Skip to content

Life Orientation Grade 9 June Common 2010 QP (Afr)

Question paperLife OrientationGrade 9201011 pages

Grade 9 Life Orientation question paper from the June Common 2010 (Afrikaans), 11 pages. Read online or get the free PDF download, memo linked when available.

Free to read online, no sign-up needed

Loading document…

Loading document…

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Province of the EASTERN CAPE EDUCATION SENIOR FASE GRAAD 9 JUNIE 2010 LEWENSORIËNTERING PUNTE: 100 TYD: 2 uur Hierdie vraestel bestaan uit 9 bladsye.
2 LEWENSORIËNTERING (JUNIE 2010) INSTRUKSIES EN INLIGTING 1. Beantwoord ALLE vrae. 2. Nommer die vrae soos op die vraestel. 3. Laat ʼn reël oop tussen vrae.
(JUNIE 2010) LEWENSORIËNTERING 3 VRAAG 1 Watter van die volgende bewerings is WAAR of ONWAAR. Skryf slegs die korrekte antwoord teenoor die vraagnommer. 1. 1.1 Hoëbloeddruk is ʼn aanmeldbare siektetoestand. 1.2 Xenofobie vind plaas wanneer arm mense winkels van ryk eienaars plunder. 1.3 Vryheidsdag word op 27 April gevier. 1.4 Wiskunde, Wiskunde Geletterdheid en Natuurwetenskappe is verpligte vakke in die VOO Band. 1.5 Dit is nie van belang om opwarmingsoefeninge te doen voor die aanvang van fisiese aktiwiteite nie. (5 x 1) (5) [5] VRAAG 2 Pas die term in KOLOM A by die korrekte beskrywing in KOLOM B. Skryf slegs die letter van die woord in KOLOM A neer en die korrekte nommer van die beskrywing in KOLOM B langs dit bv. 2.3 E. KOLOM A KOLOM B 2.1 (Gap) jaar A Gee toegang aan leerders wie Graad 9 geslaag het 2.2 Aanleg B ʼn Voorbeeld van positiewe persoonlike kwaliteit 2.3 Uithouvermoë C Dui die vooropgestelde koste aan van die instelling se fooi 2.4 FET Kollege D ʼn Jaar vry van studies nadat Graad 12 geslaag is 2.5 Koste/Fooi berekening E ʼn Aanvoeling of potensiaal vir ʼn sekere vak (5 x 1) (5)
4 LEWENSORIËNTERING (JUNIE 2010) 2.2 Bestudeer die tabel (struktuur van ʼn universiteit). 1. GEESTESWETENSKAPPE, REGTE EN OPVOEDKUNDE 2. WETENSKAP, INGENIEURSWESE EN TEGNOLOGIE 3. BESIGHEIDS- EN EKONOMIESE WETENSKAPPE 4. GESONDHEIDSWETENSKAPPE 2.2.1 ʼn Loopbaan in opvoedkunde vereis nie Wiskunde en Wetenskap nie. Tog sal dit voordelig vir ʼn student wees om hierdie twee vakke in sy/haar vakkeuse te kies. Verduidelik kortliks. (2) 2.2.2 Watter van die bogenoemde fakulteite verplig Wiskunde as vakkeuse? (1) 2.2.3 Watter fakulteit sluit Siviele Ingenieurswese en Argitektuur as vakke in? (1) 2.2.4 Op watter tydstip word ʼn leerder toegelaat om Wiskunde Geletterdheid, as vak kombinasie in Graad 10 te kies? (2) 2.2.5 Kies die korrekte woord tussen hakkies. Die (onderwyser, leerder, ouer) moet die finale besluit neem in hom/haar beroepskeuse. (1) [7] VRAAG 3 Bestudeer die volgende nasionale dae hieronder gelys:  Vrouedag (9 Mei)  Erfenisdag (24 September)  Menseregtedag (21 Maart)  Jeugdag (16 Junie)  Werkersdag (1 Mei) 3.1 Kies en beskryf slegs EEN van die nasionale dae, uit die lys hierbo genoem. Verduidelik die oorsprong en doel, hoe en wanneer dit herdenk word en die impak wat dit op die Suid-Afrikaanse jeug se lewens het. (3) 3.2 Verduidelik hoe jy die viering in die skool of gemeenskap sal plan. Skryf ten minste VIER stappe van die beplanning neer. (4) 3.3 Beskryf EEN voorbeeld van ʼn konflik situasie uit die onderstaande lys: xenofobie; huurmotor (taxi) onrus; siviele oorlog of politieke onrus (2) 3.4 Hoe kan religieuse organisasies bydrae om vrede te bevorder in die konflik (1)
(JUNIE 2010) LEWENSORIËNTERING 5 situasie soos in VRAAG 3.3 bespreek? [10] VRAAG 4 Lees die onderstaande leesstuk en beantwoord die vrae wat daarop volg. JEUG EN PORTUURDRUK Die jeug van vandag het ʼn kultuur van hul eie, so populêr dat hulle nie ag slaan op advies van hul ouers nie. Hulle maak hul oë toe en gooi ’n dowe oor teen alles wat goed is vir hulle. Volgens hulle is alle volwassenes dom/onnosel en primitief. Slegs ʼn paar besef dat hulle nie jonger word nie en binne ʼn paar jaar sal hulle voor groter uitdagings staan, met hul eie nasate. Die jeug beïnvloed mekaar met self-vernietigende aktiwiteite soos drank- en dwelm misbruik. Een uit elke drie jeugdiges is verslaaf aan dodelike middels. Hierdeur word hulle blootgestel aan seksuele oordraagbare siektes en infeksies, MIV/Vigs, jeug swangerskap, geweld, kriminele oortredings en ander gevare. Dit is moeilik vir die jeug om te besef wat die gevolge van hul onverantwoordelike keuses is, totdat dit te laat is, en telkemale is onherroeplike skade reeds gedoen. Dwelms, rook en alkohol bly gevaarlik. Stel jou voor, seksuele aanranding word gepleeg of aan jou gedoen onder die invloed van verbode en gevaarlike middels. Tydens die hoërskool fase word daar gewoonlik geëksperimenteer. Die jeug hou daarvan om ander tieners na te aap, in so ʼn mate dat hulle hul eie gesondheid en veiligheid asook hul verhoudings met hul geliefdes in gedrang bring. Baie van die jeug gooi hul morele waardes oorboord sodra hulle tersiêre vlak bereik. Hulle misbruik hulle vryheid, verval onder swak invloede en verloor hul fokus in die proses. Baie min individue is by magte om die versoeking te weerstaan of om sterk te staan en uit te roep: “Nee! Nie vir my nie!” [Vrylik vertaal: Skrywer onbekend] 4.1 Noem TWEE middels(stowwe) waarmee die jeug hou van om mee te eksperimenteer. (2) 4.2 Haal ʼn sin aan, uit paragraaf 2, wat aandui dat die misbruik van verbode middels baie hoog is. (2) 4.3 Wat is jou mening aangaande die invloed van negatiewe portuurdruk vir die jeug en hul ouers? (2) 4.4 Noem TWEE opbouende aktiwiteite waarmee tieners hul kan besig hou om selfvernietiging te voorkom. (2) 4.5 Gee EEN gevolg van onbeheerbare/swak gedrag. (1) 4.6 Definieer portuurdruk. (1)
6 LEWENSORIËNTERING (JUNIE 2010)
(JUNIE 2010) LEWENSORIËNTERING 7 4.7 Voltooi die volgende gesegdes/uitdrukkings. Skryf slegs die ontbrekende woorde neer. (a) .... die bed wat jy vir jouself maak. (b) “Jy …. wat jy saai” (1) 4.8 Kies die regte woord in hakies: Die laaste twee sinne (paragraaf 3) moedig tieners aan om (aggressief, selfgeldend, onderdanig) te wees. (1) [13] VRAAG 5 ʼn Plaaslike primêre skool het ʼn uitnodiging aan jou gerig om die Graad 7 leerders toe te spreek oor dwelmmisbruik. Skryf ʼn ingrypende toespraak, nie meer as 15 lyne, vir die teiken groep. Hieronder is ʼn voorgestelde formaat. Paragraaf 1 – Inleiding – Verduidelik wat dwelmmisbruik is. Watter tekens en simptome is opmerkbaar by iemand wie dwelms misbruik. Paragraaf 2 – Inhoud – Wat is die oorsake? Wat is die uitwerking en die gevolge van dwelmmisbruik? Paragraaf 3 – Toepassing – Hoe om die versoeking te weerstaan, die gewoonte af te leer en waar om aan te klop om hulp. [15]
8 LEWENSORIËNTERING (JUNIE 2010) VRAAG 6 Lees die onderstaande gevallestudies en beantwoord die vrae wat daarop volg. GESONDHEIDSPRAATJIE 1. Carol is al vir die afgelope twee jaar MIV-positief. Sy voel verontreg en ontsteld omdat die meerderheid lede van haar ondersteuningsgroep op ARV- behandeling is. Haar geneesheer verseker haar telkens dat sy ʼn normale CD4 telling het, en dus sonder ARV kan klaarkom. Die kliniek verskaf slegs antibiotika wat die algemene infeksies beheer. Sy ontvang soms kospakkies wat nie aldag voldoende is nie. 2. Cecilia het ʼn groeisel in haar linkerbors. Nadat dit onder operasie verwyder is word daar van haar verwag om chemoterapie te ontvang. Sy is gefrustreerd en vrees dat sy in die proses sy hare sal verloor en sodoende oud/bejaard sal lyk. 3. Deon het TB onderlêde en reageer nie op die behandeling nie. Sy geneesheer het hom meegedeel dat hy geen uitweg het nie as om in die plaaslike hospitaal opgeneem sal moet word nie. “Vir wat? Waarom mag ek nie my behandeling neem en slegs aanmeld vir gereelde ondersoeke, soos andere nie?”, het hy woedend gevra. 4. Ivy en haar familie is woonagtig op ʼn plaas. Haar eggenoot het onlangs gesterf aan ʼn onbekende siekte. Ivy is egter baie siek, en so ook haar kinders, onderskeidelik 7, 5 en 2 jaar oud. Daar is geen kliniek of hospitaal naby die plaas nie. Die enigste dokter wie die plaas besoek sien slegs om na die blanke pasiënte. Vroue en kinders verlaat selde die plaas. Slegs die mans gaan vir maande weg om die plaasboer te help by sy konstruksiemaatskappy. 6.1 Skryf ARV uit in woorde. (1) 6.2 Waarom word Carol nie op ARV-behandeling geplaasdeur haar dokter nie? (2) 6.3 Waarom sny (skeer) die meeste kanker pasiënte, wie chemoterapie ontvang hul hare af? (2) 6.4 Gee TWEE redes waarom Deon se dokter hom in die hospitaal laat opneem. (2) 6.5 Wie mag TB behandeling ontvang sonder om in ʼn hospitaal opgeneem te word? (2) 6.6 Wat stel Ivy se geval voor, aangaande die dienslewering van gesondheidsdienste aan plase en afgeleë plekke? (2)
(JUNIE 2010) LEWENSORIËNTERING 9 6.7 Hoe kan die situasie/geval hanteer word en wat kan gedoen word om die situasie te verbeter? (2) 6.8 Benoem die ‘onbekende siekte’ en verduidelik waarom die hele familie dit onderlêde het. (2) [15] VRAAG 7 Bestudeer die onderstaande uittreksel en beantwoord dan die vrae wat daarop volg. ʼn Groep haweloses is op kamera opgeneem waar hulle op ʼn naby geleë stortingsterrein, rondkrap na afvalvoedsel. ʼn Jong dame, het ʼn baba seun by haar, vind ou klam verouderde brood, verskeie bottels koeldrank waarin verskeie miete binne en buitekant die bottels wriemel. Sy drink van een van die bottels en spoeg die insekte uit. Sy vertel die joernalis van twee spruite wie die vorige week dood is van die verrotte brood waarin pille, gemeng was. Die vrou verduidelik dat die storingsterrein haar enigste hoop op oorlewing is. Sy sê ook dat hulle versnaperings geniet soos vleis van karkasse van perde, honde, katte, slange en beeste. Hierdie stortingsterrein is slegs ʼn paar meter van die opslaan pondokke waarin inwoners van die informele nedersetting woonagtig is. Daar is geen elektrisiteit, sanitêre geriewe, of skoon water (afgesien dit waarvan hulle vanuit ʼn dam kry naby die stortingsterrein). ʼn Groep inwoners kla dat werkloosheid, geweld, wanvoeding en armoede hul mees algemene struikelblokke is. ʼn Afgematte man fluister, “Ons vergaan, daar is geen klinieke hier nie. Ek het nie eers geld om ʼn brood te koop nie”. Sommige kla van oorbevolking en leef in lekkende pondokke! Hulle beweer die Departement van Sosiale Ontwikkeling het R180 000 begroot het vir die opbouing van die gemeenskap. “Niks het daarvan gekom nie. Waar is die geld? Almal wys nou vingers na mekaar!” Die plaaslike munisipale verteenwoordiger, in antwoord, verduidelik dat hy geen kennis dra van die geld nie, omdat dit deur die Ontwikkelingskomitee behartig was. Die verteenwoordiger van die Departement van Sosiale Ontwikkeling erken dat bestuur versaak het om die saak te volg of die proses in die geheel te monitor. [Uittreksel uit Cutting Edge: Donderdag, 2 April 2009, SABC 1] 7.1 Noem TWEE siektes wat algemeen in hierdie gebied kan voorkom. (2) 7.2 Noem en verduidelik enige vorme van misdaad wat as gevolg van die oorbevolking en dwelmmisbruik beïnvloed word. (2)
10 LEWENSORIËNTERING (JUNIE 2010)
(JUNIE 2010) LEWENSORIËNTERING 11 7.3 Kinders van hierdie gemeenskap het nie ʼn keuse van ʼn dieet nie. Verduidelik. (2) 7.4 Noem enige van die menseregte wat in hierdie gemeenskap (in die uittreksel) geskend (oortree) word. (2) 7.5 ʼn Goeie Samaritaan het fondse beskikbaar gestel om die lewensomstandighede van hierdie gemeente te verbeter. Watter tekortkominge (struikelblokke) moet voorkeur geniet en waarom? (2) [10] VRAAG 8 8.1 LIGGAAMLIKE ONTWIKKELING EN BEWEGING Lees die onderstaande leesstuk. Vul die ontbrekende woorde in die oop spasies, vanuit die lys hieronder: (stadiger/suurstof en kos/hart en longe/fiksheid en stamina/draf en fietsry/ gereelde oefening/ 20 min drie keer) Sportspelers en gimnaste se liggame benodig spiersterkte, soepelheid, _________ a en __________ om fiks te wees. Fiksheid beteken dat die _____b___ en __c______ goed funksioneer en die spiere met ____d______ en_____e_____ voorsien om te werk. Oefeninge soos swem, aërobies, _____f_______ en _______g___ laat jy dieper asemhaal en jou hart vinniger klop, en verbeter jou fiksheidsvlak. Dit is belangrik om minstens ___h_____, vir ____i____ per week te oefen. Ons hartklop is _______j______ wanneer ons fiks is. (12) 8.2 Noem TWEE veiligheidsmaatreëls wat in ag geneem moet word as ʼn kopstand gedoen word. (2) 8.3 Dit is belangrik om oefeninge te doen. Gee VIER redes. (4) 8.4 Noem TWEE interne organe wat ontwikkel word as jy draf. (2) [20] TOTAAL: 100

Study this subject

More from Grade 9 Life Orientation

View all