Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE
SENIOR SERTIFIKAAT
GRAAD 12
ONTWERP V1
(TEORIE)
NOVEMBER 2017
NASIENGIDSLYNE
PUNTE: 100
Hierdie nasienriglyne bestaan uit 19 bladsye.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Skip to contentAll 2017 papers 





View all





Design Grade 12 Paper 1 NSC November 2017 Memo (Afrikaans)
Grade 12 Design Paper 1 memorandum from the NSC November Exam 2017 (Afrikaans), 19 pages. Read online or download the free PDF.
Design · Grade 12 · NSC November Exam · 2017. Memorandum, 19 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Design
- Grade
- Grade 12
- Document type
- Memorandum
- Year
- 2017
- Exam period
- NSC November Exam
- Paper
- 1
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 19
- File size
- 799.0 KB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 19
This exam
NSC November Exam 2017
Questions in this paper
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
Ontwerp/V1 2 DBE/November 2017
NSS – Nasienriglyne
AFDELING A: ONTWERPGELETTERDHEID
VRAAG 1: 'ONGESIENE' VOORBEELDE
Kandidate beantwoord ÓF VRAAG 1.1 ÓF VRAAG 1.2.
1.1 (10 punte in totaal)
1.1.1 (Ken 8 punte toe: 'n maksimum van 2 punte per element/beginsel)
• Ritme: Die gebruik van 'n verskeidenheid van herhalende geometriese vorms skep 'n
ritmiese optiese beweging. Die laaie is almal dieselfde grootte en fatsoen, elkeen
met 'n holte wat as 'n handvatsel dien; die holtes skep 'n ritmiese beweging. Die
herhalende vertikale, streepagtige lyne skep ook 'n ritmiese beweging. Herhalende
horisontale, ritmiese lyne beklemtoon die verlengde voorkoms van die produk. Die
herhaling van die laaie skep ritme.
• Tekstuur: Die meubelstuk is van 'n sagte, gladde hout gemaak wat die sagte syagtige
effek beklemtoon. Die geverfde patrone is glad en plat aangewend en skep die
indruk van 'n tasbare tekstuur. Die herhalende horisontale lyne skep ook die illusie
van tekstuur. Die verskillende lae van die laaghout toon tasbare tekstuur.
• Kontras: Die eklektiese historiese motiewe is verantwoordelik vir die sterk kontras.
Die gevarieerde, Skandinawiese inspireerde Marimekko-patrone op die sykant van
die laaikas, skep 'n sterk kontras met die patroon bo en onder dit. Die verniste hout
laaie is onversier en skep 'n kontras met die patroonagtige oppervlak ontwerp wat aan
beide kante sigbaar is. Die twee-dimensionele fatsoene skep 'n kontras met die
boksagtig drie-dimensionele vorm van die meubelstuk. 'n Kleur kontras van swart
en grys is sigbaar in die dominante monochromatiese kleurskema. Die warm oranje
kolle, die pienk reghoeke, en kolle skep ook 'n kontras met die monochromatiese
kleurskema.
• Fatsoen: Die twee sykante is versier van bo tot onder met twee-dimensionele
fatsoene. Hierdie fatsoene is plat, gestileerd en geometries wat terug verwys na
tradisionele etniese patrone, Die fatsoene is herhaal om patrone te vorm wat in
horisontale stroke geplaas is. Hierdie is bo-op mekaar gestapel om 'n komplekse en
interessante patroonagtige oppervlakte te skep.
Gee krediet vir enige ander geregverdigde verklarings.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Ontwerp/V1 3 DBE/November 2017
NSS – Nasienriglyne
1.1.2 (Ken 2 punte toe)
Die term totemisties verwys na opstapeling of laag-op-laag. In die meubelstuk in
FIGUUR A is die ontwerp geskep deur die gestapelde patrone en laaie. [Dit is 'n
huidige Postmodernistiese tendens om verskillende pluralistiese lae van interpretasie
of verwysings te skep.] Die tradisionele totempaal is ook geskep uit lae hout wat bo-
op mekaar gestapel word. Elke laag hout bevat tekenis en waarde.
V1.1 KOGNITIEWE GEWIGS- VRAE PUNTE
VLAK VAARDIGHEDE TOEKENNING (10)
Laer orde Onthou, Herroep, Herken 1.1.1 1
Verstaan, Verduidelik, 30% 1.1.2 2
Beskryf
Middel orde Toepas, Implementeer, 40% 1.1.1 4
Organiseer
Hoër orde Analiseer, Vergelyk, 30% 1.1.1 1
Interpreteer
Evalueer, Reflekteer, 1.1.1 1
Sintetiseer, Regverdig 1.1.1 1
OF
1.2 (10 punte in totaal)
1.2.1 (Ken 8 punte toe: 'n maksimum van 2 punte per punt)
• Negatiewe ruimte: Die illustrasie maak gebruik van 'n dramatiese balans tussen
negatiewe en positiewe spasie deur gebruik te maak van sterk swart en wit kontraste.
Die komposisie is verdeeld en die linkerkant is die omgekeerde van die regterkant
om die dualiteit in die beeld te beklemtoon. Ons moet die negatiewe ruimte van die
illustrasie lees om sodoende die volle beeld te sien. Sommige mense sal miskien die
gebruik van negatiewe ruimte as positief of vice versa sien, wat die ondervinding van
die ontwerp meer interessant en dubbelsinnig maak. Met nadere inspeksie word
die gesig van 'n voël/wolf/jakkals/hond of krokkedil sigbaar in die negatiewe en
positiewe ruimtes. Addisioneel, is die skild en spies in die negatiewe en positiewe
ruimte in die middel gebruik om die boodskap van die ontwerp te beklemtoon.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Ontwerp/V1 4 DBE/November 2017
NSS – Nasienriglyne
• Beweging: Sterk diagonale, geometriese en gestileerde vorms word deurlopend in
die illustrasie gebruik om beweging te skep. Aan die linkerkant van die agtergrond
maak die illustreerder gebruik van diagonale snye en aan die regterkant maak hy
gebruik van kolle en klein kurflyntjies om dinamiese beweging te skep. Die middel
van die komposisie skep 'n sterk vertikale afwaartse beweging. Horisontale lyne word
beklemtoon in die middelste patroon en langs die bene en kakebene wat die oog
toelaat om oor die hele prentvlak te beweeg. Patrone binne in die skild/spies skep
'n optiese beweging met die gebruik van herhalende fatsoene. Die tonale kontras
skep 'n optiese illusie.
• Balans: Met die eerste oog op slag, word die illustrasie ervaar as simmetriese balans
wat orde skep. Met nadere inspeksie kan effense verskille aan beide kante van die
ontwerp geinterpreteer word as 'n assimmetriese gebalansseerd. Aan die
linkerkant hang die voëltjie se tong uit en in sy kloue hou hy 'n hangertjie of nekstuk
vas. Hierdie verskille gee die werk meer energie en ondersteen die manlike/vroulike
simboliese digotomieë(teenoorgesteldes) wat deur die werk ondersoek word.
Visuele balans word geskep deur ‘n eweridge verspreiding van wit en swart. Die
swart en wit kleurgebruik skep ook 'n simboliese balans tussen lewe en dood.
• Lyn: Die illustreerder maak gebruik van sterk, hardkantige, reguitlyne wat 'n skoon
ontwerp vol beweging, teksture en patrone skep. 'n Illusie van lyn is geskep deur
die kontras wat die komposisie vertikaal in die halfde sny. Lyne is reghoekig en dit
versterk die stilistiese benadering tot die ontwerp. Die gebruik van gekurfde lyne
versag die hardkantige ('hard-edge') motiewe.
Gee krediet vir enige ander geregverdigde verklarings.
1.2.2 (Ken 2 punte toe)
Die terme 'gestileerd' beteken om te vereenvoudig en realiteit te vereenvoudig en plat
te maak, vermindering van detail of 'n gebruik van ekonomiese detail. In FIGUUR B
is die illustrasie gestileerd deur die gebruik van skoon reguitlyne, geometries,
reghoekige fatsoene en herhalende skulpvormige patrone om 'n uitstaande ontwerp
met dekoratiewe estetika te skep. Alhoewel realiteit in die ontwerp vereenvoudig is,
is die ontwerp kompleks en het verskuilde simboliese betekenisse.
Gee krediet vir enige ander geregverdigde verklarings.
V1.2 KOGNITIEWE GEWIGS- VRAE PUNTE
VLAK VAARDIGHEDE TOEKENNING (10)
Laer orde Onthou, Herroep, Herken 1.2.1 1
Verstaan, Verduidelik, 30% 1.2.2 2
Beskryf
Middel orde Toepas, Implementeer, 40% 1.2.1 4
Organiseer
Hoër orde Analiseer, Vergelyk, 1.2.1 2
Interpreteer 30%
Evalueer, Reflekteer 1.2.1 1
Sintetiseer, Regverdig
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Ontwerp/V1 5 DBE/November 2017
NSS – Nasienriglyne
VRAAG 2: KOMMUNIKASIE DEUR ONTWERP
2.1 (10 punte in totaal)
2.1 (Ken 6 punte toe: 'n maksimum van 2 punte per simbool)
Die mikrofoon simboliseer 'n versterkte stem, wat 'n tegnologiese instrument is
wat gebruik word om spraak in 'n hoorbare wyse te omskep.
Die onderste-bo mikrofoon simboliseer 'n beperkte stem of opinie wat stil
gemaak is. 'n Voëltjie in 'n hok simboliseer tronkstraf, om uit te brei; die
metafoor 'so vry as 'n voël'. Die voël in die hok verteenwoordig ook 'n spreker
wie se gedagtes ingeperk is. Die hok simboliseer die nooit eindigende siklus van
die spreker wat beheers en verstrik is. Die omgedraaide mikrofoon kan ook die
stem van mense wat nie dikwels gehoor word simboliseer.
2.2 (Ken 2 punte toe)
In orde van belangrikheid is 'n sterk swart mikrofoon sentraal geplaas teen 'n
gloeiende geel agtergrond van die plakkaat en dit skep 'n sterk kontras wat die
toeskouer se oog afwaards lei. Addisioneel, die vernouende vorm van die
mikrofoon lei die toeskouer se oog na die fokuspunt van die ontwerp. Die kou wat
die voël vashou soos 'n gevangene is tweede in die hierargie van belangrikheid.
Die beeld van die voël is die laaste op die vlak van belangrikheid omrede dit laer
op die bladsy geplaas is en is klein in grootte. Krediet moet ook verleen word
aan leerders wat kulturele hierargie uitwys wanneer hulle die vraag beantwoord.
2.3 (Ken 2 punte toe)
Die helder, suiwer geel trek die oog en verseker dat die swart mikrofoon
geaksensieer word en beklemtoon die ontkenning van vrye spraak. Die kleur
geel dra 'n gevoel van warmte, lewe en vryheid oor terwyl swart die dood van
vrye spraak oordra.
Gee krediet vir enige ander geregverdigde verklarings.
V2.1 KOGNITIEWE GEWIGS- VRAE PUNTE
VLAK VAARDIGHEDE TOEKENNING (10)
Laer orde Onthou, Herroep, Herken
Verstaan, Verduidelik, 30% 2.1.1 3
Beskryf
Middel Toepas, Implementeer, 40% 2.1.1 3
orde Organiseer 2.1.2 1
Hoër orde Analiseer, Vergelyk, 2.1.3 2
Interpreteer 30%
Evalueer, Reflekteer
Sintetiseer, Regverdig 2.1.2 1
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Ontwerp/V1 6 DBE/November 2017
NSS – Nasienriglyne
VRAAG 3 (10 punte in totaal)
Kandidate beantwoord VRAAG 3.1 OF VRAAG 3.2.
3.1 (Ken 10 punte toe: 'n maksimum twee punte elk per aspek)
FIGUUR D gebruik dowwe, aardse kleure om 'n rustige omgewing te skep terwyl
FIGUUR E gedomineer is deur helder, primêre kleure om 'n jong, energieke en
gelukkige omgewing te skep. Die kleure in FIGUUR D is natuurlik, soos
verskillende skakerings van grys en bruin, ens, wat in kontras is met die 'funky'
kleure in FIGUUR E wat deur die plastiek versierings en silwer chroom of staal
geskep word. Die gebruik van nie kleure skep 'n aksent by beide ontwerpe.
FIGUUR D is beïnvloed deur die vorms en materiale van die organiese Afrika
landskap terwyl FIGUUR E die invloed van die huidige stadslewe vertoon.
FIGUUR D is geïnspireer deur die kalmte en stilte van die wildernis, terwyl
FIGUUR E geïnspireer is deur die atmosfeer van 'n vinnige kosmopolitaanse lewe.
FIGUUR E toon duidelik 'n eklektiese styl wat beinvloed is deur Pop en De Stijl.
FIGUUR D kan die invloed toon van die Kuns-en-Kunsvlyt beweging.
FIGUUR D se teikengroep is mense wat wil ontspan, rus, kalm en deel van die
natuur wil wees. FIGUUR E in kontras se teikengroep is jong 'stadsjapies' wie van
'n aksievolle, vinnige lewe en kitskos hou. FIGUUR D se teikengroep is ook
toeriste wie Suid-Afrikaanse wildslewe wil ontdek en ervaar, terwyl FIGUUR E se
teikengroep is mense wat kitskos wil eet.
Die omgewing in FIGUUR D funksioneer as akkommodasie vir die welgestelde
mense , veral toeriste, wat met vakansie is, maar FIGUUR E is bedoel om te
funksioneer as 'n kitskos restaurant vir almal. Beide is gebruik vir vermaak en om
spesiale geleenthede soos funksies te vier.
Meeste van die materiale wat gebruik word in FIGUUR D is organies en natuurlik,
terwyl die materiaal in FIGUUR E meestal kunsmatig, plasties en kleurvol is. Die
materiaal wat gebruik word in FIGUUR D gee die omgewing 'n rustige gevoel in
teenstelling met die materiaal in FIGUUR E wat reghoekig, hard en hoekig is.
FIGUUR E benodig kunsmatige beligtings materiale, maar FIGUUR D gebruik
natuurlike ligbronne.
Gee krediet vir enige ander geregverdigde verklarings.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Ontwerp/V1 7 DBE/November 2017
NSS – Nasienriglyne
V3.1 KOGNITIEWE GEWIGS- VRAE PUNTE
VLAK VAARDIGHEDE TOEKENNING (10)
Laer orde Onthou, Herroep, Herken 3.1 1
Verstaan, Verduidelik, Beskryf 30% 3.1 2
Middel Toepas, Implementeer, 40% 3.1 4
orde Organiseer
Hoër orde Analiseer, Vergelyk, 3.1 2
Interpreteer 30%
Evalueer, Reflekteer
Sintetiseer, Regverdig 3.1 1
OF
3.2 (Ken 10 punte toe: 'n maksimum van twee punte elk per aspek)
Hadrian se Villa was gebou om te funksioneer as 'n toevlugsoord van Rome vir die
Romeinse Keiser Hadrian. The Palace of the Lost City kan ook gesien word as 'n
toevlugsoord, 'n luukse hotel wat die stadsmense 'n ontvlugting van die daaglikse
verwagtinge aanbied na 'n fantasie antieke, koninklike woning. Die toeskouer is
terugvervoer in tyd na 'n luukse fantasie wêreld van waterfonteine en oerwoud
aantreklikhede. Hadrian se villa was ook later in sy beheer deur hom gebruik om
sy keiserryk te beheer. 'n Groot hof moes permanent daar geakkommodeer
wees met ruimte vir gaste en om burokrate te vermaak en ook te dien as 'n tydelike
behuising. In kontras, is The Palace of the Lost City slegs as 'n
vakansiebestemming gebruik.
Een van die klassieke strukture in Hadrian se Villa is die sogenaamde 'Maritime
theatre' wat 'n biblioteek, verhitte baddens, drie kamers met verhitte vloere, 'n kuns
galery en 'n groot fontein insluit. Die konsep van die ontspannings ruimte is baie
na aan menigte ontspanningsruimtes aangebied deur die Palace of the Lost City,
omrede dit ook spa baddens, jacuzzi's en saunas, restaurante, danssale en 'n
ouditorium wat gebruik word om die massas te vermaak en besig te hou, insluit.
Die uitleg van Hadrian se Villa span oor 'n reuse landskap wat baie damme,
baddens, fonteine en klassieke Griekse argitektuur insluit. Dit is geleë in wat sou
'n mengsel van uitlegtuine, wildernisareas en gekultiveerde boerdery landskap
gewees het. Die Palace of the Lost City strek ook oor 'n massiewe landskap en
sluit ook baie waterfokuspunte soos strome, watervalle, fonteine en damme in. Dit
bestaan ook uit vrystaande klassieke strukture soos die triomfboog. In teenstelling
het die Palace of the Lost City een massiewe struktuur wat die terrein domineer,
Hadrian se Villa bestaan uit baie verskillende strukture wat uitversprei is in 'n
natuurlike uitleg, wat dit minder imposant maak op die terrein waarop dit staan.
Met verwysing na materiale, maak beide komplekse gebruik van marmer in hul
mosaïek vloere. Die geboue van Hadrian se villa is gebou met travertine,
bakstene, kalk, beton en tufa ('n ligte klip). The Palace of the Lost City is grootliks
gebou met moderne beton en staal, maar aan die buitekant is daar gebruik gemaak
van baie tradisionele materiale soos marmer en hout.
Hadrian se Villa was gebou in die prentjie mooi, idilliese landskap in die omtrek van
Tibur (hedendaagse Tivoli), 'n populêre terrein vir villas en toevlugsoorde in daardie
tydperk. Die terrein was gekies omrede daar baie water en klaargeboude akwadukte
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Ontwerp/V1 8 DBE/November 2017
NSS – Nasienriglyne
was wat deur Rome geloop het. Die terrein van die Palace of the Lost City is by
verre wilder, omrede dit in 'n digte Afrika bosveld toneel geplaas is, en vêr weg van
die stadslewe is.
Hadrian se Villa toon die invloede van menigte argitektoniese style aan. Die
Maritieme teater wys die invloed van klassieke Griekse Ioniese argitektuur, maar die
koepels van die hoof gebou toon die invloede van Romeinse argitektuur. Die
verlengde kanaal en nagemaakte grot is deur 'n heilige plek wat Hadrian in Egipte
gesien het, beïnvloed. Die Palace of the Lost City maak gebruik van mosaïek,
fresko's, fonteine en kolonnades wat almal van die Romeinse tydperk afkomstig is.
Die menigte gekoepelde torings en dakke is terugverwysend na die Bisantynse of
Noord-Afrika moskees of Zulu-hutte. Handgekerfde houtmeubels, olifanttande,
uitkerfwerk van wildslewe, 'n lewensgrootte brons-olifant, muurskilderye van die
Afrika landskap, diere en voëls, reflekteer die invloed van Afrika.
Gee krediet vir enige ander geregverdigde verklarings.
V3.2 KOGNITIEWE GEWIGS- VRAE PUNTE
VLAK VAARDIGHEDE TOEKENNING (10)
Laer orde Onthou, Herroep, Herken 3.2 1
Verstaan, Verduidelik, 30% 3.2 2
Beskryf
Middel Toepas, Implementeer, 40% 3.2 4
orde Organiseer
Hoër orde Analiseer, Vergelyk, 3.2 2
Interpreteer 30%
Evalueer, Reflekteer
Sintetiseer, Regverdig 3.2 1
AFDELING B: ONTWERPGESKIEDENIS
4.1 (Ken 20 punte toe)
Modernisme
VOORBEELD: VW Beetle deur Ferdinand Porsche
Modernisme was die eerste beweging wat die doelstelling gehad het om die chaos
wat deur die vernietiging van die wêreld oorlog in die begin van die 20ste eeu aan te
spreek en so het hulle die omgewing herbou en die wyse waarop mense geleef het,
verander. Ontwerp het 'n belangrike doel geword vir lande wat deur die koste van
die oorlog vernietig was en om hulle weer in die handelsmark te hervestig.
Individuele lande het ontwerp met die industrie gekoppel met die doel om 'n
Internasionale styl te skep. 'n Soeke na 'n 'style for the age' het in 'n
stroombelynde styl ontaard wat die huidige modern en die toekoms gesimboliseer
het. Modernistiese ontwerpers se doel was om die samelewing se probleme op
te los. 'n Goeie voorbeeld van een ontwerp wat mense se aksies en opinies
beïnvloed het, was die Volkswagen 'beetle' motor wat ontwikkel is in Duitsland as 'n
manier van goedkoop effektiewe publieke vervoer. Ontwerp in die 1930's as 'n
klein motor wat twee volwassenes en drie kinders kon vervoer teen 'n spoed van
100 km/h het die Volkswagen 'beetle' die gewildste 'best-selling' motor in die VSA in
die eerste helfte van die 20ste eeu geword.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Ontwerp/V1 9 DBE/November 2017
NSS – Nasienriglyne
Amerika het die ontwerpleier van die wêreld geword, omrede sy vooruitgaande
houding tot die industrie en die invloei van ontwerpers vanuit Europa na die oorlog.
Die gesonde ekonomie in Amerika het in 'n styl-bewuste welgestelde, massamark
ontaard wat gulsig was om te koop en nuwe produkte te gebruik. Nuwe
ontwikkelinge en eksperimente in aërodinamika en hidrodinamika, en die
modernistiese verskynsel van vinnige vervoer deur trein, motors en vliegtuie, het
die stroombelynde vorm beïnvloed. Die stroombelynde styl het baie populêr geraak
en was toegepas op 'n verskeidenheid produkte van motors soos die Volkswagen
'beetle', tot broodroosters. Groot ontwerp maatskappye was gestig wat
werksgeleenthede verskaf het vir 'n verskeidenheid ontwerpskategorieë van
ontwerpers, bemarking en publieke verhouding spesialiste. Die styl het dus die
wyse waarop mense gelewe het in 'n vinnige tempo moderne wêreld beïnvloed.
Die invloed van die analitiese benadering wat deur die Bauhaus gebruik is, het in 'n
gestandaardisering en vereenvoudiging van ontwerpe ontaard en deur die gebruik
van nuwe tegnologie en nuwe materiale is klem gelê op massa produksie. Die
ontwikkeling van nuwe materiale soos aluminium, 'n reeks plastiek wat Bakeliet
ingesluit het, het die kwaliteit van ontwerp en die massa produksie kostes verbeter.
Chromium was op 'bumpers'/stampveer van die Volkswagen 'beetle' en dit was
gesien as 'n ideale afwerking omrede dit bestand was teen verwering.
Die ontwerpers van die modernistiese eeu se doelstelling was om 'n wêreldwye
massamark uit te lok wat graag stylvolle bekostigbare produkte wat goed kon
funksioneer, wil aankoop. 'n Wye reeks nuwe tipe produkte bv. plastiek
opgestapelde stoele en radio's en huishoudelike toestelle wat mense se lewens
makliker gemaak het. Die Volkswagen 'beetle' het Amerika oorrompel, omrede
dit ekonomies en bekostigbaar was vir die massas. Naas die vorm, is een ander
revolusionêre kenmerk van die motor dat die enjin in die boot was en lugverkoel is.
Dit was ontwerp om meganies eenvoudig te wees en die doelstelling was om die
gebruikskoste van die motor laag te hou.
Die Moderniste beveel die karaktereienskappe van abstraksie en estetika aan, dus
het hulle gereeld op die essensie van struktuur gefokus. Die uitstaande
karaktereienskappe van die traandruppelvorm van die Volkswagen 'beetle' is 'n
goeie voorbeeld van die gekurfde vorm wat in die vroeë stroombelynings fase
gebruik is en wat die ideale vorm vir vervoer ontwerp geword het. Dit het die
gemiddelde werkersklas die geleenheid gebied om hul eie motor te kon besit.
Verbeterde tegnologie het 'n impak op kleur gehad soos wat nuwe chemiese
kleurstofmiddele beskikbaar geword het. Hierdie was almal mensgemaakte
komponente in teenstelling met die vorige diere en plant kleurstofmiddels. Die VW
'beetle' was beskikbaar in 'n wye reeks kleure en eienaars kon selfs individuele
verandering aanbring, mees kenmerkend die verf van psigedeliese patrone
gedurende die 1960's.
Art Deco
VOORBEELD: Chrysler Gebou deur William van Alen
Die Art Deco beweging het as 'n reaksie begin teen die verlies wat veroorsaak is
deur die 1ste Wêreld Oorlog. Die styl se doelstelling was om die stad se populasie
groei wat 'n uitvloeisel van die Industriële Rewolusie was, aan te spreek. As gevolg
hiervan het die behoefte vir masjiengemaakte goedere en vermaaklikheidslewe
vergroot. Masjinerie was wyd gebruik om die dag-tot-dag benodighede van die
stadsbewoners aan te voldoen. Die behoefde om die depressie wat hulle omring het
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Ontwerp/V1 10 DBE/November 2017
NSS – Nasienriglyne
te ontvlug, was een van die hoof invloede op Art Deco en ontwerp het die antwoord
verskaf. Menigte ontwerpers het na eksotiese invloede gekyk en so hul inspirasie
van die antieke tye, antieke Egipte en Aztec samelewing, Kubisme, Fauvisme en
Modernisme gekry. Ontwerp motiewe was verminder tot hul eenvoudigste vorm,
maar het hul verfynde gesofistikeerde voorkoms behou. Hierdie styl was op
argitektuur, binnehuisversiering, tekstielontwerp en grafiese ontwerp toegepas.
Art Deco skep 'n eksotiese, teatrale omgewing wat versag word met mooi, luukse
teëls, materiale en muurpapierontwerp. Hierdie het 'n vorm van ontvlugting vir die
mense van die tydperk geskep, dit beklemtoon die wyse waarop die mense in die
era geleef het.
Die Chrysler Gebou in New York is 'n klassieke voorbeeld van Art Deco argitektuur
se karaktereienskappe en is beskou deur vele kontemporêre argitekte as een van
die beste geboue in New York. Dit is deur die argitek William van Alen ontwerp as
'n projek vir Walter P Chrysler. Met die eerste ploeg in die grond op
19 September 1928, was daar 'n intense kompetisie in New York om die wêreld se
hoogste wolkekrabber te bou. Die styl van die gebou het New York se horison
verander en het 'n baken geword vir die nuwe modern era wat humaniteit
verheerlik. Walter Chrysler as die voorsitter van die Chrysler Firma het die
intensie gehad om dié gebou, Chrysler's motor se hoofkwartiere te maak, om die
hoë aanvraag vir motors aan te voldoen. Die masjien era het mense se lewens
verander en vervoer was vinniger as ooit vantevore. Spoed het 'n obsessie geword
en ontwerp begin beïnvloed. 'n Variasie van argitektoniese detail en veral die
gebou se gotiese geïnspireerde 'gargoyles'/geute was 'n nabootsing van Chrysler
motor produkte, soos die enjinkap se ornamente van die Plymouth motor wat die
simbool van die masjien era in die 1920's, geword het.
Die Chrysler Gebou is beskou as 'n leidende voorbeeld van Art Deco argitektuur.
Die hoeke van die 61ste vloer was versierd met arende; op die 31ste vloer, is die
hoekornamentasies replikas van die 1929 Chrysler motor verkoellings deksel. Dit
is van klip gebou, met 'n staalraam, en staal bedekking. Tans bevat die gebou 'n
totaal van 3 862 vensters op die fasade. Binne-in is daar vier torings van
8 hysbakke ontwerp deur Otis Hysbak Koöperasie. Die gebou is as 'n Nasionale
Historiese baken in 1976 verklaar, en weer later 'n New York baken in 1978. Dit
toon die impak wat ontwerp op mense se lewens het en hoe dit hul opinies en
aksies en die maniere waarop hul leef, kan verander. Die Chrysler Gebou is
bekend vir sy terras kroon, wat saamgestel is uit sewe stralende terrasboë, wat
geïnspireer is deur die Egiptiese piramiedes en die Aztec sonstraal patrone. Hier
sien ons die invloed van Afrika en Egiptiese kuns, omrede daar 'n beklemtoning is
op gestileerder vorms wat bydra tot die direkte vereenvoudigde benadering van die
Art Deco styl.
Van Alen se ontwerp van die kroon is 'n kruisvormige kruisagtig gewelf wat bestaan
uit sewe konsentriese segmente. Die vlekvrye staal bedekking is gegroef en
gekram met 'n stralende sonstraal patroon met menigte driehoekige kruisagtige
vensters. Die hele kroon is bedek met silweragtige 'Enduro KA-2' metaal, 'n tipe
vlekvrye staal wat in Duitsland ontwikkel is.
Gee krediet vir enige ander geregverdigde verklarings.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Ontwerp/V1 11 DBE/November 2017
NSS – Nasienriglyne
V4.1 KOGNITIEWE GEWIGS- VRAE PUNTE
VLAK VAARDIGHEDE TOEKENNING (20)
Laer orde Onthou, Herroep, Herken 4.1 4
Verstaan, Verduidelik, 30% 2
Beskryf
Middel Toepas, Implementeer, 40% 4.1 8
orde Organiseer
Hoër orde Analiseer, Vergelyk, 4.1 2
Interpreteer 30%
Evalueer, Reflekteer 2
Sintetiseer, Regverdig 2
4.2 (Ken 10 punte toe)
Die bed in FIGUUR H is geïnspireer deur die kuns en argitektuur van die Klassieke
eeu. Die Renaissance periode in Europa het die doelstelling gehad om 'n
verandering van opinies, waarin mense glo, hoe hulle gedink het te verander, deur
humanisme en rasionele denke 'n fokuspunt te maak. Die ontstaan van
humanisme in die Renaissance periode toon 'n terugkeer na redenasie,
individualisme, logiese gedagtes, wetenskap en Klassieke ideale soos duidelik
sigbaar in FIGUUR H. FIGUUR I in kontras, verteenwoordig die De Stijl
beweging wat swaar leen op Hollandse tradisie van logika, strengheid en
duidelikheid. Hulle doelstellings was om 'n styl te skep waarin inhoud en
onderwerp vereenvoudig was tot die basiese boublokke van visuele uitdrukking. Dit
kan duidelik gesien word deur hul gebruik van geometriese vorms en primêre
kleure.
Die Klassieke ideale van harmonie is sigbaar in die simmetrie, proporsie en balans
van die bed in FIGUUR H. Die bed in FIGUUR I toon hoe die De Stijl beweging
die fundamentele harmonieuse beginsels van geometrie met die gebruik van slegs
reguitlyne, vierkante en reghoeke, gekombineerd met 'n sterk asimmetriese
kwaliteit; die oorheersende gebruik van suiwer primêre kleure en swart en wit.
Harmonie is ook duidelik sigbaar in De Stijl se verhouding tussen positiewe en
negatiewe elemente in die rangskikking van nie-objektiewe vorms en lyne.
De Stijl het die gebruik van suiwer abstraksie gestig om universaliteit te
bewerkstellig en dit is duidelik sigbaar in FIGUUR I deur 'n vermindering van die
essensiële van vorm en kleur. Hulle het die visuele komponente vereenvoudig
tot slegs vertikaal en horisontaal en net die gebruik van swart en wit, en die primêre
kleure. In kontras, moedig die Renaissance periode die observasie direk van die
natuurlike bron aan. Dit verleen 'n akkurate refleksie van natuur in vorm en kleur
en staaf ook die doelstelling om idealisme en perfeksie te bereik. In teenstelling,
vind De Stijl sy uitdrukking in vorm en kleur, in die reguitlyn en duidelike
gedefinieerde primêre kleure. De Stijl laat slegs toe die gebruik van primêre
kleure, swart en wit, vierkante en reghoeke, reguit, horisontaal of vertikale lyne.
Die invloed van Klassieke mitologie is sigbaar in die Renaissance deur die gebruik
van dekoratiewe motiewe op die bed in FIGUUR H. Hierdie luuks versierde styl
van die Renaissance, bekend as grotesk, wys 'n kombinasie van krullende plante,
figure en fantasie gedrogte, gebaseer op antieke Romeinse fresko's wat ontdek is
in Italië in die laat 15de eeu. 'n Gewilde kenmerk van die versierde Renaissance
styl toegepas op meubelontwerp, is die gekerfde borsbeelde van belangrike mense
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Ontwerp/V1 12 DBE/November 2017
NSS – Nasienriglyne
of beskermhere, meestal in profiel en geraam in oordadige versierde sirkels van
plante, bekend as rotundo wat sigbaar is in FIGUUR H. Dit kon moontlik deur die
antieke Romeinse muntstukke beïnvloed gewees het.
Die De Stijl-bed in FIGUUR I gee geen erkenning aan individualisme en ignoreer
die uniekheid van voorkoms, natuurlike vorm en kleur. Die Renaissance het vrye
denke aangemoedig en het in die algemeen menings van die Middeleeue wat
bevraagteken is, behou. Die fokus het verskuif na observasie en navorsing, wat
innovering en baie nuwe wetenskaplike ontdekkings aangemoedig het; insluitend
perspektief, en kleur perspektief. Die De Stijl beweging was swaar beïnvloed
deur die teorieë van die Hollandse filosoof Schoenmaekers, wat geglo het dat die
natuur tot binêre teenstrydighede en basiese lyn vorms en fatsoene, afgebreek kon
word. Die kuns filosofie wat gevorm is, het die basis verskaf vir die De Stijl se
werke wat bekend staan as Neoplastisisme – die nuwe beeldende kunste.
Gee krediet vir enige ander geregverdigde verklarings.
V4.2 KOGNITIEWE VAARDIGHEDE GEWIGS- VRAE PUNTE
VLAK TOEKENNING (10)
Laer orde Onthou, Herroep, Herken 4.2 2
Verstaan, Verduidelik, Beskryf 30% 4.2 1
Middel Toepas, Implementeer, 40% 4.2 4
orde Organiseer
Hoër orde Analiseer, Vergelyk, Interpreteer 4.2 1
Evalueer, Reflekteer 30% 4.2 1
Sintetiseer, Regverdig 4.2 1
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Ontwerp/V1 13 DBE/November 2017
NSS – Nasienriglyne
AFDELING C: ONTWERP IN 'N SOSIO-KULTURELE/OMGEWINGS EN
VOLHOUBARE KONTEKS
VRAAG 5 (20 punte in totaal)
Kandidate beantwoord VRAAG 5.1 OF VRAAG 5.2.
5.1
5.1.1 (Ken 2 punte toe)
Die ontwerp in FIGUUR J toon 'n sensitiwiteit aan vir die behoeftes van
swaksiendes/blindes. Sesamsaadjies is geplaas op die broodrolletjie om braille
te vorm, sodat 'n blinde persoon kan voel en weet wat hy/sy eet. Dit is skaars
dat produkte ontwerp word om die ervaring van fisies gestremde mense in ag te
neem, veral wanneer dit kom by kos. Wimpy het 'n braille spyskaart hiervoor
ontwerp.
5.1.2 (Ken 2 punte toe)
Om te kwalifiseer as 'n sosiale verantwoordelike ontwerper, moet 'n mens die
behoeftes van almal, insluitend die minderheid en dié fisies gestremde
individue , waaruit ons samelewing bestaan, in ag neem. Die praktyk om hulde te
gee aan inklusiwiteit, verander mense se denkwyse en skep harmonie en
verdraagsaamheid tussen almal. Die teikenmark word vergroot deur hierdie
inklusiewe ontwerpspraktyk. In hierdie geval word blinde mense onafhanklikheid
gegee om hulle eie keuses te maak.
5.1.3 (Ken 2 punte toe)
Verkeersligte wat 'n geluid maak vir die blinde voetgangers, verskaf aan hulle
die inligting dat dit veilig is om die pad oor te steek. Parkeerareas vir die fisies
gestremdes wat wyer gemaak is en naby die ingang van winkel sentrums en
winkels is. Sensors wat beweging optel, sal outomaties deure oopmaak vir
blindes en/of fisies uitdagende mense.
5.1.4 (Ken 14 punte toe; 7 punte per ontwerper: 1 punt vir die ontwerper en
ontwerpproduk)
Voorbeeld: 'n Tipiese Streetwires produk is Stack of cows
Streetwires is a plaaslike kunshandwerk besigheid en gemeenskap
ontwikkelings projek, gestig deur Patrick Schofield, Winston Rangwana and
Anthony Ressel. Die besigheid fokus op die produksie van straat draadkuns, 'n
unieke suiderlike Afrika genre. Die doel was om die probleem van werkloosheid
en armoede in ons land, aan te spreek.
In die begin was slegs twee draadkunstenaars op 'n deeltydse basis aangestel,
wat 'n kamer in Schofield se huis as hul werkspasie gebruik het. Die besigheid
het gegroei wat gelei het na twee groter persele. Die Kaapstad studio is 'n
toonbeeld vir 'n besigheid gebaseer op kwaliteit beheer. Nuwe draadkuns
ontwerpe word geskep deur 'n ontwerp span en nadat die ontwerpe goedgekeur
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Ontwerp/V1 14 DBE/November 2017
NSS – Nasienriglyne
is, word 'n patroon-ontwerp gemaak en aangestuur na die draadkuns-
handwerkers wie as 'n span werk om produkte te maak. Om 'n hoë standaard
te handhaaf, moet die spanleier seker maak dat die patroon-ontwerp presies
gevolg word, en dat dit deur kwaliteitbeheer gaan, voordat dit op die winkelrakke
verskyn.
Die besigheid glo dat die hoof probleem van ons land is, is werkloosheid. Nie
alleenlik is dit die oorsaak van vele sosiale probleme soos armoede, dit verhinder
ook die gemeenskap se groei potensiaal en ontwikkeling. Met hierdie in
gedagte, is die doel om betekenisvolle lang termyn werksgeleenthede vir so veel
Suid-Afrikaners as moontlik te skep, om hulle lewens te verbeter. Dit verskaf 'n
werksplek, permanente werk, 'n sin van waarde en toegang tot vaardighede-
opleiding, die ontwikkeling van individuele kunstenaars en die skep van uitreik
inisiatiewe in kinderhuise, skole en verarmde samelewings.
Objekte wat gemaak is, is beide dekoratief en funksioneel, soos
kralewerkpromosie items en geskenke (bv. sleutelhouers, papierskyfspelde met
'n logo bo-op, besigheidskaartjie houers), werkende radio's, 'n verskeidenheid
motor modelle in draad of kraal-draad en diere, voëls en beelde van mense.
Die fatsoene en vorms is hoogs gestileerd en vereenvoudig, insluitend 'n element
van fantasie en humor. Helder kleure en eenvoudige, kurwende buitelyne
domineer. Die tegniek van draadkuns domineer, en sluit in materiaal soos krale,
opgesnyde blikkies en bottel doppe.
Die kraalwerk reflekteer eenvoudigheid, stilering, wispelturigheid, buitengewone,
kinderlike en naïewe kwaliteite. Dit word gemaak van drade en krale en
verwys terug en reflekteer die waarde van vee in Afrika kulture. Die krale wat
gebruik word, is monochromaties en varieer van donker gekleurde 'n koei na 'n
wit gekleurde koei. Die horings is gemaak uit gerygde rooi krale.
Ken 7 punte toe: 1 punt vir die ontwerper en ontwerpproduk
Jonathan Barnbrook is 'n Internasionale Britse grafiese ontwerper en
tipografeerder wie se grafiese ontwerp, letters/lettertipe gebruik word om te
reageer op sosiale, kulturele en politiese gebeurtenisse, en in die wyse baat die
gemeenskap.
Hy het gesê in sy 'First Things First 2000' manifes dat ontwerpers bewus moet
wees van die kragtige boodskap wat hul handwerk kan oordra op die massa-
media.
Die Barnbrook studio is bekend vir hul geloof in die vaardighede van grafiese
ontwerp om sosiale verandering aan te help. Barnbrook se produksie is
diepdenkend, vanaf sy korporatiewe identiteit tot sy tydskrif werk, sy lettertipe, sy
industriële ontwerp en CD omslag. In een van sy projekte Friendly Fire het hy
bevestig dat grafiese ontwerp 'n sosiale en politiese wapen is. Op 'n
advertensiebord in Las Vegas, het Barnbrook gesê: 'Stay away from corporations
that want you to lie for them'. Hy reageer gereeld op die onregverdigheid in die
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Ontwerp/V1 15 DBE/November 2017
NSS – Nasienriglyne
wêreld en probeer om dit vir die samelewing bloot te stel, om sodoende 'benefit
their lives'.
Sommige van sy welbekende letters sluit in Bastard, Exocet, False Idol, Infidel,
Moron, Sarcastic – baie van hulle reflekteer Barnbrook se motiverende en
uitlokkende style en temas.
Voorbeeld:
Meeste van sy idees, komposisies en sy lettertipes, ontwerp om die leser te
irriteer, is vasgevang in sy eerste boek, Barnbrook Bible. Ontwerp om die leser
uit te daag en self te irriteer, die boek is opsetlik kineties (in beweging in die
uitleg) en chaoties in dat dit tyd benodig en energie om dit te lees. Eers as die
leser sy uitleg en styl ontsyfer het, kan die ontwerp waardeer word as 'n
persoonlike uitdrukking in die diens van massa kommunikasie, gewoonlik met 'n
sosiale en politiese agenda. Barnbrook Bible se politiese kommentaar is
duidelik - Amerikaanse buitelandse gedragskodes en globale korporatisme is sy
hoof doeleindes. Byvoorbeeld, het hy Ronald MacDonald en Osama Bin
Laden in een ikoniese karakter verander, wat humoristies is, maar het ook 'n
hoër doel wat kritiese denkwyse aanmoedig. Dit is maklik om Barnbrook se
politieke werk en tipografiese spotprente te ontken, maar dit is met 'n ernstige
sosiale kommentaar gelaai.
Gee krediet vir enige ander geregverdigde verklarings.
V5.1 KOGNITIEWE GEWIGS- VRAE PUNTE
VLAK VAARDIGHEDE TOEKENNING (20)
Laer orde Onthou, Herroep, Herken 5.1.1 2
30% 5.1.2 1
5.1.4 2
Verstaan, Verduidelik,
Beskryf 5.1.3 1
Middel Toepas, Implementeer, 40% 5.1.2 1
orde Organiseer 5.1.3 1
5.1.4 6
Hoër Analiseer, Vergelyk, 5.1.4 2
orde Interpreteer 30%
Evalueer, Reflekteer 5.1.4 2
Sintetiseer, Regverdig 5.1.4 2
5.2 (20 punte in totaal)
5.2.1 (Ken 2 punte toe)
Nee, die tradisionele produkte in FIGUUR K sal nie met dieselfde gemak en
akkuraatheid as moderne produkte werk nie. Tegnologie het die materiale
waaruit kontemporêre produkte gemaak is verbeter, in vergelyking met die
materiale waaruit tradisionele produkte gemaak word.
Ja, die tradisionele produkte in FIGUUR K is nog steeds vandag bruikbaar vir
mense wie nog sterk verbind is met hul tradisionele kultuur. Baie tradisionaliste
glo dat handgemaakte produkte by verre beter is in funksie en kwaliteit van
materiale, in vergelyking met kontemporêre produkte wat met goedkoper materiale
en swakker kwaliteit gemaak is. Die produkte word gebruik vir tradisionele,
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Ontwerp/V1 16 DBE/November 2017
NSS – Nasienriglyne
kulturele en seremoniele doelwitte. Die produkte kan ook gebruik word in ‘n
moderne konteks om interieure te versier. Hulle kan ook gebruik word vir die
toeriste mark.
Gee krediet vir enige ander kulturele en simbolistiese gebruike.
5.2.2 (Ken 8 punte toe)
Muur skilderye deur die Ndebele gemeenskap (vrouens).
Om 'n muur skildery te begin, verdeel die kunsvlytkunstenaars die muur in
afdelings op, en dan trek hulle kryt-lyne diagonaal oor elke afdeling. Die mure is
oorspronklik met wit kalk geverf. Die kleure wat gebruik is, om die skilderye te
verf is meestal natuurlike pigmente, wat bestaan uit bruine, swarte en okers.
Die kunstenaar begin met die swart buitelyn van die ontwerp vir elke afdeling.
Die skildery word vryhand gedoen, sonder dat 'n skaal-uitleg ontwerp vooraf
geteken word. Geen liniale of vierkante is gebruik nie, maar simmetrie,
proporsie en reguit kante is presies behou. 'n Swart buitelyn word om die kleure
geplaas, met wit ruimtes wat teen die geverfde areas as teenwig geplaas word.
Nadat die kleur aangewend is, is die laaste stap die herverf of opknapping van die
swart buitelyne. Die vroegste skilderye is met aardse pigment, kalk en
wasgoedblousel gedoen. Alhoewel kommersiële verf die tradisionele pigmente
vervang het, gebruik die kunstenaars nog steeds vandag hoender vere as
verfkwaste.
Ndebele skilders wys style en oorspronge tussen verskillende vorms van muur
versierings. Die mure word met patrone geverf wat gewoonlik herhaal word
regdeur die ontwerp met 'n klein variasie en verskil in kleur keuse. Die kleur wit,
is altyd as die agtergrond gebruik omdat dit die helder patrone laat uitstaan.
Hierdie geometriese patrone en vorms word eers met 'n swart buitelyn geteken en
later met kleur ingevul. Die patrone word saam gegroepeer regdeur die mure in
terme van hul basiese ontwerp struktuur, dus word daar 'n ruimte geskep vir
akkuraatheid en vryheid. Meeste van die patrone was van 'n V-vorm met 'n baie
eenvoudige driehoek bo-op 'n groot vorm van kleur. Daar is vyf hoof kleure
verteenwoordig in die patroon: rooi, geel, blou, groen, en soms pienk.
Dié patrone is een van die mees belangrikste kommunikasie aspekte in hulle
skilderye. Die kleure gee 'n intense simboliese betekenis aan die Ndebele.
Die helder simbole en uitdrukkings wys 'n kommunikasie van algemene
boodskappe.
Gee krediet vir enige ander geregverdigde verklarings.
5.2.3 Ken 10 punte toe: 1 punt vir die ontwerp en ontwerpproduk
Ronel Jordaan. Ndebele tribal Chair
Die ontwerp is 'n stoel wat lyk soos 'n groot gras mandjie wat buigsaam en besig
is om plat te val. Die mandjie is uit velt gemaak. Die mandjie lê op sy sykant en
die deksel vorm die sitplek. Die lyne van die weef tegniek vorm konsentriese
sirkels. Die kleure is dowwe gryse en bloue wat 'n koue effek skep. Die weef
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Ontwerp/V1 17 DBE/November 2017
NSS – Nasienriglyne
tegniek is soortgelyk aan die grasmat-weef tegniek wat deur die inheemse kulture
gebruik word. Sy gebruik wol wat gekleur, gekam en gespin is. Om die
produk te maak, is die katoen in dun gare-drade gekam en dan handgeweef in
verskillende produkte.
Ronel Jordaan se materiale en werksprosesse is eties deurdat sy die omgewing
en die verbruiker in ag neem. Die water wat sy gebruik is bekend as afval-grys-
water omdat dit hergebruik is in organiese groente tuine. Die groen tuine
waarop die son skyn groei in houers op die fabriek terrein wat in 'n klein
industriële buurt in Johannesburg, Suid-Afrika is. Die groente, meestal
spinasie/morogo is vir die vrouens om huis toe te neem of om te verkoop.
Ronel gebruik seep van Suid-Afrika wat ten volle bioafbreekbaar is. Alhoewel
die kleurstowwe van Duitsland ingevoer is, is hulle spesifiek gekies omdat hulle
loodvry is en voldoen aan die Europeese Eko-Standaarde. Die wol wat Ronel
gebruik, ondergaan nie 'n koolstofafbreek proses nie. Die Ronel Jordaan™
etiket is ewe harmonieus met die natuur. Al die prosesse wat in die werkswinkel
gebruik word, is eko-vriendelik.
Gee krediet vir enige ander geregverdigde verklarings.
GEEN punte moet toegeken word vir die herhaling van ontwerpers(s) en hulle
werk wat in die vraestel gebruik word nie.
V5.2 KOGNITIEWE GEWIGS- VRAE PUNTE
VLAK VAARDIGHEDE TOEKENNING (20)
Laer orde Onthou, Herroep, Herken 5.2.3 1
30%
Verstaan, Verduidelik, 5.2.1 1
Beskryf 5.2.2 2
5.2.3 2
Middel Toepas, Implementeer, 40% 5.2.1 1
orde Organiseer 5.2.2 2
5.2.3 5
Hoër orde Analiseer, Vergelyk, 5.2.2 2
Interpreteer 30%
Evalueer, Reflekteer 5.2.3 1
Sintetiseer, Regverdig 5.2.3 1
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Ontwerp/V1 18 DBE/November 2017
NSS – Nasienriglyne
VRAAG 6 (20 punte in totaal)
6.1 (Ken 6 punte toe)
Water bewaring word beklemtoon deur die huis te bou met herwonne plastiek
bottels wat water bespaar in teenstelling met tradisionele bou-materiale soos beton
wat meer water verbruik. Die gebruik van hierdie water bottels om meet e bou
verseker dat hul nie hul . vind na ons oseane, riviere en damme. Die gebruik van
herwinde plastiek in FIGUUR L beklemtoon die belangrikheid van waterbewaring
deurdat dit die gebruik van herwinde water bottels uitlig.
Die doeltreffende gebruik van energie word maksimaal verseker deur die gebruik
van nie-tradisionele bou-materiale soos water bottels. Hierdie boutegniek
verminder die gebruik van elektriese gereedskap wat energies al bespaar. Die
gebruik van water bottels insuleer die gebou wat die behoefte aan addisionele
verhitting en verkoeling sal verhoed.
Koolstofdioksied vermindering word verbeter deur die gebruik van masjienerie en
elektriese gereedskap wat die omgewing sal besoedel. Die gebou sal ‘n minimale
impak op die omgewing veroorsaak omdat die materiale gebruik tydens die bou-
proses nie lugbesoedeling sal veroorsaak nie.s
Gee krediet vir enige ander geregverdigde verklarings.
6.2 (Ken 2 x 7 = 14 punte toe) 7 punte per ontwerper: 1 punt vir die ontwerper en
onwerpproduk
Die Suid-Afrikaanse ontwerp span The Joinery gestig deur die susters Natalie en
Kim Ellis het die My Office versameling, ontwerp. The Joinery is 'n etiese Mode-
reeks gemaak om 'n alternatief te skep vir die tradisionele en giftige metodes van
produksie. Die My Office versameling bestaan uit skoot rekenaar sake vir Mac en
PC/rekenaarverbruikers gemaak van luukse, volhoubare materiaal, vertoon in
natuurlike bruin en lig grys kleure. Die versameling is ontwerp saam met 'n Suid-
Afrikaans gebaseerde industriële plastiekherwinnings fabriek en poliëster vesel
produsent deur die gebruik van 'n ligte veltagtige materiaal wat afkomstig is van
PET vlokkies (polyethylene terephthalate) – verkry van plastiekbottels versamel in
Kaapstad.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Ontwerp/V1 19 DBE/November 2017
NSS – Nasienriglyne
Die Joinery se algemene karaktereienskappe is bepaal deur vorm-volg-funksie,
minimalistiese benadering wat 'n skoon vakmanskap benadering toon, en wat die
Skandinawiese ideale naboots. Die finale produk is bedoel vir 'n hoër inkomste
verbruiker en heel waarskynlik besigheidsmense, maar ook iemand wat 'n ernstige
versamelaar is van nuwe en innoverende ontwerp.
Die Joinery fokus op produksie metodes wat 'n bydrae lewer tot die plaaslike
gemeenskap se groei en vernootskappe met naaldwerkkoöperatiewe in plaaslike
'townships'/lokasie. In hierdie verband is die Joinery geïnspireer deur die
ekologiese aandrang op die ontwerpgemeenskap om nuwe materiale te ontdek en
te gebruik vir volhoubare tekstielproduksie. Die Joinery se keuse van materiale
verminder CO 2 -uitlatings deur plastiekbottels te herwin wat op stortingsterreine sou
eindig. Hierdie inisiatief deur die Joinery het ook menigte werksgeleenthede vir
plaaslik naaldwerkers en informele plastiek versamelaars, geskep.
Internasionale ontwerpers Phillippe Starck en Emeco het die Broom Barstool,
geskep, 'n stoel wat herwin, herbruik, bioafbreekbaar en stewig is, bestaande uit
90% industriële afval, 75% afval polipropilene en 15% herwinde hout. Die materiaal
is gemaal en in klein korreltjies gedruk voordat dit gemeng word met glasvesel en
gesmelt word, sodat dit in 'n vorm ingespuit kan word. Die Broom Chair is
duursaam, gemaklik, 'n mode-item, kleurvol en geskik vir binne- en buitegebruik.
Die Broom Barstool ontwerp het in ag geneem die beperkte ruimte by 'n kroeg in 'n
restaurant of hotel, deur die wydte van die stoel te verminder, maar nie gemak
opgeoffer nie. Die gekurfde skulpvorm van die stoel is verander in 'n stoel met
sagter randte wat saam met die bene van die stoel smelt.
Starck se algemene karaktereienskappe sluit in die gebruik van afvalmateriale,
tegnologie en dus maak hulle seker dat die produk van uitstaande kwaliteit is, en
vir lank sal kan gebruik word, en besparing in energie en vervoer van die produk.
Gee krediet vir enige ander geregverdigde verklarings.
V6 KOGNITIEWE GEWIGS- VRAE PUNTE
VLAK VAARDIGHEDE TOEKENNING (20)
Laer orde Onthou, Herroep, Herken 6.1 2
Verstaan, Verduidelik, 30% 6.2 4
Beskryf
Middel Toepas, Implementeer, 40% 6.1 2
orde Organiseer 6.2 6
Hoër orde Analiseer, Vergelyk, 6.2 2
Interpreteer 30%
Evalueer, Reflekteer
Sintetiseer, Regverdig 6.1 2
6.2 2
TOTAAL AFDELING C: 40
GROOTTOTAAL: 100
Kopiereg voorbehou
Study this subject
Recommended for this subject

Memorandum
Design Grade 12 Paper 1 NSC November 2017 Memo (English)

Question paper
Design Grade 12 P1 NSC November 2017 Question Paper (Afr)

Question paper
Design Grade 12 P1 NSC November 2017 Question Paper (Eng)

Memorandum
Design Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2017 Memo (Afrikaans)

Memorandum
Design Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2017 Memo (English)

Memorandum
Design Grade 12 P1 NSC Supplementary 2017 Memo (Afrikaans)
More from Grade 12 Design

Annual teaching plan
Gr 12 Des ATP 2023 24

Question paper
Design Grade 12 P1 NSC June 2025 Question Paper (Afrikaans)

Question paper
Design Grade 12 P1 NSC November 2025 Question Paper (Eng)

Question paper
Design Grade 12 P1 NSC November 2025 Question Paper (Afr)

Question paper
Design Grade 12 P1 November 2024 NSC Question Paper (Eng)

Question paper