Vertroulik
SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN/
NASIONALE SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN
LANDBOUWETENSKAPPE V1
MEI/JUNIE 2024
PUNTE: 150
TYD: 2½ uur
Hierdie vraestel bestaan uit 16 bladsye.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Skip to contentQuestion paper 







%20June%202024%20Possible%20Answers_hlayiso.com_--5353c8e3-1139-4cf7-86d0-63682cc7012e/v1-b11ff282ad65746dcb8d/card.webp)



View all





Agricultural Sciences Grade 12 P1 NSC June 2024 QP (Afr)
Grade 12 Agricultural Sciences Paper 1 question paper from the NSC June Exam 2024 (Afrikaans), 16 pages. Read online or get the free PDF download, memo linked when available.
Agricultural Sciences · Grade 12 · NSC June Exam · 2024 · Afrikaans. Question paper, 16 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Agricultural Sciences
- Grade
- Grade 12
- Language
- Afrikaans
- Document type
- Question paper
- Year
- 2024
- Exam period
- NSC June Exam
- Paper
- 1
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 16
- File size
- 837.3 KB
Loading document…
Loading document…
1 of 16
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Landbouwetenskappe/V1 2 DBE/Mei/Junie 2024
SS/NSS Vertroulik
INSTRUKSIES EN INLIGTING
1. Hierdie vraestel bestaan uit TWEE afdelings, naamlik AFDELING A en
AFDELING B.
2. Beantwoord AL die vrae in die ANTWOORDEBOEK.
3. Begin ELKE vraag op 'n NUWE bladsy.
4. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
vraestel gebruik is.
5. Jy mag 'n nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik.
6. Toon ALLE berekeninge, formules ingesluit, waar van toepassing.
7. Skryf netjies en leesbaar.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Landbouwetenskappe/V1 3 DBE/Mei/Junie 2024
SS/NSS Vertroulik
AFDELING A
VRAAG 1
1.1 Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee.
Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommers
(1.1.1 tot 1.1.10) in die ANTWOORDEBOEK neer, bv. 1.1.11 B.
1.1.1 Die grootste kompartement van die voormae by beeste, met 'n
kapasiteit van ongeveer 100–150 liter:
A Retikulum
B Rumen
C Omasum
D Abomasum
1.1.2 EEN van die volgende word NIE deur plaasdiere in groot
hoeveelhede benodig nie:
A Stikstof
B Fosfor
C Kalsium
D Selenium
1.1.3 Die tipe vertering waar groot voedseldeeltjies deur die tande na
kleiner dele afgebreek word:
A Meganiese vertering
B Chemiese vertering
C Biologiese vertering
D Bakteriese vertering
1.1.4 Die volgende is funksies van rumenmikrobes:
(i) Hidrolise van vitamiene
(ii) Vertering van sellulose
(iii) Sintese van vitamiene
(iv) Hidrolise van proteïene
Kies die KORREKTE kombinasie:
A (i), (ii) en (iii)
B (i), (iii) en (iv)
C (ii), (iii) en (iv)
D (i), (ii) en (iv)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Landbouwetenskappe/V1 4 DBE/Mei/Junie 2024
SS/NSS Vertroulik
1.1.5 Die afstand wat plaasdiere tussen hulleself en 'n bedreiging of
gevaar handhaaf:
A Vry sone
B Vlugsone
C Vegsone
D Gevaarsone
1.1.6 EEN van die volgende is 'n riglyn wanneer plaasdiere vervoer
word:
A Laai bulle, koeie in estrus en kalwers saam
B Vervoer al die dragtige diere saam
C Laai diere binne 'n redelike tyd voor vertrek
D Spuit diere met water gedurende vervoer
1.1.7 'n Giftige plant in die veld wat deur diere vermy word as gevolg van
die reuk daarvan:
A Mieliefungus
B Misbredie
C Acacia Karoo
D Olieboom
1.1.8 Die lewensiklus van 'n bontbosluis behels die volgende:
(i) Larwes broei uit en voed op 'n dassie
(ii) Nimfe voed op 'n haas
(iii) Larwes en nimfe voed op 'n dassie
(iv) Larwes val af, vervel en voed op 'n koei
Kies die KORREKTE kombinasie:
A (i), (ii) en (iv)
B (i), (iii) en (iv)
C (ii), (iii) en (iii)
D (ii), (iii) en (iv)
1.1.9 Die verwydering van die nukleus uit die ovum tydens kernoordrag
staan as … bekend.
A nukleasie
B enukleasie
C oorplanting
D nukleusuitsetting 20242
1.1.10 Die volgende stelling oor melkproduksie is VERKEERD:
A Daar is 'n omgekeerde verwantskap tussen melkproduksie en
bottervetinhoud.
B Hoe hoër die bottervetinhoud in die melk, hoe laer is die
melkproduksie.
C Oksitosien stimuleer die ontwikkeling van uier- en melksintese.
D Die laktasieperiode duur ongeveer 305 dae. (10 x 2) (20)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Landbouwetenskappe/V1 5 DBE/Mei/Junie 2024
SS/NSS Vertroulik
1.2 Dui aan of elk van die beskrywings in KOLOM B van toepassing is op
SLEGS A, SLEGS B, BEIDE A EN B of GEENEEN van die items in
KOLOM A nie. Skryf slegs A, slegs B, beide A en B of geeneen langs
die vraagnommers (1.2.1 tot 1.2.5) in die ANTWOORDEBOEK neer, bv.
1.2.6 Slegs B.
KOLOM A KOLOM B
1.2.1 A: Pepsien 'n Ensiem wat verteerbare
B: Soutsuur kaseïnogeen na onverteerbare kaseïen
omskakel
1.2.2 A: Kalmeermiddels Stimuleerders wat gebruik word om die
B: Tiroïedreguleerders groeitempo van plaasdiere te verbeter
1.2.3 A: Stowwerig en Materiaal wat as beddegoed in
goedkoop varkproduksieondernemings gebruik
B: Goeie isolator word
1.2.4 A: Teel pesbestande Chemiese metode om parasiete by
diere plaasdiere te beheer
B: Dosering en dip
1.2.5 A: Reproduktiewe Verhoging in die aantal identiese
kloning nageslag vanaf 'n enkele embrio
B: Terapeutiese kloning
(5 x 2) (10)
1.3 Gee EEN woord/term vir elk van die volgende beskrywings. Skryf slegs die
woord/term langs die vraagnommers (1.3.1 tot 1.3.5) in die
ANTWOORDEBOEK neer.
1.3.1 'n Proses waar die voedsel vanaf die maag teruggebring word na
die mond om weer gekou te word
1.3.2 'n Benadering wat die voordele van moderne, tradisionele en
komplementerende medikasie om plaasdiere te behandel,
kombineer
1.3.3 Die proses wat in die ovaria plaasvind om vroulike gamete te
produseer
1.3.4 Koeie wat drie en meer kere gepaar moet word voordat hul bevrug
raak
1.3.5 Die onvermoë van 'n bul om koeie wat in estrus is te dek, alhoewel
hy belangstelling toon (5 x 2) (10)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Landbouwetenskappe/V1 6 DBE/Mei/Junie 2024
SS/NSS Vertroulik
1.4 Verander die ONDERSTREEPTE WOORD(E) in elk van die volgende
stellings om dit WAAR te maak. Skryf slegs die antwoord langs die
vraagnommers (1.4.1 tot 1.4.5) in die ANTWOORDEBOEK neer.
1.4.1 Osmose is die beweging van voedselmolekule vanaf 'n area met 'n
hoë konsentrasie na 'n area met 'n lae konsentrasie.
1.4.2 Toerusting wat gebruik word om varke mee rond te beweeg, is 'n
skokstok.
1.4.3 Di-estrus is wanneer seksueel volwasse vroulike diere tekens van
hitte toon.
1.4.4 Tydens die embrioniese fase groei die ongebore kalf vinnig en lyk
soos 'n volgroeide dier.
1.4.5 'n Foley-kateter is 'n lang dun instrument wat gebruik word om
semen tydens kunsmatige inseminasie in die uterus van die koei te
deponeer. (5 x 1) (5)
TOTAAL AFDELING A: 45
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Landbouwetenskappe/V1 7 DBE/Mei/Junie 2024
SS/NSS Vertroulik
AFDELING B
VRAAG 2: DIEREVOEDING
Begin hierdie vraag op 'n NUWE bladsy.
2.1 Die diagram hieronder verteenwoordig die spysverteringskanaal van 'n
plaasdier.
Slukderm
A B C D
2.1.1 Klassifiseer die plaasdier wat in die diagram hierbo voorgestel
word. (1)
2.1.2 Noem die plaasdier met die spysverteringskanaal wat hierbo
voorgestel word. (1)
2.1.3 Gee 'n rede vir die antwoord op VRAAG 2.1.2 op deel B gebaseer. (1)
2.1.4 Identifiseer deel A, C en D in die diagram hierbo. (3)
2.2 Die mikroörganismes in die retikulorumen van beeste speel 'n rol in die
vertering van voer met 'n hoë ruveselinhoud.
2.2.1 Gee TWEE voorbeelde van mikroörganismes wat in die
retikulorumen van herkouers aangetref word. (2)
2.2.2 Noem TWEE vereistes vir die normale funksionering van
rumenmikroörganismes. (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Landbouwetenskappe/V1 8 DBE/Mei/Junie 2024
SS/NSS Vertroulik
2.3 Die skematiese voorstelling hieronder illustreer die tipes voer.
Voer
A B
Proteïenryk D Droë C
(met 75% TVV)
2.3.1 Identifiseer die tipes voer wat deur A en B verteenwoordig word. (2)
2.3.2 Identifiseer die letter, in die skematiese voorstelling hierbo, wat by
elk van die volgende stellings pas. Skryf slegs die letter (A–D)
neer.
(a) 'n Voorbeeld van 'n sappige voer (1)
(b) Mieliemeel as 'n voorbeeld van die onderafdeling van voer (1)
(c) Die verhoging van die lywigheid van 'n herkouerrantsoen (1)
2.4 'n Plaasdier het 18 kg hooi met 'n droë materiaalinhoud van 90% ingeneem
en 5 kg droë mis uitgeskei.
2.4.1 Bereken die verteerbaarheidskoëffisiënt van die hooi ingeneem.
Toon ALLE berekeninge. (5)
2.4.2 Dui 'n gevolg van die verteerbaarheidskoëffisiënt van die voer
bereken in VRAAG 2.4.1 aan. (2)
2.5 Die voere hieronder is proteïenbronne met verskillende biologiese waardes.
Lusern Eiers Melk
Herrangskik die proteïenbronne hierbo volgens hulle biologiese waardes van
die hoogste tot die laagste. (3)
2.6 Die voedingsverhouding van die voere verskaf inligting aan boere oor die
geskiktheid van voere vir verskillende doeleindes.
2.6.1 Definieer die term voedingsverhouding. (2)
2.6.2 'n Voer bevat 7% verteerbare proteïen en die totale verteerbare
voedingstowwe is 79%. Gebruik die formule om die
voedingsverhouding van die voer te bereken.
Toon ALLE berekeninge. (3)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Landbouwetenskappe/V1 9 DBE/Mei/Junie 2024
SS/NSS Vertroulik
2.7 Die grafiek hieronder toon die voerbehoeftes van diere en die totale
hoeveelheid voer wat in een jaar beskikbaar is.
Die voerbehoefte en die voer beskikbaar oor 'n periode van 'n jaar
100
Series1
Voer benodig Series2
Voer beskikbaar
90
80
70
Voer in ton
60
50
40
30
20
10
0
Jan Feb Maart April Mei Junie Julie Aug Sep Okt Nov Des
Maande van die jaar
2.7.1 Identifiseer die maand in die grafiek hierbo met die kleinste
hoeveelheid voer beskikbaar. (1)
2.7.2 Stel 'n rede voor vir die betekenisvolle afname in die hoeveelheid
totale voer wat vanaf April tot Junie beskikbaar is. (1)
2.7.3 Bereken die totale voervereistes van Januarie tot Junie. (2)
2.7.4 Lei die tendens van die voer beskikbaar vanaf Augustus tot
Desember af. (1)
[35]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Landbouwetenskappe/V1 10 DBE/Mei/Junie 2024
SS/NSS Vertroulik
VRAAG 3: DIEREPRODUKSIE, BESKERMING EN BEHEER
Begin hierdie vraag op 'n NUWE bladsy.
3.1 'n Boer plant mielies en groente op 'n 1 ha-land. Die boer het 3 bokke en
2 koeie om die gesin te onderhou. Die diere soek kos in 'n groot
gemeenskaplike area.
3.1.1 Identifiseer ELK van die volgende in die scenario hierbo:
(a) Boerderystelsel (1)
(b) Produksiestelsel (1)
3.1.2 Regverdig die antwoord op VRAAG 3.1.1(b) deur na 'n frase in die
scenario hierbo te verwys. (1)
3.1.3 Onderskei tussen die boerderystelsel wat in VRAAG 3.1.1(a)
geïdentifiseer is en die een wat NIE deur die boer in die scenario
hierbo bedryf word NIE. (2)
3.1.4 Noem TWEE faktore wat in ag geneem moet word om
diereproduksie in die stelsel in VRAAG 3.1.1(b) te verhoog. (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Landbouwetenskappe/V1 11 DBE/Mei/Junie 2024
SS/NSS Vertroulik
3.2 Die prente hieronder toon toerusting wat in verskillende intensiewe
produksiestelsels gebruik word.
PRENT 1 PRENT 2
A B
PRENT 3
C
3.2.1 Identifiseer die toerusting gemerk A, B en C in PRENT 1, 2 en 3. (3)
3.2.2 Gee TWEE redes vir die aanhou van hoenders in skuilings. (2)
3.3 Die prente hieronder toon die verskillende maniere om beeste te hanteer.
PRENT A PRENT B
3.3.1 Gee die rede vir die hantering van beeste soos in PRENT A en B
uitgebeeld. (2)
3.3.2 Noem TWEE basiese riglyne wanneer beeste hanteer word. (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Landbouwetenskappe/V1 12 DBE/Mei/Junie 2024
SS/NSS Vertroulik
3.3.3 Noem TWEE gevolge van die verkeerde hantering van plaasdiere. (2)
3.4 Die tabel hieronder toon patogene, siektes, simptome en die tipes diere
geaffekteer.
PATOGEEN SIEKTE SIMPTOME TIPE DIER
Ronde letsels met ʼn
Fungi A skurwe oppervlak vorm op Alle plaasdiere
die vel van plaasdiere
Neurologiese tekens wat
onbeheerste koubewegings,
Herkouer-
B Hartwater tong wat uitsteek, trek van
plaasdiere
ooglede en rondbeweging,
insluit
Ontsteking van die uier wat
Meestal
Bakterieë C tot 'n verlaging in
melkrasse
melkproduksie lei
Die meeste
plaasdiere
D Hondsdolheid E
beeste, skape en
honde ingesluit
3.4.1 Voltooi die tabel hierbo deur SLEGS die ontbrekende inligting vir
A, B, C, D en E neer te skryf. (5)
3.4.2 Stel TWEE ekonomiese implikasies van aansteeklike siektes in
plaasdiere voor. (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Landbouwetenskappe/V1 13 DBE/Mei/Junie 2024
SS/NSS Vertroulik
3.5 Die diagram hieronder verteenwoordig die lewensiklus van 'n parasiet wat
plaasdiere affekteer.
3.5.1 Klassifiseer die parasiet in die diagram hierbo volgens waar dit
voorkom. (1)
3.5.2 Identifiseer TWEE gashere wat nodig is vir die oorlewing van die
parasiet in die diagram hierbo. (2)
3.5.3 Noem TWEE weidingsbestuurspraktyke wat deur 'n boer toegepas
kan word om besmetting van plaasdiere deur die parasiet hierbo te
beheer. (2)
3.6 Die tabel hieronder toon die ontwikkelingstadiums van die uitwendige
parasiete en die negatiewe invloed daarvan op plaasdiere.
PARASIET A PARASIET B PARASIET C
Lê larwes rondom die Mikroskopiese Eiers broei uit en
neusgate wat irritasie sesbenige parasiet wat maaiers verskyn wat tot
van die sinusse brandsiekte en skurfte in brommerbesmetting lei
veroorsaak plaasdiere veroorsaak
3.6.1 Identifiseer PARASIET A en B. (2)
3.6.2 Noem EEN simptoom van PARASIET A-besmetting by plaasdiere. (1)
3.6.3 Noem TWEE maniere waarop die boer besmetting van diere met
PARASIET C kan voorkom. (2)
[35]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Landbouwetenskappe/V1 14 DBE/Mei/Junie 2024
SS/NSS Vertroulik
VRAAG 4: DIEREREPRODUKSIE
Begin hierdie vraag op 'n NUWE bladsy.
4.1 Pas ELK van die stellings by die organe wat hieronder genoem word. Skryf
SLEGS die letters (A–G) langs die vraagnommers (4.1.1 tot 4.1.4) neer.
4.1.1 'n Silindriese struktuur verantwoordelik vir implantasie (1)
4.1.2 'n Enkele opgerolde buis wat spermatosoë tot volwassenheid stoor (1)
4.1.3 Die struktuur waar die eiersel en spermsel versmelt om 'n sigoot
te vorm (1)
4.1.4 'n Elastiese buis vir kopulasie wat die semen tydens paring
ontvang (1)
A Fallopiese buis
B Skrotum
C Uterus
D Epididimis
E Vagina
F Testis
G Ovaria
4.2 Noem die hormoon wat 'n rol in ELK van die situasies speel wat deur
VRAAG 4.2.1-4.2.4 hieronder verteenwoordig word.
4.2.1 Stimuleer die groei, ontwikkeling en funksionering van die Graafse
follikels (1)
4.2.2 Ontwikkel die sekondêre geslagsorgane en begin van
gedragsestrus (1)
4.2.3 Inhibeer die afskeiding van FSH en onderdruk die ontwikkeling van
follikels om te voorkom dat koeie op hitte kom (1)
4.2.4 Reguleer die groei en ontwikkeling van die dominante follikel en
rypwording van die oösiete (1)
4.3 Steriliteit en onvrugbaarheid in plaasdiere word deur verskeie faktore
veroorsaak.
Noem die toestand hieronder wat tot steriliteit in plaasdiere lei:
4.3.1 Onderontwikkelde testis of ovaria (1)
4.3.2 Testes bly aan die liggaamsholte geheg en beweeg nie af tot in die
skrotum nie (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Landbouwetenskappe/V1 15 DBE/Mei/Junie 2024
SS/NSS Vertroulik
4.4 Die tabel hieronder verteenwoordig die tydsduur (in dae) van die verskillende
stadia van die estrussiklus in verskillende plaasdiere.
STADIA VAN DIE BEESTE SKAPE VARKE BOKKE PERDE
ESTRUSSIKLUS (DAE) (DAE) (DAE) (DAE) (DAE)
Pro-estrus 4 2 3 2 3
Met-estrus 4 2 3 3 3
Di-estrus 14 10 13 11 12
Teken 'n gekombineerde staafgrafiek om die duur van pro-estrus en di-estrus
by verskillende plaasdiere voor te stel. (6)
4.5 'n Algemene praktyk onder vleisbeesboere is om hormone aan 'n groep koeie
toe te dien sodat hulle op ongeveer dieselfde tyd op hitte sal kom.
4.5.1 Noem die proses waarna in die stelling hierbo verwys word. (1)
4.5.2 Dui TWEE metodes aan wat gebruik word om die proses genoem
in VRAAG 4.5.1 uit te voer. (2)
4.5.3 Noem TWEE nadele van die proses genoem in VRAAG 4.5.1
hierbo. (2)
4.6 'n Reproduktiewe tegniek wat op plase toegepas word waar semen van
meerderwaardige manlike diere versamel word en in die reproduktiewe
kanaal van vroulike diere in estrus geplaas word.
4.6.1 Identifiseer die reproduktiewe tegniek in die stelling hierbo. (1)
4.6.2 Dui TWEE metodes aan om semen te versamel. (2)
4.6.3 Noem EEN voordeel van die reproduktiewe tegniek wat in
VRAAG 4.6.1 hierbo geïdentifiseer is. (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Landbouwetenskappe/V1 16 DBE/Mei/Junie 2024
SS/NSS Vertroulik
4.7 Die diagramme hieronder illustreer meervoudige geboortes by plaasdiere.
DIAGRAM A DIAGRAM B DIAGRAM C
Sperm- Manlik Vroulik Ovum Sperm-
selle sel
Ovum
4.7.1 Identifiseer die tipes tweelinge in DIAGRAM A en C geïllusptreer. (2)
4.7.2 Dui die DIAGRAM (A en C) aan wat die tweeling met die volgende
eienskap verteenwoordig:
(a) Van dieselfde geslag (1)
(b) Fisiese voorkoms verskil (1)
4.7.3 Gee die term wat na die vroulike fetus in DIAGRAM B verwys. (1)
4.7.4 Noem die toestand van die vroulike dier in DIAGRAM B wat teling
negatief sal beïnvloed. (1)
4.8 Die diagramme hieronder verteenwoordig spesifieke stadia van geboorte by
'n koei.
DIAGRAM A DIAGRAM B
4.8.1 Identifiseer die stadia van geboorte in DIAGRAM A en B
geïllustreer. (2)
4.8.2 Dui die stadium van geboorte aan wat volg op die stadium in
DIAGRAM A. (1)
4.8.3 Noem EEN gedragsteken deur 'n koei getoon wanneer die stadium
verteenwoordig deur DIAGRAM A genader word (1)
[35]
TOTAAL AFDELING B: 105
GROOTTOTAAL: 150
Kopiereg voorbehou
Study this subject
Revise the topics in this paper, then practise them question by question.
- Grade 12 Agricultural Sciences notes
CAPS revision notes with worked examples.
- Agricultural Sciences questions by topic
Past exam questions sorted by CAPS topic, with memos where available.
- Grade 12 Agricultural Sciences quizzes
Short topic quizzes with instant feedback.
- All Grade 12 Agricultural Sciences past papers
Past papers by year, with memos where available.
- Grade 12 past papers
More Agricultural Sciences and other subjects in this collection.
Recommended for this subject
More papers and memos for this grade and subject.

Question paper
Agricultural Sciences Grade 12 Eastern Cape June 2024 QP (Afr)

Question paper
Agricultural Sciences Grade 12 P1 Eastern Cape Prelim 2024 QP

Question paper
Agricultural Sciences Grade 12 P1 November 2024 NSC QP

Question paper
Agricultural Sciences Grade 12 P2 November 2024 NSC QP

Question paper
Agricultural Sciences Grade 12 P1 November 2024 NSC MG QP

Question paper
Agricultural Sciences Grade 12 P2 November 2024 NSC MG QP
Related documents

Question paper
Agricultural Sciences Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2022 QP (Afr)

Question paper
Agricultural Sciences Grade 12 P1 NSC November 2014 QP (Afr)
%20June%202024%20Possible%20Answers_hlayiso.com_--5353c8e3-1139-4cf7-86d0-63682cc7012e/v1-b11ff282ad65746dcb8d/card.webp)
Memorandum
Agricultural Sciences Grade 12 Gauteng June 2024 Memo (Afrikaans)

Question paper
Agricultural Sciences Grade 12 P1 NSC June 2023 Question Paper

Question paper
Agricultural Sciences Grade 12 P1 NSC June 2022 Question Paper

Question paper
Agricultural Sciences Grade 12 P1 NSC June 2021 Question Paper
More from Grade 12 Agricultural Sciences

Annual teaching plan
Gr 12 Agric Sci ATP 2023 24

Memorandum
Agricultural Sciences Grade 12 Eastern Cape June 2023 Memo (Afr)

Question paper
Agricultural Sciences Grade 12 Eastern Cape June 2023 QP (Afr)

Question paper
Agricultural Sciences Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2023 QP (Afr)

Question paper
Agricultural Sciences Grade 12 P2 NSC June 2023 Question Paper

Question paper