Downloaded from hlayiso.com
GRAAD 12
NASIONALE
SENIOR SERTIFIKAAT
GRAAD 11
GESKIEDENIS V1
MODEL 2013
MEMORANDUM
PUNTE: 150
Hierdie memorandum bestaan uit 19 bladsye.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Skip to contentMemorandum 











View all





History Grade 11 Paper 1 National Exemplar November 2020 Memo
Grade 11 History Paper 1 memorandum from the National Exemplar November Exam 2020, 20 pages. Read online or get the free PDF download, question paper linked when available.
History · Grade 11 · National Exemplar November Exam · 2020. Memorandum, 20 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- History
- Grade
- Grade 11
- Document type
- Memorandum
- Year
- 2020
- Exam period
- National Exemplar November Exam
- Paper
- 1
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 20
- File size
- 535.1 KB
Loading document…
Loading document…
1 of 20
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V1 2 DBE/2013
NSS – Graad 11 Model – Memorandum
AFDELING A: BRONGEBASEERDE VRAE
VRAAG 1: WAT WAS DIE GEVOLGE VAN LENIN SE NUWE EKONOMIESE BELEID
(NEB) IN DIE SOWJETUNIE GEDURENDE DIE 1920s?
1.1
1.1.1 [Onttrek relevante inligting uit Bron 1A – V1]
• Dit het verseker dat die Kommuniste die burgeroorlog wen (1 x 2) (2)
1.1.2 [Verduideliking van historiese konsepte uit Bron 1A – V1]
(a) Oorlogskommunisme
• Beleid waar die regering beheer oor die ekonomie geneem het en
nasionalisering en sentrale beplanning gebruik het (1 x 2) (2)
(b) Kapitalisme
• Ekonomiese stelsel waarin produksiemiddele privaat besit word en wins
daarop gemaak word. (1 x 2) (2)
1.1.3 [Onttrek relevante inligting uit Bron 1A – V1]
• Hongersnood
• 7.5 miljoen Russe sterf van honger en siekte
• Ontevredenheid met kommunistiese regering
• VSA moes Rusland help
• Die kommuniste wen die burgeroorlog (enige 2 x 1) (2)
1.2.1 [Interpretasie van bewyse uit Bron 1B – V2]
• Dit was ʼn mislukking (1A)
• Vernietig die Russiese ekonomie (eie kennis)
• Industriële produksie het afgeneem (eie kennis)
• Lei tot werkers teenstand (eie kennis/ 1A)
• 7.5 miljoen sterf (volgens Bron 1A)
• Lei tot Kronstadtopstand (eie kennis)
• Enige ander relevante antwoord (enige 1 x 2) (2)
1.2.2 [Onttrek relevante inligting uit Bron 1B – V1]
(a)
• Private ondernemings is toegelaat
(b)
• Boere kon hulle produkte aan die staat verkoop of dit op die ope mark
verkoop
(c)
• Grootskaalse nywerhede het in die staat se besit gebly
(d)
• Geldeenheid was weer op gesonde vlak
(4 x 1) (4)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V1 3 DBE/2013
NSS – Graad 11 Model – Memorandum
1.3 [Vergelyk en kontrasteer interpretasies en perspektiewe gegee in Bron 1A en
1B om tot ʼn slotsom te kom – V3]
• Oorlogskommunisme: Staatsbeheerde ekonomie; NEB: gemengde
ekonomie / elemente van kapitalisme word heringestel.
• Oorlogskommunisme: Alle grond en nywerhede is genasionaliseer; NEB:
Privaat eienaarskap van sommige klein besighede is toegelaat
• Oorlogskommunisme: ʼn ekonomiese mislukking + verloor ondersteuning
van kleinboere; NEB: ekonomiese sukses, wen ondersteuning van baie in
Sowjet Rusland
• Enige ander relevante vergelyking (3 x 2) (6)
1.4
1.4.1 [Interpretasie van inligting uit Bron 1C – V2]
• Oorlogskommunisme was ʼn mislukking
• Die verskuiwing van gemeenskappe / vlugtelinge / mans in die oorlog as
gevolg van WOI (1914-1918) + Kleinboere weier om gewasse te plant as
gevolg van voedselinvordering (gedurende die burgeroorlog (1918-24)
(1 x 2) (2)
1.4.2 [Interpretasie van inligting uit Bron 1C – V2]
• Boere was gekant teen die beleid van Oorlogskommunisme
• Slag hulle beeste en varke
• Enige ander relevante antwoord (moontlik is getalle onbeskikbaar as
gevolg van ontwrigting in landelike gebiede en die tekorte aan
genoegsame amptelike rekords – dit is nie duidelik waarom daar nie
syfers is nie) (enige 1 x 2) (2)
1.4.3 [Interpretasie van inligting uit Bron 1C – V2]
• Steenkoolproduksie neem toe vanaf 0.2 - 3 miljoen ton
• Graanproduksie neem toe vanaf 37 - 77 miljoen ton
• Russiese ekonomie groei
• Toename in produksie
• Was in staat om uit te voer dus kon meer geld die land binnekom
• Enige ander relevante antwoord (2 x 2) (4)
1.5
1.5.1 [Interpretasie van inligting uit Bron 1D – V2]
• Dit was ʼn sukses (1 x 2) (2)
1.5.2 [Interpretasie van inligting uit Bron 1D – V2]
(a) Kommunis
• Is beledig / teleurgestel deur beleid / staan dit teë op ʼn ideologiese basis
(staan in kontras met suiwer kommuniste)
(b) Handelaars
• Hulle raak welvarend/ put voordeel uit nuwe geleenthede
(c) Werkers
• Sommige het floreer, wins gemaak, voordeel getrek uit nuwe
werksgeleenthede en meer beskikbare voedsel. (3 x 2) (6)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V1 4 DBE/2013
NSS – Graad 11 Model – Memorandum
1.5.3 [Onttrek relevante inligting uit Bron 1D – V1]
(a)
• Oral is afgeleefde en half geruïneerde geboue
(b)
• Geboue is weer versier en opgeknap
• Winkels, kafees en restaurante is oral geopen
• Enige ander relevante antwoord (2 x 1) (2)
1.6 [Vergelyk en kontrasteer interpretasies en perspektiewe voorgelê in Bronne
1C en 1D om tot ʼn slotsom te kom – V3]
• In Bron 1C toon produksievlakke vanaf 1921 (NEB) ʼn toename en dus ʼn
sukses
• In Bron 1D fokus die joernalis op die suksesse van die NEB (2 x 2) (4)
1.7 [Interpretasie en evaluering uit relevante Bronne – V3]
Kandidate kan die volgende punte gebruik om die vraag te beantwoord:
• Bron 1A fokus op die mislukkings en gevolge van Oorlogskommunisme op
Rusland
• Bron 1B fokus op die redes waarom Lenin die NEB ingestel het. Dit lig ook
die uitvloeisel van die NEB toe
• Bron 1C toon die produksiesyfers tussen 1913 tot 1929 in steenkool, vee,
varke, graan, staal
• Bron 1D lig die suksesse van die NEB toe
• Enige ander relevante antwoord
Gebruik die volgende rubriek om ʼn punt toe te ken
• Gebruik bewyse op ʼn elementêre manier bv. toon geen of
min begrip van waarom al hierdie bronne bruikbaar vir ʼn
geskiedkundige gaan wees wat die effek van Lenin se
VLAK 1 Nuwe Ekonomiese Beleid bestudeer. Punte: 0–2
• Gebruik bewyse gedeeltelik om oor die onderwerp te skryf of
kan nie oor die onderwerp skryf nie
• Bewyse is meestal relevant en hou in ʼn groot mate verband
met die onderwerp, bv. toon begrip van waarom al hierdie
VLAK 2 bronne bruikbaar vir ʼn geskiedkundige gaan wees wat die Punte: 3–5
effek van Lenin se Nuwe Ekonomiese Beleid bestudeer.
• Gebruik bewyse op ʼn baie eenvoudige manier om ʼn paragraaf
te skryf
• Gebruik relevante bewyse bv. Demonstreer ʼn deeglike
begrip van waarom al hierdie bronne bruikbaar vir ʼn
geskiedkundige gaan wees wat die effek van Lenin se
VLAK 3 Nuwe Ekonomiese Beleid bestudeer. Punte: 6–8
• Bewyse hou deeglik verband met die onderwerp
• Gebruik bewyse baie effektief om ʼn georganiseerde paragraaf
te skryf
(8)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V1 5 DBE/2013
NSS – Graad 11 Model – Memorandum
VRAAG 2: HET DIE NUWE BEDELING ('NEW DEAL') VERLIGTING GEBRING VIR
GEWONE AMERIKAANSE BURGERS IN DIE 1930's?
2.1
2.2.1 [Onttrek relevante bewyse uit Bron 2A – V1]
• Waardes het gekrimp
• Belasting het gestyg
• Mense kon nie meer betaal nie
• Daar was ʼn inkrimping van inkomste
• Nywerhede verswak
• Boere kon geen markte vind nie
• Baie gesinne het al hul spaargeld verloor
• Toename in werkloosheid (enige 3 x 1) (3)
2.1.2 [Eenvoudig interpretasie van bewyse uit Bron 2A – V1]
• Hy belowe om werksgeleenthede te skep
• Hy belowe dat sy regering mense in diens sal neem
• Hy belowe behoorlike nasionale beplanning
• Enige ander relevante antwoord (enige 2 x 2) (4)
2.2
2.2.1 [Interpretasie van bewyse uit ʼn spotprent uit Bron – V2]
• Roosevelt (die dokter) het die medisyne gehad om Amerika (die nasie) te
help herstel
• Die Kongres was daar om Roosevelt te help om die nasie te herstel
• Roosevelt sou ʼn paar organisasies instel om die nasie te herstel, hervorm
en te rehabiliteer
• Enige ander relevante antwoord (enige 2 x 2) (4)
2.2.2 [Onttrek relevante inligting uit Bron 2B – V1]
• NRA (National Recovery Administration)
• CCC (Civilian Conservation Corps)
• AAA (Agricultural Adjustment Act)
• FERA (Federal Emergency Relief Administration)
• Enige ander relevante agentskap – naam moet vol uitgeskryf word
(enige 2 x 1) (2)
2.3 [Vergelyk en kontrasteer interpretasies en perspektiewe voorgelê in Bronne
2A en 2B om tot ʼn slotsom te kom – V3]
• In Bron 2A belowe Roosevelt herstel en in Bron 2B sien ons hom as ʼn
‘dokter’ wat die nasie sou gesond maak
• Roosevelt belowe in Bron 2A dat hy werksgeleenthede sou skep en in
Bron 2B sien ons die organisasies wat gestig is om werk te skep bv. die
CCC
• Enige ander relevante antwoord (2 x 2) (4)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V1 6 DBE/2013
NSS – Graad 11 Model – Memorandum
2.4
2.4.1 [Interpreteer en evalueer inligting uit Bron 2C – V3]
Die skrywer het gedink dat dit ’n sukses was omdat dit
werksgeleenthede en nuwe geleenthede vir duisende mans gebring het.
Byvoorbeeld:
• Sy praat oor verskillende damme bv. Norrisdam, Wilsondam, Wheelerdam
• Sy noem die TVA (groot projekte)
• Sy noem die aantal mense wat daar werk (10,000 mans)
• Sy noem dat mans besig is om te werk en ʼn goeie salaris kry
• Sy bevestig dat beter huise as wat hulle ‘ooit vantevore in hulle lewe
gehad het’, vir hulle gebou is
• Sy verwys na nuwe geleenthede wanneer hierdie manne moet studeer bv.
boerdery en handel
• Sy noem dat die mense alreeds die effek van hierdie groot projek voel
(TVA)
• Enige ander relevante antwoord (enige 2 x 2) (4)
2.4.2 [Onttrek relevante inligting uit Bron 2C – V1]
• Hulle verdien ʼn goeie inkomste
• Hulle woon in huise
• Hulle studeer dinge soos boerdery, handel ens
• Enige ander relevante antwoord (enige 3 x 1) (3)
2.5
2.5.1 [Interpreteer inligting uit Bron 2D – V2]
• Beloftes van werk is in die WPA vervul
• Baie mense is deur die regering aangestel
• Herstel van paaie het plaasgevind
• Enige ander relevante antwoord (enige 2 x 2 (4)
2.5.2 [Evalueer die bruikbaarheid van Bron 2D – V3]
• Dit is bruikbaar want die foto is in daardie tyd geneem.
• Dit is ook bruikbaar want dit wys mense wat by een van die projekte werk
wat deur die VSA regering geloods is (Jy kan die bord sien wat die VSA
Werkprogram NPA aandui)
• Dit kan bruikbaar wees vir ʼn geskiedkundige omdat dit wys hoe paaie
herstel word
• Enige ander relevante antwoord (enige 2 x 2) (4)
2.6
2.6.1 [Interpreteer en evalueer inligting uit Bron 2E – V3]
• Hoover was ʼn Republikein wat ʼn opponent was van die Demokrate
(Roosevelt se party)
• Hoover het ferm geglo dat Roosevelt sosialisme ingestel het wat teen die (3)
Amerikaanse kapitalistiese ekonomiese stelsel/laissez faire beleid was
wat deur Hoover gevolg is
• Enige ander relevante antwoord (enige 1 x 3)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V1 7 DBE/2013
NSS – Graad 11 Model – Memorandum
2.6.2 [Verduidelik historiese konsepte uit Bron 2E – V1]
• Dit beteken ʼn absolute regeerder
• Dit beteken dat ʼn leier ook ʼn tiran kan wees (enige 1 x 2) (2)
2.6.3 [Evalueer die betroubaarheid van Bron 2E – V3]
Kandidate moet aandui of dit BETROUBAAR of NIE BETROUBAAR is nie
en hulle antwoord met relevante bewyse ondersteun.
NIE BETROUBAAR NIE:
• Hoover was ʼn opponent van Roosevelt en sou die Nuwe Bedeling kritiseer
• Daar was baie verbetering in werkskepping en die opheffing van mense
• Enige ander relevante antwoord
Hierdie bron gee Hoover se opinie op ʼn betroubare manier, maar is nie
betroubaar in die evaluering van die sukses van die Nuwe Bedeling nie.
BETROUBAAR:
• Die Nuwe Bedeling was ʼn kompromis met kapitalisme omdat dit op ʼn
manier sosialisme ingestel het (4)
• Elemente van welsynskapitalisme is ingestel, maar die fondamente van
die kapitalistiese ekonomie is beskerm: Produksie was daar vir wins (tot
so ʼn mate dat landbouprodukte eerder vernietig is as om verdeel te word
onder honger mense), private eienaarskap is aangehelp met bankhulp vir
verbande, plaaslenings ens.
• Enige ander relevante antwoord (enige 2 x 2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V1 8 DBE/2013
NSS – Graad 11 Model – Memorandum
2.7 [Interpreteer en evalueer inligting uit relevante Bronne – V3]
Kandidate kan die volgende punte gebruik in die beantwoording van die
vraag:
Dit het verligting gebring as gevolg van die volgende SUKSESSE:
• Werksgeleenthede is geskep
• Damme is gebou
• Landbou is verbeter
• Elektrisiteit is voorsien
• Enige ander relevante antwoord
Dit het nie verligting gebring nie as gevolg van die volgende
MISLUKKINGS:
• Pryse het gestyg
• Die Groot Depressie is nie regtig beëindig nie omdat werkloosheid hoog
gebly het tot die Tweede Wêreldoorlog
• Nie almal kon gebruik maak van die elektrisiteit nie
• Plaaswerkers het hulle werk verloor omdat plase afgeskaal is (AAA) om
plaaseienaars te beskerm – dit het spesifiek plattelandse swart mense in
die suidelike state geraak.
• Geen voorsiening word gemaak vir die herstel van omstandighede vir
Swart Amerikaners nie
• Werkskemas het mans bevoordeel, maar nie die vroulike werklose
werkers nie
• Enige ander relevante antwoord
Gebruik die volgende rubriek om ʼn punt toe te ken
• Gebruik bewyse op ʼn elementêre manier bv. toon
geen of min begrip van die verduideliking of
die Nuwe Bedeling verligting gebring het vir
VLAK 1 gewone Amerikaanse burgers. Punte: 0–2
• Gebruik bewyse gedeeltelik om oor die onderwerp
te skryf of kan nie oor die onderwerp skryf nie
• Bewyse is meestal relevant en hou in ʼn groot
mate verband met die onderwerp, bv. toon
VLAK 2 begrip van die verduideliking of die Nuwe Punte: 3–5
Bedeling verligting gebring het vir gewone
Amerikaanse burgers.
• Gebruik bewyse op ʼn baie eenvoudige manier om
ʼn paragraaf te skryf
• Gebruik relevante bewyse bv. Demonstreer ʼn
deeglike begrip van die verduideliking of die
Nuwe Bedeling verligting gebring het vir
VLAK 3 gewone Amerikaanse burgers. Punte: 6–8
• Bewyse hou deeglik verband met die onderwerp
• Gebruik bewyse baie effektief om ʼn
georganiseerde paragraaf te skryf
(8)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V1 9 DBE/2013
NSS – Graad 11 Model – Memorandum
VRAAG 3: HOE HET EUGENETIKA EN PSEUDOWETENSKAPLIKE RASSISME
HITLER BEΪNVLOED OM VANAF 1933 TOT 1945 DIE MENSEREGTE
VAN JODE EN SIGEUNERS IN DUITSLAND TE SKEND?
3.1
3.1.1 [Onttrekking van relevante bewyse uit Bron 3A-V1]
• New York Herald Tribune (1 x 1) (1)
3.1.2 [Onttrekking van relevante bewyse uit Bron 3A-V1]
• Adolph Hitler (1 x 1) (1)
3.1.3 [Onttrekking van relevante bewyse uit Bron 3A-V1]
• ‘Die Skande van Nuremberg’ (1 x 2) (2)
3.1.4 [Interpretasie van Bron 3A-L2]
• Omdat hulle geglo het dat dit Duitse bloed sou suiwer hou
• Om te voorkom dat Jode deel van die ‘Duitse ras’ word
• Om alle kontak tussen Jode en Duitsers te vermy
• Enige ander relevante antwoord (2 x 2) (4)
3.1.5 [Onttrekking van relevante bewyse uit Bron 3A -V1]
• Die Reichstag was niks anders as ʼn rubberstempel nie
• Die President het vir eenparige goedkeuring van die rassewette gevra
• Ses honderd mans het hul goedkeuring gegee (enige 2 x 1) (2)
3.1.6 [Verduideliking van ʼn historiese konsep -V2]
Kandidate kan die volgende aspekte in hul antwoord insluit:
• ʼn Persoon met blonde hare en blou oë
• ʼn Kategorie/ groep mense wat Hitler geglo het die Superras is
• Hitler se idee van ʼn verhewe Duitse ras
• Mense wat geklassifiseer is as Aries moet Duitssprekend wees, maar
kan nie Joods wees nie (wat volgens ras geklassifiseer is as ‘Semities’)
(enige 1 x 2) (2)
3.1.7 [Vergelyking van inligting in Bron 3A-V2]
• Die Nurembergwette het beide Jode en Sigeuners as ‘minderwaardige
rasse’ gedefinieer
• Beide is beskou as ʼn bedreiging vir Duitse suiwerheid
• Die Nurembergwette sou aanleiding gee tot diskriminasie, rassisme en
moord van beide Sigeuners en Jode
• Enige ander relevante antwoord (enige 2 x 2) (4)
3.1.8 [Verduideliking van bruikbaarheid van Bron 3A - V3]
• Die bron verskaf ʼn aanduiding (datum) van wanneer diskriminerende
praktyke ‘wetlik’ teen ‘nie-Duitsers’ begin is
• Die bron dui duidelik aan watter praktyke onwettig was vir daardie groepe
wat as ‘nie-Duits’ bestempel is
• Die Bron dui aan wie ‘nie-Duits’ was
• Die bron gee ʼn aanduiding van hoe die Nuremburgwette internasionaal
ontvang is (dit was ʼn koerant van die VSA)
• Enige ander relevante antwoord (enige 2 x 2) (4)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V1 10 DBE/2013
NSS – Graad 11 Model – Memorandum
3.2
3.2.1 [Onttrekking van relevante bewyse uit Bron 3B-V1]
• Arianisasie (om Joodse eiendom en besighede onder Duitse beheer te
plaas)
• Gebruik van Jode vir harde arbeid in konsentrasiekampe
• Uitwissing (moord) (2 x 1) (2)
3.2.2 [Onttrekking van relevante bewyse uit Bron 3B-V1]
• Heydrich
• SS (2 x 1) (2)
3.3
3.3.1 [Onttrekking van relevante bewyse uit Bron 3C-V1]
• Hulle was geskik vir werk
• Om spasie te maak in die kamp vir die naderende uitwissende optrede
teen die Hongaarse Jode (1 x 2) (2)
3.3.2 [Onttrekking van relevante bewyse uit Bron 3C-V1]
• Dit was deel van die Duitsers se ‘finale oplossing’ om die ‘Joodse
probleem' op te los
• Hulle is beskou as ‘ongeskik’ vir werk
• Om spasie te maak in die kamp vir die naderende uitwissende optrede
teen die Hongaarse Jode (1 x 1) (1)
3.3.3 [Onttrekking van relevante bewyse uit Bron 3C-V1]
• Auschwitz (1 x 1) (1)
3.3.4 [Interpretasie van Bron 3C-V2]
• Het sterilisasie van Sigeuners geforseer
• Sigeuners met deportasie gedreig
• Sigeuners het nie vryheid van keuse nie
• Reg om te lewe nie beskore vir Sigeuners nie
• Enige ander relevante antwoord (enige 2 x 2) (4)
3.3.5 [Onttrekking van relevante bewyse uit Bron 3C-V1]
• Tsjeggo-Slowakye (1 x 1) (1)
3.4
3.4.1 [Interpretasie van Bron 3D-V2]
• Foto toon die wreedheid van die Duitse rassebeleid
• Foto toon die moord van gevangenes
• Foto toon die gebrek aan respek vir menselewens
• Foto toon die bevryding van die konsentrasiekamp deur Amerikaanse
soldate (4)
• Enige ander relevante antwoord (2 x 2)
3.4.2 [Interpretasie van Bron 3D-V2]
• Duitse vrou is geskok oor die verwoesting van menselewens
• Sy toon emosie as gevolg van die manier waarop mense vermoor is
• Haar reaksie toon dat sommige Duitsers onbewus was van die wreedhede
wat deur die Nazi’s gepleeg is
• Enige ander relevante antwoord (enige 2 x 2) (4)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V1 11 DBE/2013
NSS – Graad 11 Model – Memorandum
3.5 [Interpretasie van bewyse van relevante bronne – V3]
Kandidate moet die volgende aspekte in hul antwoord insluit:
• Duitse Jode en Sigeuners is van hul regte weerhou
• Jode en Sigeuners het hul reg tot kontak met Duitsers verloor
• Jode en Sigeuners het hul burgerskap verloor
• Jode en Sigeuners het hul reg om eiendom te besit verloor
• Jode en Sigeuners is geforseer om harde arbeid te doen
• Hulle is geforseer om gesteriliseer te word
• Hulle is vermoor en uitgewis
• Enige ander relevante antwoord
Gebruik die volgende rubriek om ʼn punt toe te ken:
• Gebruik bewyse op ʼn elementêre manier bv. toon geen of min
begrip van die impak van Duitsland se rasse beleid op nie-
VLAK 1 Duitsers nie. Punte: 0–2
• Gebruik bewyse gedeeltelik om oor die onderwerp te skryf of
kan nie oor die onderwerp skryf nie
• Bewyse is meestal relevant en hou in ʼn groot mate verband
met die onderwerp, bv. toon begrip van die impak van
VLAK 2 Duitsland se rasse beleid op nie-Duitsers. Punte: 3–5
• Gebruik bewyse op ʼn baie eenvoudige manier om ʼn paragraaf
te skryf
• Gebruik relevante bewyse bv. Demonstreer ʼn deeglike
begrip van die impak van Duitsland se rasse beleid op nie-
Duitsers.
VLAK 3 Punte: 6–8
• Bewyse hou deeglik verband met die onderwerp
• Gebruik bewyse baie effektief om ʼn georganiseerde paragraaf
te skryf
(8)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V1 12 DBE/2013
NSS – Graad 11 Model – Memorandum
AFDELING B: OPSTELVRAE
VRAAG 4: KOMMUNISME IN RUSLAND 1900 TOT 1940
4.1 [Beplan en konstrueer 'n argument gebaseer op bewyse deur die gebruik van
analitiese en interpretasievaardighede - V1]
SINOPSIS
Kandidate moet aandui tot watter mate Stalin in staat was om Rusland van ʼn agterlike
landbouland na ʼn vooruitstrewende nywerheidsland te verander teen 1939.
NB: Die hoofaspekte (kolpunte) moet gebruik word om aan die vereistes van die vraag te
voldoen en om ʼn gegewe argument te ontwikkel. Om slegs feite te noem is
onvoldoende.
HOOFASPEKTE
• Inleiding: Kandidate moet aandui hoe hulle die vraag gaan beantwoord. Hulle moet
ook aandui dat Rusland voor die instelling van die Vyfjaarplanne ekonomies nie
selfstandig was nie.
UITBREIDING
Gebruik doelwitte en maatreëls om die suksesse van die volgende te bepaal:
• Eerste Vyfjaarplan – Doel en Prestasies
- Hierdie plan was veral toegespits op die ontwikkeling van swaar nywerhede bv. die
bou van fabrieke, ontwikkeling van verkeer en vervoer ens.
- Die vervaardiging van landbouvoertuie moes met 400% verhoog word.
- Meer as 1500 fabrieke is opgerig bv. trekkerfabrieke by Stalingrad en motorfabrieke in
Moskou.
- Steenkoolontginning en metallurgiese nywerhede is uitgebrei.
- Die ontwikkeling van hidroëlektriese krag was 'n groot stimulus vir nywerhede.
- Groot stede het ontstaan.
- Die bestaan van 26 miljoen kleinboere was ʼn probleem in die landbou omdat die
grootte van hulle eenhede nie die gebruik van landboumasjinerie geregverdig het nie
- Kleinboere was nie bereid om hulle grond op te gee of te moderniseer nie
- Stalin besluit egter om die klein plase te kollektiviseer en boerdery te meganiseer.
- Kleinboere, veral koelakke, was teen meganisasie en kollektivisering.
- Hulle het eerder hulle vee geslag en gewasse vernietig as om dit vir kollektiewe plase
beskikbaar te stel.
- Tekorte aan vleis, suiwel en graan het ontstaan.
- Die weerstand van die kleinboere is hardhandig teengegaan deur hulle of te vermoor
of om hulle na strafkampe te stuur.
- Ongeveer 2 miljoen mense is dood en miljoene is van hulle plase ontneem.
- Stalin se landbouhervormings het misluk en hy moes sy plan hersien om kollektiewe
boerdery op boere af te dwing.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V1 13 DBE/2013
NSS – Graad 11 Model – Memorandum
• Tweede Vyfjaarplan – Doel en Prestasies
- Stalin hou aan om steeds swaar nywerhede te ontwikkel en meer klem word gelê op
verbruikersgoedere.
- Met Hitler se opkoms het die klem na wapenvervaardiging verskuif ten einde die
bedreiging van Nazi-Duitsland uit te skakel.
- Die tydperk word gekenmerk deur die vervaardiging van verbruikersgoedere van ’n
lae gehalte.
- Produksie was laag omdat die nasie nie tot hoër produksie gemotiveer kon word nie.
- Daar word egter heelwat sukses bereik met die oprigting van fabrieke by myne en die
modernisering van die vervoerstelsel.
- Die landbouplan moes meer aanvaarbaar gemaak word vir die kleinboere deur
sekere wysigings aan kollektiewe boerdery.
- Boere hoef nou slegs ʼn kwota van hulle produksie aan die staat af te staan.
- Die res kon hulle hou vir eie gebruik en saad.
- Boere kon hulle huis, vrugte- en groentetuine as persoonlike eiendom besit.
- Kollektiewe plase het met bg. maatreëls gewilder geraak en meer as ʼn halfmiljoen
mense het in die eerste 3 maande van 1935 soontoe getrek.
- Naas kollektiewe plase het daar ook staatsplase ontstaan wat soos fabrieke bestuur
is – werkers is lone betaal en bestuurders het die werk bestuur.
- ʼn Verdere kenmerk van die Tweede Vyfjaarplan was die gebruik van bemesting,
landboumasjinerie en moderne landboumetodes.
• Derde Vyfjaarplan – Doel en Prestasies
- Sy DERDE VYFJAARPLAN was basies ʼn voortsetting van die eerste twee planne.
- Met die dreigende Tweede Wêreldoorlog is egter meer wapens en ammunisie
vervaardig.
• Slot: Vat die argument saam deur tot die gevolgtrekking te kom dat Stalin gedeeltelik
suksesvol was (omdat daar gebreke was) om Rusland in ʼn onafhanklike en doeltreffende
ekonomie te verander vanaf 1928 tot 1939. [50]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V1 14 DBE/2013
NSS – Graad 11 Model – Memorandum
4.2 [Beplan en konstrueer 'n argument gebaseer op bewyse deur die gebruik van
analitiese en interpretasievaardighede – V2]
SINOPSIS
Die antwoord behoort aan te dui of die kandidaat saamstem of nie saamstem met die
stelling nie. Om die vraag te beantwoord, moet die kandidaat verduidelik of Stalin se
ekonomiese beleid suksesvol was. Die antwoord moet ondersteun word met relevante
bewyse om te toon hoe die ekonomie (beide landbou en nywerheid) verander is ten koste
van verreikende veranderings wat die Russe ondervind het.
NB: Die hoofaspekte (kolpunte) moet gebruik word om die vereistes van die vraag aan te
spreek en om ʼn gegewe line of argument te ontwikkel. Om slegs feite te noem is
onvoldoende.
HOOFASPEKTE
• Inleiding: Kandidate moet aandui tot watter mate die beleid veroorsaak het dat
Russe ʼn groot prys moes betaal.
UITBREIDING
Kandidate behoort die volgende punte te gebruik om te illustreer tot watter mate die
ekonomiese beleid veroorsaak het dat Russe ʼn groot prys moes betaal. Hulle kan of die
onderstaande formaat gebruik of hulle kan die transformasie bespreek deur te
verwys na die drie Vyfjaarplanne afsonderlik:
• Landbou transformasie as gevolg van die Vyfjaarplanne (kollektivisering;
staatsplase; weerstand deur Koelakke; gebruik van staatgeweld om hulle te vernietig;
vrees vir die goelag (strafkampe); hongersnood; meganisasie; verhoogde produksie)
• Industriële transformasie as gevolg van die Vyfjaarplanne (nuwe industrieë;
infrastruktuur; gebruik van slawe/gedwonge arbeid; bewaking; dreigemente en
straf)
• Slot: Kandidate moet hulle argument saamvat en ʼn slot opmerking maak oor of die
beleid meer verligting as lyding gebring het of meer lyding as verligting. [50]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V1 15 DBE/2013
NSS – Graad 11 Model – Memorandum
VRAAG 5: KAPITALISME EN DIE VSA 1900 TOT 1940
5.1 [Beplan en konstrueer 'n argument gebaseer op bewyse deur die gebruik van
analitiese en interpretasievaardighede - V1]
SINOPSIS
Kandidate moet die oorsake en gevolge van die Groot Depressie in die Verenigde State
van Amerika bespreek.
HOOFASPEKTE
Kandidate moet die volgende aspekte in hulle antwoord insluit:
• Inleiding: Kandidate moet verduidelik hoe hulle, hulle argument gaan ontwikkel en
hoe hulle die vraag gaan beantwoord.
UITBREIDING
• Oorsake van die Groot Depressie (kandidate kan die volgende aspekte insluit
om die probleme in die VSA ekonomie wat die Val van die Wallstraat
aandelebeurs veroorsaak het en gevolglik die Groot Depressie veroorsaak het
te illustreer)
- Die beleid van isolasie (hoë tariewe is op invoergoedere gehef. Die VSA het te veel
staatgemaak op sy eie binnelandse mark.)
- Oor-spekulasie (Mense het wild op die aandelemark gespekuleer. Amateurs het
aandele gekoop. Die ongehoorde aankoop van aandele)
- Boere het met groot oorskotte opgeskeep gesit.
- Fabriekseienaars het ontsaglike winste gemaak, maar het nie die lone van hul
werknemers aangepas nie.
- Sakemanne het twyfelagtige metodes aangewend om die publiek oor te haal om geld
te bestee.
- Teen 1929 was die Amerikaanse ekonomie gebou op skuld.
- Die regering met sy beleid van nie-inmenging het niks gedoen om ‘n einde te maak
aan al die wanpraktyke in die Amerikaanse ekonomie nie.
- Pryse is gemanipuleer tot voordeel van promotors.
- Banke het onverstandige lenings vir spekulasie beskikbaar gestel.
- Enige ander relevante antwoord
• Gevolge van die Groot Depressie. (kandidate kan die volgende aspekte insluit
om die gevolge van die Groot Depressie te illustreer)
- Ontsaglike werkloosheid het ontstaan. Vervaardigers het hul werknemers begin
ontslaan. Teen 1932 was 14 miljoen Amerikaners reeds werkloos.
- Amerikaners verloor hul vertroue in die kapitalistiese stelsel.
- ʼn Ekonomiese ineenstorting het gevolg toe aandelemakelaars nie hul uitstaande
skuld kon invorder nie.
- Beleggers kon nie hul skuld betaal nie.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V1 16 DBE/2013
NSS – Graad 11 Model – Memorandum
- Die publiek het hul spaargeld onttrek omdat hulle gedink het dat die banke ʼn tekort
aan geld ondervind en banke het dus tot niet gegaan.
- Amerikaners verloor dus ook hul vertroue in die bankstelsel en spaar liewer tuis.
- Die Amerikaanse buitelandse handel is erg getref toe die Europese lande maatreëls
tref om hul eie nywerhede te beskerm deur Amerikaanse goedere toegang tot hul
lande te ontsê.
- Europeërs het hul kapitaal aan die VSA onttrek.
- Dit het ʼn afwaartse neiging in die ekonomie versterk en werkloosheid het verder
toegeneem.
- In die VSA was daar geen werkloosheidsversekering nie en werkloses raak afhanklik
van liefdadigheid.
- Sopkombuise en brood toue was aan die orde van die dag.
- Plakkersdorpe, die sg. “Hoovervilles” het opgeskiet.
- Boere het bankrot gespeel en hul plase net so gelos.
- Hotelle en vakansieoorde het sonder besoekers gesit.
- Luukse woonstelle in die stede het leeg gestaan.
- Passasierstreine het al hoe minder mense vervoer.
- Die ondoeltreffende maatreëls van die Hoover-administrasie het verder bygedra tot ʼn
ekonomiese val.
- Franklin D. Roosevelt word in 1933 president van die VSA. In sy verkiesingsveldtog
het hy ʼn omvattende skema geskets wat tot die ekonomiese herstel van die VSA sou
lei.
- Enige ander relevante antwoord
• Slot: Kandidate moet hulle argument met ʼn relevante slot saamvat. [50]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V1 17 DBE/2013
NSS – Graad 11 Model – Memorandum
5.2 [Beplan en konstrueer 'n argument gebaseer op bewyse deur die gebruik van
analitiese en interpretasievaardighede – V2]
SINOPSIS
Kandidate moet analiseer waarom die Wall Straat Aandelemark geval het nadat
ongekende voorspoed geniet is.
HOOFASPEKTE
Kandidate moet die volgende aspekte in hulle antwoord insluit:
• Inleiding: Kandidate moet verduidelik hoe hulle, hulle argument gaan ontwikkel en
hoe hulle die vraag gaan beantwoord.
UITBREIDING
• Die Bloeiende (Boom) jare gedurende die 1920’s
• Tekort aan regeringsbeheer oor die ekonomie
• Regering reguleer nie die aandelemark nie
• Banke is gebruik om met kliente se geld te spekuleer
• Besighede en hulle manier waarop hulle pryse gehandhaaf het
• Regeringsbeleid
• Probleme in landbou
• Enige ander relevante antwoord
• Slot: Kandidate moet hulle argument met ʼn relevante slot saamvat. [50]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V1 18 DBE/2013
NSS – Graad 11 Model – Memorandum
VRAAG 6: IDEES VAN RAS IN DIE LAAT 19de EN 20ste EEUE
6.1 [Beplan en konstrueer 'n argument gebaseer op bewyse deur die gebruik van
analitiese en interpretasievaardighede - V1]
SINOPSIS
Kandidate moet die redes en gevolge van Australië se assimilasie beleid op ‘basters’
gedurende die 1930’s bespreek.
HOOFASPEKTE
• Inleiding: Kandidate moet verwys na die redes en gevolge van Australië se
assimilasie beleid of enige ander relevante inleiding.
UITBREIDING
• REDES VIR DIE ASSIMILASIE BELEID
- Wit Australiërs het die konsep van die ‘oorlewing van die fiksste (sterkste)’ aanvaar
- Hierdie konsep van ‘wit oorheersing’ gee aanleiding tot die onderdrukking van die
Aborigenes (inboorlinge)
- Impak van die koninglike kommissie (1904) wat die aboriginale probleem’ ondersoek
het
- Pogings was aangewend om Australië ras suiwer te hou
- Die impak van Neville se ‘assimilasie’ beleid (1915)
- ‘Oplossing ’ vir die Aboriginale ‘probleem’ gee aanleiding dat ‘basters’ in pleeg sorg
en sendings geplaas word
- Die beleid was daarop gerig om ‘basters’ in die wit gemeenskappe te integreer
- ‘Basters’ moes alle kontak met die Aboriginale kultuur verloor
- ‘Basters’ moes hul rug op ‘onbeskaafde gebruike draai
- Die doel was dat die verhewe ras die ondergeskikte ras oorheers
- Die beleid wou Aboriginale bloed ‘uit broei’
- ‘Basters’ was slegs toegelaat om te trou en kinders voort te bring met wit mense
- Enige ander relevante antwoord
• DIE GEVOLGE
- Tussen 50 000 tot ’n 100 000 is van hul families verwyder
- Hierdie kinders word na verwys as die ‘Gesteelde Generasie’
- Hierdie kinders was ongelukkig /het hulle nie by die ‘nuwe families’ gevestig nie
- Aboriginale opvattings en gevoelens was nie in ag geneem nie
- Hul mense regte was geskend
- Dit het ʼn negatiewe sosiale en sielkundige uitwerking op die families gehad
- Kinders was gestraf indien hulle die inheemse tale wou praat
- Kinders se name was verander
- Seuns was as arbeiders opgelei en dogters as huishulpe
- Hulle was gewoonlik nie goed gevoed of verklee nie of gehuisves nie
- Eugenetika en selektiewe teling was beoefen maar het groot lyding en pyn
veroorsaak
- Enige ander relevante antwoord
• Slot: Kandidate moet hul argument saamvat met ʼn relevante samevatting [50]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V1 19 DBE/2013
NSS – Graad 11 Model – Memorandum
6.2 [Sintetiseer inligting om 'n oorspronklike argument te konstrueer – V2]
SINOPSIS
Kandidate moet bespreek hoe Australië hul beleid van assimilasie implementeer het.
Hulle moet bewyse lewer waarom Australië se assimilasie beleid nie met Nazi Duitsland
se rassistiese beleid vergelyk kan word nie en bewyse lewer vir hul antwoord.
HOOFASPEKTE
Kandidate moet die volgende aspekte in hul antwoord insluit:
• Inleiding: Kandidate moet die stelling krities bespreek en wys hoe hulle beoog om hul
argument te ondersteun
UITBREIDING
• Assimilasie beleid in Australië was gebaseer op ras
- Die beleid van assimilasie was gebaseer op Sosiale Darwinisme
- Die beleid wou die swartheid uit die baster rasse groep broei
- Aboriginale kinders was met dwang van hul ouers verwyder
- Kinders was opgelei as arbeiders en werkers
- Hulle werk binne wit gemeenskappe
- Australië se regering het dit as hul reg beskou om die toekoms van kinders
van minderwaardige rasse te bepaal
- Die impak van die Aboriginale Beskermings Wysigings Wet van 1915
- Die Australiese Regering aanvaar ʼn beleid van assimilasie vir ‘basters’
- Dit was beïnvloed deur eugenetika teorie
- Hierdie teorie was gebaseer op die feit dat biologie gebruik kan word om
die Aboriginale ‘probleem’ op te los.
- ‘Basters’ was aangemoedig om binne die wit gemeenskap te onder trou
- Hulle moes vergeet dat hulle eens op ‘’n tyd aboriginaal was
- Hulle mense regte was geskend
- Dit het ʼn negatiewe sosiale en sielkundige uitwerking op die families gehad
- Eugenetika en selektiewe voortbringing was beoefen maar het groot lyding en
pyn veroorsaak
- Enige ander relevante antwoord
• Assimilasie beleid in Australië was nie gebaseer op ras nie
- Assimilasie was bedoel om die aboriginale bevolking te bestuur
- Die doel was om welsyn en opvoeding (onderwys) te verskaf
- Dit was beleid van ʼn opheffings
- Die beleid was gesteun om te voorkom dat kinders die armoede van hul
ouer oor erf
- Die beleid was bedoel om kinders te bevoordeel
- Kontak tussen ‘basters’ en wittes was aangemoedig
- Ondertrouery tussen ‘basters’ met wittes was die teenoorgestelde van
‘broei die beste met die beste’
- Assimilasie was bedoel om vooruitgang aan te moedig
- Om politieke konflik te vermy
- Om gelyke burgerskap aan te moedig
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V1 20 DBE/2013
NSS – Graad 11 Model – Memorandum
- Die vermenging van gene was om rasse gehalte te verbeter (Om velkanker
onder blankes te verhoed)
- ‘Swart bloed’ kon die wit ras verbeter
- Assimilasie kan nie met Duitsland se uitwissing vergelyk word nie
- Assimilasie in Australië was gebaseer op kulturele verhewendheid en nie op
biologiese verhewenheid nie
- Enige ander relevante antwoord
• Samevatting: Kandidate moet hul argument saamvat met ʼn relevante
Slot. [50]
TOTAAL: 150
Kopiereg voorbehou
Study this subject
Revise the topics in this paper, then practise them question by question.
- Grade 11 History notes
CAPS revision notes with worked examples.
- History questions by topic
Past exam questions sorted by CAPS topic, with memos where available.
- Grade 11 History quizzes
Short topic quizzes with instant feedback.
- All Grade 11 History past papers
Past papers by year, with memos where available.
- Grade 11 past papers
More History and other subjects in this collection.
Recommended for this subject
More papers and memos for this grade and subject.

Memorandum
History Grade 11 Paper 1 Eastern Cape November 2025 Memo

Memorandum
History Grade 11 Paper 2 Eastern Cape November 2025 Memo

Memorandum
History Grade 11 P2 Eastern Cape November 2025 Memo (Afrikaans)

Memorandum
History Grade 11 Paper 2 Eastern Cape November 2024 Memo

Memorandum
History Grade 11 P1 Eastern Cape November 2023 Memo (English)

Memorandum
History Grade 11 P2 Eastern Cape November 2023 Memo (Afrikaans)
Related documents

Memorandum
History Grade 11 Paper 1 National Exemplar November 2020 Memo

Question paper
History Grade 11 P1 National Exemplar November 2020 QP

Memorandum
History Grade 11 Paper 1 Eastern Cape November 2020 Memo

Memorandum
History Grade 11 P1 Eastern Cape November 2020 Memo (Afrikaans)

Memorandum
History Grade 11 Paper 1 National Exemplar November 2013 Memo

Memorandum
History Grade 11 Paper 1 National Exemplar November 2013 Memo
More from Grade 11 History

Annual teaching plan
Gr 11 His ATP 2023 24

Question paper and memo
History Grade 11 Paper 2 Eastern Cape June 2025 Paper & Memo

Question paper
History Grade 11 P1 Eastern Cape November 2025 QP (Eng)

Question paper
History Grade 11 P2 Eastern Cape November 2025 Question Paper

Question paper
History Grade 11 P1 Eastern Cape November 2024 QP (Afr)

Question paper