Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE
SENIOR SERTIFIKAAT
GRAAD 12
SEPTEMBER 2017
TOERISME
PUNTE: 200
TYD: 3 uur
*TRSMA*
Hierdie vraestel bestaan uit 23 bladsye.
Skip to contentAll 2017 papers 

%20Preparatory%202017%20Question%20Paper_hlayiso.com_--ec6edadc-0127-4389-83e0-7bae35e51922/v1-056064f78584c97ee039/card.webp)



View all



%20June%202024%20Question%20Paper_hlayiso.com_--4afd17c7-8998-4f08-8a0f-983813a2422f/v1-8f09803d169b1635b811/card.webp)

Tourism Grade 12 Eastern Cape Mock 2017 Question Paper (Afr)
Grade 12 Tourism question paper from the Eastern Cape Mock Exam 2017 (Afrikaans), 25 pages. Read online or download the free PDF.
Tourism · Grade 12 · Eastern Cape Mock Exam · 2017. Question paper, 25 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Tourism
- Grade
- Grade 12
- Document type
- Question paper
- Year
- 2017
- Exam period
- Eastern Cape Mock Exam
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 25
- File size
- 2.0 MB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 25
This exam
Eastern Cape Mock Exam 2017
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
2 TOERISME (EC/SEPTEMBER 2017)
INSTRUKSIES EN INLIGTING
Lees die instruksies aandagtig voordat die vrae beantwoord word.
1. Hierdie vraestel bestaan uit VYF afdelings.
2. ALLE vrae in AFDELING A, B, C, D en E is VERPLIGTEND.
3. Begin elke VRAAG op ʼn NUWE bladsy.
4. Jy mag ʼn nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik.
5. Skryf netjies en leesbaar.
6. Die volgende tabel is ʼn riglyn om jou te help om jou tyd volgens elke
afdeling in te deel.
AFDELING VRAAG ONDERWERP PUNTE TYD
A 1 Kortvrae 40 punte 20 minute
Kaartwerk en
2
Toerbeplanning
B 50 punte 50 minute
Buitelandse
3
Valutaverhandeling
4
Toerisme Attraksies
Kultuur- en
C 5 50 punte 50 minute
Erfenistoerisme
6 Bemarking
7 Toerisme Sektore
D Volhoubare en 30 punte 30 minute
8 Verantwoordelike
Toerisme
Plaaslike-, Streeks-
9 en Internasionale
E Toerisme 30 punte 30 minute
Kommunikasie en
10
Kliëntediens
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2017) TOERISME 3
AFDELING A: KORTVRAE
VRAAG 1
1.1 Vier opsies word as moontlike antwoorde vir die volgende vrae gegee. Kies
die antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommer
(1.1.1–1.1.20) in die ANTWOORDEBOEK neer, bv.1.1.21 A.
1.1.1 Met die opstel van ʼn reisplan moet die toerbeplanner in ag neem dat
reisigers op internasionale vlugte … voor hulle vertrek vir hulle vlug
moet inboek.
A 30 minute
B 90 minute
C 2 tot 3 uur
D 1 tot 2 uur
1.1.2 ʼn Voorbeeld van ʼn Wêrelderfenisterrein in die Noord-Kaap:
A Wieg van die Mensdom
B Robbeneiland
C Vredefortkoepel
D Richtersveld
1.1.3 Internasionale reisigers behoort afskrifte van … apart van hulle
bagasie te hou.
A bankbesonderhede
B paspoorte
C doeaneregulasies
D reistoelae
1.1.4 ʼn Kliënteterugvoermetode wat nie baie vrae bevat nie:
A Opname
B Terugvoerkaart
C Opvolgtelefoonoproep
D Vraelys
1.1.5 Met aankoms in Suid-Afrika word ʼn 100 ml bottel parfuum deur
doeane as … beskou.
A goedere om te verklaar
B belastingvry goedere
C verbode goedere
D beperkte goedere
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
4 TOERISME (EC/SEPTEMBER 2017)
1.1.6 Die Swartwoud is in … geleë.
A Switserland
B Duitsland
C Rusland
D Turkye
1.1.7 ʼn Afrikaland wat ʼn geelkoors risikogebied is:
A Egipte
B Swaziland
C Moroko
D Demokratiese Republiek van die Kongo
1.1.8 Die gedeelte van ʼn inkomende toerismemark van ʼn land vergeleke
met sy hoofmededingers:
A Buitelandse inkomende toeriste
B Gemiddelde lengte van verblyf
C Buitelandse markaandeel
D Surplus van inkomende toeriste
1.1.9 ʼn Siekte wat op dieselfde wyse as MIV Vigs aangesteek word:
A Hepatitis A
B Hepatitis B
C Malaria
D Cholera
1.1.10 Hierdie stad sal die gasheerstad vir die Internasionale Olimpiese
Komitee se Somerspele in 2020 wees.
A Tokio
B Beijing
C Parys
D Los Angeles
1.1.11 Suid-Afrikaanse banknote tot die waarde van R10 000 word as …
deur SARS beskou.
A goedere om te verklaar
B belastingvry-goedere
C verbode goedere
D beperkte goedere
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2017) TOERISME 5
1.1.12 Die ontvoering van 276 skooldogters in 2014 deur Boko Haram in
Nigerië is ʼn voorbeeld van …
A burgeroorlog.
B algemene onluste.
C ʼn onvoorsiene gebeurtenis.
D terrorisme.
1.1.13 Watter van die volgende word NIE as ʼn voorbeeld van goeie
omgewingspraktyke beskou NIE?
A Omgewingsvriendelike geboue
B Herwin, hergebruik en hersirkuleer
C Plaaslike verkryging
D Besoedelingsbestuur
1.1.14 ʼn Misdaadvoorkomingsmaatreël wat die sukses van ʼn aantreklikheid
verseker:
A Beskikbaarheid van hoë gehalte paadjies
B Beskikbaarheid van sluitkassies
C Gereelde nagaan van kennisgewingborde
D Daarstelling van nood mediese dienste
1.1.15 Tsogo Sun Hotelpersoneel wat professioneel lyk in hulle uniforms
dra by tot die maatskappy se ...
A korporatiewe beeld.
B driedubbele-slotreël.
C BSEB handves.
D kliëntediensbeleid.
1.1.16 Hierdie wêreldikoon is een van die nuwe sewe wonders van die
wêreld:
A Machu Picchu
B Eiffeltoring
C Die Sfinx
D Big Ben
1.1.17 Die Internasionale Datumlyn (IDL) is ʼn denkbeeldige lyn wat
ongeveer … van die Universele Tydkoördinaat geleë is.
A 360°
B 180°
C 90°
D 270°
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
6 TOERISME (EC/SEPTEMBER 2017)
1.1.18 … is die murasies van ʼn groot, antieke stad van die Majas.
A Taj Mahal
B Cuzco
C Vatikaanstad
D Chichen Itza
1.1.19 Dagligbesparingstyd (DBT) is die praktyk waarby horlosies in ʼn
gegewe land met een uur voor standaardtyd gedurende …
aangeskuif word.
A winter
B lente
C herfs
D somer
1.1.20 ʼn Voorbeeld van universele toegang by ʼn aantreklikheid:
A Die restaurant bied kosherdisse aan.
B Badkamerfasiliteite vir mense in rolstoele is beskikbaar.
C Personeellede is in staat om in ʼn verskeidenheid tale met
besoekers te kommunikeer.
D Al bogenoemde (20 × 1) (20)
1.2 Kies ʼn begrip vanuit die lys wat die onderstaande sinne die beste voltooi. Jy
mag elkeen van die begrippe slegs EEN keer gebruik. Skryf slegs die begrip
langs die vraagnommer (1.2.1–1.2.5) in die ANTWOORDEBOEK neer.
Paspoort, TB, IBP, bilharzia, malaria, IDL, visum, Hepatitis A, MIV, cholera
1.2.1 Die gebruik van insekweerder op blootgestelde vel, bly binnenshuis,
spuit ʼn aërosol-insekdoder in die slaapkamer of brand
muskietspoele en muskietmatjies is voorsorgmaatreëls teen infeksie
van …
1.2.2 ʼn Wetlike dokument, beskikbaar by die AA kantore, wat die draer
toelaat om in ʼn vreemde land te bestuur staan bekend as ʼn …
1.2.3 Langdurige hoes, asemhalingsprobleme en bors- en gewrigspyne is
simptome van …
1.2.4 Persoonlike besonderhede van die aansoeker, besonderhede oor
die besoek aan die bestemming, inligting oor die aansoeker se
finansiële status en kriminele rekord is vereistes vir die aansoek om
ʼn…
1.2.5 Vermyding van riviere wat moontlik besmet is en om nie te drink of
te was in besmette water, is voorsorgmaatreëls teen die opdoen
van …
(5 × 1) (5)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2017) TOERISME 7
1.3 Kies die korrekte woord(e) uit dié tussen hakies. Skryf slegs die korrekte
antwoord langs die vraagnommer (1.3.1–1.3.5) in die ANTWOORDEBOEK
neer.
1.3.1 (Die Koepel van die Rots/Ayers Rock) is ʼn unieke natuurlike
landmerk, wat uit harde rooi sandsteen bestaan wat in die Uluru-
Kata Tjuta Nasionale Park geleë is.
1.3.2 Die (Alcázar van Segovia/Parthenon) word as die mooiste kasteel in
Spanje beskou.
1.3.3 Toeriste wat in antieke beskawings belangstel, moet na Jordanië
reis om (die Kremlin/Petra) te besoek.
1.3.4 (Die Blou Moskee/Mekka) word as die geestelike middelpunt van die
Moslemgeloof beskou.
1.3.5 (Berg Everest/Berg Fuji) is ʼn amper perfekte gevormde vulkaan wat
deur Boeddhiste as ʼn heilige plek aanbid word.
(5 × 1) (5)
1.4 Kies vanuit die Stormsrivier Avontuurmaatskappy (Adventures) die stelling
met betrekking tot volhoubaarheid waaraan hulle hulself verbind in
KOLOM B wat die beste pas by die begrip in KOLOM A. Skryf slegs die
letter (A–E) langs die vraagnommer (1.4.1–1.4.5) in die
ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 1.4.6 F.
KOLOM A KOLOM B
1.4.1 Maatskaplike A Skoolvoedingskema waarby 220
pilaar laerskoolleerders van vier maaltye per week
voorsien word.
1.4.2 KMB B Aktief betrokke by fondsinsamelingsprojekte
vir die gemeenskap.
1.4.3 Omgewingspilaar C Volgehoue toewyding tot bewaring van
natuurlike hulpbronne wat in
avontuurprodukte gebruik word.
1.4.4 FTT (voorheen D Opheffing van die gemeenskap deur
bekend as werkskepping en die skep van klein
FTTSA) ondernemings deur opleiding van
“Avontuur Kontrakteurs”.
1.4.5 Ekonomiese E Lone, werksomstandighede, aankope en
pilaar aksies wat billik is. Gelyke verspreiding van
voordele, respek vir menseregte, kultuur en
die omgewing.
(5 × 1) (5)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
8 TOERISME (EC/SEPTEMBER 2017)
1.5 Kies die beeld wat die beste pas by die onderstaande beskrywings.
Skryf slegs die letter (A–F) langs die vraagnommer (1.5.1–1.5.5) in die
ANTWOORDEBOEK, bv. 1.5.6 G.
A D
Wêreldreismark
B E
Voorafgelaaide buitelandsevaluta
debietkaart
C F
1.5.1 ʼn Bekende Suid-Afrikaanse buitelug- en avontuurleefstylgeleentheid.
1.5.2 Banke hef meer rente vir onttrekkings van geld van ʼn OTM as
wanneer aankope gedoen word.
1.5.3 ʼn Jaarlikse Duitse gebeurtenis wat ʼn unieke geleentheid vir die
globale reisbedryf bied om mekaar te ontmoet, te netwerk en om
besigheid te doen.
1.5.4 ʼn Toerismebemarkingsgeleentheid wat die verskeidenheid van
Suidelike Afrika se beste toerismeprodukte ten toon stel en
internasionale kopers en media van regoor die wêreld lok.
1.5.5 Gewy aan die buitelandse valuta van die land (of lande) waarna jy
reis. (5 × 1) (5)
TOTAAL AFDELING A: 40
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2017) TOERISME 9
AFDELING B: KAARTWERK EN TOERBEPLANNING; BUITELANDSE
VALUTAVERHANDELING
VRAAG 2
2.1 Bestudeer die Wêreldtydsonekaart hieronder, lees die gegewe inligting en
beantwoord die daaropvolgende vrae.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
10 TOERISME (EC/SEPTEMBER 2017)
Die 2016-Somer Olimpiese Spele was ʼn groot globale multi-sport
geleentheid wat in Rio de Janeiro, Brasilië, van 5 tot 21 Augustus 2016
plaasgevind het. Die 2016-Olimpiese Spele het die hoogste getal lande
gehad wat aan ʼn rekordgetal sportsoorte deelgeneem het. Meer as 10 500
atlete van 206 lande het deelgeneem. Die openingseremonie het by die
Maracanã Stadion in Rio de Janeiro op 5 Augustus om 20:00 plaasgevind.
2.1.1 Bereken die tyd en datum wat sportliefhebbers in Parys, Frankryk
hulle televisiestelle moes aanskakel indien hulle ʼn lewendige
uitsending van die openingseremonie wou kyk. Onthou dat Frankryk
dagligbesparingstyd beoefen in die tyd van die openingseremonie. (5)
2.1.2 Gee EEN moontlike voordeel vir die toerismebedryf van ʼn land wat
dagligbesparingstyd beoefen. (1)
2.1.3 Bereken die tyd en datum wat Australiese sportliefhebbers in
Sydney hulle televisiestelle moes aanskakel indien hulle ʼn
lewendige uitsending van die openingseremonie wou kyk. (4)
2.1.4 Chad le Clos, een van Suid-Afrika se top Olimpiese swemmers,
was deel van die Suid-Afrikaanse sportspan wat aan die Olimpiese
Spele deelgeneem het. Sy pa het na Rio de Janeiro gevlieg om te
kyk hoe sy seun deelneem.
(a) Mnr le Clos het op vlug O66152 in Rio de Janeiro via Sao
Paulo, Brasilië om 19:55 op 31 Julie gearriveer na ʼn 13h 45m
vlug. Bereken die datum en vertrektyd van sy vlug uit
Johannesburg, Suid-Afrika. (6)
(b) Mnr le Clos kon moontlik aan vlugvoosheid gely het na sy
vlug. Gee TWEE simptome van vlugvoosheid. (2)
2.1.5 Elke lid van die Suid-Afrikaanse Olimpiese Span moes in besit van
ʼn paspoort wees om Brasilië binne te gaan, maar het nie nodig
gehad om ʼn visum te bekom vir die duur van hulle verblyf nie.
(a) Onderskei tussen ʼn paspoort en ʼn visum. (2 × 2) (4)
(b) Benoem EEN inenting wat die span moes kry voor hulle
vertrek na Brasilië. (1)
2.1.6 Met sy terugkeer na Suid-Afrika, het Mnr le Clos ʼn 750 ml bottel
wyn by die doeanevry-winkels by Guarulhos Internasionale
Lughawe in Sao Paulo vir sy vrou gekoop.
(a) Verduidelik die begrip doeanevry-winkel. (2)
(b) Moes Mnr le Clos deur die rooi of die groen kanaal gestap het
met sy aankoms by OR Tambo? (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2017) TOERISME 11
2.2 Lees die uittreksel en beantwoord die vrae wat daarop volg.
12 dag Suid-Afrika Safari
Verken Suidelike Afrika se oorvloedige wildlewe, Zulu-kultuur en
dramatiese natuurskoon op reis deur Suid-Afrika en Swaziland in ʼn
kombinasie van kulturele en wildlewe ervarings. Die toer begin met ʼn
besoek aan die uitgestrekte woongebied, Soweto, waarna jy by verskeie
bestemmings sal stop om aktiwiteite soos stap, kanovaart en vlotvaart te
ervaar voordat jy na die Kruger Nasionale Park sal reis vir ongelooflike
wildbesigtigingservarings. Hoogtepunte sluit in, kamp onder die Afrikasterre
in die Kruger Nasionale Park, ontmoeting met die Zulu-kultuur waar jy van
spiesmaak, dans en mandjieweef kan leer, wildbesigtigingsgeleenthede en
ʼn begeleide staptog na Blyderivier Canyon waar Bourke’s Luck Potholes
wonderlike fotografie geleenthede bied.
Tema: Familie (hierdie toer is vir volwassenes en kinders wat saam reis,
min. ouderdom 11)
Koste: ZAR 17 564 pp Grootte van die groep: Min. 2 maks. 16
Opsomming van die toer:
Dag 1 Johannesburg Dae 6 en 7 Hlane Nasionale Park
Dag 2 Hluhluwe-iMfolozi Park Dae 8 en 9 Kruger Nasionale Park
Dag 3 Hluhluwe Wildreservaat Dae 10 en 11 Blyderivier
Dae 4 en 5 Kosibaai Dag 12 Johannesburg
Ingesluit: Alle maaltye, vervoer (4 × 4, minibusse), verblyf (kamp,
permanente tente, hotel en herberge/”lodges”), aktiwiteite
(wildbesigtigingsritte by Hluhluwe-iMfolozi Park, Hlane Nasionale
Park en Kruger Nasionale Park, besoek aan ʼn Zulu-dorpie en
Bourke’s Luck Potholes).
[Bron: www.intrepidtravel.com]
2.2.1 Die bostaande toer is ʼn voorbeeld van ʼn pakkettoer.
Stem jy saam met hierdie stelling? Motiveer jou antwoord. (2)
2.2.2 Neem die aktiwiteite in ag en identifiseer EEN tipe toeris wat sal
oorweeg om op hierdie toer te gaan. (1)
2.2.3 Verduidelik die begrip ingesluit soos in die uittreksel genoem. (1)
2.2.4 Gee aan ʼn toeris wat ʼn bespreking vir hierdie toer maak raad oor
TWEE items wat hy/sy moet inpak voor sy/haar vertrek op hierdie
toer. (2 × 1) (2)
[32]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
12 TOERISME (EC/SEPTEMBER 2017)
VRAAG 3
3.1 Bestudeer die wisselkoerstabel hieronder en beantwoord die vrae wat
daarop volg.
Land Geldeenheidkode BAK BVK
Brittanje GBP 18,63 19,34
Europese lande EUR 15,53 16,11
VSA USD 14,14 14,46
3.1.1 ʼn Suid-Afrikaanse besigheidstoeris besoek die VSA. Hy het
ZAR15 000 sakgeld. Bereken hoeveel USD hy sal ontvang. (3)
3.1.2 ʼn Afgetrede Suid-Afrikaanse paartjie beplan om hulle familie in
Londen te besoek. Hulle het ZAR25 000 wat hulle vir sakgeld wil
omruil.
(a) Bereken hoeveel van die plaaslike geldeenheid hulle sal
ontvang. (3)
(b) Met hulle terugkeer het hulle nog sakgeld oor. Bereken
hoeveel ZAR hulle sal ontvang as hulle £20 wissel. (3)
(c) Identifiseer die geldeenheid waarvoor hulle hulle ZAR sou
moes omruil, indien hulle familie in Frankryk gebly het. (1)
3.2 Bespreek die effek van ʼn swak rand op beide inkomende en uitgaande
toerisme in ʼn paragraaf. (2 × 2) (4)
3.3 Verduidelik, in ʼn paragraaf, die begrip vermenigvuldigereffek en hoe dit die
toerismebedryf van ʼn land kan bevorder. (2 × 2) (4)
[18]
TOTAAL AFDELING B: 50
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2017) TOERISME 13
AFDELING C: TOERISME ATTRAKSIES; KULTUUR- EN
ERFENISTOERISME; BEMARKING
VRAAG 4
4.1 Bestudeer die prente en kaart van Europa en beantwoord die onderstaande vrae.
4.1.1 Identifiseer die ikone genommer A, B, C en D. (4 × 2) (8)
4.1.2 Verduidelik waarom die ikoon genommer A een van Europa se
gewildste toerismestreke is. (2)
4.1.3 Gee EEN rede waarom toeriste, wat in geskiedenis belangstel, die
ikoon genommer ...
(a) C sal besoek. (2)
(b) D sal besoek. (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
14 TOERISME (EC/SEPTEMBER 2017)
4.2 Bestudeer die inligting oor uShaka Marine World en beantwoord die
daaropvolgende vrae.
Twee jaar gelede was uShaka Marine World in die moeilikheid met hulle
vorige HUB wat vir bedrog gearresteer is. Nou blyk dit dat hulle vooruitgaan
met ʼn inkomste van R210m in 2015 terwyl hulle winsgewend bly.
MANDELADAG-2016
Ter nagedagtenis van Madiba se lewe
en nalatenskap het uShaka Marine
World ʼn volle dag opsy gesit vir 21
straatkinders tussen die ouderdomme
van 12 en 21.
KINDERREEKS
USHAKA RY OP GOLWE VAN Kinders, maak reg om die water te
SUKSES laat spat in uShaka se oseaan-
uShaka Marine World het die geïnspireerde klerereeks. Van T-
toekenning “Top Choice 2015” van hemde vir kinders, pette, swemklere
ʼn Asiatiese toerisme en kortbroeke tot rugsakke, dit is alles
inligtingswebtuiste ontvang. pret en modern!
Lianorg Toeriste
inligtingsnetwerk/”Tourist
Information Network” bied reis-
inligting aan reisigers. Intekenaars
sluit toeriste van Sjina, Japan,
Korea, Mongolië en ander
Asiatiese lande in.
2014 – 2015 hoogtepunte
681 072 besoekers
537 leerders wat deur
beroepskursusse aan marine HUB Stella Khumalo
biologie voorgestel is “Ons is gedurig besig met opgradering
120 bome tydens Boomplant- van ou infrastruktuur en stel van tyd
week by skole geplant tot tyd nuwe opwindende
700 ure gespandeer op aantreklikhede bekend.”
rehabilitasie van diere
1 072 ure aan gesondheid en
veiligheidsopleiding gewy
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2017) TOERISME 15
4.2.1 (a) Identifiseer EEN voorbeeld van onetiese gedrag wat by
uShaka Marine World plaasgevind het. (1)
(b) Stel EEN aksie voor wat uShaka Marine World kon neem om
die onetiese gedrag genoem in VRAAG 4.2.1(a) te hanteer om
sodoende die impak daarvan op die aantreklikheid te
verminder. (2)
4.2.2 Gee EEN voorbeeld uit die uittreksel om uShaka Marine World se:
(a) omgewingsbestuurstrategie, en (2)
(b) bemarkingstrategie te ondersteun. (2)
4.2.3 Verduidelik hoe die “Top Choice 2015”-toekenning die bestuur van
uShaka Marine World sal help om hulle verwagte inkomsteteiken te
oorskry. (2)
4.2.4 Stel DRIE maniere voor hoe HUB, Stella Khumalo, se stelling
langtermynvoordele vir uShaka Marine World kan inhou. (3 × 2) (6)
[29]
VRAAG 5
Bestudeer die onderstaande kaart en beantwoord die vrae.
5.1 Identifiseer die UNESCO Wêrelderfenisterreine genommer A en B. (2 × 1) (2)
5.2 5.2.1 Gee die tipe Wêrelderfenisterrein wat deur die terrein genommer A
voorgestel word. (1)
5.2.2 Bespreek EEN voorbeeld van hoe die Wêrelderfenisterrein
genommer A aan UNESCO se kriteria (v) voldoen. (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
16 TOERISME (EC/SEPTEMBER 2017)
5.3 5.3.1 Noem die hoof plantegroeitipe wat die berge, valleie en vlaktes langs
die kus in die Wêrelderfenisterrein genommer B bedek. (2)
5.3.2 Verduidelik EEN manier hoe indringer plantspesies ʼn bedreiging vir
die voortbestaan van die Wêrelderfenisterrein genommer B is. (2)
5.4 Bespreek TWEE maniere hoe die Suid-Afrikaanse Toerismebedryf deur
Wêrelderfenisterreine genommer A en B bevoordeel word. (2 × 2) (4)
[13]
VRAAG 6
6.1 Lees die onderstaande uittreksel.
SAToerisme Duitsland loods voedsel en drank veldtog
Suid-Afrikaanse Toerisme het ʼn voedsel en drankveldtog,
www.chefkoch.de wat ʼn reseptenetwerk is, in samewerking met Duitsland
se kookgemeenskap, geloods.
Oor ʼn tydperk van ses weke sal ʼn spesiale uitsending met ʼn Suid-
Afrikaanse tema oor die reseptenetwerk uitgesaai word en sodoende Suid-
Afrika se diverse kossoorte en braaikultuur meer toeganklik vir Duitsers
maak.
[Verwerk uit: http://www.tourismupdate.co.za]
Verduidelik TWEE maniere hoe hierdie bemarkingsinisiatief waarde sal
toevoeg tot Suid-Afrika as ʼn reisbestemming. (2 × 2) (4)
6.2 Verduidelik die volgende stelling:
TOMSA speel ʼn waardevolle rol deur by te dra tot SAToerisme se vermoë
om Suid-Afrika as ʼn voorkeur bestemming te bemark. (2 × 2) (4)
[8]
TOTAAL AFDELING C: 50
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2017) TOERISME 17
AFDELING D: TOERISME SEKTORE; VOLHOUBARE EN
VERANTWOORDELIKE TOERISME
VRAAG 7
Bestudeer die onderstaande collage en beantwoord die vrae.
7.1 Bespreek hoe die reëls ten opsigte van voorkoms/”dress code” van die SAA
personeel in die collage tot die professionele beeld van die maatskappy
bydra. (2)
7.2 Lys TWEE ander faktore, behalwe vir die logo en voorkoms van die
personeel, wat ʼn bydrae tot die professionele beeld van SAA kan lewer.
(2 × 1) (2)
7.3 Alle SAA personeellede moet ʼn dienskontrak onderteken.
7.3.1 Verduidelik waarom dit noodsaaklik vir ʼn werknemer is om ʼn
dienskontrak te onderteken. (2)
7.3.2 Lys TWEE items wat in ʼn dienskontrak, wat deur werknemers
onderteken moet word, ingesluit kan word. (2 × 1) (2)
7.4 SAA werknemers onderneem om, met hulle indiensneming, die gedragskode
van die maatskappy te handhaaf. Bespreek die waarde van ʼn gedragskode
vir werknemers in die lugvaartbedryf. (2)
[10]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
18 TOERISME (EC/SEPTEMBER 2017)
VRAAG 8
Lees die uittreksel en beantwoord die vrae wat daarop volg.
Lion Sands Privaat Wildreservaat
Lion Sands, deel van Sabi Sands wat in die Kruger Nasionale Park geleë is, is
een van die uitgesoekte, Suid-Afrikaanse safari herberge/”lodges” wat hulself
verbind tot die bewaring van Afrika se wildlewe, die omgewing en die ontwikkeling
van plaaslike gemeenskappe terwyl hulle terselfdertyd outentieke grootwild safari-
ervarings bied. Al hierdie safari herberge/”lodges” word aan die organisasie,
Open Africa, gekoppel en moedig besoekers aan om verantwoordelike toerisme
te beoefen.
Lion Sands Wildreservaat vorm deel van die grootste bewaringsgebied in
Suidelike Afrika. In hierdie gebied is dit noodsaaklik dat die balans tussen die
natuur en die gebruik daarvan vir kommersiële doeleindes fyn gemonitor en
bestuur word.
Lion Sands Privaat Wildreservaat het ʼn verhouding met die plaaslike
gemeenskap wat gemik is op wedersydse voordele en sosiale ontwikkeling wat
volhoubaar en eko-vriendelik is. Een van die inisiatiewe wat deur Lion Sands
befonds word, is die Henna kleuterskool wat in 1991 gestig is met 20 leerders.
Hierdie kleuterskool het in die behoefte aan opvoeding en gesonde maaltye vir
die kinders voorsien.
Met verdere ondersteuning van Lion Sands het die kleuterskool aansienlik
gegroei en huisves nou 250 kinders. Van die hoofprojekte tot dusver was die bou
van klaskamers, opknapping van die kombuis en die daarstelling van
boorgatwater vir die skool. Lion Sands is ook die gasheer van die jaarlikse
gradeplegtigheidseremonie vir die kinders, wat hulle aanmoedig om die
belangrikheid van kennis en opvoeding te verstaan.
Lion Sands het saam met die regering en die gemeenskap hande gevat in die
stryd teen MIV/Vigs. Die reservaat bied ondersteuning aan sy werknemers asook
aan ʼn plaaslike tuisversorgingsinisiatief vir mense wat MIV positief is. Gaste by
Lion Sands word die opsie gegee om die plaaslike gemeenskap te besoek en
word aangemoedig om skenkings tot hierdie verdienstelike saak te maak. Lion
Sands is ook betrokke by die jaarlikse aktiwiteite wat op Wêreld Vigs-dag gehou
word waarby MIV weeskinders en ander kwesbare kinders van die gemeenskap
kospakkies en skool noodsaaklikhede ontvang.
[Verwerk uit: www.openafrica.org]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2017) TOERISME 19
8.1 Lion Sands Privaatwildreservaat kan as ʼn toerismebesigheid, wat die
driedubbele-slotreël benadering in sy besigheidspraktyke insluit, beskou
word.
8.1.1 Bespreek hierdie stelling deur na hulle toewyding tot die
omgewings- en sosiale pilare van die driedubbele-
slotreëlbenadering te verwys. (2 × 2) (4)
8.1.2 Stel EEN manier voor oor die wyse hoe Lion Sands
Privaatwildreservaat hulle toewyding tot die ekonomiese pilaar van
die driedubbele-slotreël benadering kan toon. (2)
8.2 Lys TWEE voorbeelde van verantwoordelike toerismepraktyke wat in ʼn
gedragskode vir verantwoordelike toeriste tydens hulle besoek aan Lion
Sands Privaatwildreservaat ingesluit kan word. (2 × 2) (4)
8.3 Stel TWEE strategieë voor wat Lion Sands Privaatwildreservaat kan
implementeer om omgewingsbewuste toeriste te lok. (2 × 2) (4)
8.4 Lion Sands Privaatwildreservaat het ʼn korporatiewe maatskaplike
beleggingsprogram.
8.4.1 Verduidelik die begrip korporatiewe maatskaplike belegging. (2)
8.4.2 Beskryf TWEE inisiatiewe waarby Lion Sands Privaatwildreservaat
hulle korporatiewe maatskaplike beleggingsprogram in hulle
plaaslike omgewing tot stand gebring het. (2 × 2) (4)
[20]
TOTAAL AFDELING D: 30
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
20 TOERISME (EC/SEPTEMBER 2017)
AFDELING E: PLAASLIKE-, STREEKS- EN INTERNASIONALE
TOERISME; KOMMUNIKASIE EN KLIËNTEDIENS
VRAAG 9
9.1 Bestudeer die onderstaande inligting en beantwoord die vrae wat volg.
[Verwerk uit: www.businessinsider.com]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2017) TOERISME 21
9.1.1 Gee EEN rede waarom die Tour de France as ʼn globale gebeurtenis
geklassifiseer word. (2)
9.1.2 Verduidelik waarom die Tour de France as “Die wonderlikste gratis
vertoning op die planeet” uitgebeeld word. (2 × 2) (4)
9.1.3 Identifiseer EEN strategie waarvan die Tour de France-
organiseerders gebruik maak om die drie-week lange gebeurtenis
se impak op die omgewing te verminder. (2)
9.1.4 Bespreek die voordele vir die plaaslike gemeenskappe van die 660
stede waardeur gery word tydens die Tour de France in ʼn
paragraaf.
Sluit die onderstaande aspekte in jou paragraaf in:
(a) Inkomste generering (2)
(b) Werkskepping (2)
9.2 Bestudeer die onderstaande statistiek oor reisneigings van buitelandse
toeriste na Suid-Afrika in 2015 en beantwoord die onderstaande vrae.
9.2.1 Identifiseer die toerismestreek wat die grootste afname in
buitelandse inkomende toeriste na Suid-Afrika in 2015 getoon het
in vergelyking met 2014. (1)
9.2.2 Algehele buitelandse inkomende toerisme na Suid-Afrika het
afgeneem met 6,8% in 2015 in vergelyking met 2014. Hierdie
afname het groot kommer veroorsaak omdat hierdie sektor tot
onlangs een van die beste presterende sektore was.
Gee TWEE faktore wat tot die afname in inkomende internasionale
toeriste na Suid-Afrika kon lei. (2 × 2) (4)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
22 TOERISME (EC/SEPTEMBER 2017)
9.3 Bestudeer die onderstaande grafiek en beantwoord die vrae.
[Bron: www.statssa]
Vergelyk die aktiwiteite waaraan buitelandse toeriste tydens hulle besoek
aan Suid-Afrika in 2014 en 2015 deelgeneem het.
Gee die neiging tussen dié twee jare. (2)
[19]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2017) TOERISME 23
VRAAG 10
Bestudeer die uittreksel oor kliëntetevredenheid en beantwoord die
daaropvolgende vrae.
*Die hpi is hellopeter se nywerheidstandaarde-maatstaf om die toestand
van ʼn organisasie se kliëntediens te meet.
[Verwerk uit www.hellopeter.com]
10.1 Identifiseer die kliënteterugvoermetode wat kliënte toelaat om resensies te
gee oor produkte of dienste wat hulle ervaar het, soos in die uittreksel
gebruik. (1)
10.2 Verduidelik hoe die terugvoermetode wat in VRAAG 10.1 geïdentifiseer is
van nut kan wees vir potensiële kliënte. (2)
10.3 Gee jou opinie oor die stand van Ocean Fresh Restaurant se kliëntediens
gebaseer op die 290 resensies. (2 × 2) (4)
10.4 Stel TWEE intervensieplanne aan die restaurantbestuurder voor om
AnnieH se klagtes aan te spreek. (2 × 2) (4)
[11]
TOTAAL AFDELING E: 30
GROOTTOTAAL: 200
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Downloaded from hlayiso.com
Study this subject
Recommended for this subject

Memorandum
Tourism Grade 12 Eastern Cape Mock 2017 Memo (Afrikaans)

Question paper
Tourism Grade 12 Gauteng Mock 2017 Question Paper
%20Preparatory%202017%20Question%20Paper_hlayiso.com_--ec6edadc-0127-4389-83e0-7bae35e51922/v1-056064f78584c97ee039/card.webp)
Question paper
Tourism Grade 12 Gauteng Mock 2017 Question Paper (Afr)

Question paper
Tourism Grade 12 NSC Supplementary 2017 Question Paper (Afr)

Question paper
Tourism Grade 12 NSC Supplementary 2017 Question Paper (Eng)

Question paper
Tourism Grade 12 Eastern Cape Mock 2023 Question Paper (Eng)
More from Grade 12 Tourism

Annual teaching plan
Gr 12 Tou ATP 2023 24

Memorandum
Tourism Grade 12 Eastern Cape March Test 2025 Memo

Memorandum
Tourism Grade 12 NSC June 2025 Memo (English)

Memorandum
Tourism Grade 12 Eastern Cape Prelim 2024 Memo (Afrikaans)
%20June%202024%20Question%20Paper_hlayiso.com_--4afd17c7-8998-4f08-8a0f-983813a2422f/v1-8f09803d169b1635b811/card.webp)
Question paper
Tourism Grade 12 P1 NSC June 2024 Question Paper (English)

Memorandum