NASIONALE
SENIOR SERTIFIKAAT
GRAAD 11
NOVEMBER 2020
TOERISME
EKSEMPLAAR
PUNTE: 200
TYD: 3 uur
*ITRSMA*
Hierdie vraestel bestaan uit 25 bladsye.
You're offline
Skip to contentQuestion paper 











View all
TOURISM GR11 QP NOV2020 AFR D
Tourism · Grade 11 · National Exemplar November Exam · 2020 · Afrikaans. Question paper, 25 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Tourism
- Grade
- Grade 11
- Language
- Afrikaans
- Document type
- Question paper
- Year
- 2020
- Exam period
- National Exemplar November Exam
- Pages
- 25
- File size
- 2.8 MB
Loading document…
Loading document…
1 of 25
Document textSearch extracted text and jump to a page.
2 TOERISME (EC/NOVEMBER 2020)
INSTRUKSIES EN INLIGTING
Lees die instruksies aandagtig voordat die vrae beantwoord word.
1. Hierdie vraestel bestaan uit VYF afdelings.
2. ALLE vrae in AFDELING A, B, C, D en E is VERPLIGTEND.
3. Begin ELKE vraag op ʼn NUWE bladsy.
4. Jy mag ʼn nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik.
5. Dit sal tot jou voordeel wees om alle berekeninge te toon.
6. Rond alle berekeninge af tot TWEE plekke na die desimale punt.
7. Gebruik die puntetoekenning van elke vraag as ’n riglyn vir lengte van die
antwoord.
8. Skryf netjies en leesbaar.
9. Die tabel hieronder is ʼn riglyn om jou te help om jou tyd volgens elke
afdeling in te deel.
TYD
AFDELING VRAAG ONDERWERP PUNTE
MINUTE
A 1 Kortvrae 40 20
Kaartwerk en
2
Toerbeplanning
B 20 30
Buitelandse
3
Valutaverhandeling
Toerisme
4
Aantreklikhede
C Kultuur- en 50 50
5
Erfenistoerisme
6 Bemarking
D 7 Toerismesektore 50 50
Plaaslike-, Streeks-
8 en Internasionale
E Toerisme 40 30
Kommunikasie en
9
Kliëntediens
TOTAAL: 200 180
Kopiereg voorgehou Blaai om asseblief
(EC/NOVEMBER 2020) TOERISME 3
AFDELING A: KORTVRAE
VRAAG 1
1.1 Verskeie opsies word as moontlike antwoorde vir die volgende vrae
gegee. Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die
vraagnommers (1.1.1–1.1.20) in die ANTWOORDEBOEK neer,
byvoorbeeld 1.1.21 A.
1.1.1 Tegnologie in gebruik by lughawens om passasiers vir
verhoogde temperatuur te skandeer:
A Volle liggaamskandeerder
B Termiese liggaamskandeerder
C Biometriese skandeerder
D X-straal skandeerder
1.1.2 Die tradisionele gelowe, gebruike en verhale van ʼn
gemeenskap, wat mondelings deur generasies oorgedra is:
A Kultuur
B Feite
C Erfenis
D Volksverhale
1.1.3 Indien ʼn persoon wat ʼn voertuig huur ʼn R1 000 boete kry omdat
hy/sy die spoedgrens met die gehuurde voertuig oorskry het, sal
hy/sy die volgende moet betaal:
A Slegs ʼn verkeersboeteadministrasiefooi
B Slegs die bedrag van die boete
C Niks, indien hy/sy die superkwytskeldingsopsie gekies het
D ʼn Verkeersboeteadministrasiefooi en die bedrag van die
boete
1.1.4 Die Vredefortkoepel is huidig die grootste en een van die oudste
… impakterreine in die wêreld.
A asteroïde
B meteoriet
C artifak
D skeepswrak
1.1.5 ʼn Passasier op ʼn luukse toerskip wat seesiek word moet ʼn …
kajuit kies om die effek van die beweging van die see minder te
maak.
A middel van die skip
B hoëvlak-
C luukse
D suite-
Kopiereg voorgehou Blaai om asseblief
4 TOERISME (EC/NOVEMBER 2020)
1.1.6 Die Kissama Nasionale Park is in … geleë.
A Angola
B Botswana
C Demokratiese Republiek van die Kongo
D Malawi
1.1.7 Ten einde beweging gestremde passasiers te akkommodeer
het die Gautrein …
A ʼn webtuiste.
B oudio-afkondigings.
C gelyke aanboordstap-fasiliteite.
D kringtelevisiekameras.
1.1.8 Die Ngorongoro Bewaringsgebied in Noord- … is die tuiste van
een van die mees skouspelagtige safari-ervarings op die
vasteland van Afrika.
A Tanzanië
B Malawi
C Madagaskar
D Demokratiese Republiek van die Kongo
1.1.9 ʼn Semi-luukse busdiens wat passasiers by rugsakreisigers-
hostelle aflaai.
A Translux
B Algoa Bus
C Baz Bus
D SA Roadlink
1.1.10 Een van die hoof toeriste-aantreklikhede in Mauritius:
A Bazzaruto-eilandgroep
B Matopo Heuwels
C Gekleurde aarde van Chamarel
D Mana Pools
1.1.11 Die enigste oorblywende natuurskoon toeristetrein wat
ontspannende treinritte deur Suid-Afrika se platteland bied.
A Umgeni Stoomtrein
B Banana Express
C Apple Express
D Outeniqua Choo-Tjoe
Kopiereg voorgehou Blaai om asseblief
(EC/NOVEMBER 2020) TOERISME 5
1.1.12 … terreine is Nasionale Erfenisterreine en word deur die Suid-
Afrikaanse Erfenis- en Hulpbronagentskap bestuur.
A Graad I
B Graad II
C Graad III
D Graad IV
1.1.13 ʼn Voorbeeld van ʼn beroep in die toerisme gasvryheidsektor:
A Persoonlike chauffeur
B Concierge
C Kajuitpersoneel
D Professionele konferensie-organiseerder
1.1.14 Effektiewe verbale kommunikasie sluit in:
A Gebruik van vaktaal (‘jargon’)
B Gebruik van handgebare
C Verandering aan jou stemtoon
D Rusteloosheid
1.1.15 ʼn Item wat in die “Addisionele inligting” kolom met die opstel van
ʼn reisplan ingesluit kan word:
A Paspoort en visumvereistes
B Datum en duur van reis
C Vervoerreëlings
D Gesondheid- en veiligheidsmaatreëls om te verhoed dat
mens tydens ʼn vakansie siek word
1.1.16 Die Suid-Afrikaanse Minister van Toerisme is …
A Elizabeth Thabethe.
B Derek Hanekom.
C Thokozile Xasa.
D Mmamoloko Kubayi-Ngubane.
1.1.17 ʼn Versekeringsopsie met die huur van ʼn voertuig wat die huurder
van die voertuig in hulle persoonlike kapasiteit dek.
A VSK (WDW)
B DVK (TLW)
C POV (PAI)
D DAK (TWC)
1.1.18 Die hoofstad van Namibië is ...
A Luanda.
B Windhoek.
C Etosha.
D Namib.
Kopiereg voorgehou Blaai om asseblief
6 TOERISME (EC/NOVEMBER 2020)
1.1.19 As ʼn passasier van Suid-Afrika in Kaïro, Egipte land en van
vliegtuig verander op pad na Genève, Switserland word daar
gesê dat hy/sy op ʼn … -vlug is met sy/haar vertrek vanaf Kaïro,
Egipte.
A langafstand
B aansluitings
C transatlanties
D streeks
1.1.20 Drukwerk-, telefoon-, faks- en internet-uitgawes maak deel uit
van die … kostes van ʼn bemarkingsbegroting.
A voertuig en vlug
B kommunikasie
C akkommodasie
D personeel
(20 x 1) (20)
1.2 Kies ʼn term uit KOLOM B wat die beste by ’n beskrywing in KOLOM A
pas. Skryf slegs die letter (A–G) langs die vraagnommers (1.2.1–1.2.5) in
die ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 1.2.6 H. Jy mag elke gegewe
opsie slegs EEN keer gebruik.
KOLOM A KOLOM B
1.2.1 ʼn Suid-Afrikaanse trein wat luukse A Prestasiebestuur
safari treinritte in die SAOG-streek (‘Peer review’)
bied
1.2.2 ʼn Fooi wat deur die kaptein van ʼn B Opname
luukse toerskip aan hawe-owerhede
vir die gebruik van hawefasiliteite en
dienste betaal word
1.2.3 ʼn Strategie wat deur toerisme C Daar is steeds niks
ondernemings gebruik word om soos Mzanzi nie
gehaltediens te bereik en te behou (‘There’s Still Nothing
Like Mzanzi’)
1.2.4 Die slagspreuk van ʼn nasionale D Shongololo Express
bemarkingsveldtog wat daarop gemik
is om plaaslike toerisme te bevorder
1.2.5 ʼn Metode wat deur ʼn toerisme- E Niks is meer pret as
onderneming gebruik word om die ʼn Sho’t Left nie
vlak van kliëntetevredenheid te (‘Nothing’s more fun
bepaal than a Sho’t Left’)
F Bloutrein
G Hawekoste
(5 x 1) (5)
Kopiereg voorgehou Blaai om asseblief
(EC/NOVEMBER 2020) TOERISME 7
1.3 Kies die korrekte woord(e) uit dié wat tussen hakies gegee word. Skryf
slegs die woord(e) langs die vraagnommers (1.3.1–1.3.5) in die
ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 1.3.6 paspoort.
1.3.1 (Autopax/Prasa) is die organisasie wat vir die administrasie van
toeristetreine in Suid-Afrika verantwoordelik is.
1.3.2 As daar van Suid-Afrikaanse Rand na ’n buitelandse
geldeenheid omgeskakel word moet mens (deel/maal).
1.3.3 ’n Toer wat gereeld op spesifieke datums en op spesifieke tye
vertrek, ongeag die getal toeriste staan as ’n (geskeduleerde
toer/reisplan) bekend.
1.3.4 Amadeus is ʼn voorbeeld van ʼn (Sentrale Besprekingstelsel/
Wêreldverspreidingstelsel).
1.3.5 (Vra om verskoning sonder om skuld te gee/Luister aandagtig) is
die eerste stap as verbale kliënteklagtes hanteer word. (5 x 1) (5)
1.4 Kies ʼn bestemming uit die lys wat gegee word wat by ’n onderstaande
beskrywing pas. Skryf slegs die naam van die bestemming langs die
vraagnommers (1.4.1–1.4.5) in die ANTWOORDEBOEK neer. Jy mag
elke gegewe opsie slegs een keer gebruik.
Mkhaya-natuurreservaat; Sanipas; Grand Baie; Visrivier-canyon;
Serengeti Nasionale Park; Etosha Nasionale Park; Koninklike Heuwels
van Ambohimanga
1.4.1 Hierdie terrein in Tanzanië is bekend vir die jaarlikse migrasie van
meer as 1,5 miljoen wildebees en 250 000 sebra
1.4.2 Een van die skouspelagtigste en beste natuurskoon 4x4 -
voertuigroetes in die hele Afrika
1.4.3 ʼn Belangrike spirituele en geskiedkundige terrein vir die burgers
van Madagaskar
1.4.4 Hierdie park is die tuiste van die grootste bevolking van swart
renosters in die Koninkryk van Eswatini
1.4.5 In Namibië geleë en word as een van die gewildste staproetes in
Suidelike-Afrika beskou (5 x 1) (5)
Kopiereg voorgehou Blaai om asseblief
8 TOERISME (EC/NOVEMBER 2020)
1.5 Bestudeer die prente wat aspekte van Gautrein-tegnologie uitbeeld en
koppel die prent met die gegewe beskrywings hieronder gegee. Skryf
slegs die letter (A–E) langs die vraagnommers (1.5.1–1.5.5) in die
ANTWOORDEBOEK. Jy mag elke gegewe opsie slegs een keer gebruik.
A
B
C
D
E
1.5.1 “Real time” (onmidellike) inligting oor treinskedules word aan
passasiers verskaf wat op die Gautreinstasie se platform wag
1.5.2 Skandeer jou Gouekaart om toegang tot die Gautreinstasie-
platform te kry
1.5.3 Reis op die Gautrein is onmoontlik sonder ʼn Gautrein Gouekaart
1.5.4 Skandeer die QR-kode om toegang tot die Gautrein webtuiste te
kry
1.5.5 Die besonderhede van vertrek- en aankomsstasies vir elke
Gautreinreis word duidelik op die Gautrein webtuiste gegee
(5 x 1) (5)
[40]
TOTAAL AFDELING A: 40
Kopiereg voorgehou Blaai om asseblief
(EC/NOVEMBER 2020) TOERISME 9
AFDELING B: KAARTWERK EN TOERBEPLANNING; BUITELANDSE
VALUTAVERHANDELING
VRAAG 2
Lees die uittreksel en beantwoord die vrae.
2 nagte verblyf by die 5-ster Twelve Apostles Hotel & Spa vanaf slegs
R3 785 per persoon wat deel
Diensverskaffer Geldig: 01 Mei 2020 tot 30 Sep 2020
WAT IS INGESLUIT? HOTEL BESONDERHEDE
x 2 Nagte by die 5-ster Twelve
Apostles Hotel & Spa
x Ontbyt daagliks Die Twelve Apostles Hotel en Spa is
x Gratis geskeduleerde in die 12 Apostles-bergreeks geleë en
pendeldiens na en van bied wonderlike uitsigte van die
Kampsbaai en die V&A Atlantiese-oseaan. Dit is die beste
Waterfront ontspanningswegbreek om te ervaar
x R1 000 kredietbewys per terwyl jy die pragtige uitsig geniet.
kamer, per verblyf vir gebruik Fasiliteite sluit ’n kroeg en sitkamer,
by enige Twelve Apostles restaurant, spa, ’n fiksheidsentrum en
fasiliteit gedurende die ’n swembad in.
tydperk van verblyf
[Verwerk uit www.pentravel.co.za]
2.1 Identifiseer EEN tipe toeris wat van die spesiale aanbieding by die
5-ster Twelve Apostles Hotel & Spa gebruik sal maak. (2)
2.2 Noem TWEE fasiliteite van die Twelve Apostles Hotel & Spa wat by die
profiel van die toeris in VRAAG 2.1 geïdentifiseer, sal pas. (2)
2.3 Stel EEN fasiliteit voor waar ’n besoeker aan die Twelve Apostles Hotel &
Spa die R1 000 kredietbewys per kamer die beste sal kan gebruik. Motiveer
jou antwoord.
LET WEL: Oorweeg dit wat in bogenoemde spesiale aanbieding
ingesluit is. (3)
2.4 Bepaal die toerisme-seisoen waarin hierdie spesiale aanbieding beskikbaar
is. (1)
[8]
Kopiereg voorgehou Blaai om asseblief
10 TOERISME (EC/NOVEMBER 2020)
VRAAG 3
3.1 Bestudeer die prente en beantwoord die vrae. Jou antwoorde moet vanuit
die perspektief (standpunt) van ʼn Suid-Afrikaanse bank gegee word.
A
B
C
3.1.1 Identifiseer EEN letter wat by die plaaslike geldeenheid in
bogenoemde prente pas. (1)
3.1.2 Identifiseer EEN letter wat by ʼn buitelandse valuta geldeenheid
in bogenoemde prente pas. (1)
3.1.3 Gee die amptelike naam van die geldeenheid genommer B. (1)
3.1.4 Gee die geldeenheidskode van die geldeenheid genommer A. (1)
3.1.5 Noem EEN fasiliteit waar ʼn reisiger sy/haar plaaslike
geldeenheid vir buitelandse geld kan wissel. (2)
Kopiereg voorgehou Blaai om asseblief
(EC/NOVEMBER 2020) TOERISME 11
3.2 Bestudeer die wisselkoerstabel en beantwoord die vrae.
Buitelandse geldeenheid Wisselkoers
£ 23,53
€ 20,24
3.2.1 Gebruik die wisselkoerstabel en bereken hoeveel ʼn reisiger sal
ontvang as hy/sy ZAR 10 500,00 vir ʼn reis na Londen wissel.
LET WEL: Rond jou antwoord af tot TWEE plekke na die
desimale punt.
Toon ALLE berekeninge. (3)
3.2.2 Gebruik die wisselkoerstabel en bereken hoeveel ʼn reisiger sal
ontvang as hy/sy ZAR 9 800,00 vir ’n reis na Frankryk wissel.
LET WEL: Rond jou antwoord af tot TWEE plekke na die
desimale punt.
Toon ALLE berekeninge. (3)
[12]
TOTAAL AFDELING B: 20
Kopiereg voorgehou Blaai om asseblief
12 TOERISME (EC/NOVEMBER 2020)
AFDELING C: TOERISME BESIENSWAARDIGHEDE; KULTUUR-EN
ERFENISTOERISME; BEMARKING
VRAAG 4
Verwys na die inligting oor die SAOG lande en beantwoord die vrae.
SAOG BESIENSWAARDIGHEDE
4.1 Identifiseer die SAOG toerisme-besienswaardighede, genommer A tot F
wat Jake tydens sy toer gaan besoek. (6 x 2) (12)
4.2 Gee EEN voorbeeld van ʼn water-gebaseerde uitstappie wat Jake kan
onderneem om die groot verskeidenheid wild by die besienswaardigheid
genommer A is, te besigtig. (2)
4.3 Noem die gewilde aktiwiteit waaraan Jake by beide besienswaardighede
genommer C en F kan deelneem. (2)
4.4 Beskryf EEN gemeenskaplike (gedeelde) kenmerk met verwysing na die
besienswaardighede genommer B en C. (2)
[18]
Kopiereg voorgehou Blaai om asseblief
(EC/NOVEMBER 2020) TOERISME 13
VRAAG 5
5.1 Bestudeer die kulturele eienskappe op die kaart van die Oos-Kaap en
beantwoord die vrae.
5.1.1 Baie toeriste word deur die kulturele uniekheid van die Oos-Kaap
gelok.
Gee jou begrip van die konsep kulturele uniekheid. (2)
5.1.2 Identifiseer DRIE verskillende eienskappe van Xhosa-kultuur,
soos op die kaart aangedui, wat kulturele toeriste sal motiveer
om die Oos-Kaap te besoek. (3 x 2) (6)
5.1.3 Suid-Afrika se kulturele diversiteit bevorder plaaslike- en
internasionale inkomende toerisme. Elke jaar, vir 11 dae, stroom
meer as 50 000 mense na Makhanda (Grahamstad) om die
kultuurfees genommer A te besoek.
Bespreek hoe hierdie fees die ryk kulturele diversiteit van Suid-
Afrika vertoon. (2 x 2) (4)
Kopiereg voorgehou Blaai om asseblief
14 TOERISME (EC/NOVEMBER 2020)
5.2 Bestudeer die inligting en beantwoord die vrae.
Die Weskus-fossielpark te Langebaanweg in die Wes-Kaap, ongeveer
120 km noord van Kaapstad, is ʼn vyf miljoen jaar oue fossielbed wat in die
1960’s op die vloer van ʼn myn gevind is.
Deurlopende opgrawings by die paleontologiese terrein het meer as een
miljoen werwelfossiele (diere wat ʼn ruggraat het) opgelewer.
Enkele fossiele is verwyder en word nou by die Iziko Nasionale Museum
in Kaapstad gehuisves. ʼn Deel van die opgrawings is egter op die
oorspronklike plek bewaar sodat lede van die publiek oor hierdie terrein en
die wonderlike diere wat daar gevind is kan leer.
Die Weskus-fossielpark is in 2014 deur die Suid-Afrikaanse Erfenis- en
Hulpbronagentskap (SAEHA) as Nasionale Erfenisterrein verklaar.
[Verwerk uit www. https://fossilpark.org.za]
5.2.1 Voltooi die sin:
SAEHA het die Weskus-fossielpark as ʼn … Nasionale
Erfenisterrein gekategoriseer. (2)
5.2.2 Verduidelik EEN manier hoe SAEHA die Weskus-fossielpark
gebruik om Suid-Afrikaners oor ons erfenis te leer. (2)
5.2.3 Gee bewyse uit die uittreksel dat SAEHA sy rol vervul om Suid-
Afrika se erfenishulpbronne te beskerm. (2 x 2) (4)
[20]
Kopiereg voorgehou Blaai om asseblief
(EC/NOVEMBER 2020) TOERISME 15
VRAAG 6
Bestudeer die bemarkingsveldtog-prente hieronder en beantwoord die vrae.
6.1 Identifiseer die potensiële kliënte wat deur die MRA bemarkingsveldtog
geteiken word. (2)
6.2 MRA maak gebruik van ʼn verskeidenheid bemarkingstegnieke in hul
bemarkingsveldtog. Identifiseer:
6.2.1 DRIE mediareklame-promosietegnieke (3 x 1) (3)
6.2.2 DRIE promosiereklametegnieke (3 x 1) (3)
6.3 Lei TWEE redes af waarom reiskostes in MRA se bemarkingsveldtog-
begroting ingesluit word. (2 x 2) (4)
[12]
TOTAAL AFDELING C: 50
Kopiereg voorgehou Blaai om asseblief
16 TOERISME (EC/NOVEMBER 2020)
AFDELING D: TOERISMESEKTORE
VRAAG 7
Bestudeer die gevallestudie en beeld hieronder en beantwoord die vrae.
Me. Thomas, ʼn Toerisme-onderwyser in Durban, KwaZulu-Natal het beplan om
haar graad 11-klas op ʼn stadstoer van Durban se vervoerdienste te neem in April
2020.
As gevolg van die Covid-19 grendeltyd kon me. Thomas nie haar klas op die
beplande uitstappie neem nie. Sy het toe besluit om die klas na ʼn virtuele toer van
Durban en die omliggende gebied se vervoerdienste uit te nooi. Na die toer het
me. Thomas van haar leerders verwag om ʼn aantal vrae, op die virtuele
toerervaring gebaseer, te beantwoord. Die vrae word op die volgende bladsy
gegee, genommer 7.1 tot 7.6.
Die onderstaande foto’s beeld die virtuele toer uit.
Kopiereg voorgehou Blaai om asseblief
(EC/NOVEMBER 2020) TOERISME 17
7.1 Lys TWEE fasiliteite wat King Shaka Internasionale Lughawe moet hê
om dit van ʼn nasionale lughawe te onderskei. (2 x 1) (2)
7.2 Bestudeer die prentjie van die uitleg van ʼn lughawe en beantwoord die
vrae.
7.2.1 Noem EEN dokument wat ʼn passasier moet toon met hul inboek
vir ʼn vlug by die punt genommer A in die beeld. (1)
7.2.2 Stel EEN rede voor waarom ʼn passasier sy/haar bagasie sal
toedraai voor hul vir ʼn vlug inboek. (2)
7.2.3 Identifiseer die gebied van die lughawe genommer C. (1)
7.2.4 Voordat ʼn vliegtuig kan opstyg moet die kajuitpersoneel ʼn
veiligheidsdemonstrasie vir passasiers doen. Lys TWEE
veiligheidsaspekte wat in die demonstrasie ingesluit moet word.
(2 x 2) (4)
7.2.5 Verduidelik die belangrikheid van ʼn aanboordstapkaart vir ʼn
passasier wat beplan om ʼn vlug te neem. (2)
7.2.6 Bespreek die prosedure wat gevolg moet word wanneer ʼn
passasier by die gebied genommer B in die prentjie aanmeld.
(2 x 2) (4)
Kopiereg voorgehou Blaai om asseblief
18 TOERISME (EC/NOVEMBER 2020)
7.3 Bestudeer die uittreksel wat op die motorverhuringsmaatskappy wat
tydens die virtuele toer besoek is, gebaseer is en beantwoord die vrae.
Groep T Kia Picanto 1.0 LX of soortgelyk Reisplan
Versekeringsopsies Oplaai:
100 km gratis per 3 April 2020 @
dag, STANDAARD 10:00 King Shaka
AFSTAND- Lughawe
DOENING Ingsl.
200 km gratis per Aflaai:
X dag, SUPER 8 April 2020 @
AFSTAND- 10:00 King Shaka
DOENING Ingsl. Lughawe
Onbeperkte km
SUPER Voertuigkeuse:
AFSTAND- Kia Picanto 1.0 LX
DOENING Ingsl. of soortgelyk
Opsomming van opsionele ekstras:
Bande en Opsomming van
1 X R41,00 per dag koste
voorruit-dekking
Voertuig:
R493,00 per
2 NvT Babasitplek R1 710,00
huurkontrak
Addisionele R361,00 per
3 X Kontrakfooi:
bestuurder huurkontrak
R90,00
Navigasie
4 X R107,00 per dag
eenheid/GPS Opsionele
Koste van opsionele ekstras: ekstras:
1 R205,00 R1 101,00
3 R361,00
4 R535,00 TOTAAL:
Afstanddoening opsies: R2 901.00
Standaard- Addisionele
X Superversekering
versekering tarief:
(p/km) R2,00
7.3.1 Identifiseer EEN opsionele ekstra, waarvan jy die totale koste
gee, wat die huurder van die voertuig gekies het tydens die
aanlyn-bespreking hierbo. (2)
7.3.2 Gee die bedrag per kilometer wat die huurder ekstra moet betaal
indien hy/sy 200 km per dag oorskry. (2)
7.3.3 Noem die gekose betalingsmetode met die huur van ʼn voertuig. (2)
7.3.4 Verduidelik die verskil tussen standaard- en superversekering-
afstanddoening. (2 x 2) (4)
Kopiereg voorgehou Blaai om asseblief
(EC/NOVEMBER 2020) TOERISME 19
7.4 Bestudeer die uittreksel wat op MSC Bootvaarte (Cruises), wat deur die klas
tydens die virtuele toer besoek is, gebaseer is en beantwoord die vrae.
MSC
BOOTVAARTE
(CRUISES) BEGIN
KONSTRUKSIE
VAN DURBAN
BOOTVAART
TERMINAAL
MSC Bootvaarte (Cruises), het konstruksie aan die nuwe Durban bootvaart
terminaal begin. Daar is beplan dat die terminaal vanaf Januarie 2021
operasioneel sal wees.
MSC Bootvaarte (Cruises) sal die MSC Musica in Durban ontplooi. Die MSC
Musica bied aan passasiers ʼn verskeidenheid aktiwiteite en fasiliteite.
Hierdie sluit onder andere swembaddens, speelparke vir kinders, teaters,
casino’s, restaurante, winkels en nagklubs in.
Daar is ʼn verskeidenheid verblyftipes, van binnekajuite tot dié met hul eie
balkon asook elegante suites, om aan elke behoefte te voorsien.
[Aangepas uit https://www.cruiseandferry.net & https://www.msccruises.co.za]
7.4.1 Identifiseer TWEE fasiliteite, vanuit dié in die uittreksel genoem,
wat slegs oop is vir passasiers wanneer die MSC Musica op die
oop see vaar. (2 x 1) (2)
7.4.2 Verduidelik die vlak van luuksheid/gemak t.o.v verblyf wat ʼn
passasier kan verwag as hy/sy ʼn binnekajuit op die MSC Musica
bespreek. (2)
7.5 Die virtuele toer het ʼn besoek aan Moses Mabhida-treinstasie in Durban
ingesluit. Bestudeer die uittreksel wat op treinreise in Durban gebaseer is en
beantwoord die vrae.
Treinreis in Durban
Die Passasierspooragentskap van Suid-Afrika (PRASA) bedryf trein-
pendeldienste deur Metrorail, en vervoer meer as 1,7 miljoen passasiers op
weeksdae oral in Suid-Afrika.
PRASA bestuur al die stasies in Durban deur hul binnestad-takke van
Metrorail. Pendelaars wat per trein wil reis moet besluit op hulle vertrekstasie
en hulle aankomsstasie en dan ʼn kaartjie van die stasie se kaartjiekantoor
koop.
[Bron: https://www.metrorail.co.za]
7.5.1 Lys TWEE fasiliteite wat vir passasiers op die Metrorail beskikbaar
is. (2)
7.5.2 Verduidelik die begrip pendelaar. (2)
Kopiereg voorgehou Blaai om asseblief
20 TOERISME (EC/NOVEMBER 2020)
7.6 Bestudeer die uittreksel wat op luukse Greyhound busvervoer tussen
Durban en Pretoria gebaseer is en beantwoord die vraag.
Vertrekreis
Durban – Johannesburg/Pretoria met Greyhound Dreamliner van
R230,00 per persoon
Vertrekdatum: Aankomsdatum:
Vr, 10 April 2020 @ Vr, 10 April 2020 @
08:00 15:45
Retoerreis
Pretoria/Johannesburg – Durban met Greyhound Dreamliner van
R320,00 per persoon
Vertrekdatum: Aankomsdatum:
Ma, 13 April 2020 @ Di, 14 April 2020 @
22:00 05:15
[Bron: https://bookings.greyhound.co.za]
Oorweeg die totale koste van bogenoemde reis en vergelyk dit met die
totale koste van ʼn retoer vliegtuigkaartjie tussen Durban en
Johannesburg. (2 x 2) (4)
7.7 Bestudeer die uittreksel en beantwoord die vrae.
GROOTSTE NUWE ONTWIKKELINGSPLANNE VIR DIE GAUTREIN
Die Gautrein bied aan Suid-Afrikaners ʼn moderne, veilige, doeltreffende
en betroubare vervoeralternatief.
Voordele van die Gautrein is werkskepping, vaardigheidsontwikkeling,
stimulering van die ekonomie en sosiale voordele vir pendelaars en
gemeenskappe. Toerisme is nog ʼn wenner aangesien drie van die land
se grootste konferensiesentrums binne bereik van ʼn Gautreinstasie is.
ʼn Uitbreidingsplan oor die volgende aantal jare is om die bestaande
stelsel met nuwe spore en stasies uit te brei om sodoende ʼn groter
gebied te kan dek. Daar word verwag dat meer as R134 biljoen spandeer
sal word. Die beplande ontwikkelde netwerk sal skakels met bestaande
treinstasies en die toegewyde busskakelnetwerke verbeter.
[Bron: https://www.iol.co.za]
7.7.1 Identifiseer EEN voordeel van die Gautrein vir toerisme in
Gauteng. (2)
7.7.2 Lys EEN manier wat ʼn passasier wat op die Gautrein
busskakelnetwerk reis vir sy/haar kaartjie kan betaal. (2)
7.7.3 Stel EEN manier voor hoe ʼn passasier wat op die Gautrein
busskakelnetwerk reis op brandstofkostes kan bespaar. (2)
Kopiereg voorgehou Blaai om asseblief
(EC/NOVEMBER 2020) TOERISME 21
7.8 Lees die uittreksel en beantwoord die vrae.
ʼn ‘Toerisme entrepreneur’ kan gedefinieer word as ʼn persoon of ʼn groep
persone wat innoverende toerismeprodukte produseer en bestuur. In
hierdie proses moet die entrepreneur entrepreneursvaardighede asook
vaardighede wat benodig word om in die gasvryheidsbedryf te kan werk,
besit. Navorsing het getoon dat die meeste toerisme entrepreneurs
finansiële bestuur as die grootste uitdaging in hul loopbane beskou,
gevolg deur probleemoplossing en interpersoonlike vaardighede.
[Verwerk uit www.yourarticlelibrary.com & www.academicstar.us]
7.8.1 Lys TWEE entrepreneursvaardighede wat benodig word om ʼn
suksesvolle toerisme entrepreneur te wees. (2 x 1) (2)
7.8.2 Stel TWEE persoonlikheidskwaliteite (eienskappe) voor wat deur
ʼn werknemer in die gasvryheidsbedryf benodig word. (2 x 1) (2)
7.8.3 Noem EEN uitdaging, behalwe vir dié wat in die uittreksel genoem
is, wat ʼn toerisme-entrepreneur in die gesig kan staar. (2)
[50]
TOTAAL AFDELING D: 50
Kopiereg voorgehou Blaai om asseblief
22 TOERISME (EC/NOVEMBER 2020)
AFDELING E: PLAASLIKE-, STREEKS- EN INTERNASIONALE TOERISME,
KOMMUNIKASIE EN KLIËNTEDIENS
VRAAG 8
8.1 Bestudeer die inligting oor plaaslike toerisme en beantwoord die vrae.
8.1.1 PLAASLIKE TOERISME GROEISTRATEGIE (2012 – 2020)
Voltooi die vloeidiagram. (2 x 2) (4)
8.1.2 Verwys na die plaaslike toerisme reisaanbiedings en beantwoord
die vrae.
REISAANBIEDING A
REISAANBIEDING B
Kopiereg voorgehou Blaai om asseblief
(EC/NOVEMBER 2020) TOERISME 23
REISAANBIEDING C
Koppel elk van die reisaanbiedings genommer A, B en C met een
van die plaaslike toerisme marksegmente wat deur die
Groeistrategie vir Plaaslike Toerisme bemarkingsveldtog geteiken
is. Verskaf EEN rede waarom die reisaanbieding die belangstelling
van die geïdentifiseerde marksegment sal lok. (3 x 4) (12)
8.2 Lees die uittreksel en beantwoord die vraag.
Die SAOG-lande, saam met die res van die wêreld, ly aan die ekonomiese
skade deur die COVID-19 pandemie veroorsaak. Met inagneming van die
verskeidenheid van aantreklikhede in die SAOG streek, kan die
toerismebedryf ’n sleutelrol in vernuwing van plaaslike ekonomieë speel.
[Verwerk uit https://www.futuredirections.org.au]
Bespreek DRIE ekonomiese voordele van streekstoerisme vir SAOG
lidlande as grendeltyd-beperkings verminder word en hulle hul grense vir
streeksreise heropen. (3 x 2) (6)
[22]
Kopiereg voorgehou Blaai om asseblief
24 TOERISME (EC/NOVEMBER 2020)
VRAAG 9
9.1 Bestudeer die uittreksels oor kliëntediens vir buitelandse toeriste en
beantwoord die vrae.
RAINBOW NATION LUGDIENS
“Die vlerke van Suid-Afrika”
SPESIALE MAALTYE
Indien jy spesiale dieetvereistes het, stel ons betyds in kennis en ons sal ʼn
spesiale maaltyd aan jou verskaf.
Spesiale maaltyd-opsies
Lae-kalorie dieet: Laevet en lae-suiker maaltyd.
Asiatiese vegetariër-maaltyd: Vegetariese maaltyd met speserye en
beperkte gebruik van suiwelprodukte.
Kosjer-dieet: ʼn Maaltyd wat slegs uit kosjer-kosse bestaan, deur ʼn erkende
spesialiskombuis voorberei.
Hindoe-dieet: Maaltyd is voorberei deur Hindoe-dieetgewoontes en geloof te
respekteer.
Moslem-dieet: Maaltyd is voorberei deur Moslem-dieetgewoontes en geloof
te respekteer.
GROOT 5 WILDRESERVAAT
BELANGRIKE PUNTE OM TE ONTHOU TYDENS VERWELKOMING VAN
SJINESE BESOEKERS
x ’n Mondelingse groet, eerder as
fisiese kontak, is aanvaarbaar
x Moenie druk, op die rug slaan of
jou arm om jou Sjinese
besoekers se skouers sit as jy
hulle vir die eerste keer ontmoet
nie. Sjinese hou nie daarvan dat
vreemdelinge aan hulle raak nie
x Gebruik beide hande as jy iets
vir iemand gee, soos ʼn teekoppie
of ʼn besigheidskaartjie
9.1.1 Noem EEN voedselproduk wat uit die volgende spesiale maaltye wat
deur Rainbow Nation Lugdiens aangebied word, uitgesluit sal word:
(a) Kosjer-dieet (2)
(b) Moslem-dieet (2)
(c) Hindoe-dieet (2)
9.1.2 In ʼn paragraaf, verduidelik TWEE voordele vir die Suid-Afrikaanse
toerismebedryf as ondernemings strategieë implementeer om
respek vir die kulturele en godsdienstige praktyke van buitelandse
toeriste te toon. (2 x 2) (4)
Kopiereg voorgehou Blaai om asseblief
(EC/NOVEMBER 2020) TOERISME 25
9.2 Bestudeer die prentjie en beantwoord die vrae.
ONS ERVARING BY PARADISE-HOTEL
9.2.1 Identifiseer die tipe klagte deur die gaste gebruik, nadat hulle terug-
gekeer het huis toe, om hulle ontevredenheid met die diens wat deur
Paradise-hotel gebied is uit te spreek. (2)
9.2.2 Stel EEN manier voor hoe die bestuur van Paradise-hotel, in reaksie
op die klagte, die gaste kan beloon. (2)
9.2.3 Verduidelik TWEE voordele vir Paradise-hotel indien bogenoemde
kliëntklagte bevredigend hanteer word. (2 x 2) (4)
[18]
TOTAAL AFDELING E: 40
GROOTTOTAAL: 200
Kopiereg voorgehou Blaai om asseblief
Recommended for this subject
Published documents with matching subject and grade metadata.

Question paper
TOURISM GR11 QP NOV2022 Afrikaans hlayiso.com

Question paper
TOURISM GR11 QP NOV2022 Afrikaans

Question paper
TOURISM GR11 QP NOV2020 ENG D hlayiso.com

Question paper
TOURISM GR11 QP NOV2020 AFR D hlayiso.com

Question paper
TOURISM GR11 QP NOV2020 Afrikaans hlayiso.com

Question paper
TOURISM GR11 QP NOV2020 Afrikaans
Related documents
Matched using subject, grade, language, document type and exam metadata.

Memorandum
TOURISM GR11 MEMO NOV2020 Afrikaans

Memorandum
TOURISM GR11 QP MEMO NOV2020 AFR D

Memorandum
TOURISM GR11 MEMO NOV2020 AFR D

Memorandum
TOURISM GR11 MEMO NOV2020 Afrikaans hlayiso.com

Question paper
TOURISM GR11 QP NOV2017 Afrikaans hlayiso.com

Memorandum
TOURISM GR11 MEMO NOV2022 Afrikaans hlayiso.com
More from Grade 11 Tourism
Explore more published documents in this catalogue.





