Skip to content

Life Sciences Grade 12 P1 NSC November 2025 QP (Afr)

Question paperLife SciencesGrade 12202516 pages

Grade 12 Life Sciences Paper 1 question paper from the NSC November Exam 2025 (Afrikaans), 16 pages. Read online or download the free PDF.

Free to read online, no sign-up needed

Loading document…

Loading document…

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Vertroulik GRAAD 12 NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 LEWENSWETENSKAPPE V1 NOVEMBER 2025 PUNTE: 150 TYD: 2½ uur Hierdie vraestel bestaan uit 16 bladsye. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Lewenswetenskappe/V1 2 DBE/November 2025 NSS Vertroulik INSTRUKSIES EN INLIGTING Lees die volgende instruksies aandagtig deur voordat jy die vrae beantwoord. 1. Beantwoord AL die vrae. 2. Skryf AL die antwoorde in die ANTWOORDEBOEK. 3. Begin die antwoorde op ELKE vraag boaan ʹn NUWE bladsy. 4. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie vraestel gebruik is. 5. Bied jou antwoorde volgens die instruksies van elke vraag aan. 6. Maak ALLE sketse met potlood en skryf die byskrifte met blou of swart ink. 7. Teken diagramme, tabelle of vloeidiagramme slegs wanneer dit gevra word. 8. Die diagramme in hierdie vraestel is NIE noodwendig volgens skaal geteken NIE. 9. MOENIE grafiekpapier gebruik NIE. 10. Jy moet ʹn nieprogrammeerbare sakrekenaar, gradeboog en passer gebruik, waar nodig. 11. Skryf netjies en leesbaar. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Lewenswetenskappe/V1 3 DBE/November 2025 NSS Vertroulik AFDELING A 2025 VRAAG 1 1.1 Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee. Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A tot D) langs die vraagnommers (1.1.1 tot 1.1.10) in die ANTWOORDEBOEK neer, bv. 1.1.11 D. 1.1.1 Die hormoon wat die liggaam vir ʹn noodtoestand voorberei, is … A aldosteroon. B progesteroon. C adrenalien. D prolaktien. 1.1.2 Watter EEN van die volgende is funksies van die plasenta? A Ekskresie en voeding B Gaswisseling en beskerming teen meganiese besering C Voeding en temperatuurregulering D Temperatuurregulering en ekskresie 1.1.3 Die tabel hieronder toon die reaksietyd van vier leerders op ʹn stimulus. NAAM VAN REAKSIETYD LEERDER (SEKONDES) Temisha 0,7 Luke 0,6 Anika 0,8 Jordy 0,4 Watter EEN van die volgende leerders toon die vinnigste reaksie op die stimulus? A Temisha B Luke C Anika D Jordy 1.1.4 ʹn Hoë vlak van tiroksien in die bloed sal die volgende stimuleer: A Die pituïtêre klier om minder TSH af te skei B Die tiroïedklier om meer TSH af te skei C Die pituïtêre klier om meer TSH af te skei D Die tiroïedklier om meer tiroksien af te skei Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Lewenswetenskappe/V1 4 DBE/November 2025 NSS Vertroulik VRAAG 1.1.5 EN 1.1.6 IS GEBASEER OP DIE DIAGRAM VAN DIE VROULIKE VOORTPLANTINGSTELSEL. P S Q R 1.1.5 Watter EEN van die volgende kombinasies is KORREK vir ʹn normale swangerskap? PLEK VAN PLEK VAN BEVRUGTING INPLANTING A P S B S Q C P Q D R P 1.1.6 In watter deel ontwikkel die sigoot in ʹn morula? A S B Q C R D P 1.1.7 Die volgende is ʹn lys van dele van die manlike voortplantingstelsel: (i) Prostaatklier (ii) Semenvesikel (iii) Uretra (iv) Cowper se klier Watter EEN van die volgende kombinasies is verantwoordelik vir die vorming van semen? A Slegs (i) en (ii) B Slegs (i), (ii) en (iv) C Slegs (ii) en (iii) D Slegs (i) en (iv) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Lewenswetenskappe/V1 5 DBE/November 2025 NSS Vertroulik 1.1.8 Die diagram hieronder verteenwoordig ʹn menslike sperm. Hierdie sperm is NIE struktureel geskik vir bevrugting NIE as gevolg van die … A afwesigheid van ʹn nukleus (selkern) om genetiese materiaal te voorsien. B afwesigheid van ʹn akrosoom om beweeglikheid te verbeter. C teenwoordigheid van ʹn lang stert vir die beweging van die sperm. D afwesigheid van mitochondria om energie te verskaf. 1.1.9 Die volgende is ʹn lys van groeireaksies by plante: (i) Plante groei reguit opwaarts (ii) Geen opwaartse groei nie (iii) Verhoogde aantal sytakke (iv) Stingels buig na eensydige lig toe Watter EEN van die volgende kombinasies beskryf die groeireaksies wat plaasvind wanneer die eindknoppe van plante verwyder word? A Slegs (i), (ii) en (iii) B Slegs (ii) en (iii) C Slegs (i) en (iv) D (i), (ii), (iii) en (iv) 1.1.10 Watter EEN van die volgende is KORREK vir ʹn persoon wat op ʹn warm dag oefen sonder om enige vloeistowwe in te neem? A Verhoogde ADH-sekresie (afskeiding) en verhoogde deurlaatbaarheid van nierbuisies B Verhoogde ADH-sekresie en die produksie van verdunde urine C Verlaagde ADH-sekresie en verhoogde deurlaatbaarheid van nierbuisies D Verlaagde ADH-sekresie en die produksie van gekonsentreerde urine (10 x 2) (20) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Lewenswetenskappe/V1 6 DBE/November 2025 NSS Vertroulik 1.2 Gee die korrekte biologiese term vir elk van die volgende beskrywings. Skryf slegs die term langs die vraagnommers (1.2.1 tot 1.2.8) in die ANTWOORDEBOEK neer. 1.2.1 Die ovariale hormoon wat deur die corpus luteum gesekreteer (afgeskei) word 1.2.2 Die oogdefek wat deur ʹn dowwe lens gekenmerk word 1.2.3 Die produksie van ovums deur meiose 1.2.4 Die deel van die retina wat geen stafies en keëltjies bevat nie 1.2.5 Die vrystelling van ʹn ovum deur die ovarium 1.2.6 Die ekstraëmbrioniese membraan wat ʹn rol in die vorming van die plasenta speel 1.2.7 ʹn Planthormoon wat vir die dormansie (rustoestand) van sade verantwoordelik is 1.2.8 Die instandhouding van ʹn konstante interne omgewing binne klein grense (8 x 1) (8) 1.3 Dui aan of elk van die beskrywings in KOLOM I van toepassing is op SLEGS A, SLEGS B, BEIDE A EN B of GEENEEN van die items in KOLOM II nie. Skryf slegs A, slegs B, beide A en B of geeneen langs die vraagnommers (1.3.1 tot 1.3.3) in die ANTWOORDEBOEK neer. KOLOM I KOLOM II 1.3.1 Die hormoon wat gedurende puberteit vir A: Estrogeen die ontwikkeling van sekondêre B: Testosteroon geslagskenmerke verantwoordelik is 1.3.2 Speel ʹn rol by die pupilmeganisme A: Siliêre spiere B: Radiale spiere 1.3.3 ʹn Plantverdedigingsmeganisme A: Dorings B: Chemikalieë (3 x 2) (6) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Lewenswetenskappe/V1 7 DBE/November 2025 NSS Vertroulik 1.4 Die diagramme hieronder verteenwoordig verskillende plantreaksies wat deur hormone veroorsaak word. X Y DIAGRAM A DIAGRAM B DIAGRAM C 1.4.1 Gee die LETTER(S) van die diagram(me) wat ʹn reaksie verteenwoordig as gevolg van: (a) Absissiensuur (1) (b) Ouksiene (2) (c) Gibberelliene (1) 1.4.2 Identifiseer die groeireaksie wat getoon word: (a) Deur die wortels in diagram A (1) (b) In diagram B (1) 1.4.3 Gebruik X en Y in diagram B en noem watter kant van die stingel het die hoogste: (a) Konsentrasie ouksiene (1) (b) Tempo van seldeling (1) (8) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Lewenswetenskappe/V1 8 DBE/November 2025 NSS Vertroulik 1.5 Die diagram hieronder toon die struktuur van ʹn neuron. C E B D A F Rigting van impuls 1.5.1 Noem die tipe neuron wat deur die diagram verteenwoordig word. (1) 1.5.2 Identifiseer deel: (a) B (1) (b) D (1) (c) E (1) 1.5.3 Gee die LETTER van die deel wat: (a) Die genetiese materiaal van die neuron bevat (1) (b) Die neuron isoleer (1) (c) Sinaptiese kontak met ʹn interneuron maak (1) 1.5.4 Noem die afwyking wat met die degenerasie van deel F geassosieer word. (1) (8) TOTAAL AFDELING A: 50 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Lewenswetenskappe/V1 9 DBE/November 2025 NSS Vertroulik AFDELING B VRAAG 2 2.1 Die dooier is die hoofbron van energie vir die ontwikkelende embrio by voëleiers. Die tabel hieronder verskaf inligting oor die eiers van sommige tipes voëls. GEMIDDELDE % TIPE VOËL DOOIER IN DIE EIER Gans 35,1 Arend 12,0 Eend 35,4 Aasvoël 14,0 Hoender 31,9 Duif 17,9 2.1.1 Verduidelik waarom ons kan aflei dat eende prekosiale ontwikkeling vertoon. (3) 2.1.2 Noem die DRIE tipes voëls wat ʹn hoër mate van ouersorg sal hê. (3) 2.1.3 Gee ʹn rede vir jou antwoord op VRAAG 2.1.2. (2) (8) 2.2 Die diagram hieronder toon ʹn gedeelte van die manlike voortplantingstelsel. A B C Skrotum 2.2.1 Gee die LETTER en die NAAM van die: (a) Klier wat testosteroon afskei (2) (b) Deel wat sperm tot rypwording stoor (2) 2.2.2 Verduidelik die rol van die skrotum tydens spermproduksie. (2) 2.2.3 Noem en beskryf die proses van spermproduksie. (5) (11) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Lewenswetenskappe/V1 10 DBE/November 2025 NSS Vertroulik 2.3 Die dikte van die endometrium varieer regdeur die menstruele siklus van ʹn vrou. Die tabel hieronder toon die resultate wat aangeteken is vir ʹn vrou wat die dikte van haar endometrium vir ʹn bepaalde menstruele siklus laat monitor het. DAG VAN DIE DIKTE VAN DIE MENSTRUELE SIKLUS ENDOMETRIUM (mm) 0 14 7 3 14 5 21 13 28 16 2.3.1 Deur te verwys na hormone van die ovarium, verduidelik die: (a) Afname in dikte van die endometrium van dag 0 tot dag 7 (3) (b) Toename in dikte van die endometrium van dag 7 tot dag 14 (2) 2.3.2 Beskryf veranderinge in die endometrium wat veroorsaak dat dit dikker word. (2) 2.3.3 Noem die belangrikheid van die verandering in die dikte van die endometrium, soos beskryf in VRAAG 2.3.2. (1) 2.3.4 Teken ʹn staafgrafiek om die resultate in die tabel te toon. (6) (14) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Lewenswetenskappe/V1 11 DBE/November 2025 NSS Vertroulik 2.4 Die diagramme hieronder verteenwoordig die verskille in die deursnee van ʹn arteriool (klein arterie) naby aan die oppervlak van die vel. Hierdie verskille is as gevolg van veranderinge wat tydens termoregulering onder verskillende omgewingstoestande plaasvind. Diagram Y toon die arteriool tydens normale toestande. X Y Z (Normale toestande) 2.4.1 Noem die deel van die brein wat termoregulering beheer. (1) 2.4.2 Gee die LETTER van die diagram wat die arteriool op ʹn koue dag verteenwoordig. (1) 2.4.3 Verduidelik die belangrikheid van die verandering in die deursnee van die arteriool, vanaf normale toestande tot die toestand in diagram Z. (4) (6) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Lewenswetenskappe/V1 12 DBE/November 2025 NSS Vertroulik 2.5 Idiopatiese Kort Statuur (IKS) beskryf ʹn toestand waar kinders ʹn normale lengte by geboorte het, maar stadig groei en nie die verwagte lengte vir hulle ouderdomsgroep bereik nie. Hierdie toestand is NIE as gevolg van wanvoeding of verskillende leefstyle NIE. Wetenskaplikes het die invloed van bygevoegde groeihormoon op die lengte van kinders met IKS ondersoek. Die prosedure was soos volg: • Toestemming is verkry van die ouers van ʹn groep tweejarige seuns met IKS. • Die seuns is in twee groepe ingedeel. • Die deelnemers in Groep A het menslike groeihormoon teen ʹn daaglikse dosis van 0,028 mg per kg liggaamsmassa ontvang. • Die deelnemers in Groep B het nie die hormoonbehandeling ontvang nie. • Die lengte van die deelnemers is gemeet en maandeliks aangeteken totdat elke deelnemer die ouderdom van 18 jaar bereik het. Teen die ouderdom van 18 jaar was die gemiddelde lengte in Groep A 8 cm meer as in Groep B. 2.5.1 Noem die afhanklike veranderlike vir hierdie ondersoek. (1) 2.5.2 Maak 'n lys van DRIE veranderlikes wat konstant gehou is en tot die geldigheid van die ondersoek bygedra het. (3) 2.5.3 Verduidelik die doel van Groep B in hierdie ondersoek. (2) 2.5.4 Bereken die daaglikse hoeveelheid bygevoegde menslike groeihormoon wat aan ʹn seun met ʹn massa van 25 kg gegee is. Toon AL jou berekeninge, ASOOK die korrekte eenheid. (3) 2.5.5 Gee ʹn gevolgtrekking vir hierdie ondersoek. (2) (11) [50] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Lewenswetenskappe/V1 13 DBE/November 2025 NSS Vertroulik VRAAG 3 3.1 Die diagramme hieronder verteenwoordig die struktuur van ʹn normale oog en dié van ʹn oog met astigmatisme. A B C Normale oog Oog met astigmatisme 3.1.1 Identifiseer: (a) Vloeistof A (1) (b) Deel B (1) (c) Deel C (1) 3.1.2 Beskryf die voorkoms van die kornea van ʹn oog met astigmatisme. (1) 3.1.3 Verduidelik hoe astigmatisme visie beïnvloed. (3) 3.1.4 Gee EEN behandeling vir astigmatisme. (1) (8) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Lewenswetenskappe/V1 14 DBE/November 2025 NSS Vertroulik 3.2 Die diagramme hieronder toon dele van die menslike senuweestelsel. A B D C Rugmurg E 3.2.1 Noem die vertakking (afdeling) van die senuweestelsel wat verteenwoordig word deur die dele wat getoon word. (1) 3.2.2 Gee die LETTER en NAAM van die deel wat verantwoordelik is vir: (a) Balans en koördinasie (2) (b) Beheer van asemhaling (2) (c) Beheer van skeletspiere (2) 3.2.3 Beskryf die pad van ʹn impuls vanaf deel D deur die rugmurg tot by deel E, om ʹn refleksaksie teweeg te bring. (6) (13) 3.3 Beskryf hoe die menslike oog vir ver visie AKKOMMODEER. (5) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Lewenswetenskappe/V1 15 DBE/November 2025 NSS Vertroulik 3.4 Die diagram hieronder toon die struktuur van die menslike oor. B A Gehoorgang C E D 3.4.1 Identifiseer deel: (a) A (1) (b) B (1) 3.4.2 Gee die LETTERS van TWEE dele wat normaalweg met vloeistof gevul is. (2) 3.4.3 Beskryf hoe balans herstel word wanneer daar ʹn verandering in die spoed en rigting van die beweging van die kop is. (5) 3.4.4 Wanneer ʹn persoon oor ʹn lang tydperk aan harde geraas blootgestel word, kan dit tot geraas-geïnduseerde gehoorverlies (GGGV) lei, wat deur skade aan die haarselle in die orgaan van Corti veroorsaak word. Hierdie selle word nie herstel wanneer hulle beskadig is nie. Skade aan die haarselle kan voorkom word deur oorpluisies in die gehoorgang te plaas. Verduidelik hoe: (a) Skade aan die haarselle in die orgaan van Corti tot gehoorverlies kan lei (2) (b) Oorpluisies skade aan die haarselle in die orgaan van Corti kan voorkom (3) (14) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Lewenswetenskappe/V1 16 DBE/November 2025 NSS Vertroulik 3.5 Die grafiek hieronder toon die insulienvlakke van drie mense oor ʹn 23-uur- tydperk, wat soos volg behandel is: Persoon A: ʹn Gesonde persoon wat geen behandeling ontvang het nie Persoon B: ʹn Persoon met diabetes mellitus wat ʹn vinnigwerkende insulieninspuiting voor elke maaltyd ontvang het Persoon C: 'n Persoon met diabetes mellitus wat teen 23:00 daagliks 'n inspuiting, wat langwerkende insulien bevat, ontvang het Al drie persone het dieselfde maaltye op dieselfde tyd van die dag ontvang. Insulienkonsentrasie van die bloed oor ʹn 23-uur-tydperk Insulienkonsentrasie Persoon A Persoon B (Internasionale eenhede) Persoon C 4:00 5:00 6:00 7:00 8:00 9:00 10:00 11:00 12:00 13:00 14:00 15:00 16:00 17:00 18:00 19:00 20:00 21:00 22:00 23:00 0:00 1:00 2:00 3:00 Tyd van die dag 3.5.1 Noem die orgaan wat insulien sekreteer (afskei). (1) 3.5.2 Noem die getal maaltye wat in die 23-uur-tydperk geëet is. (1) 3.5.3 Tabuleer TWEE verskille tussen langwerkende insulien- behandeling en vinnigwerkende insulienbehandeling oor die tydperk van 23 uur. (5) 3.5.4 Noem die tipe insulienbehandeling wat soortgelyk aan die insulienafskeiding by ʹn gesonde persoon is. (1) 3.5.5 Verduidelik waarom persoon B ʹn tekort aan energie kan ervaar ná ʹn vinnigwerkende insulieninspuiting ontvang is, indien GEEN maaltyd geëet word NIE. (2) (10) [50] TOTAAL AFDELING B: 100 GROOTTOTAAL: 150 Kopiereg voorbehou

Study this subject

More from Grade 12 Life Sciences

View all