Skip to content

Design Grade 12 P2 NSC November 2017 Question Paper (Afr)

Question paperDesignGrade 12201724 pages

Grade 12 Design Paper 2 question paper from the NSC November Exam 2017 (Afrikaans), 24 pages. Read online or download the free PDF.

Free to read online, no sign-up needed

Loading document…

Loading document…

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 ONTWERP V2 (PRAKTIES) 24 JULIE–20 OKTOBER 2017 PUNTE: 100 TYD: ONDERWERP 1: Praktiese proses/voorbereiding by die skool en/of tuis in die 3de kwartaal [50] ONDERWERP 2: Finale praktiese produk gedoen onder gekontroleerde omstandighede SLEGS by die skool: 'n minimum van 12 uur en 'n maksimum van 24 uur in die 4de kwartaal [50] Hierdie vraestel bestaan uit 23 bladsye en 1 bylae. Hierdie vraestel moet in volkleur gedruk word. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Ontwerp/V2 2 DBE/November 2017 NSS INSTRUKSIES EN INLIGTING 1. Hierdie vraestel bestaan uit TWEE afdelings: ONDERWERP 1: Die eksamenbronboek/-werkboek (50 punte) ONDERWERP 2: Die finale praktiese eksamenproduk (50 punte) TOTAAL: 100 punte 2. Die vraestel het TWEE temas. Kies EEN of KOMBINEER DIE TWEE OPSIES. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Ontwerp/V2 3 DBE/November 2017 NSS OPDRAG/TEMA 1: GEDENK-ONTWERP EROS CULTURE Diverse Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Ontwerp/V2 4 DBE/November 2017 NSS GEDENK-ONTWERP • Bring hulde • Toon respek • Simboliseer • Herdenk • Vereer • Erken • Huldig • Heildronk instel • Bewys eer aan Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Ontwerp/V2 5 DBE/November 2017 NSS Baie mense, kulture, geskiedkundige gebeure en geleenthede is al in Suid-Afrika gedenk deur verskeie ontwerpvorme te gebruik, byvoorbeeld: • Nelson Mandela – plakkate, T-hemde, bekers, inhuldigingsmuntstukke, seëls • Die Sharpeville-slagting – Sharpeville Gedenkteken (Sharpeville Memorial) • Apartheid – uitstallings in die Apartheid-museum • Die oorsprong van die Afrikaanse taal – die Afrikaanse Taalmonument • Hector Peterson – die Hector Peterson-gedenkteken • Die geboorte van die Prins van Lesotho– 'n Basotho-kombers • Die antieke Mapungubwe-beskawing – 'n Mapungubwe-lettertipe • Die eerste betoging teen die apartheid-paswette – die Rooi Lokasie-museum • Die Voortrekkers – die Voortrekker-monument, borde, teelepels, seëls • Shaka Zoeloe se impi's – Nguni-meubelontwerpe, borde • Gelykheid vir almal – Konstitusie-heuwel • Hansie Cronjé – wynbottel-etikette, gedenkwaardighede, strokiesprente • Die aankoms van die Franse Hugenote – die Hugenote-monument Die maak van gedenkwaardighede, die skep van openbare kuns/beeldhouwerk, die bou van museums, die ontwerp van strokiesprente, graffiti, tipografie en die maak van films dra almal tot die herdenking van ons nalatenskap by. Gedenk-ontwerp speel 'n deurslaggewende rol in die vorming van ons gesamentlike identiteit en erfenis. Gedenk-ontwerpe word in talle museums bewaar in 'n poging om ons unieke nasionale kulturele geskiedenis, ons politieke suksesse en nederlae en ons ryk kunshandwerk, kuns en tale te beskerm en beveilig. Al hierdie gedenk-ontwerpe verenig ons as 'n nasie. By die Universiteit van Kaapstad het studente die behoefte beklemtoon om met die helde en heldinne ná apartheid te identifiseer. Die studente het geglo dat die standbeeld van Cecil John Rhodes verwyder moet word om vir nuwe rolmodelle plek te maak. Die verwesenliking van 'n nuwe kulturele identiteit vir Suid-Afrika bly 'n uitdaging in die skep van 'n gedeelde nuwe identiteit. Hierdie nuwe kulturele identiteit het gelei tot meer gedenk-ontwerpe wat helde en heldinne gedenk wat voorheen nie gedenk is nie. Hierdie gedenk-ontwerpe word nou gebruik as bemarkingsinstrumente om toeriste na Suid-Afrika te lok. Skep 'n oorspronklike ontwerpoplossing om 'n werklike historiese gebeurtenis te gedenk, of helde en heldinne wat reeds gedenk is (of nog nie gedenk is nie), byvoorbeeld sportlegendes, Marikana, Erfenisdag, kulturele gebeurtenisse. Skep die ontwerp in EEN van die volgende ontwerpkategorieë wat die tema op 'n oorspronklike en kreatiewe wyse vertolk: • Visuele Kommunikasie-/Inligtingsontwerp en/of Digitale Ontwerp • Oppervlakontwerp en Tweedimensionele Kunshandwerkontwerp • Produkontwerp en Driedimensionele Kunshandwerkontwerp • Omgewingsontwerp MOENIE die voorbeelde wat verskaf is, kopieer NIE. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Ontwerp/V2 6 DBE/November 2017 NSS VISUELE KOMMUNIKASIE/INLIGTINGSONTWERP EN DIGITALE ONTWERP Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Ontwerp/V2 7 DBE/November 2017 NSS OPPERVLAKONTWERP EN TWEEDIMENSIONELE KUNSHANDWERKONTWERP Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Ontwerp/V2 8 DBE/November 2017 NSS PRODUKONTWERP EN DRIEDIMENSIONELE KUNSHANDWERKONTWERP Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Ontwerp/V2 9 DBE/November 2017 NSS OMGEWINGSONTWERP Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Ontwerp/V2 10 DBE/November 2017 NSS OPDRAG/TEMA 2: OPTIESE BEWEGING Optiese Beweging Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Ontwerp/V2 11 DBE/November 2017 NSS Ontwerpers en kunstenaars is al vir baie eeue gefassineer deur die aard van persepsie of om te sien en die gedrag van die oog. Kunstenaars, beeldhouers en argitekte gebruik sedert die Renaissance-tydperk gevorderde perspektieftegnieke om die illusie van drie dimensies op 'n tweedimensionele oppervlak te skep. Optiese illusies in kuns is in die 1950's bekendgestel toe 'n aantal kunstenaars illusionêre metodes ontwikkel het wat persepsie verwar het. Hulle het op die ondersoek na die wetenskap van optika gefokus, wat deur 'n toename in tegnologie en sielkunde ondersteun is. Optiese Kuns en Kinetiese Kuns het 'n groot invloed op ontwerp. Optiese ontwerp is meestal wiskundig, neig tot Abstrakte Kuns en word as 'n vertakking van Popkuns beskou. Die gebruik van herhalende geometriese vorme in swart en wit of in kontrasterende kleure skep vibrerende effekte. Optiese ontwerp stimuleer die oog en maak 'n statiese beeld lewendig, terwyl dit die grense van ons persepsie verskuif. Om kunstige beweging te skep, is verskillende metodes gebruik om die openbare oog te mislei en te verwar, en met ons persepsies te speel. Beweging kan ook in ontwerp geskep word met die gebruik van elemente, soos diagonale en kromlynige lyne, herhaling van kleur en vorm, punterige fatsoene en lyne, asook met gefragmenteerde, gedekonstrueerde visuele beelde, fatsoene en vorme. Thomas Heatherwick Frank Gehry Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Ontwerp/V2 12 DBE/November 2017 NSS Geen skilder, dood of lewendig, het ons al ooit so bewus gemaak van ons oë as Bridget Riley nie. – Robert Melville 1971 Die begin van illusie en bewegingskuns is sigbaar in die eenvoud van swart-wit kontras. – Bridget Riley Victor Vasareli het ook ontwerpe geskep wat met illusies en beweging geëksperimenteer het, MAAR hy het fatsoene met helder monochromatiese en polichromatiese kleure ingesluit. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Ontwerp/V2 13 DBE/November 2017 NSS Riley en Vasareli het tessellasies (wiskundig gestruktureerde patrone wat ruite gebruik om optiese illusies en beweging te skep) gebruik om ingewikkelde, wiskundig gestruktureerde komposisies te skep. Hulle beginpunt was 'n ruit, soortgelyk aan die tessellasies deur MC Escher ontwikkel, soos in die strukture hieronder gesien. Om gekompliseerde optiese illusies te kan skep, is dit belangrik dat jy tessellasie- ruitformasies as die beginpunt gebruik. In 'n Postmoderne konteks is ontwerpers, soos Karl Lagerfeld, Louis Vuitton, Giorgio Armani en Issey Miyake, deesdae besig om Riley se grafiese streep te versterk om die fokuspunt van hul ontwerpe te word. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Ontwerp/V2 14 DBE/November 2017 NSS Karl Lagerfeld versterk Riley se monochromatiese strepe met sterk swart en wit lyne met 'n effense kurwe aan die onderkant. Sy ander ontwerpe gebruik 'n skaakbordpatroon wat met tessellasies verband hou. Louis Vuitton gebruik herhalende lyne wat oorvleuel om 'n lewendige neonliglogo te skep. Een van Vuitton se winkels is kreatief bedek met 'n skaakbord- vertikale tuinontwerp wat aan vorige tessellasie-ontwerpe herinner. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Ontwerp/V2 15 DBE/November 2017 NSS In Giorgio Armani se skoen- en handsakvertoonvenster sien ons sterk gebruik van lyne wat dinamiese beweging en diepte skep. Die ontwerpe gebruik duidelik Escher se ruite en tessellasies. Issey Miyake se optiese ontwerpe is so oortuigend dat die klere die duiselingwekkende dinamiek van 'n kinetiese beeldhouwerk uitdruk. Die gefragmenteerde vierkantige en driehoekige patrone op die handsakke skep 'n flikkerende beweging. Skep 'n oorspronklike ontwerpoplossing gebaseer op die tema van 'Optiese Beweging' wat by die Ontwerp-indaba Ekspo 2018 ('Design Indaba Expo 2018') uitgestal sal word. Gebruik EEN van die volgende ontwerpkategorieë om jou ontwerpoplossing te skep: • Visuele kommunikasie-/Inligtingsontwerp en/of digitale ontwerp • Oppervlakontwerp en Tweedimensionele Kunshandwerkontwerp • Produkontwerp en Driedimensionele Kunshandwerkontwerp • Omgewingsontwerp MOENIE die voorbeelde wat verskaf is, kopieer NIE. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Ontwerp/V2 16 DBE/November 2017 NSS VISUELE KOMMUNIKASIE/INLIGTINGSONTWERP EN/OF DIGITALE ONTWERP Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Ontwerp/V2 17 DBE/November 2017 NSS OPPERVLAKONTWERP EN TWEEDIMENSIONELE KUNSHANDWERKONTWERP Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Ontwerp/V2 18 DBE/November 2017 NSS PRODUKONTWERP EN DRIEDIMENSIONELE KUNSHANDWERKONTWERP Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Ontwerp/V2 19 DBE/November 2017 NSS OMGEWINGSONTWERP Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Ontwerp/V2 20 DBE/November 2017 NSS VEREISTES AFDELING A ONDERWERP 1: DIE ONTWERPPROSES [50] 1. Alle proses-/voorbereidingswerk vir jou ontwerp moet in 'n bronboek/werkboek getoon word. 2. Dit sal die prosesse vanaf konseptualisering tot realisering behels. 3. Deeglike ondersoek van probleme wat deur die ontwerpopdrag gestel word, moet getoon word. 4. Die bronboek/werkboek moet in die vorm van 'n album aangebied word (dit wil sê in boekvorm). 5. Dit moet maklik kan oopmaak en moet bladsye hê wat maklik kan omblaai. 6. Die bronboek/werkboek moet van ligte materiaal gemaak word sodat dit maklik vervoer kan word na 'n sentrale plek waar werk gemodereer word. 7. Maak seker dat die bronboek/werkboek professioneel aangebied word. LET WEL: • Aangesien ONDERWERP 1 (proses/voorbereiding) dieselfde puntetoekenning as ONDERWERP 2 (die finale produk) het, moet genoeg tyd daarvoor toegelaat word sodat die belangrikheid daarvan erken sal word. • Jou onderwyser mag by hierdie voorafgaande voorbereidingsessie (slegs ONDERWERP 1) betrokke wees. • Jy mag tuis werk. KRITERIA VIR DIE ONTWERPPROSES (ONDERWERP 1) Jy moet die volgende aanbied (verwys na die NSS Ontwerp-eksamenriglyne): • Uitdrukking van intensie/bedoeling en beredenering (10) • Bewyse van navorsing, eksperimentering en besinning (10) • Bewyse van gedetailleerde beplanning en aanbieding wat met die finale konsep verband hou (30) [50] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Ontwerp/V2 21 DBE/November 2017 NSS AFDELING B ONDERWERP 2: DIE FINALE PRODUK [50] Alhoewel daar aanbeveel word dat 'n tweedimensionele ontwerp NIE groter as A2-grootte moet wees NIE, word kandidate se werk nie beperk ten opsigte van grootte nie. Die grootte van 'n driedimensionele ontwerp sal afhang van die funksie van die voorwerp wat gemaak word. As in gedagte gehou word dat die finale produk moontlik na 'n sentrale nasiensentrum vervoer sal moet word, moet jy aan moontlike probleme tydens vervoer dink. LET WEL: • Jou onderwyser mag jou glad NIE gedurende die finale vervaardiging van die ontwerp help NIE. • ALLE werk moet onder toesig van die onderwyser en/of aangestelde toesighouer by jou skool gedoen word. • Enige vorm van direkte kopiëring/plagiaat of van werk wat nie jou oorspronklike werk is nie, sal streng gepenaliseer word. • 'n Verklaring van egtheid (BYLAE A) moet deur jou en die hooftoesighouer/ onderwyser voltooi word. • Werk moet op 'n deurlopende basis gedoen word, byvoorbeeld gedurende drie agtereenvolgende dae onder gekontroleerde omstandighede. KRITERIA VIR DIE ONTWERPPRODUK (ONDERWERP 2) Jy moet die volgende kriteria gebruik (verwys na die NSS Ontwerp-eksamenriglyne): • Kreatiwiteit/Oorspronklikheid/Vertolking ten opsigte van die konsep en oplossings wat op die opdrag van toepassing is (10) • Bewyse van ontwerpbetrokkenheid: die gepaste gebruik van ontwerpelemente en -beginsels (10) • Tegniek/Vakmanskap/Metode (10) • Die ontwerpoplossing met bewyse van ten minste 12 uur maar nie meer as 24 uur se werk nie onder gekontroleerde omstandighede (10) • Professionele aanbieding en funksionaliteit van die ontwerpoplossing (10) [50] TOTAAL: ONDERWERP 1 (50) + ONDERWERP 2 (50) 100 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Ontwerp/V2 22 DBE/November 2017 NSS INSTRUKSIES AAN DIE ONDERWYSER PRAKTIESE-EKSAMEN-ONDERWERP 1 (50 PUNTE) EN ONDERWERP 2 (50 PUNTE) – TAAK 7 1. Hierdie praktiese eksamen bestaan uit EEN vraestel. Hierdie vraestel bestaan uit TWEE dele: ONDERWERP 1 (die eksamenbronboek/-werkboek, A3-grootte voorgestel) en ONDERWERP 2 (die finale praktiese eksamenproduk). 2. Hierdie praktiese vraestel moet op Maandag 24 Julie 2017 aan die kandidate gegee word. Die finale inleweringsdatum sal Vrydag 20 Oktober 2017 wees. 3. ONDERWERP 1 (ontwerpproses) het dieselfde gewigstoekenning as ONDERWERP 2 (die finale produk) en daarom moet genoeg tyd daaraan spandeer word sodat die belangrikheid daarvan erken sal word. 4. Kandidate moet dus genoeg tyd hê om hulle ONDERWERP 1 (voorbereiding/ontwerpproses) te doen. Die onderwyser mag slegs by hierdie voorafgaande voorbereidingsessie betrokke wees en nie by ONDERWERP 2 nie. As gevolg van die voorbereidende aard van ONDERWERP 1 word kandidate toegelaat om by die huis te werk. 5. Kandidate moet die ONDERWERP 1-bronboek/-werkboek as verwysingspunt gedurende hulle ONDERWERP 2-eksamen gebruik. Beide ONDERWERP 1- en ONDERWERP 2-eksamenwerk moet na voltooiing van die ONDERWERP 2- eksamen onmiddellik by die onderwyser/toesighouer ingedien word. 6. Die onderwyser mag glad NIE die kandidaat op enige wyse tydens die finale vervaardiging van die ontwerpproduk (ONDERWERP 2) help NIE. 7. Enige vorm van direkte kopiëring/plagiaat of werk wat nie die kandidaat se oorspronklike werk is nie, sal streng gepenaliseer word. 8. ONDERWERP 2 moet op 'n deurlopende basis tydens kontaktyd gedoen word, byvoorbeeld in drie agtereenvolgende dae onder gekontroleerde omstandighede. 9. ONDERWERP 2 moet by die kandidaat se eksamensentrum onder toesig van die onderwyser/toesighouer gedoen word. ONDERWERP 2-werk mag NIE tuis gedoen word NIE. 10. ONDERWERP 2-werk mag onder GEEN omstandighede uit die eksamenlokaal verwyder word NIE. 11. Elke provinsie sal die nasienproses vir ONDERWERP 1 (bronboek/werkboek) en ONDERWERP 2 (finale produk) bepaal. Skole sal, waar van toepassing, deur die provinsies van die datum, tyd en plek vir die inlewering van werk by die eksamensentrums in kennis gestel word. 12. Die eksamen-ONDERWERP 1 moet professioneel in 'n bronboek/werkboek in albumformaat aangebied te word. 13. Die bronboek/werkboek en finale produk moet netjies en duidelik benoem wees. 14. ADDENDUM A moet volledig ingevul word en die skoolstempel moet in die toepaslike ruimte verskyn. Heg ADDENDUM A stewig aan die finale- eksamenwerk (bronboek/werkboek en/of finale produk). Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Ontwerp/V2 23 DBE/November 2017 NSS ASSESSERINGSRIGLYNE GEWIGS- UITKOMSTE VEREISTES TOEKENNING PUNTE % ONDERWERP 1 Uitdrukking van bedoeling en 10 BRONBOEK/WERKBOEK Die Ontwerpproses beredenering Die kandidaat kan die ontwerpproses vanaf Bewyse van navorsing, 10 konseptualisering tot 50 eksperimentering en besinning realisering verstaan. Bewyse van gedetailleerde 30 beplanning en aanbieding wat met die finale konsep verband hou ONDERWERP 2 Kreatiwiteit/Oorspronklikheid/ 10 Ontwerpproduksie Vertolking ten opsigte van die konsep en oplossings wat met die Die kandidaat kan 'n opdrag verband hou versameling werke in die gekose dissipline(s) produseer en aanbied, wat 'n begrip van Bewyse van ontwerpbetrokkenheid: 10 DIE FINALE PRODUK ontwerpvaardighede en die gepaste gebruik van produksieprosesse toon. ontwerpelemente en -beginsels Tegniek/Vakmanskap/Metode 10 50 Die ontwerpoplossing met bewyse 10 van ten minste 12 uur, maar nie meer as 24 uur se werk nie onder gekontroleerde omstandighede Professionele aanbieding en 10 funksionaliteit van die ontwerpoplossing TOTAAL 100 LET WEL: Onderwysers en nasieners moet na die NSS Ontwerp-eksamenriglyne en die PAT-riglyne vir gedetailleerde assesseringskriteria verwys. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Ontwerp/V2 DBE/November 2017 NSS BYLAE A Hierdie bylae moet losgemaak, gekopieer, ingevul, geteken en aan die finale eksamenwerk (bronboek/werkboek en/of finale produk) geheg word. NOVEMBER 2017 BRONBOEK/WERKBOEK 1. Naam van vak ONTWERP 2. Vakkode DSGN VERKLARING VAN EGTHEID Hierdie werk is onder toesig en sonder enige hulp gedoen. Hiermee word gesertifiseer dat alle werk ingehandig die oorspronklike en eie werk van die kandidaat is. Sentrumnommer Eksamennommer Distrik/Kring Handtekeninge en datum Skoolstempel Kandidaat Skoolhoof Hooftoesighouer/Onderwyser NOVEMBER 2017 FINALE PRODUK 1. Naam van vak ONTWERP 2. Vakkode DSGN VERKLARING VAN EGTHEID Hierdie werk is onder toesig en sonder enige hulp gedoen. Hiermee word gesertifiseer dat alle werk ingehandig die oorspronklike en eie werk van die kandidaat is. Sentrumnommer Eksamennommer Distrik/Kring Handtekeninge en datum Skoolstempel Kandidaat Skoolhoof Hooftoesighouer/Onderwyser Kopiereg voorbehou

Study this subject

More from Grade 12 Design

View all