Vertroulik
GRAAD 12
NASIONALE
SENIOR SERTIFIKAAT
GRAAD 12
LEWENSWETENSKAPPE V2
NOVEMBER 2025
PUNTE: 150
TYD: 2½ uur
Hierdie vraestel bestaan uit 17 bladsye.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Skip to contentAll 2025 papers 





View all





Life Sciences Grade 12 P2 NSC November 2025 QP (Afr)
Grade 12 Life Sciences Paper 2 question paper from the NSC November Exam 2025 (Afrikaans), 17 pages. Read online or download the free PDF.
Life Sciences · Grade 12 · NSC November Exam · 2025. Question paper, 17 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Life Sciences
- Grade
- Grade 12
- Document type
- Question paper
- Year
- 2025
- Exam period
- NSC November Exam
- Paper
- 2
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 17
- File size
- 1.1 MB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 17
This exam
NSC November Exam 2025
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Lewenswetenskappe/V2 2 DBE/November 2025
NSS Vertroulik
INSTRUKSIES EN INLIGTING
Lees die volgende instruksies aandagtig deur voordat jy die vrae beantwoord.
1. Beantwoord AL die vrae.
2. Skryf AL die antwoorde in die ANTWOORDEBOEK.
3. Begin die antwoorde op ELKE vraag boaan 'n NUWE bladsy.
4. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
vraestel gebruik is.
5. Bied jou antwoorde volgens die instruksies van elke vraag aan.
6. Maak ALLE sketse met potlood en skryf die byskrifte met blou of swart ink.
7. Teken diagramme, tabelle of vloeidiagramme slegs wanneer dit gevra word.
8. Die diagramme in hierdie vraestel is NIE noodwendig volgens skaal geteken
NIE.
9. MOENIE grafiekpapier gebruik NIE.
10. Jy moet 'n nieprogrammeerbare sakrekenaar, gradeboog en passer gebruik,
waar nodig.
11. Skryf netjies en leesbaar.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Lewenswetenskappe/V2 3 DBE/November 2025
NSS Vertroulik
AFDELING A 2025
VRAAG 1
1.1 Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee.
Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommers
(1.1.1 tot 1.1.10) in die ANTWOORDEBOEK neer, bv. 1.1.11 D.
1.1.1 'n Geen is …
A die volledige stel chromosome van 'n organisme.
B 'n gedeelte op 'n chromosoom, wat vir 'n eienskap kodeer.
C die haploïede getal chromosome in 'n sel.
D 'n basisdrietal wat vir 'n aminosuur kodeer.
1.1.2 Die belangrikheid van DNS/DNA-replisering is dat die selle wat aan
die einde van mitose gevorm het, …
A geneties identies sal wees.
B die helfte van die chromosoomgetal sal bevat.
C geneties verskillend sal wees.
D dubbel die getal chromosome sal hê.
1.1.3 Watter EEN van die volgende stellings is 'n kenmerk van gepunte
ewewig?
A Individuele organismes pas by veranderinge in die omgewing
aan.
B Die oorerwing van verworwe eienskappe
C Daar is lang periodes van min of geen veranderinge in 'n
bevolking.
D Hoe meer 'n struktuur gebruik word, hoe meer ontwikkel dit.
1.1.4 Hemofilie word …
A gekenmerk deur die onvermoë om tussen rooi en groen te
onderskei.
B deur 'n mutasie van 'n alleel op die X-chromosoom veroorsaak.
C deur nie-verdeling van chromosome tydens meiose
veroorsaak.
D deur 'n alleel wat op 'n outosoom gedra word, veroorsaak.
1.1.5 Watter EEN van die volgende is 'n voorbeeld van 'n heterosigotiese
genotipe?
A XrXr
B BB
C RW
D aa
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Lewenswetenskappe/V2 4 DBE/November 2025
NSS Vertroulik
VRAAG 1.1.6 EN 1.1.7 VERWYS NA DIE DIAGRAM HIERONDER WAT
DNS/DNA-REPLISERING VOORSTEL.
1
5
G
A
T
T
1.1.6 Watter EEN van die volgende kombinasies identifiseer molekuul 1,
4 en 5 KORREK?
Molekuul 1 Molekuul 4 Molekuul 5
A Nukleotied Deoksiribose Fosfaat
B Stikstofbasis Fosfaat Deoksiribose
C Nukleotied Fosfaat Deoksiribose
D Stikstofbasis Deoksiribose Fosfaat
1.1.7 Watter EEN van die volgende kombinasies is KORREK vir
molekuul 2 en 3?
Molekuul 2 Molekuul 3
A T A
B A A
C T G
D A C
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Lewenswetenskappe/V2 5 DBE/November 2025
NSS Vertroulik
VRAAG 1.1.8 EN 1.1.9 VERWYS NA DIE INLIGTING IN DIE
DIHIBRIEDKRUISING HIERONDER.
By 'n sekere plantspesie beheer een geen stingelkleur en 'n ander een beheer
planthoogte. Die kleur van die stingel kan bruin (B) of rooi (b) wees, terwyl die
planthoogte lank (T) of kort (t) kan wees.
STINGELKLEUR PLANTHOOGTE
Plant 1 Bruin Kort
Plant 2 Rooi Lank
Toe plant 1 met plant 2 gekruis is, was sommige van hulle nakomelinge rooi
en kort.
1.1.8 Watter EEN van die volgende verteenwoordig die genotipes van
plant 1 en plant 2?
PLANT 1 PLANT 2
A bbtt BbTt
B Bbtt bbTt
C BbTt bbtt
D bbTt Bbtt
1.1.9 Die getal moontlike verskillende genotipes wat by die nageslag van
hierdie kruising verwag kan word, is …
A 4.
B 8.
C 9.
D 16.
1.1.10 'n Rare vorm van ragitis word deur 'n dominante alleel op die
X-chromosoom veroorsaak.
Watter EEN van die volgende stellings oor die oorerwing van hierdie
vorm van ragitis is WAAR?
A Indien die pa geaffekteer word, sal al sy seuns geaffekteer
word.
B Dit sal meer dikwels by mans as by vroue voorkom omdat mans
net een X-chromosoom het.
C Indien die pa geaffekteer word, sal al sy dogters geaffekteer
word.
D Dit sal slegs by vroue voorkom omdat hulle twee
X-chromosome het. (10 x 2) (20)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Lewenswetenskappe/V2 6 DBE/November 2025
NSS Vertroulik
1.2 Gee die korrekte biologiese term vir ELK van die volgende beskrywings.
Skryf slegs die term langs die vraagnommers (1.2.1 tot 1.2.9) in die
ANTWOORDEBOEK neer.
1.2.1 Die binding wat tydens proteïensintese tussen twee aminosure
gevorm word
1.2.2 'n Organel wat DNS/DNA bevat wat in die nasporing van vroue se
afstamming/herkoms gebruik word
1.2.3 Ongedifferensieerde selle by diere wat die potensiaal het om enige
tipe weefsel te word
1.2.4 'n Verandering in die volgorde van stikstofbasisse wat die vorming
van 'n verskillende/ander proteïen tot gevolg het
1.2.5 Die natuurlike vorm van 'n DNS/DNA-molekuul
1.2.6 Die permanente verdwyning van 'n spesie van die Aarde af
1.2.7 'n Tipe variasie met 'n verskeidenheid/reeks intermediêre fenotipes
1.2.8 'n Alleel wat in 'n fenotipe in die heterosigotiese toestand uitgedruk
word
1.2.9 Die posisie van 'n alleel op 'n chromosoom (9 x 1) (9)
1.3 Dui aan of elk van die beskrywings in KOLOM I van toepassing is op
SLEGS A, SLEGS B, BEIDE A EN B of GEENEEN van die items in KOLOM II
nie. Skryf slegs A, slegs B, beide A en B of geeneen langs die vraagnommers
(1.3.1 tot 1.3.3) in die ANTWOORDEBOEK neer.
KOLOM I KOLOM II
1.3.1 Die fase van meiose A: Anafase I
waartydens nie-verdeling kan B: Anafase II
plaasvind
1.3.2 'n Voorstelling van die getal, A: Filogenetiese boom
vorm en rangskikking van al die B: Kariotipe
chromosome in die selkern
1.3.3 Tydens meiose verdeel die A: Wet van onafhanklike
allele van 'n geen in sortering
verskillende gamete B: Wet van segregasie
(3 x 2) (6)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Lewenswetenskappe/V2 7 DBE/November 2025
NSS Vertroulik
1.4 Die diagramme hieronder verteenwoordig selle van dieselfde organisme tydens
verskillende fases van mitose en meiose.
V W X
A
B
C
Y Z
1.4.1 Identifiseer deel:
(a) A (1)
(b) B (1)
(c) C (1)
1.4.2 Watter diagram (V, W, X, Y of Z) verteenwoordig 'n sel tydens:
(a) Profase van mitose (1)
(b) Metafase I (1)
(c) Profase I (1)
1.4.3 Hoeveel chromosome sal daar in elke sel wees aan die einde van:
(a) Mitose (1)
(b) Meiose I (1)
(8)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Lewenswetenskappe/V2 8 DBE/November 2025
NSS Vertroulik
1.5 Die diagram hieronder verteenwoordig 'n stadium van proteïensintese. Elke
aminosuur (P, Q, R en S) word deur 'n verskillende kodon op hierdie
bRNS/mRNA-molekuul gekodeer.
1
2 3 4 5
U A C G C A C G A
Z
1.5.1 Identifiseer:
(a) Die fase van proteïensintese wat verteenwoordig word (1)
(b) Molekuul 1 (1)
(c) Organel Z (1)
1.5.2 Noem die volgorde van stikstofbasisse op die DNS/DNA-molekuul
vir kodon:
(a) 3 (1)
(b) 4 (2)
1.5.3 Vir watter aminosuur (P, Q, R of S) kodeer kodon 5? (1)
(7)
TOTAAL AFDELING A: 50
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Lewenswetenskappe/V2 9 DBE/November 2025
NSS Vertroulik
AFDELING B
VRAAG 2
2.1 Die diagram hieronder verteenwoordig die geslagschromosome van 'n vrou.
X X
A
P
2.1.1 Identifiseer struktuur A. (1)
2.1.2 Gee die biologiese term vir die geslagschromosome. (1)
2.1.3 Beskryf hoe hierdie chromosome in die somatiese selle van 'n man
sal verskil. (1)
2.1.4 Uitruil van genetiese materiaal vind by area P plaas.
(a) Noem die proses hierbo. (1)
(b) Identifiseer die fase waartydens die proses genoem in
VRAAG 2.1.4(a) plaasvind. (1)
(c) Gee EEN rede waarom die proses genoem in
VRAAG 2.1.4(a) belangrik is. (1)
2.1.5 Verduidelik hoe die struktuur van die chromosome aan die einde
van meiose II sal verskil. (2)
2.1.6 Nie-verdeling van hierdie chromosome het tydens meiose
plaasgevind en 'n gameet met 'n ekstra chromosoom is gevorm.
Indien hierdie gameet deur normale gamete bevrug word, sal die
gevolglike sigote nie normaal wees nie.
Verduidelik die genetiese samestelling van hierdie sigote. (3)
(11)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Lewenswetenskappe/V2 10 DBE/November 2025
NSS Vertroulik
2.2 Die diagram hieronder toon die DNS/DNA-analise van 'n monster wat op 'n
misdaadtoneel gekry is, 'n monster van die slagoffer en monsters van twee
verdagtes. Die polisie het gedurende hulle ondersoek die DNS/DNA vergelyk
om die misdadiger te identifiseer.
Monster van
misdaadtoneel
Monster van
die slagoffer
Monster van
verdagte 1
Monster van
verdagte 2
2.2.1 Noem die tegniek wat in hierdie kriminele ondersoek gebruik is. (1)
2.2.2 Watter EEN van die verdagtes (1 of 2) was op die misdaadtoneel? (1)
2.2.3 Gee EEN waarneembare rede vir jou antwoord op VRAAG 2.2.2. (1)
2.2.4 Gee TWEE moontlike redes waarom die verdagte wat in
VRAAG 2.2.2 geïdentifiseer is, moontlik NIE skuldig bevind sal word
as slegs hierdie bewyse gebruik sou word NIE. (2)
2.2.5 Verduidelik hoe die tegniek genoem in VRAAG 2.2.1 vir
vaderskaptoetse gebruik word. (4)
(9)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Lewenswetenskappe/V2 11 DBE/November 2025
NSS Vertroulik
2.3 CADASIL is 'n outosomale genetiese siekte wat deur 'n dominante alleel (D)
veroorsaak word. Dit het die verdikking van die wande van bloedvate tot gevolg.
Die diagram hieronder toon die oorerwing van CADASIL in 'n familie.
1 2 3 4
5 6 7 8
SLEUTEL:
Vrou met CADASIL
Man met CADASIL
Vrou sonder CADASIL 9 10 11
Man sonder CADASIL
2.3.1 Noem die soort diagram wat hierbo voorgestel word. (1)
2.3.2 Hoeveel nakomelinge het ouers 3 en 4? (1)
2.3.3 Gee die:
(a) Fenotipe van individu 10 (1)
(b) Genotipe van individu 5 (1)
2.3.4 Gebruik bewyse in die diagram en verduidelik waarom individue 1
en 2 beide heterosigoties is. (4)
2.3.5 Wat is die persentasie kans dat ouers 7 en 8 nog 'n kind met
CADASIL sal hê? (1)
(9)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Lewenswetenskappe/V2 12 DBE/November 2025
NSS Vertroulik
2.4 Die grafiek hieronder toon die verspreiding van bloedgroepe vir twee etniese
groepe (1 en 2) gedurende 2021 in 'n sekere land.
Persentasie mense met elke bloedgroep
60
51
Persentasie mense
50 45
40
40
30 26
19
20
11
10 4 4
0
A B AB O
Bloedgroepe
Etniese groep 1 Etniese groep 2
2.4.1 Watter bloedgroep:
(a) Is die algemeenste in beide etniese groepe (1)
(b) Het 'n hoër persentasie in etniese groep 1 as in etniese groep 2 (1)
2.4.2 Noem AL die moontlike genotipes van 11% van die mense in etniese
groep 1. (2)
2.4.3 In 2021 het etniese groep 1 'n populasie van 360 000 mense gehad.
Watter bloedgroep (A, B, AB of O) het 39 600 mense gehad? (2)
2.4.4 Verduidelik die oorerwing van bloedgroep AB. (3)
(9)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Lewenswetenskappe/V2 13 DBE/November 2025
NSS Vertroulik
2.5 Palomino-perde word deur perdetelers vir die kleur van hulle pels geteel.
'n Palomino het 'n goudkleurige pels. Dit is die nakomeling van 'n perd met 'n
roomkleurige pels (A) en 'n perd met 'n kastaiingbruin pelskleur (G).
2.5.1 Noem die soort dominansie wat by die oorerwing van pelskleur in
palomino-perde vertoon word. (1)
2.5.2 Verduidelik jou antwoord op VRAAG 2.5.1. (2)
2.5.3 Die teel van perde vir gewenste kenmerke is 'n soort biotegnologie.
(a) Noem hierdie soort biotegnologie. (1)
(b) Noem die TWEE fenotipes van die perde wat gekruisteel moet
word vir 'n 100%-kans vir palomino-nakomelinge. (2)
2.5.4 'n Perd met 'n roomkleurige pels is met 'n palomino-perd gekruis.
Gebruik 'n genetiese kruising om die verwagte fenotipiese
verhouding van die nakomelinge te toon. (6)
(12)
[50]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Lewenswetenskappe/V2 14 DBE/November 2025
NSS Vertroulik
VRAAG 3
3.1 Teorieë van menslike evolusie word op die ooreenkomste tussen mense en
Afrika-ape asook die anatomiese verskille tussen hulle gebaseer.
3.1.1 Noem TWEE eienskappe in verband met sig wat mense en
Afrika-ape deel/in gemeen het. (2)
3.1.2 Beskryf TWEE verskille tussen die kakebene van mense en
Afrika-ape. (4)
3.1.3 Verduidelik die belangrikheid van die posisie van die foramen
magnum, die vorm van die ruggraat en die grootte van die pelvis by
bipedalisme. (6)
(12)
3.2 Die tabel hieronder toon die gemiddelde breinvolume van verskillende
hominiedspesies.
SPESIE GEMIDDELDE BREINVOLUME
(mℓ)
Ardipithecus ramidus 350
Australopithecus africanus 461
Homo habilis 609
Homo erectus 959
Homo sapiens 1 330
3.2.1 Hoeveel genera word in die tabel verteenwoordig? (1)
3.2.2 Gee TWEE voorbeelde van fossiele van Australopithecus africanus
wat in Suid-Afrika gevind is. (2)
3.2.3 Gee die gemiddelde breinvolume (mℓ) van die spesie wat eerste was
om gereedskap te gebruik. (1)
3.2.4 Bereken die persentasie toename in die gemiddelde breinvolume
tussen Homo habilis en Homo sapiens. Toon ALLE berekeninge en
rond die antwoord tot TWEE desimale plekke af. (3)
3.2.5 Die brein ontbind nadat die organisme sterf.
Verduidelik hoe wetenskaplikes in staat is om die breinvolume van
fossiele te bepaal. (3)
3.2.6 Verduidelik die verwantskap tussen gemiddelde breinvolume en
kulturele bewyse vir menslike evolusie. (3)
(13)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Lewenswetenskappe/V2 15 DBE/November 2025
NSS Vertroulik
3.3 Die uittreksel en diagram hieronder is op loopvoëls gebaseer.
BROEI-MAANDE BY LOOPVOËLS
Loopvoëls is voëls wat eiers lê en nie kan vlieg nie. Die maande wanneer eiers
gelê word, word deur baie faktore soos die temperatuur, daglengte en
beskikbaarheid van voedsel beïnvloed. Volstruise lê normaalweg hulle eiers in
September, rheas/nandoes tussen Oktober en Maart, terwyl emoes hulle eiers
van November tot April lê.
Volstruis
Rhea/Nandoe
Emoe
Die huidige verspreiding van loopvoëls
3.3.1 Die loopvoëls wat op die kaart getoon word, word as verskillende
biologiese spesies geklassifiseer.
(a) Noem wat met 'n biologiese spesie bedoel word. (2)
(b) Gebruik die inligting in die uittreksel en verduidelik waarom die
volstruis en emoe as verskillende spesies beskou word. (2)
(c) Noem TWEE ander voortplantingsisolasiemeganismes wat
sou voorkom het dat die rhea en die volstruis kruisteel indien
hulle in dieselfde habitat was. (2)
3.3.2 Identifiseer die bewys vir evolusie wat in die diagram voorgestel
word. (1)
3.3.3 Beskryf hoe die bewys wat in VRAAG 3.3.2 geïdentifiseer is, die
evolusieteorie ondersteun. (5)
(12)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Lewenswetenskappe/V2 16 DBE/November 2025
NSS Vertroulik
3.4 Weerstand teen hongersnood/hongersnoodweerstand verwys na die periode
waartydens 'n organisme sonder voedsel kan gaan voordat dit vrek.
'n Ondersoek is uitgevoer om die invloed van die beskikbaarheid van voedsel
op die hongersnoodweerstand by vrugtevlieë te bepaal.
Die prosedure was soos volg:
• 5 000 vrugtevlieë van dieselfde ouderdom is gebruik.
• Hulle is almal in 'n houer, geskik vir die groei van die vrugtevlieë, geplaas
en 'n maltose-gebaseerde voedselbron gegee.
• Die voedselbron is na 'n uur verwyder.
• Die tyd wat dit geneem het vir 80% van die vrugtevlieë om van
hongersnood te vrek, is aangeteken.
• Die dooie vlieë is uit die houer verwyder.
• Die voedselbron is toe in die houer teruggeplaas.
• Die oorblywende vrugtevlieë is toegelaat om te kruisteel.
• Hulle eiers is versamel en na 'n nuwe houer met 'n voedselbron oorgedra
waar hulle toegelaat is om uit te broei.
• Hierdie vrugtevlieë is toegelaat om tot dieselfde ouderdom as die
1ste generasie te groei.
• Die voedselbron is toe weer verwyder.
• Die tyd wat dit geneem het vir 80% van die vrugtevlieë om van
hongersnood te vrek, is weer aangeteken.
• Hierdie prosedure is herhaal totdat die 60ste generasie vrugtevlieë bereik
is.
Voedsel verwyder
Voedsel teruggeplaas
Nuwe generasie
3.4.1 Noem die onafhanklike veranderlike vir hierdie ondersoek. (1)
3.4.2 Beskryf hoe die afhanklike veranderlike gemeet is. (1)
3.4.3 Noem EEN gekontroleerde veranderlike wat in ag geneem is toe die
vrugtevlieë aan die begin van die ondersoek uitgesoek is. (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Lewenswetenskappe/V2 17 DBE/November 2025
NSS Vertroulik
3.4.4 Verduidelik waarom die navorser die vrugtevlieë dieselfde soort
voedsel tydens die hele ondersoek gegee het. (2)
Die grafieke hieronder toon die resultate wat vir die 1ste generasie en die
60ste generasie verkry is.
300 300
ChartGENERASIE
Title 1
Chagert Title
GENERASIE 60
OORSPRONKLIKE
200
Getal vlieë Getal vlieë
POPULASIE 200
100 100
0 0
0 40 80 120 160 200 0 40 80 120 160 200
Ure tot vrek weens hongersnood Ure tot vrek weens hongersnood
3.4.5 Beskryf die resultate wat in hierdie ondersoek verkry is. (2)
3.4.6 Gebruik Darwin se teorie van natuurlike seleksie en verduidelik die
toename in weerstand teen hongersnood by vrugtevlieë. (6)
(13)
[50]
TOTAAL AFDELING B: 100
GROOTTOTAAL: 150
Kopiereg voorbehou
Study this subject
Recommended for this subject

Question paper
Life Sciences Grade 12 P2 NSC November 2022 QP (Eng)

Question paper
Life Sciences Grade 12 P2 NSC November 2021 QP (Afr)

Question paper
Life Sciences Grade 12 P2 NSC November 2019 QP (Eng)

Question paper
Life Sciences Grade 12 P2 NSC November 2019 QP (Afr)

Question paper
Life Sciences Grade 12 P2 NSC November 2014 QP (Eng)

Memorandum
Life Sciences Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2025 Memo (Afr)
More from Grade 12 Life Sciences

Memorandum
Life Sciences Grade 12 Eastern Cape Mock 2025 Memo

Memorandum
Life Sciences Grade 12 Paper 1 Free State Mock 2025 Memo

Memorandum
Life Sciences Grade 12 Paper 2 Free State Mock 2025 Memo

Memorandum
Life Sciences Grade 12 Paper 2 Gauteng Mock 2025 Memo

Memorandum
Life Sciences Grade 12 Paper 2 KZN Mock 2025 Memo

Memorandum