te raak, sonder om 'n opvoeding te kry. Die
plakkaat stereotipeer teen swart meisies omdat daar meisies van ander
rassegroepe is wat ook deur armoede geraak word.
Gee krediet aan enige ander geldige stellings.
V.2 GEWIGS- PUNTE
VLAK KOGNITIEWE VAARDIGHEDE TOEKENNING VRAE (10)
Onthou, Herroep, Herken, Noem 2.1 2
Laer Orde 30%
Verstaan, Verduidelik, Beskryf, 2.1 1
Klassifiseer
Middel Orde Toepas, Implementeer, Organiseer 40% 2.1 3
2.2 1
Analiseer, Vergelyk, Interpreteer 2.1 2
Hoër Orde
Evalueer, Reflekteer, Oordeel 30% 2.2 1
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Ontwerp/V1 6 DBE/Feb.–Mrt. 2017
NSS – Memorandum
VRAAG 3 [10 punte]
BEANTWOORD ÓF VRAAG 3.1 ÓF VRAAG 3.2.
(OPSIE 1)
3.1 [10 punte]
Die rok in FIGUUR D kon deur die vloeiende drag van Arabiese vroue
beïnvloed wees. Die gebruik van die stewels en sterk swart bande in die
patroon roep bande met uniforms/wapenrusting van soldate op, asook met
die 'Sub-Sahara emo' subkultuur (die gebruik van baie swart in die klere met
swart stewels). FIGUUR E is 'n eklektiese ontwerp beïnvloed deur baie
style en bewegings, byvoorbeeld die liniêre tekstuur op die oppervlak van
FIGUURE E herinner aan Indonesiese batikmateriaal, terwyl die sterk
diamant- en driehoekige patrone Xhosa Shweshwe in styl is. Die kort,
pofferige romp is funky, meisieagtig en kontemporêr in inspirasie. Die
patroon op FIGUUR D is modern en kan deur masjieneeubewegings soos
die Bauhaus en De Stijl geïnspireer wees omdat dit uit reguit lyne en
geometriese blokagtige fatsoene bestaan.
FIGUUR D se vorms is groot en swiepend, bestaande uit 'n swaar, vloeiende
en los rompvorm en 'n blokagtige bostuk terwyl FIGUUR E se vorms klein en
lewendig is. Die bostuk van FIGUUR E is noupassend, kontrasterend met
die romp wat kort en pofferig is en 'n meisieagtige jeugdigheid uitstraal. Die
groot, swiepende vorms van FIGUUR D wek in vergelyking beelde van
tradisionele etniese stamdrag op.
Die herhaling van dun, reguit horisontale en dik horisontale en vertikale bande
van swart skep 'n treffende vlegagtige patroon. Die patroon op FIGUUR E
aan die ander kant is meer organies en Afrika in styl as gevolg van die
herhalende knoop-en-doop of batiktekstuur en die herhalende klein
driehoekies en diamante.
Die swaar swart bande en sterk rooi primêre kleur van FIGUUR D skep 'n
dramatiese, opvallende ontwerp. FIGUUR E bestaan ook uit 'n dominante
rooi, maar hierdie rooi is dieper en stemmiger. Die kontraste van geel en
wit driehoeke vorm areas van ligkontraste wat 'n lewendiger oppervlak as
daardie van FIGUUR D skep. Die kontras tussen rooi en swart skep 'n
dinamiese kleurestetika.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Ontwerp/V1 7 DBE/Feb.–Mrt. 2017
NSS – Memorandum
Beide rokke kan as avant-garde beskou word. FIGUUR D vermeng 'n
tradisionele rokvorm met 'n moderne masjien-eeupatroon en kombineer dit
met industrieelagtige swart stewels om 'n amper futuristiese beeld te skep.
FIGUUR E gebruik 'n tradisionele Afrika-druk om 'n funky moderne rok te
skep. Die kombinasie van 'n Westerse vilthoed bo-op 'n Afrika-serp, asook
die insluiting van hoë hakke en 'n etniese styl halssnoer, beklemtoon die
eklektisisme van die ontwerp.
Gee krediet aan enige ander geldige stellings.
LET WEL: 'n Maksimum van SLEGS 3 punte mag vir vergelykings in tabelvorm
toegeken word. Gebruik die rooster vir kognitiewe vlakke as riglyn wanneer jy
merk.
V.3.1 GEWIGS- PUNTE
VLAK KOGNITIEWE VAARDIGHEDE TOEKENNING VRAE (10)
Onthou, Herroep, Herken 3.1 1
Laer Orde 30%
Verstaan, Verduidelik, Beskryf 3.1 2
40% 3.1 4
Middel Orde Toepas, Implementeer, Organiseer
Analiseer, Vergelyk, Interpreteer 3.1 1
Hoër Orde 3.1 1
Evalueer, Reflekteer 30%
Skep, Sintetiseer 3.1 1
OF
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Ontwerp/V1 8 DBE/Feb.–Mrt. 2017
NSS – Memorandum
(OPSIE 2)
3.2 [10 punte]
Die Notre Dame du Haut funksioneer as 'n kontemporêre plek van
aanbidding, opgedra aan die Maagd Maria. Die Basilika van St Paul is ook
'n plek van aanbidding ter ere aan St Paul wie se graf direk onder die altaar
geplaas is. Dit is 'n Romeinse basilika, die eerste model wat as 'n
Christenkerk gebou is.
Tipies van die Romeinse Basilika van St Paul se hoofstruktuur is 'n
eenvoudige reghoek met drie gange, waarvan die hoofgang in die middel (die
naaf) hoër as die kante gebou is en vensters ('n bobeuk) bokant die sygange
insluit. Die herhaalde vertikale kolomme en 'n horisontale entablement
skep 'n baie stabiele struktuur, tipies van klassieke argitektuur. Die
struktuur van die Notre Dame du Haut aan die ander kant is baie onreëlmatig,
beeldhouagtig en organies wat aan swaar rotsformasies herinner. Die
semi-ronde altaar aan die bopunt van die basilika versag die algemene
reghoekigheid. Die Notre Dame du Haut aan die ander kant bestaan uit
baie gekromde kante gebalanseer deur 'n paar vertikale. Die dak van die
Notre Dame du Haut herinner 'n mens aan 'n plat rots en lyk asof dit sweef
vanaf die binne-kant. 'n Ruimte van etlike sentimeter tussen die dak en die
mure, wat daglig inlaat, verhoog hierdie swewende gevoel.
Die Basilika van St Paul kry sy sagte, gloeiende lig van die ry vensters in die
bobeuk, terwyl die Notre Dame du Haut lig van reghoekige openinge diep
gesetel in die dik mure kry, wat 'n spirituele en dromerige atmosfeer binne die
gebou aanneem. Die Basilika se lig is goudkleurig om God se Koninkryk te
vereer terwyl die lig in die Notre Dame wit is om God se reinheid te vereer.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Ontwerp/V1 9 DBE/Feb.–Mrt. 2017
NSS – Memorandum
Die Basilika is van tradisionele natuurlike boumateriale soos marmer,
albaster en graniet gebou, terwyl die Notre Dame du Haut van beide wit klip
en rowwe beton gebou is. Die klip wat die Basilika oorheers, gee dit 'n
soliede, sterk gevoel. Die beton en klip van die Notre Dame du Haut straal
ook soliditeit en aardsheid uit. Die vloer van die kapel volg die natuurlike
helling van die heuwel afwaarts na die altaar. Sekere dele, veral daardie
waarop die interieur- en eksterieur-altare rus, is van pragtige wit klip van
Bourgogne, so-ook die altare self. Die torings is van klipmesselwerk gebou en
word deur sementkoepels gekroon.
Baie oppervlaktes van die Basilika is hoogs versier met goue en gekleurde
glas-mosaïeke wat godsdienstige beelde soos die Openbaring van Johannes,
met die borsbeeld van Christus in die middel, die 24 doktore van die kerk
weerskante, bekroon deur die vlieënde simbole of die vier Evangelies,
illustreer. Hierdie versiering is baie sensueel en ekspressief. Die
muuroppervlaktes van die Notre Dame du Haut in kontras is onversier en wit
geverf, wat eenvoud en reinheid weerspieël. Die dak is ook 'n neutrale
swart wat tot hierdie algemene bui van erns bydra. Die oppervlaktes van
die Basilika is glad terwyl die interieur- en die eksterieuroppervlaktes van die
kapel bedek is met messelklei, opgespuit met 'n sementgeweer en dan
afgewit, wat dit 'n organiese gevoel gee.
Gee krediet aan enige ander geldige stellings of vergelyking tussen 'n
klassieke en kontemporêre gebou wat die kandidaat bestudeer het.
LET WEL: 'n Maksimum van SLEGS 3 punte mag vir vergelykings in
tabelvorm toegeken word. Gebruik die rooster vir kognitiewe vlakke as
riglyn wanneer jy merk.
V.3.2 GEWIGS- PUNTE
VLAK KOGNITIEWE VAARDIGHEDE TOEKENNING VRAE (10)
Onthou, Herroep, Herken 3.2 1
Laer Orde 30%
Verstaan, Verduidelik, Beskryf, 3.2 2
Klassifiseer
40% 3.2 4
Middel Orde Toepas, Implementeer, Organiseer
Analiseer, Vergelyk, Interpreteer 3.2 1
Hoër Orde 3.2 1
Evalueer, Reflekteer 30%
Skep, Sintetiseer, Regverdig 3.2 1
TOTAAL AFDELING A: 30
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Ontwerp/V1 10 DBE/Feb.–Mrt. 2017
NSS – Memorandum
AFDELING B: ONTWERPGESKIEDENIS
VRAAG 4 [30 punte]
4.1 (Ken 20 punte in totaal toe)
(Ken 10 punte vir elke beweging toe. Let asseblief daarop dat slegs een
punt vir die naam van die ontwerper en produk vir elke beweging
toegeken kan word. Gebruik asseblief die rooster vir kognitiewe vlakke
as riglyn wanneer jy merk.)
Hierdie memo verskaf 'n antwoord vir die volgende twee moontlikhede:
KUNS EN KUNSVLYT EN DEKONSTRUKTIVISME
Kuns en Kunsvlyt
Bogenoemde aanhaling is deur William Morris, een van die stigters van die
Kuns-en-Kunsvlytbeweging. Die Kuns-en-Kunsvlytbeweging se doelwit was
om klem op die natuurlike eenheid tussen vorm, funksie en versiering te
plaas, wat hul ontwerpe eenvoudig, elegant en funksioneel gehou het.
Hulle het beoog om die swak smaak en ondergeskikte kwaliteit van
massageproduseerde goedere, wat onderontwerp en vol onnodige detail was,
om te keer. Die beweging het beoog om die kapitalistiese industriële
produksie gebaseer op geldmaak, te verwerp. 'n Aantal kunstenaars en
handwerkkunstenaars was betrokke en dit was die aanvang waar gewig aan
die ontwerp van alledaagse voorwerpe gekoppel is. Gedurende die
Victoriaanse era is baie fabriekvervaardigde ontwerpe deur die
masjienoperateurs of die fabriekseienaars ontwerp. Hul ontwerpe het van
swak smaak getuig en was vol onnodige detail. Soos bogenoemde aanhaling
dit stel; Morris het die oogpunt dat ontwerp beide mooi en funksioneel behoort
te wees, ontwikkel. 'n Fokus op kwaliteit en vakmanskap en die gebruik van
natuurlike materiale kenmerk die Kuns-en-Kunsvlytontwerpe as eerlik,
bedoelende dat 'n mens die laste en vervaardigingsmerke kan sien in plaas
daarvan om dit te probeer wegsteek of met dekoratiewe elemente te
verdoesel. Ontwerpe is eenvoudig, elegant en funksioneel gehou en
gebrandskilderde glas, hout, tekstiele en natuurlike bakstene was gewilde
materiale.
Alle papier-, ink- en tekstielontwerpe is met die hand en die gebruik van
organiese materiale vervaardig. Dit is 'n sleutelkenmerk van Kuns-en-
Kunsvlytontwerp en die resultaat is algemene beheer oor die kwaliteit en
vervaardiging van ontwerp. Die Kuns-en-Kunshandwerkstylkenmerke kom
terug op die Middeleeuse argitektuur en tapisserieë, geïllumineerde
manuskripte en landelike versiering- en meubelstyle. Hul
onderwerpmateriaal is van die plante, diere en die voëls van die natuur
verhaal, veral in muurpapier en tekstielontwerp.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Ontwerp/V1 11 DBE/Feb.–Mrt. 2017
NSS – Memorandum
William Morris het op katoen begin druk toe hy die Merton-klooster in 1881
gekoop het. Getrou aan die doelwitte en kenmerke van die beweging het
Morris beoog om 'n item, wat mooi, handgemaak en op so 'n wyse dat dit die
werkers tot voordeel sou strek, te vervaardig. Materiale is gekleur met
slegs die hoogste kwaliteit-, natuurlike kleursels, gebaseer op kruieresepte.
Die gedrukte tekstiel van die Morris en My. 1884 vervaardig in die Merton-
klooster is gekleur deur die indigo bleikmetode te gebruik. Die metode behels
eerstens die verkleuring van die katoen met 'n indigo-blou skakering en dan
die areas waar die ontwerp verskyn, met bleikmiddel te verwyder. Ten laaste
word die materiaal weer gekleur met rooi en geel, wat tot 'n diep palet van
rooie, oranjes, perse, groene en bloue lei. Die tekstielontwerp is op
natuurlike motiewe (blomme, wingerde en blare) gebaseer. 'n Sin vir
perspektief word verkry deur die oorvleueling van blomme en stingels.
Tekstuur is deur patroonvorming bereik. Sagte golwende lyne en gereelde
gekromde patrone van blare en blomme saam met die gestileerde krulblaar-
patroon skep 'n esteties bekoorlike ontwerp. Hierdie voorbeeld is beide
bruikbaar en mooi.
Dekonstruktivisme
In teenstelling met bogenoemde aanhaling het Dekonstruktivistiese
ontwerpers gefokus op die verkenning van die verhouding tussen verskillende
dele van die ontwerp in plaas daarvan om op die funksie en die konstruksie
en estetika van ontwerpe te fokus. Die gevolglike styl lyk na ontwerpe wat
onreëlmatig en letterlik gefragmenteerd is. 'Onnodige' lyne en vorms word
ter wille van die skepping van nuwe en oorspronklike strukture geskep.
Die doelwitte van Dekonstruktivisme is op die skrywe van die Franse filosoof
Jacques Derrida gebaseer. Derrida verken onsekerhede en teenoorgesteldes
wat in 'n staat van onstabiliteit is, asook die ongesiene verhoudings tussen
alles eerder as die funksie en bruikbaarheid van dele. Hulle ontwerpe was
daarop gemik om dinge uitmekaar te trek om sodoende die verhouding
tussen dele te ondersoek. Dekonstruktivisme poog om bestaande strukture
en vorms, wat deur die eeue heen aanvaar is, te bevraagteken. Hierdie
basiese norme word omvêrgegooi en verstoor. Lyne en vorms word vloeibaar
en verwerp dikwels swaartekrag of visuele stabiliteit.
Frank Gehry is 'n Dekonstruktivistiese argitek wat hoogs onkonvensionele
materiale op ongewone wyses gebruik. Gehry het baanbrekerswerk in
argitektoniese ontwerp gedoen deur die stilistiese kenmerke van
Dekonstruktivisme te verken deur die manier waarop hy fatsoen en tekstuur
manipuleer. Die Guggenheim Kunsmuseum in Bilbao Spanje is 'n
ikoniese voorbeeld van Dekonstruktivisme. Sy funksie/'gebruik' as 'n
kunsmuseum is ondergeskik en die feit dat dit nie aan normale
gebouspesifikasies voldoen nie, weerspreek die laaste deel van bogenoemde
aanhaling. Die gebrek aan gelykvormigheid laat toe dat die gebou as lelik
beskou en dus nie as mooi geag kan word nie; dit verontagsaam die norme
van 'n Klassieke Westerse kunsmuseum. Die onkonvensionele buitekant
van die gebou, met dik halfmillimeter titaanpanele bedek, weerspieël ten alle
tye van die dag en nag lig wat met kalksteen en glas afgewissel word en
deursigtigheid en 'n neutrale kleur verskaf. Die titaan oksideer nie, maar is 'n
uiters ongewone en kontroversiële dekkingsmateriaal vir geboue. Hierdie
materiaal word vir hul onkonvensionele kenmerke eerder as vir hul
'skoonheid' of 'bruikbaarheid' gekies.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Ontwerp/V1 12 DBE/Feb.–Mrt. 2017
NSS – Memorandum
Die Guggenheim Kunsmuseum, wat in die Dekonstruktivistiese styl ontwerp is
en kenmerkend geen konvensionele reguit lyne en reghoeke in die ontwerp
het nie, skep 'n onstabiele komposisie. Hierdie lyne en vorms is nie
noodsaaklik vir die funksie van die gebou nie, maar word ter wille van die
verkenning van 'n nuwe argitektoniese styl, gebaseer op die verhouding van
teenoorgesteldes, gebruik. Ten slotte is die Dekonstruktivistiese beweging
in teenstelling met bogenoemde aanhaling.
Gee krediet aan enige ander geldige stellings.
V.4.1 GEWIGS- PUNTE
VLAK KOGNITIEWE VAARDIGHEDE TOEKENNING VRAE (20)
Onthou, Herroep, Herken, Noem 4.1 2
Laer Orde 30%
Verstaan, Verduidelik, Beskryf, 4.1 4
Klassifiseer
Toepas, Implementeer, Organiseer 40% 4.1 8
Middel Orde
Analiseer, Vergelyk, Interpreteer 4.1 2
Hoër Orde 4.1 1
Evalueer, Reflekteer 30%
Skep, Sintetiseer, Regverdig 4.1 3
4.2 [10 punte]
Inspirasie
De Stijl is deur 'n groep Hollandse ontwerpers, wat deur die Hollandse tradisie
van logika, hardheid en helderheid geïnspireer is, gestig. Art Deco is deur
'n gemeenskap wat deur antieke eksotiese gemeenskappe soos Antieke
Egipte, Asteekse beskawings en Afrika betower is, geïnspireer.
Doelwitte
Beide Art Deco en De Stijl ontwerpbewegings vind tussen die twee
Wêreldoorloë plaas. In 'n desperate poging om van die afgryse van 'n
oorloggeteisterde gemeenskap te ontsnap, mik die Art Deco-beweging om 'n
alternatiewe realiteit van eksotisme, glans, elegansie en luuksheid te skep.
Die De Stijl-beweging aan die ander kant het nie probeer om van die realiteit
te ontsnap nie, maar het probeer om die kern van realiteit deur geometriese
abstraksie te vind. Hulle het gemik om orde na die chaos van die
Wêreldoorlog te skep deur abstraksie te verken en die ontwerpelemente tot 'n
universele taal gefokus op geometrie in te kort.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Ontwerp/V1 13 DBE/Feb.–Mrt. 2017
NSS – Memorandum
Gedurende die Art Deco-tydperk is masjinerie uitvoerig gebruik om nuwe
produkte wat, soos die teestel van Clarice Cliff, gemik was om aan die
daaglikse behoeftes van stadsinwoners te voldoen, te skep. Die kultuur van
die industriële revolusie het die stedelike bevolking vermeerder, wat beteken
het dat daar 'n aanvraag vir masjiengemaakte goedere en vermaak teen
bekostigbare pryse en 'n behoefte aan ontsnapping van die 'alledaagse lewe'
was.
Lyn
Die De Stijl-teepot se gebruik van vertikale en horisontale lyne is tipies van
die beweging se onbuigsaamheid. Hulle het van tradisie wegbeweeg en
het sterk geometriese lyne gebruik om 'n eenvoudige, skoon resultaat te kry.
Die lyn van die Art Deco-teepot is meer gevarieer en ekspressief as gevolg
van die gebruik van golwende en reguit lyne om 'n meer organiese gevoel te
skep.
Fatsoen
Kenmerkend van Art Deco is die teepot se gebruik van eenvoudige
modernistiese fatsoene. Die kante is skoon, reguit en sigsag rante skep
dinamiese, vaartbelynde fatsoene. Aan die ander kant het die De Stijl-
beweging die gebruik van suiwer, geometriese fatsoene begin. Hierdie
kenmerk is duidelik in die De Stijl-teepot wat sterk reghoekige fatsoene
vertoon.
Versiering
De Stijl se versiering is abstrak, ontwikkel vanuit hulle fokus op meetkunde en
wiskunde. In plaas van tradisionele versiering soos steeds sigbaar in die
Art Deco-teestel, het dit van alle ontwerp- en kunskonvensie weggebreek.
Die 'De Stijl-teepot' toon die vereenvoudiging van versiering in 'basiese'
boublokkies van visuele uitdrukking, geometriese vorms, vertikale en
horisontale lyne en slegs die drie primêre kleure, swart en wit. De Stijl het
alle verwysing na tradisie en eksterne realiteit verwerp en het na argitektuur
en stedelike beplanning vir versiering gekyk. Strydig hiermee toon die Art
Deco-teepot herkenbare onderwerpe soos die son, berge en 'n blom, maar
tipies van die beweging, is hierdie beelde gestileerd, dekoratief en
tweedimensioneel.
Gee krediet aan enige ander geldige stellings.
LET WEL: 'n Maksimum van 3 punte mag vir vergelykings in tabelvorm
toegeken word. Gebruik die rooster vir kognitiewe vlakke as riglyn
wanneer jy merk.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Ontwerp/V1 14 DBE/Feb.–Mrt. 2017
NSS – Memorandum
V.4.2 GEWIGS- PUNTE
VLAK KOGNITIEWE VAARDIGHEDE TOEKENNING VRAE (10)
Onthou, Herroep, Herken, Noem 4.2 1
Laer Orde 30%
Verstaan, Verduidelik, Beskryf, 4.2 2
Klassifiseer
Middel Orde Toepas, Implementeer, Organiseer 40% 4.2 4
Analiseer, Vergelyk, Interpreteer 4.2 1
Hoër Orde
Evalueer, Reflekteer 30% 4.2 1
Skep, Sintetiseer, Regverdig 4.2 1
TOTAAL AFDELING B: 30
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Ontwerp/V1 15 DBE/Feb.–Mrt. 2017
NSS – Memorandum
AFDELING C: ONTWERP IN 'n SOSIO-KULTURELE/OMGEWINGS- EN
VOLHOUBARE KONTEKS
VRAAG 5 [20 punte]
BEANTWOORD ÓF VRAAG 5.1 ÓF VRAAG 5.2.
(OPSIE 1)
5.1 [20 punte]
5.1.1 (Ken 6 punte toe)
(Ken 2 punte toe)
• Visuele beeld
Die plakkaat dra die boodskap dat rook sleg vir 'n mens se
gesondheid is, oor.
Die beeld van verrottende tande is 'n baie afstootlike beeld wat
die negatiewe impak op 'n mens se gesondheid suksesvol
oordra. Die vleis om die tande lyk opgehewe wat tot hierdie
anti-tabak boodskap bydra.
(Ken 2 punte toe)
• Ontwerpuitleg
Die beeld is strategies geplaas sodat dit lyk asof 'n hand wat
na 'n sigaret uitreik, gebyt kan word. Dit beklemtoon ook die
gevaar van rook. Omdat die beeld van die sigaretdosie
groot en dominant is, word dit die fokuspunt wat die kyker
konfronteer. Die boonste kwart van die plakkaat bestaan uit
'n duidelike boodskap binne 'n wit teksblok teen 'n donker
agtergrond, wat ook die oog van die kyker vang.
(Ken 2 punte toe)
• Gebruik van lettertipe
'n Eenvoudige, sans serif-lettertipe is gebruik wat help om die
boodskap op 'n duidelike en direkte manier oor te dra. Die
gebruik van hoofletters beklemtoon die belangrikheid van die
boodskap wat oorgedra word. Die wit lettertipe kontrasteer
met die swart agtergrond wat die belangrikheid van die
boodskap verder beklemtoon.
Gee krediet aan enige ander geldige stellings.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Ontwerp/V1 16 DBE/Feb.–Mrt. 2017
NSS – Memorandum
5.1.2 Ken 14 punte in totaal toe
(Ken 7 punte per gevallestudie toe)
Ken 1 punt vir die naam van die ontwerper en die naam van
die produk toe.
EEN KONTEMPORÊRE SUID-AFRIKAANSE ONTWERPER/
ONTWERPGROEP:
Halssnoer van vilt en krale deur Zimele Sosiale Bemagtiging
kunshandwerkgroep
Doelwitte:
Zimele fokus op die ontwikkeling van gemeenskapselfstandigheid
deur middel van kunshandwerk.
Zimele is 'n organisasie sonder winsbejag gebaseer in
Pietermaritzburg wat in 2007 deur Rosetta Stander gestig is.
Vasberade om die kringloop van 'afhanklikheid van aalmoese' te
breek met haar model op hoogs suksesvolle skemas in Indië
gebaseer, het sy Zimele, wat 'mense staan op hul eie voete' in Zulu
beteken, gestig. Zimele is 'n organisasie sonder winsbejag wat
as fasiliteerder dien, nie net om mense vir 'n dag te voed nie maar
hulle te lei na 'n oortuiging van hul persoonlike vermoëns om
hulself uit armoede te werk. Zimele se doelwit is om die individu
se reis na eiewaarde, selfverwesenliking en uiteindelik volhoubare
selfvoorsiening te fokus. Mense kan gevolglik ten volle op 'n
gemeenskapsvlak volgens hul individuele vermoëns tot die uiterste
voordeel van beide die individu en die wyer gemeenskap bydra.
Metodes en prosesse:
Zimele implementeer tans sy programme in al 11 distrikte van
KwaZulu-Natal met ongeveer 3500 vroue aktief betrokke by
Zimele.
Die Zimele-model werk om:
• vroue te bemagtig deur vaardighede, hulpbronne,
ondersteuningstelsels en netwerke te ontsluit en
• nuwe geleenthede soos plaaslike en internasionale markte en
skakels met regeringsprogramme te skep
Zimele streef hierdie droom na deur vroue van die kennis,
vaardighede, hulpbronne en ondersteuningsnetwerke te voorsien
om hulself en hul families te dra. Vroue is tradisioneel
uitstekende handwerkkunstenaars in die Zulu-gemeenskap en baie
landelike vroue besit bestaande handwerkvaardighede.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Ontwerp/V1 17 DBE/Feb.–Mrt. 2017
NSS – Memorandum
Hulle word deur Zimele opgelei om hoë kwaliteit items te maak
deur hul ongelooflike talente te gebruik. Hulle werk met materiaal,
vilt en krale om 'n reeks skryfbehoeftes, sakke, sierade, huisware
en juweliersware te maak. Die reeks sluit sakke, dekor, huisware
en juweliersware gemaak van vilt, kralewerk en materiaal in.
Die opleiding en materiale is gratis, alhoewel daar van die vroue
verwag word om die nodige gereedskap/toerusting soos naalde,
skêre en tange te koop. Sodra die produkte van 'n goeie
standaard is, koop die vroue die rou materiale en Zimele betaal vir
die items wat hulle op bestelling maak.
'n Bespreking van EEN voorbeeld wat sosiale
verantwoordelikheid weerspieël
Die Halssnoer gemaak van vilt en krale bestaan uit kleurvolle
sirkelagtige skywe van verskillende groottes wat van
verskillende tou-/garestringe hang om 'n speelse en prettige
halssnoer te skep.
EEN INTERNASIONALE ONTWERPER/ONTWERPGROEP
Makoko drywende skool is deur NLE in samewerking met die
Makoko Waterfront Gemeenskap in die staat van Lagos ontwerp
en gebou.
Nigeriese argitek Kunlé Adeyemi, die stigter en prinsipaal van
NLÉ Werke, in samewerking met die Makoko Waterfront
Gemeenskap het die drywende skool in die staat van Lagos
uitgedink, ontwerp en gebou. Die projek is aanvanklik deur die NLE
self gefinansier en het later navorsingfondse van Heinrich Boll
Stiftung ontvang, asook fondse vir die oprigting daarvan van die
UNDP/Federale Ministerie van die Omgewing Afrika se
Aanpassingsprogram ('Africa Adaptation Programme'/AAP).
Doelwitte:
Makoko Drywende Skool is 'n 'prototipe' geboustruktuur vir NLÉ se
voorgestelde 'Lagos Watergemeenskapsprojek' en die 'Afrika
Waterstede' navorsingsprojek.
Makoko Drywende Skool kyk na fisiese en sosiale behoeftes met
die oog op die groeiende uitdagings van klimaatverandering in 'n
verstedelikte Afrika-konteks. Dit is 'n beweegbare 'gebou' of
'watertuig' wat tans in die waterbewoonde gemeenskap van
Makoko in die hart van die strandmeer van Afrika se tweede mees
bevolkte stad - Lagos, Nigerië – geleë is. Dit is 'n drywende
struktuur wat by die getyveranderinge en wisselende watervlakke,
wat dit veilig teen vloede en stormgolwe maak, aanpas. Dit is
ontwerp om hernubare energie te gebruik, organiese afval te
herwin en reënwater op te vang.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Ontwerp/V1 18 DBE/Feb.–Mrt. 2017
NSS – Memorandum
Metodes en prosesse:
Die eenvoudige dog innoverende struktuur bly getrou aan die
ideale standaarde van volhoubare ontwikkeling met sy inklusiewe
tegnologieë vir hernubare energie, afvalvermindering, water- en
rioleringbehandeling, asook die bevordering van lae koolstof
vervoer. Verder het 'n span van agt Makoko-gebaseerde bouers
dit met eko-vriendelike, plaaslik-gevonde bamboes en hout verkry
van 'n plaaslike saagmeule gebou.
'n Bespreking van EEN voorbeeld wat sosiale
verantwoordelikheid weerspieël
Konstruksie het in September 2012 met die oprigting en toetsing
van volskaalmodelle begin. Leë herwinde plastiekdromme wat
volop in Lagos gevind word, is vir die gebou se dryfstelsel
bestaande uit 16 houtmodules, elk met 16 dromme, gebruik. Die
modules is op die water aanmekaargesit om die platform wat
dryfvermoë aan die gebou en sy gebruikers verskaf, te skep.
Wanneer hierdie aanmekaargesit was, het die konstruksie van die
A-raam gevolg en is dit teen Maart 2013 voltooi. Makoko Drywende
Skool word nou gereeld deur die gemeenskap as 'n sosiale,
kulturele en ekonomiese sentrum gebruik en sal binnekort sy
eerste leerders vir gebruik as primêre skool verwelkom.
Gee krediet aan enige ander geldige stellings.
V.5.1 GEWIGS- PUNTE
VLAK KOGNITIEWE VAARDIGHEDE TOEKENNING VRAE (20)
Onthou, Herroep, Herken, Noem 5.1.1 2
Laer Orde 30%
Verstaan, Verduidelik, Beskryf, 5.1.2 4
Klassifiseer
Toepas, Implementeer, Organiseer 40% 5.1.1 4
Middel Orde 5.1.2 4
Analiseer, Vergelyk, Interpreteer 5.1.2 3
Hoër Orde
30% 5.1.2 2
Evalueer, Reflekteer, Oordeel
Skep, Sintetiseer, Regverdig 5.1.2 1
OF
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Ontwerp/V1 19 DBE/Feb.–Mrt. 2017
NSS – Memorandum
5.2 (OPSIE 2) [20 punte]
5.2.1 (Ken 10 punte toe: 2 punte per vereiste)
Tradisionele kralewerk is as 'n metode van koloniale handeldryf
gebruik. Dit was ook 'n manier van uitdrukking, kommunikasie
en storievertelling. In die verlede is patrone en kleure in
kralewerk ingeweef om gevoelens en idees aan geliefdes en
vriende te simboliseer, bv. Zulu Liefdesbriewe. Selfs al is daar
vandag 'n instroming van kulture, word die tradisionele etiket van
kommunikasie deur middel van kralewerk deur die jonger
generasies ondersteun.
Die waarde van tradisionele handwerk vir enige kultuur is om
met die voorvaders, sosiale en kulturele praktyke en tradisies,
gewoontes, kennis oor erfenis, historiese agtergrond,
identiteit te herkonnekteer, alles in 'n desperate poging om uit te
vind wie ons is, waar ons hoort en waarheen ons op pad is. Indien
ons die verlede ignoreer, is daar geen manier hoe ons ons môre
kan vind nie. Dit is 'n realiteit dat die meeste Suid-Afrikaners
Wes-Amerikaanse kultuur verafgod en aanbid. As ons nie
waarde aan ons tradisionele handwerke heg nie, mag Suid-
Afrikaners hulle kulturele oorsprong te verloor.
Die funksie van die meeste kralewerk word deur vroue wat in die
landelike gebiede van Suid-Afrika bly, geskep. As menslike
wesens het hulle hulself nog altyd deur persoonlike versiering
uitgedruk en dit het gekom as 'n uitdrukking om fisiese voorkoms te
verhoog. Afgesien daarvan om die fisiese voorkoms te verhoog,
kon kralewerk meerdere status uitdruk of moontlik magiese
eienskappe om die mens teen siekte of slegte magte te beskerm,
besit.
Die materiale, metodes en prosesse deur die kralewerkers
gebruik, wys die gebruik van verskillende soorte materiale om
kralewerk tot nuwe hoogtes te vat deur tradisionele
kraalwerkvaardigheid met kontemporêre ontwerp te kombineer.
Om juweliersware en voorwerpe wat die sinne verheug met hulle
rykheid en kleur te skep. Sade, klippe, stukkies been, kleurvolle
glaskrale en kosbare edelgesteentes word gebruik. Die
helderkleurige krale word kreatief in diamantvormige patrone drie
duim in breedte reg rondom aan katoendrade geryg. Die
glaskrale word gewoonlik in blokke van vyf tradisionele kleure
(hemelblou, grasgroen, rooi, swart en geel) gerangskik.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Ontwerp/V1 20 DBE/Feb.–Mrt. 2017
NSS – Memorandum
'n Beskrywing van EEN voorbeeld – isiZulu liefdesbrief
Die gekraalde liefdesbrief word deur Zulu-vroue gebruik om met
hul mans te kommunikeer. Hierdie kommunikasie word in kleure
en geometriese vorms van driehoekige fatsoene en gewoonlik 'n
maksimum van sewe kleure gekodeer. Die drie hoeke
verteenwoordig die vader, moeder en kind. Wit verteenwoordig
gewoonlik spirituele liefde, reinheid en maagdelikheid.
Kleurkodering verwys na die gebruik van verskillende kleure om 'n
betekenis in 'n kode oor te dra. Kleurkodering neem aan dat
verskillende basiese kleure 'n statiese betekenis, letterlik of
figuurlik, in 'n gegewe konteks het. Streekstyle spreek grootliks na
buite.
• Naam/Name van die kunshandwerker of inheemse
kultuurgemeenskap wat die kunshandwerk gemaak het: Zulu-
vroue in Hillcrest VIGS-sentrum.
• Isishunka (sewe kleure) - wit, ligblou, donkergroen, liggeel,
pienk, rooi en swart.
• Isithembu (vyf kleure) - ligblou, grasgroen, heldergeel, rooi en
swart.
• Umzansi (vier kleure) – wit, donkerblou, grasgroen en rooi.
• Isinyolovane: 'n kombinasie van enige kleure wat nie met
ander skemas ooreenstem nie.
Gee krediet aan enige ander geldige stellings.
5.2.2 (Ken 10 punte toe)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Ontwerp/V1 21 DBE/Feb.–Mrt. 2017
NSS – Memorandum
• Naam van ontwerper/groep en sy/haar/hulle
ontwerpproduk/te
Die Eierstoel deur Studio Stirling.
• 'n Gedetailleerde beskrywing van hoe tradisionele
tegniek/metodes en materiaal toegepas is op
kontemporêre ontwerp. Verwys na spesifieke voorbeelde
om jou stellings te ondersteun.
Studio Stirling maak pragtige handgemaakte hangstoele.
Die 'Eierstoel' maak gebruik van duursame staalmateriaal
en is ideaal vir gebruik buite. Die 'Eierstoel' is met unieke
individualisme handgemaak. Die patrone is gesweis deur
gebruik te maak van 'n weeftegniek om die estetiese en
duursame kwaliteit te verhoog. Die hangstoele is die passie
van Studio Stirling en hul mees populêre modelle is die
'neseier', 'lêstoel' en 'mandjie'.
• Bespreek die sosiokulturele bydrae van die ontwerp/e.
Die stigters van Studio Stirling beskou die maatskappy as 'n
program ontwerp om samewerking tussen die ontwerpers aan
te moedig, gemeenskaplike hindernisse en oplossings te
deel, mentorskap en nuwe vervaardigingsprosesse en –
materiale deur middel van 'n ware uitruiling van vaardighede,
estetika en relase toe te pas. Die maatskappy se
hoofkwartier is in Suid-Afrika en het wêreldwyd takke. Studio
Stirling is gefokus op die identifisering van spesifieke areas
van behoefte vir elke maatskappy en is 'n onmiddellike en
besigheidsgeoriënteerde inisiatief wat die
ontwerpmaatskappye in veral Oos-, Wes- en Suidelike Afrika
herposisioneer.
V.5.2 GEWIGS- PUNTE
VLAK KOGNITIEWE VAARDIGHEDE TOEKENNING VRAE (20)
Onthou, Herroep, Herken, Noem 5.2.1 2
Laer Orde 30% 5.2.2 1
Verstaan, Verduidelik, Beskryf, 5.2.1 2
Klassifiseer 5.2.2 1
Toepas, Implementeer, Organiseer 40% 5.2.1 4
Middel Orde 5.2.2 4
Analiseer, Vergelyk, Interpreteer 5.2.2 2
Hoër Orde 5.2.1 2
Evalueer, Reflekteer 30%
Skep, Sintetiseer, Regverdig 5.2.2 2
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Ontwerp/V1 22 DBE/Feb.–Mrt. 2017
NSS – Memorandum
VRAAG 6
6.1 [20 punte]
6.1.1 (Ken 2 punte toe)
Volhoubare ontwerpe verminder die verbruik van nie-hernubare
bronne deur die versigtige seleksie van materiale wat
bioafbreekbaar en herwinbaar vir ontwerpwerke is.
Gee krediet aan enige ander geldige stellings.
6.1.2 (Ken 4 punte toe)
• Plastiek
Sommige plastiek is nie hernubaar nie, hulle is
verantwoordelik vir die meerderheid afval wat in riviere, die see,
damme en grondopvullings gestort word. Gevolglik help die
gebruik van hierdie plastiek in ontwerpprodukte om afval en die
negatiewe impak op die natuur te verminder.
• Motorbande
Motorbande is 'n nie-hernubare bron en die meerderheid
mense en handelsvervoerindustrieë gooi hul ou bande in
grondopvullings weg. Die gebruik van hierdie bande as
materiale in die ontwerp van produkte help om afval en die
negatiewe impak op die natuur te verklein.
• Hout
Hout is 'n duursame bioafbreekbare/natuurlike bron; die
gebruik van hierdie materiaal in ontwerpprodukte het geen
negatiewe impak op die natuur nie.
• Glas
Glas is 'n hernubare materiaal wat vir die ontwerp van nuwe
ontwerpprodukte gesmelt kan word. Die oorvloedige
oorbodige glas beteken dat glas maklik beskikbaar is vir die
behoeftes van ons ewiggroeiende wêreldbevolking.
• Papier
Gebruikte papier kan hernu en in nuwe produkte hergebruik
word. Die oordrewe oorvloed van ongebruikte papier verhoog
die volhoubare aard van die produk.
Gee krediet aan enige ander geldige stellings.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Ontwerp/V1 23 DBE/Feb.–Mrt. 2017
NSS – Memorandum
6.2 Ken 14 punte in totaal toe
(Ken 7 punte per gevallestudie toe)
VOORBEELD VAN 'n SUID-AFRIKAANSE ONTWERPER:
(Ken 1 punt aan beide die naam van die ontwerper en naam van die
produk toe)
EEN KONTEMPORÊRE SUID-AFRIKAANSE ONTWERPER WIE SE WERK
VOLHOUBARE BRONNE/MATERIALE VERKEN EN DIT IN
BETEKENISVOLLE ONTWERPPRODUKTE VERANDER.
Erwin van der Weerd – argitek van 'Perfect Places' (Ken 1 punt toe)
Titel en kort beskrywing van ten minste een voorbeeld onderneem deur
die ontwerper/ontwerpagentskap of –ateljee (Ken 3 punte toe)
Die Hennephuis gebou deur Hemporium se Tony Budden en Duncan
Parker, Kaapstad Suid-Afrika.
Die Hennephuis is 'n tweeslaapkamerhuis, kenmerkend met skerp hoeke,
glad en minimalisties. Die huis is onlangs in Noordhoek, Kaapstad, voltooi
met hennepbeton ('hempcrete'), hennepisolasie, hennepspaanderbord vir
kaste en muurbedekkings. Hennepmatbedekking is vir die vloere gebruik,
hennepmateriaal vir die gordyne, oortreksels, bedlinne en beligting.
Hennepisolasie is onder die vloer gebruik en hennepolie as 'n
beskermingslaag vir houtmeubels. Die hennep-aspek van die gebou, wat
vir tot 50% van die mure verantwoordelik is, is binne 'n paar maande sonder
die behoefte aan landbouchemikalieë gegroei en het 'n asemhalende,
natuurlike, volhoubare en koolstofvriendelike gebou tot gevolg. Die
vensters is met gas gevul, hulle verhoed met dubbele aksie verseëling dat
hitte uit die toe vensters ontsnap. Die vensters word deur 'n outomatiese
openingstelsel, gekoppel aan termostate wat die binne-temperatuur deur die
opening van die koeler/warmer kant van die huis afhangende van die tyd van
die jaar reguleer, gekomplimenteer. Die kombuis is ontwerp met 'n
kombinasie van herwinde tweede lewe winkelblaaie van Cannata en herwinde
oregondennehout. Die badkamers spog met herwinde tweede lewe
klipblaaie op die bamboeswasbakeenhede, ondeurdringbaarheid vir water en
estetiese trefkrag. Kurkvloere word op die grondvloer gebruik, hoofsaaklik
as gevolg van die volhoubare element (slegs die bas van die boom word
geoes wat beteken dat die boom nie beskadig word nie omdat dit nuwe bas
groei). Alle beligting is energiebesparende LUD's verskaf deur Earthpower.
Toestelle soos die yskas, wasmasjien, skottelgoedwasser en televisie is
ook inskiklik tot energiebesparing.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Ontwerp/V1 24 DBE/Feb.–Mrt. 2017
NSS – Memorandum
• Transformering van volhoubare materiaal
Die 'hennephuis' is 'n projek om industriële hennep en sy potensiaal as 'n
eko-konstruksiemateriaal te vertoon. Die hennephuis is 'n bestaande
voorbeeld van die lewensvatbaarheid van die vervanging van tradisionele
boumateriale met volhoubare materiaal. Die huis is ook 'n aanmaning van
die merkwaardige omgewingsvoordele wat verwerf kan word deur die
meer uitgebreide integrasie van hennep in die konstruksiebedryf.
Hennepkonstruksie fokus op die gebruik van die hennepstingels, wat lang
sterk hol drade lewer wat vir die maak van isolasiematte gebruik kan
word terwyl die houtgedeeltes in boomvrye spaanderbord vir die
gebruik in kabinette en panele gedruk kan word, asook hennepbeton
('hempcrete') wanneer dit met 'n kalkgebaseerde bindmiddel gemeng
word. Die doel daarvan om hennep in konstruksie te gebruik, is om
van 'n ekstraktiewe metode, afhanklik van ontginde en sintetiese
materiale, weg te beweeg na 'n hernubare metode.
• Die impak van die ontwerp op die omgewing
Industriële hennep verwys na 'n nie-narkotiese hennep-/daggakultivar wat
vir 'n wye reeks eindprodukte gebruik word. Hennep het antibakteriële en
anti-allergie kwaliteite met uitstekende hitte- en klankisolasiekwaliteite.
As 'n organiese vesel laat dit die mure toe om asem te haal en help dit
om die lug te suiwer. Hennep groei binne 4-5 maande tot 4m hoog en
is van nature organies. Dit kan as 'n volhoubare bron van papier,
brandstof, tekstiele, konstruksiemateriale, biosamestellings, voeding,
grimering en meer gebruik word. Tans word dit streng beheer as
gevolg van sy onwettige neef, marijuana/dagga, maar meer as 40 lande
kweek dit nou as deel van 'n terugkeer na 'n groen volhoubare ekonomie.
Hennep het 'n lae koolstofspoor en het gevolglik geen negatiewe impak
op die omgewing nie.
VOORBEELD VAN 'n INTERNASIONALE ONTWERPER
(Ken 7 punte per gevallestudie toe – 1 punt vir ontwerper en
ontwerpproduk)
Die 'bogo'-borsel deur John McDougall en Heather McDougall.
• Kort beskrywing van ten minste een voorbeeld onderneem deur die
ontwerper/ontwerpagentskap of –ateljee
Die 'bogo'-borsel is 'n silindriesgevormde, bioafbreekbare tandeborsel.
Die nylonhare van die borsel is ook 100% bioafbreekbaar. Die ontwerp
van die borsel is eenvoudig. Die silindriese vorm van die tandeborsel
maak dat dit perfek in 'n mens se hand pas. Die 'bogo'-borsel se
bamboeshandvatsel vervang die rubberhandvatsels van gewone
tandeborsels.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Ontwerp/V1 25 DBE/Feb.–Mrt. 2017
NSS – Memorandum
• Transformering van volhoubare materiaal
Die tandeborsel is met die houtagtige bamboesplant en afvalplastiek,
bestem vir die grondopvulling, saamgestel. Die plastiek wat vir
grondopvulling bestem is, word met plante van Amerikaanse plase
gekombineer om die bioafbreekbare handvatsel te skep.
• Die impak van die ontwerp op die omgewing
Die 'bogo'-borsel voorkom om by te dra tot die 450 miljoen tandeborsels
wat jaarliks in die VSA weggegooi word. Die produk het 'n lae
koolstofspoor met geen negatiewe impak op die omgewing nie. Sodra
dit ouer as die aanbevole drie maande is, kan dit op 'n komposhoop
weggegooi of sommer begrawe word as gevolg van sy bioafbreekbare
eienskappe.
Gee krediet aan enige ander geldige stellings.
V.6 GEWIGS- PUNTE
VLAK KOGNITIEWE VAARDIGHEDE TOEKENNING VRAE (20)
Onthou, Herroep, Herken, Noem 6.1.1 1
Laer Orde 30% 6.2 2
Verstaan, Verduidelik, Beskryf, 6.1.1 1
Klassifiseer 6.1.2 2
Toepas, Implementeer, Organiseer 40% 6.1.2 2
Middel Orde 6.2 6
Analiseer, Vergelyk, Interpreteer 6.1.2 2
Hoër Orde 6.2 2
Evalueer, Reflekteer, Oordeel 30%
Skep, Sintetiseer, Regverdig 6.2 2
TOTAAL AFDELING C: 40
GROOTTOTAAL: 100
Kopiereg voorbehou
Study this subject
Recommended for this subject

Memorandum
Design Grade 12 P1 NSC Supplementary 2017 Memo (English)

Question paper
Design Grade 12 P1 NSC Supplementary 2017 QP (Eng)

Question paper
Design Grade 12 P1 NSC Supplementary 2017 QP (Afr)

Memorandum
Design Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2017 Memo (Afrikaans)

Memorandum
Design Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2017 Memo (English)

Memorandum
Design Grade 12 Paper 1 NSC November 2017 Memo (English)
More from Grade 12 Design

Annual teaching plan
Gr 12 Des ATP 2023 24

Question paper
Design Grade 12 P1 NSC June 2025 Question Paper (Afrikaans)

Question paper
Design Grade 12 P1 NSC November 2025 Question Paper (Eng)

Question paper
Design Grade 12 P1 NSC November 2025 Question Paper (Afr)

Question paper
Design Grade 12 P1 November 2024 NSC Question Paper (Eng)

Question paper