NASIONALE
SENIOR SERTIFIKAAT
GRAAD 10
NOVEMBER 2017
GEOGRAFIE V1
PUNTE: 225
TYD: 3 uur
Hierdie vraestel bestaan uit 14 bladsye en ʼn addendum van 12 bladsye.
Skip to contentQuestion paper %20Controlled%20Test%201%202023%20Question%20Paper_hlayiso.com_--be6b0a83-b9b6-44b9-9dd9-0237f6b2d508/v1-3e86853ffd0dc58be049/card.webp)
%20Controlled%20Test%201%202023%20Question%20Paper--62da371e-4b2c-4caf-a6eb-98d7f3829d49/v1-2427cad7f7979dd1f94e/card.webp)










View all





Geography Grade 10 P1 National November 2017 Question Paper (Afr)
Grade 10 Geography Paper 1 question paper from the National November Exam 2017 (Afrikaans), 16 pages. Read online or get the free PDF download, memo linked when available.
Geography · Grade 10 · National November Exam · 2017 · Afrikaans. Question paper, 16 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Geography
- Grade
- Grade 10
- Language
- Afrikaans
- Document type
- Question paper
- Year
- 2017
- Exam period
- National November Exam
- Paper
- 1
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 16
- File size
- 305.1 KB
Loading document…
Loading document…
1 of 16
Document textSearch extracted text and jump to a page.
2 GEOGRAFIE V1 (EC/NOVEMBER 2017)
INSTRUKSIES EN INLIGTING
1. Hierdie vraestel bestaan uit VIER vrae.
2. Beantwoord enige DRIE vrae van 75 punte elk.
3. Alle diagramme is in die BYLAE ingesluit.
4. Nommer die vrae korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie vraestel
gebruik word.
5. Los ʼn lyn oop tussen onderafdelings van vrae wat beantwoord word.
6. Begin ELKE vraag op ʼn NUWE bladsy.
7. Moet NIE in die kantlyn van die ANTWOORDEBOEK skryf NIE.
8. Illustreer jou antwoorde met geannoteerde diagramme, waar moontlik.
9. Die puntetoekenning is soos volg: (2 x 1)(2) beteken dat TWEE feite vir EEN
punt elk verwag word.
(2 x 2)(4) beteken dat TWEE feite vir
TWEE punte elk verwag word.
10. As woorde/aksie werkwoorde soos noem, identifiseer, verskaf, klassifiseer in
ʼn vraag gebruik word, is EENWOORD antwoorde aanvaarbaar.
As woorde/aksie werkwoorde soos bespreek, definieer, verduidelik, lewer
kommentaar, evalueer, regverdig, stel voor en staaf in ʼn vraag gebruik word,
word volsinne of frases verwag.
Alle paragraaf vrae moet in VOLSINNE beantwoord word.
11. Skryf netjies en leesbaar.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/NOVEMBER 2017) GEOGRAFIE V1 3
AFDELING A: KLIMAAT, WEER EN GEOMORFOLOGIE
Beantwoord ten minste EEN vraag in hierdie afdeling. Indien jy EEN vraag in
AFDELING A beantwoord, moet jy TWEE vrae in AFDELING B beantwoord.
VRAAG 1
1.1 Verwys na FIGUUR 1.1 wat die struktuur van die atmosfeer aantoon en
beantwoord die vrae wat volg.
1.1.1 Benoem lae A, B en C.
1.1.2 Noem EEN permanente gas wat in laag A voorkom.
1.1.3 In watter laag word osoon aangetref?
1.1.4 Laag B begin by ongeveer 16 km bokant die aardoppervlakte.
Tot watter hoogte strek hierdie laag?
1.1.5 Noem die grens wat die troposfeer vanaf die stratosfeer skei. (7 x 1) (7)
1.2 Kies ʼn term uit KOLOM B wat by die beskrywing in KOLOM A pas. Skryf
SLEGS die letter (A–I) langs die vraagnommer (1.2.1–1.2.8) in jou
ANTWOORDEBOEK neer. Jy moet elke letter slegs EEN KEER gebruik.
KOLOM A KOLOM B
1.2.1 Die punt in die aardkors waar ʼn A Opening
aardbewing begin
B Tsunami
1.2.2 Gewelddadige skud van die aarde se kors
wat deur ʼn verskuiwing veroorsaak word C Seismograaf
D Seismogram
1.2.3 Die studie van die aarde se fisiese
verskynsels en die prosesse wat dit vorm
E Magma
1.2.4 Vloeibare gesteentes wat op die F Lawa
aardoppervlakte vloei
G Geomorfologie
1.2.5 Vloeibare gesteentes binne die aardkors
H Aardbewing
1.2.6 Die illustrasie van die seismiese
golfpatroon wat deur ʼn aardbewing I Fokus
veroorsaak word
1.2.7 ʼn Watergolf wat deur ʼn aardbewing onder
die oseaan veroorsaak word
1.2.8 Pyp wat deur ʼn vulkaniese koepel na die
oppervlak lei
(8 x 1) (8)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
4 GEOGRAFIE V1 (EC/NOVEMBER 2017)
1.3 Bestudeer FIGUUR 1.3 wat aardverwarming uitbeeld en beantwoord die vrae
wat volg.
1.3.1 Wat is aardverwarming? (1 x 1) (1)
1.3.2 Identifiseer DRIE oorsake van aardverwarming wat deur FIGUUR 1.3
uitgebeeld word. (3 x 1) (3)
1.3.3 Noem EEN gas, wat nie in die diagram ingesluit is nie, wat
aardverwarming kan veroorsaak. (1 x 1) (1)
1.3.4 Bespreek TWEE gevolge van aardverwarming. (2 x 2) (4)
1.3.5 Stel ENIGE DRIE strategieë voor wat deur mense gebruik kan word om
aardverwarming te verminder. (3 x 2) (6)
1.4 Bestudeer FIGUUR 1.4 wat ʼn tipe reënval illustreer en beantwoord die vrae wat
volg.
1.4.1 Watter tipe reënval word deur FIGUUR 1.4 uitgebeeld? (1 x 1) (1)
1.4.2 In watter provinsie in Suid-Afrika is die tipe reënval in FIGUUR 1.4
algemeen? (1 x 1) (1)
1.4.3 Word die lykant by A of C in die diagram aangetref? (1 x 1) (1)
1.4.4 Reënval kom oor die algemeen by kant A van die berg voor.
Regverdig hierdie stelling. (1 x 2) (2)
1.4.5 Verduidelik waarom die temperatuur styg soos jy vanaf B na C, afwaarts
beweeg. (1 x 2) (2)
1.4.6 In ʼn paragraaf van ongeveer AGT reëls, bespreek hoe hierdie reënval in
FIGUUR 1.4 gevorm word. (4 x 2) (8)
1.5 Verwys na FIGUUR 1.5 wat die gesteentesiklus uitbeeld en beantwoord die vrae
wat volg.
1.5.1 Definieer die gesteentesiklus. (1 x 1) (1)
1.5.2 Verskaf die korrekte name van die gesteentes gemerk A, B en C.
(3 x 1) (3)
1.5.3 Watter gesteente wat in VRAAG 1.5.2 genoem word, is die oudste?
(1 x 1) (1)
1.5.4 Beskryf hoe die volgende sedimentêre gesteentes ontstaan het en
verskaf ook EEN voorbeeld van elk:
(a) Meganiese sedimentêre gesteentes (2 + 1) (3)
(b) Organiese sedimentêre gesteentes (2 + 1) (3)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/NOVEMBER 2017) GEOGRAFIE V1 5
1.5.5 Meld of die volgende gesteentes as metamorfiese-, sedimentêre- of
stollingsgesteentes geklassifiseer word.
(a) Doleriet (1)
(b) Skalie (1)
(c) Gneiss (1)
(d) Dolomiet (1)
1.6 Verwys na FIGUUR 1.6 wat sewe grense van die vernaamste plate illustreer en
beantwoord die en beantwoord die vrae wat daarop gebaseer is.
1.6.1 Benoem die plaat waarop Australië aangetref word. (1 x 1) (1)
1.6.2 Wat was die naam van die eerste super kontinent wat voorheen bestaan
het? (1 x 1) (1)
1.6.3 Verskaf die naam van die wetenskaplike wat die beweging van die aarde
se kors voorgestel het. (1 x 1) (1)
1.6.4 Verduidelik wat met plate by konvergerende plaatgrense gebeur. (1 x 2) (2)
1.6.5 Teken ʼn eenvoudige skets diagram wat ʼn passiewe plaatgrens aantoon.
(2 x 2) (4)
1.6.6 Die teorie van kontinentale drywing het voorgestel dat kontinente
ongeveer 200 miljoen jaar gelede aanmekaar geheg was.
Bespreek DRIE bewyse wat bevestig dat kontinente voorheen
aanmekaar geheg was. (3 x 2) (6)
[75]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
6 GEOGRAFIE V1 (EC/NOVEMBER 2017)
VRAAG 2
2.1 Verwys na FIGUUR 2.1 wat verskillende tipes plooiings uitbeeld.
Pas die volgende stellings/beskrywings by die korrekte etiket vanaf die diagram.
2.1.1 ʼn Afplooi
2.1.2 ʼn Opplooi
2.1.3 Die kant van óf ʼn opplooi of ʼn afplooi
2.1.4 ʼn Plooi waar die een kant steiler as die ander kant is
2.1.5 ʼn Plooi waar die een kant oor die boonste gedeelte van die ander kant
gestoot word
2.1.6 ʼn Plooi waar die een kant oor die boonste gedeelte langs ʼn verskuiwing
gestoot word (6 x 1) (6)
2.2 Die krag wat plooiing veroorsaak staan bekend as (kompressie/spanning) krag.
(1 x 1) (1)
2.3 Kies ʼn term uit KOLOM B wat by die beskrywing in KOLOM A pas. Skryf SLEGS
die letter (A–I) langs die vraagnommer (2.3.1–2.3.8) in jou ANTWOORDEBOEK
neer. Jy moet elke letter slegs EEN KEER gebruik.
KOLOM A KOLOM B
2.3.1 Die kategorie van gasse wat in verskillende A Konveksie reën
hoeveelhede op verskillende tye voorkom
B Insolasie
2.3.2 Lyne wat alle plekke met dieselfde lugdruk
verbind C Frontale reën
2.3.3 Die verandering vanaf gas na solied D Isoterme
2.3.4 Hierdie gas beslaan 78% van gasse in die E Stikstof
atmosfeer
F Kristallisering
2.3.5 Lyne wat alle plekke met dieselfde temperatuur
verbind G Veranderende
gasse
2.3.6 Die tipe reënval wat gewoonlik in Kaapstad
voorkom H Suurstof
2.3.7 Die tipe reënval wat gewoonlik in Gauteng I Isobare
voorkom
2.3.8 Die totale hoeveelheid energie vanaf die son
(8 x 1) (8)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/NOVEMBER 2017) GEOGRAFIE V1 7
2.4 Verwys na FIGUUR 2.4 wat ʼn sinoptiese weerkaart aandui en beantwoord die
vrae daarop.
2.4.1 Benoem die onderskeie druksisteme A en C as óf ʼn laagdruk óf ʼn
hoogdruk. (2 x 1) (2)
2.4.2 Verskaf die naam van die druksel wat as B gemerk is. (1 x 1) (1)
2.4.3 (a) Stel die sinoptiese weerkaart in FIGUUR 2.4, klassieke winter of
somer toestande voor? (1 x 1) (1)
(b) Regverdig jou antwoord in VRAAG 2.4.3(a) deur TWEE bewyse
te verskaf. (2 x 2) (4)
2.4.4 Area D ervaar sterker winde as area E.
Omskryf EEN bewys sigbaar op die sinoptiese weerkaart in FIGUUR 2.4
om hierdie stelling te ondersteun. (1 x 2) (2)
2.4.5 Verwys na stasiemodel F en identifiseer die volgende weerpatrone:
(a) Neerslag (2)
(b) Wolkdekking (2)
(c) Windspoed in knope (2)
2.5 FIGUUR 2.5(X) toon die manier hoe die sonstrale die aardoppervlakte tref en
FIGUUR 2.5(Y) wys die ligging van Saldanha en Durban.
2.5.1 Noem EEN faktor in FIGUUR 2.5(X) en FIGUUR 2.5(Y) onderskeidelik
wat temperatuurverspreiding affekteer. (2 x 1) (2)
2.5.2 Verskaf enige ander faktor nie aangetoon in FIGUUR 2.5 wat
temperatuur beïnvloed. (1 x 1) (1)
2.5.3 (a) Sal die temperature in FIGUUR 2.5(X) hoër by area A of area B
wees? (1 x 1) (1)
(b) Verskaf TWEE redes om jou antwoord in VRAAG 2.5.3(a) te
ondersteun. (2 x 2) (4)
2.5.4 Saldanha kom voor aan die westelike kus en Durban aan die oostelike
kus dele van Suid-Afrika, met dieselfde benaderde breedteligging en
ervaar verskillende weerstoestande.
Bespreek waarom Durban hoër temperature, meer reënval en meer
vogtigheid as Saldanha ervaar. (3 x 2) (6)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
8 GEOGRAFIE V1 (EC/NOVEMBER 2017)
2.6 Bestudeer die skets in FIGUUR 2.6, wat die interne struktuur van die aarde
aantoon en beantwoord die vrae daarop.
2.6.1 Identifiseer die lae wat deur die letters A, B, C en D aangetoon word.
(4 x 1) (4)
2.6.2 Identifiseer die laag wat vir menslike lewe geskik is. (1 x 1) (1)
2.6.3 Laag B is warmer as laag A.
Verskaf ʼn rede hiervoor. (1 x 2) (2)
2.6.4 Verduidelik hoe laag C vanaf laag D verskil. (2 x 2) (4)
2.6.5 Onderskei tussen die kontinentale kors en die oseaniese kors. (2 x 2) (4)
2.7 Verwys na FIGUUR 2.7, wat ʼn saamgestelde vulkaan illustreer en beantwoord
die vrae daarop.
2.7.1 Definieer die term aktiewe vulkaan. (1 x 1) (1)
2.7.2 Onderskei tussen magma en lawa. (2 x 1) (2)
2.7.3 Vulkaniese as is ʼn gevaar vir mense.
Ondersteun hierdie stelling. (1 x 2) (2)
2.7.4 Verduidelik hoe die vulkaniese uitbarsting gevaarlik vir vliegtuie kan
wees. (1 x 2) (2)
2.7.5 In ʼn paragraaf van ongeveer AGT reëls, bespreek die positiewe en
negatiewe gevolge van vulkaniese uitbarstings op mense en die
omgewing. (4 x 2) (8)
[75]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/NOVEMBER 2017) GEOGRAFIE V1 9
AFDELING B: BEVOLKING EN WATERMASSAS
Beantwoord ten minste EEN vraag in hierdie afdeling. Indien jy EEN vraag in
AFDELING B beantwoord moet jy TWEE vrae in AFDELING A beantwoord.
VRAAG 3
3.1 Pas die bevolkingsaanwysers in KOLOM B by ʼn beskrywing in KOLOM A. Skryf
SLEGS die letter (A–I) langs die vraagnommer (3.1.1–3.1.8) in jou
ANTWOORDEBOEK neer. Jy moet elke letter slegs EEN KEER gebruik.
KOLOM A KOLOM B
3.1.1 Die aantal gebore babas per 1000 van ʼn A Persentasie van die
bevolking per jaar stedelike bevolking
3.1.2 Die aantal sterftes per jaar per 1000 van ʼn B BBP per capita
bevolking
C Geletterdheid
3.1.3 Die gemiddelde aantal jare wat ʼn persoon
verwag om te leef
D Vrugbaarheidskoers
3.1.4 Die aantal sterftes van kinders onder een
jaar per 1 000 lewendige geboortes E Natuurlike toename
3.1.5 Die persentasie van die totale bevolking wat F Kindersterftesyfer
kan lees en skryf
G Lewensverwagting
3.1.6 Die tempo waarteen die land se bevolking
groei, uitsluitende migrasie in of uit die land H Sterftesyfer
3.1.7 Die gemiddelde aantal kinders wat ʼn
I Geboortesyfer
gemiddelde vrou sal voortbring as sy tot die
einde van haar vrugbare jare sou leef
3.1.8 Die persentasie van die totale bevolking wat
in dorpe en stede woon
(8 x 1) (8)
3.2 Verwys na FIGUUR 3.2 wat die verspreiding van die wêreld se water uitbeeld.
Gebruik die staafgrafiek en die geskikte persentasie soos voorsien in die boonste
regterkantste hoek om die volgende waterbronne met die gegewe persentasies
af te paar, bv. plante – 50%.
3.2.1 Oseane
3.2.2 Ysdekke
3.2.3 Riviere
3.2.4 Grondvog
3.2.5 Vleie
3.2.6 Grondwater
3.2.7 Atmosfeer (7 x 1) (7)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
10 GEOGRAFIE V1 (EC/NOVEMBER 2017)
3.3 Verwys na FIGUUR 3.3 wat ʼn tipe migrasie illustreer en beantwoord die vrae
daarop.
3.3.1 Klassifiseer QIMA WOONBUURT as ʼn landelike of stedelike gebied.
(1 x 1) (1)
3.3.2 Benoem die tipe migrasie wat in FIGUUR 3.3 plaasvind. (1 x 1) (1)
3.3.3 Verskaf die term wat die afname in landelike bevolking beskryf. (1 x 1) (1)
3.3.4 Noem TWEE stootfaktore wat veroorsaak dat mense hulle boeredorpies
soos QIMA verlaat, om in stede te gaan woon. (2 x 1) (2)
3.3.5 Stel EEN rede voor waarom die landelike gebiede hoofsaaklik met
bejaarde mense oorbly. (1 x 2) (2)
3.3.6 Bespreek TWEE probleme wat stede ervaar as gevolg van ʼn groot getal
mense wat daarheen verhuis. (2 x 2) (4)
3.3.7 Stel TWEE oplossings voor wat gebruik kan word om die aantal mense
wat landelike gebiede verlaat, te verminder. (2 x 2) (4)
3.4 Verwys na FIGUUR 3.4 wat verskillende lande met hul MIV/Vigs-infeksiekoers
aandui en beantwoord die vrae daarop.
3.4.1 Waarvoor staan die afkorting MIV? (1 x 1) (1)
3.4.2 Noem DRIE lande met hoë infeksiekoerse. (3 x 1) (3)
3.4.3 Identifiseer die land met die laagste infeksiekoers. (1 x 1) (1)
3.4.4 Verwys na Mosambiek se infeksiekoers.
(a) Stel EEN rede voor vir die neiging in Mosambiek se infeksiekoers.
(1 x 2) (2)
(b) Bespreek TWEE sosiale impakte van MIV/Vigs op Mosambiek se
bevolkingstruktuur. (2 x 2) (4)
3.4.5 Verduidelik TWEE metodes wat in plek gestel word om die wêreld se
MIV/Vigs infeksiekoers te verminder. (2 x 2) (4)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/NOVEMBER 2017) GEOGRAFIE V1 11
3.5 Verwys na FIGUUR 3.5 wat ʼn uittreksel met ʼn foto oor oorstromings in Kaapstad
illustreer en beantwoord die vrae daarop.
3.5.1 Definieer die term oorstroming. (1 x 1) (1)
3.5.2 Lys TWEE natuurlike oorsake van oorstromings. (2 x 1) (2)
3.5.3 Stel ʼn rede voor waarom die Kaapse Vlakte ʼn groot oorstromingsrisiko
inhou. (1 x 2) (2)
3.5.4 Verduidelik TWEE negatiewe effekte van oorstromings op die omgewing
mense van Kaapstad. (2 x 2) (4)
3.5.5 Stel DRIE strategieë voor wat geïmplementeer kan word om
oorstromings in die area te verminder. (3 x 2) (6)
3.6 Verwys na FIGUUR 3.6 wat oseaanbesoedeling aantoon en beantwoord die vrae
daarop.
3.6.1 Definieer die term oorbevissing. (1 x 1) (1)
3.6.2 Lys TWEE maniere uit FIGUUR 3.6 wat aandui hoe die oseaan besoedel
word. (2 x 1) (2)
3.6.3 Oseane is nuttig vir mense.
Noem TWEE maniere waarop mense die see gebruik. (2 x 1) (2)
3.6.4 Verduidelik kortliks hoe die industrieë ons oseane besoedel. (1 x 2) (2)
3.6.5 In ʼn paragraaf van ongeveer AGT reëls, bespreek die strategieë wat
geïmplementeer kan word om ons oseane te bestuur. (4 x 2) (8)
[75]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
12 GEOGRAFIE V1 (EC/NOVEMBER 2017)
VRAAG 4
4.1 Kies die korrekte woord(e) tussen hakies om die stelling waar te maak. Skryf
SLEGS die woord(e) langs die vraagnommer (4.1.1–4.1.8) in jou
ANTWOORDEBOEK neer.
4.1.1 Koolstofdioksied maak seewater (minder/meer) suuragtig.
4.1.2 Besoedeling van die oseaan staan bekend as (omgewings/mariene)
besoedeling.
4.1.3 Meer as die helfte van die suurstof op aarde word geproduseer deur
mikroskopiese plante in die oseane genoem (soöplankton/fitoplankton).
4.1.4 Die tipe seestrome wat in werking gestel word deur wind wat deur die
rotasie van die aarde geaffekteer word, is
(oppervlakstrome/diepwaterstrome)
4.1.5 (Ontsouting/Omgekeerde osmose) is ʼn proses om soutwater in vars
water te verander.
4.1.6 Die groot eskarp verdeel Suid-Afrika in (twee/vier) vername
dreineringbekkens.
4.1.7 (Kwota/Ontspanning) is ʼn beperking wat op ʼn aktiwiteit geplaas word om
te verseker dat dit nie uitgebuit word nie.
4.1.8 Die vloei van water oor land staan as (afloop/infiltrasie) bekend. (8 x 1) (8)
4.2 Kies ʼn term uit KOLOM B wat by die beskrywing in KOLOM A pas. Skryf SLEGS
die letter (A–I) langs die vraagnommer (4.2.1–4.2.7) in jou ANTWOORDEBOEK
neer. Jy moet elke letter slegs EEN KEER gebruik.
KOLOM A KOLOM B
4.2.1 Die beweging van mense weg vanaf hulle A Immigrasie
tuisland
B Antiretrovirale
4.2.2 Gedeeltes van die aarde wat geskik is vir
mense om in te lewe C Bevolkings-
piramide
4.2.3 Mense wat gedwing word om uit hul tuislande
te vlug om te oorleef D Xenofobie
4.2.4 Die studie van bevolkingstatistieke E Ekumene
4.2.5 ʼn Sterk afkeer vir mense vanaf ander lande F Vlugteling
4.2.6 ʼn Tipe grafiek wat ʼn land se bevolkingstruktuur
volgens geslag en ouderdom aantoon G Emigrasie
4.2.7 Medikasie wat mense wat MIV-positief is, help H Demografie
om gesond te bly
(7 x 1) (7)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/NOVEMBER 2017) GEOGRAFIE V1 13
4.3 Verwys na FIGUUR 4.3, wat ʼn bevolkingspiramide van Afghanistan (2015)
aandui en beantwoord die vrae daarop.
4.3.1 Gebruik die bevolkingspiramide om die volgende te bepaal:
(a) Aantal mans tussen 25 tot 29 jaar (1 x 1) (1)
(b) Aantal vroue tussen 45 tot 49 jaar (1 x 1) (1)
(c) Totale aantal mense tussen 0 tot 4 jaar (1 x 1) (1)
4.3.2 Identifiseer die ouderdomsgroep wat die grootste deel van die totale
bevolking uitmaak. (1 x 1) (1)
4.3.3 Sal jy Afghanistan as ʼn ontwikkelende of ontwikkelde land beskou?
(1 x 1) (1)
4.3.4 Verskaf EEN bewysstuk vanaf die piramide om jou antwoord in
VRAAG 4.3.3 te ondersteun. (1 x 2) (2)
4.3.5 In ʼn paragraaf van ongeveer AGT reëls beskryf die negatiewe effekte
van oorbevolking vir ʼn land soos Afganistan. (4 x 2) (8)
4.4 Lees die uittreksel in FIGUUR 4.4 (Xenofobiese aanvalle) sorgvuldig en
beantwoord die vrae daarop.
4.4.1 Definieer die volgende terme:
(a) Xenofobie (1 x 1) (1)
(b) Vlugteling (1 x 1) (1)
4.4.2 Noem Brian se geboorteland. (1 x 1) (1)
4.4.3 Verskaf TWEE redes, uit die uittreksel, waarom Brian sy geboorteland
verlaat het. (2 x 1) (2)
4.4.4 Verduidelik ʼn moontlike rede waarom Suid-Afrikaners nie van vlugtelinge
hou nie. (1 x 2) (2)
4.4.5 Bespreek TWEE positiewe impakte wat vlugtelinge op Suid-Afrika mag
het. (2 x 2) (4)
4.4.6 Stel TWEE strategieë voor wat deur die Suid-Afrikaanse regering
geïmplementeer kan word om vlugtelinge te ondersteun. (2 x 2) (4)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
14 GEOGRAFIE V1 (EC/NOVEMBER 2017)
4.5 Verwys na FIGUUR 4.5 wat ʼn hidrograaf aantoon en beantwoord die vrae
daarop.
4.5.1 Noem die TWEE tipes grafieke wat op hierdie hidrograaf aangetref word.
(2 x 1) (2)
4.5.2 Benoem X en Y op die grafiek as die dalende been en stygende been
onderskeidelik. (2 x 1) (2)
4.5.3 Verskaf die term wat die tyd interval tussen die reënvalpiek en die
aflooppiek beskryf. (1 x 1) (1)
4.5.4 Verduidelik hoe die hidrograaf van ʼn landelike gebied verskil vanaf ʼn
hidrograaf in die stedelike gebied. (1 x 2) (2)
4.5.5 Die hidrograaf in FIGUUR 4.5, het steil stygende been, steil vallende
been en ʼn kort vertragingstydperk.
Bespreek TWEE faktore wat die vorm van die grafiek kan affekteer.
(2 x 2) (4)
4.5.6 Watter moontlike impak sal die vermindering van plantegroei op die
oewer op oorstromings sal het? (2 x 2) (4)
4.6 Verwys na FIGUUR 4.6 wat die volume water wat na verskillende industrieë in
Suid-Afrika versprei was in 2010 en beantwoord die vrae daarop.
4.6.1 Identifiseer die onderskeie industrieë wat die minste en meeste volume
water onderskeidelik ontvang. (2 x 1) (1)
4.6.2 Noem die eenheid wat gebruik word om die volume water te meet.
(1 x 1) (2)
4.6.3 Hoeveel is die totale volume water wat in 2010 versprei was? (1 x 1) (1)
4.6.4 Bereken die totale volume water wat vir huishoudings en industrie in m 3
versprei was. (3 x 1) (3)
4.6.5 Een van die individuele strategieë om huishoudelike watertoevoer te
vermeerder is gryswater.
Verduidelik kortliks hoe om die ‘gryswater’-strategie te gebruik, om water
te bespaar. (1 x 2) (2)
4.6.6 Bespreek DRIE volhoubare strategieë om die nasionale watertoevoer te
vermeerder. (3 x 2) (6)
[75]
GROOTTOTAAL: 225
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Study this subject
Revise the topics in this paper, then practise them question by question.
- Grade 10 Geography notes
CAPS revision notes with worked examples.
- Geography questions by topic
Past exam questions sorted by CAPS topic, with memos where available.
- Grade 10 Geography quizzes
Short topic quizzes with instant feedback.
- All Grade 10 Geography past papers
Past papers by year, with memos where available.
- Grade 10 past papers
More Geography and other subjects in this collection.
Recommended for this subject
More papers and memos for this grade and subject.
%20Controlled%20Test%201%202023%20Question%20Paper_hlayiso.com_--be6b0a83-b9b6-44b9-9dd9-0237f6b2d508/v1-3e86853ffd0dc58be049/card.webp)
Question paper
Geography Grade 10 Gauteng March Test 2023 Question Paper (Afr)
%20Controlled%20Test%201%202023%20Question%20Paper--62da371e-4b2c-4caf-a6eb-98d7f3829d49/v1-2427cad7f7979dd1f94e/card.webp)
Question paper
Geography Grade 10 NSC Term 1 Controlled Test 2023 QP (Afr)

Question paper
Geography Grade 10 Eastern Cape November 2020 Question Paper

Question paper
Geography Grade 10 Eastern Cape November 2020 Question Paper

Question paper
Geography Grade 10 P1 Eastern Cape November 2020 QP (Afr)

Question paper
Geography Grade 10 P2 Eastern Cape November 2020 QP (Afr)
Related documents

Question paper
Geography Grade 10 P1 Eastern Cape November 2017 QP (Afr)

Memorandum
Geography Grade 10 P2 National November 2017 Memo (Afrikaans)

Memorandum
Geography Grade 10 P1 Eastern Cape November 2017 Memo (Afrikaans)

Memorandum
Geography Grade 10 P1 National November 2019 Memo (Afrikaans)

Addendum
Geography Grade 10 P1 National November 2018 Addendum (Afrikaans)

Memorandum
Geography Grade 10 P1 National November 2018 Memo (Afrikaans)
More from Grade 10 Geography

Study guide
Gr10 Geografie OG studyguide LR

Annual teaching plan
Gr 10 Geo ATP 2023 24

Question paper and memo
Geography Grade 10 Free State March Test 2025 Paper & Memo

Question paper and memo
Geography Grade 10 Paper 1 Limpopo June 2025 Paper & Memo

Question paper and memo
Geography Grade 10 Eastern Cape June 2024 Paper & Memo

Addendum