Skip to content

History Grade 12 P1 NSC Supplementary 2017 Addendum (Afr)

AddendumHistoryGrade 12201714 pages

Grade 12 History Paper 1 addendum from the NSC Supplementary Exam 2017 (Afrikaans), 14 pages. Read online or get the free PDF download.

Free to read online, no sign-up needed

Answer online

Loading document…

Loading document…

Questions in this paper

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 GESKIEDENIS V1 FEBRUARIE/MAART 2017 ADDENDUM Hierdie addendum bestaan uit 14 bladsye. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Geskiedenis/V1 2 DBE/Feb.–Mrt. 2017 NSS – Addendum VRAAG 1: HOE HET DIE VERENIGDE STATE VAN AMERIKA EN DIE SOWJETUNIE NA 1945 OP DIE EKONOMIESE KRISIS IN EUROPA GEREAGEER? BRON 1A Die uittreksel hieronder fokus op die redes vir die Marshall-plan (VSA) en die ROEB ('COMECON') (USSR). Die Marshall-plan (of die Europese Herstelprogram) was 'n direkte gevolg van die Inperkingsbeleid/Stuitingsbeleid. Dit was 'n ekonomiese en maatskaplike rekonstruksieplan (heropbouplan) vir Europa wat ontwerp is om herstel te bespoedig in die lande wat steeds onder die gevolge van die Tweede Wêreldoorlog gely het. Die plan is vernoem na die Minister van Buitelandse Sake ('Secretary of State'), George Marshall, wat in 1947 die teorie agter die plan in 'n aanvangsrede by Harvard voorgelê het. Hy (George Marshall, Minister van Buitelandse Sake,) het geglo dat ekonomiese stabiliteit die sleutel tot politieke stabiliteit en die onderdrukking van Sowjetinvloed in Europa was. Nadat samesprekings begin is om die plan in werking te stel, is al die Geallieerdes en ook die Sowjetunie (in 'n poging om Stalin se vertroue te wen) na 'n vergadering in Parys genooi om oor die bepalings van Amerikaanse hulp aan Europa te onderhandel. Dit was geen verrassing dat Stalin uiters skepties (twyfelagtig) oor die plan was nie en geglo het dat dit 'n antiSowjet-blok sou skep. Alhoewel die hulp vir alle Europese lande beskikbaar was, het Stalin diegene onder sy Oosblok beveel om Amerikaanse hulp te verwerp en 'n Sowjetplan as 'n teenvoeter vir die Marshall-plan geskep. President Truman het in 1948 die Kongres gevra om die implementering van die Marshall-plan in 16 Wes-Europese lande te fasiliteer. Hulp onder die Marshall-plan het eerstens na Griekeland en Turkye gegaan sodat hulle kon voortgaan om kommunistiese invloed daar te verpletter … Die Marshall-plan se geld is meestal gebruik om Amerikaanse invoere, soos voedsel en brandstof, te koop aangesien plaaslike bronne deur die oorlog vernietig is … Die Raad vir Onderlinge Ekonomiese Bystand ('COMECON') is in 1949 deur die Sowjetunie, Bulgarye, Pole, Roemenië, Tsjeggo-Slowakye en Hongarye gestig. Dit was die Sowjetunie en die Oosblok se reaksie op die Marshall-plan en die Organisasie vir Europese Ekonomiese Samewerking in Wes-Europa. [Uit http://europe.unc.edu/teaching/ces-produced/cold-war-2/. Toegang op 25 Oktober 2015 verkry.] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Geskiedenis/V1 3 DBE/Feb.–Mrt. 2017 NSS – Addendum BRON 1B Hierdie uittreksel fokus op Everett Bellows se siening van die Marshall-plan. Hy was die Assistent Uitvoerende Beampte verantwoordelik vir die implementering van die Marshall-plan. Dit was vanselfsprekend die grootse en oorspronklike inisiatief. Dit was ongehoord – sover ek weet, en ek lees 'n bietjie geskiedenis – vir enige land wat die oorwinning behaal het, om in te gaan en die slagvelde weer op te bou en die ekonomie opnuut saam te stel (wysig); dit is met 'n tweeledige doel gedoen. Die onmiddellike begunstigdes (ontvangers), die Europeërs, het die hulp nodig gehad. Tweedens, uit die Amerikaanse oogpunt, was dit belangrik dat hulle nie ineenstort en binne die Sowjetunie se invloedsfeer verval nie. Daar was dus heelwat politieke oogmerke daaragter. Die ander ding wat mense oor die Marshall-plan moet weet, is dat die Europeërs self die werk gedoen het. Wat ons gedoen het, was om vir hulle die instrumente te gee om dit te doen. Een van die instrumente was die teenfonds*. Ons moet 'n oomblik neem om te verduidelik wat gebeur het. Toe ons steenkool, koring, yster, staal, wat ook al, na die Europeërs verskeep het, was dit omdat hulle nie die dollars gehad het om daarvoor te betaal nie. Hulle kon daarvoor met hulle eie geldeenheid betaal het. Daardie aankope is buitendien in Verenigde State gedoen. Die regerings wat dit ontvang het, het 'n gelykstaande bedrag in kontant in hulle eie geldeenheid gewaarborg. So het dit 'n dubbele uitwerking gehad. Die materiaal was daar. Die dollargaping is toegemaak deur dit weg te sit/bêre. Die gevolglike teenfonds het hulle die fondse gegee om brûe, hoofpaaie, hospitale, lughawens, skole, die soort goed wat geen nyweraar hier of daar doen nie, te herbou. Dit was 'n kragtige ekonomiese, sielkundige en politieke maneuver (slim plan), en dit was 'n reusesukses. [Uit http://adst.org/2015/05/the-marshall-plan-t he-europeans-did-the-job-themselves/. Toegang op 10 Junie 2016 verkry.] *Teenfonds: Verwys na die geldeenheid wat party Europese lande gebruik het. Dit het 'n laer waarde as die VS-dollar gehad, maar is gebruik asof dit aan die VS-dollarkoers gelyk was. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Geskiedenis/V1 4 DBE/Feb.–Mrt. 2017 NSS – Addendum BRON 1C Die bron hieronder is 'n uittreksel uit die toespraak wat die Sowjet- Minister van Buitelandse Sake, Andrei Vyshinsky, op 18 September 1947 by die Vergadering van die Verenigde Nasies gelewer het. Die sogenaamde Marshall-plan is 'n besonder opvallende voorbeeld van die manier waarop die beginsels van die Verenigde Nasies geskend word, van die manier waarop die organisasie geïgnoreer word. Die Verenigde State het beweeg na 'n direkte versaking (verwerping) van die beginsels van internasionale samewerking (vennootskap) en simpatieke optrede deur die groot moondhede en hulle poog om hulle wil op ander onafhanklike state af te dwing, terwyl hulle klaarblyklik terselfdertyd die ekonomiese bronne wat as verligting aan individuele hulpbehoewende lande versprei is, as 'n instrument van politieke druk gebruik … Die Verenigde State het ook daarop gereken om al hierdie lande direk afhanklik te maak van die belange van Amerikaanse monopolieë, wat daarna streef om die naderende depressie deur 'n versnelde uitvoer van kommoditeite en kapitaal na Europa af te weer. Dit word vir almal al hoe duideliker dat die implementering van die Marshall-plan sal beteken dat Europese lande onder die ekonomiese en politieke beheer van die Verenigde State geplaas sal word en dat laasgenoemde direk in die internasionale sake van hierdie lande sal inmeng. Verder is hierdie plan 'n poging om Europa in twee kampe te verdeel en, om met die hulp van die Verenigde Koninkryk en Frankryk 'n blok van verskeie Europese lande te stig, wat teen die belange van die demokratiese lande van Oos-Europa en, in besonder, die belange van die Sowjetunie vyandig is. [Uit http.//www.slantchev.ucsd.edu/courses/nss/documents/ vyshinsky-criticism-of-truman-doctrine.html. Toegang op 8 Junie 2016 verkry.] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Geskiedenis/V1 5 DBE/Feb.–Mrt. 2017 NSS – Addendum BRON 1D Hierdie spotprent deur Herb Block ('n Amerikaanse spotprenttekenaar), met die titel, 'DIT IS DIESELFDE DING SONDER MEGANIESE PROBLEME', is op 26 Januarie 1949 in die Washington Post gepubliseer. Dit beeld sy perspektief van die 'Marshal Stalin Plan' uit. 'DIT IS DIESELFDE DING SONDER MEGANIESE PROBLEME' MARSHALL- PLAN STALIN MARSHAL STALIN PLAN [Uit http://www.loc.gov/pictures/item/00652193/. Toegang op 5 Junie 2016 verkry.] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Geskiedenis/V1 6 DBE/Feb.–Mrt. 2017 NSS – Addendum VRAAG 2: WAT WAS DIE OORSAKE EN GEVOLGE VAN KUBA SE BETROKKENHEID BY DIE SLAG VAN CUITO CUANAVALE TUSSEN 1987 EN 1988? BRON 2A Hierdie uittreksel deur die historikus, Edgar Dosmann, fokus op waarom die Angolese regering by Kuba hulp gevra het. Suid-Afrika se Operasie Modular is twee dae later op 14 September (1987) ontketen; in plaas van oorwinning, het die Angolese weermag 'n vernederende nederlaag by die Lombarivier gely deur die toedoen van die SAW en sy bondgenoot, UNITA … Pretoria (Suid-Afrikaanse regering) het nou openlik in Angola oorlog gevoer eerder as om net UNITA te ondersteun. SAW-eenhede was diep binne-in die land en Generaal Malan het sy troepe daar besoek om te toon dat hulle van plan was om daar te bly. Om die waarheid te sê, die SAW het militêre planne vir twee nuwe operasies, Hooper en Packer, opgetrek om op die sukses van Modular te bou met die doel om op Cuito Cuanavale toe te slaan en die FAPLA-(Angolese weermag)-brigades wat by Lomba ontsnap het, te vernietig … Kortom, PW Botha (President van Suid-Afrika) het die inisiatief in die Grensoorlog herwin. Op 11 November, Angola se onafhanklikheidsdag, het Botha nog 'n boodskap aan die Angolese leier gestuur deur na Jamba te vlieg om saam met Savimbi die oorwinning te vier; dit was 'n vertoning van Suid-Afrikaanse mag … Dos Santos (President van Angola) se 'veg-en-samespreking'-strategie het klaaglik misluk en sy Sowjet-raadgewers is in die skande gesteek … Hulle kon nêrens anders hulp kry as by Castro nie … wetend dat Kuba in hierdie buitengewone verhouding altyd uiteindelik aan die verwagting voldoen. [Uit Countdown to Cuito Cuanavale: Cuba's Angolan Campaign deur EJ Dosmann] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Geskiedenis/V1 7 DBE/Feb.–Mrt. 2017 NSS – Addendum BRON 2B Hierdie is 'n uittreksel uit 'n toespraak deur Raúl Castro, Opperbevelvoerder van die Kubaanse weermag. Dit fokus op Kuba se betrokkenheid by Operasie Carlotta gedurende die Slag van Cuito Cuanavale. Duisende Suid-Afrikaanse soldate is teen die einde van 1987 teen FAPLA (Angolese weermag), wat besig was om 'n belangrike operasie in suidoostelike Angola uit te voer, ontplooi. Soos wat die ongelyke gevegte ontwikkel het, is 'n deel van die Angolese eenheid byna by Cuito Cuanavale omsingel en vernietig … Na streng (deeglike) konsultasie (raadpleging) met die Angolese regering en noukeurige beplanning … het ons (Kuba) die geskiedkundige besluit geneem om ons troepe in die Volksrepubliek van Angola te versterk. Hierdie mag, soos jy weet, was in totaal vyftigduisend soldate sterk. Hulle is toevertrou met die sending om saam met die Angolese troepe te veg om die invallende Suid-Afrikaanse magte te oorwin … Teen die tyd dat die Suid-Afrikaanse strateë besef het wat ons besig was om te doen, het ons ons totale mag verdubbel en dit aan die Suidelike Front verskeie kere vermeerder. Dit het vir ons die eerste keer in twaalf jaar daar lugbeheer gegee … Ons het 'n aanvalsmag op hierdie front ontplooi wat 998 tenks, meer as 600 pantservoertuie en 1 600 artillerie (geskut), mortiere en lugafweerverdedigings- wapens ingesluit het. Uit Kuba het … Compañero (Kameraad) Fidel Castro by ons almal die vasberadenheid ingeskerp om 'n oorwinning te behaal met die minimum ongevalle en om onverskrokkenheid en heldhaftigheid te kombineer met die filosofie (geloof) dat die lewe van geen enkele man op die spel geplaas moet word sonder dat alle ander alternatiewe uitgeput was nie … Cuito (Cuanavale) het uitgehou. Al die Suid-Afrikaanse pogings om op te ruk, is gestuit. Hulle gesofistikeerde langafstandartillerie (kanonne) het dag en nag voortgegaan om bomme te gooi. Maar dit het nie die Angolese-Kubaanse magte afgeskrik nie en was ondoeltreffend … [Uit Operation Carlotta is Over! A Victory for Cuban Internationalism deur R Castro] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Geskiedenis/V1 8 DBE/Feb.–Mrt. 2017 NSS – Addendum BRON 2C Hierdie foto toon die standbeeld wat opgerig is ter nagedagtenis aan die gevalle helde van die Slag van Cuito Cuanavale. Dit toon twee soldate, een Angolees en een Kubaan, wat 'n kaart van Angola, met 'n ster wat die dorp Cuito Cuanavale aandui waar die slag tussen 1987 en 1988 geveg is, in die lug hou. [Uit http://www.bradtguides.com/media/wysiwyg/destinations/africa/ angola/cuito_cuanvale_ angola.jpg. Toegang op 10 Junie 2016 verkry.] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Geskiedenis/V1 9 DBE/Feb.–Mrt. 2017 NSS – Addendum BRON 2D Die uittreksel hieronder is 'n gedeelte van 'n toespraak wat op 26 Julie 1991 deur die voormalige Suid-Afrikaanse President, Nelson Mandela, in Kuba gelewer is. Ons in Afrika is daaraan gewoond om slagoffers te wees van lande wat ons gebied wil opkerf (verdeel) of ons soewereiniteit wil omverwerp. Dit is ongeëwenaard in die geskiedenis van Afrika dat ander mense opstaan en ons verdedig … Die verpletterende nederlaag van die rassistiese weermag (SAW) by Cuito Cuanavale was 'n oorwinning vir die hele Afrika! Die oorweldigende nederlaag van die rassistiese weermag het die strydende mense van Namibië in staat gestel om hulle onafhanklikheid te bekom! Die deurslaggewende nederlaag van die apartheidsaggressors het die mite (fabel) van die onoorwinlikheid (mag) van die wit onderdrukkers laat verbrokkel! Die nederlaag van die apartheidsweermag was 'n inspirasie vir die strydende mense in Suid-Afrika! Sonder die nederlaag by Cuito Cuanavale sou ons organisasies nie ontban (opheffing van verbod) gewees het nie! … Cuito Cuanavale was 'n mylpaal in die geskiedenis van die stryd om die vryheid van suidelike Afrika! Cuito Cuanavale was 'n keerpunt in die stryd om die kontinent en ons land van die teistering (marteling) van apartheid te bevry! [Uit How Far We Slaves Have Come! South Africa and Cuba in Today's World deur N Mandela en F Castro] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Geskiedenis/V1 10 DBE/Feb.–Mrt. 2017 NSS – Addendum VRAAG 3: WATTER INVLOED HET DIE SLUITING VAN HOËRSKOLE IN 1958 OP DIE GEMEENSKAP VAN LITTLE ROCK, ARKANSAS, GEHAD? BRON 3A Hierdie is 'n uittreksel uit 'n toespraak wat Goewerneur Orval Faubus op 18 September 1958 in Arkansas gelewer het. Dit fokus op sy besluit om hoërskole in Little Rock te sluit. Ek is ten volle bewus van die ouers se diepe besorgdheid oor die volgehoue behoorlike onderrig van hulle kinders, en ek is ten volle bewus van die ongerief wat die leerders moet verduur met betrekking tot die onderbreking van behoorlike onderwysprosesse … Dit was met 'n beswaarde gemoed dat ek dit nodig gevind het om die Buitengewone Sitting van die Algemene Vergadering se wetsontwerpe te onderteken en om die hoërskole in Little Rock te sluit. Ek het dit gedoen eers nadat die laaste hoop op uitkoms uit 'n ondraaglike situasie verdwyn het en om die integrasie van skole te voorkom. Die Hooggeregshof het hulle oë vir al die feite gesluit en in wese op integrasie ten alle koste aangedring, selfs al beteken dit die vernietiging van ons skoolstelsel, ons onderwysprosesse en die risiko van wanorde en geweld wat tot lewensverlies, miskien julle s'n, kan lei. Hierdie prys is julle onwillig om te betaal. Ek kon nie sien dat julle dit betaal sonder om eers 'n wettige plan aan julle voor te lê waardeur 'n katastrofe (ramp) vermy kan word, en wat steeds ons kinders 'n kans op onderrig gee nie. Hierdie plan gaan ek nou in besonderhede verduidelik. Hierdie plan is volgens die wet … Eerstens. Die federale regering het geen gesag om te vereis dat enige staat openbare skole bestuur nie. Tweedens. Die federale regering het geen gesag om aan die regering van 'n staat voor te skryf oor vir watter doeleindes belasting gehef kan word, of oor hoe belastinggeld gebruik moet word nie. Derdens. In alle sake waarin openbare skole en integrasie betrokke was, het die federale howe net gesê dat 'n agentskap van die staat nie gesegregeerde skole in stand kan hou nie. Hierdie beslissing is op geen wyse op privaatskole van toepassing nie. Privaatskole word nie deur hierdie besluite geraak nie al ontvang die skole hulp van die staat en federale bronne. [Uit http://www.blackpast.org/1958-governor-orval-e-faubus-speech-school-int egration. Toegang op 8 Mei 2016 verkry.] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Geskiedenis/V1 11 DBE/Feb.–Mrt. 2017 NSS – Addendum BRON 3B Die bron hieronder verduidelik hoe beide swart en wit Amerikaanse leerders beïnvloed is deur Goewerneur Faubus se besluit om in 1958 hoërskole in Little Rock, Arkansas, te sluit. Die grootste gevolge was miskien die invloed wat dit op ontwortelde leerders en hulle gesinne gehad het … Die getal ontwortelde wit leerders was 2 915. Van hulle het vyf- en-dertig persent openbare skole in die staat gekry om by te woon. Privaatskole in Little Rock het vier-en-veertig persent van die ontwortelde wit leerders ingeneem. 'n Totaal van drie-en-negentig persent wit leerders het een of ander vorm van alternatiewe skoling gevind. Dit was nie die geval met die swart leerders wat ontwortel is nie. Sewe-en-dertig persent van die 750 ontwortelde swart leerders het openbare skole in Arkansas gevind om by te woon. Vyftig persent van ontwortelde swart leerders het egter glad nie skole gevind nie. Roy Wilkins, van die NAACP (National Association for Advancement of the Coloured People), het verklaar dat om privaat- hoërskole vir ontwortelde swart leerders oop te maak, hulle doel van gelyke toegang tot openbare onderwys vir alle leerders teenwerk. Onderhoude met baie gewese leerders het aangedui dat hierdie ontsegging van gratis openbare onderwys lewenslange gevolge gehad het. Verskeie groepe het gedurende die hele Verlore Jaar daaraan gewerk om óf skole wat toegemaak is te ondersteun, óf om skole oop te maak. Die Verlore Jaar het op 25 Mei 1959 geëindig met die onttrekking van drie segregasionistiese lede van die Little Rock-skoolraad. Kiesers in Little Rock was uiteindelik gewillig om na 'n jaar van geslote openbare hoërskole en die afdanking van onderwysers beperkte desegregasie te aanvaar. Die federale howe het op 18 Junie 1959 hierop voortgebou toe 'n federale distrikshof met drie regters verklaar het dat Arkansas se sluiting van skole en die weerhouding van fondse onkonstitusioneel was. [Uit http://www.encyclopediaofark ans as.net/encyclopedia/ ent ry-det ail. aspx ?ent ryID= 737. Toegang op 9 Mei 2016 verkry.] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Geskiedenis/V1 12 DBE/Feb.–Mrt. 2017 NSS – Addendum BRON 3C Die foto hieronder toon leerders van Little Rock wat na 'n les op televisie kyk. Dit was nadat Goewerneur Faubus in 1958 besluit het om skole te sluit. Die beeld op die televisie toon 'n onderwyser wat 'n les gedurende die Verlore Jaar aanbied. [Uit http://www.arkansawtraveler.com/ wp-content/uploads/2011/11/little-rock-int egration. Toegang op 8 Mei 2016 verkry.] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Geskiedenis/V1 13 DBE/Feb.–Mrt. 2017 NSS – Addendum BRON 3D Die bron hieronder skets die rol wat bekommerde burgers van Little Rock gespeel het in die teenkanting teen Goewerneur Faubus se besluit om hoërskole in 1958 te sluit. 'n Groep vroue het in September 1958 bymekaar gekom om die Women's Emergency Committee to Open Our Schools (WEC) te stig … hulle het die eerste organisasie gevorm wat die sluiting van skole in die openbaar veroordeel het en die heropening van skole, volgens die Little Rock-skooldistrik se desegregasieplan, ondersteun het. … WEC-lede het voortgegaan om die heropening van skole te bepleit (ondersteun), en lede het die teikens van uitgesproke segregasioniste geword wat hulle as 'integrasioniste' bestempel het. Hierdie klimaat van intimidasie het dit vir wit en swart leiers moeilik gemaak om openlik te ontmoet en te probeer om die krisis op te los. Alhoewel hulle pogings hulle die teiken van teistering (uittarting) gemaak het, het die WEC volgehou (voortgegaan). Namate die jaar gevorder het, het die houding onder Little Rock-ouers, veral diegene met tieners, begin om in die rigting van aanvaarding van desegregasie te verskuif indien dit die heropening van skole beteken het. Saam met die burgergroep, Stop This Outrageous Purge (STOP), en ander gemeenskapsorganisasies, het die WEC 'n spesiale verkiesing aangevra om die segregasionistiese raadslede te onttrek. Die WEC het geregistreerde kiesers gekontak en van deur tot deur besoek afgelê en op hierdie wyse genoeg steun gekry om die drie segregasionistiese raadslede te onttrek en die drie gematigdes te behou. Na die suksesvolle verkiesing is die openbare hoërskole, met beperkte desegregasie, op 12 Augustus 1959 in Little Rock heropen, … die heropening van skole in die herfs van 1959 het 'n belangrike hoofstuk in die geskiedenis van openbare onderwys in Little Rock afgesluit. [Uit https://www.nps.gov/chsc/planyourvisit/upload/SitebulletinWEC.pdf/. Toegang op 11 Mei 2016 verkry. ] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Geskiedenis/V1 14 DBE/Feb.–Mrt. 2017 NSS – Addendum ERKENNINGS Visuele bronne en ander historiese bewyse is uit die volgende geneem: Castro, R. 1991. Operation Carlotta is Over! A Victory for Cuban Internationalism (Editora Politica, Havana) Dosmann, EJ. Countdown to Cuito Cuanavale – Cuba's Angolan Campaign (Oxford, Londen) http.//www.slantchev.ucsd.edu/courses/nss/documents/vyshinsky-criticism-of-truman- doctrine.html http://adst.org/2015/05/the-marshall-plan-the-europeans-did-the-job-themselves/ http://europe.unc.edu/teaching/ces-produced/cold-war-2/ http://www.arkansawtraveler.com/wp-content/uploads/2011/11/little-rock-integration http://www.blackpast.org/1958-governor-orval-e-faubus-speech-school-integration http://www.bradtguides.com/media/wysiwyg/destinations/africa/angola/cuito_cuanvalea ngola.jpg http://www.encyclopediaofarkansas.net/encyclopedia/entry-detail.aspx?entryID=737 http://www.loc.gov/pictures/item/00652193/ https://www.nps.gov/chsc/planyourvisit/upload/SitebulletinWEC.pdf/ Mandela, N and Castro, F. 1991. How Far We Slaves Have Come! South Africa and Cuba in Today's World (Pathfinder, Montreal) Kopiereg voorbehou

Study this subject

More from Grade 12 History

View all