Skip to content

Life Orientation Grade 9 November EC 2010 Question Paper

Question paperLife OrientationGrade 9201012 pages

Grade 9 Life Orientation question paper from the November EC 2010, 12 pages. Read online or get the free PDF download, memo linked when available.

Free to read online, no sign-up needed

Loading document…

Loading document…

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Province of the EASTERN CAPE EDUCATION SENIOR FASE GRAAD 9 NOVEMBER 2010 LEWENSORIENTERING PUNTE: 100 TYD: 2 uur Hierdie vraestel bestaan uit 11 bladsye.
2 LEWENSORIENTERING (NOVEMBER 2010) INSTRUKSIES AAN KANDIDATE 1. Beantwoord al die vrae. 2. Nommer jou vrae korrek. 3. Laat ʼn spasie oop tussen vrae.
(NOVEMBER 2010) LEWENSORIENTERING 3 AFDELING A VRAAG 1 Kies die korrekte antwoord. Skryf slegs die letter A, B, C, of D langs die nommer neer, bv. 1.1 B 1.1 Jeugdag word gevier op … A 21 Maart. B 9 Mei. C 16 Junie. D 9 Augustus. 1.2 Elke werker het die reg … A om afwesig te wees van werk sonder toestemming. B om laat te kom vir werk sonder om dit aan te meld. C tot in-diens opleiding. D geld te leen van sy werkgewer. 1.3 In ʼn gesonde verhouding moet ʼn mens … A verneder word. B selfgeldend wees. C afgeskeep voel. D passief wees. 1.4 Watter van die volgende siektes is ʼn lewenstyl siekte? A Polio B Alzheimer C MIV/VIGS D Malaria 1.5 Een van die volgende is nie ʼn reg van burgers nie. A Die reg op skuiling. B Die reg tot ʼn skoon omgewing. C Die reg om mishandel te word. D Die reg tot basiese opvoeding. (5 x 1) (5) [5]
4 LEWENSORIENTERING (NOVEMBER 2010) VRAAG 2 Dui aan of die volgende stellings WAAR of ONWAAR is. Skryf slegs WAAR of ONWAAR teenoor die ooreenstemmende nommer. 2.1 ʼn Departementele werknemer is nie geregtig op kraamverlof nie. 2.2 Leerders is verplig om Wiskunde en Wiskundigegeletterdheid te neem in die VOO-Band. 2.3 Seksueel oordraagbare siektes word verkry deur onbeskermde seks. 2.4 Malaria is ʼn water oordraagbare siekte. 2.5 Skopboks is ʼn sport vir avontuur en onspanning wat in die buitelug beoefen word. (5 x 1) (5) [5] VRAAG 3 Kies die toepaslike woord wat ooreenstem met elke stelling. (beurs, lening, studiebeurs, rente, internskap) 3.1 Finansiële steun waarvoor mens aansoek doen by ʼn bank en terugbetaal oor ʼn sekere tydperk. 3.2 In-diens-opleiding wat gegee word deur ʼn departement/maatskappy in ʼn spesifieke studierigting. 3.3 Finansiële bystand wat verleen word aan ʼn student wat gekoppel is aan sy beroepskeuse prestasie en finansiële behoeftes. 3.4 Finansiële bystand wat verleen word aan ʼn student vir uitstaande prestasie. 3.5 ʼn Bedrag geld wat by sy lening gevoeg word. (5 x 1) (5) [5]
(NOVEMBER 2010) LEWENSORIENTERING 5 VRAAG 4 Pas die konsepte in KOLOM A met die frases in KOLOM B. Skryf slegs die letter van die antwoord bv. 4.1 D. KOLOM A KOLOM B 4.1 Groepsdruk A Om afhanklik van ʼn middel te wees. 4.2 Vetsug B Haat/onverdraagsaamheid teenoor buitelanders 4.3 Gimnastiek C Baie oorgewig 4.4 Verslawing D Ritmiese liggaamsbewegings 4.5 Xenofobie E ʼn Positiewe of negatiewe invloed van vriende (5 x 1) (5) [5] TOTAAL AFDELING A: 20 AFDELING B VRAAG 5 Lees die onderstaande gevallestudie oor dwelmmisbruik en beantwoord die vrae wat volg. Nyoapa is ʼn mengsel van dagga en heroïne. Dit is baie gewild onder mans sowel as vroue in die meeste stede. Hierdie verbruikers beweer dat hulle begin het deur sigarette te rook en geleidelik oorgeskakel het na Nyoapa. Die meeste van hulle is werkloos en moet hulle tot misdaad wend om hul behoefte aan dwelmmisbruik te bevredig. Hier volg ʼn verslag van ʼn gebruiker. Een man beweer hy voel baie moeg, sweet en het elke oggend maagkrampe. Hy moet twee “joints” neem om weer “high” te voel. Elke “joint” kos tussen R40, 00 en R60, 00 afhangende van die verskaffers. Hy rook ten minste ses “joints” per dag. Hy se dat hy graag sal wil ophou, maar hy is alreeds verslaaf. Hy is bewus van die gevare verbonde aan dwelmmisbruik, maar hy weet nie hoe om die verslawing te oorkom nie. 5.1 Noem twee TIPES dwelms wat genoem word in die gevallestudie. (2) 5.2 Noem TWEE organe wat deur die herhaalde gebruik van dwelms aangetas word. (2) 5.3 Wat is die simptome verbonde aan dwelmmisbruik soos uiteengesit in bogenoemde verslag? Noem DRIE. (3) 5.4 Bereken die bedrag wat dit bogenoemde gebruiker sou kos vir sewe dae teen R50,00 per “joint”. Dui jou berekeninge stap vir stap aan. (4)
6 LEWENSORIENTERING (NOVEMBER 2010) 5.5 Waarheen sal jy bogenoemde verbruiker verwys sodat hy/sy van hierdie gewoonte kan ontslae raak? Gee TWEE moontlikhede. (2) 5.6 Na aanleiding van die gevallestudie, is ʼn “joint” ʼn (huis, nyoapa, sjebeen). (1) 5.7 Op watter maniere dra dwelmmisbruik by tot misdaad? Noem TWEE maniere. (2) [16] VRAAG 6 Lees die onderstaande uittreksel en beantwoord die vrae wat verband hou met die stuk. 1 Miljoen Staatsamptenare betoog. Foto: AFP Staatsamptenare betoog buite die Natalspruit hospitaal en eis beter salarisverhogings in Johannesburg op 18 Augustus 2010, nadat die unies die regering se aanbod verwerp het. Die Suid-Afrikaanse regering sê hulle sal nie hul aanbod aan staatsamptenare verhoog , wat gewikkel was in die betoging vanaf Woensdag nie. Skole was erg ontwrig op die eerste dag van die staking. Die minister van Publieke Dienste, Richard Baloyi se die regering se finale aanbod van ʼn 7% verhoging en ʼn behuisingstoelaag van R700 sal die regering amper vyf miljard Rand kos, geld wat hulle sal moet verhaal deur op ander uitgawes te besnoei. “ Dit is nie ʼn finale standpunt uit keuse nie. Dit is ʼn finale standpunt uit bekostigbaarheid. Trouens, selfs hierdie aanbod is nie bekostigbaar nie aangesien ons elders sal moet besnoei. Hoe ons hierdie vyf miljard Rand gaan bymekaarmaak, sal binnekort aan die mense bekend gemaak word” se Baloyi. . Die regering sal die aanbod Donderdag teken en dit sal, volgens regulasies, binne 21 dae geïmplementeer word. Die unies is egter onversetlik dat hulle nie sal skik vir minder as ʼn 8,6 % verhoging en ʼn huissubsidie van minder as R1 000 nie.
(NOVEMBER 2010) LEWENSORIENTERING 7 Delia Robertson | Johannesburg, 18 Augustus 2010
8 LEWENSORIENTERING (NOVEMBER 2010) 6.1 Identifiseer TWEE griewe/eise van die werkers. (2) 6.2 Gee die name van enige TWEE unies wat tydens hierdie publieke werkers staking betrokke was. (2) 6.3 Watter menseregte is geskend gedurende hierdie staking? Noem TWEE. (2) 6.4 Watter staatsamptenare is nie veronderstel om te staak nie? Noem TWEE en gee ʼn rede vir jou antwoord. (2 x 2) (4) 6.5 Dink jy ʼn staking is die beste manier om ʼn dooie punt te besleg? Motiveer jou antwoord. (2) 6.6 Wie is die minister van Publieke Dienste? (2) [14] VRAAG 7 Lees die onderstaande gevallestudie en beantwoord die vrae wat volg. SCENARIO Zandi se vriende is partytjie diere. Hulle het onlangs ʼn partytjie gehou by Zandi se huis terwyl haar ouers weg was. Daar was harde musiek gespeel terwyl die deure wawyd oop was. Daar was baie motors op die bure se gras geparkeer. Die bure kon nie slaap nie. Toe hulle die volgende dag opstaan, was die buurt vuil van bottels en plastiese sakke. Die volgende dag was ʼn verslag na die straatkomitee asook aan die polisie forum gestuur. Die gemeenskapskomitee het ʼn klag teen Zandi se ouers aanhangig gemaak. 7.1 Voorsien die gevallestudie van ʼn gepaste opskrif. (2) 7.2 Verduidelik jou gevoelens rondom die gebeure. (2) 7.3 Watter negatiewe gevolge kan hierdie situasie tot gevolg hê? (2) 7.4 Watter regte van die bure is oortree? Noem TWEE. (2) 7.5 Wat is die werk van die straatkomitee? Noem TWEE. (2) 7.6 As jy die voorsitter van hierdie komitee is, hoe sal jy die saak oplos? (2) [12]
(NOVEMBER 2010) LEWENSORIENTERING 9 VRAAG 8 Besoedeling het baie bygedra tot die ontwikkeling van siektes in ons gemeenskappe. Die regering word gedwing om wette daar te stel om besoedeling te bekamp sodat die aarde gered kan word. 8.1 Gee voorbeelde van hoe die volgende besoedeling plaasvind: 8.1.1 Lugbesoedeling. (1) 8.1.2 Waterbesoedeling. (1) 8.1.3 Grondbesoedeling. (1) 8.2 Noem EEN insek en EEN dier wat aanteel in ʼn stortingsterrein omgewing. (2) [5] VRAAG 9 Bestudeer die volgende gevallestudie en beantwoord die vrae wat volg. Wendy is ʼn Graad 9 leerder aan ʼn plaaslike skool. Sy en haar vriende hou daarvan om uit te hang met hulle mansvriende. Haar ouer suster waarsku haar altyd teen die gevare van ernstige verhoudings op haar ouderdom. Die vorige week het haar vriend haar na een van sy vriende se partytjie geneem. Sy onthou dat sy ʼn glas koeldrank aangebied is en dat sy die volgende dag in die hospitaal wakker geword het. Die dokter het haar vertel dat sy deur ʼn bende verkrag is en sal moet wag vir die uitslae van haar bloedtoetse. Hy het verduidelik dat daar ʼn moontlikheid bestaan dat sy seksueel oordraagbare infeksies kon opgedoen het. 9.1 Waarvan het Wendy en haar vriendinne gehou? (1) 9.2 Hoe weet jy dat haar ouer suster vir haar omgee? (1) 9.3 Hoekom is dit nie goed dat Wendy en haar vriendinne hulle bemoei met ‘n seun/meisie verhouding nie? (2) 9.4 Wat, dink jy, was die probleem met Wendy se koeldrank? (2) 9.5 Bende verkragting beteken -------------------- (2) 9.6 Noem enige TWEE seksueel oordraagbare siektes wat Wendy kon opdoen. (2) 9.7 Beskryf behandelings opsies wat verband hou met risiko gedrag/seksueel oordraagbare siektes. Noem enige TWEE. (2) 9.8 Hoe kan Wendy en haar vriende hul vrye tyd nuttig bestee? Gee EEN. (1) [13]
10 LEWENSORIENTERING (NOVEMBER 2010) TOTAAL AFDELING B: 60 AFDELING C VRAAG 10 Kies die korrekte antwoord:: 10.1 Jim staan elke oggend op en doen tien padda spronge. Hy oefen sy … A bene. B arms. C skouers. D spoed. 10.2 Sipho loop op ʼn smal vyf meter lange muur. Die volgende aktiwiteite word daardeur verfyn: A Balans en spoed B Hoogte en spoed. C Balans en hoogte. D Spoed en rotasie. 10.3 Deur elke oggend te draf, ontwikkel … A slegs jou hart. B slegs jou longe C slegs jou bene. D al bogenoemde. 10.4 Liggaamsbeweging volgens ritme is: A Gimnastiek B Boks C Kultuur D Sport 10.5 Voordat jy betrokke raak by veeleisende oefening, moet jy … oefeninge doen.. A afkoel B opwarmings C dans D funksionele aktiwiteite (5 x 1) (5) [5]
(NOVEMBER 2010) LEWENSORIENTERING 11 VRAAG 11 Kies die korrekte antwoord tussen hakies. Skryf slegs die korrekte woord langs die nommer neer. 11.1 Die 2010 Sokkerwêreldbekertoernooi was gehou in (Amerika, Australië, Suid-Afrika, Engeland) 11.2 Opwarmingsoefeninge word gedoen (aan die begin, gedurende, aan die einde) van die oefen sessie. 11.3 Die finale wedstryd tydens die 2010 Sokkerwêreldbekertoernooi was gespeel in die (Soccer City, Mbombela, Peter Mokaba) stadion. 11.4 Suid-Afrika se eerste doel gedurende die 2010 Sokkerwêreldbekertoernooi was aangeteken deur (Steve Pienaar, Benny McCarthy, Siphiwe Tshabalala). 11.5 Die 2010 Sokkerwêreldbekertoernooi was (Suid-Afrika, Ghana, Spanje). (5 x 1) (5) [5] VRAAG 12 Die onderstaande gevallestudie is gebaseer op buitelug avonture en ontspanningsaktiwiteite. Lees die gevallestudie deur en beantwoord die vrae wat volg: Zola wil deelneem aan die Statebond Spele in 2014. Hy is ʼn goeie atleet en hardloop die 100 m in 10 sekondes. Die wêreldrekord is 8,5 sekondes en hy wil hierdie rekord verbeter. Hy eet nie gemorskos nie want dit maak vet en is nie gesond vir sy fiksheid nie. Hy oefen op ʼn veld van 500 m in lank. Die veld is verdeel in die volgende dele: die eerste 100 m is droë grond, die volgende 100 m is sand, die derde 100 m is sakresies, die vierde is water en die laaste 100 m is hekkies. Hy oefen twee keer per dag waarna hy 40 m stap en sy arms sywaarts en opwaarts strek. 12.1 Werk ʼn gesonde ontbyt spyskaart uit vir Zola om sodoende sy fiksheid te handhaaf. Noem die TWEE belangrikste voedselgroepe. (2) 12.2 Met hoeveel sekondes moet Zola die 100 m vinniger hardloop om die rekord te verbeter? (1) 12.3 Benoem TWEE interne organe wat Zola oefen. (2)
12 LEWENSORIENTERING (NOVEMBER 2010) 12.4 Benoem TWEE interne organe wat Zola oefen. (2) 12.5 Noem EEN afkoelings oefening wat Zola doen. (1) 12.6 Gee TWEE redes waarom afkoelings oefeninge nodig is. (2) [10] TOTAAL AFDELING C: 20 GROOTTOTAAL: 100

Study this subject

More from Grade 9 Life Orientation

View all