Vertroulik
GRAAD 12
NASIONALE
SENIOR SERTIFIKAAT
GRAAD 12
ELEKTRIESE TEGNOLOGIE: ELEKTRONIKA
NOVEMBER 2025
PUNTE: 200
TYD: 3 uur
Hierdie vraestel bestaan uit 25 bladsye, 'n 2 bladsy-formuleblad en
'n 6 bladsy-antwoordblad.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Skip to contentAll 2025 papers %20MG%20Afr--3b862a0c-6a87-4296-b5b6-09b072c7d1e9/v1-66d030d2505ce0cce42c/card.webp)
%20Eng_hlayiso.com_--4a107a27-0591-497e-b467-344367a396a8/v1-4a17717732b5e94155ff/card.webp)
%20Afr_hlayiso.com_--7aa35e6b-ee15-404c-8359-7db3c0952f41/v1-fa1744643566d36a385d/card.webp)
%20Eng_hlayiso.com_--638455b8-55d9-4382-ac07-555358342bf4/v1-4226f279f83adb44a40f/card.webp)
%20Eng_hlayiso.com_--13c7b3df-a693-4e59-8ee2-bcf846a2c62d/v1-9fde53bdc4f3dd9b042b/card.webp)
%20Eng_hlayiso.com_--e9b1f586-997a-433b-9070-be649e13a78c/v1-2907d28ec0ec827dfe4a/card.webp)
View all
%20MEMO%20GR12%20SEPT%202025%20ENG_watermark--0a867070-2654-43cf-8e48-5037555e0c3d/v1-84a07d81399f5d7a195b/card.webp)
%20(English)%20June%202025%20Possible%20Answers--4302563e-89b7-4f54-8a21-63b2020e985f/v1-3e4c5b36e08cde219ac2/card.webp)



Electrical Technology Grade 12 NSC November 2025 QP (Afr)
Grade 12 Electrical Technology question paper from the NSC November Exam 2025 (Afrikaans), 33 pages. Read online or download the free PDF.
Electrical Technology · Grade 12 · NSC November Exam · 2025. Question paper, 33 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Electrical Technology
- Grade
- Grade 12
- Document type
- Question paper
- Year
- 2025
- Exam period
- NSC November Exam
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 33
- File size
- 1.3 MB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 33
This exam
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Elektriese Tegnologie: Elektronika 2 DBE/November 2025
NSS Vertroulik
INSTRUKSIES EN INLIGTING
1. Hierdie vraestel bestaan uit SES vrae.
2. Beantwoord AL die vrae.
3. Beantwoord die volgende vrae op die aangehegte ANTWOORDBLAAIE:
VRAAG 4.2, 4.5 en 4.11
VRAAG 5.2.3, 5.3.2, 5.3.4 en 5.4.4
VRAAG 6.3.5
4. Skryf jou sentrumnommer en eksamennommer op elke ANTWOORDBLAD en
lewer dit saam met jou ANTWOORDEBOEK in, al het jy dit nie gebruik nie.
5. Sketse en diagramme moet groot, netjies en VOLLEDIG BENOEM wees.
6. Toon ALLE berekeninge en rond antwoorde korrek tot TWEE desimale plekke
af.
7. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
vraestel gebruik is.
8. Jy mag 'n nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik.
9. Berekeninge moet die volgende insluit:
9.1 Formules en manipulasies waar nodig
9.2 Korrekte vervanging van waardes
9.3 Korrekte antwoord en relevante eenhede waar van toepassing
10. 'n Formuleblad is aan die einde van hierdie vraestel aangeheg.
11. Skryf netjies en leesbaar.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Elektriese Tegnologie: Elektronika 3 DBE/November 2025
NSS Vertroulik
VRAAG 1: MEERVOUDIGEKEUSE-VRAE 2025
Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee. Kies die
antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommers (1.1 tot 1.15) in die
ANTWOORDEBOEK neer, bv. 1.16 D.
1.1 'n … verskaf werk aan 'n persoon en vergoed daardie persoon.
A Werknemer
B Werkgewer
C Toesighouer
D Gesondheid-en-veiligheidsverteenwoordiger (1)
1.2 Die faseverskil tussen die spanning oor die kapasitor en die spanning oor die
weerstand in 'n RC-seriekring is …
A 0°
B 90°
C 120°
D 180° (1)
1.3 Die totale stroomvloei in 'n RLC-seriekring is nalopend teenoor die
toevoerspanning. Dit is 'n aanduiding dat die frekwensie … resonansie is.
A laer as
B gelyk aan
C hoër as (1)
1.4 Die totale impedansie in 'n RLC-parallelkring met 'n verstelbare
frekwensietoevoer is gelyk aan die … by resonansie.
A induktiewe reaktansie
B kapasitiewe reaktansie
C weerstand (1)
1.5 Die voordeel van 'n veldeffektransistor is dat dit …
A 'n hoë insetweerstand het.
B 'n lae insetweerstand het.
C 'n hoë stroom trek vanaf 'n kring waaraan dit gekoppel is.
D Geeneen van die bogenoemde nie (1)
1.6 Die … is een van die EVT se kenmerkende werksgebiede.
A emittorgebied
B positiewe weerstandsgebied
C voorwaartse gebied
D negatiewe weerstandsgebied (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Elektriese Tegnologie: Elektronika 4 DBE/November 2025
NSS Vertroulik
1.7 Die … beheer die gesloteluswins van 'n operasioneleversterker-kring.
A kragtoevoerspanning
B interne struktuur van die op-versterker
C komponente in die terugkoppelnetwerk
D tipe insetsein ingevoer (1)
1.8 Die spanning wat op pen 2 toegepas moet word wat toelaat dat die uitset van
555-GS 'laag' gaan, is …
A 1/3 van die toevoerspanning.
B 2/3 van die toevoerspanning.
C minder as 1/3 van die toevoerspanning.
D groter as 2/3 van die toevoerspanning. (1)
1.9 Die … produseer een pulssiklus van hoog en laag wanneer 'n snellerpuls op sy
inset toegepas word.
A astabiele multivibrator
B monostabiele multivibrator
C bistabiele multivibrator
D vergelyker (1)
1.10 Die volgende uitsetsein wat deur 'n op-versterker astabiele multivibrator
geproduseer word, het 'n dienssiklus van … wanneer t1 = t2.
A 25%
B 50%
C 75%
D 100% (1)
1.11 Die … word gebruik om 'n sein te herwin nadat dit ernstige vervorming
ondergaan het.
A omkeervergelyker
B op-versterker-differensieerder
C Schmitt-sneller
D sommeerversterker (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Elektriese Tegnologie: Elektronika 5 DBE/November 2025
NSS Vertroulik
1.12 Die volgende is belangrik in die werking van 'n op-versterker-integreerderkring:
A Die op-versterker se insette trek nulstroom.
B Die beskouing is dat die twee insette van die op-versterker albei altyd
dieselfde spanning het.
C Wanneer 'n konstante stroom na die kapasitor gevoer word, sal dit teen
'n konstante vaste tempo laai.
D Al die bogenoemde (1)
1.13 'n …-versterker het 'n geleidingshoek van minder as 180⁰ van die invoersiklus.
A Klas A
B Klas B
C Klas AB
D Klas C (1)
1.14 Identifiseer die ossillator wat in seingenerators bokant 1 MHz as gevolg van
goeie frekwensiestabiliteit gebruik word:
A Hartley
B Colpitts
C RC-faseverskuiwing (1)
1.15 Wanneer die spanningswins van 'n versterker verhoog word, word die
bandwydte …
A nie beïnvloed nie.
B groter.
C minder.
D vervorm. (1)
[15]
VRAAG 2: BEROEPSGESONDHEID EN VEILIGHEID
2.1 Verduidelik masjinerie met verwysing na die Wet op Beroepsgesondheid en
Veiligheid, 1993 (Wet 85 van 1993). (2)
2.2 Noem TWEE voorsorgmaatreëls om jouself te beskerm wanneer jy iemand
help wat 'n elektriese skok opgedoen het. (2)
2.3 Gee TWEE voorbeelde van gevaarlike praktyke in die elektriese werkswinkel. (2)
2.4 Onderskei tussen 'n ernstige voorval en 'n ongeluk. (2)
2.5 In die elektriese werkswinkel het jy gesien dat een van jou klasmaats 'n
veiligheidskerm van 'n masjien verwyder. Volgens die Wet op
Beroepsgesondheid en Veiligheid, 1993 (Wet 85 van 1993), is dit 'n onveilige
handeling. Motiveer waarom dit 'n onveilige handeling is. (2)
[10]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Elektriese Tegnologie: Elektronika 6 DBE/November 2025
NSS Vertroulik
VRAAG 3: RLC-KRINGE
3.1 Met verwysing na RLC-kringe, noem die korrekte terminologie wat die volgende
beskryf:
3.1.1 Die frekwensie waar XL aan XC gelyk is (1)
3.1.2 Die verhouding van die gestoorde energie tot die energie wat deur
'n induktor of kapasitor omgeskakel word (1)
3.2 FIGUUR 3.2 hieronder toon 'n RLC-seriekring wat aan 'n WS-toevoer gekoppel
is. Beantwoord die vrae wat volg.
VR = 202,16 V VL = 226,82 V VC = 140,18 V
R XL = 62,83 Ω C = 100 µF
IT = 3,61 A
50 Hz
FIGUUR 3.2: RLC-SERIEKRING
Gegee:
IT = 3,61 A
XL = 62,83 Ω
C = 100 μF
VR = 202,16 V
VL = 226,82 V
VC = 140,18 V
f = 50 Hz
Bereken die volgende:
3.2.1 Toevoerspanning (3)
3.2.2 Impedansie (3)
3.2.3 Fasehoek (3)
3.2.4 Kapasitansiewaarde wat resonansie sal veroorsaak (3)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Elektriese Tegnologie: Elektronika 7 DBE/November 2025
NSS Vertroulik
3.3 Teken die spanningsfasordiagram van VRAAG 3.2 in FIGUUR 3.3 hieronder in
die ANTWOORDEBOEK oor en voltooi dit.
IT = 3,61 A
FIGUUR 3.3: ONVOLLEDIGE SPANNINGSFASORDIAGRAM (4)
3.4 FIGUUR 3.4 hieronder toon 'n RLC-parallelkring met sy ooreenstemmende
fasordiagram. Beantwoord die vrae wat volg.
IC = 0,2 A
IR = 0,5 A VT = 50 V
50 Hz R L C
IL = 0,9 A
FIGUUR 3.4: RLC-PARALLELKRING EN FASORDIAGRAM
Gegee:
VT = 50 V
IR = 0,5 A
IL = 0,9 A
IC = 0,2 A
f = 50 Hz
Bereken die volgende:
3.4.1 Totale stroomvloei (3)
3.4.2 Kapasitiewe reaktansie (3)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Elektriese Tegnologie: Elektronika 8 DBE/November 2025
NSS Vertroulik
3.5 Noem of die kring in FIGUUR 3.4 op die vorige bladsy meer kapasitief of meer
induktief is. Gee 'n rede vir die antwoord. (2)
3.6 Verwys na FIGUUR 3.4 op die vorige bladsy en verduidelik hoe 'n toename in
die toevoerfrekwensie sal veroorsaak dat die kring resoneer. (3)
3.7 FIGUUR 3.7 hieronder toon die frekwensiekurwe van 'n RLC-kring, NIE volgens
skaal NIE. Beantwoord die vrae wat volg.
Zmaks
70,7%
5,4 7,3 9,2 f (kHz)
FIGUUR 3.7: Q-FAKTOR-KENKROMME
3.7.1 Noem of FIGUUR 3.7 hierbo die responsiekromme vir 'n
RLC-serie- of 'n RLC-parallelkring verteenwoordig en motiveer die
antwoord. (2)
3.7.2 Bereken die Q-faktor van die kring. (4)
[35]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Elektriese Tegnologie: Elektronika 9 DBE/November 2025
NSS Vertroulik
VRAAG 4: HALFGELEIERTOESTELLE
4.1 Verwys na FIGUUR 4.1 hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
VHB
Hek
B A
Dreineer
VDB ID
FIGUUR 4.1
4.1.1 Identifiseer FIGUUR 4.1 hierbo. (1)
4.1.2 Benoem A en B. (2)
4.1.3 Verduidelik waarom die negatiewe terminaal van VHB aan die hek in
FIGUUR 4.1 hierbo gekoppel is. (1)
4.1.4 Verduidelik hoe 'n vermindering in VHB die dreineerstroom (ID) sal
beïnvloed. (2)
4.2 Verwys na FIGUUR 4.2 hieronder en voltooi die uitsetkenkromme van 'n VVET
('JFET') op die ANTWOORDBLAD vir VRAAG 4.2 en benoem dit.
I D (mA) I D (mA)
-VHB
(V) -6 -5 -4 -3 -2 -1 0
Oordragskenkromme Uitsetkenkromme
FIGUUR 4.2: ONVOLTOOIDE UITSETKENKROMME VAN 'N VVET (4)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Elektriese Tegnologie: Elektronika 10 DBE/November 2025
NSS Vertroulik
4.3 FIGUUR 4.3 hieronder toon 'n dwarsdeursnee van 'n halfgeleier. Beantwoord
die vrae wat volg.
Bron
B Hek
H Dreineer
D
B
N
A
FIGUUR 4.3: DWARSDEURSNEE VAN 'N HALFGELEIER
4.3.1 Identifiseer die halfgeleier. (1)
4.3.2 Benoem A en B. (2)
4.3.3 Verduidelik waarom die hek-terminaal elektries geïsoleer is. (2)
4.4 Verduidelik, met verwysing na die konstruksie, hoe die MOSVET van die
VVET verskil. (2)
4.5 Verwys na FIGUUR 4.5 hieronder en voltooi die kringdiagram van 'n volledig
benoemde EVT as 'n saagtandgenerator op die ANTWOORDBLAD vir
VRAAG 4.5.
+V
0V
FIGUUR 4.5: ONVOLLEDIGE KRING VAN 'N EVT AS
'N SAAGTANDGENERATOR (5)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Elektriese Tegnologie: Elektronika 11 DBE/November 2025
NSS Vertroulik
4.6 Teken 'n volledig benoemde simbool van 'n Darlington-transistor. (2)
4.7 Noem waarom die Darlington-transistor hoofsaaklik in skakel- en versterker-
toepassings gebruik word. (1)
4.8 Verwys na FIGUUR 4.8 hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
8 PEN-DIL-VERPAKKING
indekspunt
Indekspunt
nulpuntverstelling 1 8 nie verbind nie
(verskil)
omkeerinset 2 77 +V
741
nie-omkeer-inset 3 6 uitset
nulpunt-
-V 4 5 verstelling
(verskil)
FIGUUR 4.8: 741-OP-VERSTERKER
4.8.1 Noem die doel van die indekspunt op die 741-GS in FIGUUR 4.8
hierbo. (1)
4.8.2 Beskryf die invloed wat die op-versterker op 'n sinusgolf sal hê wat
op pen 2 in FIGUUR 4.8 toegepas word. (2)
4.8.3 Verduidelik waarom 'n 741-op-versterker 'n dubbelspoorkragbron
benodig. (2)
4.9 Noem die 741-op-versterkerkring wat 100% terugvoer gebruik. (1)
4.10 Die interne kring van die 741-op-versterker bestaan uit drie stadiums, naamlik
insetstadium, tussenstadium en uitsetstadium. Verduidelik die funksie van die
tussenstadium. (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Elektriese Tegnologie: Elektronika 12 DBE/November 2025
NSS Vertroulik
4.11 Verwys na FIGUUR 4.11 hieronder en voltooi die kringdiagram van 'n
741-op-versterker wat as 'n omkeerversterker gebruik word op die
ANTWOORDBLAD vir VRAAG 4.11.
+VCC
-
VIN +
V UIT
-VCC
FIGUUR 4.11 (3)
4.12 FIGUUR 4.12 hieronder toon die interne uitleg van 'n 555-GS. Beantwoord die
vrae wat volg.
+VCC A B Beheerspanning
8 7 6 5
5k
-
C1
+ R Q T2
Wip-
5k kring Q
S
-
C2
+
5k
T1
1 2 3 4
Aard Sneller Uitset Terugstel
(Herstel)
FIGUUR 4.12: INTERNE UITLEG VAN 'N 555-GS
4.12.1 Benoem A en B. (2)
4.12.2 Verduidelik waarom die RS-wipkring in FIGUUR 4.12 hierbo ook as 'n
geheuesel bekend staan. (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Elektriese Tegnologie: Elektronika 13 DBE/November 2025
NSS Vertroulik
4.12.3 Verduidelik waarom pen 4 normaalweg tydens werking aan die
positiewe toevoerspanning gekoppel is. (2)
4.12.4 Verduidelik hoe ongewenste geraas vanaf die toevoer tydens die
werking van die 555-GS uitgeskakel kan word. (2)
4.12.5 Noem EEN werksmodus van 'n 555-GS. (1)
[45]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Elektriese Tegnologie: Elektronika 14 DBE/November 2025
NSS Vertroulik
VRAAG 5: SKAKELKRINGE
5.1 Verwys na operasionele versterkers as skakelkringe en beantwoord die vrae
wat volg.
5.1.1 Noem EEN op-versterker-skakelkring wat in ooplusmodus werk. (1)
5.1.2 Verduidelik die term verwysingspanning met verwysing na die
insette van 'n op-versterker. (2)
5.2 FIGUUR 5.2 hieronder toon 'n bistabiele multivibratorkring met 'n 555-GS.
Beantwoord die vrae wat volg.
+ VCC
R2 R1
10 kΩ 10 kΩ
R3
8
4 330 Ω
7 555 3
6
2
1 5
LUD
Stel Herstel
C2
0,01 µF
FIGUUR 5.2: BISTABIELE MULTIVIBRATOR
5.2.1 Verduidelik die doel van weerstand R1 en R2 met verwysing na
pen 2 en 4 wanneer die stel- en herstel-skakelaars oop is. (2)
5.2.2 Verduidelik wat sal gebeur as weerstand R1 en R2 omlei word met
pen 2 en 4 direk aan die toevoer gekoppel. (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Elektriese Tegnologie: Elektronika 15 DBE/November 2025
NSS Vertroulik
5.2.3 Verwys na FIGUUR 5.2.3 hieronder en voltooi die uitsetsein vir die
kring in FIGUUR 5.2 op die vorige bladsy op die aangehegte
ANTWOORDBLAD vir VRAAG 5.2.3.
VCC Snellerinset wanneer
stelstel
gedruk word
gedruk word
0V
VCC Snellerinsetwanneer
Snellerinset wanneer
herstel gedruk word
0V
VCC Uitset
Uitset
0V
FIGUUR 5.2.3: BISTABIELE INSET (4)
5.3 Verwys na FIGUUR 5.3 hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
+9V
R2 R1
10 kΩ 58 kΩ
8 4
7 Uitset
6 555 3
2 R3
5 1
Sneller- 470 Ω
inset C1 C2
47 µF 0,01 µF LUD
FIGUUR 5.3: MONOSTABIELE MULTIVIBRATOR
5.3.1 Noem TWEE praktiese toepassings van 'n monostabiele
multivibratorkring. (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Elektriese Tegnologie: Elektronika 16 DBE/November 2025
NSS Vertroulik
5.3.2 Verwys na FIGUUR 5.3.2 hieronder en teken, op die
ANTWOORDBLAD vir VRAAG 5.3.2, die golfvorms vir die spanning
oor kapasitor C1 (VC1) en die ooreenstemmende uitset, wanneer die
kring in FIGUUR 5.3 op die vorige bladsy gestel is om 'n
tydsvertraging van 3 sekondes te hê sodra die snellerinset
geaktiveer word.
Snellerinset
⅓ VCC
0V 1 2 3 4 5 t (s)
⅔VCC
VC1
t
Hoog
Uitset
Laag
t
FIGUUR 5.3.2 (5)
5.3.3 Bepaal die drempelspanningswaarde waarteen kapasitor C1 sal
begin ontlaai. (2)
5.3.4 Verwys na FIGUUR 5.3.4 hieronder en voltooi die ekwivalente
741-op-versterker- monostabiele multivibratorkringdiagram op die
ANTWOORDBLAD vir VRAAG 5.3.4.
+VCC
Inset
Uitset
-VCC
-VVERW
FIGUUR 5.3.4: ONVOLLEDIGE 741- MONOSTABIELE
MULTIVIBRATOR (5)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Elektriese Tegnologie: Elektronika 17 DBE/November 2025
NSS Vertroulik
5.4 Verwys na FIGUUR 5.4 hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
+15 V
VIN
VUIT
t
-15 V R1
9 kΩ
R2
1 kΩ
FIGUUR 5.4: OMKEER-SCHMITT-SNELLER
5.4.1 Noem die tipe terugvoer wat in hierdie kring gebruik word. (1)
5.4.2 Verduidelik die term snellerspanning met verwysing na die kring. (2)
5.4.3 Bepaal die benaderde waardes van die boonste EN onderste
snellerspannings. (2)
5.4.4 Teken die uitsetsein vir die kring in FIGUUR 5.4 hierbo op die
ANTWOORDBLAD vir VRAAG 5.4.4. (4)
5.5 FIGUUR 5.5 hieronder toon 'n sommeer- operasionele versterker met RF op
100 kΩ gestel. ALLE seine op die inset is suiwer sinusgolwe. Beantwoord die
vrae wat volg.
C1 R1 10 kΩ RF 100 kΩ
V1
C2 R2 10 kΩ +12 V
-
V2 C3 R3 10 kΩ
+
VUIT
-12 V
V3
FIGUUR 5.5: SOMMEERVERSTERKER
Gegee:
R1, R2, R3 = 10 kΩ
RF = 100 kΩ (verstelbaar)
V1, V2, V3 = 0,4 V
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Elektriese Tegnologie: Elektronika 18 DBE/November 2025
NSS Vertroulik
5.5.1 Verduidelik EEN kenmerk wat hierdie tipe kring geskik maak vir
gebruik in klankmengtoepassings. (2)
5.5.2 Bereken die uitsetspanning van die kring as RF op 100 kΩ gestel is. (3)
5.5.3 Bereken die spanningswins van die versterker. (3)
5.5.4 Wanneer V2 na 0,6 V verhoog word, verander die berekende
uitsetspanning na -14 V. Beantwoord die volgende vrae:
(a) Verduidelik hoe die uitsetsein se vorm sal verander wanneer
V2 na 0,6 V verhoog word. (2)
(b) Verduidelik waarom die uitsetsein in VRAAG 5.5.4(a)
geaffekteer is. (1)
(c) Noem hoe die verandering in die seinvorm reggestel kan
word sonder om die waarde van enige van die insette te
verminder. (1)
5.6 Verwys na FIGUUR 5.6 hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
RF
CIN +V
VIN
-
+V VUIT
Inset
+
t -V
-V
FIGUUR 5.6: OP-VERSTERKER-DIFFERENSIEERDER
5.6.1 Bepaal die spanning by die omkeer-insetterminaal van die
op-versterker voordat die insetsein in die kring ingevoer word.
Motiveer jou antwoord. (2)
5.6.2 Verduidelik die verband tussen die inset- en uitsetspanning van die
kring in FIGUUR 5.6 hierbo. (2)
[50]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Elektriese Tegnologie: Elektronika 19 DBE/November 2025
NSS Vertroulik
VRAAG 6: VERSTERKERS
6.1 Beskryf kortliks die doel van 'n versterker. (2)
6.2 Verwys na FIGUUR 6.2 hieronder en beantwoord die volgende vrae.
IC(mA) IC(mA) IC(mA)
Versadiging Versadiging Versadiging
Q2
Q3
Q1
VCE VCE VCE
(A) (B) (C)
FIGUUR 6.2: GS-LASLYNE
6.2.1 Noem die klas van versterking wat deur FIGUUR 6.2(A) hierbo
voorgestel word. (1)
6.2.2 Verduidelik waarom die positiewe halfsiklus in FIGUUR 6.2(B)
hierbo vervorm is. (2)
6.2.3 Identifiseer die klas van versterking by FIGUUR 6.2(C) hierbo.
Motiveer jou antwoord. (3)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Elektriese Tegnologie: Elektronika 20 DBE/November 2025
NSS Vertroulik
6.3 Verwys na FIGUUR 6.3 hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
+VCC
R 1 = 10 k RC = 1 k
C 2 = 10 µF
C 1 = 10 µF
Q1
WS- VUIT
toevoer R =5k
2
RE = 2 k
C E = 100 µF
0V
FIGUUR 6.3: RESISTOR-KAPASITORGEKOPPELDE VERSTERKER
6.3.1 Noem hoe die reaktansies van die koppeling- (C1 en C2) en
ontkoppelingkapasitor (CE) in FIGUUR 6.3 hierbo teen laer
frekwensies beïnvloed sal word. (1)
6.3.2 Verduidelik die funksie van R1 en R2 in FIGUUR 6.3 hierbo. (2)
6.3.3 Bereken die wins van die kring in desibel indien die kring 3 W se
klank produseer wanneer die insetdrywing 6 W is. (3)
6.3.4 Verduidelik waarom daar na R1 en C1 as 'n lae-frekwensiefilter
verwys word. (3)
6.3.5 Teken die uitsetgolfvorm van die emittorversterker op die
ANTWOORDBLAD vir VRAAG 6.3.5. (3)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Elektriese Tegnologie: Elektronika 21 DBE/November 2025
NSS Vertroulik
6.4 FIGUUR 6.4 hieronder toon 'n versterkerkringdiagram. Beantwoord die vrae
wat volg.
R1 Transformator R3 Luidspreker
T1
Transformator
T2
Q1 Q2
C2 C3
R2 RE1 C1 R4 RE2
0V
FIGUUR 6.4: TWEE-STADIUM-TRANSFORMATORGEKOPPELDE VERSTERKER
6.4.1 Noem die funksie van transistor Q1. (1)
6.4.2 Noem TWEE toepassings van die kring in FIGUUR 6.4 hierbo. (2)
6.4.3 Beskryf die voordeel van die gebruik van 'n transformator-
gekoppelde versterker bo 'n weerstandgekoppelde versterker. (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Elektriese Tegnologie: Elektronika 22 DBE/November 2025
NSS Vertroulik
6.5 Verwys na FIGUUR 6.5 hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
+VCC
T2
R1 C1 C2 Uitset
T1
Q1
Inset
R2 C3 R3 CE
0V
FIGUUR 6.5: RADIO-FREKWENSIE(RF)-VERSTERKER
6.5.1 Verduidelik hoe die kring in FIGUUR 6.5 hierbo meer
frekwensieselektief gemaak word. (1)
6.5.2 Beskryf die primêre funksie van die impedansie-aanpassings-
netwerk in 'n RF-versterker. (2)
6.5.3 Beskryf hoe die kring in FIGUUR 6.5 hierbo die insetseine versterk. (3)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Elektriese Tegnologie: Elektronika 23 DBE/November 2025
NSS Vertroulik
6.6 FIGUUR 6.6 hieronder toon die kring van 'n Hartley-ossillator. Beantwoord die
vrae wat volg.
+ VCC
RF-smoorspoel
C2 C4
R1
uitset
C3
Q1
L1
R2
R3
C5
C1
0V
L2
FIGUUR 6.6: HARTLEY-OSSILLATOR
6.6.1 Noem die tipe terugkoppeling wat die Hartley-ossillator benodig om
te ossilleer. (1)
6.6.2 Noem die primêre funksie van die tenkkring in die Hartley-ossillator. (1)
6.6.3 Verduidelik hoe 'n verandering in die waarde van kapasitor C1 in die
instemkring die kring se werksfrekwensie beïnvloed. (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Elektriese Tegnologie: Elektronika 24 DBE/November 2025
NSS Vertroulik
6.7 Verwys na FIGUUR 6.7 hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
+V +V
L= C=
300 mH 200 µF 0
Tyd
0V -V
(X) (Y)
FIGUUR 6.7: TENKKRINGDIAGRAM
6.7.1 Identifiseer die golfvorm in FIGUUR 6.7(Y) hierbo. (1)
6.7.2 Noem hoe 'n verlaging van die amplitude van die sinusvormige
golfvorm in FIGUUR 6.7(Y) hierbo voorkom kan word. (1)
6.7.3 Verduidelik die volgende terme met verwysing na FIGUUR 6.7
hierbo:
(a) Elektrostatiese lading van die kapasitor (1)
(b) Elektromagnetiese lading van die induktor (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Elektriese Tegnologie: Elektronika 25 DBE/November 2025
NSS Vertroulik
6.8 Verwys na FIGUUR 6.8 hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
+VCC
RB RC
C5
VUIT
C1 C2 C3
Q1
R1 R2 R3 R4 C4
0V
FIGUUR 6.8: RC-FASEVERSKUIWINGSOSSILLATOR
6.8.1 Verduidelik die doel van verstelbare weerstand RC. (2)
6.8.2 Noem die funksie van R4 en C4. (2)
6.9 Onderskei tussen ossillators en versterkers met verwysing na die terugvoer wat
gebruik word. (2)
[45]
TOTAAL: 200
Kopiereg voorbehou
Elektriese Tegnologie: Elektronika DBE/November 2025
NSS Vertroulik
FORMULEBLAD
RLC-KRINGE HALFGELEIERTOESTELLE
P = V I Cos θ VUIT R RF
Wins A V = =− F OF AV = 1+
XL = 2πfL VIN R IN R IN
1 RF
XC = VUIT =VIN × �- �
2π fC RIN
1 f +f
fr = OF fr = 2 1 R
2π LC 2 VUIT = VIN × 1 + F
R IN
f
BW = r OF BW = f2 − f1
Q SKAKELKRINGE
Serie R R R
VUIT = − V1 F + V2 F + ...VN F
VR = I R R1 R2 RN
VL = I XL VUIT VUIT
Wins A V = =
VC = I X C VIN (V1 + V2 + ...VN )
VUIT = − ( V1 + V2 + ...VN )
R2
V
=FB VVERS ×
VT R1 +R2
IT = OF IT = IR = IC = IL
Z
R2
VSNEL
= VUIT ×
R1 +R2
VERSTERKERS
VC
Z= R 2 + (X L − X C )
2
IC = VCC = VCE + ICRC
RC
VT = VR + (VL − VC )
2 2
OF VT = I Z VB = VBE + VRE
R V VL - VC VUIT
Cos θ = OF Cos θ = R OF Tan θ = AV =
Z VT VR VIN
XL X C VL VC 1 L I
Q= = = = = A I = UIT
R R VT VT R C IIN
Parallel P
A P = UIT OF AP=A V× A I
VT = VR = VL = VC PIN
VT
IR = βT = β1 x β2 OF A VT = A V1 × A V2 × A V3 × ...A Vn
R
PIN = I2 × Z IN EN PUIT = I2 × Z UIT
VT
IC = R1 R2
XC =V1 × VCC =V2 × VCC
R1 +R2 R1 +R2
Kopiereg voorbehou
Elektriese Tegnologie: Elektronika DBE/November 2025
NSS Vertroulik
VT Ossillasiefrekwensie
IL = 1 1
XL fo = OF fo =
2 × π LCT 2 × π 6 RC
1
2
IT =�IR + (IC - IL )2 fo =
2 × π LTC
WINS IN DESIBEL
VT I
Z= A I = 20log10 UIT
IT IIN
I VUIT
Cos θ = R A V = 20log10 OF A V = 20log 10 A VT
IT VIN
R R PUIT P2
Q= = A P = 10log10 OF A P = 10log10
XL X C PIN P1
Kopiereg voorbehou
Elektriese Tegnologie: Elektronika DBE/November 2025
NSS Vertroulik
SENTRUMNOMMER:
EKSAMENNOMMER:
ANTWOORDBLAD
VRAAG 4: HALFGELEIERTOESTELLE
4.2
I D (mA) I D (mA)
-VHB
(V) -6 -5 -4 -3 -2 -1 0
Oordragskenkromme Uitsetkenkromme
Dra punte na
antwoordeboek oor
MOD
FIGUUR 4.2 (4)
Kopiereg voorbehou
Elektriese Tegnologie: Elektronika DBE/November 2025
NSS Vertroulik
SENTRUMNOMMER:
EKSAMENNOMMER:
ANTWOORDBLAD
4.5
+V
0V
Dra punte na
antwoordeboek oor
MOD
FIGUUR 4.5 (5)
4.11
+VCC
-
VIN +
V UIT
-VCC
Dra punte na
antwoordeboek oor
MOD
FIGUUR 4.11 (3)
Kopiereg voorbehou
Elektriese Tegnologie: Elektronika DBE/November 2025
NSS Vertroulik
SENTRUMNOMMER:
EKSAMENNOMMER:
ANTWOORDBLAD
VRAAG 5: SKAKELKRINGE
5.2.3
VCC Snellerinset
Snellerinsetwanneer
wanneer
stel gedruk word
stel gedruk word
0V
VCC Snellerinset
Snellerinsetwanneer
wanneer
herstel gedruk
herstel gedruk word
word
0V
VCC Uitset
Uitset
0V
Dra punte na
antwoordeboek oor
MOD
FIGUUR 5.2.3 (4)
5.3.2
Snellerinset
⅓ VCC
0V 1 2 3 4 5 t (s)
⅔VCC
VC1
t
Hoog
Uitset
Laag
t
Dra punte na
antwoordeboek oor
MOD
FIGUUR 5.3.2 (5)
Kopiereg voorbehou
Elektriese Tegnologie: Elektronika DBE/November 2025
NSS Vertroulik
SENTRUMNOMMER:
EKSAMENNOMMER:
ANTWOORDBLAD
5.3.4
+12 V
Inset 2 7
6
Uitset
3
4
- 12 V
-V VERW
Dra punte na
antwoordeboek oor
MOD
FIGUUR 5.3.4 (5)
Kopiereg voorbehou
Elektriese Tegnologie: Elektronika DBE/November 2025
NSS Vertroulik
SENTRUMNOMMER:
EKSAMENNOMMER:
ANTWOORDBLAD
5.4.4
VIN
Boonste
snellervlak
0
t
Onderste
snellervlak
+V
VUIT
0
t
-V
Dra punte na
antwoordeboek oor
MOD
FIGUUR 5.4.4 (4)
Kopiereg voorbehou
Elektriese Tegnologie: Elektronika DBE/November 2025
NSS Vertroulik
SENTRUMNOMMER:
EKSAMENNOMMER:
ANTWOORDBLAD
VRAAG 6: VERSTERKERS
6.3.5
0V t
0V
Dra punte na
antwoordeboek oor
MOD
FIGUUR 6.3.5 (3)
Kopiereg voorbehou
Study this subject
Recommended for this subject
%20MG%20Afr--3b862a0c-6a87-4296-b5b6-09b072c7d1e9/v1-66d030d2505ce0cce42c/card.webp)
Memorandum
Electrical Technology Grade 12 NSC November 2025 Memo (Afr)
%20Eng_hlayiso.com_--4a107a27-0591-497e-b467-344367a396a8/v1-4a17717732b5e94155ff/card.webp)
Question paper
Electrical Technology Grade 12 NSC November 2023 QP (Eng)
%20Afr_hlayiso.com_--7aa35e6b-ee15-404c-8359-7db3c0952f41/v1-fa1744643566d36a385d/card.webp)
Question paper
Electrical Technology Grade 12 NSC November 2023 QP (Afr)
%20Eng_hlayiso.com_--638455b8-55d9-4382-ac07-555358342bf4/v1-4226f279f83adb44a40f/card.webp)
Question paper
Electrical Technology Grade 12 NSC November 2023 QP (Eng)
%20Eng_hlayiso.com_--13c7b3df-a693-4e59-8ee2-bcf846a2c62d/v1-9fde53bdc4f3dd9b042b/card.webp)
Question paper
Electrical Technology Grade 12 NSC November 2022 QP (Eng)
%20Eng_hlayiso.com_--e9b1f586-997a-433b-9070-be649e13a78c/v1-2907d28ec0ec827dfe4a/card.webp)
Question paper
Electrical Technology Grade 12 NSC November 2022 QP (Eng)
More from Grade 12 Electrical Technology

Annual teaching plan
Gr 12 Dig Elec ATP 2023 24
%20MEMO%20GR12%20SEPT%202025%20ENG_watermark--0a867070-2654-43cf-8e48-5037555e0c3d/v1-84a07d81399f5d7a195b/card.webp)
Memorandum
Electrical Technology Grade 12 Eastern Cape Mock 2025 Memo
%20(English)%20June%202025%20Possible%20Answers--4302563e-89b7-4f54-8a21-63b2020e985f/v1-3e4c5b36e08cde219ac2/card.webp)
Memorandum
Electrical Technology Grade 12 P1 Gauteng June 2025 Memo

Memorandum
Electrical Technology Grade 12 Eastern Cape Prelim 2024 Memo

Memorandum
Electrical Technology Grade 12 Eastern Cape Prelim 2024 Memo

Memorandum