Skip to content

Electrical Technology Grade 12 NSC June 2024 QP (Afr)

Question paperElectrical TechnologyGrade 12202431 pages

Grade 12 Electrical Technology question paper from the NSC June Exam 2024 (Afrikaans), 31 pages. Read online or download the free PDF.

Free to read online, no sign-up needed

Loading document…

Loading document…

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Vertroulik SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN/ NASIONALE SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN ELEKTRIESE TEGNOLOGIE: DIGITALE ELEKTRONIKA MEI/JUNIE 2024 PUNTE: 200 TYD: 3 uur Hierdie vraestel bestaan uit 22 bladsye, 'n 1 bladsy-formuleblad en 'n 8 bladsy-antwoordblad. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Elektriese Tegnologie: Digitale Elektronika 2 DBE/Mei/Junie 2024 SS/NSS Vertroulik INSTRUKSIES EN INLIGTING 1. Hierdie vraestel bestaan uit SES vrae. 2. Beantwoord AL die vrae. 3. Beantwoord die volgende vrae op die aangehegte ANTWOORDBLAAIE: VRAAG 3.3.3, 3.5.3 en 3.7.1 VRAAG 5.3, 5.4, 5.6, 5.7.1, 5.7.2, 5.8.1 en 5.10 VRAAG 6.9.2 4. Skryf jou sentrumnommer en eksamennommer op elke ANTWOORDBLAD en lewer dit saam met jou ANTWOORDEBOEK in, al het jy dit nie gebruik nie. 5. Sketse en diagramme moet groot, netjies en VOLLEDIG BENOEM wees. 6. Toon ALLE berekeninge en rond antwoorde korrek tot TWEE desimale plekke af. 7. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie vraestel gebruik is. 8. Jy mag 'n nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik. 9. Berekeninge moet die volgende insluit: 9.1 Formules en manipulasies waar nodig 9.2 Korrekte vervanging van waardes 9.3 Korrekte antwoord en relevante eenhede waar van toepassing. 10. 'n Formuleblad is aan die einde van hierdie vraestel aangeheg. 11. Skryf netjies en leesbaar. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Elektriese Tegnologie: Digitale Elektronika 3 DBE/Mei/Junie 2024 SS/NSS Vertroulik VRAAG 1: MEERVOUDIGEKEUSE-VRAE Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee. Kies die antwoord en skryf slegs die letter (AD) langs die vraagnommers (1.1 tot 1.15) in die ANTWOORDEBOEK neer, bv. 1.16 D. 1.1 'n Brandwond moet behandel word deur … A die gebrande area met botter te bedek. B ys op die brandwond te sit. C die blase stukkend te maak. D koue water oor die brandwond te laat loop totdat die pyn verminder. (1) 1.2 In 'n op-versterker bistabiele- multivibrator-kring werk die op-versterker as 'n … A vergelyker. B sommeerversterker. C differensieerder. D integreerder. (1) 1.3 'n … verander sy uitsettoestand wanneer 'n snellerpuls ontvang word. Dit bly in daardie toestand vir 'n tydperk wat deur die RC-tydkonstante bepaal word. Daarna keer dit na sy oorspronklike toestand terug. A Astabiele multivibrator B Bistabiele multivibrator C Monostabiele multivibrator D Ontladingsossillator (1) 1.4 'n Kring wat gebruik word om 'n sinusgolf na 'n vierkantsgolf met dieselfde frekwensie om te skakel, is 'n … A vergelyker. B Schmitt-sneller. C monostabiele multivibrator. D op-versterker-differensieerder. (1) 1.5 Wanneer 'n positiewe vierkantsgolf op die omkeerinset van 'n op-versterker- integreerder toegepas word en die nie-omkeerinset aan aard gekoppel is, sal die kapasitor … A eksponensieel tot by die toevoerspanning laai. B eksponensieel tot by 0 V ontlaai. C teen 'n konstante vaste tempo tot by die negatiewe versadigingspanning laai. (1) D teen 'n konstante vaste tempo tot by 0 V ontlaai. 1.6 Die 555-GS funksioneer as 'n … in astabiele werksmodus. A spanningsreguleerder B frekwensieverdeler C vrylopende ossillator D Geeneen van die bogenoemde nie (1) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Elektriese Tegnologie: Digitale Elektronika 4 DBE/Mei/Junie 2024 SS/NSS Vertroulik 1.7 Die belangrikste kenmerke van operasionele versterkers is ... A baie hoë uitsetimpedansie, lae insetimpedansie, hoë spanningswins en wye bandwydte. B lae spanningswins, lae stroomwins, lae uitsetimpedansie en smal bandwydte. C baie hoë spanningswins, hoë stroomwins, lae uitsetimpedansie en hoë insetimpedansie. D baie hoë spanningswins, hoë insetimpedansie, lae uitsetimpedansie en wye bandwydte. (1) 1.8 'n … -uitset koppel die transistor se kollektor aan die LED-katode. A Voedings B Dreinerings C Absorbeer D Sink (1) 1.9 EEN metode om inligting in digitale stelsels te vertoon, is deur 'n ... te gebruik. A sleutelbord B ligemissiediode C ligafhanklike weerstand D fotodiode (1) 1.10 'n Op/af-teller word as 'n toepassing in ... gebruik. A frekwensieverdelers B mynkronkel/wikkelingratte C CNC-masjiene D hysbakke (1) 1.11 Kies die korrekte JK-inset-kombinasies wat 'n '1' (hoog) op die uitset van die JK-wipkring sal verskaf: A J = 0 en K = 0 B J = 1 en K = 0 C J = 0 en K = 1 D J = 1 en K = 1 (1) 1.12 Mikrobeheerders kan op verskeie maniere geprogrammeer word. Een van die metodes om 'n mikrobeheerder te programmeer, is om 'n vloeidiagram te gebruik. 'n Vloeidiagram word gedefinieer as 'n ... A blokdiagram met instruksies in die volgorde van uitvoering. B blokdiagram van die werking van die mikrobeheerder. C blokdiagram van die konstruksie van die mikrobeheerder. D reeks data wat die vloei van data na die mikrobeheerder toon. (1) 2024 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Elektriese Tegnologie: Digitale Elektronika 5 DBE/Mei/Junie 2024 SS/NSS Vertroulik 1.13 Die term LAG beteken … met verwysing na mikrobeheerders. A leesalleengeheue B leesuitsetgeheue C leesbegingeheue D ewetoeganklike geheue (1) 1.14 'n Toestel wat parallelle data vanaf die basisprosesseerder in 'n seriedatastring omskakel, staan as 'n … bekend. A universele asinchrone sender/transmitter ('UART') B sentrale verwerkingseenheid (SVE) C serierandtoestel-koppelvlak ('SPI') D intergeïntegreerde bus ('I2C') (1) 1.15 Die proses wat toelaat dat 'n taak oor en oor herhaal word, staan as … bekend. A ontfouting B datavloeilyne C lusvorming D 'n vloeidiagram (1) [15] VRAAG 2: BEROEPSGESONDHEID EN VEILIGHEID 2.1 Noem TWEE onveilige handelinge wat as gevaarlike praktyke beskou word deur 'n gebruiker wanneer met masjinerie gewerk word. (2) 2.2 Met verwysing na die Wet op Beroepsgesondheid en Veiligheid, 1993 (Wet 85 van 1993), gee TWEE voorbeelde wat as oortredings beskou word wanneer aan 'n veiligheidsinspekteur verslag gedoen word. (2) 2.3 Bespreek die algemene pligte wat vervaardigers uitvoer wanneer artikels vir gebruik in die werkplek ontwerp en vervaardig word. (2) 2.4 Definieer ʹn nie-kritieke insident. (2) 2.5 Beskryf ʹn gevaarlike uitwerking wat ʹn stroom van 200 mA op die menslike liggaam het. (2) [10] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Elektriese Tegnologie: Digitale Elektronika 6 DBE/Mei/Junie 2024 SS/NSS Vertroulik VRAAG 3: SKAKELKRINGE 3.1 Noem EEN gevolg van skakelaarwip in elektroniese kringe. (1) 3.2 FIGUUR 3.2 hieronder toon die basiese kringdiagram van 'n op-versterker bistabiele multivibrator met sy inset- en uitsetgolfvorms. Beantwoord die vrae wat volg. C1 +9 V Sneller- inset Uitset R2 R1 -9 V R3 1 2 3 4 Sneller- 0 inset + VVERS 0 Uitset -VVERS FIGUUR 3.2: BISTABIELE MULTIVIBRATOR 3.2.1 Verduidelik terugvoer met verwysing na die kring. (2) 3.2.2 Verduidelik hoe die kapasitor reageer wanneer 'n positiewe snellerpuls op die inset van die kring toegepas word. (2) 3.2.3 Beskryf die werking van die kring wanneer 'n negatiewe snellerpuls op die inset toegepas word. (3) 3.2.4 Verduidelik waarom die uitset nie verander wanneer snellerpuls 2 toegepas word nie. (3) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Elektriese Tegnologie: Digitale Elektronika 7 DBE/Mei/Junie 2024 SS/NSS Vertroulik 3.3 Verwys na FIGUUR 3.3 hieronder en beantwoord die vrae wat volg. +9V R2 R1 47 kΩ 22 kΩ 8 4 7 Uitset 6 555 3 2 R4 5 1 470 Ω Sneller 1 C1 C2 Inset 220 µF 0,01 µF LED 0 FIGUUR 3.3: MULTIVIBRATORKRING 3.3.1 Identifiseer die multivibratorkring in FIGUUR 3.3. (1) 3.3.2 Noem die funksie van weerstand R2 in hierdie kring. (2) 3.3.3 Teken die uitset van die kring vir die gegewe inset op die ANTWOORDBLAD vir VRAAG 3.3.3. (3) 3.3.4 Bepaal die spanning waarteen die stroombaan na sy rustende toestand sal terugstel. Gee 'n rede vir die antwoord. (2) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Elektriese Tegnologie: Digitale Elektronika 8 DBE/Mei/Junie 2024 SS/NSS Vertroulik 3.4 Verwys na FIGUUR 3.4 hieronder en beantwoord die vrae wat volg. +9 V R2 1 kΩ 7 8 4 T R1 Uitset 100 kΩ 3 555 6 2 1 5 t1 t2 C1 70 ms 69,3 ms 1 µF C2 0,01 µF FIGUUR 3.4: ASTABIELE MULTIVIBRATOR 3.4.1 Verduidelik waarom die uitset van die kring aanhoudend van toestand verander. (4) 3.4.2 Verduidelik waarom t1 en t2 nie gelyk is nie. (2) 3.4.3 Bereken die frekwensie van die uitset. (3) 3.5 FIGUUR 3.5 hieronder toon 'n op-versterker as vergelyker. Beantwoord die vrae wat volg. +9 V R1 4,5 V +9 V +9 V VIN - VUIT + 0 t R2 -9 V 2k2 Ω 0V FIGUUR 3.5: OP-VERSTERKER AS VERGELYKER 3.5.1 Bepaal die waarde van die verwysingspanning. (1) 3.5.2 Bepaal die weerstand van R1. Motiveer jou antwoord. (2) 3.5.3 Teken die uitsetspanning vir die gegewe inset op die ANTWOORDBLAD vir VRAAG 3.5.3. (3) 3.5.4 Verduidelik hoe 'n toename in die waarde van R1 die spanning oor R2 sal beïnvloed. (2) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Elektriese Tegnologie: Digitale Elektronika 9 DBE/Mei/Junie 2024 SS/NSS Vertroulik 3.6 FIGUUR 3.6 hieronder toon die kringdiagram van 'n omkeer- sommeerversterker. 0,1 V V1 C1 R1 2k2 Ω RF 33 kΩ t C2 R2 2k2 Ω +10 V 0,2 V V2 - t C3 R3 2k2 Ω + 0,3 V V3 VUIT -10 V t FIGUUR 3.6: SOMMEERVERSTERKER 3.6.1 Verduidelik die doel van 'n sommeerversterker. (3) 3.6.2 Gegee: R1 = R2 = R3 = 2,2 kΩ RF = 33 kΩ VCC = +/- 10 V V1 = 0,1 V V2 = 0,2 V V3 = 0,3 V Bereken die uitsetspanning as RF op 33 kΩ gestel is. (3) 3.6.3 Noem waarom die uitset tot 0,6 V daal wanneer R F op 2 200 Ω gestel is. (1) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Elektriese Tegnologie: Digitale Elektronika 10 DBE/Mei/Junie 2024 SS/NSS Vertroulik 3.7 Verwys na FIGUUR 3.7 hieronder en beantwoord die vrae wat volg. +V C Inset Uitset 0 t R FIGUUR 3.7: PASSIEWE RC-DIFFERENSIEERDER 3.7.1 Teken die uitset van die kring vir die gegewe inset op die ANTWOORDBLAD vir VRAAG 3.7.1. (2) 3.7.2 Verduidelik die werking van die kring gedurende die eerste positiewe vierkantsgolf. (3) 3.7.3 Illustreer, deur middel van 'n basiese kringdiagram, hoe die kring hierbo na 'n passiewe integreerder verander kan word. (2) [50] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Elektriese Tegnologie: Digitale Elektronika 11 DBE/Mei/Junie 2024 SS/NSS Vertroulik VRAAG 4: HALFGELEIERTOESTELLE 4.1 Bepaal die uitsetspanning van die op-versterker in FIGUUR 4.1 hieronder vir die toestande in TABEL 4.1 wanneer V1 en V2 in fase is. +V V1 - Vuit V2 + -V 0V FIGUUR 4.1: OPERASIONELE VERSTERKER VIN VUIT 4.1.1 As V1 < V2 sal VUIT … wees. 4.1.2 As V1 = V2 sal VUIT … wees. TABEL 4.1 (2) 4.2 Bestudeer FIGUUR 4.2 hieronder en beantwoord die vrae wat volg. RF = 10 kΩ RIN = 1 kΩ +15 V _ VUIT VIN = 60 mV + -15 V 0V FIGUUR 4.2: OMKEER- OPERASIONELE VERSTERKER 4.2.1 Verduidelik waarom op-versterkers nie dikwels in ooplusmodus gebruik word nie. (2) 4.2.2 Verduidelik die term bandwydte as een van die kenmerke van operasionele versterkers. (2) 4.2.3 Bereken die uitsetspanning. (3) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Elektriese Tegnologie: Digitale Elektronika 12 DBE/Mei/Junie 2024 SS/NSS Vertroulik 4.3 Verwys na FIGUUR 4.3 hieronder en bereken die terugvoerweerstand (RF) wat nodig is indien die insetweerstand 2 kΩ is wanneer die op-versterker van 'n insetspanning van 0,5 V voorsien word en 'n uitsetspanning van 4 V lewer. + _ RF VIN = 0,5 V VUIT = 4 V RIN = 2 kΩ FIGUUR 4.3: OPERASIONELE VERSTERKER Gegee: VIN = 0,5 V VUIT =4V RIN = 2 kΩ (3) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Elektriese Tegnologie: Digitale Elektronika 13 DBE/Mei/Junie 2024 SS/NSS Vertroulik 4.4 Verwys na FIGUUR 4.4 hieronder en beantwoord die vrae wat volg +Vcc 0V 1 8 Toevoer 5 kΩ 5 kΩ 5 kΩ Sneller 2 7 + _ + _ R S Uitset 3 6 Drempel Wip- kring Uitset- Q Q drywer Terugstel 4 Beheer- 5 spanning FIGUUR 4.4: 555-GS 4.4.1 Benoem pen 7. (1) 4.4.2 Noem EEN toepassing van 'n 555-GS wanneer dit in monostabiele modus gebruik word. (1) 4.4.3 Beskryf kortliks die funksie van pen 4. (2) 4.4.4 Noem TWEE werksmodusse van die 555-GS. (2) 4.4.5 Verduidelik die funksie van die drempelinset op 'n 555-GS. (2) [20] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Elektriese Tegnologie: Digitale Elektronika 14 DBE/Mei/Junie 2024 SS/NSS Vertroulik VRAAG 5: DIGITALE EN SEKWENSIËLE TOESTELLE 5.1 Verduidelik polarisering wanneer dit in die werking van 'n vloeistofkristalbeeld (VKV) gebruik word. (3) 5.2 Verduidelik die verskil tussen gemeenskaplike anode en gemeenskaplike katode in 'n LED-sewesegmentvertoonpaneel is. (4) 5.3 FIGUUR 5.3 hieronder verteenwoordig 'n onvolledige blokdiagram van 'n drie-bis parallelle opteller. Voltooi en benoem die diagram van hierdie opteller op die ANTWOORDBLAD vir VRAAG 5.3. B2 A2 B1 A1 Bo Ao Ci Ci Co Co Co Ʃ3 Ʃ2 FIGUUR 5.3 (7) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Elektriese Tegnologie: Digitale Elektronika 15 DBE/Mei/Junie 2024 SS/NSS Vertroulik 5.4 Verwys na FIGUUR 5.4 hieronder en bepaal die binêre kode by die uitset wanneer skakelaar 7 gedruk word. Skryf die antwoorde op ANTWOORDBLAD 5.4.1. +5V & A0 & A1 Uitsette & A2 & A3 9 8 7 6 5 4 3 2 1 0V FIGUUR 5.4 (4) 5.5 Verduidelik die term pulssnellering soos dit in wipkringe gebruik word. (2) 5.6 Verwys na FIGUUR 5.6 hieronder van 'n volopteller en voltooi die logikakring op die ANTWOORDBLAD vir VRAAG 5.6 deur twee halfoptellers en 'n OF-hek te gebruik. ∑ C in (som) A FA C uit B FIGUUR 5.6: VOLOPTELLER (6) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Elektriese Tegnologie: Digitale Elektronika 16 DBE/Mei/Junie 2024 SS/NSS Vertroulik 5.7 Verwys na FIGUUR 5.7 hieronder van 'n geklokte JK-tipe wipkring en beantwoord die vrae wat volg. STEL J Q K HERSTEL Q FIGUUR 5.7: JK-TIPE WIPKRING 5.7.1 Voltooi die logikakring van hierdie wipkring op ANTWOORD- BLAD 5.7.1. (6) 5.7.2 Voltooi die uitsetgolfvorms van hierdie wipkring op ANTWOORD- BLAD 5.7.2. Aanvaar dat Q LAAG begin. 1 2 3 4 5 6 KLK J K Q FIGUUR 5.7.2 (6) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Elektriese Tegnologie: Digitale Elektronika 17 DBE/Mei/Junie 2024 SS/NSS Vertroulik 5.8 FIGUUR 5.8 hieronder toon 'n driestadium-rimpelteller en beantwoord die vrae wat volg. 1 A B C SET SET J Q J Q J Q Inset klok Insetklok pulse pulse K Q K CLR Q K CLR Q FF0 FF1 FF2 FIGUUR 5.8: DRIESTADIUM-RIMPELTELLER 5.8.1 Voltooi die tyddiagramme vir hierdie teller op ANTWOORD- BLAD 5.8.1. Klok- 1 2 3 4 5 6 pulse Uitset A Uitset B Uitset C FIGUUR 5.8.1 (8) 5.8.2 Noem of die stroombaan in FIGUUR 5.8 sinchroon of asinchroon is. (1) 5.9 Noem ʹn nadeel van die op/af-teller. (1) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Elektriese Tegnologie: Digitale Elektronika 18 DBE/Mei/Junie 2024 SS/NSS Vertroulik 5.10 Verwys na skuifregisters en voltooi die skets van 'n vier-bis- serie-in: parallel-uit- skuifregister op die ANTWOORDBLAD vir VRAAG 5.10 deur wipkringe te gebruik. Toon AL die insette en uitsette. QA QB QC QD Terugstel FIGUUR 5.10 (7) [55] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Elektriese Tegnologie: Digitale Elektronika 19 DBE/Mei/Junie 2024 SS/NSS Vertroulik VRAAG 6: MIKROBEHEERDERS 6.1 Noem TWEE gebruike van 'n mikrobeheerder soos in kommersiële beheertoestelle gebruik. (2) 6.2 Verwys na die blokdiagram in FIGUUR 6.2 hieronder en beantwoord die vrae wat volg. SVE LAG I/U ETG/ LSG FIGUUR 6.2 6.2.1 Identifiseer die blokdiagram in FIGUUR 6.2 hierbo. (1) 6.2.2 Noem die basiese funksie van die ewetoeganklike geheue (ETG/LSG). (2) 6.2.3 Skryf die afkorting SVE volledig uit. (1) 6.3 Verwys na FIGUUR 6.3 hieronder en beantwoord die vrae wat volg. A B Inset en uitset Beheerbus C Adresbus Databus FIGUUR 6.3 6.3.1 Benoem A, B en C. (3) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Elektriese Tegnologie: Digitale Elektronika 20 DBE/Mei/Junie 2024 SS/NSS Vertroulik 6.3.2 Noem die funksie van die volgende: (a) Beheerbus (2) (b) Databus (3) 6.3.3 Definieer die term koppelvlak. (2) 6.4 Verwys na die blokdiagram in FIGUUR 6.4 hieronder van 'n SVE met registers en beantwoord die vrae wat volg. SVE Inset- Klok Uitset- Akkumulator toestel toestel HIR PT GDR GAR Geheue-eenheid Sekondêre stooreenheid FIGUUR 6.4 6.4.1 Verduidelik hoe die data geprosesseer word wanneer dit die huidige instruksieregister (HIR) vanaf die GDR binnegaan. (3) 6.4.2 Beskryf die funksie van die akkumulator. (2) 6.4.3 Noem die TWEE tipes registers wat binne die SVE gebruik word. (2) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Elektriese Tegnologie: Digitale Elektronika 21 DBE/Mei/Junie 2024 SS/NSS Vertroulik 6.5 Verwys na kommunikasieprotokolle en beantwoord die vrae wat volg. 6.5.1 Definieer kommunikasieprotokolle. (2) 6.5.2 Verduidelik die verskille tussen simplekskommunikasie en halfduplekskommunikasie. (4) 6.6 Verwys na seriekommunikasie-koppelvlak en beantwoord die vrae wat volg. 6.6.1 Verduidelik die werksmodus van die serierandkoppelvlak (SRK). (3) 6.6.2 Noem TWEE nadele van die SRK. (2) 6.7 Verwys na die RS-485-kommunikasieprotokol en beantwoord die volgende vrae. 6.7.1 Noem die maksimum kabellengte. (1) 6.7.2 Noem die werksmodus. (1) 6.7.3 Noem TWEE toestelle wat met die RS-485-koppelvlak gebruik kan word. (2) 6.8 Verwys na sagteware van mikrobeheerders en beskryf 'n instruksiesiklus. (3) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Elektriese Tegnologie: Digitale Elektronika 22 DBE/Mei/Junie 2024 SS/NSS Vertroulik 6.9 Verwys na die onvolledige vloeidiagram hieronder van 'n monostabiele toestel met net een stabiele toestand. Dit verander van toestand wanneer dit deur 'n inset gesneller word, en dit bly in daardie toestand vir 5 sekondes voordat dit na sy oorspronklike toestand terugkeer. Teken 'n volledige vloeidiagram vir hierdie toestel op die ANTWOORDBLAD vir VRAAG 6.9. Begin FIGUUR 6.9 (9) [50] TOTAAL: 200 Kopiereg voorbehou
Elektriese Tegnologie: Digitale Elektronika DBE/Mei/Junie 2024 SS/NSS Vertroulik FORMULEBLAD HALFGELEIERTOESTELLE V  RF  RF Wins A V  UIT     OF AV  1 VIN  IN  R RIN  R  VUIT  VIN    F   RIN   R  VUIT  VIN  1  F   RIN  VLOEIKAARTSIMBOLE IN PICAXE Proses Besluit Afsluiter Data SKAKELKRINGE  R R R  VUIT    V1 F  V2 F  ....VN F   R1 R2 RN  VUIT VUIT Wins A V   VIN V1  V2  ...VN  VUIT   (V1  V2  ...VN ) 1 F T Kopiereg voorbehou
Elektriese Tegnologie: Digitale Elektronika DBE/Mei/Junie 2024 SS/NSS Vertroulik SENTRUMNOMMER: EKSAMENNOMMER: ANTWOORDBLAD VRAAG 3: SKAKELKRINGE 3.3.3 1 Inset 0 +V Uitset Dra punte na antwoordeboek oor 0 t MOD FIGUUR 3.3.3 (3) 3.5.3 +9 V Vverw 0 +9 V 0 Dra punte na antwoordeboek oor -9 V MOD FIGUUR 3.5.3 (3) Kopiereg voorbehou
Elektriese Tegnologie: Digitale Elektronika DBE/Mei/Junie 2024 SS/NSS Vertroulik SENTRUMNOMMER: EKSAMENNOMMER: ANTWOORDBLAD 3.7.1 +V Inset 0 t +V Uitset 0 Dra punte na antwoordeboek oor -V MOD FIGUUR 3.7.1 (2) Kopiereg voorbehou
Elektriese Tegnologie: Digitale Elektronika DBE/Mei/Junie 2024 SS/NSS Vertroulik SENTRUMNOMMER: EKSAMENNOMMER: ANTWOORDBLAD VRAAG 5: DIGITALE EN SEKWENSIËLE TOESTELLE 5.3 B2 A2 B1 A1 Bo Ao Ci Ci Co Co Co Ʃ3 Ʃ2 Dra punte na antwoordeboek oor MOD FIGUUR 5.3 (7) Kopiereg voorbehou
Elektriese Tegnologie: Digitale Elektronika DBE/Mei/Junie 2024 SS/NSS Vertroulik SENTRUMNOMMER: EKSAMENNOMMER: ANTWOORDBLAD 5.4 +5V & A0 = & A1 = Uitsette & A2 = & A3 = 9 8 7 6 5 4 3 2 1 0V Dra punte na antwoordeboek oor MOD FIGUUR 5.4 (4) Kopiereg voorbehou
Elektriese Tegnologie: Digitale Elektronika DBE/Mei/Junie 2024 SS/NSS Vertroulik SENTRUMNOMMER: EKSAMENNOMMER: ANTWOORDBLAD 5.6 ∑ C in (som) A C uit B Dra punte na antwoordeboek oor MOD FIGUUR 5.6 (6) 5.7.1 J Q KLK Q K Dra punte na antwoordeboek oor MOD FIGUUR 5.7.1 (6) Kopiereg voorbehou
Elektriese Tegnologie: Digitale Elektronika DBE/Mei/Junie 2024 SS/NSS Vertroulik SENTRUMNOMMER: EKSAMENNOMMER: ANTWOORDBLAD 5.7.2 1 2 3 4 5 6 KLK J K Q Dra punte na antwoordeboek oor MOD FIGUUR 5.7.2 (6) Kopiereg voorbehou
Elektriese Tegnologie: Digitale Elektronika DBE/Mei/Junie 2024 SS/NSS Vertroulik SENTRUMNOMMER: EKSAMENNOMMER: ANTWOORDBLAD 5.8.1 Klok- 1 2 3 4 5 6 pulse Uitset A Uitset B Uitset C Dra punte na antwoordeboek oor MOD FIGUUR 5.8.1 (8) 5.10 QA QB QC QD Terugstel Dra punte na antwoordeboek oor MOD FIGUUR 5.10 (7) Kopiereg voorbehou
Elektriese Tegnologie: Digitale Elektronika DBE/Mei/Junie 2024 SS/NSS Vertroulik SENTRUMNOMMER: EKSAMENNOMMER: ANTWOORDBLAD VRAAG 6: MIKROBEHEERDERS 6.9.2 Begin Dra punte na antwoordeboek oor MOD FIGUUR 6.9 (9) Kopiereg voorbehou

Study this subject

More from Grade 12 Electrical Technology

View all