Skip to content

Afrikaans Fal Grade 5 November 2021 Question Paper (Afrikaans)

Question paperAfrikaans FalGrade 520219 pages

Grade 5 Afrikaans Fal question paper from the November Exam 2021 (Afrikaans), 9 pages. Read online or get the free PDF download, memo linked when available.

Free to read online, no sign-up needed

Loading document…

Loading document…

November Exam 2021

Document textSearch extracted text and jump to a page.
1 TOM NEWBY SCHOOL TOETS Vak Afrikaans Addisionele Taal Eksaminator Mev. T. Moffat Datum November 2021 Totaal 40 Punte Sessie 1 Tyd 1 uur Graad 5 Moderator Mej. M. Botha Spesiale instruksies/ Instruksies Toerusting  Lees jou vrae goed deur.  Antwoord al die vrae.  Skryf netjies en leesbaar.  Geen woordeboeke. Hierdie assessering is opgestel met die gebruik van notas en inligting beskikbaar in die Tom Newby inligting materiaal. Die memorandum of rubriek is opgestel tot ‘n standaard, maar alternatiewe antwoorde of opinies word in ag geneem. Naam: Van: Klas: Hierdie vraestel bestaan uit: Vraag 1: Literêre / nie-literêre teks /15 Vraag 2: Visuele teks /10 _____ Vraag 3: Opsomming /5 40 Totaal Vraag 4: Taalstrukture en konvensies /10
2 Vraag 1: Literêre / nie-literêre teks [15] Lees die teks en beantwoord die vrae wat volg. Red die Renosters 1 “Wat maak jy?” vra Bontle toe sy vir Jan sien. Bontle trek haar neus op, want Jan sit voor ’n bak vol modder. Hy is vuil. Daar is ’n gemors op sy gesig en klere. 2 “Ek maak kleirenosters,” antwoord Jan opgewonde. 3 “Jy is baie vuil”, sê Bontle. 4 “Dit sal alles weer skoon kom,” sê Jan. “Dit is vir ’n goeie doel.” 5 Bontle sien dat Jan alreeds baie kleirenosters gemaak het, wat in die son lê en droog word. Sy probeer om een van die renosters op te tel en haar vinger druk die horing in! 6 “Moenie,” roep Jan. “Jy is nou net soos die renosterstropers wat renosters dood maak en hulle horings afsny.” 7 “Ek het dit nie bedoel nie,” sê Bontle. 8 “Ek weet, maar sonder ’n horing is ’n renoster niks nie,” sig Jan. “Ek kan hulle nie verkoop as hulle nie horings het nie”. 9 “Hoekom verkoop jy hulle?” vra Bontle. 10 “Ek samel geld in om die renosters te red. Weet jy dat daar in 2019 net 22 000 swart en wit renosters in Suid-Afrika is wat nog leef?” sê Jan. 11 “Sjoe, dis baie min,” sê sy. 12 “Dit is hoekom ek iets doen om hulle te help. Ek gaan die kleirenosters verkoop en die geld aan die ‘Red die Renoster fonds’ gee,” vertel hy vir Bontle. 13 Bontle dink vir ’n rukkie. Dis seker vir ‘n goeie doel dat hy vandag so vuil word. Sy glimlag en steek haar hande saam in die bak klei, sy wil ook help. “Sal jy my wys hoe om ’n kleirenoster te maak?” vra sy. Bron: Fanie Viljoen – Piekfyn Afrikaans Aantal woorde: 254
3 Vrae: Onthou: Geen Engels. Antwoord in vol sinne. Omkring die korrekte antwoord. 1.1 Wat beteken die titel van die storie? (1) a) Om te wys hoe ’n mens sakgeld kan insamel. b) Om renosters te beskerm. c) Om mense bewus te maak van kleirenosters. 1.2 Wat maak Jan? (1) a) Jan maak klei krale. b) Jan maak modder koekies. c) Jan maak kleirenosters. 1.3 Hoekom trek Bontle haar neus op wanneer sy vir Jan sien? a) Hy is vuil en vol modder. b) Hy stink. c) Hy lag vir Bontle. (1) 1.4 Wat het gebeur toe Bontle een van die renosters optel? a) Dit val op die vloer. b) Haar vinger druk die horing in. c) Sy het dit geëet. 1.5 Wat doen renosterstropers volgens Jan? ________________________________________________________________________(1) 1.6 Dink jy Bontle het dit bedoel om die renoster se horing te breek? ________________________________________________________________________(1) 1.7 Hoekom verkoop Jan die kleirenosters? ________________________________________________________________________(1)
4 1.8 Hoeveel swart en wit renosters is daar wat nog leef volgens Jan se navorsing in 2019? ________________________________________________________________________(1) 1.9 Vir watter organisasie gaan Jan die geld gee? ________________________________________________________________________(1) 1.10 Watter idees het jy om te help om die renosters te red? Wat sal jy maak of doen om geld in te samel? __________________________________________________________________________ ________________________________________________________________________(2) 1.11 Dink jy Jan se doel is ’n goeie een? Gee ‘n rede vir jou antwoord. __________________________________________________________________________ ________________________________________________________________________(2) 1.12 Wat dink jy is ’n goeie straf vir renosterstropers? __________________________________________________________________________ ________________________________________________________________________(2) Totaal vraag 1: /15
5 Vraag 2: Visuele teks [10] Kyk na die advertensie en beantwoord die vrae. Koop ‘n klein kleirenoster Geld word gegee aan: SELL YOUR CAR TODAY Kontak Jan en Bontle 082 565 5145 2.1 Waar sal jy so ’n advertensie sien? ________________________________________________________________________(1) 2.2 Watter twee woorde sê vir ons dat die Renoster hulp nodig het? ________________________________________________________________________(1) 2.3 Wat is die kontaknommer waar jy meer inligting kan kry? ________________________________________________________________________(1) 2.4 Wie is die twee kontakpersone wie jy kan bel om kleirenosters te koop? ________________________________________________________________________(1) 2.5 Wat is die webadres? ________________________________________________________________________(1)
6 2.6 Hoeveel kos een van die kleirenosters? ________________________________________________________________________(1) 2.7 Koop twee en kry nog ______________________________ (1) 2.8 Die geld word gegee aan ____________________________ (1) 2.9 _______________________ behoort sy deel te doen. (1) 2.10 Dink jy daar is ander diere wat hulp nodig het? Noem een dier. ________________________________________________________________________(1) Totaal vraag 2: ____/10 Vraag 3: Opsomming [5] Rangskik die volgende sinne in die regte volgorde. Kyk uit vir sinne wat nie by die storie pas nie! Skryf die letter wat pas, langs die nommer neer. A. Hulle maak baie mooi klei krale. B. Bontle breek een van die kleireonsters se horings af. C. Jan is besig om renosters uit klei te maak. D. Jan vertel wat hy met die kleirenosters gaan maak. E. Bontle wil weet wat Jan besig is om te maak. F. Bontle wil baie vuil wees. G. Jan en Bontle maak saam renosters. 1. 2. 3. 4. 5. Totaal vraag 3: /5
7 Vraag 4: Taal in konteks [10] Voltooi die volgende: 4.1 Skryf die sin oor in die Toekomende tyd. Bontle breek een van die klei renosters. ____________________________________________________________________(1) 4.2 Skryf die sin oor. Gebruik hoofletters en punte. jan en bontle maak baie geld _____________________________________________________________________(1) 4.3 Skryf die sin in die Ontkennende vorm. Die stropers moet die renosters dood skiet. _____________________________________________________________________(1) 4.4 Soek die werkwoord in die volgende sinne. 4.4.1 Jan en Bontle maak baie klei renosters. _________________ (1) 4.5 Kies die regte teenoorgestelde uit die blokkie hieronder. lelik vuil min groot skoon ____________________ (1) 4.6 Vul die regte voornaamwoord in: Bontle wil help, want __________ wil ook die renosters red. (1) 4.7 Verbind die volgende twee sinne met die voegwoord, (omdat) Jy moet kleirenosters koop. Elkeen sy deel moet doen. _____________________________________________________________________ _____________________________________________________________________(1)
8 4.8 Gee die trappe van vergelyking vir die volgende. klein kleinste (1) 4.9 Gee die meervoud van: horing _______________________ (1) 4.10 Kies die korrekte spelling van die woord. Omkring die woord. bedool bedoel bedoell bedeol (1) Totaal vraag 4: /10 Goed Gedoen!
9 Graad 5 Afrikaans FAL Junie Eksamen 2021 Prestasie Evaluering (vir onderwyser gebruik alleenlik) Naam en Van: __________________________________________ Klas: 5________ Vraag 1: Vraag nommer 1.1 1.2 1.3 1.4 1.5 1.6 1.7 1.8 1.9 1.10 1.11 1.12 Moontlike punt 1 1 1 1 1 1 1 1 1 2 2 2 Leerder punt TOTAAL: _______/15 Vraag 2: Vraag 2.1 2.2 2.3 2.4 2.5 2.6 2.7 2.8 2.9 2.10 nommer Moontlike 1 1 1 1 1 1 1 1 1 1 punt Leerder punt TOTAAL:_______/10 Vraag 3: Vraag 3 Moontlike punt 5 Leerder punt TOTAAL: _______/5 Vraag 4: Vraag nommer 4.1 4.2 4.3 4.4 4.5 4.6 4.7 4.8 4.9 4.10 Moontlike punt 1 1 1 1 1 1 1 1 1 1 Leerder punt TOTAAL:______/10 _____ 40

Study this subject

More from Grade 5 Afrikaans Fal

View all