Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE
SENIOR SERTIFIKAAT
GRAAD 12
GESKIEDENIS V2
FEBRUARIE/MAART 2017
ADDENDUM
Hierdie addendum bestaan uit 14 bladsye.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Skip to contentAll 2017 papers 


%20Preparatory%202017%20Possible%20Answers_hlayiso.com_--b56c37a4-9f9d-40b7-85e7-9f238ccd5f5c/v1-b616c542a8e748051a3c/card.webp)


View all





History Grade 12 P2 NSC Supplementary 2017 Addendum (Afr)
Grade 12 History Paper 2 addendum from the NSC Supplementary Exam 2017 (Afrikaans), 14 pages. Read online or get the free PDF download.
History · Grade 12 · NSC Supplementary Exam · 2017. Addendum, 14 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- History
- Grade
- Grade 12
- Document type
- Addendum
- Year
- 2017
- Exam period
- NSC Supplementary Exam
- Paper
- 2
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 14
- File size
- 926.3 KB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 14
This exam
Questions in this paper
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V2 2 DBE/Feb.–Mrt. 2017
NSS – Addendum
VRAAG 1: HOE HET DIE STUDENTE VAN SOWETO DIE APARTHEIDSREGIME
GEDURENDE DIE 1970's UITGEDAAG?
BRON 1A
Die artikel hieronder is op 12 Junie 2016 deur Desmond Tutu geskryf. Dit fokus op
die redes vir die Soweto-opstande wat op 16 Junie 1976 plaasgevind het.
ONS IS BAIE VERSKULDIG AAN DIE GENERASIE
WAT TEEN APARTHEID OPGESTAAN HET
Die Suid-Afrikaanse regering was in die 1970's besig met hulle program om groot
apartheid deur te voer. Van hulle sleutelaktiwiteite was om die lewe vir swart mense in
die stede so onaangenaam en onplesierig as moontlik te maak, om verstedeliking
te ontmoedig.
Die algemene onenigheid (teenstand) van die 1960's is onderdruk, baie anti-
apartheidsleiers is opgesluit of gedwing om uit te wyk (verban), en voorbereidings vir
die verklaring van onafhanklike Bantoestan-republieke was ver gevorderd. Die groot
plan was dat wittes burgers van Suid-Afrika sou bly, terwyl swartes burgers van hul
etniese tuislande sou word – al was hulle nog nooit tevore daar nie.
Omstandighede in die woonbuurte was skokkend (uiters swak): onvoldoende
behuising, swak sanitasie, oorvol skole, streng toepassing van die paswette en die
gevolglike verwoesting van gesinslewens, voortdurende polisieteistering tuis en op
straat. Maar Soweto se kinders het nie met die plan saamgestem nie. Daar was 'n
geleidelike opbou van druk, en op 16 Junie 1976 het dit in optrede uitgebars. Jy kan
maar sê die druppel wat die emmer laat oorloop het, was hulle weiering om te aanvaar
om in Afrikaans onderrig te word. Maar in werklikheid het hulle vernedering,
onmenslikheid en onregverdigheid gekonfronteer …
[Uit The Sunday Times, 12 Junie 2016]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V2 3 DBE/Feb.–Mrt. 2017
NSS – Addendum
BRON 1B
Hierdie artikel fokus op Tsietsi Mashinini se rol in die mobilisering van studente om op
16 Junie 1976 aan die optog teen Afrikaans as onderrigmedium deel te neem.
Tsietsi Mashinini kan as 'n meesterargitek beskryf word; 'n ontwerper van die saak
waarin hy geglo het en direkte uitvoerder van die finale uitkoms, wat uiteindelik op die
bevryding van die onderdruktes gerig was.
In die oë van sy Engels- en Geskiedenis-onderwyser, Mookgophong Tiro, was hy in
1971 'n student van formaat by die Morris Isaacson High School met 'n passie vir lees.
Mashinini het in Tiro 'n fontein (bron) van kennis oor die filosofie van die
Swartbewussyn en die droom dat Suid-Afrika eendag vry sou wees om as Azania
hernoem te word, raakgeloop. Tiro het Mashinini se politieke denke tot 'n groot mate
beïnvloed, wat laasgenoemde se aanhang van (lojaliteit aan) die filosofie van die
Swartbewussyn (SB) verduidelik.
FRELIMO het in 1974 hulle vryheidsoorwinning in Mosambiek beklink en
Samora Machel as president ingehuldig. Angola het in 1976 gevolg met Agostino Neto
aan die hoof. SWAPO se planne vir Namibië se onafhanklikheid was ook besig om
wortel te skiet. 'n Besluit is geneem om op 16 Junie 'n vreedsame protes te hou teen
die instel van Afrikaans as onderrigmedium. Jy kon die stryd in sy geheel aanvoel en
aanraak toe studente die lied 'Mabawuyeke Umhlaba Wethu' ('Leave Our Land')
gesing het.
Aangedryf deur hierdie veggees, is Mashinini as voorsitter van die aksiekomitee
verkies. Dit is later as die Soweto Student's Representative Council (SSRC) hernoem.
Tsietsi het op die oggend van 16 Junie die studente na vergaderplekke vir die begin
van die optog gelei. Al die skole het daardie dag 'n leier gehad om duidelike bevele te
gee oor wat gedoen moes word. Die optog het meer as 20 000 leerders met uniforms
gelok. Die doel was duidelik meer as Afrikaans as 'n onderrigmedium; bevryding het
die algemene doelwit geword. Geen geweld is beplan nie. Die optog, het Mashinini
beklemtoon, moes vreedsaam wees en voorsorg moes getref word om uittarting
(uitdaging) te vermy. Maar die polisie het met lewendige ammunisie gereageer.
Die tragedie daardie dag het Mashinini in 'n kitsheld van nasionale en internasionale
belang verander en hy is as 'n vyand van die regering bestempel.
[Uit The Sunday Independent, 12 Junie 2016]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V2 4 DBE/Feb.–Mrt. 2017
NSS – Addendum
BRON 1C
Die artikel is 'n ooggetuie-weergawe deur die studenteleier, Seth Mazibuko. Dit beskryf
hoe die gebeure van 16 Junie 1976 verloop het.
Ek het op 15 Junie 1976 sestien geword. Die optogte is by die gemeenskapsentrum
reg oorkant 'n polisiestasie in 'n straat in Orlando-Oos beplan. Die volgende dag,
16 Junie, het die eerste groep betogers, gelei deur Tsietsi Mashinini van
Morris Isaacson High, in Vilakazisstraat aangekom. Soos wat hulle aangekom het, was
die polisie agter hulle. Die polisie het begin om houers met traangas te gooi. Die gode
van Afrika was met ons. Weet jy wat het gebeur? Die traangaswalms het in hulle
rigting teruggewaai. Hulle was so geaffekteer dat hulle besluit het om die hond los te
laat.
Die eerste geweld van 1976 was toe ons die hond doodgeslaan het. Dit het die polisie
ontstel (kwaad gemaak). Dit was die walms wat hulle gevang het en dit was hulle
hond. Daarna was daar nog 'n wonderwerk deur God. Net toe die polisie besig was om
te probeer om hulleself te organiseer, het die tweede klomp leerders agter hulle
aangekom. Die polisie was in die middel vasgevang. Hulle moes hul weg deurforseer.
Dis toe dat hulle begin het om met lewendige koeëls te skiet. Hulle het hul weg
oopgeskiet. Dit was toe dat Hector Peterson en Hastings Ndlovo getref is.
In die chaos wat gevolg het, het meer geweld plaasgevind, onder meer die dood van
dr. Edelstein (Adjunk- Hoof-Welsynsbeampte: Wesrand Administrasieraad), deur die
toedoen van die leerders. Die dag was nie bedoel om op enige manier gewelddadig te
wees nie, dit het net so geword toe studente deur die toedoen van die polisie begin
sterf het.
Daar is mense aan wie ons nie rondom 16 Junie eer betoon nie; die vroue. Die eerste
mense wat ons daardie dag vermom het toe die polisie na ons begin soek het, die
eerste mense wat hulle rokke opgeoffer het, was vroue. Hulle het hulle rokke vir ons
gegee. Die eerste mense wat vir ons water gebring het toe ons teen die traangas
geveg het, was moeders. Die mense wat op ons geskiet het, was vaders. Maar ons
praat nooit van daardie sagte kant van 1976 nie. Ek kry trane in my oë wanneer dit ook
al gebeur.
[Uit The Sunday Times, 12 Junie 2016]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V2 5 DBE/Feb.–Mrt. 2017
NSS – Addendum
BRON 1D
Hierdie foto is deur die fotojoernalis, Jan Hamman, geneem. Die titel is 'UP IN ARMS
1976' ('HANDE IN DIE LUG 1976').
[Uit City Press, 12 Junie 2016]
Soweto-studente gesien
met hul hande in die lug
wat die vredesteken wys.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V2 6 DBE/Feb.–Mrt. 2017
NSS – Addendum
VRAAG 2: WAS DIE WAARHEIDS-EN-VERSOENINGSKOMMISSIE (WVK)
SUKSESVOL OM SUID-AFRIKANERS MET HULLE VERDEELDE
VERLEDE TE VERSOEN?
BRON 2A
Die uittreksel hieronder fokus op die redes vir die stigting van die Waarheids-en-
Versoeningskommissie.
Die Waarheids-en-Versoeningskommissie (WVK) is in 1995 gestig om menseregte-
skendings sedert 1960 te ondersoek. Dit het die mag gehad om amnestie toe te staan
aan daardie oortreders wat alles openbaar het. Die kommissie moes ook versoening
en eenheid onder Suid-Afrikaners bevorder. Die mandaat van die WVK het hulle belas
met die verantwoordelikheid om onpartydig te wees, maar die samestelling daarvan
was nie eintlik gebalanseerd nie. Die voorsitter van die WVK was Aartsbiskop
Desmond Tutu, wat 'n beskermheer van die United Democratic Front was.
Die kommissie het sowat 21 300 slagofferverklarings ontvang wat sowat 38 000
growwe menseregteskendings vermeld het. Meer as 1 000 skuldiges het amnestie
ontvang nadat hulle alles openbaar het. In plaas daarvan dat die kommissie op die
konteks van 'n daad gekonsentreer het, het hulle op die skuldige of slagoffer gefokus,
met die gevolg dat die konteks in die meeste gevalle onvoldoende (swak)
bekyk/ondersoek is. Die kruisverhoor van slagoffers is nie in die slagofferverhore
toegelaat nie, maar hoorsê-getuienis is wel.
Aan die positiewe kant het die WVK 'n belangrike terapeutiese (genesende) rol
gespeel en slagoffers het die geleentheid gekry om hul stories te vertel en hulle lyding
is erken. Dit het die waarheid in 'n paar berugte sake onthul. Vlakplaas-operateurs of
plaaslike veiligheidspolisiemanne het amnestie gevra vir die moorde van
Mathew Goniwe en drie vriende buite Port Elizabeth, die Pebco-drie, die Gugulethu-
sewe, en verskeie ander 'teikenmoorde'. ANC-operateurs het amnestie gevra vir die
Kerkstraatbom in Pretoria, waarin agtien mense dood is.
[Uit The South African Truth Commission deur K Christie]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V2 7 DBE/Feb.–Mrt. 2017
NSS – Addendum
BRON 2B
Hierdie bron beskryf hoe verskillende politieke partye op die WVK-verhore gereageer
het.
Ondanks erkenning van die pyn wat deur diskriminerende (onregverdige)
apartheidsbeleide veroorsaak is, het die Nasionale Party stelselmatig enige verbintenis
met betrekking tot skuld (blaam) vir wydverspreide skendings ontken of vermy. In plaas
daarvan het hy hom as die bewaarder (beskermer) van wet en orde voorgedoen en die
vryheidsbewegings vir die ondersteuning van gewelddadige ideologieë geblameer. Dit
het die ANC se onverdraagsaamheid van ander partye, soos die Inkatha Vryheidsparty
(IVP), wat 'n ander weg gekies het, uitgewys en beweer dat hulle verbintenis met
revolusionêre (radikale) Marxistiese metodologieë en oogmerke dit op 'n pad van
geweld gelei het.
Die PAC het hulle bydrae by die WVK-verhore omstrede (betwisbaar) gemaak omdat
hulle (anders as die ANC) hulle aanvalle op wit Suid-Afrikaners burgers as wettige
teikens van die gewapende stryd geregverdig het, en toegegee het dat hulle kaders
geregtig was om by kriminele dade (soos gewapende roof) betrokke te wees, solank
hulle die doelstellings en oogmerke van die beweging bevorder het.
Die IVP het die aanvanklike rondte partypolitieke verhore bygewoon, maar daarna
geweier om met die Kommissie saam te werk. In hul voorlegging het hulle beide die
regering en die ANC vir die geweld en menseregteskendings geblameer, en hulself
uitgebeeld as onskuldige slagoffers wat apartheid teengestaan het, maar ook gekant
was teen die vryheidsbewegings se aanvaarding van 'n gewapende stryd en sanksies.
[Uit http://truth.wwl.wits.ac.za/cat_descr.php?cat=2. Toegang op 15 November 2015 verkry.]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V2 8 DBE/Feb.–Mrt. 2017
NSS – Addendum
BRON 2C
Hierdie spotprent deur Zapiro toon hoe die Nasionale Party (NP) enige kennis van
hulle betrokkenheid by die 'Smeer-/lasterveldtog' ('Dirty Tricks') teen ANC-aktiviste
ontken.
WIE HET DIE BEVELE GEGEE?
GAAN JULLE AANHOU ONTKEN
DAT JULLE ENIGE KENNIS DRA
VAN WAT IN DIE APARTHEIDS-ERA
GEBEUR HET?!
WAT IS 'APARTHEID'?
[Uit The Sowetan, 9 Junie 1995]
3DE MAG VLAKPLAAS MOORDBENDES
NA DEPT
1980 se
SMEERVELDTOG:
Betrokke by
bomontploffings,
afluistery,
steel van unie-
fondse, spioenasie,
smeerveldtogte
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V2 9 DBE/Feb.–Mrt. 2017
NSS – Addendum
BRON 2D
Hierdie uittreksel fokus op die bevindings van die Waarheids-en-
Versoeningskommissie (WVK).
Die WVK het die ANC vir verskeie menseregteskendings, beide voor en ná 1990,
verantwoordelik gehou en hulle blameer vir hulle bydrae tot die styging in geweld deur
die bewapening en opleiding van selfverdedigingseenhede in 'n onstabiele situasie.
Daar is ook bevind dat die sukses van die sogenaamde 'derdemag'-aktiwiteite
'minstens gedeeltelik 'n gevolg van die uiters hoë vlakke van politieke
onverdraagsaamheid was, waarvoor alle partye in die konflik moreel en polities
verantwoordelik gehou moet word'.
Hierdie poging tot onpartydigheid (regverdigheid) tussen die NP en die ANC het
veroorsaak dat die ANC onsuksesvol wysigings (veranderings) aan die finale konsep
van die WVK-verslag geëis het. Sewe kommissarisse het die ANC se eis ondersteun,
en sewe het dit teengestaan. Slegs Tutu se stem was deurslaggewend vir die saak.
'n Hofaansoek deur die ANC was onsuksesvol. Die IVP en Buthelezi het ook die WVK
se bevindings in die hof teengestaan, wat veroorsaak het dat die Verslag met
betrekking tot sommige aspekte verander is en dit moontlik gemaak om 'n verklaring
deur die IVP dat dit ander bevindinge betwis, in te sluit.
… Beide die UDF en Inkatha was diep betrokke by (vasgevang in) geweld en dit is
moeilik, indien nie onmoontlik nie, om vas te stel wie die eerste klip gegooi het, en
watter organisasie vir die meeste menseregteskendings verantwoordelik was.
[Uit The Rise and Fall of Apartheid deur D Welsh]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V2 10 DBE/Feb.–Mrt. 2017
NSS – Addendum
VRAAG 3: HOE HET DIE IMPLEMENTERING VAN STRUKTURELE-
AANPASSINGSBELEIDE (SAB's) DIE EKONOMIEË VAN
ONTWIKKELENDE LANDE BEÏNVLOED?
BRON 3A
Hierdie uittreksel deur die historikus G Arnold verduidelik die redes waarom Afrika-
lande gedurende die 1980's strukturele-aanpassingsbeleide (SAB) by internasionale
finansiële instellings aanvaar het.
… die Groep van Sewe (die sewe mees ontwikkelde lande in die wêreld: die VSA,
Brittanje, Frankryk, Japan, Italië, Kanada en Duitsland) gebruik die Internasionale
Monetêre Fonds as hulle instrument om aan die arm lande voor te skryf en hulle te
beheer sodat die IMF, wat eintlik as beskermer van die armes moes opgetree het,
eerder 'n polisieman vir die belange van die rykes geword het. As gevolg van IMF-druk
gedurende die 1980's het 'n aantal Afrika-lande verplig (geforseer) gevoel om
IMF-geïnspireerde Programme vir Strukturele Aanpassing (PSA) in te stel, of dit hulle
omstandighede gepas het of nie. PSA's was die prys om te betaal vir die herbepaling
van skuld en verdere hulp. Die les was ooglopend: solank hulle skuld gehad het, sou
klein Afrika-ekonomieë aan IMF-gedikteerde ekonomiese reëls onderhewig wees.
In die 1980's, die laaste dekade van die Koue Oorlog, het skenkerlande (toe eintlik
slegs deur die Weste) Afrika-lande geforseer om Wêreldbank- en IMF-gedikteerde
PSA's te aanvaar. Slegs indien sulke beleide aanvaar is, sou die gewoonlik huiwerige
ontvangerland dan die IMF se 'stempel van goedkeuring' kry en slegs wanneer dit
gegee is, kon die betrokke land die hulp wat dit nodig gehad het (indien hulle gelukkig
was) by die hoofnasies ontvang. In werklikheid het die IMF aan Afrika-lande voorgesê
oor watter beleide om te volg: privatisering, verlaging van tariewe teen Westerse
vervaardigers, besnoeiing van subsidies op noodsaaklike verbruikersgoedere, soos
suiker, meel en kookolie wat die armste dele van die gemeenskap die meeste geraak
het, sodat die ontvanger makliker die skuld kon betaal. Hierdie strawwe voorwaardes,
wat nooit in die oorspronklike strukture van die IMF in die vooruitsig gestel is nie, het
politieke voorwaardes aan die ontvangers opgelê wat op blatante (ooglopende)
inmenging van hulle interne sake neergekom het, en of hierdie voorwaardes vir die
meerderheid van die mense aanvaarbaar was of nie, was nie ter sake nie: dit moes
ingestel word as die prys vir voortgesette hulp.
[Uit Africa: A Modern History deur G Arnold]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V2 11 DBE/Feb.–Mrt. 2017
NSS – Addendum
BRON 3B
Die bron hieronder deur A Ismi beklemtoon die finansiële impak wat die beleid vir
strukturele aanpassing op Afrika-lande gehad het.
Sewentig ontwikkelende lande het hulle van 1980 tot 1993 aan 566 stabiliserings- en
strukturele-aanpassingsbeleide onderwerp met rampspoedige gevolge; die 1980's het
as die 'verlore dekade' bekend geword. Derdewêreld-lande, onderhewig aan PSA's,
het tussen 1984 en 1990, $178 miljard ('billion') na Westerse handelsbanke
oorgeplaas. Die kapitaaluitstroming uit die Suide was so enorm dat Morris Miller, 'n
Kanadese voormalige Wêreldbank-direkteur gesê het: 'Die wêreld het nie sedert die
veroweraars (Spaanse ontdekkingsreisigers wat in die 16de eeu dele van Amerika
verower het) Latyns-Amerika geplunder het, so 'n uitstroming, soos wat ons vandag
ervaar, gesien nie.' Deur regeringsbesteding ten gunste van skulddelging streng in te
perk, het die leningsvoorwaardes van die Bank en die IMF die Derdewêreld-toestand
verswak (vernietig) en die gevolg was skerp stygende armoede en hongersnood,
aangeblaas deur sterk verlaagde voedselsubsidies en geruïneerde (vernietigde)
gesondheid- en onderwyssektore.
Groei het stagneer en skuld het teen die einde van die 1980's tot meer as $1,5 triljoen
verdubbel. Teen die einde van die 1990's het dit weer tot $3 triljoen verdubbel. Javier
Perez de Cuellar, Sekretaris-Generaal van die Verenigde Nasies, het in 1991 gesê:
'Die onderskeie strukturele-aanpassingsplanne wat die middelklas ondermyn; wat
salaristrekkers verarm; wat deure toemaak wat begin oopmaak het vir die basiese
regte van onderwys, voedsel, behuising, mediese sorg en ook werkverskaffing
rampspoedig beïnvloed – laat gemeenskappe, veral jongmense, dikwels in wanhoop
verval.'
[Uit http://www.halifaxinitiative.org/ updir/ImpoverishingAContinent.pdf.
Toegang op 16 November 2015 verkry.]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V2 12 DBE/Feb.–Mrt. 2017
NSS – Addendum
BRON 3C
Die spotprent deur Polyp hieronder toon die uitwerking wat strukturele-aanpassings-
beleide op ontwikkelende lande gehad het. (Datum onbekend)
SOEK DIE VERSKIL
[Uit http://www.polyp.org.uk/cartoons/democracy/polyp_cartoon_IMF.jpg.
Toegang op 16 November 2015 verkry.]
10 JAAR VAN I.M.F.- STRUKTURELE-
ANTWOORD:
AANPASSINGSBELEID
'SOEK DIE VERSKIL'
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V2 13 DBE/Feb.–Mrt. 2017
NSS – Addendum
BRON 3D
Hierdie uittreksel deur C Welch fokus op die suksesse en mislukkings van die
strukturele-aanpassingsbeleide in ontwikkelende lande.
Strukturele-aanpassingsbeleide slaag dikwels daarin om spesifieke oogmerke, soos
die privatisering van staatsondernemings, verlaging van inflasie en vermindering van
begrotingstekorte, te bereik. Die groei van die bruto binnelandse produk (BPP) van
ontwikkelende lande wat strukturele aanpassing ondergaan, word gewoonlik tot 'n paar
sektore beperk, meestal grondstofontginning of goedere wat met goedkoop arbeid
geproduseer word. Dus, selfs al groei 'n ekonomie wat deur strukturele-aanpassings-
beleide aangedryf word, is hierdie groei gewoonlik nie omgewingsvolhoubaar nie en
misluk dit in beduidende werkskepping of verhoogde salarisse, veral teen 'n koers wat
voldoende is om met bevolkingsgroei tred te hou en wat vir ontslag as gevolg van
strukturele-aanpassingsbeleide vergoed.
Hervorming wat daarop gemik is om lande vir buitelandse handel en beleggings
toeganklik te maak, kan lei tot verhoogde uitvoere en groter toegang tot kapitaal, maar
dit oorlaai lande ook met ingevoerde weelde-artikels en ondermyn plaaslike nywerhede
wat dan weer plaaslike koopkrag knel (beperk). Strukturele-aanpassingsbeleide
bevoordeel 'n klein gedeelte van die private sektor, meestal dié wat by
uitvoerproduksie en handelsmakelary/-onderhandelings betrokke is. Dié wat by hierdie
groeisektore betrokke is, is gewoonlik van die elite wat goeie konneksies het en
transnasionale maatskappye.
Ontslag van regeringswerkers, salarisbeperkings, hoër rentekoerse, verminderde
regeringsbesteding en die sluiting van binnelandse nywerhede dra almal tot die
krimping van die binnelandse mark by. Die swak toestand van die binnelandse mark
vererger die sosio-ekonomiese toestand. Alhoewel daar moontlik 'n nuwe dinamiek
(groei) in sekere sektore is, verdiep (vererger) maatskaplike en ekonomiese
onsekerheid vir die meeste mense in lande wat aan strukturele-aanpassingsbeleide
onderworpe is. Die gevolg kan verhoogde politieke onstabiliteit wees, onder meer
anti-regeringbetogings en onluste oor prysverhogings.
[Uit http://fpif.org/structural_adjustment_programs_poverty_reduction_strategy/.
Toegang op 15 November 2015 verkry.]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V2 14 DBE/Feb.–Mrt. 2017
NSS – Addendum
ERKENNINGS
Arnold G, 2005. Africa: A Modern History (Atlantic Books, Londen)
Christie, K. 2000. The South African Truth Commission (Palgrave Publishers,
Kaapstad)
http://fpif.org/structural_adjustment_programs_poverty_reduction_strategy/.
http://truth.wwl.wits.ac.za/cat_descr.php?cat=2.
http://www.halifaxinitiative.org/updir/ImpoverishingAContinent.pdf.
http://www.polyp.org.uk/cartoons/democracy/polyp_cartoon_IMF.jpg.
Welsh, D. 2009. The Rise and Fall of Apartheid (Jonathan Ball Publishers, Kaapstad)
City Press, 12 Junie 2016
The Sowetan, 9 Junie 1995
The Sunday Independent, 12 Junie 2016
The Sunday Times, 12 Junie 2016
Kopiereg voorbehou
Study this subject
Recommended for this subject

Addendum
History Grade 12 P2 NSC Supplementary 2016 Addendum (Afr)

Memorandum
History Grade 12 P1 NSC Supplementary 2017 Memo (English)

Question paper
History Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2017 QP (Eng)
%20Preparatory%202017%20Possible%20Answers_hlayiso.com_--b56c37a4-9f9d-40b7-85e7-9f238ccd5f5c/v1-b616c542a8e748051a3c/card.webp)
Memorandum
History Grade 12 Paper 2 Gauteng Mock 2017 Memo (Afrikaans)

Question paper
History Grade 12 Paper 2 Gauteng Mock 2017 Question Paper

Question paper
History Grade 12 P2 NSC November 2017 Question Paper (Afr)
More from Grade 12 History

Study guide
Workguide Case Study Strategies

Memorandum
History Grade 12 Paper 2 North West Mock 2025 Memo

Memorandum
History Grade 12 Paper 1 NSC June 2025 Memo (English)

Memorandum
History Grade 12 P1 Eastern Cape June 2024 Memo (Afrikaans)

Memorandum
History Grade 12 P1 Eastern Cape Prelim 2024 Memo (Afr)

Question paper