VOORBEREIDENDE EKSAMEN
2023
10842
FISIESE WETENSKAPPE: CHEMIE
(VRAESTEL 2)
TYD: 3 uur
PUNTE: 150
19 bladsye + 4 inligtingsblaaie
b.o.
Skip to contentAll 2023 papers %20SEP%202022%20Question%20Paper_hlayiso.com_--baad5064-31b1-446a-98f5-c35747e817a9/v1-7e367ba3a3803e7feead/card.webp)
%20SEP%202022%20Possible%20Answers_hlayiso.com_--4d5542c1-6f3c-4307-b28a-61585b180bda/v1-693e87048b67d083f3de/card.webp)
%20June%202024%20Question%20Paper_hlayiso.com_--114bfa8b-1df9-4267-bc57-6e4eee55848a/v1-96ff22312492e8f14af9/card.webp)



View all





Physical Sciences Grade 12 P2 Gauteng Mock 2023 QP (Afr)
Grade 12 Physical Sciences Paper 2 question paper from the Gauteng Mock Exam 2023 (Afrikaans), 23 pages. Read online or download the free PDF.
Physical Sciences · Grade 12 · Gauteng Mock Exam · 2023 · Afrikaans. Question paper, 23 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Physical Sciences
- Grade
- Grade 12
- Language
- Afrikaans
- Document type
- Question paper
- Year
- 2023
- Exam period
- Gauteng Mock Exam
- Paper
- 2
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 23
- File size
- 1.1 MB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 23
This exam
Gauteng Mock Exam 2023
Document textSearch extracted text and jump to a page.
FISIESE WETENSKAPPE: CHEMIE
2
(VRAESTEL 2) 10842/23
INSTRUKSIES EN INLIGTING
1. Skryf jou naam in die toepaslike spasie op die ANTWOORDBOEK.
2. Hierdie vraestel bestaan uit NEGE vrae. Beantwoord AL die vrae in die
ANTWOORDBOEK.
3. Begin ELKE vraag (bv. VRAAG 2 en VRAAG 3) op ʼn NUWE bladsy.
4. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie vraestel
gebruik is.
5. Laat EEN reël tussen subvrae oop, bv. tussen VRAAG 2.1 en VRAAG 2.2.
6. Jy mag ʼn nie-programmeerbare sakrekenaar gebruik.
7. Jy mag toepaslike wiskundige instrumente gebruik.
8. Jy word aanbeveel om die aangehegde INLIGTINGSBLAAIE te gebruik.
9. Wys ALLE formules en vervangings in ALLE berekeninge.
10. Rond jou FINALE numeriese antwoorde af tot ʼn minimum van TWEE desimale plekke.
11. Gee kort (bondige) motiverings, besprekings ens. waar nodig.
12. Skryf netjies en leesbaar.
b.o.
FISIESE WETENSKAPPE: CHEMIE
3
(VRAESTEL 2) 10842/23
VRAAG 1: MEERVOUDIGEKEUSE-VRAE
Vier opsies word voorsien as moontlike antwoorde tot die volgende vrae. Elke vraag
het slegs EEN korrekte antwoord. Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A – D)
langs die vraagnommers (1.1 tot 1.10) in die ANTWOORDBOEK neer, bv. 1.11 E.
1.1 Die EMPIRIESE formule van heksanoësuur is:
A C3H6O2
B C6H6O2
C C6H12O2
D C3H6O (2)
1.2 Watter intermolekulêre kragte is teenwoordig tussen molekules van C7H15CHO?
A Slegs dipool-dipoolkragte
B Dipool-dipoolkragte, dispersie (London) kragte en waterstofbindingskragte
C Dispersie (London) kragte en waterstofbindingskragte
D Dipool-dipoolkragte en dispersie (London) kragte (2)
b.o.
FISIESE WETENSKAPPE: CHEMIE
4
(VRAESTEL 2) 10842/23
1.3 Die strukture van vier organiese verbindings word hieronder aangetoon.
VERBINDING 1 VERBINDING 2
VERBINDING 3 VERBINDING 4
Watter van hierdie verbindings sal broomwater VINNIG ontkleur?
A 1 en 2
B 2 en 3
C 3 en 4
D 1 en 4 (2)
1.4 Watter van die volgende stellings verduidelik die rol van ʼn katalisator die beste?
A Dit verlaag die geaktiveerde kompleks.
B Dit verhoog die konsentrasie van die reaktante en verhoog dus die
reaksietempo.
C Dit verskaf ʼn alternatiewe roete met laer aktiveringsenergie vir die
reaksie.
D Dit verhoog die netto aktiveringsenergie. (2)
b.o.
FISIESE WETENSKAPPE: CHEMIE
5
(VRAESTEL 2) 10842/23
1.5 Die energieverspreidingskurwes vir ʼn vaste massa gas by twee verskillende
temperature, T1 en T2, word hieronder aangetoon.
Watter EEN van die volgende is die korrekte interpretasie van die kurwes vir
die verandering in temperatuur van T1 na T2?
Aktiveringsenergie Aantal effektiewe botsings
A Bly dieselfde Vermeerder
B Verminder Verminder
C Verminder Vermeerder
D Bly dieselfde Verminder (2)
1.6 Elkeen van die onderstaande reaksies is by ewewig in ʼn geslote houer.
In watter van hierdie reaksies sal ʼn TOENAME IN DRUK (deur volume te
verminder) die vorming van die produkte bevoordeel?
A N2O4(g) ⇌ 2NO2(g)
B PCℓ5(g) ⇌ PCℓ3(g) + Cℓ2(g)
C N2(g) + 3H2(g) ⇌ 2NH3(g)
D NO2(g) + CO(g) ⇌ NO(g) + CO2(g) (2)
b.o.
FISIESE WETENSKAPPE: CHEMIE
6
(VRAESTEL 2) 10842/23
1.7 Beskou bekers A en B soos hieronder geïllustreer.
200 cm3 van 150 cm3 van
0,25 mol∙dm-3 0,1 mol∙dm-3
NaOH (aq) NaOH (aq)
Beker A Beker B
20 cm3 van die NaOH(aq) oplossing in beker A word by die NaOH(aq)
oplossing in beker B gevoeg. Watter van die volgende verteenwoordig die
korrekte berekening van die nuwe konsentrasie Na+(aq) ione in beker B?
A 0,015 + 0,005
0,17
B 0,015 + 0,05
0,17
C 0,015 x 0,005
0,15
D 0,015 + 0,005
0,15 (2)
1.8 Wanneer ʼn galvaniese (voltaïse) sel stroom lewer, is die doel van die soutbrug
om …
A elektrone in die sel te laat beweeg.
B elektriese neutraliteit in die sel te verseker.
C te verhoed dat die twee oplossings meng.
D elektrone toe te laat om van die katode na die anode te beweeg. (2)
b.o.
FISIESE WETENSKAPPE: CHEMIE
7
(VRAESTEL 2) 10842/23
1.9 Watter van die volgende metale is die sterkste reduseermiddel?
A Ag
B Zn
C Cu
D Aℓ (2)
1.10 Chloorgas (Cℓ2), wat gebruik word om publieke swembaddens te ontsmet,
reageer met water volgens die volgende gebalanseerde vergelyking:
Cℓ2 + H2O ⇌ HOCℓ + HCℓ
Die byvoeging van chloor verander die pH van die water in swembaddens.
Watter van die volgende stowwe moet gereeld by die publieke swembaddens
gevoeg word om die pH te verhoog?
A NH4Cℓ
B Na2CO3
C KCℓ
D H2SO4 (2)
[20]
b.o.
FISIESE WETENSKAPPE: CHEMIE
8
(VRAESTEL 2) 10842/23
VRAAG 2 (Begin op ʼn nuwe bladsy.)
A tot F in die tabel hieronder verteenwoordig ses organiese verbindings.
A B
Pentan-3-oon
C D
Metielbutanoaat
E F
CH3(CH2)3CH3
2.1 Beskou die organiese verbinding A.
2.1.1 Is dit ʼn PRIMÊRE, SEKONDÊRE of TERSIÊRE alkohol? Gee ʼn
rede vir die antwoord. (2)
2.1.2 Skryf die IUPAC naam vir die bogenoemde verbinding neer. (2)
2.1.3 Die bogenoemde verbinding ondergaan ʼn eliminasie reaksie. Skryf
die STRUKTUURFORMULE van die hoofproduk wat gevorm
word, neer. (2)
2.2 Beskou die organiese verbinding B.
2.2.1 Definieer die term funksionele isomeer. (2)
Skryf neer die:
2.2.2 Homoloë reeks waaraan die bogenoemde verbinding behoort (1)
2.2.3 IUPAC naam van sy funksionele isomeer (2)
2.2.4 Letter wat sy posisionele isomeer verteenwoordig (1)
2.3 Skryf die gebalanseerde vergelyking vir die volledige verbranding van
verbinding F deur MOLEKULÊRE FORMULES te gebruik. (3)
[15]
b.o.
FISIESE WETENSKAPPE: CHEMIE
9
(VRAESTEL 2) 10842/23
VRAAG 3 (Begin op ʼn nuwe bladsy.)
Drie struktuurisomere met die molekulêre formule C6H14 word gebruik om die effek
van vertakking op die fisiese eienskappe van koolwaterstowwe te ondersoek.
KOOLWATERSTOF STRUKTUURFORMULES
A
B
C
Die resultate wat vir die eerste TWEE ondersoeke verkry is, word in die
onderstaande tabel aangetoon.
ONDERSOEK 1 ONDERSOEK 2
KOOLWATERSTOF SMELTPUNT KOOKPUNT
(°C) (°C)
A -154 60
B -129 58
C -100 50
3.1 Definieer die term smeltpunt. (2)
3.2 Skryf die onafhanklike veranderlike vir ONDERSOEK 1 neer. (1)
3.3 Verduidelik waarom hierdie drie organiese verbindings strukturele isomere
genoem word. (2)
3.4 Skryf die tipe intermolekulêre kragte wat tussen molekules van hierdie
isomere teenwoordig is, neer. (1)
3.5 Verduidelik die verskil in smeltpunte tussen molekules A en B. (4)
b.o.
FISIESE WETENSKAPPE: CHEMIE
10
(VRAESTEL 2) 10842/23
Vir ONDERSOEK 3 word die dampdruk (in mmHg) by 25 °C gemeet en in
die onderstaande tabel getoon:
DAMPDRUK
(mmHg)
235 319 211
3.6 Gebruik die inligting van ONDERSOEK 2 en ONDERSOEK 3 en pas die
korrekte dampdruk met die toepaslike molekule (A – C). Skryf die letters
(A – C) onder mekaar met die ooreenstemmende dampdruk langs elke
letter. (2)
3.7 Verduidelik die antwoord in VRAAG 3.6 volledig. (3)
[15]
b.o.
FISIESE WETENSKAPPE: CHEMIE
11
(VRAESTEL 2) 10842/23
VRAAG 4 (Begin op ʼn nuwe bladsy.)
Die vloeidiagram hieronder wys hoe eteen gebruik kan word om verskeie organiese
verbindings voor te berei. Die letters A tot F verteenwoordig verskillende organiese
reaksies.
CH3(CH2)3COOH
A
Eteen B CH3CH2OH Verbinding X
E
F C
D
Broometaan
4.1 Identifiseer die tipe reaksie verteenwoordig deur:
4.1.1 B (1)
4.1.2 D (1)
4.2 Skryf TWEE reaksietoestande vir reaksie B neer. (2)
4.3 Vir reaksie A, skryf neer die:
4.3.1 NAAM van die anorganiese reaktant (1)
4.3.2 CHEMIESE FORMULE van die katalisator benodig (1)
4.4 Vir reaksie C:
4.4.1 Gebruik STRUKTUURFORMULES en skryf ʼn gebalanseerde
chemiese vergelyking neer. (3)
4.4.2 Verduidelik waarom geen water tydens hierdie reaksie
teenwoordig moet wees nie. (1)
b.o.
FISIESE WETENSKAPPE: CHEMIE
12
(VRAESTEL 2) 10842/23
4.5 Reaksie E verteenwoordig die omskakeling van die alkohol na organiese
verbinding X.
Skryf neer die:
4.5.1 Tipe reaksie (1)
4.5.2 CHEMIESE FORMULE van die katalisator benodig (1)
4.5.3 STRUKTUURFORMULE van verbinding X (2)
4.5.4 IUPAC naam van verbinding X (2)
4.6 Reaksie F vind plaas in die teenwoordigheid van warm, gekonsentreerde
NaOH. Gebruik GEKONDENSEERDE STRUKTUURFORMULES en skryf ʼn
gebalanseerde vergelyking vir die reaksie neer. (3)
4.7 Groot reguitkettingalkane kan katalities gekraak word om korterketting-
alkene en vertakte alkane te produseer wat meer geskik is vir gebruik in
petrol. Die reaksie hieronder dui die katalitiese kraking van oktaan aan.
CH3(CH2)6CH3 → CH2=CH2 + Verbinding Y
4.7.1 Skryf die IUPAC naam van verbinding Y neer. (1)
4.7.2 Verduidelik kortliks waarom korterkettingalkene en vertakte alkane
meer geskik is vir gebruik in petrol as groot reguitkettingalkane. (2)
[22]
b.o.
FISIESE WETENSKAPPE: CHEMIE
13
(VRAESTEL 2) 10842/23
VRAAG 5 (Begin op ʼn nuwe bladsy.)
Die volgende apparate is deur ʼn groep leerders in ʼn ondersoek gebruik om
uit te vind hoe oppervlakarea die reaksietempo tussen oormaat vaste magnesiumlint en
verdunde salpetersuur met ʼn konsentrasie van 0,05 mol∙dm-3 beïnvloed.
Tydens die reaksie is die gas wat geproduseer is in die maatsilinder opgevang. Die
gebalanseerde vergelyking vir die reaksie is:
Mg(s) + 2HNO3(aq) → Mg(NO3)2(aq) + H2(g)
Die opsomming van hulle ondersoek word hieronder getabuleer.
MASSA MAGNESIUM TOESTAND VAN
EKSPERIMENT
(g) VERDEELDHEID
I 2 Lint in 5 klein stukkies geknip
II 2 Lint as een groot stuk
Die resultate vir eksperiment I is op die onderstaande grafiek aangetoon.
Volume van gas geproduseer (cm3)
Tyd (s)
b.o.
FISIESE WETENSKAPPE: CHEMIE
14
(VRAESTEL 2) 10842/23
5.1 Behalwe vir die massa en die volume van die reaktante, gee EEN ander
veranderlike wat tydens hierdie ondersoek konstant gehou moet word. (1)
5.2 Skryf die afhanklike veranderlike in hierdie ondersoek neer. (1)
5.3 Gebruik die grafiek om die gemiddelde reaksietempo (in cm3∙s-1) tussen
2 en 2,5 minute te bereken. (3)
5.4 Sal die tempo van die reaksie by 250 s GROTER AS, KLEINER AS of
GELYK AAN die tempo bereken in VRAAG 5.3 wees?
Gee ʼn rede vir die antwoord. (2)
5.5 Voorspel hoe die gradiënt van die grafiek vir eksperiment II sal vergelyk met
dié van eksperiment I. Skryf slegs TOENEEM, AFNEEM of DIESELFDE
BLY. (1)
5.6 Bereken die massa van die magnesiummetaal wat in die koniese fles
agterbly wanneer die reaksie gestop het. Neem die molêre volume aan as
24 dm3∙mol-1 by kamertemperatuur. (5)
5.7 Medikasie vir die verligting van hoofpyn is beskikbaar as poeiers of tablette.
Gebruik die botsingsteorie en verduidelik waarom poeiers vinniger verligting
voorsien as tablette. (2)
[15]
b.o.
FISIESE WETENSKAPPE: CHEMIE
15
(VRAESTEL 2) 10842/23
VRAAG 6 (Begin op ʼn nuwe bladsy.)
Waterstofgas is voorberei deur die reaksie van metaan en stoom, soos getoon in die
volgende gebalanseerde vergelyking:
CH4(g) + H2O(g) ⇌ CO(g) + 3H2(g) ΔH = +206 kJ
Die metaan (CH4) en stoom (H2O) is in ʼn 2 dm3-houer gesëel om te reageer en word
toegelaat om ewewig by temperatuur T te bereik.
6.1 Stel Le Chatelier se Beginsel. (2)
6.2 Gebruik Le Chatelier se beginsel om te verduidelik hoe die volgende
veranderinge die opbrengs van H2(g) sal beïnvloed:
6.2.1 Voeg meer CH4 by (3)
6.2.2 ʼn Vermindering in die volume van die houer (3)
Die onderstaande sketsgrafiek wys die verandering in die aantal mol metaan, stoom
en koolstofmonoksied soos die reaksie verloop vir die voorbereiding van H2 gas in ʼn
2 dm3-houer.
6.3 Skryf ʼn rede neer waarom daar geen verandering in die aantal mol van elk
van die gasse is tussen tye t1 en t2 nie. (1)
6.4 Gebruik die inligting op die grafiek en bereken die ewewigskonstante, Kc, vir
hierdie reaksie by temperatuur T. (7)
6.5 Die temperatuur T word verminder. Hoe sal hierdie verandering die
Kc-waarde vir die bostaande reaksie beïnvloed? Skryf slegs TOENEEM,
AFNEEM of DIESELFDE BLY. (1)
[17]
b.o.
FISIESE WETENSKAPPE: CHEMIE
16
(VRAESTEL 2) 10842/23
VRAAG 7 (Begin op ʼn nuwe bladsy.)
Die gebalanseerde vergelykings hieronder verteenwoordig die ionisasie van
swaelsuur in water:
-
Stap 1: H2SO4(ℓ) + H2O(ℓ) ⇌ H3O+(aq) + HSO4 (aq)
-
Stap 2: HSO4 (aq) + H2O(ℓ) ⇌ H3O+(aq) + SO4-2(aq)
7.1 Is H2SO4 ʼn STERK of ʼn SWAK suur? Gee ʼn rede vir die antwoord. (2)
7.2 Skryf die FORMULES van die gekonjugeerde suur-basis-pare in stap 2 neer. (2)
7.3 H2SO4 is diproties. Skryf die betekenis van die term diproties neer. (2)
7.4 Skryf die FORMULE van die amfoliet in die bostaande reaksie neer. (1)
7.5 ʼn Onsuiwer monster kaliumhidroksiedkorrels met ʼn massa van 11,2 g is
by 0,09 mol swaelsuur met ʼn volume van 600 cm3 gevoeg. Dit reageer
volgens die gebalanseerde chemiese vergelyking hieronder:
H2SO4(aq) + 2KOH(s) K2SO4(aq) + 2H2O(ℓ)
7.5.1 Bereken die aanvanklike pH van die swaelsuur wat in hierdie (5)
reaksie gebruik is.
7.5.2 Die persentasie suiwerheid van die kaliumhidroksiedkorrels wat
gebruik is, is 80%. Bereken die aantal mol suiwer kaliumhidroksied
wat met die H2SO4 reageer. (4)
7.5.3 Bepaal watter reaktant in oormaat is en noem of die finale
oplossing SUUR, BASIES of NEUTRAAL is. (3)
[19]
b.o.
FISIESE WETENSKAPPE: CHEMIE
17
(VRAESTEL 2) 10842/23
VRAAG 8 (Begin op ʼn nuwe bladsy.)
ʼn Galvaniese sel is opgestel deur ʼn staaf mangaan, Mn, en ʼn onbekende metaal, X,
te gebruik. Die aanvanklike EMK wat onder standaard toestande gemeet word, is
1,05 V. Die elektrone vloei vanaf mangaan na metaal X in die eksterne stroombaan.
8.1 Is die reaksie wat in dié sel plaasvind spontaan? Skryf slegs JA of NEE. Gee
ʼn rede vir die antwoord. (2)
8.2 Watter elektrode, X of Mn, is die anode? (1)
8.3 Gebruik berekeninge om metaal X te identifiseer. (5)
8.4 Vir hierdie sel, skryf neer die:
8.4.1 TWEE standaard toestande (2)
8.4.2 Selnotasie (2)
8.4.3 Reduksie halfreaksie (2)
[14]
b.o.
FISIESE WETENSKAPPE: CHEMIE
18
(VRAESTEL 2) 10842/23
VRAAG 9 (Begin op ʼn nuwe bladsy.)
Die diagram hieronder verteenwoordig die suiwering van kopererts tot suiwer koper.
Die sel bevat ook sink, silwer en platinum onsuiwerhede.
CuSO4(aq)
onsuiwerhede
Die grafiek dui die aanvanklike verhouding tussen die massa Cu gedeponeer
teenoor die tyd.
Massa Cu gedeponeer (g)
Tyd(s)
b.o.
FISIESE WETENSKAPPE: CHEMIE
19
(VRAESTEL 2) 10842/23
9.1 Skryf die energie-omskakeling wat in hierdie sel plaasvind, neer. (1)
9.2 By watter elektrode, A of B, sou die suiwer koper neergeslaan word? (1)
9.3 Skryf die halfreaksie neer wat by die anode plaasvind. (2)
9.4 Hoe sal die gradiënt van die grafiek beïnvloed word as die reaksie toegelaat
word om tot voltooiing voort te gaan? Skryf slegs TOENEEM, AFNEEM of
DIESELFDE BLY. (1)
9.5 Verwys na die relatiewe sterktes van reduseermiddels om te verduidelik
waarom sink (Zn) NIE by die katode neergeslaan sal word NIE. (3)
9.6 Wanneer die stroom vir 30 minute vloei, word 15 g suiwer koper by een van
die elektrodes neergeslaan.
9.6.1 Bereken die aantal mol koper wat neergeslaan is. (3)
9.6.2 Bepaal die aantal mol elektrone wat deur die stroombaan vloei terwyl
15 g koper neergeslaan word. (2)
[13]
TOTAAL: 150
EINDE
FISIESE WETENSKAPPE: CHEMIE
20
(VRAESTEL 2) 10842/23
DATA FOR PHYSICAL SCIENCES GRADE 12
PAPER 2 (CHEMISTRY)
GEGEWENS VIR FISIESE WETENSKAPPE GRAAD 12
VRAESTEL 2 (CHEMIE)
TABLE 1: PHYSICAL CONSTANTS/TABEL 1: FISIESE KONSTANTES
NAME/NAAM SYMBOL/SIMBOOL VALUE/WAARDE
Standard pressure
p 1,013 x 105 Pa
Standaarddruk
Molar gas volume at STP
Vm 22,4 dm3∙mol-1
Molêre gasvolume by STD
Standard temperature
T 273 K
Standaardtemperatuur
Charge on electron
e -1,6 x 10-19 C
Lading op elektron
Avogadro’s’ number
NA 6,02×1023
Avogadro se nommer
TABLE 2: FORMULAE/TABEL 2: FORMULES
m N
n n
M NA
n m V
c or c n
V MV Vm
c a Va n
a pH = -log[H3O+]
c b Vb nb
Eθcell Eθcathode Eθanode / Eθsel Ekatode
θ
Eθanode
Eθcell Ereduction
θ
Eθoxidation / Eθsel Ereduksie
θ
Eθoksidasie
E θcell E θoxidising agent E θreducing agent / E θsel E θoksideermi ddel E reduseermi
θ
ddel
FISIESE WETENSKAPPE: CHEMIE
21
(VRAESTEL 2) 10842/23
TABLE 3: THE PERIODIC TABLE OF ELEMENTS
TABEL 3: DIE PERIODIEKE TABEL VAN ELEMENTE
1 2 3 4 5 6 7 8 9 10 11 12 13 14 15 16 17 18
(I) (II) (III) (IV) (V) (VI) (VII) (VIII)
Atomic number/
KEY/SLEUTEL Atoomgetal
1 2
2,1 H He
1 29 4
Electro negativity/ Symbol/
3 4 1,9 Cu 5 6 7 8 9 10
Li Be Elektronegatiwiteit Simbool B C N O F Ne
1,0 1,5 63,5 2,0 2,5 3,0 3,5 4,0
7 9 11 12 14 16 19 20
11 12 13 14 15 16 17 18
Na Mg
Approximate relative atomic mass/ Aℓ Si P S Cℓ Ar
0,9 1,2 1,5 1,8 2,1 2,5 3,0
23 24 Benaderde relatiewe atoommassa 27 28 31 32 35,5 40
19 20 21 22 23 24 25 26 27 28 29 30 31 32 33 34 35 36
0,8 K 1,0 Ca 1,3 Sc 1,5 Ti 1,6 V 1,6 Cr 1,5 Mn 1,8 Fe 1,8 Co 1,8 Ni 1,9 Cu 1,6 Zn 1,6 Ga 1,8 Ge 2,0 As 2,4 Se 2,8 Br Kr
39 40 45 48 51 52 55 56 59 59 63,5 65 70 73 75 79 80 84
37 38 39 40 41 42 43 44 45 46 47 48 49 50 51 52 53 54
0,8 Rb 1,0 Sr 1,2 Y 1,4 Zr Nb 1,8 Mo 1,9 Tc 2,2 Ru 2,2 Rh 2,2 Pd 1,9 Ag 1,7 Cd 1,7 In 1,8 Sn 1,9 Sb 2,1 Te 2,5 I Xe
86 88 89 91 92 96 101 103 106 108 112 115 119 122 128 127 131
55 56 57 72 73 74 75 76 77 78 79 80 81 82 83 84 85 86
Cs Ba La Hf Ta W Re Os Ir Pt Au Hg Tℓ Pb Bi Po At Rn
0,7 0,9 1,6 1,8 1,8 1,9 2,0 2,5
133 137 139 179 181 184 186 190 192 195 197 201 204 207 209
87 88 89
0,7 Fr 0,9 Ra Ac
226
58 59 60 61 62 63 64 65 66 67 68 69 70 71
Ce Pr Nd Pm Sm Eu Gd Tb Dy Ho Er Tm Yb Lu
140 141 144 150 152 157 159 163 165 167 169 173 175
90 91 92 93 94 95 96 97 98 99 100 101 102 103
Th Pa U Np Pu Am Cm Bk Cf Es Fm Md No Lr
232 238
FISIESE WETENSKAPPE: CHEMIE
22
(VRAESTEL 2) 10842/23
TABLE 4A: STANDARD REDUCTION POTENTIALS
TABEL 4A: STANDAARD REDUKSIEPOTENSIALE
Half-reactions/Halfreaksies E (V)
F2(g) + 2e ⇌ 2F + 2,87
3+
Co + e ⇌ Co2+ + 1,81
H2O2 + 2H+ +2e ⇌ 2H2O +1,77
MnO 4 + 8H+ + 5e ⇌ Mn2+ + 4H2O + 1,51
Cℓ2(g) + 2e ⇌ 2Cℓ + 1,36
2
Cr2O 7 + 14H+ + 6e ⇌ 3+
2Cr + 7H2O + 1,33
+
O2(g) + 4H + 4e ⇌ 2H2O + 1,23
MnO2 + 4H+ + 2e ⇌ Mn2+ + 2H2O + 1,23
Pt2+ + 2e ⇌ Pt + 1,20
Br2(ℓ) + 2e ⇌ 2Br + 1,07
NO 3 +
+ 4H + 3e
⇌ NO(g) + 2H2O + 0,96
Increasing reducing ability/Toenemende reduserende vermoë
2+
Hg + 2e ⇌ Hg(ℓ) + 0,85
Ag+ + e ⇌ Ag + 0,80
Increasing oxidising ability/Toenemende oksiderende vermoë
NO 3 +
+ 2H + e
⇌ NO2(g) + H2O + 0,80
Fe3+ + e ⇌ Fe2+ + 0,77
O2(g) + 2H+ + 2e ⇌ H2O2 + 0,68
I2 + 2e ⇌ 2I + 0,54
+
Cu + e ⇌ Cu + 0,52
+
SO2 + 4H + 4e ⇌ S + 2H2O + 0,45
2H2O + O2 + 4e ⇌ 4OH + 0,40
Cu2+ + 2e ⇌ Cu + 0,34
2
SO 4 + 4H+ + 2e ⇌ SO2(g) + 2H2O + 0,17
2+
Cu + e ⇌ Cu +
+ 0,16
Sn4+ + 2e ⇌ Sn2+ + 0,15
S + 2H+ + 2e ⇌ H2S(g) + 0,14
2H+ + 2e ⇌ H2(g) 0,00
Fe3+ + 3e ⇌ Fe 0,06
Pb2+ + 2e ⇌ Pb 0,13
Sn2+ + 2e ⇌ Sn 0,14
Ni2+ + 2e ⇌ Ni 0,27
Co2+ + 2e ⇌ Co 0,28
Cd2+ + 2e ⇌ Cd 0,40
Cr3+ + e ⇌ Cr2+ 0,41
2+
Fe + 2e ⇌ Fe 0,44
Cr3+ + 3e ⇌ Cr 0,74
Zn2+ + 2e ⇌ Zn 0,76
2H2O + 2e ⇌ H2(g) + 2OH 0,83
Cr2+ + 2e ⇌ Cr 0,91
Mn2+ + 2e ⇌ Mn 1,18
Aℓ3+ + 3e ⇌ Aℓ 1,66
Mg2+ + 2e ⇌ Mg 2,36
Na+ + e ⇌ Na 2,71
Ca2+ + 2e ⇌ Ca 2,87
Sr2+ + 2e ⇌ Sr 2,89
Ba2+ + 2e ⇌ Ba 2,90
Cs+ + e- ⇌ Cs – 2,92
K + + e ⇌ K 2,93
+
Li + e
⇌ Li 3,05
FISIESE WETENSKAPPE: CHEMIE
23
(VRAESTEL 2) 10842/23
TABLE 4B: STANDARD REDUCTION POTENTIALS
TABEL 4B: STANDAARD REDUKSIEPOTENSIALE
Half-reactions/Halfreaksies E (V)
Li+ + e ⇌ Li 3,05
K + + e ⇌ K 2,93
Cs+ + e ⇌ Cs 2,92
Ba2+ + 2e ⇌ Ba 2,90
Increasing oxidising ability/Toenemende oksiderende vermoë Increasing reducing ability/Toenemende reduserende vermoë
Sr2+ + 2e ⇌ Sr 2,89
Ca2+ + 2e ⇌ Ca 2,87
Na+ + e ⇌ Na 2,71
Mg2+ + 2e ⇌ Mg 2,36
Aℓ3+ + 3e ⇌ Aℓ 1,66
Mn2+ + 2e ⇌ Mn 1,18
Cr2+ + 2e ⇌ Cr 0,91
2H2O + 2e
⇌ H2(g) + 2OH
0,83
Zn2+ + 2e ⇌ Zn 0,76
Cr3+ + 3e ⇌ Cr 0,74
Fe2+ + 2e ⇌ Fe 0,44
Cr3+ + e ⇌ Cr2+ 0,41
Cd2+ + 2e ⇌ Cd 0,40
Co2+ + 2e ⇌ Co 0,28
Ni2+ + 2e ⇌ Ni 0,27
Sn2+ + 2e ⇌ Sn 0,14
Pb2+ + 2e ⇌ Pb 0,13
Fe3+ + 3e ⇌ Fe 0,06
2H+ + 2e ⇌ H2(g) 0,00
S + 2H+ + 2e ⇌ H2S(g) + 0,14
Sn4+ + 2e ⇌ Sn2+ + 0,15
2+
Cu + e ⇌ Cu +
+ 0,16
2
SO 4 + 4H+ + 2e ⇌ SO2(g) + 2H2O + 0,17
Cu2+ + 2e ⇌ Cu + 0,34
2H2O + O2 + 4e ⇌ 4OH
+ 0,40
SO2 + 4H+ + 4e ⇌ S + 2H2O + 0,45
Cu+ + e ⇌ Cu + 0,52
I2 + 2e ⇌ 2I + 0,54
O2(g) + 2H+ + 2e ⇌ H2O2 + 0,68
Fe3+ + e ⇌ Fe2+ + 0,77
NO 3 + 2H+ + e ⇌ NO2(g) + H2O + 0,80
Ag + e+ ⇌ Ag + 0,80
Hg2+ + 2e ⇌ Hg(ℓ) + 0,85
NO 3 + 4H+ + 3e ⇌ NO(g) + 2H2O + 0,96
Br2(ℓ) + 2e ⇌ 2Br
+ 1,07
Pt2+ + 2 e ⇌ Pt + 1,20
MnO2 + 4H+ + 2e ⇌ Mn2+ + 2H2O + 1,23
+
O2(g) + 4H + 4e ⇌ 2H2O + 1,23
2
Cr2O 7 + 14H+ + 6e ⇌ 3+
2Cr + 7H2O + 1,33
Cℓ2(g) + 2e ⇌ 2Cℓ
+ 1,36
MnO 4 + 8H+ + 5e ⇌ 2+
Mn + 4H2O + 1,51
+
H2O2 + 2H +2 e ⇌ 2H2O +1,77
Co3+ + e ⇌ Co2+ + 1,81
F2(g) + 2e ⇌ 2F + 2,87
Study this subject
Recommended for this subject
%20SEP%202022%20Question%20Paper_hlayiso.com_--baad5064-31b1-446a-98f5-c35747e817a9/v1-7e367ba3a3803e7feead/card.webp)
Question paper
Physical Sciences Grade 12 P2 Gauteng Mock 2022 QP (Afr)
%20SEP%202022%20Possible%20Answers_hlayiso.com_--4d5542c1-6f3c-4307-b28a-61585b180bda/v1-693e87048b67d083f3de/card.webp)
Memorandum
Physical Sciences Grade 12 P2 Gauteng Mock 2022 Memo (Afr)
%20June%202024%20Question%20Paper_hlayiso.com_--114bfa8b-1df9-4267-bc57-6e4eee55848a/v1-96ff22312492e8f14af9/card.webp)
Question paper
Physical Sciences Grade 12 P2 NSC June 2024 QP (Afr)

Question paper
Physical Sciences Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2018 QP

Question paper
Physical Sciences Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2023 QP

Question paper
Physical Sciences Grade 12 P2 NSC November 2023 QP (Eng)
More from Grade 12 Physical Sciences

Memorandum
Physical Sciences Grade 12 P2 Eastern Cape June 2025 Memo

Memorandum
Physical Sciences Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2025 Memo

Memorandum
Physical Sciences Grade 12 Paper 1 Limpopo June 2025 Memo

Memorandum
Physical Sciences Grade 12 Paper 2 Limpopo June 2025 Memo

Memorandum
Physical Sciences Grade 12 Paper 1 Limpopo Mock 2025 Memo

Question paper