NASIONALE
SENIOR SERTIFIKAAT
GRAAD 10
NOVEMBER 2018
GEOGRAFIE V1
PUNTE: 225
TYD: 3 uur
Hierdie vraestel bestaan uit 16 bladsye en ʼn addendum van 12 bladsye.
Skip to contentAll 2018 papers 





View all





Geography Grade 10 P1 National November 2018 QP (Afr)
Grade 10 Geography Paper 1 question paper from the National November Exam 2018 (Afrikaans), 16 pages. Read online or download the free PDF.
Geography · Grade 10 · National November Exam · 2018 · Afrikaans. Question paper, 16 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Geography
- Grade
- Grade 10
- Language
- Afrikaans
- Document type
- Question paper
- Year
- 2018
- Exam period
- National November Exam
- Paper
- 1
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 16
- File size
- 457.1 KB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 16
This exam
National November Exam 2018
Document textSearch extracted text and jump to a page.
2 GEOGRAFIE V1 (EC/NOVEMBER 2018)
INSTRUKSIES EN INLIGTING
1. Hierdie vraestel bestaan uit VIER vrae.
2. Beantwoord ENIGE DRIE vrae van 75 punte elk.
3. Alle diagramme is in die ADDENDUM ingesluit.
4. Los ʼn lyn oop tussen onderafdelings van vrae wat beantwoord word.
5. Begin ELKE vraag op ʼn NUWE bladsy.
6. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel in hierdie
vraestel.
7. Nommer die antwoorde in die middel van die lyn.
8. Moenie in die kantlyn van die ANTWOORDEBOEK skryf nie.
9. Teken volledige diagramme waar daar gevra word om dit te doen.
10. Beantwoord in VOLSINNE, behalwe waar jy moet noem, identifiseer of lys.
11. Skryf netjies en leesbaar.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/NOVEMBER 2018) GEOGRAFIE V1 3
AFDELING A: DIE ATMOSFEER EN GEOMORFOLOGIE
Beantwoord ten minste EEN vraag uit hierdie afdeling. As jy EEN vraag in
AFDELING A beantwoord, MOET jy TWEE vrae in AFDELING B beantwoord.
VRAAG 1
1.1 Bestudeer die volgende weerstasiemodel van Butterworth, FIGUUR 1.1 en
beantwoord die onderstaande vrae.
FIGUUR 1.1
Gebruik die weerstasiemodel om die aanbiedingsteks vir die program vir
televisieweer-aanbieders te skryf. In jou teks noem die volgende weer-
eienskappe:
1.1.1 Doupunttemperatuur
1.1.2 Lugtemperatuur
1.1.3 Wolkdekking
1.1.4 Windrigting
1.1.5 Windspoed in knope
1.1.6 Neerslag
1.1.7 Is die temperatuur versadig of onversadig met waterdamp?
(7 x 1) (7)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
4 GEOGRAFIE V1 (EC/NOVEMBER 2018)
1.2 Pas die terme in KOLOM B by die beskrywings in KOLOM A. Skryf slegs
die korrekte letter (A–I) langs die ooreenstemmende vraagnommer
(1.2.1–1.2.8) in jou ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 1.2.8 K.
KOLOM A KOLOM B
1.2.1 Die studie van die Aarde se fisiese A Sedimente
kenmerke en die prosesse wat
hulle gevorm het
1.2.2 Groot krake wat ontstaan as gevolg B Kors
van deurlopende spanning en
drukkragte
1.2.3 Soliede buitenste laag van die C Fossiel
Aarde, 5–70 km dik
1.2.4 Stukke rots, klei en ander stowwe D Geomorfologie
uit geërodeerde rotse wat op die
bodem van 'n meer of see ophoop
1.2.5 Die oorblyfsels van dooie plante of E Verskuiwing
diere wat in rots bewaar is
1.2.6 ʼn Buiging van rotse in plooie as F Mantel
gevolg van sterk kompressiekragte
van binne
1.2.7 Die laag gesmelte materiaal G Kwartsiet
rondom die Aarde se kern
1.2.8 ʼn Metamorfiese gesteente wat uit H Plooiing
sandsteen gevorm word, wat veral
bestand teen erosie is
I Batoliet
(8 x 1) (8)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/NOVEMBER 2018) GEOGRAFIE V1 5
1.3 Verwys na FIGUUR 1.3 wat osoon-uitputting aantoon.
1.3.1 Definieer die term osoon-uitputting. (1 x 1) (1)
1.3.2 In watter laag van die atmosfeer is osoon gekonsentreerd? (1 x 1) (1)
1.3.3 Waarvoor staan die akroniem CFC? (1 x 1) (1)
1.3.4 Identifiseer DRIE oorsake van osoon-uitputting in FIGUUR 1.3.
(3 x 1) (3)
1.3.5 Beskryf EEN manier hoe die uitputting van die osoonlaag mense
sal affekteer. (1 x 2) (2)
1.3.6 In ʼn paragraaf van ongeveer AGT reëls, bespreek volhoubare
strategieë (maniere) om osoon-uitputting te verminder. (4 x 2) (8)
1.4 Verwys na FIGUUR 1.4, wat ʼn wolktipe illustreer.
1.4.1 Benoem A en B op die diagram as onderskeidelik warm lug en koue
lug. (2 x 1) (2)
1.4.1 Identifiseer die tipe wolk in FIGUUR 1.4. (1 x 1) (1)
1.4.3 (a) Word hierdie wolktipe met sneeu of weerlig geassosieer?
(1 x 1) (1)
(b) Regverdig jou antwoord in VRAAG 1.4.3(a) deur TWEE redes
te verskaf. (2 x 2) (4)
1.4.4 Donderstorm is ʼn ander vorm van neerslag. Bespreek EEN
positiewe en TWEE negatiewe impakte van donderstorms op mense
en die omgewing. (3 x 2) (6)
1.5 Lees die uittreksel oor aardbewings in FIGUUR 1.5, noukeurig deur.
1.5.1 Verskaf ʼn geomorfologiese term vir die volgende:
(a) Die vibrasie in die aardkors as gevolg van skielike
bewegings van die kors langs ʼn verskuiwing.
(b) Die punt op die aardoppervlakte onmiddellik bo die fokus van
’n aardbewing. (2 x 1) (2)
1.5.2 Gee die grootte van hierdie aardbewing en die aantal mense wat
gesterf het. (2 x 1) (2)
1.5.3 Watter instrument word gebruik om die grootte van ʼn aardbewing te
meet? (1 x 1) (1)
1.5.4 Verduidelik waarom die meeste aardbewings langs plaatgrense
voorkom. (1 x 2) (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
6 GEOGRAFIE V1 (EC/NOVEMBER 2018)
1.5.5 Beskryf kortliks die negatiewe resultate of skade wat deur die
aardbewing in Kashmir, veroorsaak is. (2 x 2) (4)
1.5.6 Bespreek waarom minder ontwikkelde lande nie in staat is om
aardbewings te hanteer as meer ontwikkelde lande nie. (2 x 2) (4)
1.6 Verwys na FIGUUR 1.6 wat die struktuur van die aarde aantoon.
1.6.1 Noem die lae wat X, Y en Z genommer is. (3 x 1) (3)
1.6.2 Kopieer die tabel hieronder en vul die volgende dikte in vir elke laag
om dit te voltooi. 1 200 km, 5 tot 90 km en 1 200 km.
LAAG DIKTE
X
Y
Z
(3 x 1) (3)
1.6.3 Is daar ʼn vermindering of vermeerdering van temperatuur soos jy
vanaf laag Y na laag Z beweeg? (1 x 1) (1)
1.6.4 Laag Z bestaan uit TWEE lae. Noem hierdie TWEE lae. (2 x 1) (2)
1.6.5 Verduidelik hoe laag X vulkaniese aktiwiteit tot gevolg het. (1 x 2) (2)
1.6.6 Beskryf TWEE maniere waarop die laag gemerk Z belangrik vir die
mens is. (2 x 2) (4)
[75]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/NOVEMBER 2018) GEOGRAFIE V1 7
VRAAG 2
2.1 Verskeie opsies word as antwoorde op die volgende vrae gegee. Kies die
korrekte antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommer
(2.1.1–2.1.8) in die ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 2.1.9 D.
2.1.1 Watter van die volgende is nie ʼn kweekhuisgas nie?
A Metaan
B CFK
C Koolstofdioksied
D Suurstof
2.1.2 Inkomende son-radiasie word, … genoem.
A konveksie
B insolasie
C refleksie
D geleiding
2.1.3 Die warm seestroom wat langs die ooskus van Suid-Afrika
aangetref word, is die … -seestroom.
A Indiese
B Benguela
C Mosambiek
D Kuroshio
2.1.4 Wolke van groot vertikale uitbreiding is ... -wolke.
A cumulo-stratus
B cumulo-nimbus
C cirrus
D strato-cumulus
2.1.5 Lyne wat plekke met dieselfde druk verbind.
A Isoterme
B Isobare
C Lengtelyne
D Breedtelyne
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
8 GEOGRAFIE V1 (EC/NOVEMBER 2018)
2.1.6 Die lag in die atmosfeer waar daar ʼn inversie van temperatuur
verhoging voorkom, is die …
A troposfeer en termosfeer.
B mesosfeer en stratosfeer.
C stratosfeer en termosfeer.
D troposfeer en mesosfeer.
2.1.7 Konveksiereën is die tipe reënval wat oor die algemeen in die …
provinsie, in die somer voorkom.
A Vrystaat
B Wes-Kaap
C Oos-Kaap
D Gauteng
2.1.8 Waterstof is vog in die atmosfeer, is sy … vorm (toestand).
A vloeibare
B gas
C soliede
D kondensasie (8 x 1) (8)
2.2 Verwys na FIGUUR 2.2 wat verskeie stollingsintrusies aantoon.
2.2.1 Noem die stollingsintrusies wat deur die letters A, B, C en D as ʼn
gang, plaat, batoliet en lakkoliet aangetoon word. (4)
2.2.2 Noem die proses wat verantwoordelik is vir die blootstelling van
intrusiewe stollingsverskynsels op die aardoppervlakte. (1)
2.2.3 Watter letter stel ʼn vulkaniese pyp voor? (1)
2.2.4 Noem EEN intrusiewe stollingsverskynsel wat met graniet
geassosieer word. (1)
2.3 Verwys na FIGUUR 2.3 wat ʼn reënvaltipe illustreer.
2.3.1 Is die reënval wat deur FIGUUR 2.3 voorgestel word, konveksie
reënval of frontale reënval? (1 x 1) (1)
2.3.2 Verskaf die naam van die grens tussen warm lug en koue lug.
(1 x 1) (1)
2.3.3 Identifiseer warm lug en koue lug in FIGUUR 2.3 as dalende of
stygende lug onderskeidelik. (2 x 1) (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/NOVEMBER 2018) GEOGRAFIE V1 9
2.3.4 (a) Sal wolke by X of Y heelwaarskynlik vorm? (1 x 1) (1)
(b) Regverdig jou antwoord in VRAAG 2.3.4 (a) deur EEN bewys
te verskaf. (1 x 2) (2)
2.3.5 In ʼn paragraaf van ongeveer AGT reëls, bespreek die positiewe en
negatiewe impak van die reënvaltipe genoem in VRAAG 2.3.1 in
die Wes-Kaap provinsie. (4 x 2) (8)
2.4 Lees die gevallestudie in FIGUUR 2.4 noukeurig deur, wat handel oor die
droogte in Ethiopië as gevolg van klimaatsverandering.
2.4.1 Definieer die term droogte. (1 x 1) (1)
2.4.2 Noem TWEE menslike oorsake van droogtes uit die gevallestudie.
(2 x 1) (2)
2.4.3 Verskaf TWEE gevolge van die droogte op die mense van Ethiopië.
(2 x 2) (4)
2.4.4 Droogte is ʼn bedreiging vir die omgewing. Bespreek TWEE bewyse
uit die gevallestudie om hierdie stelling te ondersteun. (2 x 2) (4)
2.4.5 Beskryf TWEE volhoubare strategieë wat in plek gestel kan word om
droogte te bestuur. (2 x 2) (4)
2.5 Bestudeer die uittreksel in FIGUUR 2.5 oor ʼn tsoenami.
2.5.1 Onderskei tussen ʼn tsoenami en ʼn aardbewing. (2 x 1) (2)
2.5.2 Noem TWEE lande, buiten Suid-Afrika, wat deur hierdie tsoenami
geraak is. (2 x 1) (2)
2.5.3 Gee die totale getal mense wat in Suid-Afrika gesterf het. (1 x 1) (1)
2.5.4 Verduidelik hoekom Suid-Afrika minder sterftes gehad het in
vergelyking met ander lande wat deur hierdie tsoenami geraak is.
(1 x 2) (2)
2.5.5 Bespreek die belangrikste gevare (bedreigings) vir die oorlewendes
van die tsoenami in Sumatra. (2 x 2) (4)
2.5.6 Stel TWEE metodes voor wat in hierdie lande gebruik kan word om
die impak van ʼn tsoenami te verminder. (2 x 2) (4)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
10 GEOGRAFIE V1 (EC/NOVEMBER 2018)
2.6 Verwys na FIGUUR 2.6, wat Laurasië en Gondwanaland 200 miljoen jaar
gelede illustreer.
2.6.1 Al die vastelande en aangrensende watermassas word in tektoniese
plate verdeel. Wat is ʼn plaattektoniek? (1 x 1) (1)
2.6.2 Watter teorie word in FIGUUR 2.6 geïllustreer? (1 x 1) (1)
2.6.3 Watter vasteland in Gondwanaland is deel van beide die suidelike
en noordelike halfrond? (1 x 1) (1)
2.6.4 (a) Noem TWEE kontinente wat Laurasië gevorm het. (2 x 1) (2)
(b) Noem DRIE kontinente wat Gondwanaland gevorm het.
(3 x 1) (3)
2.6.5 Wat was die naam van die enkele vasteland wat voor Laurasië en
Gondwanaland bestaan het? (1 x 1) (1)
2.6.6 Verskaf DRIE bewyse wat daarop dui dat kontinente voorheen almal
ʼn enkele landmassa was. (3 x 2) (6)
[75]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/NOVEMBER 2018) GEOGRAFIE V1 11
AFDELING B: BEVOLKING EN WATERHULPBRONNE
Beantwoord ten minste EEN vraag uit hierdie afdeling. As jy EEN vraag in AFDELING B
beantwoord, MOET jy TWEE vrae in AFDELING A beantwoord.
VRAAG 3
3.1 Kies die korrekte woord(e) tussen hakies om die stelling waar te maak. Skryf SLEGS
die woord(e) langs die vraagnommer (3.1.1–3.1.7) in jou ANTWOORDEBOEK neer.
3.1.1 (Waterverspreiding / Reënvalverspreiding) is die verspreiding van reënval oor
ʼn gebied.
3.1.2 Die proses waar vloeistof in ys verander, is (vries / smelt).
3.1.3 (Ontsouting / Sublimasie) is die proses om soutwater na vars water te
verander.
3.1.4 Die proses van wateropname deur plante, die oordrag van die water deur die
plant en vrystelling na die atmosfeer is (transpirasie / verdamping).
3.1.5 (Infiltrasie / Afloop) is die proses waar water in die grond insypel.
3.1.6 Die meeste neerslag gebeur oor die (riviere / oseane).
3.1.7 (Mariene-besoedeling / Grondbesoedeling) is die besoedeling van die
oseane. (7 x 1) (7)
3.2 Pas die term / konsep in KOLOM A by die korrekte toepaslike beskrywings in
KOLOM B. Skryf slegs die korrekte letter (A–I) langs die ooreenstemmende nommer
in jou ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 3.2.9 K.
KOLOM A KOLOM B
3.2.1 Geboortekoers A Die manier waarop mense oor ʼn gebied
versprei word
3.2.2 Bevolkingsdigtheid B Die aantal sterftes per 1 000 van die
bevolking per jaar
3.2.3 Sterftekoers C Aantal kinders wat sterf voordat hulle
ouderdom 5 bereik
3.2.4 Lewensverwagting D Die aantal babas gebore per 1 000 van die
bevolking per jaar
3.2.5 Kindersterftesyfer E Die aantal mense per vierkante km
3.2.6 Groeikoers F ʼn Persoon wat na 'n vreemde land beweeg
3.2.7 Bevolkingsverspreiding G Bereken deur die verskil tussen
geboortesyfer en sterftesyfer te bepaal
3.2.8 Vrugbaarheidskoers H Gemiddelde aantal jare wat 'n mens kan
verwag om te lewe
I Gemiddelde aantal kinders per vrou
(8 x 1) (8)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
12 GEOGRAFIE V1 (EC/NOVEMBER 2018)
3.3 Bestudeer die artikel in FIGUUR 3.3 oor die bevolking van Suid-Afrika.
3.3.1 Definieer die term bevolking. (1 x 1) (1)
3.3.2 Wat was Suid-Afrika se bevolking in 2001 en 2015
onderskeidelik? (2 x 1) (2)
3.3.3 Noem die provinsie met die laagste bevolking en die aantal mense
wat in hierdie provinsie woon. (2 x 1) (2)
3.3.4 Lewer kommentaar op die neiging van 2001 tot 2016 in die artikel
aangaande die bevolking van Suid-Afrika. (1 x 2) (2)
3.3.5 Bespreek TWEE negatiewe impakte wat die verhoogde
bevolkingsgroei op natuurlike hulpbronne van die land getoon het.
(2 x 2) (4)
3.3.6 Stel enige TWEE strategieë voor wat ingestel kan word om
bevolkingsgroei in Suid-Afrika te bestuur. (2 x 2) (4)
3.4 Verwys na FIGUUR 3.4 wat die MIV/Vigs infeksiekoers per provinsie
illustreer.
3.4.1 Skryf die akroniem Vigs volledig uit. (1 x 1) (1)
3.4.2 Noem TWEE simptome wat ervaar kan word deur mense wat
MIV/Vigs opgedoen het. (2 x 1) (2)
3.4.3 Lys provinsies met die hoogste en laagste infeksiekoers
onderskeidelik. (2 x 1) (2)
3.4.4 Suid-Afrika is een van die lande met die hoogste MIV/Vigs
infeksiekoers. Verduidelik EEN faktor wat tot hoë infeksiekoers in
ʼn land soos Suid-Afrika bydra. (1 x 2) (2)
3.4.5 Stel TWEE maniere voor waarop MIV van een persoon na ʼn ander
oorgedra word. (2 x 2) (4)
3.4.6 Stel die beste strategieë voor om die vernedering (skaamte) te
verminder wat mense met MIV/Vigs ervaar. (2 x 2) (4)
3.5 Bestudeer FIGUUR 3.5 noukeurig, wat inter-bekkenverplasing van water
illustreer.
3.5.1 Verduidelik wat met waterverplasing bedoel word. (1 x 1) (1)
3.5.2 Noem EEN munisipaliteit en die provinsie wat by hierdie
waterverplasing baat. (2 x 1) (2)
3.5.3 Gee TWEE aktiwiteite waarvoor water in hierdie munisipaliteite
gebruik word. (2 x 1) (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/NOVEMBER 2018) GEOGRAFIE V1 13
3.5.4 Verduidelik hoe water vanaf die Groot Vis-rivierkom na die Sondags
rivierkom oorgedra word. (2 x 2) (4)
3.5.5 Daar is ʼn toename in vraag na water in Suid-Afrika, maar die
verskaffing van bruikbare water neem af.
Bespreek DRIE menslike en fisiese faktore wat die beskikbaarheid
van water in Suid-Afrika beïnvloed. (3 x 2) (6)
3.6 Verwys na FIGUUR 3.6 en beantwoord die vrae wat volg.
3.6.1 Gee die geskikte term wat elektrisiteit wat uit water gegenereer
word, beskryf. (1 x 1) (1)
3.6.2 Is water ʼn hernubare of nie-hernubare hulpbron? (1 x 1) (1)
3.6.3 Waaarvoor word water in FIGUUR 3.6 gebruik? (1 x 1) (1)
3.6.4 Verskaf TWEE ander voorbeelde van hoe landelike gemeenskappe
hul waterhulpbronne gebruik, uitgesonderd die een wat in
FIGUUR 3.6 geïllustreer word. (2 x 1) (2)
3.6.5 Verduidelik kortliks hoe grondwater tot die beskikbaarheid van
water in Suid-Afrika bydra. (1 x 2) (2)
3.6.6 In ʼn paragraaf van ongeveer AGT reëls, stel voor hoe individue
volhoubaar water in die huis, in die tuin en in die gemeenskap, kan
bespaar. (4 x 2) (8)
[75]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
14 GEOGRAFIE V1 (EC/NOVEMBER 2018)
VRAAG 4
4.1 Kies die korrekte antwoord uit die lys hieronder wat met die stellings
(4.1.1–4.1.7) ooreenstem. Skryf slegs die korrekte woord langs elke
vraagnommer neer. byvoorbeeld 4.1.8 piramide.
Immigrasie; emigrasie; vrywillige migrasie; stootfaktor; trekfaktor,
vlugtelinge; xenofobie
4.1.1 Dit moedig mense aan om uit ʼn van spesifieke gebied te beweeg.
4.1.2 Die vrywillige beweging van mense vanaf een plek na ʼn ander.
4.1.3 Wanneer mense na ʼn nuwe land beweeg.
4.1.4 Mense verlaat hul huise en vlug na 'n ander land uit vrees vir hul
lewens.
4.1.5 Onredelike vrees, wantroue en haat teenoor buitelanders.
4.1.6 Wanneer mense uit 'n land beweeg.
4.1.7 Dit lok mense na ʼn gebied. (7 x 1) (7)
4.2 Beskryf die hidrologiese siklus deur die korrekte woord(e) tussen hakies in
die volgende paragraaf te kies. Skryf die vraagnommer (4.2.1–4.2.8) en die
korrekte woord langsaan.
Die meeste water verdamp uit 4.2.1 (oseane / riviere) om vogtige lug te
vorm. Vogtige lug word landwaarts gedruk, vanaf ʼn 4.2.2 (hoë druk / lae
druk) oor die see na ʼn 4.2.3 (hoë druk / lae druk) oor die land. Wanneer die
4.2.4 (droë / klam) lug opwaarts gedwing word, kondenseer dit en
4.2.5 (wolke / afloop) sal vorm. 4.2.6 (Neerslag / Perkolasie) vind plaas en
die water beland op die aardoppervlak. Water dreineer in riviere en dit word
4.2.7 (oppervlakafloop / basisvloei) genoem. Soos die water infiltreer, sal
die watertafel 4.2.8 (styg / daal). (8 x 1) (8)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/NOVEMBER 2018) GEOGRAFIE V1 15
4.3 Lees die gevallestudie in FIGUUR 4.3 noukeurig voordat jy die vrae wat
volg beantwoord.
4.3.1 Gee die geografiese term wat die beweging van die Tsitsa-familie,
van die een plek na die ander, die beste beskryf. (1 x 1) (1)
4.3.2 Kies die korrekte woord in verhouding tot die Tsitsa-familie se
hervestiging van Suid-Afrika na Engeland.
(a) Streek / Internasionaal
(b) Vrywillige / Gedwonge
(c) Permanent / Tydelik (3 x 1) (3)
4.3.3 Verduidelik waarom die Tsitsa-familie uit Suid-Afrika verhuis het.
(1 x 1) (1)
4.3.4 Bespreek TWEE trekfaktore wat die Tsitsa-familie na Engeland
aangetrek het. (2 x 2) (4)
4.3.5 Stel DRIE negatiewe impakte voor op die Tsitsa’s se plek van
herkoms (Suid-Afrika) as gevolg van vrywillige migrasie. (3 x 2) (6)
4.4 Lees die gevallestudie in FIGUUR 4.4 noukeurig deur voor jy die vrae wat
volg, beantwoord.
4.4.1 Definieer die demografiese oorgangsmodel. (1 x 1) (1)
4.4.2 Identifiseer die stadium waar die geboortesyfer hoog is en
sterftesyfers vinnig daal. (1 x 1) (1)
4.4.3 Dui die stadium aan waar beide die sterftesyfer en geboortesyfer
laag is. (1 x 1) (1)
4.4.4 Vergelyk die vlak van geboortesyfer en vlak van sterftesyfer in
stadium 1. (1 x 2) (2)
4.4.5 In stadium 2 begin die sterftesyfer vinnig daal. Stel TWEE redes
voor om te motiveer waarom dit die geval is. (2 x 2) (4)
4.4.6 In stadium 3 begin die geboortesyfervlakke te normaliseer namate
die bevolkingsgroeikoers daal. Bespreek DRIE faktore wat
geboortesyfers beïnvloed. (3 x 2) (6)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
16 GEOGRAFIE V1 (EC/NOVEMBER 2018)
4.5 Bestudeer FIGUUR 4.5 sorgvuldig.
4.5.1 Definieer die term oorbevissing. (1 x 1) (1)
4.5.2 Gee TWEE redes wat oorbevissing veroorsaak. (2 x 1) (2)
4.5.3 Verskaf TWEE negatiewe gevolge van oorbevissing op mense en
die omgewing. (2 x 2) (4)
4.5.4 ‘Die oseane is een van ons grootste hulpbronne vir die lewe.’
In ʼn paragraaf van ongeveer AGT reëls, bespreek die belangrikheid
van oseane in mense se lewens. (4 x 2) (8)
4.6 Lees die uittreksel in FIGUUR 4.6 noukeurig voordat jy die vrae wat volg,
beantwoord.
4.6.1 Noem die land wat deur oorstromings in die uittreksel, geraak word.
(1 x 1) (1)
4.6.2 Watter land is versoek om die geaffekteerde land te help? (1 x 1) (1)
4.6.3 Noem die organisasie wat na die oorstroomde gebied ontplooi is om
hulp aan mense te bied. (1 x 1) (1)
4.6.4 Verduidelik hoekom daar na die huise wat in FIGUUR 4.6
geïllustreer word, as ‘informeel’ verwys word. (1 x 2) (2)
4.6.5 Verskaf TWEE voorbeelde van swak infrastruktuur wat gelei het tot
ontoeganklikheid in die gebied wat deur oorstromings geraak word.
(2 x 2) (4)
4.6.6 Stel DRIE strategieë voor om die impak van oorstromings in die
informele nedersetting te verminder. (3 x 2) (6)
[75]
GROOTTOTAAL: 225
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Study this subject
Recommended for this subject

Question paper
Geography Grade 10 P2 National November 2018 QP (Afr)

Question paper
Geography Grade 10 P1 Eastern Cape November 2018 QP (Afr)

Question paper
Geography Grade 10 P1 National November 2017 QP (Afr)

Memorandum
Geography Grade 10 P2 National November 2018 Memo (Afr)

Addendum
Geography Grade 10 P1 Eastern Cape November 2018 Addendum

Memorandum
Geography Grade 10 P1 Eastern Cape November 2018 Memo (Afr)
More from Grade 10 Geography

Study guide
Gr10 Geografie OG studyguide LR

Annual teaching plan
Gr 10 Geo ATP 2023 24

Question paper and memo
Geography Grade 10 Free State March Test 2025 Paper & Memo

Question paper and memo
Geography Grade 10 Paper 1 Limpopo June 2025 Paper & Memo

Question paper and memo
Geography Grade 10 Eastern Cape June 2024 Paper & Memo

Addendum