You're offline
Skip to content
Question paper

TOURISM GR11 QP NOV2017 Afrikaans hlayiso.com

Subject: TourismGrade 11201724 pages
Download

Loading document…

Loading document…

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 11 NOVEMBER 2017 TOERISME PUNTE: 200 TYD: 3 uur *ITRSMA* Hierdie vraestel bestaan uit 23 bladsye.
Downloaded from hlayiso.com 2 TOERISME (EC/NOVEMBER 2017) INSTRUKSIES EN INLIGTING Lees die instruksies aandagtig voordat die vrae beantwoord word. 1. Hierdie vraestel bestaan uit VYF afdelings. 2. ALLE vrae in AFDELING A, B, C, D en E is VERPLIGTEND. 3. Begin elke VRAAG op ʼn NUWE bladsy. 4. Jy mag ʼn nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik. 5. Dit sal tot jou voordeel wees om ALLE berekeninge te toon. 6. Rond alle berekeninge af tot TWEE plekke na die desimale punt. 7. Skryf netjies en leesbaar. 8. Die volgende tabel is ʼn riglyn om jou te help om jou tyd volgens elke afdeling in te deel. TYD AFDELING VRAAG ONDERWERP PUNTE (minute) A 1 Kortvrae 40 20 Kaartwerk en 2 Toerbeplanning B 20 30 Buitelandsevaluta- 3 verhandeling Toerisme- 4 besienswaardighede C Kultuur- en 50 50 5 Erfenistoerisme 6 Bemarking D 7 Toerismesektore 50 50 Plaaslike-, Streeks- 8 en Internasionale E Toerisme 40 30 Kommunikasie en 9 Kliëntediens TOTAAL: 200 180 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/NOVEMBER 2017) TOERISME 3 AFDELING A: KORTVRAE VRAAG 1 1.1 Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee. Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommer (1.1.1–1.1.20) in die ANTWOORDEBOEK neer, bv.1.1.21 A. 1.1.1 Die geldeenheid wat gebruik word wanneer ʼn Suid-Afrikaner in Londen toer: A $ B ¥ C ZAR D £ 1.1.2 “Whatever you are looking for, it’s right here” / “Wat ookal jy soek, dit is hier” is die slagspreuk wat deur die … veldtog gebruik is. A Sho’t Left B Verantwoordelike Toerismedorp/Responsible Tourism Town C Ken jou Land of Stad/Know your Country or City D Vaya Mzanzi 1.1.3 Besigtigingstoere deur die stad per bus is voorbeelde van ... A geskeduleerde toere. B reisplanne. C die beplanningsfase van ʼn toer. D reismotiveerders. 1.1.4 Melktert is ʼn voorbeeld van … kookkuns. A Kaapse-Maleier B San C Afrikaanse D Engelse 1.1.5 Tegnologie wat by sekere internasionale lughawens gebruik word om die identiteit van passasiers te bevestig: A Termiese liggaamskandeerders B Volle liggaamskandeerders C Biometriese skandeerders D X-straal-veiligheidskandeerders Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 4 TOERISME (EC/NOVEMBER 2017) 1.1.6 Die Atlantiese Oseaan vorm die westelike grens van hierdie SAOG- lande: A Zimbabwe, Tanzanië en Malawi B Suid-Afrika, Angola en Namibië C Angola, Kenia en Malawi D Namibië, Botswana en Mozambiek 1.1.7 Suid-Afrika se eerste massa-snelvervoerstelsel staan as die ... bekend. A Gautrein B Shosholoza Meyl C Baz Bus D Metrospoor 1.1.8 Met beplanning van ʼn spyskaart, is skulpvisdisse nie geskik vir ... toeriste. A Joodse B Duitse C Hindoe D Mexikaanse 1.1.9 ʼn Fasiliteit aanboord ʼn luukse toerskip wat slegs oop is wanneer die skip ter see is: A Biblioteek B Gimnasium C Teater D Casino 1.1.10 Die betekenis van die akroniem SBS (Engels CRS): A Sentrale Bestelling Strategie B Super Bespreking Struktuur C Sentrale Bespreking Stelsel D Super Bespreking Stelsel 1.1.11 Die bedrag geld wat ʼn motorverhuringsmaatskappy aan TBCSA betaal, staan as die ... bekend. A kontrakfooi B toerismeheffing C lughawebelasting D brandstof deposito 1.1.12 Hierdie UNESCO Wêrelderfenisterrein is in Zimbabwe geleë: A Chamarel watervalle B Mana Pools Nasionale Park C Virunga Nasionale Park D Etosha Nasionale Park Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/NOVEMBER 2017) TOERISME 5 1.1.13 ʼn Voorbeeld van ʼn toevallige koste wat aangegaan kan word met die huur van ʼn voertuig: A POV (Engels PAI) B Kontrakfooi C Verkeersadministrasiefooi D Versekering 1.1.14 Die hoofstad van Swaziland: A Windhoek B Victoria C Mbabane D Maseru 1.1.15 ʼn Voorbeeld van ʼn busmaatskappy wat vervoerdienste tussen die groot stede van Suid-Afrika bied: A Algoa busmaatskappy B Golden Arrow busmaatskappy C Ricksha bus D Interkaap 1.1.16 Die bekendste landmerk in die Ngorongoro bewaringsgebied in Tanzanië is ʼn ... A vulkaan. B waterval. C krater. D woestyn. 1.1.17 ʼn Passasierspoordiens wat hoofsaaklik dienste bied tussen die middestad en voorstede aan die buitewyke van die stad: A Pendeltrein B Toeristetrein C Erfenistoeristetrein D Fantasietoeristetrein 1.1.18 Die akroniem SAOG verwys na die ... A Suidelike Afrikaanse Ontwikkelendegemeenskap. B Suidelike Afrikaanse Ondersteuningsgemeenskap. C Suidelike Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap. D Suidelike Afrikaanse Ontwikkelde gemeenskap. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 6 TOERISME (EC/NOVEMBER 2017) 1.1.19 Om die geldeenheid van een land te ruil vir die gelyke waarde daarvan in ’n ander (buitelandse) geldeenheid: A Wisselkoers B Valutaruiling C Fluktuasies D Vermenigvuldiger effek 1.1.20 Die … word as een van die wêreld se natuurlike wonders beskou. A Salonga Nasionale Park B Groot Zimbabwe Ruïnes C Namib-woestyn D Victoria-watervalle (20 x 1) (20) 1.2 Kies ʼn beskrywing/term in KOLOM B wat die beste by die lughawe en lugredery-terminologie in KOLOM A pas. Skryf slegs die letter (A–G) langs die vraagnommer (1.2.1–1.2.5) in die ANTWOORDEBOEK neer, bv. 1.2.6 H. KOLOM A KOLOM B 1.2.1 Suid-Afrika se nasionale A ʼn Lughawe wat vlugte wat in lugdiens dieselfde land begin en eindig, hanteer 1.2.2 Binnelandse lughawe B Y 1.2.3 IATA kode C SAA 1.2.4 Internasionale lughawe D Word vir die uitreik van kaartjies, besprekings en hantering van bagasie gebruik 1.2.5 Kode vir ekonomiese klas op ʼn E SA Express vliegtuig F ʼn Lughawe wat oor doeane- en immigrasie-fasiliteite beskik G J (5 x 1) (5) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/NOVEMBER 2017) TOERISME 7 1.3 Kies die korrekte woord uit dié wat tussen hakies gegee word. Skryf slegs die korrekte woord langs die vraagnommer (1.3.1–1.3.5) in die ANTWOORDEBOEK neer. 1.3.1 (Afbrekende/Opbouende) kritiek help werknemers in die toerismebedryf om kliëntediens te verbeter. 1.3.2 Volkskunde is die (verhale/liedjies) wat in spesifieke kulture van een generasie tot die volgende oorgedra word. 1.3.3 Erfenisbronne met (Graad I/Graad II) status word deur SAEHA bestuur. 1.3.4 Die jaarlikse Indaba toerisme reisskou wat in Durban gehou word, is ʼn voorbeeld van ʼn (bo-die-lyn/onder-die-lyn) promosie-tegniek. 1.3.5 (Bemarking/Marknavorsing) is ʼn georganiseerde manier om inligting te versamel, te analiseer en te interpreteer. (5 x 1) (5) 1.4 Kies ʼn woord(e) uit die gegewe lys wat elk van die onderstaande beskrywings/stellings die beste beskryf. Skryf slegs die woord(e) langs die vraagnommer (1.4.1–1.4.5) in die ANTWOORDEBOEK neer. Jy mag elke gegewe opsie slegs een keer gebruik. Karibameer; Malutiberge; Bazaruto Eilandgroep; Tsingy de Bemaraha Strict Natuurreservaat; Okavango Delta; Tamarin Bay; Liwonde nasionale Park; Malawi meer 1.4.1 Een van die hoogtepunte vir toeriste wat hierdie netwerk van vleilande, mere, waterweë en eilande in Botswana besoek, is ʼn mokoro uitstappie. 1.4.2 Hierdie aantreklikheid, geleë op die weskus van Mauritius, is bekend vir seilplankry en branderplankry. 1.4.3 ʼn Kunsmatige meer op die grens tussen Zambië en Zimbabwe geleë. 1.4.4 Basoeto-ponieritte en perdry-roetes bied aan toeriste asemrowende uitsigte van hierdie aantreklikheid. 1.4.5 ʼn Groep van vyf eilande langs die ooskus van Mosambiek. (5 x 1) (5) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 8 TOERISME (EC/NOVEMBER 2017) 1.5 Herrangskik die stappe wat na ʼn reis op die Gautrein verwys in die korrekte volgorde sodat elke stap die vorige een in ʼn logiese volgorde volg. Skryf slegs die letters (A–E) langs die vraagnommer (1.5.1–1.5.5) in die ANTWOORDEBOEK, byvoorbeeld 1.5.6 F. 1.5.1 A – Hou die elektroniese vertoonborde op die trein dop vir bestemmings en treintye 1.5.2 B – Koop jou Goue Kaart 1.5.3 C – Klim by jou bestemming af 1.5.4 D – Trek (Engels. ‘swipe’) jou Goue Kaart 1.5.5 E – Kry toegang tot die platform (5 x 1) (5) [40] TOTAAL AFDELING A: 40 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/NOVEMBER 2017) TOERISME 9 AFDELING B: KAARTWERK EN TOERBEPLANNING; BUITELANDSE VALUTA VERHANDELING VRAAG 2 2.1 Bestudeer die onderstaande pakkettoer en beantwoord die vrae. Askari Safarigastehuis (Game Lodge) en Spa – Magaliesburg (2 nagte) Dag 1 Vlug: Port Elizabeth na Johannesburg Motorhuur: Avis Car Hire Verblyf: Askari Safarigastehuis en Spa Dag 2 Motorhuur: Avis Car Hire Verblyf: Askari Safarigastehuis en Spa Dag 3 Motorhuur: Avis Car Hire Vlug: Johannesburg na Port Elizabeth Ingesluit:  Retoervlugte van Port Elizabeth na Johannesburg  3 Dae motorverhuring met 200 km gratis daagliks, beperkte afstanddoening, lughawebelasting en toerismeheffing  2 Nagte verblyf by Askari Safarigastehuis en Spa  Ontbyt en aandete daagliks  BONUS: Een wildrit per verblyf  Reisdatums: 1 November 2017 – 31 Januarie 2018  Koste: R4 406 pp. wat deel  [Bron: www.thompsons.co.za] 2.1.1 Lys TWEE dienste wat aan gaste wat bostaande toer bespreek, gebied word. (2) 2.1.2 Noem EEN tipe toeris wat sal oorweeg om die bostaande toer te bespreek. Motiveer jou antwoord. (2) 2.1.3 Identifiseer EEN reismotiveerder vir die pakkettoer. (2) 2.1.4 Stel TWEE items voor wat ʼn toeris moet pak ter voorbereiding vir die pakkettoer. Neem die tyd van die jaar in ag wanneer die toer beskikbaar is. (2) [8] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 10 TOERISME (EC/NOVEMBER 2017) VRAAG 3 Bestudeer die gegewe wisselkoerse en beantwoord die vrae. Buitelandse valuta Valutakode Wisselkoers Verenigde State van Amerika Dollar USD 14,19 Euro EUR 15,29 Pond GBP 17,62 3.1 Thembela van Port Elizabeth keer terug van haar besigheidsreis na die VSA. Sy het $75 van haar sakgeld oor. Bereken hoeveel rand sy sal ontvang as sy haar buitelandse valuta vir plaaslike valuta ruil. Onthou om al die stappe van jou berekening te toon. (3) 3.2 Melanie beplan ʼn besoek aan haar familie in Londen. Sy het R8 500 wat sy as sakgeld vir haar toer gaan gebruik. 3.2.1 Melanie het nog nooit internasionaal gereis nie, maar het al van die begrip “fluktuasies” met betrekking tot valutawisseling gehoor. Verduidelik dié begrip aan haar. (2) 3.2.2 Lys TWEE plekke waarheen Melanie moet gaan om haar plaaslike valuta vir buitelandse valuta voor haar vertrek te ruil. (2) 3.2.3 Bereken hoeveel van die buitelandse valuta sy sal ontvang as sy haar rand verruil vir die geldeenheid van die land wat sy gaan besoek. Onthou om al die stappe van jou berekening te toon. (3) 3.3 Verduidelik hoe die geld wat beide Thembela en Melanie in die onderskeie lande wat hulle gaan besoek spandeer, tot die plaaslike ekonomie van dié lande gaan bydra. (2) [12] TOTAAL AFDELING B: 20 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/NOVEMBER 2017) TOERISME 11 AFDELING C: TOERISMEBESIENSWAARDIGHEDE; KULTUUR EN ERFENISTOERISME; BEMARKING VRAAG 4 Verwys na die onderstaande prente van die SAOG toerisme aantreklikhede en beantwoord die vrae. Cahora Bassa Dam Koninklike Heuwels van Ambohimanga Kahuzi-Biega Nasionale Park Die Tsodilo Heuwels Matopo Heuwels 4.1 Noem EEN aktiwiteit waaraan toeriste kan deelneem as hulle die Cahora Bassa Dam besoek. (1) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 12 TOERISME (EC/NOVEMBER 2017) 4.2 Teken en voltooi die onderstaande tabel oor in jou ANTWOORDEBOEK. EEN rede waarom dit as ʼn SAOG aantreklikheid Land top toeriste aantreklikheid beskou word Bv. Visrivier Canyon Namibië Dit is die tweede grootste canyon ter wêreld Cahora Bassa Dam (3) Koninklike Heuwels van Ambohimanga (3) Kahuzi-Biega Nasionale Park (3) Die Tsodilo Heuwels (3) Matopo Heuwels (3) [16] VRAAG 5 5.1 Lees die onderstaande stelling en beantwoord die vrae. Die Reënboog Nasie is die naam wat aan Suid-Afrika deur Aartsbiskop Desmond Tutu na afloop van die eerste demokratiese verkiesing in 1994 gegee is. Hierdie is ʼn gepaste, beskrywende naam wat die kulturele uniekheid en diversiteit van Suid-Afrika omskryf. 5.1.1 Verduidelik wat jy onder die volgende begrippe verstaan: (a) Kulturele uniekheid (2) (b) Kulturele diversiteit (2) 5.1.2 Identifiseer die kultuurgroep wat die kulturele uniekheid van Suid- Afrika in die Oos-Kaap die beste verteenwoordig. (2) 5.1.3 Bespreek TWEE aspekte van die tradisionele drag van die kultuurgroep wat in VRAAG 5.1.2 geïdentifiseer is, wat toeriste na die Oos-Kaap sal lok. (2 x 2) (4) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/NOVEMBER 2017) TOERISME 13 5.2 Bestudeer die logo van SAEHA en beantwoord die onderstaande vrae. 5.2.1 Vul die ontbrekende inligting genommer A in om die logo te voltooi. (2) 5.2.2 Skryf ʼn paragraaf waarin jy DRIE funksies wat deur SAEHA vervul word met betrekking tot die nasionale besit verduidelik. (3 x 2) (6) 5.2.3 Verduidelik waarom spesiale erfenispermitte benodig word om aan strukture ouer as 60 jaar veranderinge te maak, of om te vernietig. (2) [20] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 14 TOERISME (EC/NOVEMBER 2017) VRAAG 6 Bestudeer die collage oor bemarkingstegnieke en beantwoord die vrae. Vertaling: 2nd person flies at half price / 2de persoon vlieg teen halfprys Book your Mauritius holiday, December and January departures / Bespreek jou Mauritius vakansie, Desember en Januarie vertrek Travel ideas / Reis-idees The best in family travel / Die beste in familie-reis Win a holiday a year until 2019 / Wen ʼn vakansie per jaar tot 2019 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/NOVEMBER 2017) TOERISME 15 6.1 Flight Centre is een van Suid-Afrika se voorste reishandelaars. Die besigheid gebruik ʼn kombinasie van verskillende promosietegnieke om hulle teikenmark te bereik. Van die collage, identifiseer SES promosietegnieke wat deur Flight Centre gebruik word om hulle besigheid te bemark. Teken en voltooi die onderstaande tabel oor in jou ANTWOORDEBOEK. Bo-die-lyn promosietegnieke Onder-die-lyn promosietegnieke (6 x 1) (6) 6.2 Identifiseer die TWEE hoofsegmente van Flight Centre se teikenmark. (2 x 1) (2) 6.3 Stel TWEE metodes voor wat die bestuur van Flight Centre kan gebruik om die effektiwiteit (te bepaal) van die verskillende promosietegnieke wat hulle gebruik. (2 x 2) (4) 6.4 Flight Centre bied ʼn tolvry-nommer aan waarop kliënte met hulle kontak kan maak. Verduidelik waarom die voorsiening van hierdie diens ʼn impak op die bemarkingsbegroting van Flight Centre sal hê. (2) [14] TOTAAL AFDELING C: 50 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 16 TOERISME (EC/NOVEMBER 2017) AFDELING D: TOERISME SEKTORE VRAAG 7 7.1 Bestudeer die onderstaande uittreksel en beantwoord die vrae. SA verbruikers het ʼn keuse as dit by lugrederye kom Suid-Afrikaanse binnelandse reisigers het ʼn keuse tussen ʼn verskeidenheid lugrederye wat in die mark kompeteer. Kliënte wat op soek is na goedkoop vlugte oorweeg dikwels laekoste lugrederye, waarvan FlySafair een is. FlySafair se goedkoopste tarief bied ʼn sitplek op die vliegtuig en 7 kg handbagasie aan. Kliënte kan daarna, teen ʼn klein tarief, verskeie ander items byvoeg, byvoorbeeld inboek-bagasie en gekose sitplekke. PLZ 18:55 – 20:35 JNB JNB 16:50 – 18:30 PLZ 01h40m, geen stop, 01h40m, geen stop, ekonomiese klas ekonomiese klas Vlug nr. FA233 Vlug nr. FA232 R758 7 kg handbagasie + R150 R658 7 kg handbagasie + R150 vir inboek-bagasie vir inboek-bagasie Totale prys: ZAR 1 416 vir een reisiger [Bron: www.flysafair.co.za] 7.1.1 Lys EEN voorbeeld, wat nie in die leesstuk gegee is nie, van ʼn laekoste lugredery wat in Suid-Afrika dienste bied. (1) 7.1.2 Identifiseer, deur van die IATA kodes in die voorbeeld gebruik te maak, die vertrek en aankomsstede van Vlug nr. FA232. (2 x 1) (2) 7.1.3 Bespreek, deur TWEE voorbeelde te gee, hoe ʼn laekoste lugredery van ander lugrederye verskil. (2 x 2) (4) 7.1.4 Lei af watter tipe vliegtuig, ʼn smalromp of ʼn wyeromp vliegtuig, deur FlySafair gebruik word. Motiveer jou antwoord. (2 x 2) (4) 7.1.5 Verduidelik aan ʼn passasier wat vir die eerste keer vlieg hoe om in te boek met aankoms by die lughawe. (3 x 2) (6) 7.1.6 Tabuleer EEN voordeel en EEN nadeel vir ʼn passasier om in ʼn gang-sitplek te sit op ʼn vliegtuig. (2 x 2) (4) 7.1.7 Bereken die totale prys vir ʼn kaartjie indien ʼn passasier een item van inboek-bagasie op elkeen van die bene van die retoervlug neem wat in die voorbeeld gegee word. Onthou om al die stappe van jou berekening te toon. (2) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/NOVEMBER 2017) TOERISME 17 7.2 Lees die uittreksel oor die motorverhuringsbedryf en beantwoord die vrae. Vuyani Zulu huur ʼn voertuig van justcarhire. Hy besluit op ʼn Kia Picanto. Besonderhede van huur Optel: 8 Oktober 2017 08:30 Oos-Londen Lughawe Aflaai: 10 Oktober 2017 08:30 Oos-Londen Lughawe Versekeringstipe: SBSK (Engels Metode van betaling: Kredietkaart SCDW) en SDVK (Engels STLW) Addisionele dienste: Ingesluit: 200km per dag en R2.26 Addisionele bestuurder per daaropvolgende kilometer, GPS versekering, lughawe belasting, toerismeheffing, BTW. Prys: Huur R664 (2 dae @ R332 per Uitgesluit: Brandstof, versekering dag) bybetaling (R2640), skade aan Addisionele dienste: R546 voorruit, waterskade of skade aan Kontrakfooi: R77 bande, POV (Engels PAI). Totaal: R1 287 [Bron: www.justcarhire.co.za] 7.2.1 Identifiseer die dokument wat Vuyani moet toon as hy die voertuig afhaal. (2) 7.2.2 Verduidelik die tipe versekering wat as SBSK (Engels SCDW) bekend staan. (2) 7.2.3 Verduidelik wat die begrip “versekering bybetaling” beteken. (2) 7.2.4 Gee ʼn oorsig van items wat in POV (Engels PAI) ingesluit word. (2) 7.2.5 Bespreek waarom motorverhuringsmaatskappye van kliënte verlang om deur middel van ʼn kredietkaart vir die huur van hulle voertuig te betaal. (2 x 2) (4) 7.2.6 Bereken die bedrag wat Vuyani moet betaal indien hy dié voertuig teen die gekwoteerde prys huur en 460 km ry. Onthou om al die stappe van jou berekening te toon. (3) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 18 TOERISME (EC/NOVEMBER 2017) 7.3 Die bestuur van Gautrein neem pendelaars se veiligheid baie ernstig op en het streng sekuriteitsmaatreëls in plek gestel om te verseker dat hulle veilig is as hulle van die Gautrein gebruik maak. Skryf ʼn paragraaf waarin jy die veiligheid en sekuriteitsmaatreëls van die Gautrein bespreek. Sluit die volgende aspekte in by jou paragraaf:  Gautrein-stasies (2)  Aan boord die Gautrein (2) 7.4 Bestudeer die foto’s wat aan boord die MSC Sinfonia luukse toerskip geneem is en beantwoord die vraag. Suite Binnekajuit Die MSC Sinfonia beskik oor ʼn reeks verblyf-moontlikhede om aan die begroting en spesifieke vereistes van hulle gaste te voldoen. Onderskei tussen die TWEE tipes verblyf wat hierbo uitgebeeld is. (2 x 2) (4) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/NOVEMBER 2017) TOERISME 19 7.5 Lees die uittreksel oor entrepreneursgeleenthede in toerisme en beantwoord die vrae. Jong SA Entrepreneur gebruik fietstoere om internasionale besoekers aan die “ware SA” bekend te stel Jeffrey Mulaudzi, ʼn jong entrepreneur van een van Johannesburg se oudste woongebiede, Alexandra, bied aan toeriste die geleentheid om die “ware Alexandra” deur fietstoere te ervaar. Mulaudzi het gedurende die 2010 FIFA Wêreldbeker Sokkertoernooi ʼn geleentheid raakgesien om toeriste aan die mense en leefstyl van Alexandra bekend te stel. Hy het daarna toerbrosjures gemaak en sy dienste bemark, en daardeur sy kliëntebasis vergroot. Vandag neem hy drie toergidse in diens en is gasheer vir drie toere per week. Die koste van die toere is R200 vir 2½ uur en R400 vir ʼn 4 uur toer. Die prys sluit huur van fietse, fietsry-valhelms, water en middagete, deur die plaaslike gemeenskap voorberei, in. Jeffrey se leuse is: “Moet nooit tou opgooi nie!” [Bron: www.southafrica.info] 7.5.1 Identifiseer TWEE eienskappe waaroor Jeffrey beskik wat hom in staat stel om ʼn suksesvolle entrepreneur te wees. (2 x 1) (2) 7.5.2 Lei EEN probleem af wat Jeffrey kon ondervind het toe hy sy besigheid op die been gebring het. (2) [50] TOTAAL AFDELING D: 50 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 20 TOERISME (EC/NOVEMBER 2017) AFDELING E: PLAASLIKE-, STREEKS- EN INTERNASIONALE TOERISME, KOMMUNIKASIE EN KLIËNTEDIENS VRAAG 8 8.1 Bestudeer die onderstaande elemente van reisgedrag en voorkeure van die binnelandse toerisme marksegmente en beantwoord die vrae. A B C  Spesiale naweek  Reis is ʼn leefstyl.  Reis om die aanbiedinge met baie  Spandeer kwaliteit stadslewe te aktiwiteite. tyd saam met ontsnap.  Maak nuwe vriende. geliefdes.  Spandeer tyd saam  Ontdek nuwe plekke.  Reiservarings en met die gesin in  Pret! Pret! Pret! herinneringe is nuwe en belangrik. verskillende plekke.  Stel die kinders aan verskillende aktiwiteite bloot. Benoem die binnelandse marksegmente genommer A, B en C wat geïdentifiseer is om deel uit te maak van die Plaaslike Toerisme Groeistrategie (2012–2020) bemarkingsveldtog. (3 x 2) (6) 8.2 Bestudeer die uittreksel en beantwoord die daaropvolgende vrae. ʼn Opname van binnelandse toerisme het getoon dat Mei-maand die minste gewild vir ontspanningsreise in Suid-Afrika is, terwyl die gewildste maand vir ontspanningsreise Desember is. [Verwerk uit http://www.fin24.com] 8.2.1 Gee EEN rede waarom binnelandse toeriste verkies om in Desember te reis. (2) 8.2.2 Identifiseer EEN strategiese doelwit van die Plaaslike Toerisme Groeistrategie (2012–2020) wat spesifiek daarop gemik is om die maande wat minder gewild is vir ontspanningsreise onder binnelandse toeriste aan te spreek. (2) 8.2.3 Verduidelik TWEE maniere waarop die Plaaslike Toerisme Groeistrategie (2012–2020) beplan om die doelwit gemeld in VRAAG 8.2.2 aan te spreek. (2 x 2) (4) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/NOVEMBER 2017) TOERISME 21 8.3 Bestudeer die kaart van die SAOG lidlande en beantwoord die vrae. 8.3.1 Benoem die land aangedui as D. (1) 8.3.2 Benoem die hoofstad van die land aangedui as E. (1) 8.3.3 Skryf die letter van die land wat toeriste sal besoek as hulle in die poort Dodoma aankom. (1) 8.3.4 Noem EEN tipe vervoer waarvan ontspanningstoeriste van Suid- Afrika hoofsaaklik gebruik sal maak as hulle beplan om die land aangedui as A te besoek. (1) 8.4 Om in Suidelike Afrika te reis is ʼn onvergeetlike ervaring. Dit is ʼn streek van uiterstes – ʼn wêreld in 15 lande. 8.4.1 Benoem die SAOG liggaam verantwoordelik vir die ontwikkeling van toerisme en streeksbestemmings-bemarking in die 15 Suider- Afrika lande. (2) 8.4.2 Bespreek EEN voordeel van streekstoerisme vir die SAOG lidlande. (2) [22] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 22 TOERISME (EC/NOVEMBER 2017) VRAAG 9 9.1 Bestudeer die onderstaande uittreksel oor kliëntediens vir buitelandse toeriste en beantwoord die vrae. Navorsing wat deur die MasterCard-Crescent Rating Global Muslim Travel Index vir 2016 bekend gemaak is, het getoon dat, in 2015, daar ʼn beraamde globale getal van 117 miljoen inkomende Moslem besoekers was. Hierdie verteenwoordig bykans 10% van die hele reismark. Die snelgroeiende Moslem reissegment is ʼn geleentheid vir die toerismebedryf van Suid-Afrika. Om hieruit voordeel te trek is dit belangrik om die behoeftes en voorkeure van Moslemreisigers te verstaan en ook hoe produkte en dienste vir hulle aangepas moet word. [Verwerk uit http://traveller24.news24.com] Personeelopleiding kan die Moslem gaste-ervaring maak of breek. Bespreek TWEE aspekte van die Moslem reismarksegment wat deur die bestuur van ʼn hotel tydens hulle gaste-gebaseerde personeelopleidings- program aangespreek moet word. (2 x 2) (4) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/NOVEMBER 2017) TOERISME 23 9.2 Bestudeer die onderstaande prente en beantwoord die vrae. 9.2.1 Amadeus is ʼn voorbeeld van ʼn wêreldverspreidingstelsel. Noem TWEE ander voorbeelde van bekende WVSe (Engels GDSs) wat deur reisagentskappe gebruik word. (2) 9.2.2 Verduidelik, deur na die paartjie se behoeftes te vervys, hoe Penika Reisagentskap se gebruik van WVS-tegnologie (Engels GDS) hulle reisreëlings kan vergemaklik. (2 x 2) (4) 9.2.3 Identifiseer TWEE strategieë wat Penika Reisagentskap kan implementeer om gehalte dienslewering vir hulle kliënte te bereik en te handhaaf. (2 x 2) (4) 9.2.4 Beskryf TWEE voordele van gehalte kliënte dienslewering deur ʼn reisagentskap. (2 x 2) (4) [18] TOTAAL AFDELING E: 40 GROOTTOTAAL: 200 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com

Published documents with matching subject and grade metadata.

Matched using subject, grade, language, document type and exam metadata.

More from Grade 11 Tourism

Explore more published documents in this catalogue.

View all
TOURISM GR11 QP NOV2017 Afrikaans hlayiso.com | Hlayiso