Skip to content

Afrikaans Fal Grade 5 June 2022 Question Paper (Afrikaans)

Question paperAfrikaans FalGrade 520228 pages

Grade 5 Afrikaans Fal question paper from the June Exam 2022 (Afrikaans), 8 pages. Read online or get the free PDF download, memo linked when available.

Free to read online, no sign-up needed

Loading document…

Loading document…

June Exam 2022

Document textSearch extracted text and jump to a page.
1 TOM NEWBY SCHOOL Toets Vak Afrikaans Eksaminatrise Mev. Brits Datum Junie 2022 Totaal 40 punte Graad 5 Tydsduur 60 minute Moderator Mev. Steyn Instruksies: 1. Beantwoord alle vrae op die vraestel. 2. Lees die instruksies noukeurig. 3. Skryf netjies en leesbaar. 4. Onthou: Geen Engels. This assessment has been compiled using notes and information contained in the Tom Newby School resource material. The marking memorandum has been compiled accordingly. While alternative responses will be given due acknowledgement, the official memorandum will be considered a priority document to ensure uniformity of marking. Naam: Van: Klas: Hierdie vraestel bestaan uit: Vraag 1: Begripstoets (15) 40 Vraag 2: Visuele teks (10) Vraag 3: Opsomming (5) Vraag 4: Taalwerk (10) 0
2 Vraag 1: Begripstoets Lees die leesstuk noukeurig deur en beantwoord die vrae in volledige sinne: Abu Ali tel sy donkies Eendag stap Abu Ali dorp toe om ’n paar donkies te gaan koop. Hy koop nege donkies en ry op die voorste een huis toe. Die ander donkies loop agterna. Na ’n rukkie sê Abu Ali by homself: “Ek moet seker maak dat al my donkies hier is.” Hy draai om en begin sy donkies tel. Hy tel net agt donkies. “Een, twee, drie, vier, vyf, ses, sewe, agt. O, gits! Waar is die negende donkie?” roep Abu Ali uit. Hy spring van sy donkie af en soek na die negende donkie. Hy soek agter die bome en rotse, maar hy sien die donkie nêrens nie. “Ek sal hulle weer tel,” sê Abu Ali. “Een, twee, drie, vier, vyf, ses, sewe, agt, nege. Nou is daar nege! Die donkie het seker teruggekom!” Hy klim toe maar weer op die donkie en ry verder. Na ’n rukkie draai hy weer om en tel die donkies: “Een, twee, drie, vier, vyf, ses, sewe, agt. Daar’s net agt donkies!” Hy spring van die donkie af en soek weer agter die bome en rotse na die negende donkie. Hy kry die donkie nêrens nie. “Ek sal weer tel,” sê hy. Hierdie keer is daar weer nege! Hy klim op die donkie en ry verder. ’n Rukkie later sien Abu Ali sy vriend, Musa, langs die pad. “Musa!” roep hy uit. “Help my om my donkies te tel, asseblief. Daar’s elke keer een te min. Wanneer ek stop om hulle te tel, is daar net agt donkies, maar as ek afklim om na die negende een te soek, is hy weer daar. Dan is daar nege!” “Wel, ek kan tien donkies sien, Abu Ali,” lag Musa. “Tien? Hoe so?” vra Abu Ali.
3 “Ek sien die donkie waarop jy ry en ek sien agt donkies agter jou.” sê Musa. “Natuurlik!” roep Abu Ali uit. “Ag, ek was so dom! Maar waar is die tiende donkie?” “Hy ry op die negende donkie se rug,” sê Musa, “en sy naam is Abu Ali!” Bron: Afrikaans Sonder Grense Gr 5 Woordtelling: 225 Vrae: [15] 1.1 Hoeveel donkies koop Abu Ali? (1) ___________________________________________________________________ ___________________________________________________________________ 1.2 Wat is Abu Ali se vriend se naam? (1) ___________________________________________________________________ 1.3 Hoeveel mense is in die storie? (1) ___________________________________________________________________ 1.4 Omkring die regte antwoord: (1) Abu Ali soek die donkie agter bome agter huise 1.5 Een woord is verkeerd in die volgende stelling. Verander die woord om die sin waar te maak. (1) Abu Ali het op die middelste donkie gery. ___________________________________________________________________ 1.6 Wat noem Musa vir Abu Ali? Watter tipe persoon, dink jy, is Abu Ali? (2) Musa noem Abu Ali ’n __________________________. Ek dink _____________________________________________________________ ___________________________________________________________________ 1.7 Is ’n donkie ’n handige dier om te besit? (Ja of nee) Hoekom sê jy so? (2) ___________________________________________________________________ ___________________________________________________________________ 1.8 Gee een verskil tussen ’n perd en ’n donkie. (2) Perd Donkie
4 1.9 Dink jy dat Abu Ali oud of jonk is? Gee ’n rede vir jou antwoord. (2) Ek dink Abu Ali is _________________. Rede ______________________________________________________________ ___________________________________________________________________ 1.10 Musa lag vir Abu Ali. Dink jy Musa is ’n goeie vriend? Gee een eienskap van ’n goeie vriend. (2) ___________________________________________________________________ Eienskap van ’n goeie vriend: ______________________________________ ___________________________________________________________________ Vraag 2: Visuele teks [10] Kyk na die advertensie en beantwoord die vrae. Jy hoef nie in volledige sinne te antwoord nie.
5 2.1 Op watter kanaal is die program? (1) ___________________________________________________________________ 2.2 Wat is die kanaal se webtuiste? (1) ___________________________________________________________________ 2.3 Onderstreep die korrekte antwoord: Die naam van die program is: Kyk wie (sing / praat). (1) 2.4 Hoe laat word die program uitgesaai? (1) ___________________________________________________________________ 2.5 Hierdie program gaan oor kinders. Wat in die advertensie wys dit? (1) (Omkring die korrekte antwoord.) A. Die blokkies B. Die man se bril C. Die man se baadjie 2.6 Kyk na die advertensie. Watter tegnieke word daar gebruik om aandag te trek? Noem twee. (2) ___________________________________________________________________ ___________________________________________________________________ 2.7 Die slagspreuk van die advertensie is “Uit die mond van die suigeling”, wat dink jy, gaan die kinders in die program doen? (1) Ek dink die kinders gaan ______________________________. 2.8 Mense het altyd gesê: “Kinders word gesien en nie gehoor nie.” Stem jy saam met die stelling? Gee ’n rede vir jou antwoord. (2) ___________________________________________________________________ ___________________________________________________________________ Vraag 3: Opsomming [5] Lees weer die verhaal “Abu Ali tel sy donkies” deur. Voltooi die opsomming van die verhaal deur die ontbrekende feite in te vul. Skryf slegs een hoofgedagte uit elke paragraaf neer.
6 3.1 Aan die begin van die storie _______________________________________ ______________________________________________________________ 3.2 _____________________________________________________________ _____________________________________________________________ 3.3 _____________________________________________________________ _____________________________________________________________ 3.4 Hy vra sy vriend ________________________________________________ ______________________________________________________________ 3.5 Aan die einde __________________________________________________ ______________________________________________________________ Vraag 4: Taalwerk [10] 4.1 Vul die korrekte voornaamwoord in: (1) Abu Ali stap dorp toe, _________ koop nege donkies. 4.2 Omkring die regte voorsetsel: (1) Abu Ali ry (op / onder) die donkie se rug. 4.3 Vul die korrekte trappe van vergelyking in: (1) Die donkie waarop Abu Ali ry is (mak) __________________ as die ander. 4.4 Herskryf die sin in die verlede tyd: (1) Musa lag vir Abu Ali. _____________________________________________________________ _____________________________________________________________ 4.5 Voltooi die vergelyking: (1) Abu Ali se donkie sê: “Abu Ali jy is so lig soos ’n _______________.” 4.6 Vul die korrekte teenoorgestelde in die tabel in: (1) Skoon Vuil Klein Min Baie 4.7 Onderstreep die korrekte spelling: (1) Wanneer Abu Ali op die donkie se rug sit is hy (höer / hoër) as Musa.
7 4.8 Skryf die volgende woorde in die korrekte alfabetiese volgorde: (1) nege, dom, donkie, agt, Abu, draai. _____________________________________________________________ 4.9 Herskryf die sin met die korrekte punktuasie. (1) donkie, waar is jy donkie _____________________________________________________________ 4.10 Maak die sin langer deur die voegwoord te gebruik. (1) Abu Ali ry op een donkie. Hy gaan huis toe. (want) ______________________________________________________________ ______________________________________________________________
8 Graad 5 Afrikaans Addisionele Toets 2022 Prestasie evaluering (Vir onderwyser gebruik alleenlik) Naam en Van: _________________________________ Klas: 5 _______ Vraag 1 1.1 1.2 1.3 1.4 1.5 1.6 1.7 1.8 1.9 1.10 Moontlike punt 1 1 1 1 1 2 2 2 2 2 Leerder punt Vraag 2 Moontlike punt 2.1 2.2 2.3 2.4 2.5 2.6 2.7 2.8 Leerder punt 1 1 1 1 1 2 1 2 Vraag 3 Moontlike punt 5 Leerder punt Vraag 4 4.1 4.2 4.3 4.4 4.5 4.6 4.7 4.8 4.9 4.10 Moontlike punt 1 1 1 1 1 1 1 1 1 1 Leerder punt

Study this subject

More from Grade 5 Afrikaans Fal

View all