Vertroulik
NASIONALE
SENIOR SERTIFIKAAT
GRAAD 12
ELEKTRIESE TEGNOLOGIE: KRAGSTELSELS
NOVEMBER 2025
PUNTE: 200
TYD: 3 uur
Hierdie vraestel bestaan uit 20 bladsye en 'n 2 bladsy-formuleblad.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Skip to contentAll 2025 papers %20MG%20Afr--3b862a0c-6a87-4296-b5b6-09b072c7d1e9/v1-66d030d2505ce0cce42c/card.webp)
%20Eng_hlayiso.com_--4a107a27-0591-497e-b467-344367a396a8/v1-4a17717732b5e94155ff/card.webp)
%20Afr_hlayiso.com_--7aa35e6b-ee15-404c-8359-7db3c0952f41/v1-fa1744643566d36a385d/card.webp)
%20Eng_hlayiso.com_--638455b8-55d9-4382-ac07-555358342bf4/v1-4226f279f83adb44a40f/card.webp)
%20Eng_hlayiso.com_--13c7b3df-a693-4e59-8ee2-bcf846a2c62d/v1-9fde53bdc4f3dd9b042b/card.webp)
%20Eng_hlayiso.com_--e9b1f586-997a-433b-9070-be649e13a78c/v1-2907d28ec0ec827dfe4a/card.webp)
View all
%20MEMO%20GR12%20SEPT%202025%20ENG_watermark--0a867070-2654-43cf-8e48-5037555e0c3d/v1-84a07d81399f5d7a195b/card.webp)
%20(English)%20June%202025%20Possible%20Answers--4302563e-89b7-4f54-8a21-63b2020e985f/v1-3e4c5b36e08cde219ac2/card.webp)



Electrical Technology Grade 12 NSC November 2025 QP (Afr)
Grade 12 Electrical Technology question paper from the NSC November Exam 2025 (Afrikaans), 22 pages. Read online or download the free PDF.
Electrical Technology · Grade 12 · NSC November Exam · 2025. Question paper, 22 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Electrical Technology
- Grade
- Grade 12
- Document type
- Question paper
- Year
- 2025
- Exam period
- NSC November Exam
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 22
- File size
- 993.8 KB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 22
This exam
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Elektriese Tegnologie: Kragstelsels 2 DBE/November 2025
NSS Vertroulik
INSTRUKSIES EN INLIGTING
1. Hierdie vraestel bestaan uit SEWE vrae.
2. Beantwoord AL die vrae.
3. Sketse en diagramme moet groot, netjies en VOLLEDIG BENOEM wees.
4. Toon ALLE berekeninge en rond antwoorde korrek tot TWEE desimale plekke
af.
5. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
vraestel gebruik is.
6. Jy mag 'n nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik.
7. Berekeninge moet die volgende insluit:
7.1 Formules en manipulasies waar nodig
7.2 Korrekte vervanging van waardes
7.3 Korrekte antwoord en relevante eenhede waar van toepassing
8. 'n Formuleblad is aan die einde van hierdie vraestel aangeheg.
9. Skryf netjies en leesbaar.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Elektriese Tegnologie: Kragstelsels 3 DBE/November 2025
NSS Vertroulik
VRAAG 1: MEERVOUDIGEKEUSE-VRAE 2025
Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee. Kies die
antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommers (1.1 tot 1.15) in die
ANTWOORDEBOEK neer, bv. 1.16 D.
1.1 'n … verskaf werk aan 'n ander persoon en vergoed daardie persoon.
A Werknemer
B Werkgewer
C Toesighouer
D Gesondheid-en-veiligheidsverteenwoordiger (1)
1.2 Die faseverskil tussen die spanning oor die kapasitor en die spanning oor die
weerstand in 'n RC-seriekring is …
A 0°
B 90°
C 120°
D 180° (1)
1.3 Die totale stroomvloei in 'n RLC-seriekring is nalopend teenoor die
toevoerspanning. Dit is 'n aanduiding dat die frekwensie … resonansie is.
A laer as
B gelyk aan
C hoër as (1)
1.4 Die totale impedansie in 'n RLC-parallelkring met 'n verstelbare
frekwensietoevoer is gelyk aan die … by resonansie.
A induktiewe reaktansie
B kapasitiewe reaktansie
C weerstand (1)
1.5 Die … van dieselfde hoeveelheid elektriese krag is meer ekonomies in 'n
driefasestelsel as in 'n enkelfasestelsel.
A opwekking
B transmissie
C verspreiding
D Al die bogenoemde (1)
1.6 … word gebruik om die drywingsfaktor van induksiemotors te verbeter en word
op dieselfde as, as die rotor gemonteer.
A Statiese kapasitors
B Fase-voorlopers
C Induktors
D Reëlbare weerstande (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Elektriese Tegnologie: Kragstelsels 4 DBE/November 2025
NSS Vertroulik
1.7 'n … word deur elektrisiteitsdiensverskaffers gebruik om die elektriese energie
wat aan hulle verbruikers gelewer word, vir rekeningdoeleindes te meet.
A Wattmeter
B Kilowatt-uur-meter
C Ammeter
D Voltmeter (1)
1.8 ...-konfigurasie word selde in driefasetransformators gebruik as gevolg van die
teenwoordigheid van bofrekwensies ('harmonics') in die sekondêre wikkelings.
A Ster-ster
B Ster-delta
C Delta-ster
D Delta-delta (1)
1.9 Werwelstrome vorm deel van …
A koperverliese.
B ysterverliese.
C swerfverliese.
D diëlektriese verliese. (1)
1.10 Die primêre funksie van die stator in 'n driefase-induksiemotor is om …
A te roteer/draai en meganiese krag te produseer.
B 'n elektriese verbinding tussen die rotor en stator te voorsien.
C 'n roterende magnetiese veld te skep wanneer dit aan 'n driefasetoevoer
gekoppel is.
D kontinuïteit tussen die spoele en die aarde te verseker. (1)
1.11 Deur die verbindings van enige twee van die driefasetoevoerlyne in 'n driefase-
induksiemotor om te keer, sal die rotasierigting verander omdat die …
A polariteit op die kontaktorspoel verander het.
B fasevolgorde van die toevoerspanning na die statorspoele verander het.
C frekwensie van die kragtoevoer omgekeer word.
D motorwindinge gekortsluit word. (1)
1.12 Sodra die aansitknoppie in 'n driefase- outomatiese ster-delta-motoraansitter
gedruk word, word … bekrag.
A slegs die hoofkontaktor
B die ster- en delta-kontaktors
C die hoofkontaktor en deltakontaktor
D die hoofkontaktor en sterkontaktor (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Elektriese Tegnologie: Kragstelsels 5 DBE/November 2025
NSS Vertroulik
1.13 'n … is 'n voorbeeld van 'n uitsettoestel op 'n PLB.
A Skakelaar
B Sensor
C Relê
D Vervormingsmeter (1)
1.14 'n … is 'n halfgeleiertoestel wat lig gebruik om 'n elektriese sein tussen kringe
of elemente van 'n kring oor te dra.
A Diode
B Transistor
C Optiese koppelaar
D Zener-diode (1)
1.15 Die IGBT in 'n VSD word gesimuleer deur die gebruik van pare skakelaars.
Watter EEN van die volgende simulasie-stellings is KORREK?
A Een paar skakelaars beheer die negatiewe uitsetspanning.
B Een paar skakelaars beheer die positiewe uitsetspanning.
C Een skakelaar in 'n paar beheer beide die positiewe en negatiewe
uitsetspanning.
D Geeneen van die bogenoemde nie (1)
[15]
VRAAG 2: BEROEPSGESONDHEID EN VEILIGHEID
2.1 Verduidelik masjinerie met verwysing na die Wet op Beroepsgesondheid en
Veiligheid, 1993 (Wet 85 van 1993). (2)
2.2 Noem TWEE voorsorgmaatreëls om jouself te beskerm wanneer jy iemand
help wat 'n elektriese skok opgedoen het. (2)
2.3 Gee TWEE voorbeelde van gevaarlike praktyke in die elektriese werkswinkel. (2)
2.4 Onderskei tussen 'n ernstige voorval en 'n ongeluk. (2)
2.5 In die elektriese werkswinkel het jy gesien dat een van jou klasmaats 'n
veiligheidskerm van 'n masjien verwyder. Volgens die Wet op
Beroepsgesondheid en Veiligheid, 1993 (Wet 85 van 1993), is dit 'n onveilige
handeling. Motiveer waarom dit 'n onveilige handeling is. (2)
[10]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Elektriese Tegnologie: Kragstelsels 6 DBE/November 2025
NSS Vertroulik
VRAAG 3: RLC-KRINGE
3.1 Met verwysing na RLC-kringe, noem die korrekte terminologie wat die volgende
beskryf:
3.1.1 Die frekwensie waar XL aan XC gelyk is (1)
3.1.2 Die verhouding van die gestoorde energie tot die energie wat deur
'n induktor of kapasitor omgeskakel word (1)
3.2 FIGUUR 3.2 hieronder toon 'n RLC-seriekring wat aan 'n WS-toevoer gekoppel
is. Beantwoord die vrae wat volg.
VR = 202,16 V VL = 226,82 V VC = 140,18 V
R XL = 62,83 Ω C = 100 µF
IT = 3,61 A
50 Hz
FIGUUR 3.2: RLC-SERIEKRING
Gegee:
IT = 3,61 A
XL = 62,83 Ω
C = 100 μF
VR = 202,16 V
VL = 226,82 V
VC = 140,18 V
f = 50 Hz
Bereken die volgende:
3.2.1 Toevoerspanning (3)
3.2.2 Impedansie (3)
3.2.3 Fasehoek (3)
3.2.4 Kapasitansiewaarde wat resonansie sal veroorsaak (3)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Elektriese Tegnologie: Kragstelsels 7 DBE/November 2025
NSS Vertroulik
3.3 Teken die spanningsfasordiagram van VRAAG 3.2 in FIGUUR 3.3 hieronder in
die ANTWOORDEBOEK oor en voltooi dit.
IT = 3,61 A
FIGUUR 3.3: ONVOLLEDIGE SPANNINGSFASORDIAGRAM (4)
3.4 FIGUUR 3.4 hieronder toon 'n RLC-parallelkring met sy ooreenstemmende
fasordiagram. Beantwoord die vrae wat volg.
IC = 0,2 A
IR = 0,5 A VT = 50 V
50 Hz R L C
IL = 0,9 A
FIGUUR 3.4: RLC-PARALLELKRING EN FASORDIAGRAM
Gegee:
VT = 50 V
IR = 0,5 A
IL = 0,9 A
IC = 0,2 A
f = 50 Hz
Bereken die volgende:
3.4.1 Totale stroomvloei (3)
3.4.2 Kapasitiewe reaktansie (3)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Elektriese Tegnologie: Kragstelsels 8 DBE/November 2025
NSS Vertroulik
3.5 Noem of die kring in FIGUUR 3.4 op die vorige bladsy meer kapasitief of meer
induktief is. Gee 'n rede vir die antwoord. (2)
3.6 Verwys na FIGUUR 3.4 op die vorige bladsy en verduidelik hoe 'n toename in
die toevoerfrekwensie sal veroorsaak dat die kring resoneer. (3)
3.7 FIGUUR 3.7 hieronder toon die frekwensiekromme van 'n RLC-kring, NIE
volgens skaal NIE. Beantwoord die vrae wat volg.
Zmaks
70,7%
5,4 7,3 9,2 f (kHz)
FIGUUR 3.7: Q-FAKTOR-KENKROMME
3.7.1 Noem of FIGUUR 3.7 hierbo die responsiekromme vir 'n RLC-serie-
of 'n RLC-parallelkring verteenwoordig en motiveer die antwoord. (2)
3.7.2 Bereken die Q-faktor van die kring. (4)
[35]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Elektriese Tegnologie: Kragstelsels 9 DBE/November 2025
NSS Vertroulik
VRAAG 4: DRIEFASE-WS-OPWEKKING
4.1 Noem TWEE nadele van driefasestelsels. (2)
4.2 Beskryf wat bedoel word met 'n arbeidsfaktor van minder as 1 in 'n
driefasestelsel. (2)
4.3 Verwys na FIGUUR 4.3 hieronder wat die spoelkonfigurasie van 'n
gebalanseerde driefasestelsel wat aan 'n 400 V-driefasetoevoer verbind is,
toon. Beantwoord die vrae wat volg.
R
L1
VL
R G
400 V
L2 L3
B
FIGUUR 4.3: GEBALANSEERDE DRIEFASELAS
4.3.1 Identifiseer die konfigurasie van die spoele in FIGUUR 4.3 hierbo. (1)
4.3.2 Bepaal die spanningsval oor L2 in FIGUUR 4.3 hierbo. (1)
4.3.3 Teken die fasordiagram van die stelsel in FIGUUR 4.3 hierbo. (4)
4.4 'n 16 kVA- sterverbinde generator word gebruik om 'n driefaselas te bekrag.
Die fasespanning is 220 V en die fasehoek is 29,54°.
Gegee:
S = 16 kVA
VF = 220 V
θ = 29,54°
Bereken die volgende:
4.4.1 Lynspanning (3)
4.4.2 Lynstroom teen vollas (3)
4.4.3 Aktiewe drywing (3)
4.4.4 Reaktiewe drywing (3)
4.5 Die insetdrywing na 'n driefasestelsel is 3,45 kW. Die stelsel is in staat om
3,2 kW effektiewe drywing op die uitset te lewer. Bereken die rendement van
die stelsel. (3)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Elektriese Tegnologie: Kragstelsels 10 DBE/November 2025
NSS Vertroulik
4.6 FIGUUR 4.6 hieronder toon die verbinding van 'n analoogwattmeter aan een
van die fases van 'n driefaselas. Beantwoord die vrae wat volg.
Wattmeter 1
L1
Spoel A
R Las1
Spoel B
N
FIGUUR 4.6: WATTMETERVERBINDING
4.6.1 Identifiseer spoel A in FIGUUR 4.6 hierbo. (1)
4.6.2 Verduidelik TWEE voordele van digitale wattmeters in vergelyking
met analoogwattmeters. (2)
4.6.3 Beskryf die funksie van spoel B in FIGUUR 4.6 hierbo. (2)
4.7 FIGUUR 4.7 hieronder toon hoe 'n arbeidsfaktormeter aan 'n gebalanseerde
driefasenetwerk verbind word. Beantwoord die vrae wat volg.
V-spoel
I-spoel
R
G
Y
B
FIGUUR 4.7: ARBEIDSFAKTORMETERVERBINDING
4.7.1 Noem TWEE nadele daarvan om 'n lae arbeidsfaktor te hê. (2)
4.7.2 Verduidelik die doel van 'n arbeidsfaktormeter. (1)
4.7.3 Beskryf hoe stroom in 'n stelsel beïnvloed word wanneer die las 'n
lae arbeidsfaktor het in vergelyking met dieselfde las met 'n hoër
arbeidsfaktor. Motiveer jou antwoord. (2)
[35]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Elektriese Tegnologie: Kragstelsels 11 DBE/November 2025
NSS Vertroulik
VRAAG 5: DRIEFASETRANSFORMATORS
5.1 Verduidelik wedersydse induksie as die werksbeginsel van transformators. (2)
5.2 Verwys na FIGUUR 5.2 hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
A1 A2 A3
B1 B2 B3
FIGUUR 5.2: DRIEFASETRANSFORMATOR
5.2.1 Noem die konfigurasie waarin spoele A1–A3 en B1–B3 gekoppel is. (2)
5.2.2 Verduidelik waarom 'n ysterkern in die konstruksie van 'n
transformator gebruik word. (3)
5.2.3 Noem of FIGUUR 5.2 hierbo 'n kerntipe of 'n doptipe transformator
verteenwoordig. Motiveer jou antwoord. (2)
5.2.4 Verduidelik hoe droë-tipe transformators tydens werking hitte
verkwis. (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Elektriese Tegnologie: Kragstelsels 12 DBE/November 2025
NSS Vertroulik
5.3 Verwys na FIGUUR 5.3 hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
L1 L1
R B
L2 L2
G G
L3 L3
B R
N
FIGUUR 5.3: DRIE ENKELFASETRANSFORMATORS GEKOPPEL AS
'N DRIEFASETRANSFORMATOR
5.3.1 Noem EEN kenmerk wat identies in al drie transformators moet wees
om dit as 'n driefase-eenheid te gebruik. (1)
5.3.2 Noem EEN toepassing van die konfigurasie wat in FIGUUR 5.3 hierbo
gebruik word. (1)
5.3.3 Verduidelik die voordeel van drie enkelfasetransformators wat as 'n
enkele driefase-eenheid gekoppel is wanneer een stel spoele
beskadig is. (2)
5.4 'n Driefasetransformator met 'n primêr verbind in delta en die sekondêr verbind
in ster, het 'n primêre lynspanning van 6 600 V. Die sekondêre lynspanning is
380 V. Die transformator het 'n doeltreffendheid van 100%.
Gegee:
VL1 = 6 600 V
VL2 = 380 V
η = 100%
5.4.1 Bepaal die primêre fasespanning. (2)
Bereken die volgende:
5.4.2 Sekondêre fasespanning (3)
5.4.3 Draaiverhouding (3)
5.4.4 Die primêre fasestroom as die sekondêre lynstroom 900 A is (3)
5.5 'n Driefasetransformator bekrag 'n las van 4 500 W. Die rendement van die
transformator is 96%. Bereken die totale verliese van die transformator in watt. (3)
5.6 Beskryf die funksie van die olietenk tydens die werking van transformators. (2)
[30]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Elektriese Tegnologie: Kragstelsels 13 DBE/November 2025
NSS Vertroulik
VRAAG 6: DRIEFASEMOTORS EN -AANSITTERS
6.1 Noem TWEE elektriese toetse wat op 'n driefasemotor uitgevoer moet word. (2)
6.2 Verduidelik reaktiewe drywing met verwysing na 'n driefase-induksiemotor. (2)
6.3 Verwys na FIGUUR 6.3 hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
B
% vollas-wringkrag
200 A Optrek-
wringkrag
100
Nullas-
spoed
0 50 100
% spoed
FIGUUR 6.3: SPOED-TEENOOR-WRINGKRAG-KENKROMME
6.3.1 Benoem A en B op die kenkromme in FIGUUR 6.3 hierbo. (2)
6.3.2 Noem of die glip minimum of maksimum by nullasspoed is (1)
6.4 Die rotor van 'n driefase-induksiemotor met 2 poolpare per fase draai teen
1 250 r/min wanneer dit aan 'n 400 V/50 Hz-toevoer verbind is.
Gegee:
VL = 400 V
f = 50 Hz
nr = 1 250 r/min
p =2
Bereken die volgende:
6.4.1 Sinchrone spoed van die motor (3)
6.4.2 Persentasie glip (3)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Elektriese Tegnologie: Kragstelsels 14 DBE/November 2025
NSS Vertroulik
6.5 'n Driefase-induksiemotor is in staat om 4 kW-uitsetkrag teen vollas te lewer.
Die motor het 'n arbeidsfaktor van 0,85 en trek 'n lynstroom van 6,8 A vanaf die
toevoer by vollas.
Gegee:
PUIT = 4 kW
IL = 6,8 A
df = 0,85
Aanvaar dat daar geen verliese is nie en bereken die volgende:
6.5.1 Fasehoek (3)
6.5.2 Toevoerspanning (3)
6.5.3 Skyndrywing (3)
6.5.4 Reaktiewe drywing (3)
6.6 Die kring in FIGUUR 6.6 hieronder word gebruik om 'n driefasemotor te beheer.
Die motor moet in staat wees om in 'n vorentoe- en in 'n agtertoe-rigting te
roteer, maar NIE terselfdertyd NIE. Beantwoord die vrae wat volg.
L
OB
N/T
STOP
AANSIT AANSIT
1 2 HK2
(A)
N/O1
N
FIGUUR 6.6: VORENTOE-AGTERTOE-BEHEERKRING
6.6.1 Benoem A in FIGUUR 6.6 hierbo. (1)
6.6.2 Verduidelik die voorwaarde wat OB N/T tydens die werking van die
kring sal oopmaak. (1)
6.6.3 Verduidelik waarom dit nodig is om TWEE hoofkontaktors in die
kring te hê. (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Elektriese Tegnologie: Kragstelsels 15 DBE/November 2025
NSS Vertroulik
6.6.4 Noem die verbinding wat nodig is om die gelyktydige vorentoe- en
agtertoe-werking van die motor te voorkom. (1)
6.6.5 Teken en voltooi die beheerkring vir FIGUUR 6.6 op die vorige
bladsy, wat aan die voorwaardes van VRAAG 6.6 voldoen, in jou
ANTWOORDEBOEK oor. (4)
6.6.6 Noem hoe 'n foutiewe stopknoppie, wat permanent oop bly, die
werking van die kring sal beïnvloed. (1)
[35]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Elektriese Tegnologie: Kragstelsels 16 DBE/November 2025
NSS Vertroulik
VRAAG 7: PROGRAMMEERBARE LOGIKABEHEERDERS (PLB's)
7.1 Verwys na FIGUUR 7.1 hieronder van die geprogrammeerde aftastingsiklus
van 'n PLB en beantwoord die vrae wat volg.
A
UITSET-
AFTASTING B
FIGUUR 7.1: PLB-AFTASTINGSIKLUS
7.1.1 Benoem A en B. (2)
7.1.2 Verduidelik die uitset-aftasting. (2)
7.2 Noem TWEE voordele van 'n PLB-stelsel bo 'n vastedraadrelêstelsel, met
verwysing na koste. (2)
7.3 Verduidelik waarom die PLB-bedrading en verbindings nagegaan moet word
voordat dit aangeskakel word. (2)
7.4 Verduidelik waarom 'n PLB-stelsel veiliger as 'n vastedraadstelsel is wanneer
'n fouttoestand ontstaan. (2)
7.5 Noem die doel van die volgende PLB-programfunksies:
7.5.1 Merkers/Vlae (2)
7.5.2 Kontaktor (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Elektriese Tegnologie: Kragstelsels 17 DBE/November 2025
NSS Vertroulik
7.6 Verwys na FIGUUR 7.6 hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
A Uitset
B
FIGUUR 7.6: PLB-LOGIKAFUNKSIE
7.6.1 Teken die ekwivalente logikasimbool van FIGUUR 7.6 hierbo. (3)
7.6.2 Voltooi die waarheidstabel in TABEL 7.6.2 hieronder deur slegs die
toestand van die uitset in die ANTWOORDEBOEK neer te skryf.
A B UITSET
0 1 (X)
1 1 (Y)
TABEL 7.6.2 (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Elektriese Tegnologie: Kragstelsels 18 DBE/November 2025
NSS Vertroulik
7.7 FIGUUR 7.7(A) hieronder toon die relêdiagram van 'n hand- sekwensiële
aansitter. Teken die PLB-leerlogikadiagram in FIGUUR 7.7(B), wat dieselfde
funksie in 'n PLB-stelsel sal uitvoer, in die ANTWOORDEBOEK oor en voltooi
dit.
L
STOP HK1N/O2
OB1N/T OB2N/T
AANSIT AANSIT
HK1N/O HK2N/O
HK1 HK2
HK1 HK2
N
FIGUUR 7.7(A): BEHEERKRING VAN 'N HAND- SEKWENSIËLE
AANSITTER
STOP
(9)
FIGUUR 7.7(B)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Elektriese Tegnologie: Kragstelsels 19 DBE/November 2025
NSS Vertroulik
7.8 FIGUUR 7.8 hieronder toon die kenkrommes van die VSB wanneer dit gebruik
word om die spoed van 'n driefase-induksiemotor te beheer. Bestudeer die
kenkrommes en beantwoord die vrae wat volg.
WRINGKRAG
400%
300%
Beskikbare
200% lasstrek van
die VSB
100%
20% 40% 60% 80% 100% SPOED
FIGGUR 7.8A
FIGUUR7.8A
FIGUUR 7.8(A)
WRINGKRAG
400%
VSB-ontwerp
300%
Vastefrekwensie-
motorontwerp
200%
100%
100% 200% 300% 400% STROOM
FIGUUR 7.8(B)
FIGUUR 7.8B
FIGUUR 7.8: VSB-WRINGKRAG-TEENOOR-SPOED- EN
WRINGKRAG-TEENOOR-STROOM-GRAFIEKE
7.8.1 Vergelyk die kenmerke in FIGUUR 7.8(B) hierbo en noem die
verbetering wat 'n VSB-motorontwerp het in vergelyking met 'n
vastefrekwensie-motorontwerp. (2)
7.8.2 Verwys na FIGUUR 7.8(A) en 7.8(B) hierbo en noem TWEE
voordele vir nywerhede en vervaardigers wanneer 'n VSB gebruik
word om die spoed van 'n motor te beheer. (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Elektriese Tegnologie: Kragstelsels 20 DBE/November 2025
NSS Vertroulik
7.9 Noem die komponent wat gebruik word om die oortollige energie tydens
regeneratiewe remming te dissipeer. (1)
7.10 Noem DRIE toepassings van 'n VSB. (3)
7.11 Verduidelik hoe die driefase-WS-toevoer na GS verander word, met verwysing
na die eerste stadium in 'n VSB. (2)
7.12 Verduidelik hoe langer AAN-tye die uitsetfrekwensie van 'n VSB tydens die
pulswydtemodulasie(PWM)-proses beïnvloed. (2)
[40]
TOTAAL: 200
Kopiereg voorbehou
Elektriese Tegnologie: Kragstelsels DBE/November 2025
NSS Vertroulik
FORMULEBLAD
RLC-KRINGE DRIEFASE-WS-OPWEKKING
P = V I Cos θ STER
XL = 2πfL VL = �3 VF
1 VF = IF ZF
XC =
2πfC IL = IF
1 f 1 + f2
fr = OF fr = DELTA
2π√LC 2
fr
BW = OF BW = f2 - f1 VL = VF
Q
SERIE VF = IF ZF
VR = IR IL = �3 IF
VL = IXL DRYWING
VC = IXC S�Pskyn � = �3 VL IL
VT Q(Pr ) = �3 VL IL Sin θ
IT = OF IT = IR = IC = IL
Z P = �3 VL IL Cos θ
P
Z = �R2 + (XL - XC )2 Cos θ =
S
2
VT = �VR + (VL - VC )2 OF VT = IZ RENDEMENT
R VR PUIT
Cos θ = OF Cos θ = η= × 100
Z VT PIN
XL XC VL VC 1 L
Q= = = = = �
R R VT VT R C TWEEWATTMETERMETODE
PARALLEL PT = P1 + P2
VT = VR = VC = VL
P1 - P2
VT Tan θ = �3 � �
IR = P1 + P2
R
VT
IC = DRIEWATTMETERMETODE
XC
VT
IL = PT = P1 + P2 + P3
XL
2
IT = �IR + (IL - IC )2
VT
Z=
IT
IR
Cos θ =
IT
R R
Q= =
XL XC
Kopiereg voorbehou
Elektriese Tegnologie: Kragstelsels DBE/November 2025
NSS Vertroulik
DRIEFASETRANSFORMATORS DRIEFASEMOTORS EN -AANSITTERS
STER STER
VL = �3 VF VL = �3 VF
IL = IF IL = IF
DELTA DELTA
VL = VF VL = VF
IL = �3 IF IL = �3 IF
DRYWING DRYWING
S�Pskyn � = �3 VL IL S�Pskyn � = �3 VL IL
Q(Pr ) = �3 VL IL Sin θ Q(Pr ) = �3 VL IL Sin θ
P = �3 VL IL Cos θ P = �3 VL IL Cos θ
P
Cos θ = P = �3 VL IL Cos θ η
S
VF(1) N1 IF(2) P
= = Cos θ =
VF(2) N2 IF(1) S
N1
Draaiverhouding: TR = RENDEMENT
N2
PIN - verliese
RENDEMENT η= × 100
PIN
PUIT PUIT
η= × 100 η= × 100
PUIT + verliese PUIT + verliese
PUIT
η= × 100
PIN
SPOED
pole per fase
(poolpare) p=
2
60 f
ns =
p
ns - nr
Per eenheid glip =
ns
ns - nr
% glip = × 100
ns
nr = ns (1 - % glip)
Glip = ns - nr
Kopiereg voorbehou
Study this subject
Recommended for this subject
%20MG%20Afr--3b862a0c-6a87-4296-b5b6-09b072c7d1e9/v1-66d030d2505ce0cce42c/card.webp)
Memorandum
Electrical Technology Grade 12 NSC November 2025 Memo (Afr)
%20Eng_hlayiso.com_--4a107a27-0591-497e-b467-344367a396a8/v1-4a17717732b5e94155ff/card.webp)
Question paper
Electrical Technology Grade 12 NSC November 2023 QP (Eng)
%20Afr_hlayiso.com_--7aa35e6b-ee15-404c-8359-7db3c0952f41/v1-fa1744643566d36a385d/card.webp)
Question paper
Electrical Technology Grade 12 NSC November 2023 QP (Afr)
%20Eng_hlayiso.com_--638455b8-55d9-4382-ac07-555358342bf4/v1-4226f279f83adb44a40f/card.webp)
Question paper
Electrical Technology Grade 12 NSC November 2023 QP (Eng)
%20Eng_hlayiso.com_--13c7b3df-a693-4e59-8ee2-bcf846a2c62d/v1-9fde53bdc4f3dd9b042b/card.webp)
Question paper
Electrical Technology Grade 12 NSC November 2022 QP (Eng)
%20Eng_hlayiso.com_--e9b1f586-997a-433b-9070-be649e13a78c/v1-2907d28ec0ec827dfe4a/card.webp)
Question paper
Electrical Technology Grade 12 NSC November 2022 QP (Eng)
More from Grade 12 Electrical Technology

Annual teaching plan
Gr 12 Dig Elec ATP 2023 24
%20MEMO%20GR12%20SEPT%202025%20ENG_watermark--0a867070-2654-43cf-8e48-5037555e0c3d/v1-84a07d81399f5d7a195b/card.webp)
Memorandum
Electrical Technology Grade 12 Eastern Cape Mock 2025 Memo
%20(English)%20June%202025%20Possible%20Answers--4302563e-89b7-4f54-8a21-63b2020e985f/v1-3e4c5b36e08cde219ac2/card.webp)
Memorandum
Electrical Technology Grade 12 P1 Gauteng June 2025 Memo

Memorandum
Electrical Technology Grade 12 Eastern Cape Prelim 2024 Memo

Memorandum
Electrical Technology Grade 12 Eastern Cape Prelim 2024 Memo

Memorandum