1
TOM NEWBY SCHOOL
Kwartaal 4 Formele Assessering
Vak Afrikaans Addisionele Taal Eksaminator Mev. L. Brits
Datum November 2022 Totaal 40 Punte
Graad 5 Tyd 1 uur 30 min
Moderator Mev. M. Steyn
Spesiale instruksies/ Instruksies
Toerusting Lees jou vrae goed deur.
Antwoord al die vrae.
Skryf netjies en leesbaar.
Geen woordeboeke.
Hierdie assessering is opgestel met die gebruik van notas en inligting beskikbaar in die
Tom Newby inligting materiaal. Die memorandum of rubriek is opgestel tot ‘n standaard,
maar alternatiewe antwoorde of opinies word in ag geneem.
Naam: Van: Klas:
Hierdie vraestel bestaan uit:
Vraag 1: Literêre / nie-literêre teks (15)
Vraag 2: Visuele teks (10)
Vraag 3: Opsomming (5)
40
Vraag 4: Taalstrukture en konvensies (10)
Skip to contentAll 2022 papers 





View all





Afrikaans Fal Grade 5 November 2022 Question Paper (Afrikaans)
Grade 5 Afrikaans Fal question paper from the November Exam 2022 (Afrikaans), 10 pages. Read online or get the free PDF download, memo linked when available.
Afrikaans Fal · Grade 5 · November Exam · 2022 · Afrikaans. Question paper, 10 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Afrikaans Fal
- Grade
- Grade 5
- Language
- Afrikaans
- Document type
- Question paper
- Year
- 2022
- Exam period
- November Exam
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 10
- File size
- 784.7 KB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 10
This exam
November Exam 2022
- Other filesQuestion paperMemo
Document textSearch extracted text and jump to a page.
2
Vraag 1: Literere / nie-literere teks [15]
Lees die storie deur en beantwoord die vrae wat volg:
Jock van die Bosveld
1 Daar was ’n oulike, klein, bruin hondjie met die naam Jock. Jock was spesiaal. Hy
het vir homself gesê: “Ek wil so dapper soos my ma, Jess, wees.”
Hy sê ook: “Ek wil groot en sterk en slim wees!” Jock sê: “Ek wil graag ’n vriend
hê.”
2 Jock is baie gelukkig. Toe hy groot word, kry hy ’n beste vriend. Sy naam is Percy
Fitzpatrick. Hulle bly in die Bosveld. Jock leer vinnig om te jag. Maar hy jag nie
slange nie. Hy bly in die nag by die vuur as daar leeus is. Hy is versigtig en
gehoorsaam.
3 Jock sien ’n wildsbok lank voor voor Percy die bok raaksien. Percy weet dat Jock se
stertjie alles wys wat hy voel.
4 Jock was altyd dapper. Een nag, toe hy die hoenders teen die ander honde probeer
beskerm, skiet ’n man hom per ongeluk dood. Percy was baie hartseer. Almal onthou
Jock vandag nog as Jock van die Bosveld.
Bron: Afrikaans Sonder Grense
Woordtelling: 157 Woorde
3
Vrae:
Onthou - Antwoord in volledige sinne (tensy anders aangedui). Geen Engels.
1.1 Wat is Jock se beste vriend se naam? _________________________ (1)
1.2 Onderstreep die korrekte antwoord: (1)
Hierdie deel van Jock wys alles wat hy voel:
A. Sy stertjie B. Sy kop C. Sy neus D. Sy ore
1.3 Waar bly Jock? (1)
______________________________________________________________________
1.4 Wat, dink jy, is die hoofgedagte van die verhaal? (1)
Onderstreep die regte antwoord:
A. Die vriendskap tussen ’n man en ’n beer.
B. Die vriendskap tussen ’n man en ’n hond.
C. Die vriendskap tussen ’n hond en ’n bok.
1.5 Gee een nut van ’n hond en ’n kat vir die mens: (2)
Hond Kat
1.5.1) 1.5.2)
1.6 Gee een karaktereienskap van Jock: (1)
______________________________________________________________________
1.7 Die volgende stellings is onwaar. Onderstreep die woord in die sin wat verkeerd is
en skryf slegs die regte woord neer. (2)
Stelling Korrekte woord
Jock bly in die nag by die huis as daar 1.7.1)
leeus is.
Jock het een nag die katte teen die ander 1.7.2)
honde probeer beskerm.
4
1.8 Aan die einde van die verhaal gaan Jock dood. As jy ’n ander slot kon skryf, wat
sou dit wees? (1)
______________________________________________________________________
______________________________________________________________________
______________________________________________________________________
1.9 Wat beteken die woord gehoorsaam? (1)
Onderstreep die korrekte antwoord:
A. Hy luister na instruksies. B. Hy doen sy eie ding.
C. Hy bad nooit. D. Hy drink baie water.
1.10 Dit is belangrik om mooi na ’n troeteldier te kyk.
Noem twee maniere waarop jy mooi na ’n troeteldier kan omsien: (2)
1.10.1 ________________________________________________________________
________________________________________________________________
1.10.2 ________________________________________________________________
________________________________________________________________
1.11 As jy enige dier kon wees, watter dier sou jy wou wees? (2)
Gee ’n rede vir jou antwoord:
Ek sal ’n _____________________________ wil wees.
Rede: ___________________________________________________________
___________________________________________________________
Totaal Vraag 1 (15)
Die ‘Jock of the Bushveld’ monument in
Barberton, Mpumalanga.
5
Vraag 2: Visuele Teks [10]
Kyk na die advertensie en beantwoord die vrae wat volg:
Woef woef Hondekoekies
Jou hondevriend sal mal wees oor Woef Woef Hondekoekies!
Geure:
Pampoen
Grondboontjiebotter
Liplekker Prys:
Malvalekker
R50
Rys
vir 500g
Bestanddele:
Proteïne
Kalsium
Vitamien D
Vitamien C
Geen sout of kleurmiddels
Slegs beskikbaar aanlyn. Kontak ons by www.woefhonde.co.za om jou
bestelling te plaas. Skakel ons gerus by 011 849-5333 as jy enige vrae het.
Ons sal dit vir jou aflewer
6
Vrae:
Onthou - Jjy hoef nie in volledige sinne te antwoord nie. Geen Engels.
2.1 Watter produk word geadverteer? (1)
______________________________________________________________________
2.2 Waar of Onwaar:
Die koekies kan in Checkers gekoop word. (1)
______________________________________________________________________
2.3 Noem een bestanddeel in die produk: (1)
______________________________________________________________________
2.4 Hoekom, dink jy, moet daar nie sout of kleurmiddels in die koekies wees
nie? (1)
______________________________________________________________________
______________________________________________________________________
2.5 Watter tegnieke is in die advertensie gebruik om jou aandag te trek? (2)
Noem twee.
______________________________________________________________________
______________________________________________________________________
2.6 Watter nommer moet jy skakel as jy navrae het? (1)
______________________________________________________________________
2.7 Onderstreep die korrekte antwoord: (1)
“Jou hondevriend sal mal wees oor Woef Woef Hondekoekies!”
Beteken:
A. Die Hondekoekies maak honde mal.
B. Die honde sal van die koekies hou.
C. Die koekies maak honde sterk.
7
2.8 Dink jy honde moet elke dag ’n koekie kry? Gee ’n rede vir jou antwoord. (2)
______________________________________________________________________
______________________________________________________________________
Totaal Vraag 2 (10)
Vraag 3: Opsomming [5]
Vul die ontbrekende feite in om die opsomming van Jock van die Bosveld te voltooi:
3.1 Eendag was daar ’n __________________________________________________
______________________________________________________________________
3.2 Hy was ____________________________________________________________
3.3 Sy beste ___________________________________________________________
3.4 Jock beskerm _______________________________________________________
______________________________________________________________________
3.5 ’n Man ____________________________________________________________
Totaal Vraag 3 (5)
Vraag 4: Taalstrukture en konvensies [10]
Verwys na die teks “Jock van die Bosveld” om die volgende taalvrae te beantwoord.
Onthou jy hoef nie in volledige sinne te beantwoord nie (tensy aangedui). Spelling tel.
4.1 Gee die regte vorm van die woord tussen hakies (trappe van vergelyking): (1)
Jock was die (dapper) __________________________ hond wat Percy nog ooit
gesien het.
8
4.2 Onderstreep die korrekte voornaamwoord: (1)
Percy is Jock se eienaar, Percy is (sy / hom) baas.
4.3 Verander die volgende sin in die indirekte rede: (1)
Jock sê: “Ek wil graag ’n vriend hê.”
Jock sê _____________ hy graag ’n vriend wil ____________.
4.4 Identifiseer een verkleinwoord uit die leesstuk: (1)
__________________________________________
4.5 Herskryf die volgende woorde in alfabetiese volgorde: (1)
Jock, Percy, jag, Jess, wildsbok.
__________________________________________________________________
4.6 Omkring die regte antwoord: (1)
Identifiseer die leesteken in die volgende sin:
Ek wil groot en sterk en slim wees!
A. Kolon B. Uitroepteken
C. Punt D. Aanhalingstekens
4.7 Gee die meervoud van die woord tussen hakies: (1)
Daar was ’n oulike, klein bruin (hondjie) ____________________________
met die naam Jock.
9
4.8 Verander die volgende sin in die verlede tyd: (1)
Jock sien ’n wildsbok lank voor Percy.
Jock ___________ ‘n wildsbok lank voor Percy ____________________.
4.9 Identifiseer een voorbeeld van ’n emosie uit die leesstuk: (1)
Emosie: _____________________________________
4.10 Onderstreep die werkwoord in die volgende sin: (1)
Ek wil so dapper soos my ma, Jess, wees.
Totaal Vraag 4 (10)
10
Graad 5 Afrikaans November
Kwartaal 4 Formele Assessering
Prestasie Evaluering
Naam en Van: _______________________________________________ Graad 5: _______
Vraag 1:
Vraag 1.1 1.2 1.3 1.4 1.5 1.6 1.7 1.8 1.9 1.10 1.11
Moontlike punt 1 1 1 1 2 1 2 1 1 2 2
Leerder punt
Totaal: ___
Vraag 2:
Vraag 2.1 2.2 2.3 2.4 2.5 2.6 2.7 2.8
Moontlike punt 1 1 1 1 2 1 1 2
Leerder punt
Totaal: ___
Vraag 3:
Moontlike punt 5
Leerder punt
Vraag 4:
Vraag 4.1 4.2 4.3 4.4 4.5 4.6 4.7 4.8 4.9 4.10
Moontlike punt 1 1 1 1 1 1 1 1 1 1
Leerder punt
Totaal: ___
Study this subject
Recommended for this subject

Memorandum
Afrikaans Fal Grade 5 November 2022 Memo (Afrikaans)

Memorandum
Afrikaans Fal Grade 5 June 2022 Memo (Afrikaans)

Memorandum
Afrikaans Fal Grade 5 November 2021 Memo (Afrikaans)

Memorandum
Afrikaans Fal Grade 5 November 2019 Memo (Afrikaans)

Question paper
Afrikaans Fal Grade 5 ANA Exemplars 2013 Question Paper (Afr)

Question paper
Afrikaans Fal Grade 5 ANA 2012 Question Paper (Afrikaans)
More from Grade 5 Afrikaans Fal

Memorandum
Afrikaans Fal Grade 5 June 2021 Memo (Afrikaans)

Memorandum
Afrikaans Fal Grade 5 June 2021 Memo (Afrikaans)

Memorandum
Afrikaans Fal Grade 5 ANA 2014 Memo (Afrikaans)

Memorandum
Afrikaans Fal Grade 5 ANA 2013 Memo (Afrikaans)

Memorandum
Afrikaans Fal Grade 5 ANA Exemplars 2013 Memo (Afrikaans)

Memorandum