Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE
SENIOR SERTIFIKAAT
GRAAD 12
ONTWERP V1
(TEORIE)
NOVEMBER 2017
PUNTE: 100
TYD: 3 uur
Hierdie vraestel bestaan uit 12 bladsye.
Hierdie vraestel moet in volkleur gedruk word.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Skip to contentAll 2017 papers 





View all



--5cf24f22-37cf-4c83-99d1-522c23cb4496/v1-d115bc5f6aec2e1521e3/card.webp)

Design Grade 12 P1 NSC November 2017 Question Paper (Afr)
Grade 12 Design Paper 1 question paper from the NSC November Exam 2017 (Afrikaans), 12 pages. Read online or download the free PDF.
Design · Grade 12 · NSC November Exam · 2017. Question paper, 12 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Design
- Grade
- Grade 12
- Document type
- Question paper
- Year
- 2017
- Exam period
- NSC November Exam
- Paper
- 1
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 12
- File size
- 1.3 MB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 12
This exam
NSC November Exam 2017
Questions in this paper
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
Ontwerp/V1 2 DBE/November 2017
NSS
INSTRUKSIES EN INLIGTING
1. Hierdie vraestel bestaan uit SES vrae.
2. Daar is drie keusevrae in hierdie vraestel. Lees die opsies aandagtig deur.
3. Hierdie vraestel bestaan uit DRIE afdelings:
AFDELING A: Ontwerpgeletterdheid (30 punte)
VRAAG 1 tot 3
AFDELING B: Ontwerpgeskiedenis (30 punte)
VRAAG 4
AFDELING C: Ontwerp in 'n sosiokulturele/omgewings- en volhoubare
konteks (40 punte)
VRAAG 5 en 6
4. Lees die vereistes vir elke vraag aandagtig deur.
5. Beantwoord in volsinne en vermy die opnoem van feite. MOENIE in tabelvorm
antwoord NIE.
6. Gebruik die puntetoekenning om te bepaal hoeveel tyd jy aan elke vraag moet
bestee.
7. MOENIE dieselfde feite en voorbeelde in verskillende vrae herhaal NIE.
8. Skryf netjies en leesbaar.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Ontwerp/V1 3 DBE/November 2017
NSS
AFDELING A: ONTWERPGELETTERDHEID
VRAAG 1: 'ONGESIENE' VOORBEELDE
Beantwoord ÓF VRAAG 1.1 ÓF VRAAG 1.2.
1.1
FIGUUR A: Laaikas deur Renée Rossouw en Deánne Viljoen,
De Steyl-ateljee (Suid-Afrika), 2015.
1.1.1 Analiseer en bespreek die gebruik van die volgende elemente en
beginsels van ontwerp ten opsigte van FIGUUR A:
• Ritme
• Tekstuur
• Kontras
• Fatsoen (4 x 2) (8)
1.1.2 Definieer die term totemisties deur na die laaikas in FIGUUR A
te verwys. (2)
[10]
OF
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Ontwerp/V1 4 DBE/November 2017
NSS
1.2
FIGUUR B: How the Birds Chose a King (Hoe die Voëls 'n Koning
Gekies Het) (ontwerp-illustrasie) deur Jono Garrett (Johannesburg), 2015.
1.2.1 Analiseer en bespreek die gebruik van die volgende ten opsigte van
FIGUUR B:
• Negatiewe ruimte
• Beweging
• Balans
• Lyn (4 x 2) (8)
1.2.2 Definieer die term gestileerd met verwysing na FIGUUR B. (2)
[10]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Ontwerp/V1 5 DBE/November 2017
NSS
VRAAG 2: KOMMUNIKASIE DEUR ONTWERP
I disapprove of what you say, but I will defend to the death your
right to say it. – Voltaire (1694–1778)
(Vertaling: Ek keur nie goed wat jy sê nie, maar ek sal jou reg
om dit te sê, tot die dood toe verdedig.)
FIGUUR C: Vryheid-van-spraak-veldtogplakkaat, ontwerper onbekend,
(VSA), 2012.
2.1 Identifiseer DRIE simbole in FIGUUR C en verduidelik hoe dit die boodskap
van die plakkaat beklemtoon. (6)
2.2 Visuele hiërargie is die rangskikking van visuele elemente in 'n ontwerp wat
die volgorde waarin die menslike oog waarneem/interpreteer, beïnvloed.
Bespreek die gebruik van visuele hiërargie in FIGUUR C. (2)
2.3 Bespreek hoe die ontwerper kleur gebruik om die boodskap van die plakkaat
te beklemtoon. (2)
[10]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Ontwerp/V1 6 DBE/November 2017
NSS
VRAAG 3
Beantwoord ÓF VRAAG 3.1 ÓF VRAAG 3.2.
3.1
FIGUUR D: Madikwe Safari-lodge deur Rob Marnewick
(Nasionale Krugerwildtuin, Suid-Afrika), 2011.
FIGUUR E: Voorgestelde restaurant deur Kylie Shamini (Turkye), 2016.
In 'n opstel (ten minste EEN bladsy) vergelyk die binneontwerp van
FIGUUR D met dit van FIGUUR E hierbo.
Verwys na die volgende in jou vergelyking:
• Gebruik van kleur
• Inspirasie/Invloede
• Teikenmark
• Funksie(s)
• Gebruik van materiaal [10]
OF
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Ontwerp/V1 7 DBE/November 2017
NSS
3.2
FIGUUR F: Hadrian se Villa, argitek onbekend (Tivoli, Italië), 2de eeu VHJ.
FIGUUR G: 'Palace of the Lost City' deur WATG
(Rustenburg, Suid-Afrika), 1990–1992.
Skryf 'n opstel (ten minste EEN bladsy) waarin jy die Klassieke gebou in
FIGUUR F met die kontemporêre gebou in FIGUUR G vergelyk. Anders kan
jy enige Klassieke gebou met enige kontemporêre gebou wat jy bestudeer
het, vergelyk.
Gebruik die volgende in jou opstel:
• Funksie
• Uitleg/Plan
• Materiaal
• Terrein
• Invloede (5 x 2) [10]
TOTAAL AFDELING A: 30
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Ontwerp/V1 8 DBE/November 2017
NSS
AFDELING B: ONTWERPGESKIEDENIS
VRAAG 4
4.1 Waarlik grootse ontwerp kan verder as die blote oplossing van 'n probleem
gaan om mense se menings en handelinge te beïnvloed, en selfs die manier
waarop hulle hul lewens leef.
Kies enige TWEE ontwerpbewegings/-style hieronder en skryf 'n opstel
(ten minste TWEE bladsye) waarin jy verduidelik hoe elke beweging/styl
mense se handelinge beïnvloed het, en moontlik hul lewenswyses verander
het. Ondersteun jou antwoord deur die doelstellings, invloede en algemene
kenmerke/eienskappe van die ontwerpbewegings/-style te bespreek.
Bespreek ten minste EEN werk deur EEN ontwerper van ELKE beweging/styl.
• Grieks • Barok
• Neoklassiek • Pop
• Kuns en Kunsvlyt • Postmodernisme
• Art Nouveau • Dekonstruktivisme
• Bauhaus • Modernisme
• Art Deco • Skandinawies
• Goties (20)
4.2
FIGUUR H: Renaissance-bed. FIGUUR I: Bed deur De Stijl beïnvloed.
Skryf 'n kort opstel (ten minste EEN bladsy) waarin jy die bed in FIGUUR H
met die bed in FIGUUR I vergelyk deur te verduidelik hoe hulle onderskeidelik
Renaissance en De Stijl verteenwoordig.
Gebruik die volgende riglyne om jou vergelyking in hooftrekke te beskryf:
• Doelstellings
• Harmonie
• Vorm
• Gebruik van kleur
• Invloede (5 x 2) (10)
TOTAAL AFDELING B: 30
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Ontwerp/V1 9 DBE/November 2017
NSS
AFDELING C: ONTWERP IN 'N SOSIOKULTURELE/OMGEWINGS- EN VOLHOUBARE
KONTEKS
VRAAG 5
Beantwoord ÓF VRAAG 5.1 ÓF VRAAG 5.2.
5.1
FIGUUR J: Die Wimpy Braille-veldtog deur Metropolitan Republic
(Suid-Afrika), 2016.
5.1.1 Hoe vier die veldtog in FIGUUR J inklusiwiteit? (2)
5.1.2 Hoekom moet ontwerpers inklusiwiteit in hulle ontwerpprodukte
oorweeg? (2)
5.1.3 Verduidelik EEN ander manier waarop ontwerp inklusiwiteit kan
weerspieël. Verwys na 'n voorbeeld. (2)
5.1.4 Skryf TWEE opstelle (ten minste EEN EN 'N HALWE bladsye in
totaal) waarin jy die werk van EEN kontemporêre sosiaal
verantwoordelike Suid-Afrikaanse ontwerper/ontwerpgroep EN EEN
kontemporêre sosiaal verantwoordelike internasionale ontwerper/
ontwerpgroep wat jy bestudeer het, bespreek. Verwys na EEN
ontwerpvoorbeeld deur ELKE ontwerper/ontwerpgroep wat sosiaal
verantwoordelike ontwerppraktyk aanpak.
JY mag NIE na enige ontwerpe verwys wat jy voorheen bespreek
het, of na ontwerpers/ontwerpgroepe na wie in hierdie vraestel
verwys is nie. (14)
[20]
OF
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Ontwerp/V1 10 DBE/November 2017
NSS
5.2
FIGUUR K: Tradisionele Nguni-produkte (Suid-Afrika), 1985.
5.2.1 Dink jy dat die tradisionele produkte in FIGUUR K vandag nog
nuttig is? Gee redes vir jou antwoord. (2)
5.2.2 Verwys na enige EEN tradisionele Suid-Afrikaanse kunshandwerk-
gemeenskap wat jy hierdie jaar bestudeer het en bespreek die
volgende:
• Materiaal, metodes en prosesse wat in die maak van die
kunshandwerkproduk gebruik word
• Beskrywing en analisering van die kunshandwerkprodukte
• Die moontlike funksies van die kunshandwerkprodukte (8)
5.2.3 Skryf 'n opstel (ten minste EEN bladsy) oor enige EEN
kontemporêre Suid-Afrikaanse ontwerper wie se ontwerpe deur
Suid-Afrikaanse-/Afrika- tradisionele kunshandwerk beïnvloed
word.
Gebruik die volgende riglyne in jou bespreking:
• Gee die naam van die ontwerper/ontwerpgroep en die
ontwerpproduk(te)
• 'n Kort beskrywing en analise van ten minste EEN werk en
verduidelik hoe dit die invloed van tradisionele kunshandwerk
weerspieël
• Die etiese aangeleenthede wat deur die werk van hierdie
ontwerper of ontwerpgroep benader word
JY mag NIE na enige ontwerpers/ontwerpgroepe verwys wat jy
voorheen bespreek het, of na ontwerpers/ontwerpgroepe na wie in
hierdie vraestel verwys is nie. (10)
[20]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Ontwerp/V1 11 DBE/November 2017
NSS
VRAAG 6
6.1
FIGUUR L: Plastiek-dorpshuis deur Isla Colon (Panama), 2016.
Doeltreffende volhoubare ontwerpoplossings voldoen aan die beginsels van
sosiale, ekonomiese en ekologiese volhoubaarheid.
Bespreek die stelling hierbo deur na FIGUUR L te verwys.
Verwys na die volgende in jou bespreking:
• Waterbewaring
• Energiedoeltreffendheid
• Koolstofdioksied(CO 2 )-vermindering (3 x 2) (6)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Ontwerp/V1 12 DBE/November 2017
NSS
6.2 Bespreek in TWEE aparte opstelle (ten minste EEN EN 'N HALWE bladsye in
totaal) EEN kontemporêre internasionale ontwerper/ontwerpagentskap/
ateljee EN EEN kontemporêre Suid-Afrikaanse ontwerper/ontwerpagentskap/
ateljee wie se werk omgewingsvriendelik is.
Sluit die volgende by jou bespreking in:
• Naam van die ontwerper/ontwerpagentskap/ateljee
• EEN werk deur die ontwerper/ontwerpagentskap/ateljee
• 'n Kort beskrywing en analise van hierdie werk
• Die ontwerper/ontwerpagentskap/ateljee se algemene karaktereienskappe
• Hoekom en hoe die ontwerper/ontwerpagentskap/ateljee se produkte
omgewingsvriendelik is
JY mag NIE na enige ontwerpers/ontwerpgroepe verwys wat jy voorheen
bespreek het, of na ontwerpers/ontwerpgroepe na wie in hierdie vraestel
verwys is nie. (14)
[20]
TOTAAL AFDELING C: 40
GROOTTOTAAL: 100
Kopiereg voorbehou
Study this subject
Recommended for this subject

Question paper
Design Grade 12 P1 NSC November 2017 Question Paper (Eng)

Memorandum
Design Grade 12 Paper 1 NSC November 2017 Memo (English)

Memorandum
Design Grade 12 Paper 1 NSC November 2017 Memo (Afrikaans)

Question paper
Design Grade 12 P2 NSC November 2017 Question Paper (Afr)

Question paper
Design Grade 12 P2 NSC November 2017 Question Paper (Eng)

Question paper
Design Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2017 QP (Eng)
More from Grade 12 Design

Annual teaching plan
Gr 12 Des ATP 2023 24

Memorandum
Design Grade 12 Paper 1 NSC June 2025 Memo (Afrikaans)

Memorandum
Design Grade 12 Paper 1 NSC November 2025 Memo (English)

Memorandum
Design Grade 12 Paper 1 NSC November 2025 Memo (Afrikaans)
--5cf24f22-37cf-4c83-99d1-522c23cb4496/v1-d115bc5f6aec2e1521e3/card.webp)
Memorandum
Design Grade 12 Paper 1 NSC November 2025 Memo (Afrikaans)

Question paper