NASIONALE
SENIOR SERTIFIKAAT
GRAAD 11
NOVEMBER 2022
TOERISME
(EKSEMPLAAR)
PUNTE: 200
TYD: 3 uur
Hierdie vraestel bestaan uit 22 bladsye.
You're offline
Skip to contentQuestion paper 











View all





TOURISM GR11 QP NOV2022 Afrikaans
Tourism · Grade 11 · Exemplar November Exam · 2022 · Afrikaans. Question paper, 22 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Tourism
- Grade
- Grade 11
- Language
- Afrikaans
- Document type
- Question paper
- Year
- 2022
- Exam period
- Exemplar November Exam
- Pages
- 22
- File size
- 1.9 MB
Loading document…
Loading document…
1 of 22
Document textSearch extracted text and jump to a page.
2 TOERISME (EC/NOVEMBER 2022)
INSTRUKSIES EN INLIGTING
Lees die instruksies aandagtig deur voordat u die vrae beantwoord.
1. Hierdie vraestel bestaan uit VYF afdelings.
2. AL die vrae in AFDELING A, B, C, D en E is VERPLIGTEND.
3. Begin ELKE VRAAG op ʼn NUWE bladsy.
4. Jy mag ʼn nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik.
5. Dit sal tot u voordeel wees om alle berekeninge te toon.
6. Rond u berekeninge tot twee plekke na die desimale punt in VRAAG 3.4 af.
7. Skryf netjies en leesbaar.
8. Die volgende tabel is ʼn gids om u te help om u tyd volgens elke afdeling
toe te ken.
AFDELING VRAAG ONDERWERP PUNTE TYD
A 1 Kortvrae 40 punte 20 minute
Kaartwerk en
2 Toerbeplanning
B 20 punte 30 minute
Buitelandse
3
Valutaverhandeling
Toerisme
4 Aantreklikhede
C Kultuur en 50 punte 50 minute
5
Erfenistoerisme
6 Bemarking
D 7 Toerismesektore 50 punte 50 minute
Binnelandse,
Streeks- en
8
Internasionale
E 40 punte 30 minute
Toerisme
Kommunikasie en
9
Kliëntediens
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/NOVEMBER 2022) TOERISME 3
AFDELING A: KORTVRAE
VRAAG 1
1.1 Vier opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee.
Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommers
(1.1.1 tot 1.1.20) in die ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 1.1.21 A.
1.1.1 Die mees geskikte fasiliteit vir die ruil van rand vir buitelandse
valuta.
A Groot hotelle
B Toerskepe
C Vakansieoorde
D Buitelandsevaluta-handelaars
1.1.2 Die hoofstad van Angola:
A Kissama
B Luanda
C Libreville
D Kinshasa
1.1.3 Die belangrikste faktore om in ag te neem met die opstel van ʼn
toeristeprofiel.
A Reismotiveerder, begroting, datums en lengte van die toer
B Roetebeplanning, klere om in te pak, reisdatums
C Reismotiveerder, koste, roetebeplanning
D Bykomende inligting, aktiwiteite, begroting
1.1.4 Waardevolle items soos historiese geboue wat uit vorige
generasies oorgedra is en deel uitmaak van die geskiedenis van
ʼn groep of ʼn nasie:
A Erfenis
B Diversiteit
C Tradisie
D Kultuur
1.1.5 ʼn Persoon wat in die gasvryheidsbedryf werk, moet ...
A ʼn toerbus kan bestuur.
B ʼn vlieënierslisensie hê.
C ʼn gekwalifiseerde sjef wees.
D goed in spanverband kan werk.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
4 TOERISME (EC/NOVEMBER 2022)
1.1.6 Die Visrivier-canyon lok toeriste na ...
A Botswana.
B Namibië.
C Demokratiese Republiek van die Kongo.
D Suid-Afrika.
1.1.7 As ʼn Gautrein-passasier die QR-kode op die inligtingsblaadjie
skandeer ...
A sal hy/sy outomaties op die volgende beskikbare trein
bespreek word.
B sal hy/sy in kontak met die Gautrein-webwerf geplaas word.
C hoef hy/sy nie 'n goue kaart te hê om op die Gautrein te reis
nie.
D mag hy/sy op die Gautrein eet en drink.
1.1.8 Die jaarlikse Nasionale Kunstefees wat in ... gehou word, lok ʼn
groot aantal plaaslike toeriste.
A Gqeberha
B Makhanda
C Kariega
D Qonce
1.1.9 ʼn Toer wat beplan word om op ʼn gereelde basis te vertrek,
ongeag die aantal toeriste wat daarop bespreek is.
A Algemene toer
B Inklusiewe toer
C Geskeduleerde toer
D Persoonlike toer
1.1.10 ʼn Voorbeeld van ʼn promosiereklametegniek (onder-die-lyn):
A Radio
B Uitstalling
C Oudiovisuele vertoning
D Tydskrif
1.1.11 Advies aan iemand wat ʼn motor van ʼn motorverhurings-
maatskappy huur.
A Kontroleer die voertuig deeglik vir enige skade voordat u die
verhuringsdepot verlaat.
B Maak seker dat u genoeg kontant by u het.
C Kies die goedkoopste opsie, selfs al is die voertuig nie
heeltemal geskik nie.
D Om ʼn voertuig te huur, moet die bestuurder ouer as 25 jaar
wees.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/NOVEMBER 2022) TOERISME 5
1.1.12 Hierdie SAOG-lande grens aan die Indiese Oseaan aan die
oostekant:
A Suid-Afrika en Angola
B Malawi en Tanzanië
C Angola en Malawi
D Mosambiek en Tanzanië
1.1.13 Indien daar ʼn noodgeval is wanneer jy op die Gautrein reis:
A Bel die polisie
B Maak die deur oop en spring uit
C Maak gebruik van die trein se diensremme
D Druk die alarmknoppie in die treinwa
1.1.14 ʼn Mark- ... is ʼn ander naam vir ʼn groep toerisme-kliënte wat
eenders is en soortgelyke eienskappe deel.
A volume
B profiel
C sektor
D segment
1.1.15 ʼn Reisiger wat R32 250 vir ʼn sakereis na Duitsland verruil teen
ʼn wisselkoers van 17,46 ontvang:
A €563 085,00
B €1 847,08
C $563 085,00
D $1 847,08
1.1.16 Die Suid-Afrikaanse minister van Toerisme is ...
A Lindiwe Sisulu.
B Mmamoloko Kubayi-Ngubane.
C Thokozile Xasa.
D Fikile Mbalula.
1.1.17 ʼn Toeroperateur vorm deel van die ... sektor van die
toerismebedryf.
A reisorganiseerder
B bestemmingsorganiseerder
C ondersteuningsdienste
D kommersiële
1.1.18 ... vorm deel van die volksoorlewerings van verskillende kulture
in Suid-Afrika.
A Storievertelling
B Voedselsoorte
C Tradisionele leierskap
D Tradisionele medisyne
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
6 TOERISME (EC/NOVEMBER 2022)
1.1.19 ʼn Reisplan is ʼn ...
A lys van uitgawes wat ʼn reisiger kan verwag om tydens sy
toer te betaal.
B skedule insluitend datums, tye, aktiwiteite en verblyf vir ʼn
toer.
C lys met inligting oor wat reisigers vir hul reis moet inpak.
D skedule wat die besonderhede in ʼn toeristeprofiel insluit.
1.1.20 ... sal werknemers in die toerismebedryf help om dienslewering
aan kliënte te verbeter.
A Bemarking
B Opbouende kritiek
C Negatiewe kritiek
D Selfone (20 x 1) (20)
1.2 Kies ʼn term uit KOLOM B wat ooreenstem met ʼn beskrywing in KOLOM A.
Skryf slegs die letter (A–H) langs die vraagnommers (1.2.1 tot 1.2.5) in die
ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 1.2.6 I. Jy mag ʼn gegewe opsie
slegs een keer gebruik.
KOLOM A KOLOM B
1.2.1 Word gewoonlik gesê met ʼn effense A Haram
buig en hande saamgedruk
1.2.2 ʼn Term om voedsel te beskryf wat B Advertensiebord
voldoen aan ʼn streng stel dieetreëls in
Judaïsme
1.2.3 ʼn Japannese vertoning van respek, C Brosjure
berou, dankbaarheid en groet
1.2.4 ʼn Groot buitelugreklame-struktuur D Namaste
1.2.5 Gewoonlik gevou en bevat slegs ʼn E Videomuur
opsomming van inligting wat
promosiegerig is
F Buig
G Strooibiljet
H Kosjer
(5 x 1) (5)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/NOVEMBER 2022) TOERISME 7
1.3 Kies die korrekte woord(e) vanuit dié tussen hakies. Skryf slegs die woord
langs die vraagnommers (1.3.1 tot 1.3.5) in die ANTWOORDEBOEK neer.
1.3.1 ʼn Vlug van New York, VSA, na Rome, Italië, word as ʼn
(transatlantiese/transkontinentale) vlug geklassifiseer.
1.3.2 Die Gautrein-stasie wat as skakel na die OR Tambo
Internasionale Lughawe dien, is die (Hatfield/Sandton)-stasie.
1.3.3 ʼn Persoon met ʼn beperkte begroting wat ʼn vaart op ʼn luukse
toerskip wil bespreek, moet dit oorweeg om 'n (binnekajuit/suite)
te bespreek.
1.3.4 ʼn Persoon wat versekering benodig teen skade aan die voorruit
van ʼn gehuurde voertuig, sal (OSA (CDW Engels))/VSK (WDW
Engels)) oorweeg.
1.3.5 Biometriese skandeerders word op internasionale lughawens
gebruik om (passasiers vir Covid-19 te skandeer/die identiteit
van passasiers te verifieer).
(5 x 1) (5)
1.4 Kies ʼn bestemming uit die lys wat met die beskrywing hieronder
ooreenstem. Skryf slegs die woord(e) langs die vraagnommers
(1.4.1 tot 1.4.5) in die ANTWOORDEBOEK neer. Jy mag ʼn gegewe opsie
slegs EEN keer gebruik.
Gariepdam; Tsodilo Heuwels; Victoriameer; Katsedam; Okavango-Delta;
Bazaruto-eilandgroep; Serengeti Nasionale Park; Etosha Nasionale
Park; Karibameer
1.4.1 Namibië se gewildste park vir wildlewe, wat ook deur ʼn groot
soutpan gekenmerk word.
1.4.2 Hierdie gewilde vakansiebestemming, gebou in die Lesotho
Maluti-berge, bied ʼn verskeidenheid water-gebaseerde aktiwiteite
aan.
1.4.3 Hierdie aantreklikheid het een van die hoogste konsentrasies
rotskuns ter wêreld.
1.4.4 Die grootste mensgemaakte meer ter wêreld langs die grens
tussen Zambië en Zimbabwe.
1.4.5 ʼn Luukse, tropiese vakansiebestemming naby die suidkus van
Mosambiek geleë.
(5 x 1) (5)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
8 TOERISME (EC/NOVEMBER 2022)
1.5 Bestudeer die beeld van ʼn vliegtuig en die beskrywings wat gegee word.
Identifiseer die areas gemerk 1.5.1 tot 1.5.5. Skryf slegs die korrekte
antwoord langs die vraagnommers (1.5.1 tot 1.5.5) in die
ANTWOORDEBOEK neer.
(5 x 1) (5)
[40]
TOTAAL AFDELING A: 40
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/NOVEMBER 2022) TOERISME 9
AFDELING B: KAARTWERK EN TOERBEPLANNING; BUITELANDSE
VALUTAVERHANDELING
VRAAG 2
Bestudeer die uittreksel en beantwoord die vrae.
RY 'N MOTORFIETS DEUR DIE WILDE AFRIKA-BOS
Stel jou voor dat jy onder die
brandende Afrika-son, op
sommige van die mooiste
paaie en passe ter wêreld
ry. Elke dag eindig met
verblyf in luukse
akkommodasie in die
Laeveld van Mpumalanga.
Ons eksklusiewe vyfster
motorfiets safaritoer neem u na
die hart van die Groot 5-land,
deur die mees asemrowende
natuurskoon, wat u die ervaring
van die Afrika-bos gee. Hierdie is
die ervaring van ʼn leeftyd.
Die toer neem u deur die DIE RIT
Panorama-roete in Mpumalanga. • 3 dae se ry in totaal
Hoogtepunte sluit in: Blyderivier • Maksimum 6 motorfietsryers per
Canyon met Limpopo se toer
wildreservate, Drakensberg se • Motorfietshuur, versekering en
platorand, Mac Mac Watervalle, brandstof ingesluit
God's Window, Pelgrimsrus en • 2 nagte 4 – 5-ster-verblyf langs die
Drie Rondawels ... die lys gaan Panorama-roete ingesluit
aan!
• Passasiers welkom
• Twee safari-ervarings ingesluit
[Aangepas uit https://famba-famba.com]
2.1 Gee TWEE redes waarom bogenoemde toer vir toeriste uit ʼn hoë-
inkomstegroep geskik sal wees. (2 x 2) (4)
2.2 Die bogenoemde toerpakket sal vir ʼn SIToeris aantreklik wees.
Gee u mening oor hierdie stelling met ʼn relevante motivering. (2)
2.3 Stel EEN rede voor waarom hierdie toer tot ʼn maksimum van 6
motorfietsryers per toer beperk is. (2)
[8]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
10 TOERISME (EC/NOVEMBER 2022)
VRAAG 3
Bestudeer die beelde en beantwoord die vrae.
3.1 Gee die naam van die geldeenheid genommer A. (1)
3.2 Noem die land wat die geldeenheid genommer B gebruik. (1)
3.3 Verwys na die prentjie genommer C en bespreek die impak wat toeriste-
besteding op die ekonomie van die besoekte streek sal hê. (2 x 2) (4)
3.4 Gebruik die gegewe wisselkoerstabel om die vrae te beantwoord.
Buitelandse geldeenheid Wisselkoers
£ 20,28
$ 14,74
3.4.1 Bereken die hoeveelheid buitelandse valuta wat ʼn reisiger sal
ontvang met die ruil van R18 500 ter voorbereiding van ʼn reis na
die Verenigde State van Amerika.
LET WEL: Rond u antwoord tot TWEE desimale plekke af.
Toon ALLE stappe van jou berekening. (3)
3.4.2 Bereken die bedrag in rand wat ʼn Suid-Afrikaanse reisiger met die
wisseling van £25 met sy terugkeer van ʼn reis na Engeland sal
ontvang.
LET WEL: Rond u antwoord tot TWEE desimale plekke af.
Toon ALLE stappe van jou berekening. (3)
[12]
TOTAAL AFDELING B: 20
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/NOVEMBER 2022) TOERISME 11
AFDELING C: TOERISME AANTREKLIKHEDE; KULTUUR- EN
ERFENISTOERISME; BEMARKING
VRAAG 4
Verwys na die kaart van die SAOG-lande en beelde van besienswaardighede en
beantwoord die vrae.
4.1 Bestudeer die beelde hierbo wat SAOG-aantreklikhede toon en koppel elke
prent met die naam van die SAOG-land om die onderstaande tabel te voltooi.
Skryf slegs die naam van die SAOG-aantreklikheid langs die vraagnommers
(4.1.1 tot 4.1.6) in die ANTWOORDEBOEK neer.
NAAM VAN SAOG-LAND NAAM VAN AANTREKLIKHEID
Demokratiese Republiek van die
Kongo 4.1.1
Lesotho 4.1.2
Mosambiek 4.1.3
Namibië 4.1.4
Tanzanië 4.1.5
Zimbabwe 4.1.6
(6 x 2) (12)
4.2 Gee ʼn voorbeeld van EEN avontuuraktiwiteit waaraan toeriste kan deelneem
by die aantreklikheid wat in VRAAG 4.1 geïdentifiseer is tydens ʼn besoek
aan:
4.2.1 Lesotho (2)
4.2.2 Namibië (2)
4.2.3 Tanzanië (2)
[18]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
12 TOERISME (EC/NOVEMBER 2022)
VRAAG 5
5.1 Bestudeer die resensie wat op Tripadvisor, die wêreld se grootste aanlyn
reisbeplanner, geplaas is en beantwoord die vrae.
Robin het ʼn resensie in Desember 2019 geskryf
Londen, Verenigde Koninkryk
Fantastiese en insiggewende besoek aan 'n Xhosa-dorpie
Ons was onlangs in Oos-Londen tydens ʼn bootvaart en het ʼn kulturele
dorpstoer vir die middag bespreek. Na ʼn skilderagtige rit van 40 km, het
ons by Khaya La Bantu Xhosa Kultuurdorp aangekom. Met ons aankoms
was die atmosfeer elektries met die klank van dromme, tradisionele dans,
kleurvolle, tradisionele klere en sang. Daarna het ons met die gebruik van
lobola en Xhosa-erfenis kennisgemaak. Daar was ook ʼn geleentheid om
tradisionele geregte en plaaslik gebroude bier te proe, asook om
interessante kuns en handwerk te koop.
Ons het hierdie toer geniet en beveel dit sterk aan.
[Aangepas uit www.tripadvisor.co.za]
5.1.1 Identifiseer EEN unieke aspek van die Xhosa-kultuur wat die
toergroep teëgekom het toe hulle die Khaya La Bantu Xhosa
Kultuurdorp binnegegaan het. (2)
5.1.2 Stel DRIE items van Xhosa-kuns en -handwerk voor wat Robin en
die toergroeplede tydens hul besoek aan die Khaya La Bantu
Xhosa Kultuurdorp sou kon koop. (3 x 2) (6)
5.1.3 Verduidelik die Xhosa-gebruik van lobola. (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/NOVEMBER 2022) TOERISME 13
5.2 Bestudeer die inligting en beantwoord die vrae.
SIBUDU-GROT UITEINDELIK ’N NASIONALE ERFENISTERREIN
VERKLAAR
Sibudu-grot, geleë op ʼn plaas in Sinembe, Kwadukuza-munisipaliteit in
KwaZulu-Natal, is in 2020 tot ʼn Nasionale Erfenisterrein verklaar.
Sibudugrot, ʼn rotsskuiling bokant die uThongathi-rivier in KwaZulu-Natal,
word as een van Suid-Afrika se belangrikste argeologiese terreine beskou.
Sibudu, wat in 1967 ontdek is, is die eerste keer in 1983 deur die argeoloog
Aron Mazel van die Natal museum opgegrawe. Tussen 1998 en 2011 het
Wits universiteit die opgrawings gelei, en sedert 2011 word opgrawings
deur ʼn Duitse universiteit gelei.
Daar word vermoed dat hierdie prehistoriese terrein antwoorde oor vroeë
menslike gedrag kan gee. Die grot toon ʼn lang geskiedenis van bewoning
tussen 77 000 en 35 000 jaar gelede gedurende die Middelsteentydperk.
Uit die opgrawings by Sibudu is bewyse van sommige van die vroegste
voorbeelde in die wêreld van seeskulpkrale gevind, ʼn wye verskeidenheid
beengereedskap, beenpylpunte vir jag, die gebruik van kruiemedisyne en
die vroegste voorbeeld van die gebruik van beddegoed – almal ongeveer
70 000 jaar oud.
[Aangepas uit https://www.wits.ac.za en www.northcoastcourier.co.za]
5.2.1 Noem die agentskap van die Departement van Kuns en Kultuur wat
Sibudu-grot in 2020 tot ʼn Nasionale Erfenisterrein verklaar het. (2)
5.2.2 Gee bewyse uit die uittreksel dat die Sibudu-grot aan sommige
van die vroegste voorbeelde van menslike tegnologie gekoppel
kan word. (2 x 2) (4)
5.2.3 Verduidelik EEN manier hoe die agentskap in VRAAG 5.2.1 ʼn
nasionaal verklaarde argeologiese erfenisterrein, soos Sibudu-
grot, sal beskerm. (2)
5.2.4 Gee EEN rede waarom Sibudu-grot bestuur en beskerm moet
word. (2)
[20]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
14 TOERISME (EC/NOVEMBER 2022)
VRAAG 6
Bestudeer die uittreksel uit die promosieveldtog hieronder en beantwoord die
vrae.
Hierdie week se reisaanbod: Safari bos-wegbreek
LET WEL: Alle Travelstart-promosies is onderhewig aan bepalings en
voorwaardes. Sien promosiebladsye vir meer besonderhede.
6.1 Identifiseer die toerismeonderneming wat verantwoordelik vir die
promosieveldtog is. (1)
6.2 Identifiseer die potensiële toeriste wat in die promosieveldtog geteiken
word. (1)
6.3 Die toerismeonderneming maak gebruik van twee advertensietegnieke in
hul bemarkingsveldtog. Noem:
6.3.1 EEN mediareklametegniek (bo-die-lyn) (2)
6.3.2 EEN promosiereklametegniek (onder-die-lyn) (2)
6.4 Stel EEN rede vir die toerismeonderneming voor om nie te oorweeg om
tyd/ruimte op televisie vir hul bemarkingsveldtog te huur nie. (2)
6.5 Motiveer TWEE personeelonkostes wat in die begroting vir bogenoemde
promosieveldtog ingesluit sou wees. (2 x 2) (4)
[12]
TOTAAL AFDELING C: 50
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/NOVEMBER 2022) TOERISME 15
AFDELING D: TOERISMESEKTORE
VRAAG 7
7.1 Bestudeer die collage en beantwoord die vrae.
A – Inteken toonbanke
B – Bagasie toedraai C – Bagasie-opeisgebied
D – Instaphek
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
16 TOERISME (EC/NOVEMBER 2022)
7.1.1 Noem EEN dokument wat ʼn passasier aan die personeellid van die
lugdiens moet oorhandig wanneer hy/sy vir ʼn vlug by die toonbanke
genommer A aanmeld. (2)
7.1.2 Noem die deel van die lughawegebou waarin die gebied genommer
C geleë is. (2)
7.1.3 Noem EEN voordeel vir ʼn passasier wat van die toerusting
genommer B gebruik maak. (2)
7.1.4 Gee EEN voordeel vir ʼn besigheidsklaspassasier wanneer hy/sy in
die gebied genommer D is. (2)
7.1.5 Verduidelik TWEE stappe in die inboekprosedure, behalwe die
stap in VRAAG 7.1.1 genoem, wat ʼn passasier moet volg wanneer
hy/sy vir ʼn vlug inboek. (2 x 2) (4)
7.1.6 Verduidelik die funksie van die toonbank genommer E in die prent. (2)
7.1.7 Stel EEN manier voor waarop ACSA aan passasiers wat van die
vliegtuig in die aankomsaal arriveer, kan aandui watter vervoerband
hulle moet gebruik wanneer hulle hul bagasie in die prentjie
genommer C afhaal. (2)
7.2 Bestudeer die diagram hieronder.
Thando huur vir die eerste keer ʼn voertuig en is onseker oor sekere
besonderhede in die huurooreenkoms. Help hom deur op elk van die
navrae te reageer. (5 x 2) (10)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/NOVEMBER 2022) TOERISME 17
7.3 Lees die uittreksel uit “Beginnersgids vir treinreise in Suid-Afrika” en
beantwoord die vrae.
SHOSHOLOZA MEYL LANGAFSTAND PASSASIERSTREINE
Gemaklik en ongelooflik goedkoop, Shosholoza Meyl langafstand
passasierstreine verbind Johannesburg met Kaapstad, Durban,
Gqeberha (Port Elizabeth) en Oos-Londen. Die trein tussen Kaapstad en
Johannesburg ry verby dieselfde wonderlike natuurskoon as die Bloutrein,
maar kos slegs R690, insluitend ʼn bed in ʼn 2-slaapplek koepee of 4-
slaapplek kompartement. Shosholoza Meyl se treine het ʼn restaurant
eetwa waar passasiers ʼn ete kan bestel.
[Aangepas uit www.seat61.com/SouthAfrica.htm]
7.3.1 Verduidelik wat ʼn reisiger wat vir die eerste keer in Suid-Afrika per
trein ry kan verwag as hy in die eetwa op die Shosholoza Meyl
gaan eet. (2)
7.3.2 Bespreek die betekenis van die verwysing na die
kostevergelyking tussen die Shosholoza Meyl en die Bloutrein in
die uittreksel. (2)
7.3.3 Vergelyk die vlak van gemak aan boord die Shosholoza Meyl met
dié van die Bloutrein. (4)
7.4 Bestudeer die beelde en beantwoord die vrae in die onderstaande tabel.
Nommer u antwoorde korrek volgens die tabel.
7.4.1 Noem EEN Suid-Afrikaanse
operateur wat elk van die
(a) (b)
vervoermiddels wat aangedui word,
aanbied. (2)
7.4.2 Gee EEN fasiliteit beskikbaar op
elk van die aangeduide vervoer- (a) (b)
middels. (4)
7.4.3 Bespreek EEN rede waarom ʼn
toeris van elk van die aangeduide (a) (b)
vervoermiddels sal gebruik maak. (4)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
18 TOERISME (EC/NOVEMBER 2022)
7.5 Lees die koerantberig van die Penika Times en beantwoord die vrae wat
volg.
REMO’S ITALIAANSE RESTAURANT DEUR COVID-19
GRENDELTYDPERK GETREF
Remo’s is ʼn Italiaanse restaurant in die Baakensvallei in Gqeberha (Port
Elizabeth). Die heerlike resepte wat van geslag tot geslag oorgedra word en
die gesinsatmosfeer maak van Remo's die perfekte Italiaanse restaurant.
As gevolg van die Covid-19-pandemie het President Cyril Ramaphosa ʼn
landswye grendeltydperk op 24 Maart 2020 aangekondig. Dit het die
restaurantbedryf erg geraak en Remo's was nie ʼn uitsondering nie. Hulle
moes hul deure toemaak terwyl hulle koelkamers vol vars produkte gehad
het.
Die mede-eienaar van die restaurant, Michelle Puggia, het die geleentheid
aangegryp om haar passie vir kook uit te leef en het die vars produkte
gebruik om ʼn verskeidenheid van Remo’s se gunsteling souse en geregte in
die gemak van haar eie kombuis te kook en te vries.
Volgens Puggia verkoop die restaurant wegneemetes met groot sukses,
aangesien hulle nie hul perseel mag heropen nie.
7.5.1 Identifiseer TWEE persoonlikheidseienskappe wat Michelle Puggia
nodig gehad het om Remo’s Italiaanse restaurant van sluiting te
red tydens die Covid-19-pandemie. (2 x 1) (2)
7.5.2 “Kulinêre vaardighede/kookvaardighede en gesonde sakepraktyke
is noodsaaklik vir die restaurantbedryf om die Covid-19-pandemie te
oorleef.”
Bespreek hierdie stelling deur te verwys na die benadering van
Michelle Puggia, mede-eienaar van Remo's. (2 x 2) (4)
[50]
TOTAAL AFDELING D: 50
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/NOVEMBER 2022) TOERISME 19
AFDELING E: BINNELANDSE-, STREEKS- EN INTERNASIONALE
TOERISME; KOMMUNIKASIE EN KLIËNTEDIENS
VRAAG 8
8.1 Bestudeer die Twitter-uittreksel en beantwoord die vrae.
Hierdie Junie het @citylodgehotels ʼn spesiale Vadersdag-bederf vir
al die pa’s. Daar is ʼn verskeidenheid aanbiedings en etes om die
vaderfigure in jou lewe te bederf. Pryse wissel van slegs R700 per
nag en R99 per ete. Tarief sluit BTW en toerismeheffing in. Die
tarief is per kamer. Bespreek nou:https://clhg.com/specials
[Aangepas uit https://twitter.com/ShotLeft]
8.1.1 Identifiseer die:
(a) Suid-Afrikaanse binnelandse toerisme bemarkingsveldtog (1)
(b) Huidige slagspreuk wat vir die Suid-Afrikaanse binnelandse
toerisme bemarkingsveldtog gebruik word (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
20 TOERISME (EC/NOVEMBER 2022)
8.1.2 ʼn Groot aantal Suid-Afrikaners reis steeds nie binnelands nie.
Motiveer bogenoemde stelling deur DRIE redes te verskaf.
(3 x 2) (6)
8.1.3 (a) Identifiseer die binnelandse toerismesegment wat deur die
binnelandse toerisme bemarkingsveldtog op Twitter geteiken
word. (2)
(b) Gee EEN rede waarom die reisaanbod die belangstelling van
die geïdentifiseerde marksegment sal lok. (2)
(c) Bespreek TWEE strategiese doelwitte van die Groeistrategie
vir Binnelandse Toerisme wat uit die reisooreenkoms op
Twitter bereik sal word. (2 x 2) (4)
8.2 Bestudeer die kaart van die SAOG-lidlande en beantwoord die vrae.
8.2.1 Noem die lande genommer A en B. (2 x 1) (2)
8.2.2 Noem die hoofstede van die lande genommer C en D. (2 x 1) (2)
8.2.3 ʼn Toename in streektoerisme sal die ekonomieë van SAOG-
lidlande bevoordeel.
Motiveer die stelling hierbo. (2)
[22]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/NOVEMBER 2022) TOERISME 21
VRAAG 9
9.1 Bestudeer die uittreksel uit die opleidingshandleiding van ʼn hotel en
beantwoord die vrae.
ABC HOTEL
WERKNEMER OPLEIDINGSHANDLEIDING
RESPEK VIR DIE KULTURELE EN GODSDIENSTIGE PRAKTYKE VAN
BUITELANDSE TOERISTE:
Kos- en drankopsies wat toegelaat en verbode is
9.1.1 Bestudeer die voedsel- en drankitems gemerk A–J.
(a) Identifiseer EEN item wat verbode is vir Gesin A, wat die
godsdienstige dieetwette streng nakom. (2)
(b) Identifiseer EEN item wat altyd deur Gesin B vermy sal word. (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
22 TOERISME (EC/NOVEMBER 2022)
9.2 Bestudeer die beeld en beantwoord die vrae.
9.2.1 Gee, uit die restaurantbeeld, die rede vir mnr. Smith se
diensleweringsklagte. (2)
9.2.2 Maak ʼn lys van die EERSTE VIER stappe, in die korrekte
volgorde, wat Lisa Jones moet volg om mnr. Smith se klagte
effektief te hanteer. (4 x 2) (8)
9.2.3 Verduidelik TWEE voordele vir Montana restaurant as die klagte
van die kliënt bevredigend hanteer word. (2 x 2) (4)
[18]
TOTAAL AFDELING E: 40
GROOTTOTAAL: 200
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Recommended for this subject
Published documents with matching subject and grade metadata.

Question paper
TOURISM GR11 QP NOV2022 Afrikaans hlayiso.com

Question paper
TOURISM GR11 QP NOV2020 ENG D hlayiso.com

Question paper
TOURISM GR11 QP NOV2020 AFR D hlayiso.com

Question paper
TOURISM GR11 QP NOV2020 Afrikaans hlayiso.com

Question paper
TOURISM GR11 QP NOV2020 Afrikaans

Question paper
TOURISM GR11 QP NOV2020 AFR D
Related documents
Matched using subject, grade, language, document type and exam metadata.

Memorandum
TOURISM GR11 MEMO NOV2022 Afrikaans

Memorandum
TOURISM GR11 MEMO NOV2022 Afrikaans hlayiso.com

Question paper
TOURISM GR11 QP NOV2017 Afrikaans hlayiso.com

Memorandum
TOURISM GR11 MEMO NOV2020 Afrikaans hlayiso.com

Memorandum
TOURISM GR11 MEMO NOV2020 Afrikaans

Memorandum
TOURISM GR11 QP MEMO NOV2020 AFR D
More from Grade 11 Tourism
Explore more published documents in this catalogue.

Study guide
Gr11 Tourism SG LR hlayiso.com

Annual teaching plan
Gr 11 Tou ATP 2023 24

Memorandum
TOURISM GR11 QP MEMO NOV2020 ENG D hlayiso.com

Memorandum
TOURISM GR11 MEMO NOV2020 AFR D hlayiso.com

Memorandum
TOURISM GR11 QP MEMO NOV2020 AFR D hlayiso.com

Memorandum