Skip to content
Addendum

Geography Grade 10 P1 National November 2018 Addendum (Afrikaans)

Grade 10 Geography Paper 1 addendum from the National November Exam 2018 (Afrikaans), 12 pages. Read online or get the free PDF download.

Subject: GeographyGrade 10201812 pages
Download

Loading document…

Loading document…

Document textSearch extracted text and jump to a page.
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 10 NOVEMBER 2018 GEOGRAFIE V1 ADDENDUM Hierdie addendum bestaan uit 12 bladsye.
2 GEOGRAFIE V1 (ADDENDUM) (EC/NOVEMBER 2018) FIGUUR 1.3: OSOON-UITPUTTING Gereflekteer Osoonlaag REDES VIR CFK VRYSTELING: Motors, Steenkool, Fabrieke, Industriele aktiwiteite [Bron: Google Images] FIGUUR 1.4: WOLKTIPE [Bron: Google Images] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
3 GEOGRAFIE V1 (ADDENDUM) (EC/NOVEMBER 2018) FIGUUR 1.5: AARDBEWING Op 8 Oktober 2015, het ʼn aardbewing wat 7,6 op die Richterskaal gemeet het, die Kashmir-streek van Pakistan getref. Die aardbewing was die gevolg van ʼn botsing tussen die Indiese en Eurasiese plate. Baie geboue het in die gebied ineengetuimel. 79 000 mense het gesterf. Grondverskuiwings en groot krake het in die grond verskyn. Gebreekte rioolpype het water vergiftig en siektes versprei. [Aangepas uit Google] FIGUUR 1.6: STRUKTUUR VAN DIE AARDE [Bron: Google Images] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
4 GEOGRAFIE V1 (ADDENDUM) (EC/NOVEMBER 2018) FIGUUR 2.2: VERSKYNSELS VAN STOLLINGSINTRUSIES [Bron: Google Images] FIGUUR 2.3: REËNVALTIPE [Bron: Google Images] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
5 GEOGRAFIE V1 (ADDENDUM) (EC/NOVEMBER 2018) FIGUUR 2.4: DROOGTE IN ETHIOPIË ETHIOPIESE DROOGTE 10 miljoen mense benodig dringend noodvoedsel. 1,5 miljoen kinders, swanger en borsvoedende vroue benodig aanvullende voeding. 400 000 kinders benodig behandeling vir akute tot uiterste wanvoeding. Twee miljoen mense benodig noodwater, sanitasie en higiëne. Droogtes kan natuurlik ontstaan of deur mense veroorsaak word. Die natuurlike oorsake van droogtes sluit in hoë temperature, lae reënval, areas wat binnelandse winde ontvang, ens. Menslike oorsake van droogtes sluit in die verwydering van plantegroei, oorbeweiding deur diere, verbranding van fossielbrandstowwe. [Aangepas uit Google] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
6 GEOGRAFIE V1 (ADDENDUM) (EC/NOVEMBER 2018) FIGUUR 2.5: TSOENAMI INDIESE OSEAAN TSOENAMI 2004 Primêre effekte van die tsoenami  Die golf het in 14 verskillende lande rondom die Indiese Oseaan mense laat sterf, wat ʼn totaal van oor die 250 000 behels.  Die grootste dodetal was op die Indonesiese eiland van Sumatra, waar meer as 130 000 mense gesterf het en meer as 30 000 nog steeds vermis word.  In Sumatra was meer as 500 000 dakloos gelaat, meer as 80 000 huise verwoes, sowel as ernstige skade aan hawens, skepe, paaie, brûe, hospitale, woude en gewasse wat binne 1 km vanaf die kus was.  8 mense het in Suid-Afrika gesterf, wat meer as 8000 km vanaf die episentrum is.  In Sri Lanka is ʼn trein ontspoor deur die krag van die golf, wat meer as ʼn 1000 laat sterf het. [Bron: htttp/www.4w.tagplus.com] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
7 GEOGRAFIE V1 (ADDENDUM) (EC/NOVEMBER 2018) FIGUUR 2.6: LAURASIË EN GONDWANALAND [Bron: http//www.zmescience.com/geology/fossilized] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
8 GEOGRAFIE V1 (ADDENDUM) (EC/NOVEMBER 2018) FIGUUR 3.3: BEVOLKINGSTOENAME IN SUID-AFRIKA Daar is 800 000 meer mense in Suid-Afrika in 2016 July Mc Lennon, 1 Julie, 2016 Suid-Afrika het ʼn bevolkingsgroei van 800 000 mense volgens Statistiek Suid-Afrika. Dit beteken dat die bevolking met meer as 15 miljoen mense vanaf 1996 gegroei het. Statistiek Suid-Afrika het ʼn gemeenskaplike studie in 2016 vrygestel, waarin dit aantoon dat die land se bevolking ʼn totaal van 55,7 miljoen mense bereik het. Hierdie groei het soos volg vanaf 2001 plaasgevind:  2002 – 44,8 miljoen  2011 – 51,8 miljoen  2015 – 54,9 miljoen Gauteng met 13.4 miljoen mense het die grootste bevolking en KwaZulu-Natal met 11,1 miljoen is tweede. Dan die Oos-Kaap met 7 miljoen en laaste is die Wes-Kaap met 6,3 miljoen. Die grootste toename in die bevolking was in die ouderdomsgroep 5–9 jaar, met groei vanaf 4,8 miljoen in 2016. [Bron: Aangepas uit Google] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
9 GEOGRAFIE V1 (ADDENDUM) (EC/NOVEMBER 2018) FIGUUR 3.4: MIV/VIGS INFEKSIEKOERS PER PROVINSIE [Source: Google Images] FIGUUR 3.5: INTERBEKKEN VERPLASING VAN WATER DIE GARIEP-ORANJE-VIS-SONDAGS INTERBEKKEN VERPLASING VAN WATER ʼn Ingewikkelde kanaal- en tonnelstelsel neem water vanaf die Gariepdam tot die Nelson Mandela Metropolitaanse gebied via die Vis- en Sondagsrivere. Hierdie stelsel verplaas water vanaf die Gariep-Oranjerivierbekken tot in die Vis- en Sondagsrivierbekkens. Hierdie ekstra water word vir besproeiing in die landelike gebiede gebruik, sowel as die stedelike gebiede in die Nelson Mandela Metropolitaanse gebied. 1. Water word deur middel van pypleidings vanaf die Gariepdam tot binne die Visrivierbekken verplaas. 2. ʼn Stuwal, Elandsdrift, herlei water vanaf die Groot Visrivier binne-in ʼn kanaal en deur ʼn tonnel binne-in die Klein Visrivier. 3. ʼn Pyplyn neem water binne-in ʼn kanaal en in die Darlingtondam op die Sondagsrivier. 4. ʼn Pyplyn neem water vanaf die Sondagsrivier tot by die Nelson Mandela Metropolitaanse gebied. [Bron: Vry vertaal en aangepas uit Google] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
10 GEOGRAFIE V1 (ADDENDUM) (EC/NOVEMBER 2018) FIGUUR 3.6 [Aangepas uit Google] FIGUUR 4.3: BEVOLKINGSBEWEGING Mandla Tsitsa (skuilnaam) met sy vrou (Violet) en hulle twee kinders (Phokie en Lazie) het 2016 na Engeland beweeg. Die volgende is hulle redes vir die beweging: Ek was twee keer oor die hoof gesien vir bevordering omdat die maatskappy waar ek werk ʼn regstellende aksie beleid gevolg het. Nadat twee gewapende rooftogte by my huis plaasgevind het, en ons motor gekaap was, het ek besef dat daar geen vooruitsigte vir my en my familie is nie en ons het nie veilig gevoel nie. Ek het begin om na ander opsies te kyk. Nadat ek begin uitvind het oor ander moontlikhede, het ek ontdek dat daar verskeie opsies vir my in Engeland, as ʼn elektriese ingenieur, is. Engeland benodig meer geskoolde mense soos ek. Dit het my nie baie lank geneem om ʼn uitstekende werk in Londen te vind nie en hulle was bereid om die hervestigingskostes (selfs vir vier troeteldiere) te betaal. Alle noodsaaklike dokumentasie was ook deur die firma in Engeland hanteer. Ons kinders kan nou veilig rolskaats, op hulle fietse ry en kan van ʼn uitstekende publieke vervoerstelsel gebruik maak. Die weer is nie dieselfde as in Butterworth nie en ons mis ons familie baie, maar as ek alles opweeg, voel ek, Engeland bied beter geleenthede vir die toekoms. [Vry vertaal en aangepas uit Google] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
11 GEOGRAFIE V1 (ADDENDUM) (EC/NOVEMBER 2018) FIGUUR 4.4: DEMOGRAFIESE OORGANGSMODEL [Aangepas uit Google] FIGUUR 4.5 [Aangepas uit Google] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
12 GEOGRAFIE V1 (ADDENDUM) (EC/NOVEMBER 2018) FIGUUR 4.6: OORSTROMINGS MOSAMBIEK VERSOEK HULP VAN SUID-AFRIKA Hoë reënval het riviere en moerasse gevul en ʼn groot gebied is oorstroom. Die gevolge van die ramp was so groot dat die weermag ontbied is om mense in sommige gebiede te ontruim. ʼn Noodkreet van die Mosambiekse regering is aan Suid-Afrika uitgereik om ʼn hand uit te reik. Kaptein Jaco Theunissen het bevestig dat die Mocuba-gebied die ergste deur oorstromings getref is. Die swak padkruisings en lae water brûe is weggespoel, wat die gebied onbereikbaar gemaak het. Dit het dit nodig gemaak om twee Oryx-helikopters, ʼn Hercules C-130 vragvliegtuig en mediese personeel van die SA Militêre gesondheidsdiens te ontplooi om die nood wat die mense in hierdie gebied ervaar, te verlig. Ongeveer meer as 8 000 mense is dakloos gelaat ná uitgebreide oorstromings. Mense wat in die informele nedersetting woon, is die meeste geraak omdat hul boustrukture nie sulke weerverskynsels kan weerstaan nie. [Vry vertaal en aangepas uit Google] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

Study this subject

Revise the topics in this paper, then practise them question by question.

More papers and memos for this grade and subject.

More from Grade 10 Geography

View all