Skip to content

Life Sciences Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2013 QP (Afr)

Question paperLife SciencesGrade 12201315 pages

Grade 12 Life Sciences Paper 2 question paper from the Eastern Cape Mock Exam 2013 (Afrikaans), 15 pages. Read online or download the free PDF.

Free to read online, no sign-up needed

Answer online

Loading document…

Loading document…

Questions in this paper

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com Province of the EASTERN CAPE EDUCATION NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 SEPTEMBER 2013 LEWENSWETENSKAPPE V2 PUNTE: 150 TYD: 2½ uur *LFSCA2* Hierdie vraestel bestaan uit 14 bladsye.
Downloaded from hlayiso.com 2 LEWENSWETENSKAPPE V2 (SEPTEMBER 2013) INSTRUKSIES EN INLIGTING Lees die volgende instruksies sorgvuldig deur voordat die vrae beantwoord word. 1. Beantwoord AL die vrae. 2. Skryf AL die antwoorde in die ANTWOORDEBOEK neer. 3. Begin die antwoorde vir ELKE vraag boaan ʼn NUWE BLADSY. 4. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie vraestel gebruik word. 5. Indien antwoorde NIE volgens die instruksies van elke vraag beantwoord word NIE, sal kandidate punte verbeur. 6. Maak alle sketse met potlood en byskrifte met blou of swart ink. 7. Teken diagramme en vloeidiagramme SLEGS wanneer dit gevra word. 8. Die diagramme in hierdie vraestel is NIE noodwendig volgens skaal geteken NIE. 9. Jy mag NIE grafiekpapier gebruik NIE. 10. Jy mag ʼn nieprogrammeerbare sakrekenaar, gradeboog en passer gebruik. 11. Skryf netjies en leesbaar.
Downloaded from hlayiso.com (SEPTEMBER 2013) LEWENSWETENSKAPPE V2 3 AFDELING A VRAAG 1 1.1 Verskeie opsies word as moontlike antwoorde vir die volgende vrae gegee. Kies die korrekte antwoord en skryf slegs die letter (A – D) langs die vraagnommer (1.1.1 – 1.1.10) in die ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 1.1.11 D. 1.1.1 Watter EEN van die volgende is ʼn KORREKTE interpretasie van die ouderdom-geslag grafiek hieronder? A Snelgroeiende bevolking; kenmerkend van ʼn ontwikkelende land B Afnemende bevolking; kenmerkend van ʼn ontwikkelende land C Stabiele bevolking; kenmerkend van ʼn ontwikkelde land D Afnemende bevolking; kenmerkend van ʼn ontwikkelde land 1.1.2 ʼn Bevolking bestaan uit … A individue van dieselfde soort. B verskillende ekosisteme. C gemeenskappe van verskillende organismes. D verskillende spesies. 1.1.3 Die interaksie tussen twee organismes waar die een bevoordeel word en die ander een nie bevoordeel of benadeel word nie staan bekend as: A Predasie B Kommensalisme C Parasitisme D Mutualisme 1.1.4 Die aantal chromosome in die primêre spermatosiet is … A die helfte as die in die spermatogonia. B die helfte as die in die sekondêre spermatosiete. C dieselfde as die in die spermatogonia. D dieselfde as die in die sekondêre spermatosiete.
Downloaded from hlayiso.com 4 LEWENSWETENSKAPPE V2 (SEPTEMBER 2013) 1.1.5 Watter EEN van die volgende funksioneer as ʼn eksokriene klier? A Pankreas B Tiroïed C Bynier D Pituïtêre klier VRAAG 1.1.6 en 1.1.7 is gebaseer op die inligting en diagram hieronder: Twee identiese potplante X en Y, van dieselfde ouderdom en grootte was in die lig geplaas, maar plant Y was in ʼn kartondoos (boks) met ʼn gat aan die een kant geplaas. Die diagram hieronder toon die plante na 5 dae. PLANT X PLANT Y 1.1.6 Watter kombinasie van die volgende stellings is korrek? i Die stingel van beide plante het in die rigting van die klammigheid gegroei. ii Die stingel van plant Y het meer gegroei as die stingel van plant X. iii Die stingel van plant Y het teen die swaartekrag gegroei, maar die stingel van plant X het nie. iv Die stingel van plant Y het na die lig, wat van een kant af geskyn het, gegroei, maar die stingel van plant X groei as ʼn respons op eensydige lig. v Die stingel van beide plante het in die rigting van die swaartekrag gegroei. A (ii) en (iv) B (i) en (ii) C (iii) en (v) D (i) en (v) 1.1.7 Die reaksie van plant Y word deur groeihormone veroorsaak wat … A slegs in die teenwoordigheid van lig vorm. B nie in die donker kan funksioneer nie. C selverlenging aan die skadukant stimuleer. D selverlenging aan die beligte kant inhibeer.
Downloaded from hlayiso.com (SEPTEMBER 2013) LEWENSWETENSKAPPE V2 5 1.1.8 Die vermoë van die lens om sy vorm te verander is bekend as … A astigmatisme. B binokulêre visie. C pupilmeganisme. D akkommodasie. 1.1.9 ʼn Ekologiese nis beskryf die posisie of rol van ʼn spesie of ʼn populasie … A geografies. B binne ʼn sosiale hiërargie. C globaal. D binne ʼn ekosisteem. 1.1.10 Die tempo van verandering van ʼn bevolking kan met die volgende formule bereken word: Tempo van verandering = (geboorte-tempo + immigrasie-tempo) ‒ (sterfte-tempo + emigrasie-tempo) Gebruik die tabel hieronder en bereken die tempo van verandering vir week 2. Bevolkingsparameter (per week) Week 1 Week 2 Geboorte tempo 110 270 Immigrasie tempo 10 30 Sterfte tempo 145 20 Emigrasie tempo 10 70 A -35 B 30 C 210 D -30 (10 x 2) (20)
Downloaded from hlayiso.com 6 LEWENSWETENSKAPPE V2 (SEPTEMBER 2013) 1.2 Gee die korrekte BIOLOGIESE TERM vir elk van die volgende beskrywings. Skryf slegs die term langs die vraagnommer (1.2.1 – 1.2.10) in die ANTWOORDEBOEK neer. 1.2.1 Tipe gedrag wat diere gebruik om paringsmaats te identifiseer 1.2.2 Die eenrigting beweging van diere in ʼn bevolkingsarea in 1.2.3 Ontwikkeling gekenmerk deur die ontstaan van kleintjies met hul oë oop en liggame met sagte vere bedek 1.2.4 Die ontwikkeling van ʼn gemeenskap oor tyd waar die spesies in ʼn stadium vervang word met ander spesies 1.2.5 Die proses waar ʼn klein hoeveelheid amniotiese vloeistof met fetale selle onttrek en vir genetiese defekte geanaliseer word 1.2.6 Verandering in die vorm van ʼn dier gedurende sy lewenssiklus 1.2.7 Die jellie-agtige stof wat in die agterste kamer van die oog voorkom 1.2.8 Die buis wat die middel oor met die farinks verbind 1.2.9 Spaarsamige gebruik van natuurlike en menslike hulpbronne sodat dit ook vir die nageslag beskikbaar kan wees 1.2.10 ʼn Fase van versnelde groei in ʼn logistiese groeikurwe (10 x 1) (10) 1.3 Dui aan of elk van die stellings in KOLOM Ι van toepassing is op SLEGS A, SLEGS B, BEIDE A en B of GEENEEN van die items in KOLOM II nie. Skryf SLEGS A, SLEGS B, BEIDE A en B of GEENEEN langs die vraagnommer in die ANTWOORDEBOEK neer. KOLOM Ι KOLOM ΙΙ 1.3.1 Oogdefek wat veroorsaak word deur ʼn A Hipermetropie lens wat te konveks is B Astigmatisme 1.3.2 Endokriene klier wat direk onder die A Pituïtêre hipotalamus aangetref word B Tiroïed 1.3.3 Die manlike voortplantingsstrukture van A Helmknop ʼn plant B Filament 1.3.4 Die fase gedurende bevolkingsgroei A Sloerfase waar diere by hul nuwe omgewing B Logaritmiese fase aanpas 1.3.5 Deel van die brein wat betrokke is A Serebrum wanneer ʼn skooltas opgetel word B Serebellum 1.3.6 ʼn Membraan wat die uitwendige en A Ronde venster middeloor van mekaar skei B Ovaal venster 1.3.7 Al die plante en diere wat in ʼn A Bevolking afgebakende gebied voorkom B Gemeenskap (7 x 2) (14)
Downloaded from hlayiso.com (SEPTEMBER 2013) LEWENSWETENSKAPPE V2 7 1.4 Bestudeer die diagram wat ʼn snit deur die vel aan toon en beantwoord die vrae wat volg. 1.4.1 Identifiseer dele A en C. (2) 1.4.2 Watter verandering sal deel B ondergaan indien die omgewings- temperatuur skielik toeneem? (1) 1.4.3 Noem DRIE voordele wat die verandering in VRAAG 1.4.2 in die liggaam sal hê. (3) TOTAAL AFDELING A: 50
Downloaded from hlayiso.com 8 LEWENSWETENSKAPPE V2 (SEPTEMBER 2013) AFDELING B VRAAG 2 2.1 ʼn Man en sy vrou (mnr. en mev. Abrahams) was in ʼn motorongeluk. Nie een van die twee het enige tekens getoon van ʼn breinbesering nie. Beide was toe geblinddoek en soos volg getoets:  Die vingerpunt van elke pasiënt was met ʼn naald geprik.  Elke pasiënt was gevra om sy of haar hand te beweeg. Die resultate was in die volgende tabel aangeteken. Pasiënt Waarnemings Mev. Abrahams Sy het pyn gevoel van die naaldprik, maar kon nie haar hand beweeg nie. Mnr. Abrahams Hy het nie die pyn gevoel van die naaldprik nie, maar kon sy hand beweeg. 2.1.1 In vergelyking met die waarnemings wat gemaak is, verduidelik watter deel van die senuweesisteem was heel moontlik geaffekteer deur die motorongeluk in elkeen van die gevalle? Verduidelik hoe jy by jou antwoorde uitgekom het. (6) 2.1.2 Indien enige van die pasiënte ernstige skade aan die ruggraat by die nek sou opgedoen het, watter waarnemings sou jy verwag het? Verduidelik jou antwoord. (3) 2.1.3 Verduidelik waarom pasiënte in ʼn motorongeluk nie beweeg moet word nie, alvorens hulle nie ʼn nekstut (apparaat wat gebruik word om ʼn pasiënt se nek en kop te ondersteun) aangesit word nie. (3) 2.2 Lees die artikel en beantwoord die vrae wat volg. Die ontdekking van Alzheimer se Siekte (AS) Alzheimer se siekte (AS) is ʼn onomkeerbare breinsiekte wat die breinselle stadig beskadig, en verlies in geheue en denkvaardighede veroorsaak wat erg genoeg is om jou daaglikse lewe te beïnvloed. Die simptome verskyn eers na die ouderdom van 60 jaar, wat dit die mees algemeenste oorsaak van dementia onder ou mense maak. Dit is ʼn neurologiese breinsiekte wat na die Duitse fisikus, Alois Alzheimer benoem is, wat dit vir die eerste keer in 1906 beskryf het. Hy het veranderinge in die brein van ʼn vrou wat na ʼn ongewone geestelike siekte gesterf het waargeneem. Haar simptome het ingesluit, geheueverlies, taal probleme en vreemde gedrag. Na haar dood het hy haar brein ondersoek en gevind dat daar baie abnormale polle en ineengestrengelde bondels senuweevesels was. Abnormale polle, ineengestrengelde bondels senuweevesels en die verlies van konneksies tussen breinselle is alles simptome van hierdie siekte. AS word erger oor verloop van tyd, wat lei tot die dood, gewoonlik deur orgaan- versakking, wat intree so twee tot agt jaar na die begin stadium. Huidiglik is daar geen genesing. [Aangepas vanuit: www.ALZinfo.org.Fisher Centre for Alzheimer’s Research foundation]
Downloaded from hlayiso.com (SEPTEMBER 2013) LEWENSWETENSKAPPE V2 9 Die tabel hieronder, voorgestel deur die Wêreld Gesondheidsorganisasie, toon die persentasie mense in die algemene Westerse bevolking wat deur AS in verskillende ouderdoms groepe geaffekteer is, aan. Persentasie van pasiënte met AS Ouderdomsgroepe (jare) (%) 65 – 69 1,4 70 ‒ 74 2,8 75 – 79 6,6 80 – 84 11,1 85+ 23,6 2.2.1 Wat was die persentasie toename van pasiënte met AD, tussen die twee oudste ouderdomsgroepe? (1) 2.2.2 Wat is klaarblyklik die eerste simptome van Alzheimer se Siekte? (1) 2.2.3 Beskryf hoe die persoon se brein gelyk het nadat dit gedissekteer was. (2) 2.2.4 Wat is die hoofoorsaak van dood by ʼn persoon met AS? (1) 2.2.5 Gebruik die tabel en teken ʼn histogram om die voorkoms van AS aan te toon. (6) 2.3 Die volgende diagram toon twee vooraansigte van ʼn oog. Bestudeer die diagram en beantwoord die volgende vrae. 2.3.1 Verskaf byskrifte vir dele genommer A, B en C. (3) 2.3.2 Wat was die oorsaak van die verandering van aansig 1 na aansig 2? (1) 2.3.3 Beskryf hoe hierdie verandering teweeg gebring was. (3) [30]
Downloaded from hlayiso.com 10 LEWENSWETENSKAPPE V2 (SEPTEMBER 2013) VRAAG 3 3.1 Beantwoord die volgende vrae met betrekking tot die faktore wat die bevolkingsgrootte beïnvloed. 3.1.1 Definieer die term verspreiding. (3) 3.1.2 Noem die DRIE soorte vorme van verspreiding wat in diere kan voorkom. (3) 3.2 Lees die artikel en beantwoord die vrae wat volg. Die bedreiging van die Afrika-wildehond Vatbare(in staat om suksesvol te wees) bevolkings van die Afrika-wildehond bestaan tans in Suid-Afrika, Botswana, Kenia, Mosambiek, Tanzanië en Zambië. Afrika-wildehonde vereis groot tuisgrense (geografiese areas waartot ʼn organisme sy aktiwiteite beperk) ten einde suksesvolle bevolkings te onderhou wat in staat is tot normale groei en ontwikkeling en onlangse habitatfragmentasie het tot ʼn afname in bevolking gelei. Afrika-wildehonde het oor die algemeen ʼn reputasie dat hulle vee aanval, en ten spyte dat dit selde in die praktyk voorkom word daar altyd op hulle jag gemaak wanneer mense op hulle afkom. Daarbenewens het padongelukke en toevallige strikke onlangs ʼn belangrike oorsaak van sterftes geword. ʼn Finale bedreiging wat die Afrika-wildehond bevolking laag hou is kompetisie en predasie met ander groter karnivore van die Afrika savanna soos leeus en die gevlekte hiënas. Die huidige bevolking van die Afrika-wildehond word minder as 5 500 geskat en is dus bedreig. Voorkoming van vervolging deur middel van onderwys is ook ʼn prioriteit van die bewaringsaksieplan, in ʼn poging om die mees interessante en unieke ‘honde’ te bewaar. [Vryelik vertaal en aangepas vanuit: www.arkive.org/African-wild-dog] 3.2.1 Definieer die terme: (a) Habitat (2) (b) Bewaring (2) 3.2.2 Wat is die hoofrede waarom die mens hierdie diere doodmaak? (1) 3.2.3 Anders as jou antwoord gegee in VRAAG 3.2.2, noem TWEE ander oorsake vir die afname in die Afrika-wildehond bevolking. (2) 3.2.4 Wat kan gesien word as die beste manier om hierdie karnivore te bewaar? (1) 3.2.5 Watter bewyse uit die paragraaf toon dat die antwoord gegee in VRAAG 3.2.2 nie ʼn geldige rede is vir mense om hierdie diere dood te maak nie? (1)
Downloaded from hlayiso.com (SEPTEMBER 2013) LEWENSWETENSKAPPE V2 11 3.3 Bestudeer die grafiek hieronder wat die verandering van ʼn bevolking oor tyd van ontwikkelde en ontwikkelende lande voorstel. Die onderste swart paneel weerspieël die verandering vir ontwikkelde lande, terwyl die top wit paneel die veranderinge vir ontwikkelende lande weerspieël. 3.3.1 Bereken die verskil in bevolkingsgrootte tussen ontwikkelende en ontwikkelde lande vir die jaar 2050. (2) 3.3.2 Benoem die groeikurwe wat deur ontwikkelende en ontwikkelde lande onderskeidelik voorgestel word. (2) 3.3.3 Ontwikkelde lande soos Indië en Brasilië neig om hoër fertiliteitskoerse (die verwagte aantal kinders gebore per vrou in haar vrugbare jare) te hê. Hoe ondersteun die bevolkingsgroei- kurwe hierdie stelling? (3)
Downloaded from hlayiso.com 12 LEWENSWETENSKAPPE V2 (SEPTEMBER 2013) 3.4 Bestudeer die diagram wat suksessie aantoon en beantwoord die vrae wat volg. 3.4.1 Toon hierdie diagram primêre of sekondêre suksessie? Gee redes vir jou antwoord. (3) 3.4.2 Watter TWEE spesies is teenwoordig in die klimaksgemeenskap? (2) 3.4.3 Watter spesies is die pionierspesies? (1) 3.4.4 In watter jaar was daar die grootste spesie diversiteit? (1) 3.4.5 Spesies 4 is teenwoordig vanaf jaar 2, maar met lae hoeveelhede en as ʼn klein plant. Wat is die moontlike rede vir hul toename in grootte en aantal by jaar 4? (1) [30] TOTAAL AFDELING B: 60
Downloaded from hlayiso.com (SEPTEMBER 2013) LEWENSWETENSKAPPE V2 13 AFDELING C VRAAG 4 4.1 Bestudeer die lewenssiklus van ʼn mosplant en beantwoord die vrae wat volg. 4.1.1 Is dit die gametofiet- of sporofietgenerasie wat dominant is by die mos? (1) 4.1.2 Is die volwasse sporofiet afhanklik van die gametofiet? (1) 4.1.3 Meld watter van die volgende is haploïed (n) of diploïed (2n). (a) Spore (1) (b) Eiersel (1) (c) Protonema (1) (d) Sporangium (1) 4.1.4 Plant die dominante generasie geslagtelik of ongeslagtelik voort? (1) 4.1.5 Noem die omgewingsfaktor waarop die gametofiet staat maak om voort te plant? (1)
Downloaded from hlayiso.com 14 LEWENSWETENSKAPPE V2 (SEPTEMBER 2013) 4.2 Die grafiek hieronder toon veranderinge in die bevolkingsgetalle van hase en rooikat (lid van die kat-familie) oor ʼn periode van 80 jaar. Bestudeer die grafiek en beantwoord die vrae wat volg. 4.2.1 Meld die term wat gebruik word om die verhouding tussen die hase en die rooikatte te beskryf. (2) 4.2.2 Hoeveel van die volgende diere was in 1885 teenwoordig? (a) Hase (1) (b) Rooikatte (1) 4.2.3 Wat gebeur met die getal rooikatte wanneer die haasbevolking toeneem? (1) 4.2.4 Verduidelik jou antwoord in VRAAG 4.2.3. (2) 4.2.5 Watter uitwerking het die groot getal rooikatte op die haasbevolking gehad? (1) 4.2.6 Definieer die term predator. (2) 4.2.7 In ʼn energie piramiede met drie trofiesevlakke (produseerdes, primêre verbruikers), watter trofiesevlak word deur die rooikat verteenwoordig? (1) 4.2.8 In watter jaar was die haasbevolking die hoogste? (1) 4.3 Skryf ʼn mini-opstel waarin jy die hormoon beheer tydens die menstruasie siklus beskryf. Inhoud (17) Sintese (3) LET WEL: GEEN punte sal toegeken word vir antwoorde in die vorm van vloeidiagramme of diagramme nie. TOTAAL AFDELING C: 40 GROOTTOTAAL: 150
Downloaded from hlayiso.com

Study this subject

More from Grade 12 Life Sciences

View all