Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE
SENIOR SERTIFIKAAT
GRAAD 12
GESKIEDENIS V1
FEBRUARIE/MAART 2017
MEMORANDUM
PUNTE: 150
Hierdie memorandum bestaan uit 23 bladsye.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Skip to contentAll 2017 papers 





View all



%202024%20Question%20Paper%20X05_hlayiso.com_--7b41ec15-3856-4a67-a9db-cedd424e51c5/v1-5ae80cf63fec0975a316/card.webp)

History Grade 12 P1 NSC Supplementary 2017 Memo (Afrikaans)
Grade 12 History Paper 1 memorandum from the NSC Supplementary Exam 2017 (Afrikaans), 23 pages. Read online or download the free PDF.
History · Grade 12 · NSC Supplementary Exam · 2017. Memorandum, 23 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- History
- Grade
- Grade 12
- Document type
- Memorandum
- Year
- 2017
- Exam period
- NSC Supplementary Exam
- Paper
- 1
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 23
- File size
- 430.3 KB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 23
This exam
Questions in this paper
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V1 2 DBE/Feb.–Mrt. 2017
NSS – Memorandum
1. BRONGEBASEERDE VRAE
1.1 Die volgende kognitiewe vlakke is gebruik om brongebaseerde vrae te
ontwikkel:
KOGNITIEWE GEWIGSTOEKENNING
HISTORIESE VAARDIGHEDE
VLAKKE VAN VRAE
• Onttrek inligting uit bronne
• Selektering en organisasie van relevante 30%
VLAK 1
inligting uit bronne (15)
• Definieer historiese begrippe/terme
• Interpretasie van bewyse uit bronne
40%
VLAK 2 • Verduidelik inligting verkry uit bronne
(20)
• Analiseer bewyse uit bronne
• Interpreteer en evalueer bewyse uit bronne
• Skakel met bronne om bruikbaarheid,
betroubaarheid, eensydigheid en
30%
VLAK 3 beperkings vas te stel
(15)
• Vergelyk en kontrasteer interpretasies en
perspektiewe in die bronne en kom tot
onafhanklike gevolgtrekkings
1.2 Die inligting hieronder dui aan hoe brongebaseerde vrae geassesseer word:
• By die nasien van brongebaseerde vrae moet krediet gegee word vir enige
ander geldige en toepaslike standpunte, argument, bewyse of voorbeelde.
• Met die toekenning van punte moet aandag gegee word aan hoe daar aan die
vereistes van die vraag voldoen is.
• In die nasienriglyn word die vereistes van die vraag (vaardighede waaraan
aandag gegee moet word) sowel as die vlak van die vraag in kursiefgedrukte
skrif aangedui.
1.3 Assesseringsprosedures vir brongebaseerde vrae
• Gebruik 'n regmerk () vir elke korrekte antwoord
• Gee aandag aan die puntetoekenning bv. (2 x 2) wat neerkom op twee redes
en word twee punte elk toegeken (); (1 x 2) wat neerkom op een rede en
twee punte toegeken word ()
• Indien 'n vraag 4 punte tel word 4 regmerke () aangedui
Paragraafvraag
Paragrawe moet globaal (holisties) geassesseer word. Beide die inhoud en die
struktuur van die paragraaf moet in berekening gebring word wanneer punte
toegeken word. Die volgende stappe moet gebruik word wanneer 'n antwoord op 'n
paragraafvraag geassesseer word:
• Lees die paragraaf en plaas 'n kolpunt () by elke punt binne-in die teks waar
die kandidaat relevante bewyse gebruik het om die vraag te beantwoord.
• Lees die paragraaf weer om die mate waartoe die kandidaat in staat was om
relevante bewyse te gebruik om die paragraaf te beantwoord, te evalueer.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V1 3 DBE/Feb.–Mrt. 2017
NSS – Memorandum
• Maak regmerkies (), wat aan die kandidaat vir die paragraaf toegeken is,
aan die einde van die paragraaf, sowel as die vlak (1, 2 of 3) soos in die
holistiese rubriek aangedui en gee kommentaar, bv.
___________________________________________________________
_______________________________________________
Vlak 2
• Gebruik meestal relevante bewyse om die paragraaf te skryf.
Tel al die regmerkies vir die brongebaseerde vrae op en skryf dan die punt
onder in die regterkantse kantlyn, bv. 32
50
• Maak seker dat die totale punte akkuraat na die buiteblad van die
antwoordeboek oorgedra word.
2. OPSTELVRAE
2.1 Die opstelvrae vereis dat kandidate:
• In staat sal wees om hul argument op 'n logiese en samehangende wyse te
stel. Hulle moet die relevante inligting kan selekteer, organiseer en
bymekaarvoeg sodat dit vir hulle moontlik sal wees om 'n redelike reeks feite of
'n effektiewe argument te kan weergee om sodoende die gestelde vraag te
beantwoord. Dit is noodsaaklik dat 'n opstel 'n inleiding, 'n samehangende en
gebalanseerde liggaam van bewyse en 'n slot het.
2.2 Nasien van opstelvrae
• Nasieners moet daarop let dat die inhoud van die antwoord gelei sal word deur
die handboeke wat by 'n spesifieke sentrum gebruik is.
• Kandidate mag enige ander toepaslike inleiding en/of samevatting hê as dit wat
ingesluit is by 'n riglyn vir nasien van 'n spesifieke opstel.
• By die assessering van die oop brongebaseerde vrae moet kandidate krediet
kry vir enige ander relevante antwoord.
2.3 Globale assessering van 'n opstel
Die opstel sal holisties (globaal) geassesseer word. Hierdie benadering vereis dat
die onderwyser die totale produk as 'n geheel sal bepunt sonder om die
samestellende dele individueel te bepunt. Hierdie benadering moedig die leerder
aan om 'n individuele mening aan te bied deur gebruik te maak van geselekteerde
feitelike bewyse om 'n argument te ondersteun. Daar sal nie van die leerder
verwag word om slegs 'feite' neer te skryf om 'n beter punt te behaal nie. Hierdie
benadering sal leerders ook ontmoedig om 'model-antwoorde' voor te berei en te
reproduseer sonder om die spesifieke vereistes van die vraag in ag te neem.
Holistiese nasien van opstelle gee krediet aan leerders se mening, ondersteun
deur bewyse. Anders as by inhoudsgebaseerde nasien, word leerders met
holistiese assessering nie vir ontoereikende taalgebruik gepenaliseer nie,
aangesien die klem op die volgende val:
• Die konstruksie/daarstelling van 'n argument
• Die toepaslike seleksie van feitelike bewyse om sodanige argument te
ondersteun
• Die leerder se interpretasie van die vraag.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V1 4 DBE/Feb.–Mrt. 2017
NSS – Memorandum
2.4 Assesseringsprosedures van die opstel
2.4.1 Hou die sinopsis in gedagte wanneer die opstel nagesien word.
2.4.2 Tydens die eerste deurlees van die opstel moet regmerkies toegeken word
vir 'n relevante inleiding (aangedui met 'n kolpunt ('bullet') in die
nasienriglyne/memorandum), vir elke hoofmoment/aspek wat volledig
gekontekstualiseer is en 'n relevante slotopmerking (aangedui met 'n kolpunt
in die nasienriglyn/memorandum) bv. 'n antwoord waar daar 5 hoofpunte is,
sal daar dus 7 regmerkies wees.
2.4.3 Die volgende addisionele simbole kan ook gebruik word:
• Inleiding, hoofaspekte, slotopmerking nie behoorlik gekontekstualiseer nie
^
• Verkeerde stelling _________________
• Irrelevante stelling |
|
|
• Herhaling R
• Analise A√
• Interpretasie 1√
2.5. Die matriks
2.5.1 Gebruik van die matriks vir die assessering van opstelle
By die nasien van opstelle, moet die kriteria gebruik word wat in die matriks
voorsien word. Tydens die assessering van 'n opstel moet beide die inhoud en die
aanbieding in ag geneem word. 'n Punt word toegeken by die snypunt van die
inhoud en aanbieding, gebaseer op die sewe vaardigheidvlakke.
(a) Met die eerste deurlees van die opstel word daar bepaal tot watter mate
die hoofmomente gedek is om en die inhoudsvlak (op die matriks) vas te
stel.
I VLAK 4
(b) Die tweede deurlees van die skryfwerk sal die vlak (op die matriks) van
die aanbieding bepaal.
I VLAK 4
A VLAK 3
(c) Ken 'n algehele punt toe met behulp van die matriks.
I
A
VLAK 4
VLAK 3 }26–27
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V1 5 DBE/Feb.–Mrt. 2017
NSS – Memorandum
NASIENMATRIKS VIR OPSTELLE: TOTAAL: 50
VLAK 7 VLAK 6 VLAK 5 VLAK 4 VLAK 3 VLAK 2 VLAK 1*
AANBIEDING Baie goed Baie goed Goed beplande en Argument beplan Toon soms bewys Poging Weinig of geen
beplande en beplande en gestruktureerde en gestruktureer. van 'n aangewend om poging om die
gestruktureerde gestruktureerde opstel. Bewyse tot 'n gestruktureerde en antwoord te opstel te
opstel. Goeie opstel. 'n Poog om 'n sekere mate beplande struktureer. struktureer nie.
sintese van Relevante duidelike argument gebruik om argument. Poog Grootliks
inligting. Het 'n argument is te ontwikkel. argument te om 'n argument vol beskrywend of
goed gevolg. Bewyse Gevolgtrekking ondersteun. te hou. poog om argument
INHOUD gebalanseerde, gebruik om die gemaak uit Slotsom bereik op Gevolgtrekking nie te ontwikkel. Geen
oorspronklike argument te bewyse om die grond van bewyse. duidelik poging om 'n
argument verdedig. Poog om argument te ondersteun deur gevolgtrekking te
ontwikkel met 'n onafhanklike ondersteun. bewyse nie. maak nie.
bewyse. Argument gevolgtrekking uit
deurgaans die bewyse te
volgehou en maak om die
verdedig. argument te
Onafhanklike ondersteun.
gevolgtrekking
gemaak uit
bewyse om die
argument te
ondersteun.
VLAK 7
Vraag is ten volle
beantwoord.
Inhoudskeuse ten
volle relevante tot
argument wat gevolg
47–50 43–46
is.
VLAK 6
Vraag is beantwoord.
Inhoudseleksie
relevante tot argument
43–46 40–42 38–39
wat gevolg is
VLAK 5
Vraag grotendeels
beantwoord. Inhoud
toereikend en
38–39 36–37 34–35 30–33 28–29
relevante.
VLAK 4
Vraag herkenbaar in
antwoord. Sommige
weglatings of 30–33 28–29 26–27
irrelevante keuse van
inhoud.
VLAK 3
Keuse van inhoud hou
verband met vraag,
maar beantwoord dit
nie. Hou soms nie
26–27 24–25 20–23
verband met die vraag
nie. Weglatings.
VLAK 2
Vraag ontoereikend
beantwoord. Inhoud 20–23 18–19 14–17
skraal.
VLAK 1*
Vraag ontoereikend
beantwoord of glad
nie. Ontoereikend of
14–17 0–13
irrelevante inhoud.
* Riglyne vir die toekenning van 'n punt in Vlak 1:
• Vraag glad nie beantwoord nie/totaal irrelevante inhoud; geen poging om die opstel te struktureer nie = 0
• Vraag sluit basiese en algemene irrelevante inligting in; geen poging om die opstel te struktureer nie = 1–6
• Vraag ontoereikend en vaag beantwoord ; klein poging om die opstel te struktureer = 7–13
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V1 6 DBE/Feb.–Mrt. 2017
NSS – Memorandum
AFDELING A: BRONGEBASEERDE VRAE
VRAAG 1: HOE HET DIE VERENIGDE STATE VAN AMERIKA EN DIE
SOWJETUNIE NA 1945 OP DIE EKONOMIESE KRISIS IN
EUROPA GEREAGEER?
1.1 1.1.1 [Verduideliking van 'n historiese begrip in Bron 1A – V1]
• 'n VS beleid wat gepoog het om kommunistiese uitbreiding in
Europese lande na 1945 in bedwang te hou/ te stop
• Enige ander relevante verduideliking (enige 1 x 2) (2)
1.1.2 [Onttrekking van bewyse uit Bron 1A – V1]
• Dit was 'n ekonomiese en maatskaplike rekonstruksieplan vir
Europa
• Om herstel in die lande wat steeds ly onder die uitwerking van
die Tweede Wêreldoorlog te bespoedig
• Dit was die sleutel tot politieke stabiliteit in Europa
• Om die Sowjetinvloed in Europa te verpletter (enige 2 x 1) (2)
1.1.3 [Onttrekking van bewyse uit Bron 1A – V1]
• Stalin was uiters skepties oor die plan
• Stalin het diegene onder sy Oosblok beveel om Amerikaanse
hulp te weier
• Stel 'n Sowjetplan ('COMECON') in antwoord op die Marshall-
plan in (2 x 1) (2)
1.1.4 [Interpretasie van bewyse in Bron 1A – V2]
• Die Marshall-plan is as finansiële hulp aan Europese lande
aangebied
• Truman het die Kongres gevra om die Marshall-plan in 16
Wes-Europese lande te implementeer
• Finansiële hulp is aan Griekeland en Turkye gegee met die
doel om die verspreiding van kommunisme daar te keer
• Hulp is gegee aan die 16 Wes-Europese lande in die vorm van
geld wat gebruik moes word om Amerikaanse invoere/goedere
te koop
• Enige ander relevante antwoord (enige 2 x 2) (4)
1.1.5 [Onttrekking van bewyse uit Bron 1A – V1]
• As 'n reaksie op die Marshall-plan (1 x 2) (2)
1.2 1.2.1 [Onttrekking van bewyse uit Bron 1B – V1]
• Dit was die eerste keer/ongehoord dat 'n oorwinnaarsland
gegaan het om slagvelde te herbou
• Bellows beweer dat dit die eerste keer was dat 'n
oorwinnaarsland gegaan het om die ekonomie opnuut saam
te stel (2 x 1) (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V1 7 DBE/Feb.–Mrt. 2017
NSS – Memorandum
1.2.2 [Interpretasie van bewyse in Bron 1B – V1]
Die VSA wou:
• Die sisteem van kapitalisme beskerm en behou
• Die verspreiding van kommunisme voorkom
• Hulle onafhanklikheid onderhou en demokrasie beskerm
• Enige ander relevante antwoord (2 x 2) (4)
1.2.3 [Onttrekking van bewyse uit Bron 1B – V1]
• Brûe
• Hoofpaaie
• Hospitale
• Lughawens
• Skole (enige 2 x 1) (2)
1.3 1.3.1 [Onttrekking van bewyse uit Bron 1C – V1]
• Die Verenigde State het beweeg in die rigting van
afstanddoening van die samewerkingsbeginsel
• Ekonomiese bronne wat as 'n instrument van politieke druk
gebruik is
• Die VSA het probeer om sy wil op ander onafhanklike state af
te dwing (1 x 2 ) (2)
1.3.2 [Interpretasie van bewyse in Bron 1C – V2]
• Die VSA het lande afhanklik gemaak van hom deur sy
monopolie te gebruik
• Die VSA kon ander lande se ekonomie en politiek beheer
• Die VSA kon in hierdie lande se internasionale en interne sake
inmeng
• Enige ander relevante antwoord (enige 2 x 2) (4)
1.3.3 [Evalueer die bruikbaarheid van Bron 1C – V3]
Kandidate moet aandui tot watter mate die bron BRUIKBAAR
is en hulle antwoord met relevante bewyse ondersteun.
BRUIKBAAR TOT 'N GROOT MATE
• Die bron is 'n toespraak deur die Sowjet Minister van
Buitelandse Sake gedurende die implementering van die
Marshall-plan
• Die bron dui aan hoe 'n hoë rang Sowjet die doel van die
Marshall-plan geïnterpreteer het
• Die inligting reflekteer die amptelike standpunt wat die
Sowjetunie geneem het oor die Marshall-plan
• Enige ander relevante antwoord
OF
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V1 8 DBE/Feb.–Mrt. 2017
NSS – Memorandum
BRUIKBAAR TOT 'N MINDERE MATE
• Die bron kan gesien word as eensydig teenoor die VSA want
dit was 'n opinie van die Sowjet Minister van Buitelandse Sake
• Die bron het 'n negatiewe siening van die Marshall-plan
• Die bron maak ook party aannames van die VSA se toekoms-
doel wat nie eintlik bevestig kon word nie
• Enige ander relevante antwoord (enige 2 x 2) (4)
1.4 [Vergelyking van inligting in Bron 1B en 1C – V3]
• Bron 1B is 'n antwoord van 'n Amerikaanse regeringsamptenaar wat
positiewe terugvoering gee oor die doel van die Marshall-plan terwyl Bron
1C die antwoord is van 'n Sowjetregeringsamptenaar wat 'n negatiewe
opsomming van die Marshall-plan gee
• Bron 1B dui aan dat Europese lande vir hulself kon besluit hoe hulle die
Marshall-plan sal gebruik terwyl Bron 1C staaf dat die VSA sy wil sal
afdwing op deelnemende Europese lande
• Bron 1B maak geen melding van hoe die Marshall-plan gebruik sal word
om Europa in twee kampe te verdeel nie en dat dit vyandiggesind was
teenoor die Sowjetunie maar Bron 1C meld dat die Marshall-plan 'n
poging was om Europa in twee kampe te verdeel, een wat vyandiggesind
sou wees teenoor die belange van die Sowjetunie
• Enige ander relevante antwoord (enige 2 x 2 ) (4)
1.5 1.5.1 [Interpretasie van bewyse in Bron 1D – V2]
• Die Marshall-plan was ekonomies suksesvol/genoeg
hulpbronne (trekkers word gebruik/glimlaggende
trekkerbestuurder) en die Marshal Stalin plan was nie
voldoende nie
• Oos-Europese lande (satellietstate) het die ROEB
(['COMECON'] (Marshal Stalin plan) (Stalin wat lande probeer
oortuig/persoon wat sy ekonomiese plan gebruik – mense blyk
onwillig te wees) betwyfel
• Oos-Europese lande kon sien hoe Westerse lande voordeel
getrek het uit die Marshall-plan omdat slegs 'n grens hierdie
lande verdeel het ('n persoon wat oor die klein heining loer kan
gesien word)
• Die ROEB ('COMECON') (Marshal Stalin plan) se bystand is
gesien as ver minder as die van die Marshall-plan (trekker
teenoor 'n ou ploeg)
• Die ROEB ('COMECON') (Marshal Stalin plan) sou direk onder
Sowjetbeheer val (ploeg dui kommunisme aan)
• Die Marshal Stalin plan het ‘n las op satelietstate geplaas soos
getoon deur die swaar juk (trek terwyl hulle sweet)
• Enige ander relevante antwoord (enige 2 x 2) (4)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V1 9 DBE/Feb.–Mrt. 2017
NSS – Memorandum
1.5.2 [Interpretasie van bewyse in Bron 1D – V2]
• Die Marshall-plan en ROEB ('COMECON') (Marshal Stalin
plan) was albei ekonomiese planne wat Europese lande na die
Tweede Wêreldoorlog bygestaan het
• Die Marshall-plan is 'n meer moderne en doeltreffende sisteem
met genoeg finansies en masjinerie om homself te onderhou
terwyl die ROEB ('COMECON') (Marshal Stalin plan) 'n gebrek
aan finansies en doeltreffende masjinerie gehad het
• Beide die VSA en die Sowjetunie het gepoog om Europese
lande by te staan, alhoewel die Sowjethulp uitgebeeld word as
agterlik en finansieel nie volhoubaar nie
• Enige ander relevante antwoord (enige 2 x 2) (4)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V1 10 DBE/Feb.–Mrt. 2017
NSS – Memorandum
1.6 [Interpretasie, evaluering en sintese van bewyse uit relevante bronne – V3]
Kandidate moet na albei perspektiewe verwys in hulle antwoord. Kandidate
kan die volgende aspekte in hulle antwoorde insluit:
VSA
• Het die Marshall-plan ingestel wat deel uitgemaak het van die
inperkings/stuitingsbeleid wat moes keer dat Europese lande in die
Sowjetinvloedsfeer val (Bron 1A en 1B)
• Het 'n ekonomiese beleid ontwerp om lande in Europa te help om hulle
infrastruktuur en hulle eie ekonomie te herbou (Bron 1A en 1B)
• Toenemende uitvoere na Europa en het voordeel getrek uit die
gelykstaande fonds (Bron 1B)
• Het die Marshall-plan beskikbaar gestel aan alle lande wat hulp benodig
het (Bron 1A)
• Het seker gemaak dat die Marshall-plan finansieel sterker as die ROEB
('COMECON') (Marshal Stalin plan) bly (Bron 1D)
• Enige ander relevante antwoord
SOWJETUNIE
• Stalin het skepties en negatief teenoor die Marshall-plan geraak (Bron 1A
en 1C)
• Oosblok lande is beveel om die Marshall-plan te weier (Bron 1A)
• Die Marshall-plan is verwerp omdat dit die beginsels van die Verenigde
Nasies geskend het (Bron 1C)
• Beskou die Marshall-plan as 'n werktuig van die VSA om sy wil op lande
af te dwing wat dan tot ekonomiese en politieke beheer lei (Bron 1C)
• Interpreteer die Marshall-plan as 'n middel om 'n teen-Sowjetblok te vorm
(Bron 1A en 1C)
• Het die Marshall-plan teengewerk deur die stigting van die ROEB
('COMECON') vir Oosbloklande (Bron 1A)
• Enige ander relevante antwoord
Gebruik die volgende rubriek om 'n punt toe te ken:
• Gebruik bewyse op 'n baie elementêre wyse, bv. toon geen of min
begrip oor hoe die Verenigde State van Amerika en die Sowjetunie
VLAK 1 PUNTE
na 1945 op die ekonomiese krisis in Europa gereageer het nie.
0–2
• Gebruik bewyse gedeeltelik of kan nie 'n paragraaf skryf nie.
• Bewyse is meestal relevante en hou in 'n groot mate verband met die
onderwerp bv. toon begrip oor hoe die Verenigde State van Amerika
VLAK 2 en die Sowjetunie na 1945 op die ekonomiese krisis in Europa PUNTE
gereageer het. 3–5
• Gebruik bewyse op 'n baie basiese manier om 'n paragraaf te skryf.
• Gebruik relevante bewyse bv. toon deeglike begrip oor hoe die
Verenigde State van Amerika en die Sowjetunie na 1945 op die
PUNTE
VLAK 3 ekonomiese krisis in Europa gereageer het.
6–8
• Gebruik bewyse baie effektief in 'n georganiseerde paragraaf en toon
begrip van die onderwerp.
(8)
[50]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V1 11 DBE/Feb.–Mrt. 2017
NSS – Memorandum
VRAAG 2: WAT WAS DIE OORSAKE EN GEVOLGE VAN KUBA SE
BETROKKENHEID BY DIE SLAG VAN CUITO CUANAVALE TUSSEN
1987 EN 1988?
2.1 2.1.1 [Onttrekking van bewyse uit Bron 2A – V1]
Die Angolese weermag het 'n vernederende nederlaag gelei by die
Lombarivier deur die SAW (enige 1 x 2) (2)
2.1.2 [Onttrekking van bewyse uit Bron 2A – V1]
• SAW eenhede is diep binne in Angola gestasioneer
• Generaal Malan het die troepe binne in Angola besoek
• SAW het militêre planne opgestel vir twee nuwe operasies,
Hooper en Packer (enige 2 x 1) (2)
2.1.3 [Interpretasie van bewyse in Bron 2A – V2]
• Suid-Afrika het nie langer net bystand aan UNITA magte
geoffer nie
• Suid-Afrika het openlik erken dat SAW troepe in Angola veg
(en nie slegs in Namibië nie)
• Suid-Afrika het 'n leidende rol aangeneem om te probeer om
FAPLA in die Angolese burgeroorlog te oorwin
• Enige ander relevante antwoord (enige 1 x 2) (2)
2.1.4 Interpretasie van bewyse in Bron 2A – V2]
• Angolese troepe is aangeval deur UNITA en SAW-magte
• Die 'veg en samespreking'-strategie wat deur Sowjet militêre
adviseurs aanbeveel is, het misluk
• Kuba het die MPLA regering van Angola in die verlede
bygestaan
• Castro het dikwels sy verbondenheid aan internasionalisme
uitgedruk
• Enige ander relevante antwoord (enige 2 x 2) (4)
2.2 2.2.1 [Onttrekking van bewyse uit Bron 2B – V1]
• Duisende SAW-troepe is ontplooi om teen FAPLA-troepe in
Angola te veg
• Die SAW besig was om 'n belangrike operasie in suidoostelike
Angola uit te voer
• Dit was 'n ongelyke geveg/oorlog (enige 2 x 1) (2)
2.2.2 [Onttrekking van bewyse uit Bron – V1]
• Noukeurige beplanning
• 'n Totaal van of 50 000 Kubaanse troepe is na Angola gestuur
• Dit het vir die Kubane die eerste keer in twaalf jaar daar
lugbeheer gegee
• 998 tenks is deur die Kubane gestuur
• 600 gepantserde voertuie
• 1 600 artillerie, mortiere en lugafweerverdedigingswapens
• Vasberadenheid om oorwinning te behaal
• Onverskrokkenheid en heldemoed saam te bind (enige 3 x 1) (3)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V1 12 DBE/Feb.–Mrt. 2017
NSS – Memorandum
2.2.3 [Interpretasie van bewyse in Bron 2B – V2]
• Fidel Castro was verantwoordelik vir die leiding, alhoewel hy
nie fisies daar was nie, van die Kubaanse weermag by Cuito
Cuanavale; hulle oorwinning het bewys dat Fidel Castro 'n
groot militêre strateeg was
• Fidel Castro was die leier van Kuba en verantwoordelik vir die
besluit om troepe na Angola te stuur en die oorwinning by
Cuito Cuanavale het goed gereflekteer op sy leierseienskappe
• Raúl Castro wou toon dat die positiewe gevolge van Kubaanse
internasionalisme (betrokkenheid in Angola) bewys het dat
Fidel Castro 'n groot staatsman was
• Enige ander relevante antwoord (enige 1 x 2) (2)
2.2.4 [Interpretasie van bewyse in Bron 2B – V2]
• Ten spyte van swaar bombardement deur die SAW, het die
Suid-Afrikaners nie daarin geslaag om Cuito Cuanavale te
verower nie (hulle is verslaan)
• Kuba se betrokkenheid by Cuito Cuanavale het oorwinning vir
die Angolese (FAPLA/MPLA) verseker
• Die mislukking van die SAW om Cuito Cuanavale oor te neem
het langtermyn gevolge gehad, byvoorbeeld, die SAW
weermag is verneder, daar was 'n groter begeerte om vir 'n
skikking te onderhandel wat gelei het tot die onttrekking van
die SAW en Kubaanse troepe uit Angola.
• Cuito Cuanavale was 'n strategies belangrike oorwinning vir
die Kubane/Angolese teen die SAW/UNITA magte (suksesvol
verdedig)
• Enige ander relevante antwoord (enige 2 x 2) (4)
2.3 [Vergelyking van inligting in Bron 2A en 2B – V3]
• In Bron 2A word die SAW getoon asof hulle 'n verhewe posisie in die
Slag van Cuito Cuanavale bereik het voordat die Kubane gearriveer het
en in Bron 2B het Castro hierdie siening ondersteun en toon hoe baie
militêre bystand nodig was van Kuba om die SAW te oorwin
• In Bron 2A, het Dos Santos Kuba om hulp gevra wetend dat hulle hulp
sou verleen en Bron 2B toon die gewilligheid en graad van Kubaanse
ondersteuning vir die Angolese regering as deel van Kuba se
verbondenheid aan internasionalisme
• Enige ander relevante antwoord (2 x 2) (4)
2.4 2.4.1 [Interpretasie van bewyse in Bron 2C – V2]
• Kubaanse en Angolese soldate het saamgewerk om 'n
oorwinning by Cuito Cuanavale (word getoon asof hulle Angola
saam ophou) te verseker
• Kuba en Angola se militêre oorwinning het die soewereiniteit
gehandhaaf, onafhanklikheid van die MPLA regering (soldate
wat 'n kaart van Angola in die lug hoe)
• Dit impliseer dat die Kubane as gelykes met die Angolese
troepe (wapenbroers) geveg het. Hulle was dieselfde grootte,
dra dieselfde uniform en het dieselfde gewere gedra
• Enige ander relevante antwoord (2 x 2) (4)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V1 13 DBE/Feb.–Mrt. 2017
NSS – Memorandum
2.4.2 [Interpretasie van bewyse in Bron 2C – V2]
• Die monument vier manlike, militêre mag en krag. Dit beweer
dat dit hierdie manne was wat verantwoordelik was vir die
oorlewing van Angola (sterk mans in uniforms en met gewere,
hou die kaart van Angola in die lug)
• Die Slag van Cuito Cuanavale word onthou as 'n belangrike
stryd in die geskiedenis van Angola
• Dit toon dat die Angolese en Kubaanse soldate saamgewerk het
vir 'n gesamentlike doel
• Daar is geen erkenning aan die vroue en kinders wat langs die
manne in die Slag van Cuito Cuanavale geveg het nie, nog van
die vroue wat 'n ondersteunende rol gespeel het in die
Kubaanse en Angolese weermag
• Daar is geen erkenning van die Angolese burgers wat hulle
lewens verloor het in die Slag van Cuito Cuanavale nie
• Enige ander relevante antwoord (enige 2 x 2) (4)
2.5 2.5.1 [Verduideliking van 'n historiese begrip in Bron 2D – V1]
• Om onafhanklikheid te verkry van koloniale beheer
• Om die reëls en wette te volg wat in jou respektiewe land se
grondwet vasgelê is
• Enige ander relevante antwoord (1 x 2) (2)
2.5.2 [Onttrekking van bewyse uit Bron 2D – V1]
• Dit was 'n oorwinning vir die hele Afrika
• Dit het dit vir Namibië moontlik gemaak om sy onafhanklikheid
te verkry
• Het die mite van 'n onoorwinlike apartheidsweermag verbreek
• Het die benadeelde en gemarginaliseerde Suid-Afrikaners
geïnspireer
• Dit het die ontbanning van die Suid-Afrikaanse
vryheidsbeweging tot gevolg gehad
• 'n Mylpaal in die vryheidsgeskiedenis
• 'n Keerpunt in die stryd om Afrika te bevry (enige 3 x 1) (3)
2.5.3 [Evalueer die bruikbaarheid van Bron 2D – V3]
• Die bron is geneem uit 'n toespraak wat deur voormalige
president Nelson Mandela gelewer is
• Die gevolge waarna Mandela verwys kan ondersteun/bevestig
word met ander bewyse
• Die bron bevestig dat Kubaanse troepe 'n belangrike rol
gespeel het in die Slag van Cuito Cuanavale
• Bewyse in die bron dui aan dat daar verrykende gevolge was
van Kuba se betrokkenheid in die Slag van Cuito Cuanavale
• Enige ander relevante antwoord (enige 2 x 2) (4)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V1 14 DBE/Feb.–Mrt. 2017
NSS – Memorandum
2.6 [Interpretasie, evaluering en sintese van bewyse uit relevante bronne – V3]
Kandidate kan die volgende aspekte by hulle antwoorde insluit:
Oorsake
• Die SAW het 'n beslissende oorwinning behaal by die Lombarivier en
Angolese soewereiniteit is hierdeur bedreig (Bron 2A)
• Die SAW het 'n vaste voet verkry en het sy soldate diep binne in Angola
opgestel
• Dos Santos het Kuba vir ondersteuning gevra toe Russiese planne
misluk het (Bron 2A)
• Kuba was gebonde aan internasionalisme (Bron 2B)
• Kuba het die MPLA regering ondersteun in die Angolese burgeroorlog
sedert die mid-1970's (eie kennis)
Gevolge
• Die SAW is oorwin as gevolg van die militêre teenwoordigheid en krag
van Kuba
• Dit het dit vir Namibië moontlik gemaak om sy onafhanklikheid te verkry
(Bron 2D)
• Die SAW nederlaag het die mite gebreek van 'n onoorwinlike
apartheidsweermag (Bron 2D)
• Die vryheidsbewegings in Suid-Afrika is geïnspireer deur Kubaanse
sterkte en gebondenheid aan internasionalisme (Bron 2D)
• Kubaanse soldate het saam met hulle Angolese kamerade geveg en
doodgegaan (Bron 2C)
• Die Kubane het 'n groot getal militêre personeel en toerusting gestuur om
in Angola te veg (Bron 2B)
• Enige ander relevante antwoord
Gebruik die volgende rubriek om punte toe te ken:
• Gebruik bewyse op 'n baie elementêre wyse, bv. toon geen
of min begrip oor wat die oorsake en gevolge van Kuba
se betrokkenheid by die Slag van Cuito Cuanavale PUNTE
VLAK 1
tussen 1987 en 1988 was. 0–2
• Gebruik bewyse gedeeltelik of kan nie 'n paragraaf skryf nie.
• Bewyse is meestal relevante en hou in 'n groot mate
verband met die onderwerp, bv. toon begrip oor wat die
oorsake en gevolge van Kuba se betrokkenheid by die
VLAK 2 PUNTE
Slag van Cuito Cuanavale tussen 1987 en 1988 was.
3–5
• Gebruik bewyse op 'n baie basiese manier om 'n paragraaf
te skryf.
• Gebruik relevante bewyse, bv. toon deeglike begrip oor
wat die oorsake en gevolge van Kuba se betrokkenheid
by die Slag van Cuito Cuanavale tussen 1987 en 1988 PUNTE
VLAK 3
was. 6–8
• Gebruik bewyse baie effektief in 'n georganiseerde
paragraaf en toon begrip van die onderwerp.
(8)
[50]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V1 15 DBE/Feb.–Mrt. 2017
NSS – Memorandum
VRAAG 3: WATTER INVLOED HET DIE SLUITING VAN HOËRSKOLE IN 1958 OP
DIE GEMEENSKAP VAN LITTLE ROCK, ARKANSAS, GEHAD?
3.1 3.1.1 [Onttrekking van bewyse uit Bron 3A – V1]
(a) Diepe besorgdheid oor behoorlike onderrig vir hulle kinders
(1 x 1) (1)
(b) Onderbreking van behoorlike onderrigprosesse (1 x 1) (1)
3.1.2 [Onttrekking van bewyse uit Bron 3A – V1]
• Dit was omdat die laaste hoop op verligting van 'n ondraaglike
situasie uitgeput was
• Om die integrasie van skole te voorkom (2 x 1) (2)
3.1.3 [Verduideliking van 'n historiese begrip in Bron 3A – V1]
• 'n Proses wat swart Amerikaanse leerders toegelaat het om
dieselfde skole as wit Amerikaners by te woon bv. Central High
School in Little Rock
• 'n Proses waar leerders van verskillende rasse dieselfde skool
saam sal bywoon
• Rassevermenging van leerders (swart Amerikaners en wit
Amerikaners) by skole
• Enige ander relevante antwoord (enige 1 x 2) (2)
3.1.4 [Interpretasie van bewyse in Bron 3A – V2]
Integrasie van skole sou:
• Lei tot geweld/ bloedvergieting in skole in Little Rock
• Lei tot vernietiging van die skoolsisteem
• Enige ander relevante antwoord (enige 2 x 2) (2)
3.1.5 [Onttrekking van bewyse uit Bron 3A – V1]
• Die federale regering het geen outoriteit gehad om van enige
staat te verwag om openbare skole te beheer nie
• Die federale regering het geen outoriteit gehad om die
staatsregering te sê waarvoor hulle belasting moes hef en hoe
dit gebruik moes word nie
• Die federale howe het gesê dat slegs 'n agentskap van die state
kon nie gesegregeerde skole onderhou nie (enige 2 x 1) (2)
3.1.6 [Evalueer die bruikbaarheid van Bron 3A – V3]
• Hierdie bron bevat die amptelike toespraak wat deur
Goewerneur Faubus gelewer is
• Dit was 'n optrede wat geneem is nadat Goewerneur Faubus die
wetsontwerp van die Buitengewone Sessie van die Algemene
Vergadering onderteken het
• Hoërskole in Little Rock is gedurende die 1958-1959
akademiese jaar gesluit; die inligting kom ooreen met inligting in
ander bronne
• Inligting oor die sluiting van hoërskole in Little Rock kan gevind
word in die Little Rock historiese argiewe
• Enige ander relevante antwoord (enige 2 x 2) (4)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V1 16 DBE/Feb.–Mrt. 2017
NSS – Memorandum
3.2 3.2.1 [Onttrekking van bewyse uit Bron 3B – V1]
(a) Wit leerders: 2 915 (1 x 1) (1)
(b) Swart leerders: 750 (1 x 1) (1)
3.2.2 [Interpretasie van bewyse in Bron 3B – V2]
• Die opening van privaatskole vir swart leerders kan beskou
word as die teenstaan van die versoek vir gelyke toegang tot
onderwys vir alle Amerikaners
• Swart privaatskole kon 'n onderwysstelsel van segregasie in
stand gehou het
• 'n Paar swart gesinne kon privaatonderrig vir hulle kinders
bekostig het
• Die 1954-uitspraak van die Hooggeregshof het teen
segregasieonderwys beslis
• Enige ander relevante antwoord (enige 2 x 2) (4)
3.3 3.3.1 [Interpretasie van bewyse in Bron 3C – V2]
• Om te toon hoe televisielesse gedurende die Verlore Jaar
gebeeldsend is
• Om te toon dat van leerders verwag is om sonder onderwysers
se leiding/ondersteuning te leer
• Om die uitwerking van Faubus se optrede rakende die sluiting
van skole te toon
• Enige ander relevante antwoord (enige 2 x 2) (4)
3.3.2 [Interpretasie van bewyse in Bron 3C – V2]
Kandidate moet aandui of hulle die bron ONDERSTEUN of NIE
ONDERSTEUN NIE en hulle antwoord met relevante bewyse
ondersteun.
ONDERSTEUN
• Geen formele assessering is aan leerders gee nie
• Geen onderwysers om leerders te lei nie
• Leerders lyk asof hulle nie geïnteresseerd is nie
• Geen bewyse van leerders wat regtig na die lesse geluister het
nie
• Enige ander relevante antwoord
OF
ONDERSTEUN NIE
• Toon leerders wat luister na 'n televisieles
• Toon die beeld van 'n leerproses wat plaasvind
• Leerders neem notas
• Enige ander relevante antwoord (enige 2 x 2) (4)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V1 17 DBE/Feb.–Mrt. 2017
NSS – Memorandum
3.4 [Vergelyking van inligting in Bron 3B en 3C – V3]
• Bron 3B verwys na ontwortelde leerders terwyl Bron 3C leerders toon wat
'n televisieles kyk
• Bron 3B verwys na alternatiewe skoling terwyl Bron 3C leerders toon wat
notas in 'n sitkamer neem
• Bron 3B verwys na die Verlore Jaar terwyl Bron 3C leerders toon
gedurende die Verlore Jaar
• Enige ander relevante antwoord (2 x 2) (4)
3.5 3.5.1 [Onttrekking van bewyse uit Bron 3D – V1]
• Om die optrede van skoolsluiting te veroordeel
• Om die heropening van skole te ondersteun (2 x 1) (2)
3.5.2 [Onttrekking van bewyse uit Bron 3D – V1] •
• Om die segregasionistiese skoolraad te herroep
• Hulle het geregistreerde kiesers gekontak en mense van deur
tot deur besoek om genoeg ondersteuning te verkry om die
drie segregasionistiese skoolraadslede te herroep en die drie
gematigdes te behou (enige 1 x 2) (2)
3.5.3 [Analise van bewyse in Bron 3D – V2]
• Skole in Little Rock is uiteindelik gedesegregeer
• Die Federale regering het skoolintegrasie suksesvol
geïmplementeer
• Die Amerikaanse grondwet is onderhou
• Enige ander relevante antwoord (enige 2 x 2) (4)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V1 18 DBE/Feb.–Mrt. 2017
NSS – Memorandum
3.6 [Interpretasie, evaluering en sintese van bewyse uit relevante bronne – V3]
Kandidate kan die volgende aspekte in hulle antwoorde insluit:
• Goewerneur Faubus het staatsmasjinerie gebruik om skole te sluit (eie
kennis)
• Goewerneur Faubus het wit ouers teen skooldesegregasie beïnvloed (eie
kennis)
• Skoling is onderbreek deur Goewerneur Faubus se optrede (Bron 3A)
• Die uitwerking van skooldesegregasie op leerders en ouers (Bron 3B)
• 2915 wit leerders is ontwortel terwyl 750 swart leerders ontwortel is
(Bron 3B)
• 93% van die wit leerders kon alternatiewe skoling kry terwyl 50% swart
leerders alternatiewe skoling kon vind (Bron 3B)
• Baie leerders het nie skoling gekry nie (eie kennis)
• Verskeie groepe is georganiseer of om die sluiting van skole te
ondersteun of om hulle oop te hou(3B)
• Leerders het televisielesse gekyk (Bron 3C)
• Televisielesse was oneffektief omdat leerders nie gemonitor is nie
(eie kennis)
• WEC en STOP het saamgewerk om skole te heropen (Bron 3D)
• Ouers se houding teenoor desegregasie het verskuif na slegs
gedeeltelike desegregasie (Bron 3D)
• Verhoudings tussen party wit en swart het verbeter (eie kennis)
• Enige ander relevante antwoord
Gebruik die volgende rubriek om 'n punt toe te ken:
• Gebruik bewyse op 'n baie elementêre wyse, bv. toon geen
of min begrip oor watter impak die sluiting van
PUNTE
VLAK 1 hoërskole op die gemeenskap van Little Rock,
0–2
Arkansas in 1958 gehad het.
• Gebruik bewyse gedeeltelik of kan nie 'n paragraaf skryf nie.
• Bewyse is meestal relevante en hou in 'n groot mate
verband met die onderwerp, bv. toon begrip oor watter
impak die sluiting van hoërskole op die gemeenskap PUNTE
VLAK 2
van Little Rock, Arkansas in 1958 gehad het. 3–5
• Gebruik bewyse op 'n baie basiese manier om 'n paragraaf
te skryf.
• Gebruik relevante bewyse, bv. toon deeglike begrip oor
watter impak die sluiting van hoërskole op die
gemeenskap van Little Rock, Arkansas in 1958 gehad PUNTE
VLAK 3
het. 6–8
• Gebruik bewyse baie effektief in 'n georganiseerde
paragraaf en toon begrip van die onderwerp.
(8)
[50]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V1 19 DBE/Feb.–Mrt. 2017
NSS – Memorandum
AFDELING B: OPSTELVRAE
VRAAG 4: UITBREIDING VAN DIE KOUE OORLOG: GEVALLESTUDIE –VIËTNAM
[Beplan en konstrueer 'n oorspronklike argument wat gebaseer is op relevante bewyse
deur gebruik te maak van analitiese en interpretasie vaardighede]
SINOPSIS
Daar word van kandidate verwag om te evalueer of die Verenigde State van Amerika
die oorlog verloor het as gevolg van teenkanting binne in die land of as gevolg van sy
militêre mislukking op die slagvelde van Viëtnam. Kandidate moet die verskillende
vorms van teenkanting teen die oorlog identifiseer en daardie faktore opweeg teen die
impak van die militêre strategieë wat op die slagvelde in Viëtnam gebruik is.
HOOFASPEKTE
Kandidate kan die volgende aspekte in hulle antwoorde insluit:
• Inleiding: Daar word van kandidate verwag om die vraag te kontekstualiseer, 'n
duidelike argument vas te stel en aandui hoe hulle die vraag gaan beantwoord.
UITBREIDING
Redes vir die VSA se betrokkenheid in Viëtnam
• Stop die verspreiding van kommunisme in Asië
• Golf van Tonkin Resolusie (1964)
• Die Domino-teorie
Opposisie in die Verenigde State van Amerika (VSA Politiek)
• Teen-oorlog betogings
• Opposisie teen konskripsie (bv.: Mohammed Ali, universiteitstudente)
• Die rol van die media
• Veterane se teen-oorlog protes
Militêre mislukking op die slagvelde
• Konskripsie van jong onervare soldate/guerrillas in Viëtnam was hoog ervare as
gevolg van strydoorloë teen koloniale magte
• VSA se massa lugbombardement 'Operasie Rolling Thunder' van 1965
(konvensionele oorlogvoering) / guerrilla taktieke het geen sigbare teikens vir
bomme geplaas nie; Ho Chi Minh-roete het gekeer dat voorraad vanaf Noord-
Viëtnam na Suid-Viëtnam vervoer is
• 'Operasie Ranch Hand' (gebruik van chemikalieë om woude (Agent Orange) en
gesaaides (Agent Blue) te vernietig / Uitwerking van napalm op die Viëtnamese het
hulle teen die VSA laat draai en het die guerrillas ondersteun; guerrillas het die
ondersteuning van boere gewen
• Die TET offensief (Januarie 1968) (Die VS gekontroleerde dorpe en stede is deur
guerrillas in hinderlae gelei)
• Die VS weermag het soek-en-vernietig metodes gebruik (My Lai-bloedbad) om
dorpe wat deur die Viëtkong ondersteun is te vernietig/doodmaak van vroue en
kinders het die plaaslike inwoners teen die VS laat draai om die guerrillas te
ondersteun; media het foto's gepubliseer wat simpatie vir Viëtnam gewen het
• President Nixon se Viëtnamiseringsbeleid/insluitend WHAM (Winning the hearts
and minds of the Viëtnamese) was 'n poging deur die VSA om van die oorlog te
onttrek en om hulle aansien te red
• Die VSA het alle troepe teen 1973 onttrek en Noord-Viëtnam het in 1975 beheer
oorgeneem van Saigon
• Enige ander relevante antwoord
Slot: Kandidate moet hul argument met 'n relevante slot saamvat. [50]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V1 20 DBE/Feb.–Mrt. 2017
NSS – Memorandum
VRAAG 5: ONAFHANKLIKE AFRIKA: VERGELYKENDE GEVALLESTUDIE – DIE
KONGO EN TANZANIË
[Beplan en konstrueer 'n oorspronklike argument wat gebaseer is op relevante bewyse
deur gebruik te maak van analitiese en interpretasievaardighede]
SINOPSIS
Kandidate moet die doel, implementering en uitwerking van die Zaïrenasiebeleid (die
Kongo) en ujamaa (villagisation) (Tanzanië) krities bespreek in hulle opstel. Hulle moet
ook krities bespreek hoe hulle gefaal het in hulle ekonomieë in die Kongo en Tanzanië
na die verkryging van onafhanklikheid in die 1960s. Kandidate moet ook aandui
waarom beide lande gefaal het om volle onafhanklikheid te verkry en hulle moet
relevante bewyse gee in hulle argument.
HOOFASPEKTE
Kandidate moet die volgende aspekte in hulle antwoorde insluit:
• Inleiding: Kandidate moet die vraag kontekstualiseer en aandui hoe Mobutu Sese
Seko en Julius Nyerere van die nuwe onafhanklike Kongo en Tanzanië
respektiewelik gehoop het om hulle ekonomieë te 'Afrikaniseer'. Kandidate moet
hulle argument vasstel in hulle antwoord op die vraag.
UITBREIDING
Afrikanisasie in die Kongo: Zaïrenasie
Doel
• Om uitlanders met Kongolese burgers in sleutelposisies te vervang
• Om die Kongo se manier om rykdom in die hande van Afrikane te plaas deur grond
te nasionaliseer, myne en nywerheid
• Om die ekonomie af te wissel en 'n nywerheid- en vervaardigingsektor te ontwikkel
Implementering
• Het ervare en opgeleide uitlanders met onervare plaaslike inwoners vervang
• Nasionalisasie van plase, nywerheid en mynwese
Uitwerking
• Tekort aan opgeleide Kongolese tegnici en bestuurders het dit moeilik gemaak vir
nywerheid om sonder buitelandse ondersteuning te funksioneer
• Die regering is gevolglik gedwing om nywerheid en myne weer te privatiseer
• Omkering van Zaïrenasie
• Mislukking om die ekonomie af te wissel het gelei tot die Kongo se voortdurende
afhanklikheid om handel te dryf met grondstowwe vir vervaardigde goedere sowel
as buitelandse hulp en belegging
• Buitelandse magte (VSA en Frankryk) was onwillig om beheer te verloor oor ryk
minerale neerslae in die Kongo en het aangehou met ekonomiese ondersteuning
aan die Kongo
• Die Kongo het misluk om hulle ekonomie te 'Afrikaniseer' en het aangehou om
swaar te steun op belegging van sy Westerse bondgenote soos die VSA en
Frankryk (neokolonialisme)
• Enige ander relevante antwoord
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V1 21 DBE/Feb.–Mrt. 2017
NSS – Memorandum
Afrikanisasie in Tanzanië: Ujamaa (Villagisation)
Doel
• Afrika-Sosialisme
• Om uitlanders met Tanzaniërs in sleutelposisies te vervang en Afrika-leierskap
onder burgers te ontwikkel deur middel van die Kode vir Leiers
• Om Tanzanië se produksiemiddele te neem en nywerheid en grond te
nasionaliseer
• Het 'kollektiewe' plase gestig deur die beleid van Ujamaa om selfversorging te
bevorder
• Nyerere wou neokolonialisme vermy en het dus aanvanklik geweier om hulp of
bystand te verkry van die buiteland
Implementering
• Het dorpenaars en kleinboere van hulle oorspronklike grond verjaag om dorpe te
kollektiviseer (ujamaa)
• Dorpenaars wat teenkanting gebied het teen die beleid is gewelddadig verwyder
Uitwerking
• Dorpenaars het teenstand gebied teen gedwonge verskuiwing wat met die beleid
van Ujamaa geassosieer is
• Die ekonomie het ophou groei. Lae produksie het veroorsaak dat Tanzanië ernstige
tekorte aan voedsel en vervaardigde goedere gely het
• Groeiende afhanklikheid van buitelandse hulp en lenings het baie duidelik geword
na die oliekrisis van 1970s
• Tanzanië is gedwing om Wêreldbank lenings te verkry wat gelei het tot skuld en 'n
afhanklikheidsindroom
• Tanzanië het een van die swak ontwikkelde lande in Afrika gebly
• Nyerere het erken dat armoede met die heersende wêreldmagsbalans van
ekonomiese mag nie uitgewis kon word in Tanzanië nie
• Enige ander relevante antwoord
Slot: Kandidate moet hul argument met 'n relevante slot saamvat. [50]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V1 22 DBE/Feb.–Mrt. 2017
NSS – Memorandum
VRAAG 6: BURGERLIKE PROTES VANAF DIE 1950's TOT DIE 1970's:
SWARTMAGBEWEGING
[Beplan en konstrueer 'n oorspronklike argument wat gebaseer is op relevante bewyse
deur gebruik te maak van analitiese en interpretasievaardighede]
SINOPSIS
Daar word van kandidate verwag om te verwys na toestande van swart Amerikaners
voor die 1960's en te verduidelik tot watter mate die idees en optrede van Malcolm X,
Stokely Carmichael en die Black Panther-party swart Amerikaners 'n nuwe sin vir
identiteit gegee het in die Verenigde State van Amerika gedurende die 1960's.
HOOFASPEKTE
Kandidate moet die volgende aspekte in hulle antwoorde insluit:
• Inleiding: Kandidate moet 'n argumentslyn inneem en aandui tot watter mate die
idees en optrede van Malcolm X, Stokely Carmichael en die Black Panther-party
swart Amerikaners 'n nuwe sin van identiteit gegee het in die Verenigde State van
Amerika gedurende die 1960's en aandui hoe hulle hierdie vraag gaan
beantwoord.
UITBREIDING
Die situasie in die VSA voor die 1960's
• Gebrek aan 'n politieke organisasie vir swart Amerikaners
• Gebrek aan 'n sterk kulturele identiteit onder swart Amerikaners
• Gebrek aan 'n sin vir trots weens sosio-ekonomiese omstandighede (Hulle woon
in ghetto's en krotbuurte/swak behuising/fasiliteite wat ondervoorsien is)
• Enige ander relevante antwoord
Idees en optrede van:
Malcolm X
• 'n Invloedryke spreker en 'n toegewyde menseregte aktivis
• Het geglo in swart afskeiding, selfbeskikking (swart nasionalisme) en hy is 'n
voorstaander van selfrespek en selfdissipline
• Voorstaander van die konsep van 'Swarttrots' (selfagting/selfrespek/selfhelp)
• Wou hê dat swart Amerikaners op enige moontlike maniere teen wit Amerikaanse
owerhede moes opstaan in die strewe na vryheid, geregtigheid en gelykheid
• Bevorder die gebruik van geweld as 'n manier vir selfverdediging teen diegene
wat swart Amerikaners aanval
• Enige ander relevante antwoord
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V1 23 DBE/Feb.–Mrt. 2016
NSS – Memorandum
Stokely Carmichael
• Het geglo dat niegewelddadigheid 'n strategie was wat nie werk nie as gevolg van
aanhoudende geweld wat deur wit Amerikaners teen swart Amerikaners gebruik is
• Hy word 'n voorstaander van die beginsels van Swartmag (om dinge op jou eie te
doen; politiek in hul eie gemeenskappe te beheer; trots te wees op eie kultuur en
hulself te verdedig teen rasse onderdrukking en manipulasie)
• Hy is 'n voorstaander vir die uitsluiting van 'wit' liberales as 'n filosofie vir swart
Amerikaners
• In 1966 het hy die Swartmag slagspreuk 'Black is Beautiful' gewild gemaak
• Hy was 'n voorstaander van Afrikadrag/Afrikahaarstyle/musiek/literatuur/erfenis as
simbole van Swarttrots
• Het aangesluit by die Black Panther-party (vir selfverdediging) wat die Swartmag/
'Swarttrots' filosofie in werking gestel het
• Enige ander relevante antwoord
Black Panther-party:
Hulle het die idees van die Swartmagbeweging in werking gestel
• Hulle was betrokke by die inwerkingstelling en ondersteuning van
gemeenskapsprogramme en voedingskemas sowel as teen armoede-sentrums; vir
die verdediging teen polisiebrutaliteit, het gefokus op sosio-ekonomiese
omstandighede van swart Amerikaners en het ook gemeenskaps-
oorlewingsprogramme bedryf
• Tien (10) punt-plan het gedien as die Black Panther-manifes wat hulle
maatskaplike, politieke en ekonomiese doelwitte bevat het
• Die Black Panther-party het betrokke geraak in straatpatrollies, het polisie
aktiwiteite gemonitor en het hulself verdedig deur gewere te dra (militante aanslag)
en die aanhoudende polisiebrutaliteit en teistering van jong swart mans te stop
• Enige ander relevante antwoord
Slot: Kandidate moet hul argument met 'n relevante slot saamvat. [50]
TOTAAL: 150
Kopiereg voorbehou
Study this subject
Recommended for this subject

Memorandum
History Grade 12 P1 NSC Supplementary 2017 Memo (English)

Memorandum
History Grade 12 Paper 1 NSC June 2017 Memo (English)

Question paper
History Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2017 QP (Afr)

Addendum
History Grade 12 Paper 1 Gauteng Mock 2017 Addendum

Addendum
History Grade 12 Paper 1 NSC June 2017 Addendum (Afrikaans)

Question paper
History Grade 12 P1 NSC Supplementary 2016 QP (Eng)
More from Grade 12 History

Study guide
Workguide Case Study Strategies

Addendum
History Grade 12 P1 Eastern Cape Prelim 2024 Addendum (Afr)

Addendum
History Grade 12 P2 Eastern Cape Prelim 2024 Addendum (Afr)

Question paper
History Grade 12 P2 Eastern Cape Prelim 2024 QP (Afr)
%202024%20Question%20Paper%20X05_hlayiso.com_--7b41ec15-3856-4a67-a9db-cedd424e51c5/v1-5ae80cf63fec0975a316/card.webp)
Question paper
History Grade 12 P1 Gauteng Prelim 2024 Question Paper (Eng)

Addendum