Skip to content

Geography Grade 10 P2 National November 2017 QP (Afr)

Question paperGeographyGrade 10201716 pages

Grade 10 Geography Paper 2 question paper from the National November Exam 2017 (Afrikaans), 16 pages. Read online or download the free PDF.

Free to read online, no sign-up needed

Loading document…

Loading document…

Document textSearch extracted text and jump to a page.
GRAAD 10 ____ NAAM: VAN: NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 10 NOVEMBER 2017 GEOGRAFIE V2 PUNTE: 75 TYD: 1½ uur PUNTE HOD GROEP PROVINSIAAL TOTALE MOD. V1 15 PUNTE V2 20 V3 25 75 75 V4 15 *XGEOA2* Hierdie vraestel bestaan uit 13 bladsye, insluitende 1 bladsy vir rofwerk en berekeninge
2 GEOGRAFIE V2 (EC/NOVEMBER 2017) BRONMATERIAAL 1. ʼn Uittreksel uit die topografiese kaart 3224 BA en BC GRAAFF-REINET 2. Ortofotokaart 3224 BC 1 GRAAFF-REINET 3. LET WEL: Die bron materiaal moet deur die skool vir hulle eie gebruik gekollekteer word. INSTRUKSIES EN INLIGTING 1. Skryf jou NAAM in die ruimtes op die voorblad. 2. Beantwoord AL die vrae in die spasies wat in hierdie vraestel verskaf word. 3. Jy word van ʼn 1 : 50 000 topografiese kaart (3224 BA en BC GRAAFF- REINET) en ʼn ortofotokaart (3224 BC 1 GRAAFF-REINET) van ʼn gedeelte van die gekarteerde gebied voorsien. 4. Jy moet die topografiese kaart en die ortofotokaart aan die einde van hierdie eksamensessie aan die toesighouer oorhandig. 5. Jy mag die blanko bladsy aan die einde van hierdie vraestel vir alle rofwerk en berekeninge gebruik. MOENIE hierdie bladsy van die vraestel losmaak NIE. 6. Toon ALLE berekeninge en formules, waar van toepassing. Punte sal hiervoor toegeken word. 7. Dui die korrekte maateenheid in die finale antwoord van berekeninge aan. Geen punte sal vir antwoorde met verkeerde eenhede toegeken word nie. 8. Jy mag ʼn nie geprogrammeerde sakrekenaar gebruik. 9. Die gebied wat in ROOI op die topografiese kaart afgebaken is, stel die gebied voor wat deur die ortofotokaart gedek word. 10. Die volgende Engelse begrippe en hul Afrikaanse vertalings word op die topografiese kaart getoon: RESOURCE MATERIAL ENGLISH AFRIKAANS LandingAn 1. strip Vliegveld extract from topographic map 3224 BA & BC GRAAFF-REINET Furrow Voor Caravan Park 2. Karavaanpark Orthophoto map 3224 BC 1 GRAAFF-REINET Canal Kanaal Sewerage 3. works The resource material must beRioolwerke NOTE: collected by the schools for their own use. Golf Course Gholfbaan Excavation INSTRUCTIONS AND INFORMATION Uitgrawing Nature reserve Natuurreservaat Rifle Range Skietbaan Aerodrome Vliegveld Ravine Kloof Kopiereg vooorbehou Blaai om asseblief
(EC/NOVEMBER 2017) GEOGRAFIE V2 3 ALGEMENE INLIGTING OOR GRAAFF-REINET Graaff-Reinet is ʼn klein dorpie in die Oos-Kaap met ʼn bevolking van ongeveer 36 000. Hierdie dorp is in die Sarah Baartman Distrik en is een van die oudste dorpe in Suid-Afrika naas Kaapstad, Stellenbosch en Swellendam. Natuurbewaring is ʼn prioriteit in hierdie gebied omdat Graaff-Reinet feitlik deur die Camdeboo Nasionale Park omring word. Dit bied die besoeker insig in die unieke landskap en ekosisteem van die Karoo. Ruimte, natuur en erfenis kombineer om ʼn Karoo-toerisme- ervaring te bied. Ko-ordinate: 32°15′08″S 24°32′26″O / 32°15,1′S 24°32,4′O [Bron: https://www.google.co.za/images] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
4 GEOGRAFIE V2 (EC/NOVEMBER 2017) VRAAG 1: MEERVOUDIGE-KEUSE VRAE Die vrae hieronder is op die 1 : 50 000 topografiese kaart 3224 BA & BC GRAAFF- REINET, en op die ortofotokaart van ʼn gedeelte van die gekarteerde gebied gebaseer. Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee. Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A–D) in die blokkie langs elke vraag. 1.1 Die kaartkode van die topografiese kaart van Graaff-Reinet dui aan dat die dorp op die ... aangetref word. A 32°O lengtelyn en 24°N breedtelyn. B 32°N lengtelyn en 24°O breedtelyn. C 32°S breedtelyn en 24°O lengtelyn. D 24°S breedtelyn en 32°O lengtelyn. 1.2 Die kontoerinterval van die ortofotokaart is ... A 20 m. B 10 m. C 15 m. D 5 m. 1.3 Die kaartskale wat sigbaar op die topografiese kaart is, is ʼn ... -skaal. A verhouding- en ʼn woord B verhouding- en ʼn breuk C lyn- en ʼn verhouding D lyn- en ʼn woord 1.4 Die mensgemaakte verskynsel by 6 op die ortofotokaart is ʼn ... A gholfbaan. B karavaanpark. C stadium. D parkeer gebied. 1.5 Graaff-Reinet is in die … provinsie geleë. A Wes-Kaap B Oos-Kaap C KwaZulu-Natal D Noordwes 1.6 Die skaal van die ortofotokaart is ... as die skaal van die topografiese kaart. A 5 keer groter B 5 keer kleiner C 10 keer groter D 10 keer kleiner Kopiereg vooorbehou Blaai om asseblief
(EC/NOVEMBER 2017) GEOGRAFIE V2 5 1.7 Die landvorm wat by F in blok F10 aangetref word, is ʼn ... A koniese koppie. B krans. C tafelberg. D spitskop. 1.8 Die verskynsel wat G, in blok I2, gemerk is, is ʼn ... A padhoogte B peilbaken. C punthoogte. D reservoir. 1.9 Die ko-ordinate van punthoogte 1076 in blok G7 is ... A 32º15ʹ27ʹʹS 24º36ʹ16ʹʹO. B 24º36ʹ16ʹʹS 32º15ʹ27ʹʹO. C 32º15ʹ00ʹʹO 24º36ʹ00ʹʹS. D 32º16ʹ00ʹʹS 24º37ʹ00ʹʹS. 1.10 Ontwikkeling oos van Kroonvale in blok G4, is beperk weens ... A ʼn tekort aan vervoer. B nie-standhoudende water. C ʼn steil gebied. D kerke. 1.11 Die nasionale roete op die topografiese kaart in blok F3 is die ... A R63. B N10. C N7. D N9. 1.12 Die hoogte van die trigonometriese stasie in blok F4 is ... A 13 m. B 88 m. C 1217,3 m. D 1144 m. 1.13 Die verskynsel wat 1 op die ortofotokaart gemerk is, en as windskerms dien, is ʼn ... A wal. B pad. C ry bome. D reservoir. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
6 GEOGRAFIE V2 (EC/NOVEMBER 2017) 1.14 Die tipe kaart wat op die topografiese kaart gebruik is: A Mercator B Gauss konforme C Polêr stereografies D Sentraal meridiaan 1.15 Die hoof primêre aktiwiteit sigbaar in blok A3 is ... A visvangs. B mynbou. C bosbou. D boerdery. (15 x 1) [15] Kopiereg vooorbehou Blaai om asseblief
(EC/NOVEMBER 2017) GEOGRAFIE V2 7 AFDELING B: KAARTWERK BEREKENINGE EN -TEGNIEKE VRAAG 2 2.1 Interpreteer die kaartskaal op die topografiese kaart as ʼn woordskaal. (sentimeter na meter) (1 x 1) (1) 2.2 Bereken die werklike reguitlyn-afstand, in kilometer, van die aanloopbaan in blok C3.Toon ALLE berekeninge. Punte sal toegeken word vir berekeninge. Werklike afstand = (3 x 1) (3) 2.2 Gebruik die inligting op die topografiese kaart om die magnetiese deklinasie in 2017 te bepaal. Toon ALLE berekeninge. Punte sal toegeken word vir berekeninge. Verskil in jare = = Gemiddelde jaarlike verandering = Totale verandering = Magnetiese deklinasie vir 2017 = (6 x 1) (6) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
8 GEOGRAFIE V2 (EC/NOVEMBER 2017) 2.3 Bereken die gemiddelde gradiënt op die ortofotokaart tussen trigonometriese stasie 265 suid van Graaff Reinet en punthoogte 806 suid van Spandauville. Toon ALLE berekeninge. Punte sal toegeken word vir berekeninge. 𝐕𝐞𝐫𝐭𝐢𝐤𝐚𝐥𝐞 𝐢𝐧𝐭𝐞𝐫𝐯𝐚𝐥 (𝐕𝐈) Formule: Gradiënt = 𝐇𝐨𝐫𝐢𝐬𝐨𝐧𝐭𝐚𝐥𝐞 𝐄𝐤𝐰𝐢𝐯𝐚𝐥𝐞𝐧𝐭 (𝐇𝐄) (5 x 1) (5) 2.4 Teken ʼn eenvoudige dwarssnit van punt A na punt B. Gebruik ʼn vertikale skaal van 5 mm = 50 m. A B (3 x 1) (3) 2.5 Bepaal die ware peiling van die windpomp vanaf punthoogte 813 in blok B1. (2 x 1) (2) [20] Kopiereg vooorbehou Blaai om asseblief
(EC/NOVEMBER 2017) GEOGRAFIE V2 9 AFDELING C VRAAG 3: KAART EN FOTOTOEPASSING EN -INTERPRETASIE 3.1 Wat is die hoogtes van die volgende verskynsels? 3.1.1 Nasionale pad in blok 12: 3.1.2 Punthoogte D in blok B11: 3.1.3 Koniese koppie in blok A12: (3 x 2) (6) 3.2 Kies die korrekte helling tussen hakies. Die tipe helling wat tussen punte 2 en 3 op die ortofotokaart aangetref word, is (konkaaf, konveks, uniform). (1 x 1) (1) 3.3 Die gebied in blok C4 op die topografiese kaart kan as droog met seisoenale reënval, beskryf word. Verskaf TWEE bewyse om hierdie stelling te staaf. (2 x 2) (4) 3.4 Vanwaar ontvang boere in blok B3 hul watertoevoer? Noem EEN bron. (1 x 1) (1) 3.5 Graaff-Reinet het aantreklike landvorme wat met stollingsintrusies geassosieer word. Noem DRIE van hierdie landvorme wat op die topografiese kaart verskyn. (3 x 1) (3) 3.6 Watter kontoerrangskikking in blok C3 toon dat die gebied wat gekies is vir die vliegveld ʼn geskikte een was, vir die landing van vliegtuie? (1 x 1) (1) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
10 GEOGRAFIE V2 (EC/NOVEMBER 2017) 3.7 Bestudeer die foto hieronder. Dit toon ʼn tipiese Karoo-landskap soortgelyk aan die landskap in die topografiese kaart en ortofotokaart wat jy gebruik. A B C D 3.7.1 Is die foto hierbo ʼn horisontale, skuins of vertikale foto? (1 x 1) (1) 3.7.2 Is die landskap in die foto ʼn natuurlike, landbou of ʼn beboude omgewing? (1 x 1) (1) 3.7.3 Die landvorm in blok 12 en die landvorm in blok I12 en J12 word onderskeidelik deur A en B op die foto hierbo aangedui. Identifiseer landvorme A en B. A: B: (2 x 1) (2) 3.7.4 Identifiseer die helling tipes C en D op die foto. C: D: (2 x 1) (2) 3.8 Is Spandaukop in blok H2 ʼn area wat beskerm word? Gee ʼn rede vir jou antwoord. Antwoord: Rede: (1 + 2) (3) [25] Kopiereg vooorbehou Blaai om asseblief
(EC/NOVEMBER 2017) GEOGRAFIE V2 11 VRAAG 4: (GIS) 4.1 Skryf GIS voluit. (1 x 1) (1) 4.2 Identifiseer punt- en lynverskynsels in blok C4. Puntverskynsel: Lynverskynsel: (2 x 1) (2) 4.3 Tussen die ortofoto- en topografiese kaart, watter een is eerste deur afstandswaarnemingstegnieke afgeneem? (1 x 1) (1) 4.4 Afstandswaarneming is enige tegnologie wat inligting oor ʼn plek of voorwerp vanaf ʼn afstand kan opneem. Mens kan kaarte van ʼn plek skep sonder om fisies by die plek te wees. 4.4.1 Verskaf EEN voordeel van afstandwaarneming. (1 x 2) (2) 4.4.2 Vanaf die onderstaande lys, identifiseer met ʼn kruisie (X) voorbeelde van afstandwaargeneemde data. Data Afstandwaarnemings Afstandwaarnemings Data Data Ja Nee 1. Satelliet beeld 2. Gesteente tipes (2 x 1) (2) 4.5 Lys enige TWEE komponente van GIS. Komponente: (2 x 1) (2) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
12 GEOGRAFIE V2 (EC/NOVEMBER 2017) 4.6 A B C Sleutel Primêre skool Sekondêre skool N Speel skool Hoofpad Jy is ʼn sakeman en jy kry drie plekke om van te kies, om ʼn snoepie onderneming te begin, wat middagete vir skole in Lubanzini woonbuurt sal bied. Liggings word in die kaart hierbo vertoon. 4.6.1 Gebruik die kennis wat jy oor GIS opgedoen het, om ʼn geskikte gebied uit A, B of C te kies. (1 x 1) (1) 4.6.2 Verskaf TWEE redes vir jou keuse in VRAAG 4.6.1. (2 x 2) (4) [15] TOTAAL: 75 Kopiereg vooorbehou Blaai om asseblief
(EC/NOVEMBER 2017) GEOGRAFIE V2 13 ROFWERK - (moet nie hierdie bladsy vanaf die vraestel verwyder nie). Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

Study this subject

More from Grade 10 Geography

View all