Skip to content

Information Technology Grade 12 P2 NSC November 2025 Memo

MemorandumInformation TechnologyGrade 12202522 pages

Grade 12 Information Technology Paper 2 memorandum from the NSC November Exam 2025 (Afrikaans), 22 pages. Read online or download the free PDF.

Free to read online, no sign-up needed

Loading document…

Loading document…

Document textSearch extracted text and jump to a page.
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 INLIGTINGSTEGNOLOGIE V2 NASIENRIGLYNE NOVEMBER 2025 PUNTE: 150 Hierdie nasienriglyne bestaan uit 22 bladsye. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Inligtingstegnologie/V2 2 DBE/November 2025 NSS – Nasienriglyne AFDELING A: KORTVRAE VRAAG 1 1.1 1.1.1 B - EPOP ('SMTP') ✓ (1) 1.1.2 C - SVE-kasgeheue; VETG; ETG; VTA; HDD ✓ (1) 1.1.3 D - Intranet ✓ (1) 1.1.4 C - stelselkonfigurasie ✓ (1) 1.1.5 B - Algemene publieke lisensie ('General Public License') (1) 1.1.6 C - Sluit slegs inhoud met 'n teksformaat in ✓ (1) 1.1.7 C - botnet ✓ (1) 1.1.8 C - String ✓ (1) 1.1.9 B - sString := UpCase(sString); ✓ (1) 1.1.10 C - TRUE AND (FALSE OR TRUE) ✓ (1) 1.2 1.2.1 Algoritme ✓ (1) 1.2.2 Netiquette ✓ (1) 1.2.3 Uniform Resource Locator / URL ✓ (1) 1.2.4 Toesteldrywer ✓ Aanvaar ook: Drywer ('Driver') (1) 1.2.5 Wiki/Wikipedia ✓ (1) 1.3 1.3.1 ONWAAR, Randomrange(10,13) ✓ OF Random(3) + 10 (1) 1.3.2 ONWAAR, Android / iOS / Harmony OS ✓ (1) 1.3.3 WAAR ✓ (1) 1.3.4 WAAR ✓ (1) 1.3.5 ONWAAR, bron ✓ (1) TOTAAL AFDELING A: 20 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Inligtingstegnologie/V2 3 DBE/November 2025 NSS – Nasienriglyne AFDELING B: STELSELTEGNOLOGIEË VRAAG 2 2.1 2.1.1 Noem TWEE funksies van 'n moederbord. Enige TWEE: ✓✓ • Verskaf gleuwe/poorte/koppelstukke vir komponente • Versprei krag na komponente • Maak kommunikasie tussen komponente moontlik (2) 2.1.2 Verduidelik hoekom 'n bus-kommunikasiepad stadiger as 'n punt-tot- punt-kommunikasiepad op 'n moederbord is. Enige TWEE: ✓✓ • Bus is 'n gedeelde kommunikasiepad tussen komponente • Vertraging veroorsaak deurdat slegs een komponent/toestel op 'n slag kan kommunikeer • Punt-tot-punt is 'n toegewyde kommunikasiepad (2) 2.1.3 Verduidelik hoekom 'n GVE ('GPU') die verwerkingswerkverrigting van 'n rekenaarstelsel sal verbeter. Die GVE verlig die SVE van grafies-verwante take/rendering / die GVE hanteer al die grafies-verwante take. ✓ Die SVE het meer tyd om ander take te verwerk / wat die verwerking van ander take bespoedig. ✓ Enige TWEE: • Die GVE verrig al die grafies-verwante take • Dit verminder die las op die SVE • Die SVE het meer tyd om ander take te verwerk (2) 2.1.4 Vergelyk die rol van ETG ('RAM') en VETG ('VRAM') met spesifieke verwysing na ELK se funksie. ETG stoor data/instruksies ✓ wat deur die SVE verwerk moet word. VRAM stoor beeld-/videodata ✓ wat deur die GVE verwerk moet word. (2) 2.2 2.2.1 Noem 'n noodsaaklike hardeware-vereiste van 'n SVE ('CPU') wat multiverwerking moontlik maak. Die SVE moet meer as een SVE-kern bevat. ✓ (1) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Inligtingstegnologie/V2 4 DBE/November 2025 NSS – Nasienriglyne 2.2.2 Virtuele geheue word deur die bedryfstelsel bestuur. Verduidelik wat virtuele geheue is. Enige TWEE: ✓✓ • Virtuele geheue is 'n area op die sekondêre berging. • Wat as RAM gebruik word / as die stelsel se RAM vol/ onvoldoende is • Word deur die bedryfstelsel gebruik om data tydelik te stoor (2) 2.3 Gee 'n term vir die proses wat dokumente wat nie meer aktief gebruik word nie, uit die rekenaar se primêre stoorplek verwyder en die dokumente in 'n sekondêre stoorplek stoor. Argivering ('Archiving') ✓ (1) 2.4 2.4.1 Behalwe hommeltuie, stel EEN ander mobiele tegnologie voor wat gebruik kan word om migrasiepatrone waar te neem. Enige EEN: ✓ • GPS / Satellietopsporing van diere ('tracking animals') • RFID / Etikette (‘Tags’) / Naspoorders en mobiele ontvangers • Opspoor-toepassings/-toeps ('Tracking apps') • Toeps ('Apps') wat KI ('AI') gebruik om diere/spesies te identifiseer • Kameras wat beweging waarneem en met mobiele toestelle gekoppel is Aanvaar enige redelike voorbeeld wat 'n mobiele toestel vereis om diere te monitor, behalwe hommeltuie. (1) 2.4.2 Noem TWEE beperkings van die gebruik van mobiele tegnologieë. Enige TWEE: ✓✓ • Beperkte batterylewe • Die toring wat seine verskaf kan buite bereik wees (beskikbaarheid van kabellose netwerke) • Beperkte rekenaarverwerkingskrag • Beperkte berging • Kleiner skerms is moeilik om te lees • Metodes van toevoer is 'n uitdaging • Nie in staat om tafelrekenaars ('desktop computers') se toepassings uit te voer nie • Mag moontlik nie 'n volledige bedryfstelsel insluit nie • Nie maklik om op te gradeer of te herstel nie (2) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Inligtingstegnologie/V2 5 DBE/November 2025 NSS – Nasienriglyne 2.5 2.5.1 Stel TWEE biometriese geldigheidvasstellingsmetodes ('authentication methods') voor wat gebruik kan word om toegang tot die databasis te verkry. Enige TWEE: ✓✓ • Gesigherkenning • Vingerafdrukskandering • Stemherkenning • Retina-/Iris-/Oog-skandering (2) 2.5.2 Gebruik 'n voorbeeld om die effek van gemors-in-gemors-uit (GIGU) ('garbage-in-garbage-out/GIGO') ten opsigte van data-insameling in wild-opsporingstelsels te verduidelik. Enige EEN voorbeeld ✓ en effek ✓ Moontlike voorbeelde(1): • Verkeerde koördinate • Dierespesies word verkeerd geïdentifiseer Moontlike effek (1): • Die plek waar die dierespesies is sal onakkuraat wees, sal mors van tyd wees om die diere te vind • Die resultate van die analisering sal foute bevat • Die besluite wat geneem word sal onbetroubaar wees (2) 2.5.3 Om kritieke data te beskerm, noem TWEE voorsorgmaatreëls wat getref kan word om die onklaarraking van hardeware te voorkom. Enige TWEE: ✓✓ • Veilige hantering/berging/bewaring van hardewaretoestelle • Gereelde instandhouding • Beskerming teen onstabiele kragvoorsiening/ Gebruik ‘n UPS • Beheer van omgewingsfaktore • Gebruik toetstoerusting om aandrywers te monitor (toestandstoetse (‘health checks’)) • Opgradering van hardeware Aanvaar relevante en korrekte voorbeelde van bogenoemde. (2) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Inligtingstegnologie/V2 6 DBE/November 2025 NSS – Nasienriglyne 2.6 2.6.1 Noem TWEE beperkings van VR-tegnologie. Enige TWEE: ✓✓ • Hoë koste • Vereis kragtige hardeware-spesifikasies • Moontlikheid van bewegingsiekte/mag impak op gesondheid hê • Bevorder sosiale isolasie / Verminder sosiale interaksie • Beperkte fisiese ruimte • Opstelling kan tegnies wees / Vereis opleiding • Latensie / Vertraging (tussen toestel en rekenaar) (2) 2.6.2 Bespreek TWEE voordele van die gebruik van VR vir bewaring- bewustheid. Enige TWEE: ✓✓ • Gebruikers kan die wilde diere/ ekostelsels as 'n realiteit/ interaktiewe manier te beleef. • Bewaring opvoeding beskikbaar maak aan 'n breër gehoor / meer mense. • Verminder/Beperk impak op ekostelsels in die natuur / bly omgerep/nie beskadig nie. • Veiliger omgewing deurdat mens nie fisies aan gevaarlike diere soos leeus, seekoeie, ens. blootgestel is nie. • Nie nodig om na wildlewe-fasiliteite te reis nie / betaal nie vir duur, regte-lewe ontmoetings met wild nie. • Is gerieflik omdat jy die natuur in die gemak van jou huis kan ervaar. LET WEL: Enige ander regte antwoord(e) wat met die scenario verband hou kan aanvaar word. (2) TOTAAL AFDELING B: 25 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Inligtingstegnologie/V2 7 DBE/November 2025 NSS – Nasienriglyne AFDELING C: KOMMUNIKASIE- EN NETWERKTEGNOLOGIEË VRAAG 3 3.1 Gee TWEE redes waarom 'n kliënt-bediener-netwerk 'n geskikte netwerk sal wees om by die lodge te gebruik. Enige TWEE: ✓✓ • Gesentraliseerde bestuur • Beter beheer oor geldigheidsverklaring van gebruikers en geënkripteerde stoor van sensitiewe data/Meer gesofistikeerde sekuriteit. • Skaalbaarheid – Kan met gemak meer kliënte byvoeg • Rugsteunkopieë word op die bediener gedoen • Eweknie-netwerke kan oorlaai word, terwyl 'n bediener netwerkverkeer meer effektief kan bestuur. • Geskik vir 'n groot aantal toestelle • Geen behoefte aan kragtige kliënttoestelle nie. • Makliker kommunikasie tussen gebruikers - oordrag van data vanaf die sentrale toestel. (2) 3.2 3.2.1 Identifiseer die tipe area-netwerk tussen selfoon en slimhorlosie. PAN / WPAN ✓ (1) 3.2.2 Identifiseer die tipe area-netwerk tussen die lodge en 'n internasionale wildbewaringdatabasis deur middel van die internet. WAN/GAN ✓ (1) 3.3 Behalwe tydbesparing en die verbetering van effektiwiteit, gee TWEE ander redes waarom lêeroordragprotokol (LOP) ('file transfer protocol/FTP') gebruik behoort te word om groot lêers te deel. Enige TWEE: ✓✓ • Oorplasings kan onderbreek en weer hervat word • Bied toegang van 'n afstand af • Platform-oorgrens- (‘Cross-platform’)versoenbaarheid • Laat oordrag van groot lêers / groot hoeveelhede lêers toe • Oordrag kan met kode ('scripts') geoutomatiseer word • Geen beperking op die grootte van die lêer nie • Behou van gidsstruktuur (‘Directory structure’) Moenie betroubaar aanvaar nie (2) 3.4 3.4.1 Switch/Hub ✓ (1) 3.4.2 Roeteerder ('Router')/ Modem ✓ (1) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Inligtingstegnologie/V2 8 DBE/November 2025 NSS – Nasienriglyne 3.5 3.5.1 Onderskei tussen trefwydte ('range') en bandwydte in kabellose netwerke. Trefwydte: Afstand wat deur die sein gedek is ✓ voordat dit verswak Bandwydte: Hoeveelheid data wat per tydeenheid oorgedra kan word / spoed van oordrag ✓ (2) 3.5.2 Gee TWEE moontlike redes waarom daar dalk stromingvertragings en meer uitdagings met buffering by die chalets as by die hoofgebou is, waar 'n gekabelde netwerk gebruik word. Enige TWEE: ✓✓ • Die kapasiteit van die bandwydte van 'n kabellose netwerk is laer • Daar kan meer data gebruik word/traffic in die chalets wees wat dieselfde netwerkkanaal gebruik as in die hoofgebou. • Sommige gaste kan verder weg wees van die roeteerder ('router') • Inmenging met sein/ hindernis-inmenging/ weer. (2) 3.6 3.6.1 Bespreek TWEE voordele van 'n dinamiese webtuiste vir die lodge se klante. Enige TWEE: ✓✓ • Klante kan inteken en besprekings sien, spesiale aanbiedinge, of inhoud kan volgens hulle voorkeur aangepas word. (Verpersoonlikte ervaring) • Beskikbaarheid, pryse of promosies kan dadelik opgedateer word sonder dat die hele webtuiste oorgelaai hoef te word. (Intydse ('Real-time') inligting) • Klante kan direk op die webtuiste besprekings doen in plaas daarvan om oproepe te maak of e-pos te gebruik. (Aanlyn- besprekings) • Eienskappe soos kontakvorms, resensies, of terugvoer kan interaksie met klant verbeter. (Interaktiewe eienskappe) (2) 3.6.2 Noem TWEE take wat tipies aan die web-outeur toegeken sal word. Enige TWEE: ✓✓ • Skep teks/prentjies/foto’s/video/inhoud vir 'n webtuiste • Struktureer/formateer die inhoud van ’n webtuiste • Hanteer hiperskakels en SEO-bestuur • Werk die inhoud van die webtuiste by en onderhou dit • Werk saam met ontwerpers, ander outeurs en ontwikkelaars • Publiseer en deel inhoud wat toeganklik en funksioneel is (2) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Inligtingstegnologie/V2 9 DBE/November 2025 NSS – Nasienriglyne 3.7 3.7.1 Noem en verduidelik 'n tegniek wat tydens onsigbare data-insameling gebruik word. EEN tegniek ✓ en verduideliking ✓ Tegniek Verduideliking Algemene voorbeelde Koekies Klein lêers wat in jou Blaaigeskiedenis- (Cookies’) blaaier gestoor word en aanbevelings, onthou die webwerwe wat jy van items in aanlyn besoek, klikke en inkopiesmandjies. voorkeure naspoor. Lojaliteits- / Spoor jou Aankoopgeskiedenis Bankkaarte aankoopgeskiedenis en by winkels of aanlyn bestedingspatrone op wanneer ’n wanneer jy aankope gekoppelde doen. lojaliteitskaart gebruik word. Ligging- / Gebruik IP-adres, GPS, Kaartoepassings, Digitale Wi-Fi of mobiele ligginggebaseerde nasporing sensors om jou ligging advertensies, en beweging na te soekresultate vir spoor. “naby my.” Meta-data- Versamel inligting oor E-posopskrifte nasporing die konteks van jou (versender, aktiwiteit sonder dat jy ontvanger, tyd), foto- dit aktief verskaf. EXIF-data, lêereienskappe aanlyn. Toestel- / Versamel inligting oor Identifisering van Blaaier- jou toestel en blaaier herhalende vingerafdrukke (skermgrootte, besoekers sonder die lettertipes, hardeware) gebruik van koekies. om jou uniek te identifiseer. Klikstroom- Skripte op webwerwe Analise van produkte nasporing / wat stilweg aanteken waarna jy kyk of Kode (‘Scripts’) hoe jy navigeer, klik en bladsye waarop jy die skrol. meeste tyd spandeer. Konsepte: • Noem / beskryf die tegniek • Gee ’n verduideliking van die tegniek (2) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Inligtingstegnologie/V2 10 DBE/November 2025 NSS – Nasienriglyne 3.7.2 Hoe sal plekgebaseerde data, wat saam met onsigbare data- insameling gebruik word, tot die veiligheid van gaste by die reservaat bydra? Konsepte: ✓✓ • Bewyse van onsigbare datainsameling / ligginggebaseerde data- insameling. • Gevolg van die gebruik van die data om gaste se veiligheid te verseker. Byvoorbeeld: • Monitor gaste se liggings (1) om te keer dat hulle gevaarlike of beperkte areas binnegaan/om hulp te verleen indien hulle verdwaal (1). • Identifiseer vinnig 'n gas se presiese ligging (1) tydens mediese/ veiligheidsvoorvalle vir ’n vinniger reaksie deur veldwagters (1). • Verskaf outomatiese waarskuwings oor wilde diere/ weerstoestande/terrein (1), gebaseer op die gas se huidige ligging (1). • Gebruik geo-omheining (1) en skarebestuurdata om veilige beweging in die reservaat te bevorder (1). • Ontleed gedragspatrone (1) om risiko’s te voorkom/ gepersonaliseerde veiligheidswenke te stuur (1). Aanvaar ook ander voorbeelde wat onsigbare of ligginggebaseerde data gebruik met betrekking tot die veiligheid van die gaste. (2) 3.8 3.8.1 Verduidelik kortliks die konsep multifaktor-geldigheidsvasstelling (MFG) ('multi-factor authentication/MFA'). Geldigheidsvasstelling vereis twee of meer geldigheidsvasstelling metodes ✓ (1) 3.8.2 Motiveer waarom 'n eenmalige pin ('OTP') 'n effektiewe meganisme is om personeel-aantekening ('logins') te verifieer. Enige EEN: ✓ • Die personeellid sal die EMP ('OTP') op hulle persoonlike toestel ontvang/nie toeganklik vir ander. • Ekstra vlak van sekuriteit – selfs al is die wagwoord onder verdenking geplaas • Dit word deur tyd beïnvloed/tydsensitief, wat die risiko dat dit hergebruik gaan word verminder / Eenmalige gebruik (1) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Inligtingstegnologie/V2 11 DBE/November 2025 NSS – Nasienriglyne 3.9 3.9.1 Watter oordragmedium sal die geskikste wees om beeldmateriaal van die kameras na die navorsingsentrum oor te dra? Enige EEN: ✓ • Veselopties • Radio-/elektromagnetiese golwe • Satelliet (1) 3.9.2 Gee TWEE redes om jou antwoord op VRAAG 3.9.1 te regverdig. ✓✓ Veselopties: • Betroubaar oor lang afstande • Hoë bandwydte • Word nie deur weer geaffekteer nie • Nie deur EMI geaffekteer nie Radiogolwe: • Geen fisiese kabels nie • Geskik vir verafgeleë of moeilike terrein Satelliet: • Geskik vir lang afstande • Hoëspoed-dataoordrag • Kostedoeltreffend vir lang afstande • Betroubaar tydens noodgevalle (2) TOTAAL AFDELING C: 25 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Inligtingstegnologie/V2 12 DBE/November 2025 NSS – Nasienriglyne AFDELING D: DATA- EN INLIGTINGSBESTUUR VRAAG 4 4.1 4.1.1 Gee 'n rede waarom die data en die datatipe van hierdie veld na heelgetal ('integer') verander behoort te word. Enige EEN: ✓ • Om in staat te wees om die jare ondervinding op te dateer deur dit te inkrementeer. • Om berekeninge/verwerking te kan doen/sorteer/navrae. • Vereenvoudig datavalidering • Vermy inkonsekwentheid van data • Vermy oortollige data (‘redandant data’) (1) 4.1.2 Noem en verduidelik die onreëlmatigheid ('anomaly') wat sal voorkom deur die RangerContact- en Experience-veld in die tblAnimalSightings-tabel te hê. Enige EEN: Onreëlmatigheid ✓ en Verduideliking ✓ • Byvoeg: Nuwe waarneming ('sighting') kan nie bygevoeg word sonder om bewaarder se besonderhede by te voeg nie • Verwyder: Die verwydering van 'n waarneming mag lei daartoe dat die bewaarder se kontakbesonderhede verlore gaan • Opdateer: As die kontaknommer van die bewaarder verander moet al die rekords van waarnemings deur die bewaarder met die nuwe kontaknommer opgedateer word (2) 4.1.3 Teken die tabelle oor, wat die velde insluit wat voorsien is, en voltooi die diagram soos volg: • Diagram reg oorgeteken met name van tabelle en primêre sleutels ✓ • In die tblSightings-tabel o Twee vreemde sleutels: RangerID ✓, AnimalID ✓ o Velde vir tblSightings: SightingLocation, SightingDate, SightingTime ✓ o Verwantskappe ▪ 1 tot Baie met AnimalID van tblAnimals na tblSightings ✓ ▪ 1 tot Baie met RangerID van tblRangers na tblSightings ✓ (6) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Inligtingstegnologie/V2 13 DBE/November 2025 NSS – Nasienriglyne 4.2 Onderskei tussen aktualiteit ('currency') en toepaslikheid ('relevance') as eienskappe van data. • Huidigheid verwys na tydlyne (op datum) ✓ • Relevantheid verwys na bruikbaarheid / toepaslikheid (geskik vir toepassings, het 'n spesifieke konteks of doel) ✓ (2) 4.3 4.3.1 Gee TWEE potensiële voordele vir 'n lodge wanneer 'n gaste- lojaliteitskaartprogram geïmplementeer word. Enige TWEE: ✓✓ • Volg die gas se gedrag na/insameling van data • Geteikende bemarking • Toename in die inkomste van die lodge • Versterk gaste-verhoudinge/gaste-verpersoonliking/gas-erkenning • Verbeter die lodge se dienste / Spaar tyd met die besprekingsisteem • Onderskei die lodge van mededingers • Bepaal watter besprekingstye of seisoene meer gewild is (2) 4.3.2 Identifiseer TWEE oopbron-DBBS-sagtewaretoepassings in die lys. • MySQL ✓ • PostgreSQL ✓ (2) 4.4 4.4.1 Definieer die volgende konsepte: (a) Wat is 'n datapakhuis? Enige TWEE: ✓✓ • 'n Sentrale databasis wat • groot versamelings data stoor • van historiese data • vanaf verskeie bronne verkry is. (2) (b) Wat is data-ontginning Enige TWEE: ✓✓ • Vind patrone / neigings • In groot datastelle • Deur algoritmes te gebruik • Om ingeligte besluite te neem (2) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Inligtingstegnologie/V2 14 DBE/November 2025 NSS – Nasienriglyne 4.4.2 Gee EEN voorbeeld van data-ontginning wat met natuurbewaring verband hou. Enige EEN: ✓ • Identifiseer dierespesies wat byna naby aan uitsterf is deur die tendense ('trends') in waarnemings oor tyd te analiseer. • Vind plekke waar sekere diere algemeen waargeneem word (bv. olifante naby riviere tydens droë seisoen). • Voorspel migrasieroetes gebaseer op roete-patrone in die verlede. • Voorspelling van stropery-brandpunte • Beplanning vir voeding tydens probleemseisoene/-tye • Om die invloed van toerisme op diere te beheer indien nodig Aanvaar ook enige ander sinvolle voorbeeld. (1) TOTAAL AFDELING D: 20 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Inligtingstegnologie/V2 15 DBE/November 2025 NSS – Nasienriglyne AFDELING E: OPLOSSINGONTWIKKELLING VRAAG 5 5.1 5.1.1 iResult := CEIL (-2.3) iResult = -2 ✓ (1) 5.1.2 iResult := TRUNC (-2.3) iResult = -2 ✓ (1) 5.2 5.2.1 Reël 7: iAnsw := iNum/5; Verkeerd ✓ Enige EEN verduideliking: ✓ • Die antwoord mag real wees omdat dit 'n reële deling is • Die /-bewerking moet met die DIV-bewerking vervang word (2) 5.2.2 Reël 8: rAnsw := 15 MOD 3; Korrek✓ Die resultaat van die MOD-bewerking kan aan 'n real of integer veranderlike toegeken word ✓ hoewel die resultaat van 'n MOD-bewerking 'n heelgetalwaarde (integer) is (2) 5.2.3 Reël 9: iAnsw := rNum MOD 3; Verkeerd ✓ rNum moet ’n heelgetal-datatipe wees. ✓ Aanvaar ook: Die MOD-operator kan slegs op heelgetalwaardes gebruik word (2) 5.3 5.3.1 (a) Noem EEN ander vorm van verifikasie wat toegepas kan word op die datum van die waarneming wat geselekteer is. Die datum van waarneming wat op die 'DateTimePicker' geselekteer is, moet korrespondeer/ooreenstem met die werklike datum waarop die waarneming gedoen is. ✓ Aanvaar ook: • Toets of die datum wat geselekteer is nie in die toekoms is nie • Toets of die datum wat geselekteer is realisties is • Gebruik die stelseldatum • Visuele kontroles / dubbelinskrywing / kruiskontrole (1) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Inligtingstegnologie/V2 16 DBE/November 2025 NSS – Nasienriglyne (b) Gebruik die voorbeeld van die datum van die waarneming wat geselekteer is om die verskil tussen geldige en korrekte data in hierdie scenario te illustreer. Geldige data: Die gebruik van die 'Date-time-picker' sal verseker dat die formaat/ reeks/ datatipe van die datum korrek is. ✓ Korrekte data: Die datum van waarneming wat op die 'Date-time-picker' geselekteer is, moet korrespondeer/ooreenstem met die werklike datum waarop die waarneming gedoen is. ✓ (2) 5.3.2 Gee die naam van 'n geskikte komponent wat by die koppelvlak gevoeg kan word om seker te maak dat 'n geldige plek deur die gebruiker geselekteer word. Enige EEN: ✓ • Kombinasieblokkie ('Combo box') • Lysblokkie ('List box') • Radiogroep ('Radiogroup') (1) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Inligtingstegnologie/V2 17 DBE/November 2025 NSS – Nasienriglyne 5.3.3 Ontwerp 'n UML-diagram vir 'n Sighting-objek deur die inligting wat op die 'Big 5 - Animal sighting'-koppelvlak voorsien is, te gebruik. TSighting - fAnimal: String - fNumSighted: Integer - fLocationSighted: String - fDateSighted: TDate - fTimeSighted: TTime + Constructor create () + getAnimal: String + getNumSighted: Integer + setNumSighted(numSighted: Integer) Aanvaar ook die volgende toegangsmetodes ('accessor methods'): + getDateSighted: TDate + getTimeSighted: TTime + getLocationSighted: String Aanvaar ook die volgende wysigingsmetodes ('mutator methods'): + setDateSighted(DateSighted: TDate) + setTimeSighted(TimeSighted: TTime) + setAnimal(Animal: String) + setLocationSighted(LocationSighted: String) Toekenning van punte: • UML-diagram met opskrif TSighting ✓ • 5 regte attribute ✓ • Alle datatipes van attributes korrek ✓ • Konstruktor sonder parameters ✓ • Toegangsmetode ('Accessor method') met die regte datatipe ✓ • Wysigingsmetode ('Mutator method') met die regte parameter en datatipe ✓ • Regte aanduiding van privaat (al die attribute) en publiek (al die metodes) ✓ (7) 5.4 5.4.1 Gee EEN rede waarom 'n voorwaardelike lus ('conditional loop') 'n geskikte lus sal wees om die data uit die tekslêer te lees. Enige EEN: ✓ • Om 'n onbekende aantal voëlkykers / reëls in die tekslêer te akkommodeer/ herhaal totdat einde van lêer bereik is (EOF). • Reëls teks kan by die tekslêer gevoeg word of daaruit verwyder word sonder om die kode te verander. (1) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Inligtingstegnologie/V2 18 DBE/November 2025 NSS – Nasienriglyne 5.4.2 Watter prosedure, wat op die AssignFile()-prosedure volg, word gebruik om 'n nuwe tekslêer te skep? Rewrite() ✓ (1) 5.4.3 (a) Gee EEN rede waarom die name van die voëlkykers NIE by die tweedimensionele skikking arr2DSpotted ingesluit moet word NIE. Enige EEN: ✓ • Die datatipe van die name van die voëlkykers is String en die datatipe van die getal spesies wat waargeneem is, is Integer. • Die datatipes van al die data in 'n twee-dimensionele skikking moet dieselfde wees. • Die twee-dimensionele skikking moet as integer verklaar word om toe te laat dat berekeninge gedoen kan word. (1) (b) Skryf 'n algoritme wat gebruik kan word om die hoogste getal voëlspesies wat deur elke voëlkyker oor 'n tydperk van vier dae gesien is, te bepaal, en vul kolom 5 van die tweedimensionele skikking arr2DSpotted met hierdie waardes. Lus Ry van 1 tot iNumBirdWatchers ✓ Hoogste  arr2DSpotted[Ry , 1] ✓ Lus Kolom van 2 tot 4 ✓ As Hoogste < ✓ arr2DSpotted[Ry , Kolom] ✓ Hoogste  arr2DSpotted[Ry , Kolom] ✓ arr2DSpotted[Ry ,5] ✓  Hoogste ✓ (8) TOTAAL AFDELING E: 30 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Inligtingstegnologie/V2 19 DBE/November 2025 NSS – Nasienriglyne AFDELING F: GEÏNTEGREERDE SCENARIO VRAAG 6 6.1 6.1.1 Brei die afkorting IPTV uit. Internet Protokol Televisie ✓ (1) 6.1.2 Noem TWEE uitdagings wat IPTV-verskaffers oor die algemeen ondervind. Enige TWEE: ✓✓ • Benodig vinnige, stabiele internet; verouderde infrastruktuur veroorsaak buffer (‘buffering’), latensie of verlies van pakkie. (Hoë bandwydte- en netwerkbeperkings) • Hoë lisensiekoste, verskillende streekswette en mededinging van onwettige IPTV-dienste. (Lisensie- en regsuitdagings) • Toestelversoenbaarheidsprobleme en moeilik om na baie gebruikers te skaal (‘to scale up’). (Tegniese probleme en versoenbaarheid) • Koste van data, infrastruktuur-opgraderings en beperkte betaalopsies vir kliënte. (Hoë bedryfskoste) • Beskerming van gebruikersdata en voorkoming van aanvalle is 'n voortdurende uitdaging. (Kuberveiligheidsbedreigings) • Sommige streke blokkeer of beperk IPTV-toegang weens wette, sensuur of swak netwerke. (Streekbeperkings) (2) 6.1.3 Verduidelik die verwantskap tussen die gehalte van die video en die afleweringspoed van saamgeperste video-data. Daar is 'n omgekeerde verwantskap tussen kwaliteit en spoed: Enige EEN: ✓✓ • Hoe hoër die gehalte, hoe laer is die afleweringspoed. • Hoe laer die gehalte, hoe hoër is die afleweringspoed. (2) 6.2 6.2.1 Verduidelik wat sosiale manipulasie ('social engineering') is. Die proses om ’n persoon te manipuleer/mislei ✓ om hul persoonlike besonderhede te verskaf . ✓ (2) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Inligtingstegnologie/V2 20 DBE/November 2025 NSS – Nasienriglyne 6.2.2 Noem TWEE maniere waarop gebruikers strikroof-('phishing')-e- posse kan identifiseer. Enige TWEE: ✓✓ • On-offisiële of ongewone e-posdomeine. (Verdagte senderadres) • “Dear Customer/Client/Sir/Madam” in plaas van jou naam. (Algemene groete) • Druk om onmiddellik op te tree of dreigemente dat rekeninge “gesluit” word. (Dringende of bedreigende taal) • Onverwagte lêers of skakels wat vreemd lyk wanneer jy daaroor beweeg. (Verdagte skakels of aanhegsels) • Onprofessionele of foutiewe formulering. (Swak spelling of grammatika) • Pryse, kompetisies of wat gewen is as jy nie daarvoor ingeskryf het nie. (Te-goed-om-waar-te-wees-aanbiedinge) • Versoek om wagwoorde of vertroulike besonderhede te verskaf. (Versoek persoonlike inligting) Aanvaar ook enige voorbeeld wat verband hou met die bogenoemde konsepte. (2) 6.2.3 Verduidelik die taak van 'n digitale forensiese ondersoeker. 'n Digitale forensiese ondersoeker analiseer/ identifiseer digitale bewyse ✓ van rekenaars, netwerke, en ander toestelle om feite omtrent kubermisdaad / skending van data/ en ander digitale insidente bloot te lê. ✓ (2) 6.3 6.3.1 Beskryf hoe 'n sekuriteitsbewys ('security token') werk. • Na die suksesvolle geldigheidsvasstelling van 'n gebruiker/klant, word 'n sekuriteitsbewys toegestaan en aan die gebruiker/klant gestuur ✓ • Die gebruiker stoor die bewys en gebruik dit vir elke versoek wat daarop volg ✓ • Die bediener verklaar die bewys geldig deur die vervaldatum of 'n handtekening te kontroleer ✓ Enige DRIE konsepte: • Suksesvolle verifikasie van die gebruiker. • Bewys (‘Token’) word gegenereer en na die gebruiker gestuur. • Bewys (‘Token’) word vir daaropvolgende versoeke gebruik/gestoor. • Bediener valideer die bewys (‘token’). (3) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Inligtingstegnologie/V2 21 DBE/November 2025 NSS – Nasienriglyne 6.3.2 Verduidelik hoe die gebruik van BSL ('SSL') die veiligheid van die webtuiste sal verbeter. Enige TWEE: ✓✓ • Voorsien geënkripteerde dataoordrag • tussen die webtuiste en die gas • om ongemagtigde toegang te voorkom (2) 6.4 6.4.1 Stel TWEE tegnieke voor wat gebruik kan word om soekenjin- optimalisering te verhoog om die sigbaarheid van die webtuiste te verbeter. Enige TWEE: ✓✓ • Gebruik relevante sleutelwoorde • Hoë-kwaliteit inhoud • Webbladoptimalisering ('metatags', 'headers', 'image texts') • ’n Veilige webwerf (HTTPS) verbeter vertroue en rangorde in soekenjins. • Mobiel-vriendelik • Tyd om bladsy te laai (gebruik 'caching'-tegnieke, saampersing ('compression'), ens.) • Integrering van sosiale media • Gereelde opdaterings Moenie aanvaar: Om ’n soekenjin te betaal of om vir bemarking te betaal nie, aangesien dit nie deel van SEO is nie. (2) 6.4.2 Is die URL hieronder 'n voorbeeld van Web 1.0 of Web 3.0? Web 3.0 ✓ (1) 6.4.3 Bespreek hoe 'n semantiese soektog die akkuraatheid van soekresultate kan verbeter. Enige TWEE: ✓✓ • Semantiese soektog fokus op betekenis. • Geen klem op sleutelwoorde nie. • Gebruik metadata (data wat die eienskappe van ander data definieer en beskryf). • Gebruik Natuurlike Taalverwerking (NLP). (2) 6.4.4 Verduidelik kortliks wat die kenmerk van 'n bemiddelde ('mediated') soektogmetode is. Enige metode wat die behoefte van menslike/stelsel betrokkenheid aanspreek ✓ om resultate te verfyn of te filtreer (uit te soek). (1) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Inligtingstegnologie/V2 22 DBE/November 2025 NSS – Nasienriglyne 6.5 Identifiseer die tipe tegnologie wat deur hierdie toep gebruik word. Vergrote realiteit ('Augmented reality') / AR✓ (1) 6.6 6.6.1 Onderskei tussen 'n passiewe en 'n aktiewe RFID-etiket deur na die kragbron van elk van hierdie tipes etikette te verwys. 'n Aktiewe etiket het ✓ 'n battery/kragbron 'n Passiewe etiket kry krag van die leser se antenna ✓ (2) 6.6.2 Verduidelik hoe RFID werk en hoe bewaarders in staat was om die vergiftigde voëls betyds op te spoor. RFID gebruik radiogolwe ✓ om ’n unieke identifiseerder/etiket ✓ te lees om die baken/ligging van die voël presies te bepaal. ✓deur GPS-vermoëns te gebruik (3) 6.7 Motiveer hierdie voorstel deur TWEE redes te gee waarom verspreide rekenaarverwerking navorsingsprojekte by die sentrum sal bevoordeel. Enige TWEE: ✓✓ • Navorsers deel verwerkingkrag en berging wat hulle as individue nie sou hê nie. (Gedeelde hulpbronne) • Take word parallel op verskeie toestelle verwerk, wat berekeninge versnel. (Vinniger verwerking) • Meer toestelle kan maklik bygevoeg word namate navorsingsbehoeftes groei. (Skaalbaarheid) • As een toestel faal, gaan ander steeds voort om te werk. (Hoë betroubaarheid) • Laer stelselvereistes (laer koste) in plaas van duur hoë-end stelsels wat gebruik word. (Kostedoeltreffend) • Navorsers kan toegang to gedeelde data en hulpbronne vanaf verskillende liggings kry. (Geografiese toegang) (2) TOTAAL AFDELING F: 30 GRAND TOTAAL: 150 Kopiereg voorbehou

Study this subject

More from Grade 12 Information Technology

View all