Skip to content

Electrical Technology Grade 12 NSC November 2025 QP (Afr)

Question paperElectrical TechnologyGrade 12202528 pages

Grade 12 Electrical Technology question paper from the NSC November Exam 2025 (Afrikaans), 28 pages. Read online or download the free PDF.

Free to read online, no sign-up needed

Loading document…

Loading document…

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Vertroulik GRAAD 12 NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 ELEKTRIESE TEGNOLOGIE: DIGITALE ELEKTRONIKA NOVEMBER 2025 PUNTE: 200 TYD: 3 uur . Hierdie vraestel bestaan uit 20 bladsye, 'n 1 bladsy-formuleblad en 'n 7 bladsy-antwoordblad. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Elektriese Tegnologie: Digitale Elektronika 2 DBE/November 2025 NSS Vertroulik INSTRUKSIES EN INLIGTING 1. Hierdie vraestel bestaan uit SES vrae. 2. Beantwoord AL die vrae. 3. Beantwoord die volgende vrae op die aangehegte ANTWOORDBLAAIE: VRAAG 3.2.3, 3.3.2, 3.3.4 en 3.4.4 VRAAG 4.4 VRAAG 5.1.3, 5.3.1, 5.4.1, 5.4.2 en 5.8.3 VRAAG 6.8 4. Skryf jou sentrumnommer en eksamennommer op elke ANTWOORDBLAD en lewer dit saam met jou ANTWOORDEBOEK in, al het jy dit nie gebruik nie. 5. Sketse en diagramme moet groot, netjies en VOLLEDIG BENOEM wees. 6. Toon ALLE berekeninge en rond antwoorde korrek tot TWEE desimale plekke af. 7. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie vraestel gebruik is. 8. Jy mag 'n nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik. 9. Berekeninge moet die volgende insluit: 9.1 Formules en manipulasies waar nodig 9.2 Korrekte vervanging van waardes 9.3 Korrekte antwoord en relevante eenhede waar van toepassing 10. 'n Formuleblad is aan die einde van hierdie vraestel aangeheg. 11. Skryf netjies en leesbaar. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Elektriese Tegnologie: Digitale Elektronika 3 DBE/November 2025 NSS Vertroulik VRAAG 1: MEERVOUDIGEKEUSE-VRAE 2025 Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee. Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A−D) langs die vraagnommers (1.1 tot 1.15) in die ANTWOORDEBOEK neer, bv. 1.16 D. 1.1 'n … verskaf werk aan 'n ander persoon en vergoed daardie persoon. A Werknemer B Werkgewer C Toesighouer D Gesondheid-en-veiligheidsverteenwoordiger (1) 1.2 Die … produseer een pulssiklus van hoog en laag wanneer 'n snellerpuls op sy inset toegepas word. A astabiele multivibrator B monostabiele multivibrator C bistabiele multivibrator D vergelyker (1) 1.3 Die volgende uitsetsein wat deur 'n op-versterker astabiele multivibrator geproduseer word, het 'n dienssiklus van … wanneer t1 = t2. A 25% B 50% C 75% D 100% (1) 1.4 Die … word gebruik om 'n sein te herwin nadat dit ernstige vervorming ondergaan het. A omkeervergelyker B op-versterker-differensieerder C Schmitt-sneller D sommeerversterker (1) 1.5 Die volgende is belangrik in die werking van 'n op-versterker-integreerderkring: A Die op-versterker se insette trek nulstroom. B Die beskouing is dat die twee insette van die op-versterker albei altyd dieselfde spanning het. C Wanneer 'n konstante stroom na die kapasitor gevoer word, sal dit teen 'n konstante vaste tempo laai. D Al die bogenoemde (1) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Elektriese Tegnologie: Digitale Elektronika 4 DBE/November 2025 NSS Vertroulik 1.6 Die … beheer die gesloteluswins van die operasioneleversterker-kring. A toevoerspanning B interne struktuur van die op-versterker C komponente in die terugvoernetwerk D tipe toegepaste insetsein (1) 1.7 Die spanning wat op pen 2 toegepas moet word wat toelaat dat die uitset van 555-GS 'laag' gaan, is … A 1/3 van die toevoerspanning. B 2/3 van die toevoerspanning. C minder as 1/3 van die toevoerspanning. D groter as 2/3 van die toevoerspanning. (1) 1.8 Die werking van VKB-skerms maak staat op die … A verligting van die ligemissiediode. B polarisering van lig. C deurlaat van lig deur twee polariseerroosters wat 45⁰ tot mekaar roteer. D deurlaat van lig in alle vlakke. (1) 1.9 'n Aktiewe lae RS-grendel is in die steltoestand wanneer … A R=1 en S=0 B R=0 en S=1 C R=1 en S=1 D R=0 en S=0 (1) 1.10 … is 'n ander metode om die JK-wipkring te klok deur die klokpuls op dieselfde tyd na elke teller te voer. A Sinchrone telling B Asinchrone telling C Dekadetelling D Geeneen van die bogenoemde nie (1) 1.11 Die kring waar al vier bisse gelyktydig in die register gelaai word, maar nadat dit gestoor is, een bis op 'n slag onder die beheer van die klokinsetsiklus uitgeskuif word, staan as die …-register bekend. A PIPU B SISU C SIPU D PISU (1) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Elektriese Tegnologie: Digitale Elektronika 5 DBE/November 2025 NSS Vertroulik 1.12 Die SVE stuur instruksies na beide die geheue en inset/uitset-poorte oor die …-bus. A data B adres C sisteem D beheer (1) 1.13 Die kommunikasieprotokol wat net twee seinlyne benodig, staan as die … bekend. A seriedubbelspoorkoppelvlak B serierandtoerustingkoppelvlak C seriekommunikasiekoppelvlak D intergeïntegreerde bus (1) 1.14 Die RS-232-standaard word in …-toepassings gebruik. A lae-data-tempo, lang-afstand B hoë-data-tempo, kort-afstand C lae-data-tempo, kort-afstand D hoë-data-tempo, lang-afstand (1) 1.15 'n Gedetailleerde stap-vir-stapvolgorde van instruksies wat gevolg word om enige taak te voltooi, staan as 'n … bekend. A konvensie B vloeidiagram C program D algoritme (1) [15] VRAAG 2: BEROEPSGESONDHEID EN VEILIGHEID 2.1 Verduidelik masjinerie met verwysing na die Wet op Beroepsgesondheid en Veiligheid, 1993 (Wet 85 van 1993). (2) 2.2 Noem TWEE voorsorgmaatreëls om jouself te beskerm wanneer jy iemand help wat 'n elektriese skok opgedoen het. (2) 2.3 Gee TWEE voorbeelde van gevaarlike praktyke in die elektriese werkswinkel. (2) 2.4 Onderskei tussen 'n ernstige voorval en 'n ongeluk. (2) 2.5 In die elektriese werkswinkel het jy gesien dat een van jou klasmaats 'n veiligheidskerm van 'n masjien verwyder. Volgens die Wet op Beroepsgesondheid en Veiligheid, 1993 (Wet 85 van 1993), is dit 'n onveilige handeling. Motiveer waarom dit 'n onveilige handeling is. (2) [10] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Elektriese Tegnologie: Digitale Elektronika 6 DBE/November 2025 NSS Vertroulik VRAAG 3: SKAKELKRINGE 3.1 Verwys na operasionele versterkers as skakelkringe en beantwoord die vrae wat volg. 3.1.1 Noem EEN op-versterkerskakelkring wat in ooplusmodus werk. (1) 3.1.2 Verduidelik die term verwysingspanning met verwysing na die insette van 'n op-versterker. (2) 3.2 FIGUUR 3.2 hieronder toon 'n bistabiele multivibratorkring met 'n 555-GS. Beantwoord die vrae wat volg. + VCC R2 R1 10 kΩ 10 kΩ R3 8 4 330 Ω 7 555 3 6 2 1 5 LUD Stel Herstel C2 0,01 µF FIGUUR 3.2: BISTABIELE MULTIVIBRATOR 3.2.1 Verduidelik die doel van weerstand R1 en R2 met verwysing na pen 2 en 4 wanneer die stel- en herstel-skakelaars oop is. (2) 3.2.2 Verduidelik wat sal gebeur as weerstand R1 en R2 omlei word met pen 2 en 4 direk aan die toevoer gekoppel. (2) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Elektriese Tegnologie: Digitale Elektronika 7 DBE/November 2025 NSS Vertroulik 3.2.3 Verwys na FIGUUR 3.2.3 hieronder en voltooi die uitsetsein vir die kring in FIGUUR 3.2 op die vorige bladsy op die ANTWOORDBLAD vir VRAAG 3.2.3. VCC Snellerinset Snellerinset wanneer wanneer stel stel gedruk gedruk word word 0V VCC Snellerinset Snellerinsetwanneer wanneer herstel herstelgedruk gedrukword word 0V VCC Uitset Uitset 0V FIGUUR 3.2.3: BISTABIELE INSET (4) 3.3 Verwys na FIGUUR 3.3 hieronder en beantwoord die vrae wat volg. +9V R2 R1 10 kΩ 58 kΩ 8 4 7 Uitset 6 555 3 2 R3 5 1 Sneller- 470 Ω inset C1 C2 47 µF 0,01 µF LUD FIGUUR 3.3: MONOSTABIELE MULTIVIBRATOR 3.3.1 Noem TWEE praktiese toepassings van 'n monostabiele multivibratorkring. (2) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Elektriese Tegnologie: Digitale Elektronika 8 DBE/November 2025 NSS Vertroulik 3.3.2 Verwys na FIGUUR 3.3.2 hieronder en teken die golfvorms vir die spanning oor kapasitor C1 (VC1) en die ooreenstemmende uitset op die ANTWOORDBLAD vir VRAAG 3.3.2, wanneer die kring in FIGUUR 3.3 op die vorige bladsy gestel is om 'n tydsvertraging van 3 sekondes te hê sodra die snellerinset geaktiveer word. Snellerinset ⅓ VCC 0V 1 2 3 4 5 t (s) ⅔VCC VC1 t Hoog Uitset Laag t FIGUUR 3.3.2 (5) 3.3.3 Bepaal die drempelspanningswaarde waarteen die kapasitor C1 sal begin ontlaai. (2) 3.3.4 Verwys na FIGUUR 3.3.4 hieronder en voltooi die ekwivalente 741-op-versterker- monostabiele multivibratorkringdiagram op die ANTWOORDBLAD vir VRAAG 3.3.4. +VCC Inset Uitset -VCC -VVERW FIGUUR 3.3.4: ONVOLLEDIGE 741- MONOSTABIELE MULTIVIBRATOR (5) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Elektriese Tegnologie: Digitale Elektronika 9 DBE/November 2025 NSS Vertroulik 3.4 Verwys na FIGUUR 3.4 hieronder en beantwoord die vrae wat volg. +15 V VIN VUIT t -15 V R1 9 kΩ R2 1 kΩ FIGUUR 3.4. OMKEER-SCHMITT-SNELLER 3.4.1 Noem die tipe terugvoer wat in hierdie kring gebruik word. (1) 3.4.2 Verduidelik die term snellerspanning met verwysing na die kring. (2) 3.4.3 Bepaal die benaderde waardes van die boonste EN onderste snellerspannings. (2) 3.4.4 Teken die uitsetsein vir die kring in FIGUUR 3.4 hierbo op die ANTWOORDBLAD vir VRAAG 3.4.4. (4) 3.5 FIGUUR 3.5 hieronder toon 'n sommeer- operasionele versterker met RF op 100 kΩ gestel. ALLE seine op die inset is suiwer sinusgolwe. Beantwoord die vrae wat volg. C1 R1 10 kΩ RF 100 kΩ V1 C2 R2 10 kΩ +12 V - V2 C3 R3 10 kΩ + VUIT -12 V V3 FIGUUR 3.5: SOMMEERVERSTERKER Gegee: R1, R2, R3 = 10 kΩ RF = 100 kΩ (verstelbaar) V1, V2, V3 = 0,4 V Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Elektriese Tegnologie: Digitale Elektronika 10 DBE/November 2025 NSS Vertroulik 3.5.1 Verduidelik EEN kenmerk wat hierdie tipe kring geskik maak vir gebruik in klankmengtoepassings. (2) 3.5.2 Bereken die uitsetspanning van die kring as RF op 100 kΩ gestel is. (3) 3.5.3 Bereken die spanningswins van die versterker. (3) 3.5.4 Wanneer V2 na 0,6 V verhoog word, verander die berekende uitsetspanning na -14 V. Beantwoord die volgende vrae: (a) Verduidelik hoe die uitsetsein se vorm sal verander wanneer V2 na 0,6 V verhoog word. (2) (b) Verduidelik waarom die uitsetsein in VRAAG 3.5.4(a) geaffekteer is. (1) (c) Noem hoe die verandering in die seinvorm reggestel kan word sonder om die waarde van enige van die insette te verminder. (1) 3.6 Verwys na FIGUUR 3.6 hieronder en beantwoord die vrae wat volg. RF CIN +V VIN - +V VUIT Inset + t -V -V FIGUUR 3.6: OP-VERSTERKER-DIFFERENSIEERDER 3.6.1 Bepaal die spanning by die omkeer-insetterminaal van die op-versterker voordat die insetsein in die kring ingevoer word. Motiveer jou antwoord. (2) 3.6.2 Verduidelik die verband tussen die inset- en uitsetspanning van die kring in FIGUUR 3.6 hierbo. (2) [50] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Elektriese Tegnologie: Digitale Elektronika 11 DBE/November 2025 NSS Vertroulik VRAAG 4: HALFGELEIERTOESTELLE 4.1 Verwys na FIGUUR 4.1 hieronder en beantwoord die vrae wat volg. 8 PEN-DIL-VERPAKKING indekspunt Indekspunt nulpuntverstelling 1 8 nie verbind nie (verskil) omkeerinset 2 77 +V 741 nie-omkeer-inset 3 6 uitset nulpunt- -V 4 5 verstelling (verskil) FIGUUR 4.1: 741-OP-VERSTERKER 4.1.1 Noem die doel van die indekspunt op die 741-GS in FIGUUR 4.1 hierbo. (1) 4.1.2 Beskryf die invloed wat die op-versterker op 'n sinusgolf sal hê wat op pen 2 in FIGUUR 4.1 toegepas word. (2) 4.1.3 Verduidelik waarom 'n 741-op-versterker 'n dubbelspoorkragbron benodig. (2) 4.2 Noem die 741-op-versterker-kring wat 100% terugvoer gebruik. (1) 4.3 Die interne kring van die 741-op-versterker bestaan uit drie stadiums, naamlik insetstadium, tussenstadium en uitsetstadium. Verduidelik die funksie van die tussenstadium. (2) 4.4 Verwys na FIGUUR 4.4 hieronder en voltooi die kring van 'n 741-op-versterker wat as 'n omkeerversterker gebruik word op die ANTWOORDBLAD vir VRAAG 4.4. +VCC - VIN + V UIT -VCC FIGUUR 4.4 (3) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Elektriese Tegnologie: Digitale Elektronika 12 DBE/November 2025 NSS Vertroulik 4.5 FIGUUR 4.5 hieronder toon die interne uitleg van 'n 555-GS. Beantwoord die vrae wat volg. +VCC A B Beheerspanning 8 7 6 5 5k - C1 + R Q T2 Wip- 5k kring Q S - C2 + 5k T1 1 2 3 4 Aard Sneller Uitset Terugstel (Herstel) FIGUUR 4.5: INTERNE UITLEG VAN 'N 555-GS 4.5.1 Benoem A en B. (2) 4.5.2 Verduidelik waarom die RS-wipkring in FIGUUR 4.5 hierbo ook as 'n geheuesel bekend staan. (2) 4.5.3 Verduidelik waarom pen 4 normaalweg tydens werking aan die positiewe toevoerspanning gekoppel is. (2) 4.5.4 Verduidelik hoe ongewenste geraas vanaf die toevoer tydens die werking van die 555-GS uitgeskakel kan word. (2) 4.5.5 Noem EEN werksmodus van 'n 555-GS. (1) [20] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Elektriese Tegnologie: Digitale Elektronika 13 DBE/November 2025 NSS Vertroulik VRAAG 5: DIGITALE EN SEKWENSIËLE TOESTELLE 5.1 Verwys na FIGUUR 5.1 hieronder en beantwoord die vrae wat volg. V a a a b b f b c c g d d e e c e f f DP g g d FIGUUR 5.1: SEWESEGMENT-VERTOONPANEEL 5.1.1 Noem TWEE tipes interne LUD-verbindings wat in sewesegment- vertoonpanele gevind word. (2) 5.1.2 Dui aan watter LUD-segmente in FIGUUR 5.1 hierbo voorgespan moet word om 'n nommer '5' te vertoon. (1) 5.1.3 Verwys na FIGUUR 5.1.3 hieronder en voltooi die tekening vir 'n voeding- digitale uitset. Dui die rigting van stroomvloei by die uitset op die ANTWOORDBLAD vir VRAAG 5.1.3 aan. FIGUUR 5.1.3: ONVOLLEDIGE KRINGDIAGRAM VAN 'N VOEDING- DIGITALE UITSET (4) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Elektriese Tegnologie: Digitale Elektronika 14 DBE/November 2025 NSS Vertroulik 5.2 Noem die kring wat insetdata in desimale vorm aanvaar en hierdie data na sy binêre vorm omskakel. (1) 5.3 Verwys na FIGUUR 5.3 hieronder van 'n halfopteller-logikasimbool en beantwoord die vrae wat volg. A SOM H/O B OORDRAG FIGUUR 5.3: HALFOPTELLER-LOGIKASIMBOOL 5.3.1 Voltooi die logikakring van die halfopteller in FIGUUR 5.3.1 hieronder met gebruik van 'n EN-hek en 'n eksklusiewe OF-hek op die ANTWOORDBLAD vir VRAAG 5.3.1. A Som B Oordrag FIGUUR 5.3.1 (4) 5.3.2 Bepaal die som en die oordrag-uitset wanneer inset A = 1 en inset B = 1. (2) 5.3.3 Verduidelik hoe 'n volopteller-logikakring van 'n halfopteller- logikakring verskil met verwysing na die volgende: (a) Insette (1) (b) Logikahekke (3) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Elektriese Tegnologie: Digitale Elektronika 15 DBE/November 2025 NSS Vertroulik 5.4 Verwys na FIGUUR 5.4 hieronder en beantwoord die vrae wat volg. J Q K Q FIGUUR 5.4 5.4.1 Voltooi die logikakring van hierdie wipkring op die ANTWOORDBLAD vir VRAAG 5.4.1. J Q KLK Q K FIGUUR 5.4.1 (6) 5.4.2 Bepaal die uitset by Q deur die tyddiagramme op die ANTWOORDBLAD vir VRAAG 5.4.2 te voltooi. Neem aan dat Q LAAG begin. 1 2 3 4 Klok J K Q FIGUUR 5.4.2 (4) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Elektriese Tegnologie: Digitale Elektronika 16 DBE/November 2025 NSS Vertroulik 5.5 Beskryf 'n teller met verwysing na digitale en sekwensiële toestelle. (3) 5.6 Verduidelik wat 'n voortplantingsvertraging in asinchrone tellers veroorsaak en hoe die voortplantingsvertraging uitgeskakel kan word. (4) 5.7 Noem TWEE toepassings van die op/af-teller. (2) 5.8 Verwys na FIGUUR 5.8 hieronder en beantwoord die vrae wat volg. 1 A B C J Q J Q J Q FF0 FF1 FF2 K Q K Q K Q Insetklok- Insetklok- pulse pulse FIGUUR 5.8: DRIESTADIUM- BINȆRE TELLER 5.8.1 Noem waarom die kring in FIGUUR 5.8 hierbo 'n sinchrone binêre teller is. (1) 5.8.2 Verduidelik die funksie van die EN-hek in FIGUUR 5.8 hierbo. (3) 5.8.3 Voltooi die waarheidstabel van die teller in FIGUUR 5.8 hierbo vir die gegewe insetklokpuls op die ANTWOORDBLAD vir VRAAG 5.8.3. (5) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Elektriese Tegnologie: Digitale Elektronika 17 DBE/November 2025 NSS Vertroulik 5.9 Verwys na FIGUUR 5.9 hieronder en beantwoord die vrae wat volg. 4-bis-parallelle data uit QA QB QC QD Seriedata in D Q D Q D Q D Q Q Q Q Q AA Klok Klok FIGUUR 5.9: REGISTER 5.9.1 Definieer 'n register. (3) 5.9.2 Identifiseer die register in FIGUUR 5.9 hierbo. (1) 5.9.3 Benoem A. (1) 5.9.4 Beskryf hoe data deur die register vloei. (4) [55] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Elektriese Tegnologie: Digitale Elektronika 18 DBE/November 2025 NSS Vertroulik VRAAG 6: MIKROBEHEERDERS 6.1 Definieer 'n mikrobeheerder. (3) 6.2 Verwys na die blokdiagram van die inset/uitsetpenne van 'n mikrobeheerder in FIGUUR 6.2 hieronder en beantwoord die vrae wat volg. 0 0 1 1 0 1 0 1 TRIS SVE Uitset Uitset Inset Inset Uitset Inset Uitset Inset A FIGUUR 6.2: INSET/UITSETPENNE 6.2.1 Benoem A. (1) 6.2.2 Verduidelik die funksie van die TRIS(tristaat)-register. (4) 6.3 Verwys na FIGUUR 6.3 hieronder en beantwoord die vrae wat volg. Klok 10011100 11001100 10000110 00011001 Data A B Data greep greep greep greep Rigting van datavloei FIGUUR 6.3: SINCHRONE KOMMUNIKASIE 6.3.1 Benoem A en B. (2) 6.3.2 Beskryf hoe data van A na B oorgedra word. (3) 6.3.3 Verduidelik hoe hierdie tipe kommunikasie akkuraatheid van data- oordrag verseker. (4) 6.3.4 Noem TWEE voordele van hierdie metode van kommunikasie. (2) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Elektriese Tegnologie: Digitale Elektronika 19 DBE/November 2025 NSS Vertroulik 6.4 Verwys na kommunikasierandtoerusting en beantwoord die vrae wat volg. 6.4.1 Verduidelik die funksie van die universele asinchrone ontvangersender (UART). (3) 6.4.2 Noem EEN tipe kommunikasierandtoerusting behalwe die serierandtoestel-koppelvlak (SPI) en die universele asinchrone ontvangersender (UART). (1) 6.5 Verduidelik die verskil tussen halfdupleks-kommunikasie en voldupleks- kommunikasie. (2) 6.6 FIGUUR 6.6 hieronder toon die blokdiagram van die SPI-busstelsel. Beantwoord die vrae wat volg. SCLK SCLK MUSI MUSI A MISU MISU B SS SS FIGUUR 6.6 6.6.1 Benoem A en B. (2) 6.6.2 Skryf die afkorting MUSI volledig uit. (1) 6.6.3 Noem DRIE voordele van die SPI-bus. (3) 6.6.4 Verduidelik die funksie van die SPI-bus. (2) 6.7 Definieer die volgende terme: 6.7.1 Lusvorming (Repetisie) (2) 6.7.2 Voorwaardelik (IF-stelling) (2) 6.7.3 Instruksiesiklus (3) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Elektriese Tegnologie: Digitale Elektronika 20 DBE/November 2025 NSS Vertroulik 6.8 FIGUUR 6.8 op die ANTWOORDBLAD toon 'n onvolledige vloeidiagram van 'n PICAXE-toegangsbeheerstelsel wat by alle internasionale lughawens in SA geïnstalleer moet word. Die stelsel sal oorlading by die lughawens verhoed ter voorbereiding vir 'n pandemie wat moontlik besig is om weer op te duik. Die stelsel moet slegs 500 reisigers op 'n keer in die terminaalsaal van die lughawe toelaat. • Hierdie stelsel sal by die ingang en uitgang van die terminaalsaal van die lughawe opgestel word. • Die ingang het 'n rooi lig en 'n groen lig. • Die groen lig dui vir die reisiger aan dat toegang moontlik is. • Die stelsel sal twee digitale sensors gebruik. • Sensor 1 sal die telling vermeerder wanneer reisigers die terminaalsaal van die lughawe binnegaan. • Sensor 2 sal die telling verminder wanneer reisigers die terminaalsaal van die lughawe verlaat. • Sensor 1 sal die telling tot by 500 reisigers verhoog waarna dit na die rooi lig sal oorskakel. • Sensor 2 sal die telling verminder wat die groen lig sal aktiveer. Voltooi en benoem die vloeidiagram van hierdie stelsel op die ANTWOORDBLAD vir VRAAG 6.8. (10) [50] TOTAAL: 200 Kopiereg voorbehou
Elektriese Tegnologie: Digitale Elektronika DBE/November 2025 NSS Vertroulik FORMULEBLAD HALFGELEIERTOESTELLE VUIT  RF  RF Wins A V = = −   OF AV = 1+ VIN R  IN  R IN  R  VUIT = VIN ×  − F   R IN   R  VUIT = VIN × 1 + F   R IN  SKAKELKRINGE  RF R R  VUIT  OUT = −  V1 + V2 F + ...VN F   R1 R2 RN  VUIT VUIT Wins A V = = VIN (V1 + V2 + ...VN ) VUIT = − ( V1 + V2 + ...VN ) R2 VFB = VVERS × R1 +R2 R2 VSNEL = VUIT × R1 +R2 VLOEIKAARTSIMBOLE Proses Besluit Afsluiter Data Kopiereg voorbehou
Elektriese Tegnologie: Digitale Elektronika DBE/November 2025 NSS Vertroulik SENTRUMNOMMER: EKSAMENNOMMER: ANTWOORDBLAD VRAAG 3: SKAKELKRINGE 3.2.3 VCC Snellerinset Snellerinsetwanneer wanneer stel stelgedruk gedrukword word 0V VCC Snellerinset wanneer Snellerinset wanneer herstel herstel gedruk gedruk word word 0V VCC Uitset Uitset 0V Dra punte na antwoordeboek oor MOD FIGUUR 3.2.3 (4) 3.3.2 Snellerinset ⅓ VCC 0V 1 2 3 4 5 t (s) ⅔VCC VC1 t Hoog Dra punte na antwoordeboek oor Uitset Laag t MOD FIGUUR 3.3.2 (5) Kopiereg voorbehou
Elektriese Tegnologie: Digitale Elektronika DBE/November 2025 NSS Vertroulik SENTRUMNOMMER: EKSAMENNOMMER: ANTWOORDBLAD 3.3.4 +VCC Inset 2 7 6 Uitset 3 4 -VCC Dra punte na antwoordeboek oor -VVERW MOD FIGUUR 3.3.4 (5) 3.4.4 VIN Boonste snellervlak 0 t Onderste snellervlak +V VUIT 0 t Dra punte na antwoordeboek oor -V MOD FIGUUR 3.4.4 (4) Kopiereg voorbehou
Elektriese Tegnologie: Digitale Elektronika DBE/November 2025 NSS Vertroulik SENTRUMNOMMER: EKSAMENNOMMER: ANTWOORDBLAD VRAAG 4: HALFGELEIERTOESTELLE 4.4 +VCC - VIN + -VCC V UIT Dra punte na antwoordeboek oor MOD FIGUUR 4.4 (3) Kopiereg voorbehou
Elektriese Tegnologie: Digitale Elektronika DBE/November 2025 NSS Vertroulik SENTRUMNOMMER: EKSAMENNOMMER: ANTWOORDBLAD VRAAG 5: DIGITALE EN SEKWENSIËLE TOESTELLE 5.1.3 Dra punte na antwoordeboek oor MOD FIGUUR 5.1.3 (4) 5.3.1 A Som B Oordrag Dra punte na antwoordeboek oor MOD FIGUUR 5.3.1 (4) Kopiereg voorbehou
Elektriese Tegnologie: Digitale Elektronika DBE/November 2025 NSS Vertroulik SENTRUMNOMMER: EKSAMENNOMMER: ANTWOORDBLAD 5.4.1 J Q KLK Q K Dra punte na antwoordeboek oor MOD FIGUUR 5.4.1 (6) 5.4.2 1 2 3 4 Klok J K Q Dra punte na antwoordeboek oor MOD FIGUUR 5.4.2 (4) Kopiereg voorbehou
Elektriese Tegnologie: Digitale Elektronika DBE/November 2025 NSS Vertroulik SENTRUMNOMMER: EKSAMENNOMMER: ANTWOORDBLAD 5.8.3 KLOKPULSE BINÊRE TELVOLGORDE C B A 2 3 5 6 7 Dra punte na antwoordeboek oor MOD FIGUUR 5.8.3 (5) Kopiereg voorbehou
Elektriese Tegnologie: Digitale Elektronika DBE/November 2025 NSS Vertroulik SENTRUMNOMMER: EKSAMENNOMMER: ANTWOORDBLAD VRAAG 6: MIKROBEHEERDERS 6.8 Begin Dra punte na antwoordeboek oor MOD Verlaat Nee Term inaalsaal ? Ja FIGUUR 6.8 (10) Kopiereg voorbehou

Study this subject

More from Grade 12 Electrical Technology

View all