NASIONALE
SENIOR SERTIFIKAAT
GRAAD 11
NOVEMBER 2020
TOERISME
EKSEMPLAAR
PUNTE: 200
TYD: 3 uur
*ITRSMA*
Hierdie vraestel bestaan uit 25 bladsye.
You're offline
Skip to contentMemorandum 





View all
TOURISM GR11 QP MEMO NOV2020 AFR D
Tourism · Grade 11 · National Exemplar November Exam · 2020 · Afrikaans. Memorandum, 40 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Tourism
- Grade
- Grade 11
- Language
- Afrikaans
- Document type
- Memorandum
- Year
- 2020
- Exam period
- National Exemplar November Exam
- Pages
- 40
- File size
- 2.9 MB
Loading document…
Loading document…
1 of 40
Document textSearch extracted text and jump to a page.
2 TOERISME (EC/NOVEMBER 2020)
INSTRUKSIES EN INLIGTING
Lees die instruksies aandagtig voordat die vrae beantwoord word.
1. Hierdie vraestel bestaan uit VYF afdelings.
2. ALLE vrae in AFDELING A, B, C, D en E is VERPLIGTEND.
3. Begin ELKE vraag op ƌ NUWE bladsy.
4. Jy mag ƌ nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik.
5. Dit sal tot jou voordeel wees om alle berekeninge te toon.
6. Rond alle berekeninge af tot TWEE plekke na die desimale punt.
7. Gebruik die puntetoekenning van elke vraag as ’n riglyn vir lengte van die
antwoord.
8. Skryf netjies en leesbaar.
9. Die tabel hieronder is ƌ riglyn om jou te help om jou tyd volgens elke
afdeling in te deel.
TYD
AFDELING VRAAG ONDERWERP PUNTE
MINUTE
A 1 Kortvrae 40 20
Kaartwerk en
2
Toerbeplanning
B 20 30
Buitelandse
3
Valutaverhandeling
Toerisme
4
Aantreklikhede
C Kultuur- en 50 50
5
Erfenistoerisme
6 Bemarking
D 7 Toerismesektore 50 50
Plaaslike-, Streeks-
8 en Internasionale
E Toerisme 40 30
Kommunikasie en
9
Kliëntediens
TOTAAL: 200 180
Kopiereg voorgehou Blaai om asseblief
(EC/NOVEMBER 2020) TOERISME 3
AFDELING A: KORTVRAE
VRAAG 1
1.1 Verskeie opsies word as moontlike antwoorde vir die volgende vrae
gegee. Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die
vraagnommers (1.1.1–1.1.20) in die ANTWOORDEBOEK neer,
byvoorbeeld 1.1.21 A.
1.1.1 Tegnologie in gebruik by lughawens om passasiers vir
verhoogde temperatuur te skandeer:
A Volle liggaamskandeerder
B Termiese liggaamskandeerder
C Biometriese skandeerder
D X-straal skandeerder
1.1.2 Die tradisionele gelowe, gebruike en verhale van ƌ
gemeenskap, wat mondelings deur generasies oorgedra is:
A Kultuur
B Feite
C Erfenis
D Volksverhale
1.1.3 Indien ƌ persoon wat ƌ voertuig huur ƌ R1 000 boete kry omdat
hy/sy die spoedgrens met die gehuurde voertuig oorskry het, sal
hy/sy die volgende moet betaal:
A Slegs ƌ verkeersboeteadministrasiefooi
B Slegs die bedrag van die boete
C Niks, indien hy/sy die superkwytskeldingsopsie gekies het
D ƌ Verkeersboeteadministrasiefooi en die bedrag van die
boete
1.1.4 Die Vredefortkoepel is huidig die grootste en een van die oudste
… impakterreine in die wêreld.
A asteroïde
B meteoriet
C artifak
D skeepswrak
1.1.5 ƌ Passasier op ƌ luukse toerskip wat seesiek word moet ƌ …
kajuit kies om die effek van die beweging van die see minder te
maak.
A middel van die skip
B hoëvlak-
C luukse
D suite-
Kopiereg voorgehou Blaai om asseblief
4 TOERISME (EC/NOVEMBER 2020)
1.1.6 Die Kissama Nasionale Park is in … geleë.
A Angola
B Botswana
C Demokratiese Republiek van die Kongo
D Malawi
1.1.7 Ten einde beweging gestremde passasiers te akkommodeer
het die Gautrein …
A ƌ webtuiste.
B oudio-afkondigings.
C gelyke aanboordstap-fasiliteite.
D kringtelevisiekameras.
1.1.8 Die Ngorongoro Bewaringsgebied in Noord- … is die tuiste van
een van die mees skouspelagtige safari-ervarings op die
vasteland van Afrika.
A Tanzanië
B Malawi
C Madagaskar
D Demokratiese Republiek van die Kongo
1.1.9 ƌ Semi-luukse busdiens wat passasiers by rugsakreisigers-
hostelle aflaai.
A Translux
B Algoa Bus
C Baz Bus
D SA Roadlink
1.1.10 Een van die hoof toeriste-aantreklikhede in Mauritius:
A Bazzaruto-eilandgroep
B Matopo Heuwels
C Gekleurde aarde van Chamarel
D Mana Pools
1.1.11 Die enigste oorblywende natuurskoon toeristetrein wat
ontspannende treinritte deur Suid-Afrika se platteland bied.
A Umgeni Stoomtrein
B Banana Express
C Apple Express
D Outeniqua Choo-Tjoe
Kopiereg voorgehou Blaai om asseblief
(EC/NOVEMBER 2020) TOERISME 5
1.1.12 … terreine is Nasionale Erfenisterreine en word deur die Suid-
Afrikaanse Erfenis- en Hulpbronagentskap bestuur.
A Graad I
B Graad II
C Graad III
D Graad IV
1.1.13 ƌ Voorbeeld van ƌ beroep in die toerisme gasvryheidsektor:
A Persoonlike chauffeur
B Concierge
C Kajuitpersoneel
D Professionele konferensie-organiseerder
1.1.14 Effektiewe verbale kommunikasie sluit in:
A Gebruik van vaktaal (‘jargon’)
B Gebruik van handgebare
C Verandering aan jou stemtoon
D Rusteloosheid
1.1.15 ƌ Item wat in die “Addisionele inligting” kolom met die opstel van
ƌ reisplan ingesluit kan word:
A Paspoort en visumvereistes
B Datum en duur van reis
C Vervoerreëlings
D Gesondheid- en veiligheidsmaatreëls om te verhoed dat
mens tydens ƌ vakansie siek word
1.1.16 Die Suid-Afrikaanse Minister van Toerisme is …
A Elizabeth Thabethe.
B Derek Hanekom.
C Thokozile Xasa.
D Mmamoloko Kubayi-Ngubane.
1.1.17 ƌ Versekeringsopsie met die huur van ƌ voertuig wat die huurder
van die voertuig in hulle persoonlike kapasiteit dek.
A VSK (WDW)
B DVK (TLW)
C POV (PAI)
D DAK (TWC)
1.1.18 Die hoofstad van Namibië is ...
A Luanda.
B Windhoek.
C Etosha.
D Namib.
Kopiereg voorgehou Blaai om asseblief
6 TOERISME (EC/NOVEMBER 2020)
1.1.19 As ƌ passasier van Suid-Afrika in Kaïro, Egipte land en van
vliegtuig verander op pad na Genève, Switserland word daar
gesê dat hy/sy op ƌ … -vlug is met sy/haar vertrek vanaf Kaïro,
Egipte.
A langafstand
B aansluitings
C transatlanties
D streeks
1.1.20 Drukwerk-, telefoon-, faks- en internet-uitgawes maak deel uit
van die … kostes van ƌ bemarkingsbegroting.
A voertuig en vlug
B kommunikasie
C akkommodasie
D personeel
(20 x 1) (20)
1.2 Kies ƌ term uit KOLOM B wat die beste by ’n beskrywing in KOLOM A
pas. Skryf slegs die letter (A–G) langs die vraagnommers (1.2.1–1.2.5) in
die ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 1.2.6 H. Jy mag elke gegewe
opsie slegs EEN keer gebruik.
KOLOM A KOLOM B
1.2.1 ƌ Suid-Afrikaanse trein wat luukse A Prestasiebestuur
safari treinritte in die SAOG-streek (‘Peer review’)
bied
1.2.2 ƌ Fooi wat deur die kaptein van ƌ B Opname
luukse toerskip aan hawe-owerhede
vir die gebruik van hawefasiliteite en
dienste betaal word
1.2.3 ƌ Strategie wat deur toerisme C Daar is steeds niks
ondernemings gebruik word om soos Mzanzi nie
gehaltediens te bereik en te behou (‘There’s Still Nothing
Like Mzanzi’)
1.2.4 Die slagspreuk van ƌ nasionale D Shongololo Express
bemarkingsveldtog wat daarop gemik
is om plaaslike toerisme te bevorder
1.2.5 ƌ Metode wat deur ƌ toerisme- E Niks is meer pret as
onderneming gebruik word om die ƌ Sho’t Left nie
vlak van kliëntetevredenheid te (‘Nothing’s more fun
bepaal than a Sho’t Left’)
F Bloutrein
G Hawekoste
(5 x 1) (5)
Kopiereg voorgehou Blaai om asseblief
(EC/NOVEMBER 2020) TOERISME 7
1.3 Kies die korrekte woord(e) uit dié wat tussen hakies gegee word. Skryf
slegs die woord(e) langs die vraagnommers (1.3.1–1.3.5) in die
ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 1.3.6 paspoort.
1.3.1 (Autopax/Prasa) is die organisasie wat vir die administrasie van
toeristetreine in Suid-Afrika verantwoordelik is.
1.3.2 As daar van Suid-Afrikaanse Rand na ’n buitelandse
geldeenheid omgeskakel word moet mens (deel/maal).
1.3.3 ’n Toer wat gereeld op spesifieke datums en op spesifieke tye
vertrek, ongeag die getal toeriste staan as ’n (geskeduleerde
toer/reisplan) bekend.
1.3.4 Amadeus is ƌ voorbeeld van ƌ (Sentrale Besprekingstelsel/
Wêreldverspreidingstelsel).
1.3.5 (Vra om verskoning sonder om skuld te gee/Luister aandagtig) is
die eerste stap as verbale kliënteklagtes hanteer word. (5 x 1) (5)
1.4 Kies ƌ bestemming uit die lys wat gegee word wat by ’n onderstaande
beskrywing pas. Skryf slegs die naam van die bestemming langs die
vraagnommers (1.4.1–1.4.5) in die ANTWOORDEBOEK neer. Jy mag
elke gegewe opsie slegs een keer gebruik.
Mkhaya-natuurreservaat; Sanipas; Grand Baie; Visrivier-canyon;
Serengeti Nasionale Park; Etosha Nasionale Park; Koninklike Heuwels
van Ambohimanga
1.4.1 Hierdie terrein in Tanzanië is bekend vir die jaarlikse migrasie van
meer as 1,5 miljoen wildebees en 250 000 sebra
1.4.2 Een van die skouspelagtigste en beste natuurskoon 4x4 -
voertuigroetes in die hele Afrika
1.4.3 ƌ Belangrike spirituele en geskiedkundige terrein vir die burgers
van Madagaskar
1.4.4 Hierdie park is die tuiste van die grootste bevolking van swart
renosters in die Koninkryk van Eswatini
1.4.5 In Namibië geleë en word as een van die gewildste staproetes in
Suidelike-Afrika beskou (5 x 1) (5)
Kopiereg voorgehou Blaai om asseblief
8 TOERISME (EC/NOVEMBER 2020)
1.5 Bestudeer die prente wat aspekte van Gautrein-tegnologie uitbeeld en
koppel die prent met die gegewe beskrywings hieronder gegee. Skryf
slegs die letter (A–E) langs die vraagnommers (1.5.1–1.5.5) in die
ANTWOORDEBOEK. Jy mag elke gegewe opsie slegs een keer gebruik.
A
B
C
D
E
1.5.1 “Real time” (onmidellike) inligting oor treinskedules word aan
passasiers verskaf wat op die Gautreinstasie se platform wag
1.5.2 Skandeer jou Gouekaart om toegang tot die Gautreinstasie-
platform te kry
1.5.3 Reis op die Gautrein is onmoontlik sonder ƌ Gautrein Gouekaart
1.5.4 Skandeer die QR-kode om toegang tot die Gautrein webtuiste te
kry
1.5.5 Die besonderhede van vertrek- en aankomsstasies vir elke
Gautreinreis word duidelik op die Gautrein webtuiste gegee
(5 x 1) (5)
[40]
TOTAAL AFDELING A: 40
Kopiereg voorgehou Blaai om asseblief
(EC/NOVEMBER 2020) TOERISME 9
AFDELING B: KAARTWERK EN TOERBEPLANNING; BUITELANDSE
VALUTAVERHANDELING
VRAAG 2
Lees die uittreksel en beantwoord die vrae.
2 nagte verblyf by die 5-ster Twelve Apostles Hotel & Spa vanaf slegs
R3 785 per persoon wat deel
Diensverskaffer Geldig: 01 Mei 2020 tot 30 Sep 2020
WAT IS INGESLUIT? HOTEL BESONDERHEDE
x 2 Nagte by die 5-ster Twelve
Apostles Hotel & Spa
x Ontbyt daagliks Die Twelve Apostles Hotel en Spa is
x Gratis geskeduleerde in die 12 Apostles-bergreeks geleë en
pendeldiens na en van bied wonderlike uitsigte van die
Kampsbaai en die V&A Atlantiese-oseaan. Dit is die beste
Waterfront ontspanningswegbreek om te ervaar
x R1 000 kredietbewys per terwyl jy die pragtige uitsig geniet.
kamer, per verblyf vir gebruik Fasiliteite sluit ’n kroeg en sitkamer,
by enige Twelve Apostles restaurant, spa, ’n fiksheidsentrum en
fasiliteit gedurende die ’n swembad in.
tydperk van verblyf
[Verwerk uit www.pentravel.co.za]
2.1 Identifiseer EEN tipe toeris wat van die spesiale aanbieding by die
5-ster Twelve Apostles Hotel & Spa gebruik sal maak. (2)
2.2 Noem TWEE fasiliteite van die Twelve Apostles Hotel & Spa wat by die
profiel van die toeris in VRAAG 2.1 geïdentifiseer, sal pas. (2)
2.3 Stel EEN fasiliteit voor waar ’n besoeker aan die Twelve Apostles Hotel &
Spa die R1 000 kredietbewys per kamer die beste sal kan gebruik. Motiveer
jou antwoord.
LET WEL: Oorweeg dit wat in bogenoemde spesiale aanbieding
ingesluit is. (3)
2.4 Bepaal die toerisme-seisoen waarin hierdie spesiale aanbieding beskikbaar
is. (1)
[8]
Kopiereg voorgehou Blaai om asseblief
10 TOERISME (EC/NOVEMBER 2020)
VRAAG 3
3.1 Bestudeer die prente en beantwoord die vrae. Jou antwoorde moet vanuit
die perspektief (standpunt) van ƌ Suid-Afrikaanse bank gegee word.
A
B
C
3.1.1 Identifiseer EEN letter wat by die plaaslike geldeenheid in
bogenoemde prente pas. (1)
3.1.2 Identifiseer EEN letter wat by ƌ buitelandse valuta geldeenheid
in bogenoemde prente pas. (1)
3.1.3 Gee die amptelike naam van die geldeenheid genommer B. (1)
3.1.4 Gee die geldeenheidskode van die geldeenheid genommer A. (1)
3.1.5 Noem EEN fasiliteit waar ƌ reisiger sy/haar plaaslike
geldeenheid vir buitelandse geld kan wissel. (2)
Kopiereg voorgehou Blaai om asseblief
(EC/NOVEMBER 2020) TOERISME 11
3.2 Bestudeer die wisselkoerstabel en beantwoord die vrae.
Buitelandse geldeenheid Wisselkoers
£ 23,53
€ 20,24
3.2.1 Gebruik die wisselkoerstabel en bereken hoeveel ƌ reisiger sal
ontvang as hy/sy ZAR 10 500,00 vir ƌ reis na Londen wissel.
LET WEL: Rond jou antwoord af tot TWEE plekke na die
desimale punt.
Toon ALLE berekeninge. (3)
3.2.2 Gebruik die wisselkoerstabel en bereken hoeveel ƌ reisiger sal
ontvang as hy/sy ZAR 9 800,00 vir ’n reis na Frankryk wissel.
LET WEL: Rond jou antwoord af tot TWEE plekke na die
desimale punt.
Toon ALLE berekeninge. (3)
[12]
TOTAAL AFDELING B: 20
Kopiereg voorgehou Blaai om asseblief
12 TOERISME (EC/NOVEMBER 2020)
AFDELING C: TOERISME BESIENSWAARDIGHEDE; KULTUUR-EN
ERFENISTOERISME; BEMARKING
VRAAG 4
Verwys na die inligting oor die SAOG lande en beantwoord die vrae.
SAOG BESIENSWAARDIGHEDE
4.1 Identifiseer die SAOG toerisme-besienswaardighede, genommer A tot F
wat Jake tydens sy toer gaan besoek. (6 x 2) (12)
4.2 Gee EEN voorbeeld van ƌ water-gebaseerde uitstappie wat Jake kan
onderneem om die groot verskeidenheid wild by die besienswaardigheid
genommer A is, te besigtig. (2)
4.3 Noem die gewilde aktiwiteit waaraan Jake by beide besienswaardighede
genommer C en F kan deelneem. (2)
4.4 Beskryf EEN gemeenskaplike (gedeelde) kenmerk met verwysing na die
besienswaardighede genommer B en C. (2)
[18]
Kopiereg voorgehou Blaai om asseblief
(EC/NOVEMBER 2020) TOERISME 13
VRAAG 5
5.1 Bestudeer die kulturele eienskappe op die kaart van die Oos-Kaap en
beantwoord die vrae.
5.1.1 Baie toeriste word deur die kulturele uniekheid van die Oos-Kaap
gelok.
Gee jou begrip van die konsep kulturele uniekheid. (2)
5.1.2 Identifiseer DRIE verskillende eienskappe van Xhosa-kultuur,
soos op die kaart aangedui, wat kulturele toeriste sal motiveer
om die Oos-Kaap te besoek. (3 x 2) (6)
5.1.3 Suid-Afrika se kulturele diversiteit bevorder plaaslike- en
internasionale inkomende toerisme. Elke jaar, vir 11 dae, stroom
meer as 50 000 mense na Makhanda (Grahamstad) om die
kultuurfees genommer A te besoek.
Bespreek hoe hierdie fees die ryk kulturele diversiteit van Suid-
Afrika vertoon. (2 x 2) (4)
Kopiereg voorgehou Blaai om asseblief
14 TOERISME (EC/NOVEMBER 2020)
5.2 Bestudeer die inligting en beantwoord die vrae.
Die Weskus-fossielpark te Langebaanweg in die Wes-Kaap, ongeveer
120 km noord van Kaapstad, is ƌ vyf miljoen jaar oue fossielbed wat in die
1960’s op die vloer van ƌ myn gevind is.
Deurlopende opgrawings by die paleontologiese terrein het meer as een
miljoen werwelfossiele (diere wat ƌ ruggraat het) opgelewer.
Enkele fossiele is verwyder en word nou by die Iziko Nasionale Museum
in Kaapstad gehuisves. ƌ Deel van die opgrawings is egter op die
oorspronklike plek bewaar sodat lede van die publiek oor hierdie terrein en
die wonderlike diere wat daar gevind is kan leer.
Die Weskus-fossielpark is in 2014 deur die Suid-Afrikaanse Erfenis- en
Hulpbronagentskap (SAEHA) as Nasionale Erfenisterrein verklaar.
[Verwerk uit www. https://fossilpark.org.za]
5.2.1 Voltooi die sin:
SAEHA het die Weskus-fossielpark as ƌ … Nasionale
Erfenisterrein gekategoriseer. (2)
5.2.2 Verduidelik EEN manier hoe SAEHA die Weskus-fossielpark
gebruik om Suid-Afrikaners oor ons erfenis te leer. (2)
5.2.3 Gee bewyse uit die uittreksel dat SAEHA sy rol vervul om Suid-
Afrika se erfenishulpbronne te beskerm. (2 x 2) (4)
[20]
Kopiereg voorgehou Blaai om asseblief
(EC/NOVEMBER 2020) TOERISME 15
VRAAG 6
Bestudeer die bemarkingsveldtog-prente hieronder en beantwoord die vrae.
6.1 Identifiseer die potensiële kliënte wat deur die MRA bemarkingsveldtog
geteiken word. (2)
6.2 MRA maak gebruik van ƌ verskeidenheid bemarkingstegnieke in hul
bemarkingsveldtog. Identifiseer:
6.2.1 DRIE mediareklame-promosietegnieke (3 x 1) (3)
6.2.2 DRIE promosiereklametegnieke (3 x 1) (3)
6.3 Lei TWEE redes af waarom reiskostes in MRA se bemarkingsveldtog-
begroting ingesluit word. (2 x 2) (4)
[12]
TOTAAL AFDELING C: 50
Kopiereg voorgehou Blaai om asseblief
16 TOERISME (EC/NOVEMBER 2020)
AFDELING D: TOERISMESEKTORE
VRAAG 7
Bestudeer die gevallestudie en beeld hieronder en beantwoord die vrae.
Me. Thomas, ƌ Toerisme-onderwyser in Durban, KwaZulu-Natal het beplan om
haar graad 11-klas op ƌ stadstoer van Durban se vervoerdienste te neem in April
2020.
As gevolg van die Covid-19 grendeltyd kon me. Thomas nie haar klas op die
beplande uitstappie neem nie. Sy het toe besluit om die klas na ƌ virtuele toer van
Durban en die omliggende gebied se vervoerdienste uit te nooi. Na die toer het
me. Thomas van haar leerders verwag om ƌ aantal vrae, op die virtuele
toerervaring gebaseer, te beantwoord. Die vrae word op die volgende bladsy
gegee, genommer 7.1 tot 7.6.
Die onderstaande foto’s beeld die virtuele toer uit.
Kopiereg voorgehou Blaai om asseblief
(EC/NOVEMBER 2020) TOERISME 17
7.1 Lys TWEE fasiliteite wat King Shaka Internasionale Lughawe moet hê
om dit van ƌ nasionale lughawe te onderskei. (2 x 1) (2)
7.2 Bestudeer die prentjie van die uitleg van ƌ lughawe en beantwoord die
vrae.
7.2.1 Noem EEN dokument wat ƌ passasier moet toon met hul inboek
vir ƌ vlug by die punt genommer A in die beeld. (1)
7.2.2 Stel EEN rede voor waarom ƌ passasier sy/haar bagasie sal
toedraai voor hul vir ƌ vlug inboek. (2)
7.2.3 Identifiseer die gebied van die lughawe genommer C. (1)
7.2.4 Voordat ƌ vliegtuig kan opstyg moet die kajuitpersoneel ƌ
veiligheidsdemonstrasie vir passasiers doen. Lys TWEE
veiligheidsaspekte wat in die demonstrasie ingesluit moet word.
(2 x 2) (4)
7.2.5 Verduidelik die belangrikheid van ƌ aanboordstapkaart vir ƌ
passasier wat beplan om ƌ vlug te neem. (2)
7.2.6 Bespreek die prosedure wat gevolg moet word wanneer ƌ
passasier by die gebied genommer B in die prentjie aanmeld.
(2 x 2) (4)
Kopiereg voorgehou Blaai om asseblief
18 TOERISME (EC/NOVEMBER 2020)
7.3 Bestudeer die uittreksel wat op die motorverhuringsmaatskappy wat
tydens die virtuele toer besoek is, gebaseer is en beantwoord die vrae.
Groep T Kia Picanto 1.0 LX of soortgelyk Reisplan
Versekeringsopsies Oplaai:
100 km gratis per 3 April 2020 @
dag, STANDAARD 10:00 King Shaka
AFSTAND- Lughawe
DOENING Ingsl.
200 km gratis per Aflaai:
X dag, SUPER 8 April 2020 @
AFSTAND- 10:00 King Shaka
DOENING Ingsl. Lughawe
Onbeperkte km
SUPER Voertuigkeuse:
AFSTAND- Kia Picanto 1.0 LX
DOENING Ingsl. of soortgelyk
Opsomming van opsionele ekstras:
Bande en Opsomming van
1 X R41,00 per dag koste
voorruit-dekking
Voertuig:
R493,00 per
2 NvT Babasitplek R1 710,00
huurkontrak
Addisionele R361,00 per
3 X Kontrakfooi:
bestuurder huurkontrak
R90,00
Navigasie
4 X R107,00 per dag
eenheid/GPS Opsionele
Koste van opsionele ekstras: ekstras:
1 R205,00 R1 101,00
3 R361,00
4 R535,00 TOTAAL:
Afstanddoening opsies: R2 901.00
Standaard- Addisionele
X Superversekering
versekering tarief:
(p/km) R2,00
7.3.1 Identifiseer EEN opsionele ekstra, waarvan jy die totale koste
gee, wat die huurder van die voertuig gekies het tydens die
aanlyn-bespreking hierbo. (2)
7.3.2 Gee die bedrag per kilometer wat die huurder ekstra moet betaal
indien hy/sy 200 km per dag oorskry. (2)
7.3.3 Noem die gekose betalingsmetode met die huur van ƌ voertuig. (2)
7.3.4 Verduidelik die verskil tussen standaard- en superversekering-
afstanddoening. (2 x 2) (4)
Kopiereg voorgehou Blaai om asseblief
(EC/NOVEMBER 2020) TOERISME 19
7.4 Bestudeer die uittreksel wat op MSC Bootvaarte (Cruises), wat deur die klas
tydens die virtuele toer besoek is, gebaseer is en beantwoord die vrae.
MSC
BOOTVAARTE
(CRUISES) BEGIN
KONSTRUKSIE
VAN DURBAN
BOOTVAART
TERMINAAL
MSC Bootvaarte (Cruises), het konstruksie aan die nuwe Durban bootvaart
terminaal begin. Daar is beplan dat die terminaal vanaf Januarie 2021
operasioneel sal wees.
MSC Bootvaarte (Cruises) sal die MSC Musica in Durban ontplooi. Die MSC
Musica bied aan passasiers ƌ verskeidenheid aktiwiteite en fasiliteite.
Hierdie sluit onder andere swembaddens, speelparke vir kinders, teaters,
casino’s, restaurante, winkels en nagklubs in.
Daar is ƌ verskeidenheid verblyftipes, van binnekajuite tot dié met hul eie
balkon asook elegante suites, om aan elke behoefte te voorsien.
[Aangepas uit https://www.cruiseandferry.net & https://www.msccruises.co.za]
7.4.1 Identifiseer TWEE fasiliteite, vanuit dié in die uittreksel genoem,
wat slegs oop is vir passasiers wanneer die MSC Musica op die
oop see vaar. (2 x 1) (2)
7.4.2 Verduidelik die vlak van luuksheid/gemak t.o.v verblyf wat ƌ
passasier kan verwag as hy/sy ƌ binnekajuit op die MSC Musica
bespreek. (2)
7.5 Die virtuele toer het ƌ besoek aan Moses Mabhida-treinstasie in Durban
ingesluit. Bestudeer die uittreksel wat op treinreise in Durban gebaseer is en
beantwoord die vrae.
Treinreis in Durban
Die Passasierspooragentskap van Suid-Afrika (PRASA) bedryf trein-
pendeldienste deur Metrorail, en vervoer meer as 1,7 miljoen passasiers op
weeksdae oral in Suid-Afrika.
PRASA bestuur al die stasies in Durban deur hul binnestad-takke van
Metrorail. Pendelaars wat per trein wil reis moet besluit op hulle vertrekstasie
en hulle aankomsstasie en dan ƌ kaartjie van die stasie se kaartjiekantoor
koop.
[Bron: https://www.metrorail.co.za]
7.5.1 Lys TWEE fasiliteite wat vir passasiers op die Metrorail beskikbaar
is. (2)
7.5.2 Verduidelik die begrip pendelaar. (2)
Kopiereg voorgehou Blaai om asseblief
20 TOERISME (EC/NOVEMBER 2020)
7.6 Bestudeer die uittreksel wat op luukse Greyhound busvervoer tussen
Durban en Pretoria gebaseer is en beantwoord die vraag.
Vertrekreis
Durban – Johannesburg/Pretoria met Greyhound Dreamliner van
R230,00 per persoon
Vertrekdatum: Aankomsdatum:
Vr, 10 April 2020 @ Vr, 10 April 2020 @
08:00 15:45
Retoerreis
Pretoria/Johannesburg – Durban met Greyhound Dreamliner van
R320,00 per persoon
Vertrekdatum: Aankomsdatum:
Ma, 13 April 2020 @ Di, 14 April 2020 @
22:00 05:15
[Bron: https://bookings.greyhound.co.za]
Oorweeg die totale koste van bogenoemde reis en vergelyk dit met die
totale koste van ƌ retoer vliegtuigkaartjie tussen Durban en
Johannesburg. (2 x 2) (4)
7.7 Bestudeer die uittreksel en beantwoord die vrae.
GROOTSTE NUWE ONTWIKKELINGSPLANNE VIR DIE GAUTREIN
Die Gautrein bied aan Suid-Afrikaners ƌ moderne, veilige, doeltreffende
en betroubare vervoeralternatief.
Voordele van die Gautrein is werkskepping, vaardigheidsontwikkeling,
stimulering van die ekonomie en sosiale voordele vir pendelaars en
gemeenskappe. Toerisme is nog ƌ wenner aangesien drie van die land
se grootste konferensiesentrums binne bereik van ƌ Gautreinstasie is.
ƌ Uitbreidingsplan oor die volgende aantal jare is om die bestaande
stelsel met nuwe spore en stasies uit te brei om sodoende ƌ groter
gebied te kan dek. Daar word verwag dat meer as R134 biljoen spandeer
sal word. Die beplande ontwikkelde netwerk sal skakels met bestaande
treinstasies en die toegewyde busskakelnetwerke verbeter.
[Bron: https://www.iol.co.za]
7.7.1 Identifiseer EEN voordeel van die Gautrein vir toerisme in
Gauteng. (2)
7.7.2 Lys EEN manier wat ƌ passasier wat op die Gautrein
busskakelnetwerk reis vir sy/haar kaartjie kan betaal. (2)
7.7.3 Stel EEN manier voor hoe ƌ passasier wat op die Gautrein
busskakelnetwerk reis op brandstofkostes kan bespaar. (2)
Kopiereg voorgehou Blaai om asseblief
(EC/NOVEMBER 2020) TOERISME 21
7.8 Lees die uittreksel en beantwoord die vrae.
ƌ ‘Toerisme entrepreneur’ kan gedefinieer word as ƌ persoon of ƌ groep
persone wat innoverende toerismeprodukte produseer en bestuur. In
hierdie proses moet die entrepreneur entrepreneursvaardighede asook
vaardighede wat benodig word om in die gasvryheidsbedryf te kan werk,
besit. Navorsing het getoon dat die meeste toerisme entrepreneurs
finansiële bestuur as die grootste uitdaging in hul loopbane beskou,
gevolg deur probleemoplossing en interpersoonlike vaardighede.
[Verwerk uit www.yourarticlelibrary.com & www.academicstar.us]
7.8.1 Lys TWEE entrepreneursvaardighede wat benodig word om ƌ
suksesvolle toerisme entrepreneur te wees. (2 x 1) (2)
7.8.2 Stel TWEE persoonlikheidskwaliteite (eienskappe) voor wat deur
ƌ werknemer in die gasvryheidsbedryf benodig word. (2 x 1) (2)
7.8.3 Noem EEN uitdaging, behalwe vir dié wat in die uittreksel genoem
is, wat ƌ toerisme-entrepreneur in die gesig kan staar. (2)
[50]
TOTAAL AFDELING D: 50
Kopiereg voorgehou Blaai om asseblief
22 TOERISME (EC/NOVEMBER 2020)
AFDELING E: PLAASLIKE-, STREEKS- EN INTERNASIONALE TOERISME,
KOMMUNIKASIE EN KLIËNTEDIENS
VRAAG 8
8.1 Bestudeer die inligting oor plaaslike toerisme en beantwoord die vrae.
8.1.1 PLAASLIKE TOERISME GROEISTRATEGIE (2012 – 2020)
Voltooi die vloeidiagram. (2 x 2) (4)
8.1.2 Verwys na die plaaslike toerisme reisaanbiedings en beantwoord
die vrae.
REISAANBIEDING A
REISAANBIEDING B
Kopiereg voorgehou Blaai om asseblief
(EC/NOVEMBER 2020) TOERISME 23
REISAANBIEDING C
Koppel elk van die reisaanbiedings genommer A, B en C met een
van die plaaslike toerisme marksegmente wat deur die
Groeistrategie vir Plaaslike Toerisme bemarkingsveldtog geteiken
is. Verskaf EEN rede waarom die reisaanbieding die belangstelling
van die geïdentifiseerde marksegment sal lok. (3 x 4) (12)
8.2 Lees die uittreksel en beantwoord die vraag.
Die SAOG-lande, saam met die res van die wêreld, ly aan die ekonomiese
skade deur die COVID-19 pandemie veroorsaak. Met inagneming van die
verskeidenheid van aantreklikhede in die SAOG streek, kan die
toerismebedryf ’n sleutelrol in vernuwing van plaaslike ekonomieë speel.
[Verwerk uit https://www.futuredirections.org.au]
Bespreek DRIE ekonomiese voordele van streekstoerisme vir SAOG
lidlande as grendeltyd-beperkings verminder word en hulle hul grense vir
streeksreise heropen. (3 x 2) (6)
[22]
Kopiereg voorgehou Blaai om asseblief
24 TOERISME (EC/NOVEMBER 2020)
VRAAG 9
9.1 Bestudeer die uittreksels oor kliëntediens vir buitelandse toeriste en
beantwoord die vrae.
RAINBOW NATION LUGDIENS
“Die vlerke van Suid-Afrika”
SPESIALE MAALTYE
Indien jy spesiale dieetvereistes het, stel ons betyds in kennis en ons sal ƌ
spesiale maaltyd aan jou verskaf.
Spesiale maaltyd-opsies
Lae-kalorie dieet: Laevet en lae-suiker maaltyd.
Asiatiese vegetariër-maaltyd: Vegetariese maaltyd met speserye en
beperkte gebruik van suiwelprodukte.
Kosjer-dieet: ƌ Maaltyd wat slegs uit kosjer-kosse bestaan, deur ƌ erkende
spesialiskombuis voorberei.
Hindoe-dieet: Maaltyd is voorberei deur Hindoe-dieetgewoontes en geloof te
respekteer.
Moslem-dieet: Maaltyd is voorberei deur Moslem-dieetgewoontes en geloof
te respekteer.
GROOT 5 WILDRESERVAAT
BELANGRIKE PUNTE OM TE ONTHOU TYDENS VERWELKOMING VAN
SJINESE BESOEKERS
x ’n Mondelingse groet, eerder as
fisiese kontak, is aanvaarbaar
x Moenie druk, op die rug slaan of
jou arm om jou Sjinese
besoekers se skouers sit as jy
hulle vir die eerste keer ontmoet
nie. Sjinese hou nie daarvan dat
vreemdelinge aan hulle raak nie
x Gebruik beide hande as jy iets
vir iemand gee, soos ƌ teekoppie
of ƌ besigheidskaartjie
9.1.1 Noem EEN voedselproduk wat uit die volgende spesiale maaltye wat
deur Rainbow Nation Lugdiens aangebied word, uitgesluit sal word:
(a) Kosjer-dieet (2)
(b) Moslem-dieet (2)
(c) Hindoe-dieet (2)
9.1.2 In ƌ paragraaf, verduidelik TWEE voordele vir die Suid-Afrikaanse
toerismebedryf as ondernemings strategieë implementeer om
respek vir die kulturele en godsdienstige praktyke van buitelandse
toeriste te toon. (2 x 2) (4)
Kopiereg voorgehou Blaai om asseblief
(EC/NOVEMBER 2020) TOERISME 25
9.2 Bestudeer die prentjie en beantwoord die vrae.
ONS ERVARING BY PARADISE-HOTEL
9.2.1 Identifiseer die tipe klagte deur die gaste gebruik, nadat hulle terug-
gekeer het huis toe, om hulle ontevredenheid met die diens wat deur
Paradise-hotel gebied is uit te spreek. (2)
9.2.2 Stel EEN manier voor hoe die bestuur van Paradise-hotel, in reaksie
op die klagte, die gaste kan beloon. (2)
9.2.3 Verduidelik TWEE voordele vir Paradise-hotel indien bogenoemde
kliëntklagte bevredigend hanteer word. (2 x 2) (4)
[18]
TOTAAL AFDELING E: 40
GROOTTOTAAL: 200
Kopiereg voorgehou Blaai om asseblief
NASIONALE
SENIOR SERTIFIKAAT
GRAAD 11
NOVEMBER 2020
TOERISME
NASIENRIGLYN
EKSEMPLAAR
PUNTE: 200
Hierdie nasienriglyn bestaan uit 13 bladsye.
2 TOERISME (EC/NOVEMBER 2020)
AFDELING A: KORTVRAE
VRAAG 1
1.1 1.1.1 B9
1.1.2 D9
1.1.3 D9
1.1.4 B9
1.1.5 A9
1.1.6 A9
1.1.7 C9
1.1.8 A9
1.1.9 C9
1.1.10 C9
1.1.11 A9
1.1.12 A9
1.1.13 B9
1.1.14 C9
1.1.15 D9
1.1.16 D9
1.1.17 C9
1.1.18 B9
1.1.19 B9
1.1.20 B9 (20 x 1) (20)
1.2 1.2.1 D9
1.2.2 G9
1.2.3 A9
1.2.4 E9
1.2.5 B9 (5 x 1) (5)
1.3 1.3.1 Prasa 9
1.3.2 deel 9
1.3.3 Geskeduleerde toer 9
1.3.4 Wêreldverspreidingstelsel 9
1.3.5 Luister aandagtig 9 (5 x 1) (5)
1.4 1.4.1 Serengeti Nasionale Park 9
1.4.2 Sanipas 9
1.4.3 Koninklike Heuwels van Ambohimanga 9
1.4.4 Mkhaya-natuureservaat 9
1.4.5 Visrivier Canyon 9 (5 x 1) (5)
1.5 1.5.1 B9
1.5.2 C9
1.5.3 E9
1.5.4 D9
1.5.5 A9 (5 x 1) (5)
TOTAAL AFDELING A: 40
Kopiereg voorgehou Blaai om asseblief
(EC/NOVEMBER 2020) TOERISME 3
AFDELING B: KAARTWERK EN TOERBEPLANNING; BUITELANDSE
VALUTAVERHANDELING
VRAAG 2
2.1 Ontspanningstoeris 99
x Natuurliefhebber
x Gesondheidstoeris (2)
2.2 Kroeg en sitkamer-area 99
x restaurant
x spa
x fiksheidsentrum
x swembad (2)
2.3 Die restaurant 9sal die beste fasiliteit wees om die kredietbewys te
gebruik.
Motivering: die spesiale aanbod sluit slegs ontbyt daagliks in. Gaste sal
dus ander maaltye by die restaurant moet eet. 99
OF
x Die kroeg sal die beste fasiliteit wees om die kredietbewys te
gebruik.
x Motivering: gaste gaan dalk ƌ drankie by die kroeg wil koop tydens
hul verblyf.
OF
x Die spa sal die beste fasiliteit wees om die kredietbewys te gebruik.
x Motivering: gaste gaan dalk ƌ spa-behandeling wil hê.
OF
x Die fiksheidsentrum sal die beste fasiliteit wees om die kredietbewys
te gebruik.
x Motivering: gaste gaan dalk wil oefeninge tydens hul verblyf doen. (3)
2.4 Lae seisoen 9
x Winter (1)
[8]
Kopiereg voorgehou Blaai om asseblief
4 TOERISME (EC/NOVEMBER 2020)
VRAAG 3
3.1 3.1.1 C 9 (1)
3.1.2 A 9
x B (1)
3.1.3 Britse Pond 9
x Pond Sterling (1)
3.1.4 VSD 9 (1)
3.1.5 Buitelandse valuta-handelaar 99
x Bureau de change
x Kommersiële bank (2)
3.2 3.2.1 ZAR 10 500,00 ÷ 9 23,53 9 = £446,24 9
OF
£446,24 999 (3)
3.2.2 ZAR 9 800,00 ÷ 920,24 9 = ¼484,19 9
OF
€484,19 999 (3)
[12]
TOTAAL AFDELING B: 20
Kopiereg voorgehou Blaai om asseblief
(EC/NOVEMBER 2020) TOERISME 5
AFDELING C: TOERISME BESIENSWAARDIGHEDE; KULTUUR-EN
ERFENISTOERISME; BEMARKING
VRAAG 4
4.1 A– Okavango-delta 99
B– Victoria-watervalle 99
C– Karibameer 99
D– Berg Kilimanjaro 99
E– Stone Town van Zanzibar 99
F– Cahora Bassa-dam 99 (6 x 2) (12)
4.2 Bootrit 99 (2)
x Mokoro-safari
4.3 Visvang 99
x Bootry
x Swem (2)
4.4 Hierdie twee aantreklikhede is op die grens tussen die twee lande
geleë. 99
x Hierdie twee aantreklikhede is op die Zambezi-rivier tussen
Zimbabwe en Zambië geleë. (2)
[18]
VRAAG 5
5.1 5.1.1 Die kulturele ervaring is eie aan die gebied en kan nêrens
anders ervaar word nie. 99 (2)
5.1.2 Kleredrag 99`
Kuns en handwerk 99
Cuisine (kos) 99 (Enige volgorde) (3 x 2) (6)
5.1.3 Elke kunssoort word by die Nasionale Kunstefees
verteenwoordig, van teater, dans, opera, kabaret, die skone
kunste, handwerkkuns, klassieke musiek, jazz tot voorlesings
van gedigte. 99
Daar is iets vir elke smaak met handwerkstalletjies, techno
danssessies (raves), middel-eeuse feesmaaltye, kuber-kafee’s,
karnavalle, straatsangers en staptoere. 99
x Die fees dien as ƌ platform vir beide erkende en ontluikende
Suid-Afrikaanse kunstenaars van ƌ verskeidenheid kulturele
agtergronde.
x Die Nasionale Kunstefees dien as ƌ platform vir kulturele
innovering en ontwikkeling. (2 x 2) (4)
Kopiereg voorgehou Blaai om asseblief
6 TOERISME (EC/NOVEMBER 2020)
5.2 5.2.1 paleontologiese 99 (2)
5.2.2 Enkele van die opgrawings is op hulle oorspronklike plek
bewaar sodat lede van die publiek oor die terrein en die
wonderlike diere wat daar ontdek is kan leer. 99
x Fossiele wat verwyder is, is by die Iziko Nasionale Museum
in Kaapstad gehuisves om die bewaring daarvan te
verseker. (2)
5.2.3 SAEHA het die Weskus-fossielpark as ƌ Nasionale
Erfenisterrein verklaar.99
Fossiele wat verwyder is by die Iziko Nasionale Museum word
in Kaapstad gehuisves om die bewaring daarvan te
verseker. 99 (2 x 2) (4)
[20]
VRAAG 6
6.1 Avontuurtoeriste 99 (2)
6.2 6.2.1 Koerante 9
Radio 9
Web-gebaseerd 9/selfoon/sosiale media/Internet (3 x 1) (3)
6.2.2 Verkoopspromosie 9
Persoonlike verkope 9
Skoue 9/uitstallings/tentoonstellings (3 x 1) (3)
6.3 MRA moes vir vlugkaartjies begroot aangesien werknemers van die
Oos-Kaap na KwaZulu-Natal moes reis om die onderneming by die
Travel & Adventure Show te verteenwoordig. 99
MRA moes vir motorverhuring begroot omdat personeel vervoer
benodig wanneer hulle in KwaZulu-Natal werk. 99
x MRA moes vir akkommodasie en voedselkostes begroot vir die
werknemers wat die onderneming by die KZN Reis-en avontuurskou
verteenwoordig het. (2 x 2) (4)
[12]
TOTAAL AFDELING C: 50
Kopiereg voorgehou Blaai om asseblief
(EC/NOVEMBER 2020) TOERISME 7
AFDELING D: TOERISMESEKTORE
VRAAG 7
7.1 Doeane en immigrasiefasiliteite 9
Addisionele sekuriteitsfasiliteite 9
x Langer aanloopbane
x Fasiliteite om groter vliegtuie te kan akkommodeer
x Fasiliteite om vrag te berg en te laai (2 x 1) (2)
7.2 7.2.1 Identiteitsdokument 9
x Paspoort (1)
7.2.2 Die toedraai van bagasie hou die inhoud van die tas veilig sodat
niemand daaraan peuter of probeer diefstal pleeg. 99
x Bagasietoedraai hou die inhoud van die tas veilig indien die
tas op enige manier beskadig sou word. (2)
7.2.3 Lugkant 9 (1)
7.2.4 Vasmaak van sitplekgordels 99
Gebruik van elektroniese toerusting aanboord die vliegtuig 99
x Gebruik van suurstofmaskers indien daar ƌ noodgeval is
x Ligging van nooduitgange
x Die posisie wat die passasiers moet inneem in die geval van
ƌ noodlanding
x Berg van skinkbordtafels (2 x 2) (4)
7.2.5 Indien ’n passasier in besit is van ƌ aanboordstapkaart gee dit
aan hom/haar toegang tot die vlug. 99
x ƌ Aanboordstapkaart is bewys dat die passasier op die vlug
bespreek het en dat hy/sy vir die vlug ingeboek het. (2)
7.2.6 Die passasier moet sy/haar aanboordstapkaart en identifikasie
dokument toon. 99
Die passasier se handbagasie en enigeiets wat hy/sy dra moet
deur die X-straal-skandeerder gesit word om geskandeer te
word. 99
x Die passasier moet deur die metaalverklikker stap om te
verseker dat hy/sy geen versteekte items dra wat nie op die
vliegtuig toegelaat word nie. (2 x 2) (4)
Kopiereg voorgehou Blaai om asseblief
8 TOERISME (EC/NOVEMBER 2020)
7.3 7.3.1 Bande en voorruitdekking – R205,0099/ R41,00 per dag
x Addisionele bestuurder – R361,00 / R361,00 per
huurkontrak
x Navigasie-eenheid/GPS – R535,00 / R107,00 per dag (2)
7.3.2 R2,00 per kilometer 99 (2)
7.3.3 Kredietkaart 99 (2)
7.3.4 Standaardversekering afstanddoening: die huurder betaal ƌ
laer premie vir die huur van die voertuig maar moet ƌ hoër
bybetaling in die geval van ƌ insident (diefstal/
botsing) betaal. 99
Superversekering afstanddoening: die huurder betaal ƌ hoër
premie vir die huur van die voertuig maar sal ƌ laer bybetaling
in die geval van ƌ insident (diefstal/botsing) betaal. 99 (2 x 2) (4)
7.4 7.4.1 x Casino’s 9
x Winkels 9 (2 x 1) (2)
7.4.2 Binnekajuite is die mees basiese vlak van gemak op ƌ
toerskip.99
x Binnekajuite is die kleinste kajuit wat vir passasiers
beskikbaar is.
x Binnekajuite het nie vensters nie.
x Binnekajuite is aan die binnekant van die skip geleë. (2)
7.5 7.5.1 x Sitplekfasiliteite 9
x Badkamerfasiliteite 9 (2)
7.5.2 Pendelaar: ƌ persoon wat op ƌ gereelde basis van een plek na
die ander reis en terug. 99 (2)
7.6 Reis op ƌ luukse toerbus is goedkoper as lugreis. 99 ƌ Retoerreis in
bogenoemde voorbeeld sal in totaal R550 kos. 99 ƌ Retoervlug tussen
Durban en Pretoria sal baie meer kos. (2 x 2) (4)
7.7 7.7.1 Aangesien drie van die grootste konferensiesentrums in Suid-
Afrika binne bereik van ƌ Gautreinstasie is kan dit lei tot ƌ
toename in die getal besigheids-/MICE/MESE toeriste na
Gauteng. 99 (2)
7.7.2 Die Gautrein Gouekaart word gebruik om vir ritte op die Gautrein
busskakelnetwerk te betaal. 99 (2)
7.7.3 ƌ Reisiger op die Gautrein-busskakelnetwerk kan brandstof
bespaar deur nie sy/haar eie voertuig te gebruik nie, maar van
die Gautrein-bus gebruik te maak. 99 (2)
Kopiereg voorgehou Blaai om asseblief
(EC/NOVEMBER 2020) TOERISME 9
7.8 7.8.1 Motivering 9
Toewyding 9
x Vermoë om onafhanklik te werk
x Bereidwilligheid om risiko’s te neem
x Kreatiwiteit
x Vermoë om ƌ geleentheid raak te sien en aan te gryp
LET WEL: Aanvaar enige relevante entrepreneurs-
vaardighede. (2 x 1) (2)
7.8.2 Positiewe gesindheid 9
ƌ Goeie spanspeler 9
x Hoflikheid
x Entoesiasme
x Respek
x Geduld
LET WEL: Aanvaar enige relevante persoonlikheids-
eienskappe. (2 x 1) (2)
7.8.3 Gepaste infrastruktuur 99
x Kompetisie
x Tekort aan kennis oor beskikbare tegnologie
x Regeringsregulasies
x Veranderinge in die mark (2)
[50]
TOTAAL AFDELING D: 50
Kopiereg voorgehou Blaai om asseblief
10 TOERISME (EC/NOVEMBER 2020)
AFDELING E: PLAASLIKE-, STREEKS- EN INTERNASIONALE
TOERISME, KOMMUNIKASIE EN KLIËNTEDIENS
VRAAG 8
8.1 8.1.1 Om plaaslike toerisme volumes te verhoog. 99
Om ƌ reiskultuur onder Suid-Afrikaners aan te moedig. 99
(Enige volgorde) (2 x 2) (4)
8.1.2 Reisopsie A:
Hoë-lewe entoesiaste 99
Rede:
Reis is ƌ manier om hulle sosiale status te verhoog, en om die
fyner dinge in die lewe in nuwe omstandighede te ervaar. 99
x Verkies ƌ naweek vakansie gevul met aktiwiteite in vergelyking
met ƌ rustige naweek wegbreek.
x Het R10 000 of meer besteebare inkomste per maand.
OF
x Welgestelde Mzanzi-families
Rede:
x Reis gaan daaroor om uit die stad te ontsnap en ƌ geleentheid
om tyd saam met familie en vriende in verskillende omgewings
deur te bring.
x Reis gaan ook daaroor om kinders aan alternatiewe leefstyle en
aktiwiteite bloot te stel.
x Spesiale aanbiedings op hotelverblyf sal hulle aanmoedig om
binne Suid-Afrika te reis.
x Het R10 000 of meer besteebare inkomste per maand.
Reisopsie B:
Spontane Sakpasverkenners 99
Rede:
Verkies ƌ naweek vakansie gevul met aktiwiteite in vergelyking met
ƌ rustige naweek wegbreek. 99
x Reis is ƌ manier om nuwe mense te ontmoet en nuwe plekke
en ervarings te ontdek.
x Reis om weg te kom van die eentonigheid van die daaglikse
lewe.
x Reis om lewenservaringe aan te vul en opwindende
herinneringe te skep.
x Het ongeveer R5 000 of meer besteebare inkomste per maand.
Kopiereg voorgehou Blaai om asseblief
(EC/NOVEMBER 2020) TOERISME 11
Reisopsie C:
Ervare ontspanningsoekers 99
Rede:
Reis om weg te breek, te ontspan en kwaliteit tyd saam met
geliefdes deur te bring. 99
x Reis is ƌ leefstyl en ƌ noodsaaklikheid.
x Hierdie groep verbruikers verstaan die waarde van
reiservarings en herinneringe bo handelsware.
x Het R5 000 of meer besteebare inkomste per maand. (3 x 4) (12)
8.2 ƌ Toename in die volume toeriste sal ƌ inkomste vir SAOG-lidlande
genereer deur toeriste-besteding, bv. verblyf, aantreklikhede, inkopies
en vervoer. 99
Toerisme is arbeidsintensief en talle mense sal in diens geneem
word. 99
Die vermenigvuldigereffek sal in werking tree wat tot ekonomiese groei
sal lei. 99
x ƌ Toename in internasionale besoekers sal tot buitelandse valuta-
inkomste lei.
x Daar sal ƌ aanvraag ontstaan vir nuwe en verbeterde toerisme
infrastruktuur ontwikkeling, bv. lughawens en kommunikasie-
netwerke.
x Groei in streekstoerisme sal buitelandse beleggings lok. (3 x 2) (6)
[22]
Kopiereg voorgehou Blaai om asseblief
12 TOERISME (EC/NOVEMBER 2020)
VRAAG 9
9.1 9.1.1 (a) Varkvleis 99
x Haasvleis
x Volstruis
x Skulpvis
x ’n Kombinasie van vleis en suiwelprodukte (2)
(b) Varkvleis99
x Kossoorte wat nie Halaal is nie (2)
(c) Vleis99
x Vis
x Eiers (2)
9.1.2 Toeriste-tevredenheid sal toeneem. 99
Toeriste sal na die land terugkeer (herbesoeke). 99
x Positiewe mondelingse advertensie sal ander toeriste
aanmoedig om die land te besoek.
x ƌ Toename in toeriste getalle sal tot verhoogde verkope lei.
x Suid-Afrika se beeld as ƌ voorkeurbestemming sal verbeter.
x Positiewe mondelingse advertensie sal die
bemarkingsbegroting verminder.
x Daar sal minder kliënteklagtes wees.
x ƌ Toename in toeristegetalle sal tot werkskepping en
vaardigheidsontwikkeling lei.
x Suid-Afrika sal ƌ mededingende voordeel bo ander lande hê.
x ƌ Toename in toeristegetalle sal tot nuwe, verbeterde
infrastruktuur ontwikkeling lei.
x Werknemers sal groter werkstevredenheid ervaar.
LET WEL: Kolpunte is gegee om nasien te vergemaklik. (2 x 2) (4)
9.2 9.2.1 Geskrewe 99
x E-pos
x webtuiste
x aanlyn (2)
9.2.2 Bied die gaste:
ƌ Geskenkbewys vir een aand se gratis verblyf vir hulle volgende
besoek. 99
x ƌ Gratis geskenkbewys vir ƌ maaltyd
x ƌ Volle terugbetaling
x ƌ Brief om verskoning te vra (2)
Kopiereg voorgehou Blaai om asseblief
(EC/NOVEMBER 2020) TOERISME 13
9.2.3 Bevredigende hantering van die klagte sal:
Die bestuur help om aspekte wat verbetering benodig te
identifiseer. 99
Kliëntetevredenheid verbeter. 99
x Herbesoeke aanmoedig.
x ƌ Beter onderneming bou.
x Tot positiewe mondelinge advertering lei.
x Tot kliëntelojaliteit lei.
x Die beeld/reputasie van die hotel verbeter.
x Die bemarkingsbegroting van die hotel verminder.
x Werknemers sal minder foute maak.
x Die bestuur sal strategieë inbring om die gehalte van
produkte en dienste te verbeter.
x Goeie positiewe mondelinge advertering sal meer kliënte
lok. (2 x 2) (4)
[18]
TOTAAL AFDELING E: 40
GROOTTOTAAL: 200
Kopiereg voorgehou Blaai om asseblief
Recommended for this subject
Published documents with matching subject and grade metadata.

Memorandum
TOURISM GR11 MEMO NOV2022 Afrikaans hlayiso.com

Memorandum
TOURISM GR11 MEMO NOV2022 Afrikaans

Memorandum
TOURISM GR11 QP MEMO NOV2020 ENG D hlayiso.com

Memorandum
TOURISM GR11 MEMO NOV2020 AFR D hlayiso.com

Memorandum
TOURISM GR11 QP MEMO NOV2020 AFR D hlayiso.com

Memorandum
TOURISM GR11 MEMO NOV2020 ENG D hlayiso.com
Related documents
Matched using subject, grade, language, document type and exam metadata.
More from Grade 11 Tourism
Explore more published documents in this catalogue.











